# Economics Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2022-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/63a7c868-77f7-4e2b-b03f-54456044d269
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2022-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/63a7c868-77f7-4e2b-b03f-54456044d269)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                EKONOMIE V2

                                      2022

                                                                    PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                    2                               DBE/2022
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                     3                              DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1       Die inkome afkomstig uit die verkoop van een addisionele eenheid
                     van 'n produk word … inkome genoem.
                     A    gemiddelde
                     B    ekstra
                     C    totale
                     D    marginale

         1.1.2       Die instelling wat beperkende sakepraktyke ondersoek, is die
                     Mededingings-…
                     A    kommissie.
                     B    tribunaal.
                     C    appèlhof.
                     D    beleid.

         1.1.3       Die koste wat met die produksievlak verander, staan as … koste
                     bekend.
                     A    marginale
                     B    veranderlike
                     C    gemiddelde
                     D    vaste

         1.1.4       'n Markstruktuur wat deur twee produsente domineer word, word
                     … genoem.
                     A    'n volmaakte mark
                     B    'n monopolie
                     C    monopolistiese mededinging
                     D    'n duopolie

         1.1.5       'n Situasie waar pryse so vinnig styg dat mense vertroue in die
                     waarde van geld verloor, kan as … beskou word.
                     A    inflasie
                     B    stagflasie
                     C    hiperinflasie
                     D    hooflyn-inflasie

         1.1.6       Wanneer toeriste Suid-Afrikaanse wildsplase besoek, word daarna
                     as … toerisme verwys.
                     A    eko-
                     B    sake-
                     C    kulturele
                     D    uitgaande

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                     4                                      DBE/2022
                                             SS/NSS

         1.1.7         Die   bevel-en-beheer-benadering   wat    fokus            op       die
                       omgewingsimpak van besoedeling word … genoem.

                       A     hoeveelheidstandaarde
                       B     gehaltestandaarde
                       C     'n vrywillige ooreenkoms
                       D     die Rio +20-ooreenkoms

         1.1.8         Die proses waar bome van die grond verwyder en nie vervang
                       word nie, staan as … bekend.

                       A     degradering
                       B     erosie
                       C     ontbossing
                       D     herwinning                                                (8 x 2)     (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                      KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       Mark                    A    verhoging in salarisse wat daartoe lei
                                                  dat werkers 'n hoër inkomstebelasting-
         1.2.2       Onvolmaakte mark             koers betaal
         1.2.3       Minimum loon            B    op die produksie van goedere gehef wat
                                                  eksterne omgewingskoste genereer
         1.2.4       Merietegoedere
                                             C    tradisies, rituele of musiek wat uniek
         1.2.5       Kerninflasie                 aan 'n gegewe kultuur of samelewing is
         1.2.6       Belastingversnelling    D    firmas wat die markprys beheer
         1.2.7       Inheemse                E    meganisme wat kopers en verkopers
                     kennisstelsel                van goedere en dienste saambring
         1.2.8       Groen belasting         F    dit word deur die mark onderverskaf
                                                  maar is vir die samelewing voordelig

                                             G    sluit items in die VPI-mandjie uit wat
                                                  hoë prysonbestendigheid toon

                                             H    markstruktuur met 'n paar firmas wat
                                                  heterogene produkte verkoop

                                             I    die laagste bedrag wat deur die
                                                  regering voorgeskryf word wat
                                                  werkgewers hulle werkers mag betaal
                                                                                  (8 x 1)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                   5                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1       Die produksieperiode waartydens ten minste een van die
                     produksiefaktore vas is

         1.3.2       'n Mark waar onwettige goedere gekoop en verkoop word

         1.3.3       Die koste aan die samelewing wat nie by die markprys ingesluit
                     is nie

         1.3.4       Toeriste uit ander lande wat na Suid-Afrika kom om plekke van
                     belang te besoek

         1.3.5       Tipe inflasie waar die totale vraag na goedere en dienste die totale
                     aanbod oorskry

         1.3.6       Die vermoë van 'n omgewing om die gebruik daarvan vir
                     ekonomiese aktiwiteit te oorleef               (6 x 1)                     (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                                 6                                        DBE/2022
                                                         SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                       van    die   drie     vrae    in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem TWEE breë tipes monopolieë.                                               (2 x 1)       (2)

