# Economics Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2022-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/92fcf617-7ebe-449e-84c7-23ead6bf0cdd
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2022-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/92fcf617-7ebe-449e-84c7-23ead6bf0cdd)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                EKONOMIE V1

                                      2022

                                                                    PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                                    2                               DBE/2022
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V1                                     3                              DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
         1.1.1       'n Land wat 'n produk teen laer geleentheidskoste as ander lande
                     kan vervaardig, het …
                     A    'n absolute voordeel.
                     B    skaalverspillings.
                     C    'n komparatiewe voordeel.
                     D    skaalvoordele.
         1.1.2       Die omgekeerde verhouding tussen inflasie en werkloosheid word
                     die beste deur die …-kromme geïllustreer.
                     A    Laffer
                     B    Lorenz
                     C    indifferensie
                     D    Phillips
         1.1.3       Suid-Afrikaanse verdedigingsdienste word deur die … owerheid
                     beheer.
                     A    sentrale
                     B    distriks-
                     C    plaaslike
                     D    provinsiale
         1.1.4       Die eienaars van produksiefaktore in die ekonomiesekringloop-
                     model is die …
                     A    owerheid.
                     B    huishoudings.
                     C    besighede.
                     D    buitelandse sektor.
         1.1.5       'n Ekonomiese integrasie wat vrye beweging van arbeid, kapitaal
                     en geld tussen lidlande toelaat, staan as 'n … bekend.
                     A    vryehandelsgebied
                     B    ekonomiese unie
                     C    doeane-unie
                     D    gemeenskapsmark
         1.1.6       Die vervaardiging van goedere in groot hoeveelhede, normaalweg
                     deur lande in die Noordelike Halfrond gedoen, staan as … bekend.
                     A    arbeidsverdeling
                     B    massaproduksie
                     C    spesialisering
                     D    groepering

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V1                                        4                                   DBE/2022
                                                SS/NSS

         1.1.7         Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe wat infrastruktuur en
                       beleggings na verwaarloosde gebiede lok, word deur die
                       Departement van … gedryf.

                       A    Binnelandse Sake
                       B    Arbeid
                       C    Handel en Nywerheid
                       D    Openbare Werke

         1.1.8         'n Ekonomiese aanduider wat met produktiwiteit verband hou,
                       staan as … bekend.

                       A    vergoeding per werker
                       B    repokoers
                       C    wisselkoers
                       D    produsenteprysindeks                                       (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                      KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1       Desentralisasie        A     oordrag van eienaarskap van besighede
                                                  van die private sektor na die openbare
         1.2.2       Portefeuljebelegging         sektor
         1.2.3       Morele oorreding       B     sit die owerheid se breë benadering tot
                                                  industrialisasie uiteen
         1.2.4       Subsidie
                                            C     berei kwartaallikse en jaarlikse
         1.2.5       Nasionalisering
                                                  ekonomiese verslae voor
         1.2.6       Embargo
                                            D     pogings deur die owerheid om beleggings
         1.2.7       Internasionale               in ander gebiede as dié met 'n hoë
                     Monetêre Fonds               konsentrasie van ekonomiese aktiwiteit te
                                                  vestig
         1.2.8       Nasionale
                     Nywerheidsbeleids-     E     konsultasie met handelsbanke om op 'n
                     raamwerk                     gewenste wyse te handel

                                            F     gee riglyne oor hoe openbare
                                                  finansieringsboekhouding bestuur moet
                                                  word om aanduiders te standaardiseer

                                            G 'n kontanttoekenning wat aan
                                              vervaardigers gegee word om
                                              produksiekoste te verlaag

                                            H     'n amptelike staatsverbod op die invoer
                                                  van sekere goedere en dienste

                                            I     koop van finansiële bates soos aandele
                                                  op die aandelebeurs van 'n ander land
                                                                                     (8 x 1)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V1                                 5                                 DBE/2022
                                         SS/NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1       'n Wisselkoersstelsel waar die waarde van die geldeenheid slegs
                     deur markkragte bepaal word

         1.3.2       Die vloei van goedere, dienste en produksiefaktore tussen
                     huishoudings en besighede

         1.3.3       Sakesiklusse wat deur veranderinge in konstruksieaktiwiteite
                     veroorsaak word, wat vir 15 tot 20 jaar duur

         1.3.4       Verkoop van goedere op 'n buitelandse mark teen 'n prys laer as
                     die produksiekoste in die land van oorsprong

         1.3.5       Infrastruktuur en belegging wat die algemene welsyn van die
                     samelewing verbeter

         1.3.6       Meet die aantal kinders wat voor die ouderdom van een jaar oud
                     sterf                                                   (6 x 1)        (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V1                                        6                                        DBE/2022
                                                SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE               van   die   drie     vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKROEKONOMIE                                                40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem enige TWEE tipes verbruiksgoedere.                                (2 x 1)     (2)

         2.1.2       Hoe word leidende aanwysers in die vooruitskatting van sakesiklusse
                     gebruik?                                                     (1 x 2)               (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      VERMENIGVULDIGEREFFEK – TWEESEKTOR-MODEL

         Die verbruiksfunksie bestaan uit outonome verbruik en afgeleide verbruik
         (C = C + cY). Elke keer as daar egter 'n inspuiting in die ekonomiese
         kringloop van inkomste is, is daar waarskynlik 'n vermenigvuldigereffek.

