# Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/82156011-b622-4b96-8541-259d76759f46
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/82156011-b622-4b96-8541-259d76759f46)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

-

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
         2025
          10732

        EKONOMIE

       (VRAESTEL 2)

                      TYD:     2 uur

                      PUNTE: 150

                      12 bladsye

                                       b.o.

### Page 2

EKONOMIE
                                                                                    2
                                               (VRAESTEL 2)              10732/25

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

     AFDELING A:      VERPLIGTEND
     AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde meer as die vereiste
     hoeveelheid sal NIE nagesien word NIE.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.

5.   Lees die vrae aandagtig deur.

6.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.   Laat 1 – 2 reëls tussen onderafdelings van vrae.

8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                        b.o.

### Page 3

EKONOMIE
                                                                                         3
                                                 (VRAESTEL 2)                 10732/25

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                         30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

    1.1.1   Watter van die volgende is 'n voorbeeld van 'n byna volmaakte mark in
            Suid-Afrika?
            A       Landboumarkte
            B       Die mobiele netwerk-operateurmark
            C       Die banksektor
            D       Die lugvaartbedryf

    1.1.2   Produkte van 'n monopolistiese mededinger is ...
            A       identies.
            B       homogeen.
            C       uniek.
            D       gedifferensieerd.

    1.1.3   In 'n monopolie markstruktuur is die toetrede van ’n nuwe firma …
            A       moontlik.
            B       geblokkeer.
            C       maklik.
            D       gratis.

    1.1.4   Om die mobiliteit van arbeid te verhoog, kan die regering ... instel.
            A       belastings
            B       armoede
            C       opleidingsprogramme
            D       inflasie

    1.1.5   'n Maatstaf wat prysveranderinge van alle finale goedere en dienste wat in
            'n jaar geproduseer word, volg, is:
            A       Alles-insluitende inflasie
            B       Stagflasie
            C       'n Ekonomiese aanwyser
            D       Totale inflasie

    1.1.6   Watter tipe land hou die mees onbenutte potensiaal vir toerismegroei in?
            A       Europese
            B       Ontwikkelde
            C       Ontwikkelende
            D       Australasiese

                                                                                             b.o.

### Page 4

EKONOMIE
                                                                                           4
                                             (VRAESTEL 2)                 10732/25

    1.1.7   Hoe noem ons die maatreëls wat toegepas word om ekostelsels se
            uitwissing te voorkom?
            A        Intervensie
            B        Bewaring
            C        Akkumulasie
            D        Beskerming

    1.1.8   Watter van die volgende sal die meeste onderhewig wees aan
            omgewingsbelasting?
            A        Landbou produkte
            B        Opvoedkundige dienste
            C        Verblyf dienste
            D        Motorbande                                                (8 x 2)     (16)

1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met 'n item in KOLOM A. Skryf
    slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
    ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                KOLOM A                                    KOLOM B
    1.2.1   Pareto-                 A    die eksklusiewe reg om 'n produk te
            doeltreffendheid             vervaardig

    1.2.2   Patent                  B    'n daling in die algemene prysvlak

    1.2.3   Mededingingstribunaal   C    hotelle, restaurante, parke en
                                         ontspanningsdienste
    1.2.4   Oligopolie
                                    D    verantwoordelik vir die bevordering van
    1.2.5   Deflasie                     mededinging

    1.2.6   Tersiêre sektor         E    eksklusiewe bemarkingsregte

    1.2.7   Koopkrag                F    geen individu kan beter daaraan toe wees
                                         sonder om 'n ander slegter daaraan toe te
    1.2.8   Bio-afbreekbaar              maak nie

                                    G    wat 'n geldeenheid kan koop

                                    H    'n paar verkopers oorheers die mark

                                    I    kan ontbind en in die omgewing
                                         geassimileer word
                                                                                 (8 x 1)       (8)

                                                                                               b.o.

### Page 5

EKONOMIE
                                                                                          5
                                               (VRAESTEL 2)                  10732/25

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die
      vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   Koste wat dieselfde bly ongeag die vlak van produksie-uitset

      1.3.2   Produkte wat in voorkoms, grootte en kwaliteit verskil

      1.3.3   Die minimum bedrag wat werkgewers wettiglik aan hul werkers mag betaal

      1.3.4   'n Verskeidenheid plant- en dierspesies wat in 'n sekere omgewing leef

      1.3.5   Buitensporige-inflasionêre toestande waar die algemene prysvlak met
              meer as 50% per maand styg

      1.3.6   'n Promosie strategie wat gebruik word om internasionale besoekers te lok
                                                                                (6 x 1)        (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:            30

                                                                                              b.o.

