# Economics Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/23ae125b-08aa-4f7f-a9b5-0affe6e964d6
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/23ae125b-08aa-4f7f-a9b5-0affe6e964d6)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                         a

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 EKONOMIE V2

                                MEI/JUNIE 2024

                                                                  PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                  2                       DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereiste van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                   3                        DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1       Die waarde van insette wat 'n entrepreneur besit en in die
                     produksieproses gebruik word, word ... koste genoem.

                     A   eksplisiete
                     B   implisiete
                     C   totale
                     D   gemiddelde

         1.1.2       Wanneer gemiddelde inkomste groter as gemiddelde koste is,
                     maak die firma 'n …

                     A   ekonomiese verlies.
                     B   normale wins.
                     C   totale verlies.
                     D   ekonomiese wins.

         1.1.3       'n Mark wat deur twee produsente gedomineer word, staan as 'n …
                     bekend.

                     A   duopolie
                     B   monopolie
                     C   oligopolie
                     D   trigopolie

         1.1.4       Wanneer die mark misluk om die produkkombinasie te verskaf wat
                     deur verbruikers benodig word, word dit ... ondoeltreffendheid
                     genoem.

                     A   pareto-
                     B   produktiewe
                     C   toedelings-
                     D   tegniese

         1.1.5       'n Indeks wat pryse van ingevoerde goedere meet soos dit die land
                     binnekom, staan as ...-prysindeks bekend.

                     A   verbruikers
                     B   mandjie
                     C   mark
                     D   produsente

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                    4                       DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

         1.1.6       Godsdienstige geleenthede vorm deel van ... toerisme.

                     A   kulturele
                     B   inklusiewe
                     C   paleo-
                     D   plaaslike

         1.1.7       Daar word na natuurlike hulpbronne, wat sodanig bestuur word dat
                     hulle vir huidige en toekomstige generasies beskikbaar is, verwys
                     as ...

                     A   besoedeling.
                     B   beskerming.
                     C   bewaring.
                     D   hernubaar.

         1.1.8       Die internasionale ooreenkoms wat daarop gemik is om chemiese
                     afval te verminder, word die … genoem.

                     A   Kyoto Protokol
                     B   Rio de Janeiro-beraad
                     C   Stockholm Protokol
                     D   Basel Konvensie                                        (8 x 2)       (16)   2024

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                  5                             DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                       KOLOM A                              KOLOM B
         1.2.1       Nywerheid             A    onder die markewewig vasgestel om
                                                goedere meer bekostigbaar te maak
         1.2.2       Deregulasie
                                           B    tradisies, rituele of musiek wat uniek is
         1.2.3       Heterogene                 aan 'n gegewe kultuur of samelewing

         1.2.4       Maksimum prys         C    'n situasie waar totale inkomste aan
                                                totale koste gelyk is
         1.2.5       Kerninflasie
                                           D    'n proses waardeur grond en rotse as
         1.2.6       Inheemse                   gevolg van wind en water van die Aarde
                     kennisstelsel              se oppervlak verwyder word

         1.2.7       Biodiversiteit        E    die verwydering van onnodige wette en
                                                regulasies wat mededinging in die mark
         1.2.8       Erosie                     beperk

                                           F    die som van alle individuele besighede
                                                wat 'n soortgelyke tipe produk
                                                produseer

                                           G    produkte wat verskil in voorkoms,
                                                grootte en gehalte

                                           H    sluit die items uit die VPI-mandjie uit
                                                wat hoogs onbestendig is of pryse wat
                                                deur owerheidsbeleid beïnvloed word

                                           I    'n verskeidenheid plant- en dierelewe
                                                binne 'n ekosisteem
                                                                                    (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                  6                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

1.3      Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1. tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1       Die koste wat onveranderd bly al verander die uitsette

         1.3.2       Die addisionele inkomste verdien deur een addisionele eenheid
                     van 'n produk te verkoop

         1.3.3       Wanneer identiese goedere en dienste teen verskeie pryse aan
                     verskillende verbruikers verkoop word

         1.3.4       Lae groei, hoë werkloosheid en 'n hoë inflasiekoers wat
                     terselfdertyd voorkom

         1.3.5       Die aktiwiteit van mense wat reis na en in plekke bly anders as
                     hulle gewone omgewing, vir nie meer as een jaar nie

         1.3.6       Die toekenning van lisensies aan besighede om besoedeling tot 'n
                     bepaalde limiet te beperk                               (6 x 1)               (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                   7                               DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die   drie   vrae   in     hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Gee enige TWEE voorbeelde van vaste koste.                         (2 x 1)       (2)

         2.1.2       Waarom is die vraagkromme vir 'n individuele firma horisontaal in
                     'n volmaakte mark?                                        (1 x 2)                (2)

2.2      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     ONDERSOEK NA DIE AANLYN MARK IN SUID-AFRIKA

         In reaksie op die toenemende belangrikheid van die aanlyn ekonomie en
         mededinging het die Mededingingskommissie in 2021 'n ondersoek na
         mededinging en deelname aan die aanlyn ekonomie van stapel gestuur.