         2.1.2       Hoe sal 'n toename in die aantal firmas in 'n volmaakte mark die
                     pryse van goedere en dienste beïnvloed?                   (1 x 2)                            (2)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                               WINSMAKSIMALISERING

                                                                           TK       TI

                     Koste/Inkome
                                                                     B

                                              A
                                              

                                    0
                                              15           35        45
                                                                          Hoeveelheid/Produksie

         2.2.1                  Watter markstruktuur word deur die grafiek hierbo verteenwoordig?                 (1)

         2.2.2                  Noem punt A in die grafiek hierbo.                                                (1)

         2.2.3                  Beskryf kortliks die term eksplisiete koste.                                      (2)

         2.2.4                  Waarom sal firmas koste aangaan selfs wanneer die uitset nul is?                  (2)

         2.2.5                  Gebruik die     grafiek   hierbo    om     te   verduidelik    hoe
                                winsmaksimalisering deur die firma behaal word.             (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                      7                                          DBE/2022
                                              SS/NSS

2.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          KOSTE EN VOORDELE VAN DIE BOU VAN 'N BRUG

              BESONDERHEDE                                                          BEDRAG
                                              Voordele
              A       Verminderde vervoerkoste vir individue                           R210 000
              B       Geleenthede vir nuwe besighede                                    R30 000
              C       Subsidies van die owerheid af                                     R40 000
                      Totale voordele (A + B + C)                                      R280 000

                                                  Koste
              D       Arbeidskoste                                                     R150 000
              E       Koste van boumateriaal en toerusting                              R15 000
              F       Vernietiging van plante en diere                                  R50 000
                      Totale koste (D + E + F)                                         R200 000

                                                [Aangepas en vertaal uit http:// www.wallstreetmojo]

         2.3.1       Identifiseer EEN voorbeeld van 'n eksterne voordeel in die tabel
                     hierbo.                                                                             (1)

         2.3.2       Noem die sektor waarin 'n kostevoordeel-ontleding aangewend word.                   (1)

         2.3.3       Beskryf kortliks die term sosiale koste.                                            (2)

         2.3.4       Hoe kan 'n gebrek          aan    inligting   onder     entrepreneurs       tot
                     markmislukking lei?                                                                 (2)

         2.3.5       Bepaal of die projek lewensvatbaar is of nie deur die kostevoordeel-
                     verhouding te bereken. Toon ALLE berekeninge.                                       (4)

2.4      Bespreek kortliks produkdifferensiasie en beheer oor pryse in monopolistiese
         mededinging.                                                                                    (8)

2.5      Hoe sal die implementering van maksimum pryse die ekonomie negatief
         beïnvloed?                                                                                      (8)
                                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                    8                                         DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1       Noem enige TWEE Wêrelderfenisterreine van historiese en
                     kulturele belang in Suid-Afrika.                  (2 x 1)                         (2)

         3.1.2       Hoe kan die toestaan van eiendomsregte help om die omgewing
                     te beskerm?                                                                       (2)

3.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                             LUGHAWE-
                        Hou Lekker Vakansie!!                                     HEK

                                                                                  13
                                            New Plans

                                                               BELAS-
              Besoedeling                                       TING

                                                                  [Aangepas uit Google images.com]

         3.2.1       Identifiseer die gesondheidsrisiko wat die toeriste in die spotprent
                     hierbo kan teenkom.                                                               (1)

         3.2.2       Watter tipe toerisme        word    met      'Hou   Lekker     Vakansie!!'
                     geassosieer?                                                                      (1)

         3.2.3       Beskryf kortliks die term transito-toeris.                                        (2)

         3.2.4       Verduidelik die doel van die hef van belasting op toeriste.                       (2)

         3.2.5       Hoe kan infrastruktuurontwikkeling toerisme bevorder?               (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                    9                                       DBE/2022
                                            SS/NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die verlies aan biodiversiteit oor die
                   afgelope paar eeue
              EEUE          BEVOLKING         GROND OMSKEP VIR             VERLIES AAN
                                              MENSLIKE GEBRUIK              SPESIES IN
                                                                           EKOSTELSELS
              1 800          0,9 miljard               7,6%                   -1,8%
              2 100          12 miljard               49,1%                   -17%
                                                        [Aangepas en vertaal uit www.iberdrola.com]