         Die grootte van die vermenigvuldiger hang van huishoudings se marginale
         verbruiksgeneigdheid (mvg) en marginale spaargeneigdheid (msg) af.
         Byvoorbeeld, indien 60% van alle nuwe inkome in 'n gegewe tydperk op
         Suid-Afrikaanse    produkte    spandeer   word,   sal   die   marginale
         verbruiksgeneigdheid 0,6 wees.

                                                          [Aangepas uit www.ekonomicsonline.co.za]

         2.2.1       Identifiseer 'n voorbeeld van 'n lekkasie in die uittreksel hierbo.                (1)

         2.2.2       Noem enige EEN deelnemer aan 'n tweesektor-ekonomie.                               (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die term outonome verbruik.                                       (2)

         2.2.4       Waarom is die waarde van die vermenigvuldiger in 'n viersektor-
                     model kleiner as dié van 'n tweesektor-model?                                      (2)

         2.2.5       Gebruik die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) van 0,6 en
                     bereken die verandering in nasionale inkome as daar 'n belegging
                     van R250 m. was. Toon ALLE berekeninge.                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V1                                   7                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

2.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        SA EKONOMIE HERSTEL MAAR RISIKO'S BLY

         Daar word geprojekteer dat reële bruto binnelandse produk in 2021 met 3,8%
         en in 2022 met 2,5% sal groei, maar daar is gevare dat die ekonomie kan
         afneem.

         Huishoudelike verbruik sal betekenisvol tot groei bydra soos wat die
         ekonomie oopmaak en die buitengewone besparings van 2020 spandeer
         word. Private investering sal progressief versterk.

                                                                    [Bron: www.google.com]

         2.3.1       Identifiseer die term in die uittreksel hierbo wat na besteding op
                     kapitaalgoedere verwys.                                                     (1)

         2.3.2       Gee EEN rede wat die ekonomiese herstel van Suid-Afrika
                     beperk.                                                                     (1)

         2.3.3       Beskryf kortliks die term reële bruto binnelandse produk.                   (2)

         2.3.4       Verduidelik die effek op sakesiklusse wanneer daar 'n styging in
                     huishoudelike verbruik is.                                                  (2)

         2.3.5       Hoe kan die owerheid belasting gebruik om ekonomiese herstel
                     te stimuleer?                                                               (4)

2.4      Bespreek die rol van die buitelandsevaluta-mark in die ekonomiesekringloop-
         model.                                                                                  (8)

2.5      Analiseer die uitdagings in internasionale handel waarvoor Suid-Afrika te
         staan kom.                                                                              (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V1                                    8                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1       Noem TWEE nywerheidsontwikkelingstrategieë in Suid-Afrika.
                                                                             (2 x 1)              (2)

         3.1.2       Waarom is dit belangrik om die prestasie van die ekonomie te
                     meet?                                                                        (2)

3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          HUIDIGE STAND VAN BRICS-EKONOMIEË

         Die BRICS-klub, wat vir hulle geweldige groeipotensiaal bekend was, is in die
         middel van ernstige ekonomiese en politieke uitdagings. Dalende
         kommoditeitspryse in die wêreld, soos olie, goud en steenkool, het hierdie
         opkomende markte beïnvloed wat swaar steun op groei deur uitvoer gelei.

         Die strukturele transformasie van China vanaf 'n ekonomie wat deur uitvoer
         aangedryf word na een wat op huishoudelike verbruik staatmaak het die
         huidige uitdagings van BRICS vererger.
                                                              [Aangepas uit www.weforum.org]

         3.2.1       Identifiseer die kommoditeit wat 'n belangrike verdiener van
                     buitelandse valuta in Suid-Afrika is.                                        (1)

         3.2.2       Noem enige ander BRICS-lidland, behalwe China.                               (1)

         3.2.3       Beskryf kortliks die term handelsliberalisering.                             (2)

         3.2.4       Verduidelik die impak van 'n daling in mineraalpryse op die
                     Suid-Afrikaanse ekonomie.                                                    (2)

         3.2.5       Hoe trek Suid-Afrika voordeel daaruit om 'n lid van BRICS te
                     wees?                                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V1                                    9                                        DBE/2022
                                            SS/NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     OPLOSSING VIR BEHUISINGSKRISIS IN SUID-AFRIKA

                 BEKOSTIGBARE
                 BEHUISING NOU

         Staatsgesubsidieerde huur stel lae-inkomstehuishoudings in staat om in
         ordentlike akkommodasie naby skole, winkels en werksplekke te woon.
         Behoorlik bestuurde huurblokke is meer duursaam as HOP-huise.

