# Economics Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/d2034450-50b6-403b-b9b4-ac346f25cb53
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/d2034450-50b6-403b-b9b4-ac346f25cb53)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                    EKONOMIE V1

                                  NOVEMBER 2025

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                                      2                               DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

BEGINSELS VIR DIE NASIEN VAN EKONOMIE – NSS OKT/NOV 2025

Die volgende nasienbeginsels is ontwikkel om nasien in alle provinsies te standaardiseer.

NASIEN
• ALLE vrae en antwoorde in kandidate se skrifte MOET nagesien word, ongeag of dit korrek of
   verkeerd is.
• Waar antwoorde meer is as wat die instruksies vereis, moet die volgende geld:
   ➢ In afdeling A, waar kandidate TWEE antwoorde gee, moet die eerste antwoord nagesien word.
   ➢ In afdeling B, (2.1.1, 3.1.1 en 4.1.1) merk die eerste TWEE antwoorde en dui aan M 2 vir
       antwoorde wat meer is as wat die vraag vereis het.
   ➢ In afdeling B, data-antwoordvrae wat 'n spesifieke aantal antwoorde vereis (bv. 2.2.1 en 2.2.2),
       merk die eerste antwoord en dui aan M 1 vir antwoorde wat oortollig is.
   ➢ In afdeling B en C (keusevrae), dui aan EKSTRA op vrae bo die vereiste aantal.
   ➢ Waar die maksimum punte vir 'n spesifieke afdeling toegeken is, merk al die antwoorde tot by
       die maksimum punte vir die vraag en dui óf M 2 óf M 8 óf M 10 óf M 26 aan. Trek daarna 'n lyn
       aan die regterkant van die antwoorde wat oortollig is.
• 'n Duidelike, netjiese regmerkie moet gebruik word:
   ➢ Indien EEN punt toegeken word, moet EEN regmerkie gebruik word:✓
   ➢ Indien TWEE punte toegeken word, moet TWEE regmerkies gebruik word:✓✓
   ➢ Die regmerkie moet geplaas word by die FEIT waarvoor 'n punt toegeken word.
   ➢ Regmerkies moet KLEIN gehou word, aangesien verskeie vlakke van moderering kan plaasvind.
• Verkeerde antwoorde moet met 'n duidelike, netjiese kruisie gemerk word:
   ➢ Gebruik een kruisie op elke verkeerde antwoord in vrae waar kandidate meer as een antwoord
       moet gee.
   ➢ Probeer om NIE die kandidate se antwoorde te onderstreep nie.
 • Vir die volgende aksiewoorde is EEN-woord antwoorde aanvaarbaar: lys, noem, identifiseer
 • Vir die volgende aksiewoorde moet 'n VOLLE sin geskryf word: beskryf, verduidelik, evalueer,
    ontleed, stel voor, onderskei, definieer, bespreek, waarom, hoe
 • Die volgende aksiewoorde moet binne hul konteks gelees word om te bepaal of 'n EEN-woord
    antwoord of 'n VOLLE sin vereis word: verskaf, wat, tabuleer, identifiseer en gee.
 • Waar kandidate 'n grafiek moet teken, merk die grafiek volgens 'n merkrubriek wat in die amptelike
    nasienriglyne verskaf word.
 • Waar kandidate berekeninge moet doen, sal die finale antwoord nie noodwendig volpunte kry nie.
    3 punte word toegeken vir die berekeninge en1 punt vir die finale antwoord.

LET OP DIE VOLGENDE
 • Indien die nommering verkeerd is of weggelaat is, kan kandidate gekrediteer word solank die
    volgorde van antwoorde op vrae gevolg word.
 • Waar daar spelfoute is, ken die punte toe mits die betekenis korrek is.
 • Gee aandag aan die betekenis van antwoorde, wat op 'n ander manier gestel kan word.
 • In meerkeusevrae waar 'n letter die aanvaarde antwoord is, maar die leerder die werklike antwoord
    skryf - ken punte toe.
 • Daar sal 'n bylaag tot die nasienriglyne wees vir die nasien van sekere vrae.

