# Economics Grade 12 P2 North West June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/45e87b37-3295-432d-825d-c89198b242d0
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 North West June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/45e87b37-3295-432d-825d-c89198b242d0)

## About this document

Economics · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                 GRAAD 12

                                EKONOMIE V2
                                 JUNIE 2024

               

                                                                   PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                2                          NW/Junie2024
                                        Graad 12

INSTRUKSIES

1.      Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

        AFDELING A: VERPLIGTEND.
        AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
        AFDELING C: Beantwoord EEN van die TWEE vrae

2.      Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
        nagesien word NIE.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

4.      Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.      Lees die vrae aandagtig deur.

6.      Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.      Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.      Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
        konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
        voldoen.

9.      Gebruik slegs swart of blou ink.

10.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                  3                             NW/Junie2024
                                                Graad 12

AFDELING A
VRAAG 1                                                              30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
           die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

           1.1.1    Die waarde van inset wat deur die entrepreneur besit word en in die
                    produksieproses gebruik word, word ... koste genoem.

                    A      marginale
                    B      eksplisiete
                    C      implisiete
                    D      gemiddelde

           1.1.2    Die aard van 'n produk wat in 'n suiwer oligopolie verkoop word, is ...

                    A      homogene.
                    B      gedifferensieer.
                    C      heterogeen.
                    D      uniek.

           1.1.3    Die gemiddelde inkomste is dieselfde as die … kromme in alle markte.

                    A      marginale koste
                    B      aanbod-
                    C      veranderlike koste
                    D      vraag-

           1.1.4    'n Situasie waar dit onmoontlik is om die welsyn van een individu te
                    verhoog sonder om 'n ander slegter af te maak, word ...
                    doeltreffendheid genoem.

                    A      allokatief
                    B      pareto
                    C      produktief
                    D      mark

           1.1.5    Inkomste wat vervaardigers van goedere geniet, staan bekend as …
                    voordeel.

                    A      privaat
                    B      eksterne
                    C      sosiale
                    D      publiek

      Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                              4                              NW/Junie2024
                                      Graad 12

     1.1.6    'n Markstruktuur wat deur twee produsente oorheers word, word ‘n ...
              genoem.

              A      perfekte mark
              B      monopsie
              C      oligopolie
              D      duopolie

     1.1.7    Wanneer een dominante firma die prys verander en ander volg, word dit
              as prys .... beskou.

              A      diskriminasie
              B      leierskap
              C      -neem
              D      -kerf

     1.1.8    Samespanning is 'n ooreenkoms tussen firmas om mededinging te .…

              A      bevorder.
              B      pas.
              C      beperk.
              D      reguleer.
                                                                               (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                            5                             NW/Junie2024
                                    Graad 12

1.2    Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
       letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       bv. 1.2.9 J.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
        1.2.1 Skaalvoordele                     A    vind plaas wanneer insette
                                                     toeneem,terwyl uitsette toeneem
        1.2.2 Mark                                   met minder as die persentasie
                                                     verhoging in insette
        1.2.3 Perfek elastiese vraagkromme
                                                B    die eksklusiewe reg om ‘n produk
        1.2.4 Skaalnadele                            te vervaardig

        1.2.5 Marginale inkomste                C    afname in die gemiddelde koste
                                                     van produksie per eenheid as
        1.2.6 Patent                                 uitsette verhoog

        1.2.7 Subsidie                          D    ‘n vorm van finansiële toekenning
                                                     om ekonomiese aktiwiteit te
        1.2.8 Maatskaplike koste                     ondersteun

                                                E    meganisme wat kopers en
                                                     verkopers van goedere en
                                                     dienste bymekaar bring

                                                F    hoeveelhede verander sonder ‘n
                                                     verandering in die prys

                                                G    word deur die samelewing betaal

                                                H    ekstra inkomste wat verkoper
                                                     verdien as ‘n addisionele
                                                     eenheid van ‘n produk
                                                     geproduseer en verkoop word

                                                I    prysmaker
                                                                                  (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                 6                            NW/Junie2024
                                         Graad 12

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
         die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings,
         akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1       Die koste wat wissel met die produksie tempo

         1.3.2       Die waarde van die naasbeste alternatief

         1.3.3       Produkte wat identies en gestandaardiseer is

         1.3.4       'n Monopolie wat bestaan as gevolg van hoë ontwikkelingskoste

         1.3.5       Die minimum wins wat nodig is om te verhoed dat 'n entrepreneur die
                     bedryf verlaat

         1.3.6       Organisatoriese kenmerke van markte
                                                                                     (6 x 1)    (6)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                  7                            NW/Junie2024
                                          Graad 12

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae

       2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van 'n perfekte markstruktuur.             (2 x 2)     (2)