         3.3.1        Identifiseer die term wat verwys na die verskeidenheid plant- en
                      dierelewe in 'n ekosisteem.                                                     (1)

         3.3.2        Noem EEN dier wat deur uitwissing in Suid-Afrika bedreig word.                  (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term beskerming.                                           (2)

         3.3.4        Verduidelik die belangrikheid van opvoedkundige veldtogte om
                      omgewingsagteruitgang te voorkom.                                               (2)

         3.3.5        Hoe word die verlies aan biodiversiteit internasionaal aangepak?
                                                                                   (2 x 2)            (4)

3.4      Bespreek kortliks die gevolge van toerisme op eksternaliteite en armoede.
                                                                                (2 x 4)               (8)

3.5      Hoe kan die owerheid 'n groen ekonomie in Suid-Afrika bevorder?                              (8)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                                          10                                        DBE/2022
                                                                   SS/NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1                               Gee enige TWEE voorbeelde van monopolistiese mededingende
                                             markte.                                             (2 x 1)                     (2)

         4.1.2                               Hoe kan 'n daling in rentekoerse inflasie veroorsaak?                           (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                  MARKMISLUKKING – ONDOELTREFFENDHEDE

          Produksie van Mielies (kg)
                                              A
                                       800
                                                                                     F

                                       600                           B

                                                                                              IK (Indifferensiekromme)
                                       500                                    C

                                                            E                              PMK (Produksie-
                                                                                          moontlikheidskromme)
                                                                                    D
                                        0                          200      700 1 200
                                                                              Produksie van Rys

         4.2.1                               Identifiseer die    kromme   wat      met    toedelingsdoeltreffendheid         (1)
                                             verband hou.

         4.2.2                               Watter hoeveelheid rys sal verskaf word indien 800 eenhede
                                             mielies gelewer word?                                                           (1)

         4.2.3                               Beskryf kortliks die term markmislukking.                                       (2)

         4.2.4                               Hoe kan die owerheid die verbruik van niemerietegoedere
                                             ontmoedig?                                                                      (2)

         4.2.5                               Waarom sal produksie by punt E as ondoeltreffend beskou word?
                                                                                                      (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                 11                                       DBE/2022
                                          SS/NSS

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              MOET NOOIT VERGEET
               NIE … ONS HET ALMAL
              GROOTGEWORD MET DIE
              STELSEL WAT FOSSIEL-
                  BRANDSTOWWE
                    GEBRUIK!!

                                                                 [Bron: google images.com]

         4.3.1       Identifiseer die internasionale ooreenkoms in die spotprent hierbo
                     wat die produksie van kweekhuisgasse beperk.                                 (1)

         4.3.2       Gee EEN voorbeeld van 'n fossielbrandstof.                                   (1)

         4.3.3       Beskryf kortliks die term aardverwarming.                                    (2)

.        4.3.4       Verduidelik die Basel Konvensie-ooreenkoms om omgewingskade
                     te verminder.                                                                (2)

         4.3.5       Hoe kan produsente tot omgewingsvolhoubaarheid bydra?
                                                                                     (2 x 2)      (4)

4.4      Met behulp van 'n grafiek met die korrekte byskrifte, verduidelik ekonomiese
         wins in 'n volmaakte mark.                                                               (8)

4.5      Analiseer die uitdagings waarvoor die toerismebedryf in Suid-Afrika te staan
         kom.                                                                                     (8)
                                                                                                  [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                   12                                       DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN           van    die   twee   vrae   in   hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
                                                                                 PUNTE-
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                              Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
    te definieer of te omskryf.
 Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
 Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                       Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word.                 Maks. 10
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:                                      Maks. 2
 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige
     feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

   Ondersoek oligopolie as 'n markstruktuur in besonderhede.       (26 punte)
   Hoe kan die owerheid firmas ontmoedig om aan anti-mededingende gedrag deel
    te neem?                                                        (10 punte)                    [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in besonderhede die maatreëls om inflasie te bekamp.  (26 punte)
   Hoe beïnvloed inflasionêre verwagtinge die onderskeie rolspelers in die
    ekonomie?                                                     (10 punte)                      [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                      GROOTTOTAAL:                150

Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Economics · Memo · 2025 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
