# Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/e735f934-26f1-4801-b23f-9386d5f080eb
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/e735f934-26f1-4801-b23f-9386d5f080eb)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
         2025
          10731

        EKONOMIE

       (VRAESTEL 1)

                      TYD:     2 uur

                      PUNTE: 150

                      14 bladsye

                                       b.o.

### Page 2

EKONOMIE
                                                                                    2
                                               (VRAESTEL 1)              10731/25

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

     AFDELING A:      VERPLIGTEND
     AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
     nagesien word NIE.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.

5.   Lees die vrae aandagtig deur.

6.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.   Laat 1 – 2 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                        b.o.

### Page 3

EKONOMIE                               3
                                                (VRAESTEL 1)               10731/25

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1   Waarom word intermediêre goedere van BBP-berekeninge uitgesluit?

              A    Dit word nie belas nie.
              B    Om dubbeltelling te vermy.
              C    Dit is baie moeilik om dit op te spoor.
              D    Dit dra nie by tot die nasionale inkomste nie.

      1.1.2   ŉ Periode van verhoogde ekonomiese aktiwiteite staan bekend as 'n ...

              A    afswaai.
              B    opswaai.
              C    depressie.
              D    resessie.

      1.1.3   Watter belasting vereis dat individue in laer inkomste-groepe ’n hoër
              persentasie van hul inkomste betaal as dié in hoër inkomste-groepe?

              A    Regressiewe belasting
              B    Proporsionele belasting
              C    Progressiewe belasting
              D    Sonde belasting

      1.1.4   Die koop van finansiële bates, soos aandele op die aandelebeurs van
              'n ander land staan bekend as ŉ ... -belegging.

              A    direkte
              B    ander
              C    portefeulje
              D    kapitaal

      1.1.5   ’n Sosiale aanwyser wat bepaal word deur ’n kind se lengte en gewig in
              verhouding tot sy/haar ouderdom, staan bekend as …

              A    kinderwanvoeding.
              B    babasterftes.
              C    vetsug.
              D    lewensverwagting.

                                                                                           b.o.

### Page 4

EKONOMIE                                    4
                                        (VRAESTEL 1)                10731/25

1.1.6   Watter vorm van ekonomiese integrasie sluit kenmerke van vryhandel
        en beskerming in?

        A    Invoervervanging
        B    Uitvoerbevordering
        C    'n Gewenste mengsel
        D    Internasionalisering

1.1.7   Wanneer 'n regering 'n ekonomiese integrasievorm aanneem wat beide
        die kenmerke van 'n gemeenskaplike mark en 'n enkele monetêre
        stelsel het, staan dit bekend as 'n ...

        A    gemeenskapsmark.
        B    doeane-unie.
        C    vryhandelsone.
        D    ekonomiese unie.

1.1.8   Watter van die volgende industriële ontwikkelingsaansporings is
        ontwerp om beleggings aan te moedig en werksgeleenthede in
        Suid-Afrika te skep deur buitelandse aktiwiteite te bevorder?

        A    Kritieke Infrastruktuurprogram (KIP)
        B    Dienste aan Besigheidsprosesse
        C    Buitelandse Beleggingstoelae (BBT)
        D    Strategiese Beleggingsprogram (SBP)                          (8 x 2)   (16)

                                                                                        b.o.

### Page 5

EKONOMIE                                  5
                                             (VRAESTEL 1)                10731/25

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                 KOLOM A                                KOLOM B
      1.2.1   Burokrasie               A   moedig banke aan om op 'n wenslike
                                           wyse op te tree
      1.2.2   Internasionale
              vergelyking              B   besteding deur firmas aan
                                           kapitaalgoedere
      1.2.3   Morele oorreding
                                       C   bevorder gelyke geleenthede vir almal
      1.2.4   Belegging
                                       D   uitbreiding van die vervaardigingsektor
      1.2.5   Valutabeheer                 van 'n ekonomie

      1.2.6   Wet op Gelyke            E   wat gekenmerk word deur te veel
              Indiensneming                papierwerk en reëls

      1.2.7   Nywerheidsontwikkeling   F   beperk die vloei van buitelandse valuta

      1.2.8   Handelsliberalisering    G die verwydering of vermindering van
                                         handelsbeperkings op handel tussen
                                         lande

                                       H   koop en verkoop van sekuriteite en
                                           effekte deur die Reserwebank

                                       I   ’n belangrike manier om 'n land se
                                           ekonomiese en sosiale ontwikkeling te
                                           meet
                                                                             (8 x 1)   (8)

                                                                                           b.o.

