# Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 EKONOMIE V1

                                MEI/JUNIE 2024

                                                                  PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                                   2                       DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V1                                  3                        DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1       Wanneer bruto binnelandse besteding (BBB) bereken word, word
                     foute en weglatings deur die… in berekening gebring.

                     A    markprys
                     B    residuele item
                     C    basiese prys
                     D    insetkoste

         1.1.2       Die vertikale verskil tussen 'n trog en die volgende piek van 'n
                     siklus staan as … bekend.

                     A    amplitude
                     B    ekstrapolasie
                     C    bewegende gemiddelde
                     D    lengte van 'n siklus

         1.1.3       Die Minister van Finansies lê elke jaar die Mediumtermyn-
                     begrotingsbeleidsverklaring (MTBBV) in … voor.

                     A    Februarie
                     B    Junie
                     C    April
                     D    Oktober

         1.1.4       Die verskil tussen tasbare uitvoere en tasbare invoere word …
                     genoem.

                     A    handelsbalans
                     B    lopende oordragte
                     C    reserwebates
                     D    handelstekort

         1.1.5       Die wêreldwye blootstelling en interaksie van ekonomieë, met
                     handel as 'n belangrike element, word… genoem.

                     A    nasionalisering
                     B    sentralisasie
                     C    globalisering
                     D    devaluasie

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V1                                  4                        DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

         1.1.6       Die vorm van belasting wat jaarliks op die markwaarde van
                     residensiële, kantoor- en fabrieksgeboue betaalbaar is, word ...
                     genoem.

                     A    kapitaalwinsbelasting
                     B    eiendomsbelasting
                     C    hereregte
                     D    boedelbelasting

         1.1.7       'n Geografies-afgebakende gebied wat opsygesit is om spesifieke
                     ekonomiese aktiwiteite te ontwikkel, staan as 'n … bekend.

                     A    nywerheidsbasis
                     B    uitvoerverwerkingsone
                     C    nywerheidsmiddelpunt
                     D    spesiale ekonomiese sone

         1.1.8       Die menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) van 'n land met die
                     hoogste vlak van ontwikkeling is …

                     A    10
                     B    0
                     C    1
                     D    100                                                  (8 x 2)       (16)   2024

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V1                                       5                           DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS Vertroulik

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
         1.2.1       Reële vloei                A    wanneer van 'n persoon verwag word
                                                     om 'n verduideliking van sy of haar
         1.2.2       Deregulering                    besluite of aksies te gee

         1.2.3       Aanspreeklikheid           B    word deur die Verenigde Nasies gebruik
                                                     om die lewenstandaarde tussen
         1.2.4       Spesialisasie                   verskillende lande te vergelyk

         1.2.5       Handelsneutraliteit        C    wettige eienaarskap van kopiereg,
                                                     ontwerp, patent of handelsmerk deur 'n
         1.2.6       Menslike-                       individu of besigheid
                     ontwikkelingsindeks
                                                D    aantal jare wat 'n pasgebore baba
         1.2.7       Intellektuele eiendom           waarskynlik sal lewe

         1.2.8       Lewensverwagting           E    die beweging van produksiefaktore,
                                                     goedere en dienste tussen ekonomiese
                                                     deelnemers

                                                F    betaling van subsidies wat gelyk is aan
                                                     invoerregte deur uitvoerprodusente
                                                     betaal

                                                G    die verwydering van wette en ander
                                                     vorme van staatsbeheer wat by die
                                                     funksionering van markte inmeng

                                                H    produksie van goedere en dienste in
                                                     groot hoeveelhede

                                                I    fokus op die produksie/voorsiening van
                                                     'n bepaalde tipe goedere of dienste
                                                                                        (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V1                                  6                            DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1       Vind plaas wanneer die waarde van intermediêre goedere by die
                     finale produk bygevoeg word wanneer BBP bereken word

         1.3.2       Wanneer al die mense wat aktief werk soek, by magte is om werk
                     te vind of vir hulleself werk te skep

         1.3.3       Die prys van een geldeenheid in terme van 'n ander

         1.3.4       Maatreëls wat die beweging van goedere en dienste tussen lande
                     kunsmatig beperk

         1.3.5       Wanneer die sentrale bank handelsbanke oorreed om op 'n manier
                     op te tree wat in die huidige ekonomiese omstandighede wenslik is

         1.3.6       Die totale nywerheidsvermoë van 'n ekonomie wat vir gebruik
                     beskikbaar is                                       (6 x 1)                (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V1                                   7                               DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die   drie   vrae    in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem die TWEE faktore wat die grootte van die vermenigvuldiger
                     in 'n tweesektor-model bepaal.                         (2 x 1)                  (2)