TOTAAL EN OORDRAG VAN PUNTE
• Die subtotaal vir elke subvraag moet aan die regterkantse kantlyn aangeteken word.
  ➢ Vraag 1 in Afdeling A het DRIE onderafdelings en DRIE subtotale moet in die regterkantlyn
      aangeteken word.
  ➢ Vrae in Afdeling B het VYF onderafdelings en VYF subtotale moet in die regterkantlyn
      aangeteken word.
  ➢ Subtotale moet leesbaar geskryf word en spasie vir gemodereerde punte op die regterkantlyn
      laat.
• Die totale punt vir elke vraag moet in die boonste linkerkantlyn langs die vraagnommer aangeteken
   word en na die voorblad van die antwoordboek oorgedra word.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V1                                  3                            DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

          1.1.1      A – endogene verduideliking van 
          1.1.2      B – 1 
          1.1.3      D – burokrasie 
          1.1.4      C – absolute
          1.1.5      D – spesifieke 
          1.1.6      B – progressiewe 
          1.1.7      A – Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
          1.1.8      C – 15 en 64                                                (8 x 2)       (16)

 1.2      PASITEMS

          1.2.1      G – die bedrag geld bestee op finale goedere en dienste
                         binne 'n land

          1.2.2      I – dui die algemene rigting waarin die ekonomie beweeg aan

          1.2.3      E – bestaan uit 'n drie-jaar aaneenlopende uitgawe en inkome
                         vooruitskatting van die owerheid

          1.2.4      A – die waarde van 'n geldeenheid word deur die kragte van
                         vraag en aanbod bepaal

          1.2.5      B – ontwikkelende lande ondergaan vinnige ekonomiese groei en
                         industrialisasie 

          1.2.6      F – veranderinge in rentekoerse en geldvoorsiening om die
                         ekonomie te beïnvloed

          1.2.7      D – 'n streek wat aktiwiteite konsentreer en fasiliteer binne 'n
                          bepaalde sektor

          1.2.8      C – die verhouding tussen reële uitset en faktorinset         (8 x 1)      (8)

 1.3      GEE DIE TERM

          1.3.1      Resessie
          1.3.2      Laffer-kromme 
          1.3.3      Internasionale handel/ Buitelandse handel
          1.3.4      Beskerming 
          1.3.5      Grondrestitusie 
          1.3.6      Demografiese aanwyser                                         (6 x 1)      (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V1                                      4                             DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE             van     die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1      Beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1      Gee enige TWEE voorbeelde van leidende aanwysers.

                     •   Vakature advertensiespasie
                     •   Aantal bouplanne goedgekeur
                     •   Aantal voertuie verkoop
                     •   Netto goud en ander buitelandse reserwes
                     •   Reële handelsware uitvoere
                     •   Nuwe maatskappye geregistreer
                     •   Gouderts gemaal
                     •   Rentekoerse verspreiding
                     •   Saamgestelde leidende sakesiklus aanwysers vir Suid-Afrika se
                         vernaamste handelsvennoot-lande
                     •   Kommoditeitspryse-indeks vir Suid-Afrika se belangrikste
                         uitvoerkommoditeit (gebaseer op Amerikaanse dollar)
                     •   Gemiddelde ure per fabriekwerker in vervaardiging gewerk (halwe
                         gewig) 
                     •   Volume van bestellings in vervaardiging (halwe gewig)
                     •   Sakevertroue-indeks
                     •   Reële M1
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (2 x 1)             (2)

          2.1.2      Hoe kan die owerheid niebetalers van die verbruik van openbare
                     goedere uitsluit?

                     • Die owerheid kan gebruikstariewe/ fooie/ heffings hef vir die gebruik
                       van kollektiewe goedere, soos stadions en nasionale paaie.
                     • Die owerheid kan belasting gebruik om te verhoed dat niebetalers               (2)
                       openbare goedere verbruik deur almal te dwing om finansieel by te
                       dra.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (1 x 2)

 2.2      DATARESPONS

          2.2.1      Identifiseer die item in die tabel hierbo wat die koop van aandele
                     aanteken.

                     Netto portefeulje-investering                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V1                                    5                         DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

          2.2.2      Noem die subrekening van die betalingsbalans wat transaksies
                     aanteken wat met skuldvergewing verband hou.