### Page 6

EKONOMIE                                6
                                                (VRAESTEL 1)               10731/25

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   Totale bedrag wat deur permanente inwoners van 'n land plaaslik en in
              die buiteland verdien word

      1.3.2   Pogings deur belangegroepe om regeringsbeleid of -besluite in hul
              guns te beïnvloed

      1.3.3   Die onttrekking van finansiële bates uit 'n land

      1.3.4   'n Landstreek wat 'n toegangspad tussen twee gebiede vorm

      1.3.5   'n Strategiese raamwerk wat deur die Suid-Afrikaanse regering
              ontwikkel is om nywerhede te laat groei en ontwikkel

      1.3.6   Die studie van bevolkingskenmerke, soos ouderdom, geslag,
              inkomste, opvoeding en etnisiteit                               (6 x 1)   (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:         30

                                                                                            b.o.

### Page 7

EKONOMIE                                   7
                                                  (VRAESTEL 1)                10731/25

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1    Noem TWEE tipes sakesiklusse.                                        (2 x 1)   (2)

     2.1.2    Waarom sou 'n afname in Suid-Afrikaanse uitvoere die waarde van die
              rand laat daal?                                               (1 x 2)          (2)

2.2 Bestudeer die model hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 DIE KRINGLOOP-MODEL

             Regerings-        Uitvoere (x)
             besteding (G)                                          Belegging (1)
                                         Verbruik (C)

         Huishoudings                                                     Firmas
                                              Inkome (V)

                                Invoere (m)
         Belasting (t)                                              Besparings(s)

                                                               [Aangepas uit STUDY MIND]

      2.2.1     Identifiseer die deelnemer wat die produksiefaktore in die model besit.      (1)

      2.2.2     Noem EEN reële vloei-item wat van huishoudings na firmas in die model
                beweeg.                                                                      (1)

      2.2.3     Beskryf kortliks die term geïnduseerde verbruik.                             (2)

      2.2.4     Hoe skep 'n toename in owerheidsbesteding 'n vermenigvuldiger-effek in
                die ekonomie?                                                                (2)

      2.2.5     Verduidelik hoe hoër belasting op huishoudings die totale besteding in
                die ekonomie sal beïnvloed.                                       (2 x 2)    (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 8

EKONOMIE                                  8
                                                (VRAESTEL 1)                 10731/25

2.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              Suid-Afrika teken grootste handelsoorskot in 6 maande aan

      Suid-Afrika het 'n handelsoorskot van ZAR 20,1 miljard in Mei 2024 aangeteken,
      aansienlik hoër as die afwaarts hersiene ZAR 9,68 miljard in die vorige maand.
      Dit was die grootste handelsoorskot in ses maande, aangesien uitvoere met
      5,7% oor 'n maand gestyg het tot 'n ses-maande piek van ZAR 178,4 miljard.
      Omgekeerd het invoere met 0,5% afgeneem tot ZAR 158,3 miljard, wat gelei het
      tot 'n verbetering in Suid-Afrika se handelsvoorwaardes (ruilvoet).
                                                       [Aangepas uit Trading Economics]

      2.3.1   Noem EEN debiet-item in die lopende rekening van die
              betalingsbalans.                                                             (1)

      2.3.2   Noem die lopende rekening-item wat donasies registreer.                      (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term direkte belegging.                                 (2)

      2.3.4   Hoe kan 'n lopende rekening-surplus die Suid-Afrikaanse ekonomie
              bevoordeel?                                                                  (2)

      2.3.5   Verduidelik die impak van die handelsbalans op die lopende
              rekeningbalans.                                                   (2 x 2)    (4)

2.4   Bespreek kortliks die noodsaaklikheid van die openbare sektor in die
      ekonomie.                                                                 (4 x 2)    (8)

2.5   Wat is die ekonomiese gevolge van stygende invoerpryse vir Suid-Afrikaanse
      verbruikers?                                                          (4 x 2)        (8)
                                                                                          [40]

                                                                                              b.o.