       2.1.2   Wat is die hoofdoel van markte in die ekonomie?                        (1 x 2)    (2)

2.2    Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         R      INDIVIDUELE PRODUSENT                           INDUSTRIE/MARK
                                                 R                                     A
                                     MK

                                           GK                                              A2

         7
                                            V1
         5
                                            V2
                                                                                           V2

                                                                                        V1

       2.2.1   Noem die tydperk waarin die mark hierbo funksioneer.                              (1)

       2.2.2   Identifiseer die aard van die wins, wat die individuele produsent
               maak in die grafieke hierbo.                                                      (1)

       2.2.3   Beskryf kortliks die term industrie.                                              (2)

       2.2.4   Hoekom neem die individuele onderneming die prys wat deur die
               industrie bepaal word?                                                            (2)

       2.2.5   Verduidelik hoekom die pryse daal van R7 tot R5 in die mark hierbo? (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                 8                               NW/Junie2024
                                         Graad 12

2.3    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             DIE NUWE MINIMUM LOONVERHOGING

        Die Nasionale Minimum Loon (NML) in Suid-Afrika is hersien vir 2024. Vanaf
        1 Maart 2024 is die nuwe NML R27,58 per uur vir alle werkers, insluitend
        plaaswerkers en huiswerkers die volgende:

                 Daagliks: R27,58 x 8 uur = R220,64
                 Weekliks: R27,58 x 40 uur = R1 103,02
                 Maandeliks: R1 103,02 x 4,333 (gemiddelde dae in 'n maand)
                  = R4 779,38

        Onthou dat hierdie loonberekeninge bykomende voordele, toelaes en fooitjie
        uitsluit. Indien 'n werknemer of werker minder as vier uur op enige dag werk,
        moet hulle steeds betaal word vir vier uur se werk op daardie dag.

                                                                [Bron: Labour Quartely Bulletin]

       2.3.1      Identifiseer die datum waarop die hersiende minimum loon in werking              (1)
                  getree het.

       2.3.2      Noem enige ander groep werkers wat by minimum lone baat behalwe
                  plaas- en huiswerkers.                                                           (1)

       2.3.3      Beskryf kortliks die term minimumloon.                                           (2)

       2.3.4      Hoe kan werkgewers die kwaliteit van hul arbeidsmag verbeter?                    (2)

       2.3.5      Verduidelik die negatiewe gevolge van minimum lone vir die ekonomie.
                                                                                    (2 x 2)        (4)

2.4    Teken 'n duidelike benoemde grafiek wat die afsluitpunt vir ‘n perfekte mededinger
       aandui en verduidelik kortliks waarom 'n besigheid op hierdie stadium sal ophou
       om goedere te produseer.                                                                    (8)

2.5    Hoe sal die implementering van maksimum pryse 'n negatiewe impak op die
       ekonomie hê?                                                            (4 x 2)              (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                               9                               NW/Junie2024
                                       Graad 12

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1   Gee enige TWEE voorbeelde van vaste koste.                             (2 x 1)   (2)

       3.1.2   Wat is die impak van prysvasstelling op die mark?                     (1 x 2)    (2)

3.2    Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      Prys      V
                     (Rand)

                                                               V1

                                                         Hoeveelheid (miljoen)

       3.2.1   Identifiseer die elastiese segment van die vraagkromme in die grafiek
               hierbo.                                                                          (1)

       3.2.2   Noem die vraagkurwe in die grafiek hierbo.                                       (1)

       3.2.3   Beskryf kortliks die term openlike samespanning.                                 (2)

       3.2.4   Waarom slaag 'n oligopolie nie daarin om produktiewe doeltreffendheid te         (2)
               bereik nie?

       3.2.5   Hoekom sal die produsent huiwerig wees om die prys van R40,00 tot
               R28,00 te verlaag? Toon ALLE berekeninge.                         (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                10                                 NW/Junie2024
                                        Graad 12

3.3    Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                               [Bron: Google-beelde]

       3.3.1   Noem die tipe mark wat in die prent hierbo uitgebeeld word.                           (1)

       3.3.2   Wat is die aard van die produk wat in die mark hierbo verkoop word?                   (1)

       3.3.3   Beskryf kortliks die term hibriede struktuur.                                         (2)

       3.3.4   Hoe verskil die wins van 'n monopolistiese mededinger, van die wins van 'n
               oligopolie op die langtermyn?                                                         (2)

       3.3.5   Hoe sal 'n monopolistiese mededinger, soos McDonald's, met ander
               kitskos-burgerafsetpunte (fast food) meeding, om sy markaandeel
               te vergroot.                                                    (2 x 2)               (4)

3.4    Verduidelik kortliks die redes vir 'n koste-voordeelanalise.                       (4 x 2)    (8)

3.5    Evalueer die impak van onvolmaakte mededinging op verbruikers.                     (4 x 2)     (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                              11                                 NW/Junie2024
                                      Graad 12