### Page 6

EKONOMIE
                                                                                           6
                                                (VRAESTEL 2)                  10732/25

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van openbare dienste wat positiewe
             eksternaliteite genereer.                             (2 x 1)                     (2)

     2.1.2   Waarom sou 'n firma in 'n volmaakte mark nie die prys van sy produk
             verhoog nie?                                                 (1 x 2)              (2)

2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    MAKSIMUM PRYSE

                         V                               A

             R 120                       E

              R 70

                         A                              V

                     0        50      100     150       HOEVEELHEID

                                                                       [Aangepaste bron]

     2.2.1   Identifiseer die maksimum prys wat in die grafiek getoon word.                    (1)

     2.2.2   Wat is die marktekort soos uitgebeeld in die grafiek?                             (1)

     2.2.3   Beskryf kortliks die term minimumprys.                                            (2)

     2.2.4   Verduidelik die voordeel van die vasstelling van prysvloer op goedere.            (2)

     2.2.5   Hoe kan verbruikers deur maksimum prysbeheer negatief beïnvloed word?
                                                                             (2 x 2)           (4)

                                                                                               b.o.

### Page 7

EKONOMIE
                                                                                              7
                                                (VRAESTEL 2)                 10732/25

2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      KOMMISSIE VERWELKOM TRIBUNAALBESLUIT OM DIE VOORGESTELDE
          SAMESMELTING TUSSEN VODACOM EN MAZIV TE VERBIED

     Die Mededingingskommissie verwelkom die besluit van die Mededingingstribunaal
     om die voorgestelde samesmelting tussen Vodacom (Edms) Bpk en Business
     Venture Investments (Maziv) te verbied. Die voorgestelde samesmelting sou daartoe
     gelei het dat die land se grootste mobiele operateur, Vodacom, 'n beherende belang
     in een van Suid-Afrika se grootste vesel-infrastruktuur-spelers, Maziv, verkry.
     Vodacom het ook vesel-bates (fiber) wat na Maziv oorgedra sou gewees het.
                                   [Aangepas uit Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika]

     2.3.1   Identifiseer die uitkoms van die samesmeltingsbesluit wat deur die
             Mededingingstribunaal geneem is uit die bostaande uittreksel.                        (1)

     2.3.2   Noem die instelling waaraan die Mededingingskommissie sy aanbevelings
             voorlê.                                                                              (1)

     2.3.3   Beskryf kortliks die term samesmelting.                                              (2)

     2.3.4   Waarom reguleer die regering samesmeltings?                                          (2)

     2.3.5   Bespreek kortliks die voordele van die Mededingingswet vir die Suid-
             Afrikaanse ekonomie.                                                 (2 x 2)         (4)

2.4 Onderskei tussen produktiewe doeltreffendheid en allokasiedoeltreffendheid.
                                                                                  (2 x 4)         (8)

2.5 Ondersoek waarom volmaak mededingende markte nie in realiteit bestaan nie.
                                                                            (4 x 2)            (8)
                                                                                              [40]

                                                                                                  b.o.

### Page 8

EKONOMIE
                                                                                             8
                                                 (VRAESTEL 2)               10732/25

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE                         40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1   Noem enige TWEE beleide wat gebruik word om inflasie te bestry.     (2 x 1)         (2)

     3.1.2   Watter effekte het lugbesoedeling op die omgewing?                  (1 x 2)         (2)

3.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            OMGEWINGSAGTERUITGANG

                                                                     [Bron: Google Prente]

     3.2.1   Noem EEN metode om besoedeling deur gevaarlike afval te verminder.                  (1)

     3.2.2   Noem die internasionale ooreenkoms wat op die beheer van gevaarlike afval
             fokus.                                                                              (1)

     3.2.3   Beskryf kortliks die term besoedeling.                                              (2)

     3.2.4   Verduidelik die effek van gronderosie op voedselproduksie in Suid-Afrika.           (2)

     3.2.5   Hoe beïnvloed gevaarlike afval die omgewing?                        (2 x 2)         (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 9

EKONOMIE
                                                                                                9
                                                   (VRAESTEL 2)               10732/25

3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                              [Aangepas uit travelnews.co.za]

     3.3.1   Identifiseer enige tipe toerisme wat in die inligting hierbo genoem word.              (1)

     3.3.2   Noem EEN voordeel van toerisme vir huishoudings.                                       (1)

     3.3.3   Beskryf kortliks die term toerisme.                                                    (2)

     3.3.4   Verduidelik die positiewe impak van toerisme op die omgewing.                          (2)

     3.3.5   Hoe kan toerisme help om werkloosheid te verminder?                    (2 x 2)         (4)

3.4 Bespreek kortliks die Produksieprysindeks en die Verbruikersprysindeks.         (4 x 2)         (8)

3.5 Ondersoek die omgewingsbekommernisse wat deur verbruikers oor die hoof gesien
    word wanneer hulle goedere en dienste koop.                            (4 x 2)               (8)
                                                                                                [40]

                                                                                                    b.o.