### Page 9

EKONOMIE                                          9
                                                 (VRAESTEL 1)                      10731/25

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE fiskale beleidsinstrumente om groei te bevorder.
                                                                           (2 x 1)                 (2)

      3.1.2   Hoe beïnvloed die WHO tariewe en belastings op ingevoerde goedere?
                                                                          (1 x 2)                  (2)

3.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg

                                           NASIONALE
                                          BEPLANNINGS-
                                           KOMMISSIE

            Die Medium-termyn                                   Teen 2030 moet daar:
         Strategiese Raamwerk is                             ŉ Verminderende getal
            ons hoof aksieplan                                persone, van 39% tot 0% wees
                                                              met ŉ maandelikse inkomste
                                                              van R419
                                                             ’n Vermindering van
                                                              ongelykheid, gemeet deur die
                                                              Gini-koëffisiënt, van 0,69 tot 0,6

                                                             Die NOP het ten doel om die
                                                              bereiking van ŉ ordentlike
                                                            lewenstandaard vir almal teen
                                                                  2030 te verseker.

                                      [Aangepas uit die Nasionale Beplanningskommissie]

      3.2.1   Identifiseer die hoof aksieplan van die Nasionale Ontwikkelingsplan
              (NOP), uit die inligting hierbo.                                                     (1)

      3.2.2   Watter regeringsliggaam is verantwoordelik vir die NOP?                              (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term Gini-koëffisiënt.                                          (2)

      3.2.4   Verduidelik die doel van die NOP.                                                    (2)

      3.2.5   Hoe kan die NOP armoede in Suid-Afrika verminder?                                    (4)

                                                                                                       b.o.

### Page 10

EKONOMIE                                    10
                                               (VRAESTEL 1)                 10731/25

3.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                    COEGA SPESIALE EKONOMIESE SONE (SES)

      Die Coega Ontwikkelingskorporasie (Coega) het met trots 'n groot hupstoot vir
      Suid-Afrika se motorsektor aangekondig met 'n beleggingsverklaring van
      R200 miljoen deur FAW Trucks Suid-Afrika (SA).

      Hierdie beduidende belegging herbevestig Coega SES se status as 'n
      strategiese spilpunt (hub) vir motorvervaardiging in Suid-Afrika. Deur
      werkskepping, ekonomiese stimulasie en die lok van verdere beleggings, sal
      hierdie vennootskap tussen Coega en FAW Trucks SA bydra tot die breër
      voorspoed van die Oos-Kaap en Suid-Afrika.
                     [Aangepas uit die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging]

      3.3.1   Identifiseer die provinsie waar die Coega SES geleë is, vanaf die             (1)
              uittreksel hierbo.
      3.3.2   Noem EEN ander SES buiten Coega.                                              (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term spesiale ekonomiese sone.                           (2)

      3.3.4   Verduidelik EEN voordeel van die Coega SES vir 'n besigheid soos
              FAW Trucks SA.                                                                (2)

      3.3.5   Hoe dra buitelandse direkte belegging (FDI) van FAW Trucks SA by tot
              Suid-Afrika se ekonomiese groei?                             (2 x 2)          (4)

3.4   Bespreek kortliks die volgende aanbodkantbeleid: Besigheidsdoeltreffendheid
      en die vermindering van die koste van sake doen                        (2 x 4)        (8)

3.5   Hoe kan ontwikkelende ekonomieë invoervervanging gebruik om ekonomiese
      groei te stimuleer?                                                                   (8)
                                                                                           [40]

                                                                                            b.o.