                     Kapitaaloordragrekening                                                   (1)

          2.2.3      Beskryf kortliks die term direkte investering.

                     'n Belegging in vaste eiendom en die verkryging van 'n betekenisvolle
                     aandeel (10%+) of beheer van sodanige besigheid / Dit sluit
                     transaksies wat verband hou met beleggings in buitelandse besighede
                     en vaste eiendom in.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

          2.2.4      Verduidelik die doel van onaangetekende transaksies in die
                     betalingsbalans.

                     Om voorsiening te maak vir foute en weglatings         in terme van
                     tydsberekening, dekking en waardasie.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

          2.2.5      Gebruik die inligting hierbo om te bepaal of daar 'n toename of
                     afname in die reserwebates (A) is. Toon ALLE berekeninge.

                     Saldo op Finansiële Rekening                         62 869
                     Min: Saldo op finansiële rekening reserwebates
                           uitgesluit                                     63 066 
                     =     Reserwebates                                    -197

                                                       OF

                     Reserwebates        = 62 869 – 13 481 – 4 311 + 23 349 – 68 622
                                         = -197

                     Daar is 'n toename in reserwebates,         omdat die waarde van
                     reserwebates 'n negatiewe teken (-) het.                                   (4)

 2.3      DATARESPONS

          2.3.1        Identifiseer in die grafiek hierbo die vlak van inflasie waar die
                       werkloosheidskoers 10% is.

                       6%                                                                       (1)

          2.3.2        Gee die konsep wat verband hou wat met die vlak van
                       werkloosheid waar die inflasiekoers nul is.

                       Natuurlike werkloosheidskoers/                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V1                                 6                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

          2.3.3      Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma in
                     verband met sakesiklusse.

                     Dit is die gladstryking van sakesiklusse (die bereiking van
                     prysstabiliteit) deur   die    gebruik    van   vraagkant- en
                     aanbodkantbeleide./ Dit is moontlik om ekonomiese groei te
                     bevorder sonder om inflasie uit te lok deur vraagkant- en
                     aanbodkantbeleide te gebruik. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

          2.3.4      Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie
                     soos deur die grafiek geïllustreer.

                     Daar is 'n inverse/ afruilende/ negatiewe verhouding tussen
                     werkloosheid en inflasie
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

          2.3.5      Hoe kan die owerheid doeltreffendheid van markte in die
                     ekonomie verbeter?

                     •  Die owerheid moet wette en regulasies verwyder (deregulering)
                        om die buigsaamheid van markte te verbeter.
                     • Moedig mededinging aan deur die stigting van nuwe besighede
                        te bevorder, buitelandse direkte investerings uit te nooi en
                        magwanbalanse te verwyder.
                      • Gelykmaking van die speelveld om te verseker dat alle
                         markdeelnemers gelyke geleenthede het en geen besigheid
                         onregverdig benadeel word nie.                 (2 x 2)              (4)
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V1                                 7                         DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 2.4      Bespreek kortlik volle indiensneming en ekonomiese gelykheid as makro-
          ekonomiese doelwitte van die owerheid.