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1     Noem enige TWEE doelwitte van die mededingingsbeleid.                   (2 x 1)     (2)

     4.1.2     Hoekom gee die regering subsidies aan produsente?                       (1 x 2)     (2)

4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              UITKOMS VAN SAMESMELTINGS DEUR DIE TRIBUNAL BESLUIT

       Die Mededingingstribunaal (“Tribunaal”) het die samesmelting waarin Sasol
       Pensioenfonds (“die Sasol Fonds”), Luvon Investments (Edms) Bpk (“Luvon”), en
       Litapro (Edms) Bpk (“Litapro”) van voorneme is om ‘n kleinhandelwinkelsentrum in
       George, die Wes-Kaap (“Eden Meander”), van Accelerate Eiendomsfonds Bpk te
       verkry, voorwaardelik goedgekeur.

       Die Sasol Fonds is die amptelike pensioenfonds vir die werknemers van Sasol Bpk.
       Luvon en Litapro is die eiendomsbeleggingsmaatskappye. Eden Meander word
       geklassifiseer as 'n klein streeksentrum wat deur verskeie kleinhandelwinkels besit
       word.

                                                         [Bron: Comp.Tribunal 24 Februarie 2024]

     4.2.1     Identifiseer die amptelike pensioenfonds vir die werknemers van Sasol Bpk.          (1)

     4.2.2     Watter mededingingsregulerende instelling het dieselfde status as die van 'n
               hooggeregshof?                                                                      (1)

     4.2.3     Beskryf kortliks die term samesmelting.                                             (2)

     4.2.4     Hoe bevoordeel mededinging in die mark die verbruiker?                              (2)

     4.2.5     Hoe sal hierdie samesmelting die betrokke maatskappye bevoordeel?
                                                                              (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                               12                               NW/Junie2024
                                       Graad 12

4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          MONOPOLIE
          Koste/                                                  MK
        Inkomste                                                                 GI

                                        MI                             VV/GI

                                                                         Hoeveelheid

      4.3.1    Identifiseer die dooie gewigsverliesarea in die grafiek hierbo.                      (1)

      4.3.2    Waar sny die marginale kostekromme (MK) die gemiddelde kostekromme
               (GK) in die grafiek hierbo?                                                          (1)

      4.3.3    Beskryf kortliks die term marginale koste.                                           (2)

      4.3.4    Hoekom lê die MI-kromme altyd onder die GI-kromme in 'n monopolistiese
               mark?                                                                                (2)

      4.3.5    Bepaal die verlies vir hierdie besigheid. Toon ALLE berekeninge.                     (4)

4.4 Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik minimum pryse in die mark.               (8)

4.5   Beskryf die uitdagings wat die mededingingsbeleid in Suid-Afrika in die gesig staar
      om sy doelwitte te bereik.                                                  (4 x 2)            (8)
                                                                                                    [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V2                              13                            NW/Junie2024
                                      Graad 12

AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg beoordeel word:
                                                                         PUNTE
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                       TOEKENNING
    Inleiding                                                             Maks. 2
    Die inleiding is 'n laer-orde reaksie.
     'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag
       verband hou, te definieer of te omskryf.
     MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
     MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal
       NIE.
     Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam
       gaan bespreek.
    Liggaam:
    Hoofgedeelte: Bespreek in detail/ In-diepte bespreking/              Maks. 26
    Ondersoek/ Krities bespreek/ Ontleed / Vergelyk/ Onderskei/
    Onderskei/ Verduidelik/ Evalueer
    ‘n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/ voorbeelde
    toegeken word.

  Bykomende deel: Gee eie mening/ Bespreek/ Evalueer/ Evalueer/            Maks. 10
  Krities evalueer/ Teken 'n grafiek en verduidelik/ / Bereken/ Lei af/
  Vergelyk/ Verduidelik Onderskei / Interpreteer / Kort debat/ Hoe/
  Stel voor
  ‘n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite
  toegeken word.
  Slot
  Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                     Maks. 2
   'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling
     van enige feite wat reeds genoem is
   Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
   Bykomende ondersteunende inligting wat die
     bespreking/ontleding versterk
   'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
   Aanbevelings
  TOTAAL                                                                       40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE
    Ondersoek die kenmerke van ‘n monopolie in detail.                                   (26)
    Hoekom is dit moeilik vir ‘n monopolieë om uiterste pryse vir hul produkte te vra?   (10)
                                                                                          [40]
VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE
      Bespreek die oorsake van markmislukking/faktore wat lei tot wantoewysing van
       hulpbronne in die mark volledig.                                                   (26)
      Hoe kan markondoeltreffendheid verminder word deur globale markte
       (globalisering)?                                                                   (10)
                                                                                          [40]
                                                                TOTAAL AFDELING C:        40
                                                                    GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