### Page 10

EKONOMIE
                                                                                                  10
                                                   (VRAESTEL 2)                 10732/25

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1   Noem enige TWEE eienskappe van openbare goedere.                          (2 x 1)     (2)

     4.1.2   Waarom maak 'n swakker rand Suid-Afrika 'n aantrekliker
             toeristebestemming?                                                      (1 x 2)      (2)

4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         KOSTE-VOORDEEL-                            VOORDELE EN KOSTE
             ANALISE
                                               • Besoedeling
     As gevolg van vloede is baie
     paaie     weggespoel.    Die
     regering oorweeg dit om 'n                • Vestiging van nuwe besighede
     nuwe pad te bou wat R100
     miljoen sal kos.
                                               • Padkonstruksietoerusting
     'n Tolhek sal geïnstalleer word
     om van die koste te verreken.
     Daarbenewens sal eksterne                 • Werkgeleenthede tydens konstruksie
     koste en voordele in ag
     geneem moet word wanneer 'n
     finale besluit geneem word.
                                                                  [Aangepas uit Financial Mail]

     4.2.1   Identifiseer EEN private koste uit die inligting hierbo.                                  (1)

     4.2.2   Noem EEN tipe instelling wat 'n koste-voordeel-analise vir besluitneming
             gebruik.                                                                                  (1)

     4.2.3   Beskryf kortliks die term koste-voordeel-analise.                                         (2)

     4.2.4   Hoe kan tolgeldinvordering bydra tot die haalbaarheid van 'n nuwe
             padprojek?                                                                                (2)

     4.2.5   Waarom is dit belangrik om die omgewingskoste in te sluit wanneer 'n nuwe
             padprojek geëvalueer word?                                         (2 x 2)                (4)

                                                                                                    b.o.

### Page 11

EKONOMIE
                                                                                                11
                                                      (VRAESTEL 2)             10732/25

4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             STAGFLASIE: SUID-AFRIKA NOG NIE UIT DIE GEVAARSONE NIE
     Vroeër vandeesmaand het die
     Internasionale Monetêre Fonds (IMF)
     bevestig wat baie reeds gevoel het:
     “Die ergste lê nog voor.”

     In sy Wêreldekonomiese Vooruitsig
     het die IMF voorspel dat wêreldwye
     groei tot 2,7% in 2023 sou
     verlangsaam, 0,2 persentasiepunte
     laer as wat in Julie geprojekteer is, met
     'n 25% waarskynlikheid dat dit onder
     2% kan daal.
                                                               [Aangepas uit Mail & Guardian]

     4.3.1    Identifiseer die groeikoers wat deur die IMF in die teks voorspel word.                (1)

     4.3.2    Noem EEN metode wat gebruik word om inflasie te meet.                                  (1)

     4.3.3    Beskryf kortliks die term stagflasie.                                                  (2)

     4.3.4    Verduidelik waarom die IMF die inflasietendense in lande regoor die wêreld
              dophou.                                                                                (2)

     4.3.5    Waarom is dit moeilik om inflasie te beheer tydens periodes van lae
              ekonomiese groei?                                            (2 x 2)                   (4)

4.4 Vergelyk 'n volmaakte mark met 'n monopolistiese mark in terme van marktoegang
    en aard van die produk.                                                 (4 x 2)                  (8)

4.5 Hoe kan minder bekende bestemmings bemark word om meer toeriste te lok?
                                                                     (4 x 2)                      (8)
                                                                                                 [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:          80

                                                                                                 b.o.

### Page 12

EKONOMIE                                      12
                                                   (VRAESTEL 2)                10732/25

AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
                                                                                      PUNTE
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                    TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
  ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoof-konsep wat met die vraag-onderwerp
     verband hou te definieer.
                                                                                       Maks. 2
  MOENIE enige deel van die vraag in die inleiding insluit NIE.
  MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
 Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/ Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
                                                                                      Maks. 26
Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die
grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/ Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/ voorbeelde.

Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/Lei
af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor                                     Maks. 10
ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite.
Gevolgtrekking
Enige gevolgtrekking van hoër orde moet insluit:
  ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is, te
    herhaal
  Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is                         Maks. 2
  Bykomende ondersteunings-inligting om bespreking/ analise te versterk
  ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
 Aanbevelings
                                                                          TOTAAL            40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in besonderhede die faktore wat tot die wanallokasie van hulpbronne in die
    mark lei.                                                                                    (26)
   Hoe kan die negatiewe gevolge van minimumlone vir eerste-keer werksoekers versag
    word?                                                                                        (10)
                                                                                                 [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE                             40 PUNTE – 40 MINUTE
   Ondersoek in besonderhede die gevolge van inflasie.                                           (26)
   Hoe beïnvloed die invloei van buitelandse direkte beleggings inflasie in Suid-Afrika?        (10)
                                                                                                 [40]
                                                                    TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                                   TOTAAL:        150
                                              EINDE

## Related documents

- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Economics · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