          Volle indiensneming
          • Volle indiensneming is wanneer alle mense wat werk soek in diens geneem
             word. 
          • Die doel van die owerheid is om ordentlike en volhoubare
             werksgeleenthede te skep 
          • Indiensnemingskoers word gemeet as die persentasie van die ekonomiese
             aktiewe bevolking (EAB) wat in diens is. 
          • Op die kort termyn, kan indiensneming verhoog word deur direkte
             indiensnemingskemas en subsidies, soos jeugindiensneming-subsidies te
             gebruik.
          • Op die mediumtermyn, kan die owerheid arbeidsintensiewe aktiwiteite
             ondersteun, veral in landbousektor en om investeringaansporings aan
             besighede in nywerhede te bied wat baie mense in diens neem, soos die
             vervaardigingsbedrywe. 
          • Op die langtermyn kan die owerheid kennis- en kapitaalintensiewe-sektore
             ondersteun om mededingend te bly of die gehalte van onderwys en
             opleiding om die indiensneembaarheid van die toekomstige arbeidsmag te
             verhoog.                                                       (2 x 2)

          Ekonomiese gelykheid
          • Ekonomiese gelykheid verwys na 'n situasie waar die hulpbronne van die
            ekonomie eweredig onder die bevolking versprei word.
          • Inkomste word meer eweredig versprei wanneer die Gini-koëffisiënt minder
            as 0,5 is.
          • Die verdeling van inkomste in die ekonomie is nie regverdig nie, aangesien
            sommige mense 'n groot hoeveelheid geld verdien terwyl andere minder
            verdien.
          • In SA is die inkomstegaping steeds hoog, soos blyk uit die Gini-koëffisiënt
            van bo 0,6.
          • Die owerheid kan inkomste deur die progressiewe belastingstelsel
            herverdeel.
          • Progressiewe belasting beteken dat hoër inkomsteverdieners 'n hoër
            belastingkoers betaal.
          • Die owerheid kan die armes met gratis basiese onderwys, gratis basiese
            gesondheidsorg, maatskapliketoelae, gratis dienste en subsidies help.
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                   (2 x 2)
            ('n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
            voorbeelde)                                                                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V1                                 8                           DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 2.5      Hoe kan die appresiasie van die rand die Suid-Afrikaanse ekonomie
          beïnvloed?

          Positiewe uitwerking
          • Die invoer van produksie-insette soos ru-olie, landbou-chemikalieë en
            voertuigonderdele sal goedkoper word, wat kostedrukinflasie sal
            bekamp.
          • Laer koste van die invoer van produksie-insette kan binnelandse produksie
            verhoog, wat ekonomiese groei stimuleer en pryse vir goedere en dienste
            sal verlaag 
          • Buitelandse beleggers kan aangetrokke wees om meer in die ekonomie te
            belê aangesien 'n sterker rand die opbrengs op hul beleggings verhoog.
          • Invoerbetalings sal afneem, wat welsyn kan verhoog, aangesien meer
            hulpbronne gebruik kan word om meer uitvoere te produseer om die hoër
            invoerkoste te finansier.
          • Uitvoerverdienste sal toeneem, wat tot 'n verbetering in handelsbalans tot
            gevolg sal lei.
          • Op die korttermyn, sal die ruilvoet verbeter aangesien die pryse van uitvoere
            hoër as die invoerpryse sal wees.
          • Uitgaande toerisme-aktiwiteite sal toeneem namate meer Suid-Afrikaanse
            toeriste ander lande sal besoek as gevolg van die sterker rand.

          Negatiewe uitwerking
          • Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere soos basismetaal en
             mineraalprodukte sal afneem namate dit relatief duurder raak.
          • Plaaslike besighede sal in terme van winste ly omdat hul produkte minder
             mededingend in wêreldmarkte raak.
          • Werkloosheidsvlakke kan styg aangesien plaaslike besighede gedwing sal
             word om hul produksie te verminder as gevolg van verminderde
             uitvoere.
          • Inkomende toerisme-aktiwiteite sal afneem aangesien minder toeriste die
             land besoek as gevolg van die sterker rand.
          • Betalingsbalanstekorte sal toeneem namate minder goedere uitgevoer
             word terwyl meer goedere ingevoer word as gevolg van 'n sterker
             geldeenheid.
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                (4 x 2)          (8)
            ('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/                [40]
             voorbeelde)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V1                                    9                      DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 30 MINUTE
 3.1      Beantwoord die volgende vrae.
          3.1.1      Noem enige TWEE internasionale organisasies wat lidland
                     vereis om ekonomiese en sosiale aanwysers te standaardiseer.