                                                                  [Aangepas uit www.google.com]

         3.3.1       Identifiseer 'n voorbeeld van gratis behuising wat deur die
                     owerheid verskaf word.                                                           (1)

         3.3.2       Gee enige EEN sosiale/maatskaplike probleem wat met informele
                     nedersettings geassosieer word.                                                  (1)

         3.3.3       Beskryf kortliks die term verstedeliking.                                        (2)

         3.3.4       Verduidelik die voordeel          van       behoorlike    sanitasie     vir
                     lewensverwagting.                                                                (2)

         3.3.5       Hoe kan hoë bevolkingsgroei lewenstandaard beïnvloed?                            (4)

3.4      Bespreek kortliks die Kleinsake-ondersteuningsprogram (KSOP) en die
         Vaardigheidsondersteuningsprogram      (VOP)   as    aansporings vir
         nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika.                                                       (8)

3.5      Hoe kan uitvoere vir die Suid-Afrikaanse ekonomie voordelig wees?              (4 x 2)       (8)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V1                                     10                                         DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1         Beantwoord die volgende vrae.

            4.1.1       Noem enige TWEE metodes van invoervervanging.                      (2 x 1)      (2)

            4.1.2       Waarom lei internasionale handel na massaproduksie?                             (2)

4.2         Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     UITTREKSEL UIT SUID-AFRIKA SE BETALINGSBALANS

      R miljard

                                                       [Bron: SARB, Quarterly Bulletin, Junie 2021]

            4.2.1       Identifiseer enige jaar waarin Suid-Afrika in al vier kwartale 'n
                        handelsoorskot ervaar het.                                                      (1)

            4.2.2       Noem die subrekening van die betalingsbalans wat deur die grafiek
                        hierbo voorgestel word.                                                         (1)

             4.2.3      Beskryf kortliks die term lopende oordrag.                                      (2)

            4.2.4       Verduidelik die effek op plaaslike brandstofpryse indien die rand
                        depresieer.                                                                     (2)

            4.2.5       Hoe kan 'n rentekoersstyging die betalingsbalans verbeter?                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V1                                  11                                      DBE/2022
                                           SS/NSS

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         COEGA-NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONE

         Terwyl Suid-Afrika werksgeleenthede verloor, belê vier nuwe maatskappye 'n
         gesamentlike R49 m. by die Coega-nywerheids-ontwikkelingsone (NOS) in
         Nelson Mandelabaai. Dit skep vir ten minste 'n 100 mense werk.

         Die belegging kom te midde van die rampspoedige omstandighede van 'n
         ekonomie wat alreeds bedruk is, met Suid-Afrika wat meer werk verloor as
         wat dit skep. Die werkloosheidskoers staan op 'n ongelooflike 40,4%.

                                                           [Aangepas uit www.timeslive.co.za]

         4.3.1       Identifiseer enige frase in die uittreksel wat na 'n styging in
                     werkloosheid in Suid-Afrika verwys.                                           (1)

         4.3.2       Noem enige EEN korridor in Suid-Afrika.                                       (1)

         4.3.3       Beskryf kortliks die term streeksontwikkeling.                                (2)

         4.3.4       Waarom het spesiale ekonomiese sones (SES's) 'n breër
                     nywerheidsontwikkelingsdoelwit as NOS's?                                      (2)

         4.3.5       Hoe    kan    nywerheidsontwikkeling             die   internasionale
                     mededingendheid van 'n land beïnvloed?                                        (4)

4.4      Bespreek kortliks verbruikersprysindeks         en   produsenteprysindeks        as
         ekonomiese aanduiders.                                                                    (8)

4.5      Analiseer die belangrikheid van prysstabiliteit om die ekstreme skommelinge
         in sakesiklusse te voorkom.                                                               (8)
                                                                                                   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V1                                   12                                       DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van    die   twee   vrae   in   hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                              Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
    te definieer of te omskryf.
 Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
 Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                       Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word.                 Maks. 10
Addisionele gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                               Maks. 2
 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite
     wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MAKROEKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in besonderhede die redes vir openbaresektor-mislukking. (26 punte)
   Analiseer die impak van swak dienslewering deur die owerheid op sosio-
    ekonomiese regte.                                                 (10 punte)                  [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in besonderhede die vraagkantbenadering om ekonomiese groei en
    ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder.                      (26 punte)
   Evalueer breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (BSEB) om ekonomiese
    ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder.                      (10 punte)                      [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                      GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