         Die Mededingingskommissie het in Julie 2022 'n verslag vrygestel wat die
         gebrek aan doeltreffende mededinging van die fooie van toep('app')-
         ontwikkelaars wat tot hoë pryse lei beklemtoon het.

         Die kommissie het aanbeveel dat sekere oorwegings oor betalingsopsies vir
         goedere en dienste in ag geneem moet word en hoe hulle pryse vasgestel
         word. Die saak is sedertdien na die Mededingingstribunaal verwys.

                                                                    [Aangepas uit Business Tech]

         2.2.1       Identifiseer EEN rede waarom 'n ondersoek na die aanlyn mark in
                     Suid-Afrika van stapel gestuur is.                                               (1)

         2.2.2       Noem die mededingingsinstelling wat 'n soortgelyke status het as
                     dié van 'n hooggeregshof in Suid-Afrika.                                         (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die term prysvasstelling.                                       (2)

         2.2.4       Verduidelik die rol van die Mededingingstribunaal.                               (2)

         2.2.5       Hoe het die Wet op Mededinging, 1998 (Wet 89 van 1998)
                     Suid-Afrika bevoordeel?                         (2 x 2)                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                             8                                DBE/Mei/Junie 2024
                                                 SS/NSS Vertroulik

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          GEKNAKTE VRAAGKROMME

              Koste/Inkomste

              e            R90            a

                           R80                           b

                           R60                               c

                                                                     d

                                 0       50          150 155             Hoeveelheid/Uitset

         2.3.1                 Identifiseer die markprys in die grafiek hierbo.                                    (1)

         2.3.2                 Noem die tipe pryselastisiteit verteenwoordig deur die laagste deel
                               (b–d) van die geknakte vraagkromme.                                                 (1)

         2.3.3                 Beskryf kortliks die term oligopolie.                                               (2)

         2.3.4                 Verduidelik die impak van prys-mededinging op die oligopoliemark.                   (2)

         2.3.5                 Hoe kan firmas wat in 'n oligopoliemark werksaam is, hulle
                               markaandeel vermeerder?                            (2 x 2)                          (4)

2.4      Onderskei tussen 'n natuurlike monopolie en 'n kunsmatige monopolie. (2 x 4)                              (8)

2.5      Ontleed die effek van toenemende mededinging op die mark.                                   (4 x 2)       (8)
                                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                   9                              DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1       Noem enige TWEE uitwerkings (effekte) van toerisme.               (1 x 2)        (2)

         3.1.2       Waarom is besighede teësinnig (onwillig) om na meer omgewings-
                     vriendelike produksiemetodes te verander?               (1 x 2)                  (2)

3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         TOERISME-ONTVANGSTE EN BESTEDING (Rm)
                                                2017       2018     2019      2020       2021
          INKOMENDE TOERISME
          Totale internasionale ontvangste      9 706      9 790    9 064     2 717      2 113

          UITGAANDE TOERISME
          Totale internasionale besteding       6 068      6 348    5 866     1 594      1 669
                                                                    [Aangepas uit oced-library.org]

         3.2.1       Identifiseer die term in die tabel hierbo wat verwys na toeriste wat
                     ander lande besoek.                                                              (1)

         3.2.2       Noem EEN maatstaf (manier) wat gebruik word om toerisme te
                     meet.                                                                            (1)

         3.2.3       Beskryf kortliks die term transito-toerisme.                                     (2)

         3.2.4       Waarom verkies mense van ander lande Suid-Afrika as 'n
                     toeristebestemming?                                                              (2)

         3.2.5       Hoe kan 'n toename in toerisme-aktiwiteite die omgewing negatief
                     beïnvloed?                                               (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                  10                              DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

3.3      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               OMGEWINGSPROBLEEM