         2.1.2       Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) opemark-
                     transaksies gebruik om geldaanbod te vermeerder? (1 x 2)                        (2)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 REËLE FINALE VERBRUIKSBESTEDING DEUR HUISHOUDINGS
                                   VIR SUID-AFRIKA
           6

           5
                                                                   Duursame goedere
           4                                                       Halfduursame goedere
                                                                   Nieduursame goedere
           3

           2

           1

           0

          -1

          -2         K4, 2021          K1, 2022            K2, 2022             K3, 2022

                                         [Aangepas uit SARB Kwataallikse Bulletin, Desember 2022]

         2.2.1       Identifiseer die kategorie van verbruiksgoedere wat in die derde
                     kwartaal van 2022 (K3, 2022) groei aangeteken het.                              (1)

         2.2.2       Gee EEN voorbeeld van nieduursame goedere.                                      (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die term verbruik.                                             (2)

         2.2.4       Waarom word besparings as lekkasies in die ekonomiese-
                     kringloop-model beskou?                                                         (2)

         2.2.5       Hoe kan 'n verhoging in rentekoerse huishoudings in die
                     ekonomiese kringloop beïnvloed?                  (2 x 2)                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V1                                   8                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

2.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 DIE PRIVATISERING- EN HERSTRUKTURERINGSPROGRAM
                                    IN SUID-AFRIKA

         Die Suid-Afrikaanse benadering tot privatisering was een van herstrukturering
         van staatsbeheerde ondernemings (SBO's). Die doelwitte van
         herstrukturering was om staatsleningsvereistes te verminder en om private
         eienaarskap na histories benadeelde groepe uit te brei.

         Min is egter bereik aangesien herstruktureringspogings stadig en teësinnig
         was.

                                                                 [Bron: www.investopidia.com]

         2.3.1       Identifiseer 'n term wat na parastatale verwys.                               (1)

         2.3.2       Gee EEN kenmerk van openbaresektor-mislukking.                                (1)

         2.3.3       Beskryf kortliks die term nasionalisering                                     (2)

         2.3.4       Waarom is dit vir die owerheid belangrik om in beheer te bly van
                     sleutelinsetsektore soos energie en vervoer?                                  (2)

         2.3.5       Hoe kan die Suid-Afrikaanse owerheid voordeel trek uit die
                     privatisering van staatsbeheerde ondernemings (SBO's)? (2 x 2)                (4)

2.4      Bespreek die rol van huishoudings in die ekonomiesekringloop-model. (4 x 2)               (8)

2.5      Ontleed die faktore wat 'n tekort op die Suid-Afrikaanse betalingsbalans (BB)
         kan veroorsaak.                                                        (4 x 2)            (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V1                                  9                               DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1       Noem enige TWEE regstellende beleide in Suid-Afrika.             (2 x 1)       (2)

         3.1.2       Hoe kan invoervervanging industrialisasie bevorder?              (1 x 2)       (2)

3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 UITWERKING VAN STORTING

         Storting behels aansienlike uitvoervolumes van produkte en dit bedreig
         dikwels die finansiële lewensvatbaarheid van vervaardigers of produsente in
         invoerlande.

         Die grootste nadeel van storting is die vermoë om 'n mark met produkpryse,
         wat dikwels as onredelik beskou word, te oorstroom. Daarom gebruik lande
         tariewe en kwotas om hulle plaaslike produsente teen storting te beskerm.

                                                    [Aangepas uit https//www.investopedia.com]

         3.2.1       Identifiseer in die uittreksel hierbo 'n vorm van belasting wat op
                     invoere opgelê word.                                                           (1)

         3.2.2       Noem die internasionale handelsbeleid wat plaaslike produsente                 (1)
                     teen onbillike buitelandse mededinging beskerm.