### Page 11

EKONOMIE                                    11
                                                 (VRAESTEL 1)                 10731/25

VRAAG 4:      MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1 Noem TWEE kenmerke van openbare sektor mislukking.                    (2 x 1)     (2)

      4.1.2 Hoe beïnvloed uitvoersubsidies staatsbesteding?                       (1 x 2)     (2)

4.2   Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       BELANGRIKSTE HANDELSOOREENKOMSTE TUSSEN SUID-AFRIKA EN
                        DIE RES VAN DIE WÊRELD

              TIPE                HANDELS-                  BEPALINGS VAN
           OOREENKOMS             PROTOKOL                   OOREENKOMS
                                                   Goedere en dienste beweeg vrylik
                                                   tussen lidstate, en hulle pas 'n
              Doeane-unie         SADU/SACU
                                                   gemeenskaplike eksterne tarief
                                                   toe op invoere van buite die blok.
              Vryhandels-                          Liberalisering van dienstehandel:
                                  SAOG/SADC
              ooreenkoms                           Protokol oor handel in dienste
                                                   Voorkeurtoegang tot die
           Nie-wederkerige
                                                   Amerikaanse mark deur laer
              Handels-               AGOA
                                                   tariewe of geen tariewe op
            ooreenkomste
                                                   geselekteerde produkte
                                                   'n Mylpaal-handelsooreenkoms
                                                   wat daarop gemik is om 'n enkele
              Vryhandels-
                                     AfcFTA        mark vir goedere en dienste
              ooreenkoms
                                                   regoor die Afrika-kontinent te
                                                   skep
                       [Aangepas uit die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging]

      4.2.1    Identifiseer die handelswet wat Suid-Afrikaanse produsente gunstige
               toegang tot markte in die Verenigde State (VSA) gee, vanaf die tabel           (1)
               hierbo.
      4.2.2    Noem EEN ander land, behalwe Suid-Afrika, wat 'n lid van SADU is.              (1)

      4.2.3    Beskryf kortliks die term handelsprotokol.                                     (2)

      4.2.4    Verduidelik hoe handelsliberalisering die volume van handel tussen
               lande beïnvloed.                                                               (2)

      4.2.5    Wat is die potensiële voordele van AfcFTA-lidmaatskap vir
               Suid-Afrikaanse besighede?                                                     (4)

                                                                                              b.o.

### Page 12

EKONOMIE                                      12
                                                (VRAESTEL 1)                 10731/25

4.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      [Aangepas uit die Nasionale Tesourie]

      4.3.1   Identifiseer die hoofbron van belastinginkomste vir die
              nasionale regering vanaf die tabel hierbo.                                       (1)

      4.3.2   Watter soort belastingstruktuur gebruik Suid-Afrika vir persoonlike
              inkomstebelasting?                                                               (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term begroting.                                             (2)

      4.3.4   Verduidelik die belangrikheid van aksynsbelasting op produkte soos
              alkohol en tabak.                                                                (2)

      4.3.5   Hoe beïnvloed regeringsbelasting verbruikersbesteding?                           (4)

4.4   Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.              (2 x 4)       (8)

4.5   Hoe help die Stelsel van Nasionale Rekeninge regerings om ekonomiese
      beleidsbesluite te neem?                                            (4 x 2)              (8)
                                                                                              [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               80

                                                                                               b.o.

### Page 13

EKONOMIE                               13
                                             (VRAESTEL 1)               10731/25

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                             PUNTE-
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                           TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
  ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraagonderwerp
      verband hou, te definieer.
                                                                             Maks. 2
  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
     Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
      bespreek.

 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
 Ondersoek/ Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
 Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die
                                                                            Maks. 26
 grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
 Assesseer/Debatteer
 ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/
 voorbeelde.

 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
 Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                            Maks. 10
 ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.

 Gevolgtrekking
 Enige hoër-orde gevolgtrekking behoort die volgende in te sluit:
  ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
  Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is               Maks. 2
  Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/analise
     versterk
  ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien gevra
  Aanbevelings
                                                                  TOTAAL       40

                                                                                       b.o.

### Page 14

EKONOMIE
                                                                                    14
                                             (VRAESTEL 1)              10731/25

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die kenmerke onderliggend aan vooruitskatting in besonderhede
    .                                                                  (26 punte)

   Hoe kan monetêre beleide gebruik word om skommelinge in die sakesiklusse
    glad te stryk?                                                    (10 punte)    [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                              40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die ekonomiese aanwysers in besonderhede.                 (26 punte)

   Wat kan regerings doen om die druk van hoë bevolkingsgroei op maatskaplike
    dienste te verminder?                                              (10 punte)   [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:         40

                                                                       TOTAAL:      150

                                         EINDE

## Related documents

- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