                     Klimaatsverandering

                 Kweekhuisgasse                            Omgewingsbelasting
                                                           [Bron: www.istockphoto.com]

         3.3.1        Watter tipe besoedeling word in die prent hierbo uitgebeeld?                   (1)

         3.3.2        Noem enige EEN voorbeeld van 'n hernubare bron van energie.                    (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid.                             (2)

         3.3.4        Verduidelik die uitwerking van ontbossing op die omgewing.                     (2)

         3.3.5        Hoe kan besoedeling klimaatsverandering veroorsaak?                (2 x 2)     (4)

3.4      Bespreek kortliks bemarking en ruimtelike verspreiding as beleidsvoorstelle
         om toerisme te bevorder.                                            (2 x 4)                 (8)

3.5      Hoe kan die heffing van belastings die volhoubare gebruik van die omgewing
         verseker?                                                            (4 x 2)                (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                              11                              DBE/Mei/Junie 2024
                                                   SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1                  Noem enige TWEE Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika.               (2 x 1)      (2)

         4.1.2                  Waarom sou 'n monopolie onwillig wees om buitensporige hoë
                                pryse vir hulle produkte te vra?                     (1 x 2)                    (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                             MONOPOLIE: LANGTERMYN-EWEWIG

              Koste/Inkomste
                                                       MONOPOLY

                                                                       X

                                                                              LGK

                                                        a
                               42

                               32
                                                        b

                               20                        c
                                                                           v = LGI

                                                              LMI

                                    0                100
                                                                                     Hoeveelheid

         4.2.1                  Identifiseer die byskrif vir die winsmaksimeringspunt in die grafiek
                                hierbo.                                                                         (1)

         4.2.2                  Gee 'n byskrif vir die kromme wat deur die letter X voorgestel word.            (1)

         4.2.3                  Beskryf kortliks die term langtermyn.                                           (2)

         4.2.4                  Waarom is die posisie van die marginale-inkomste(LMI)-kromme
                                onder die gemiddelde-inkomste(LGI)-kromme?                                      (2)

         4.2.5                      Bereken die wins/verlies wat die firma gemaak het. Toon ALLE
                                    berekeninge.                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                 12                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 VERLIES AAN BIODIVERSITEIT IS 'N WÊRELDVERSKYNSEL

         Die verlies en agteruitgang van Suid-Afrika se biodiversiteit het ernstige
         implikasies vir die samelewing en die ekonomie.

         Wêreldbiodiversiteit gaan baie vinniger verlore as natuurlike uitwissing weens,
         onder meer, veranderinge in grondgebruik, onvolhoubare gebruik van
         natuurlike hulpbronne, uitheemse indringerspesies, klimaatsverandering,
         bevolkingsgroei, stedelike ontwikkeling en besoedeling.

         Suid-Afrika het 'n goed ontwikkelde en progressiewe beleidsraamwerk vir
         biodiversiteitsbestuur.

                                                                  [Bron: www.google.co.za

         4.3.1       Identifiseer die term in die uittreksel wat na die
                     vrystelling/verwydering van afvalmateriaal in die omgewing verwys.          (1)

         4.3.2       Watter internasionale ooreenkoms gee aandag aan die uitwissing
                     van bedreigde spesies?                                                      (1)

         4.3.3       Beskryf kortliks die term bewaring.                                         (2)

         4.3.4       Verduidelik die onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne as
                     'n bydraende faktor tot die verlies aan biodiversiteit.                     (2)

         4.3.5       Waarom word gevaarlike afval as skadelik vir die omgewing
                     beskou?                                            (2 x 2)                  (4)

4.4      Met behulp van 'n goed benoemde grafiek, verduidelik normale wins vir 'n
         volmaak mededingende firma.                                                             (8)

4.5      Hoe bevorder infrastruktuur binnelandse toerisme in Suid-Afrika?          (4 x 2)       (8)
                                                                                                 [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V2                                  13                               DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van    die   twee   vrae    in   hierdie     afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord:                                            Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
    te definieer of te omskryf.
 MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/                    Maks. 26
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
Verduidelik/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/             Maks. 10
Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
    van feite wat reeds genoem is
 Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                 40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail die oorsake van markmislukking.                                             (26)

   Ontleed die impak van minimum pryse in die ekonomie.                                           (10)
                                                                                                   [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail die gevolge van inflasie.                                                   (26)

   Hoe kan die voortdurende fases van beurtkrag inflasie veroorsaak?                              (10)
                                                                                                   [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                      GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Economics · Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