         3.2.3       Beskryf kortliks die term invoerkwota.                                         (2)

         3.2.4       Verduidelik die rol van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) in die
                     bevordering van vryhandel.                                                     (2)

         3.2.5       Hoe kan storting verbruikers in die invoerland beïnvloed?        (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V1                                 10                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

3.3      Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 DIE 'GLOBALE NOORDE' EN DIE 'GLOBALE SUIDE'

                                                                      [Bron: www.google.com]

         3.3.1       Identifiseer die letter wat ontwikkelde lande in die kaart hierbo
                     verteenwoordig.                                                             (1)

         3.3.2       Noem EEN aspek (element) wat met lewenstandaarde verband
                     hou.                                                                        (1)

         3.3.3       Beskryf kortliks die term Noord-Suidverdeling.                              (2)

         3.3.4       Hoe kan ekonomiese aktiwiteite in die noorde 'n uitwerking op die
                     omgewing hê?                                                                (2)

         3.3.5       Verduidelik die uitdagings wat ontwikkelende lande in die gesig
                     staar wanneer met ontwikkelde lande handel gedryf word. (2 x 2)             (4)

3.4      Bespreek nywerheidsontwikkelingsones (NOS) as Suid-Afrika se inisiatief in
         streeksontwikkeling.                                              (4 x 2)               (8)

3.5      Ontleed die redes waarom Suid-Afrikaanse verbruikers ingevoerde goedere
         en dienste verkies.                                              (4 x 2)                (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V1                                   11                            DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1       Noem      enige  TWEE     finansiële aansporings   wat    die
                     Suid-Afrikaanse owerheid gebruik om nywerheidsontwikkeling te
                     verbeter.                                             (2 x 1)                 (2)

         4.1.2       Waarom streef die owerheid daarna om openbare skuld op
                     minstens 60% van die bruto binnelandse produk te hou? (1 x 2)                 (2)

4.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     VSD/ZAR JAARLIKSE HISTORIESE WISSELKOERSE
                          Jaar                              Gemiddelde wisselkoers
                          2018                                  VSA$1: R13,26
                          2019                                  VSA$1: R14,49
                          2020                                  VSA$1: R16,46
                          2021                                  VSA$1: R14,80
                          2022                                  VSA$1: R16,38
                                                                              [Bron: ofx.com]

         4.2.1       Identifiseer, in die tabel hierbo, die jaar waarin die waarde van die
                     rand die sterkste was.                                                        (1)

         4.2.2       Noem die wisselkoersstelsel wat in Suid-Afrika gebruik word.                  (1)

         4.2.3       Beskryf kortliks     die   term   depresiasie    met   betrekking    tot
                     wisselkoerse.                                                                 (2)

         4.2.4       Hoe kan die owerheid direk in die buitelandse valutamarkte ingryp
                     wanneer die plaaslike geldeenheid onderwaardeer word?                         (2)

         4.2.5       Teken 'n korrek benoemde grafiek om die uitwerking van 'n
                     toename in die vraag na Amerikaanse dollar in Suid-Afrika te toon.            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V1                                  12                               DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

4.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             DIE VIER NYWERHEIDSREWOLUSIES

         Die fokus van nywerheidsontwikkeling het oor die afgelope eeue ontwikkel.

                 A                   B                       C                      D

                                                                                Vandag

                                 MASSA-          GEOUTOMATISEERDE              NUWE
              MEGANISERING      PRODUKSIE           PRODUKSIE               TEGNOLOGIEË
                                               [Aangepas uit www.google.com/industrialevolution]

         4.3.1       Identifiseer die prent, deur die letters hierbo te gebruik, wat die
                     vierde nywerheidsrewolusie verteenwoordig.                                      (1)

         4.3.2       Noem die staatsdepartement wat daarvoor verantwoordelik is om
                     nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder.                              (1)

         4.3.3       Beskryf kortliks die term vervaardiging.                                        (2)

         4.3.4       Verduidelik  die     invloed          van   vaardigheidstekorte        op
                     nywerheidsontwikkeling.                                                         (2)

         4.3.5       Hoe kan die Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie
                     (NNOS) help om die Suid-Afrikaanse ekonomie te verbeter? (2 x 2)                (4)

4.4      Bespreek die noodsaaklikheid van die openbare sektor in die ekonomie.
                                                                             (4 x 2)                 (8)

4.5      Hoe gebruik die Suid-Afrikaanse            owerheid     fiskale   beleid    om die
         lewenstandaard te verbeter?                                                   (4 x 2)       (8)
                                                                                                     [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V1                                 13                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van    die   twee   vrae    in   hierdie     afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                            Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
    te definieer of te omskryf.
 MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/                     Maks. 26
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
Verduidelik/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/              Maks. 10
Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
    van feite wat reeds genoem is
 Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                 40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail die nuwe ekonomiese paradigma om sakesiklusse glad te stryk.                 (26)

   Hoe kan 'n toename in ekonomiese aktiwiteit besighede beïnvloed?                                (10)
                                                                                                    [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail die verskeie ekonomiese aanwysers.                                           (26)

   Hoe kan sosiale aanwysers die owerheid help om besluitneming te verbeter?                       (10)
                                                                                                    [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                      GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