                     •   Internasionale Monetêre Fonds
                     •   Wêreldbank
                     •   Verenigde Nasies
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (2 x 1)       (2)
          3.1.2      Hoe kan uitvoerbevordering tot ekonomiese groei lei?

                     Uitvoersubsidies en aansporings kan die produksie van goedere en
                     dienste vir uitvoere aanmoedig, wat die bruto binnelandse produk
                     verhoog en ekonomiese groei stimuleer.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (1 x 2)        (2)
 3.2      DATARESPONS
          3.2.1      Identifiseer in die grafiek hierbo die dienste waaraan die
                     huishoudings die laagste toegang het.

                     Vullisverwydering                                                       (1)
          3.2.2      Noem die sosiale aanwyser wat verband hou met die migrasie
                     van mense van plaaslike na stedelike gebiede.

                     Verstedeliking                                                          (1)
          3.2.3      Beskryf kortliks die term sanitasie.

                     Die voorsiening van fasiliteite en dienste, soos toilette,
                     vullisverwydering en rioolstelsel, om veilige wegdoening van
                     menslike afval te verseker, higiëne en skoon omgewing, om mense
                     se gesondheid te beskerm.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)
          3.2.4      Verduidelik die impak van 'n toename in bevolking op 'n land se
                     arbeidsmag.

                     •   'n Toename in die bevolking verhoog die aantal mense wat
                         beskikbaar is om te werk, wat die arbeidsmag verhoog.
                     •   'n Toename in die aanbod van arbeid kan tot laer lone en
                         salarisse vir die arbeidsmag lei.
                     •   'n Groter bevolking bring 'n verskeidenheid vaardighede en
                         ervarings na die arbeidsmark.
                     •   'n Groeiende bevolking kan werkloosheid veroorsaak omdat daar
                         dalk nie genoeg werk, vir almal wat werk soek is nie. 
                     •   Die gaping in sosiale en ekonomiese ongelykhede kan
                         verbreed, aangesien sommige groepe nie toegang tot
                         onderwys, opleiding en werksgeleenthede kan kry nie.
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V1                                10                           DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

          3.2.5      Hoe kan toegang tot skoon water 'n land se ekonomiese
                     prestasie verhoog?

                     • Skoon water help om siektes te voorkom, en hou sodoende
                       werkers       gesond,    verminder     siekdae   en     verhoog
                       produktiwiteit.
                     • Toegang tot skoon water bevorder gereelde skoolbywoning wat
                       tot 'n beter opgeleide arbeidsmag met hoër potensiale verdienste
                       lei.
                     • Toegang tot skoon water kan toeriste na die land lok, wat
                       ekonomiese aktiwiteit verhoog.
                     • Lande met betroubare voorsiening van skoon water is meer
                       aantreklik vir besighede wat wil belê.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)       (4)

 3.3      DATARESPONS

          3.3.1      Identifiseer in die uittreksel hierbo die handelsooreenkoms wat
                     beoog om Suider-Afrika se maatskaplike en ekonomiese
                     raamwerk te herbou en ontwikkel.

                     Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap / SAOG                         (1)

          3.3.2      Noem die internasionale organisasie wat vryhandel fasiliteer.

                     Wêreldhandelsorganisasie/ WHO                                            (1)

          3.3.3      Beskryf kortliks die term handelsliberalisering.

                     Die afskaffing van owerheidsinmenging in handelsvloei aan beide
                     die invoer en uitvoerkant/ Die verwydering van handelbeperkinge
                     soos tariewe en kwotas op uitvoere en invoere om vrye vloei van
                     goedere en dienste tussen lande toe te laat.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

           3.3.4     Verduidelik 'n voordeel van die Wet op Groei en Geleenthede in
                     Afrika (AGOA) vir Suid-Afrika.

                     • Plaaslike produsente mag belastingvrye toegang op hul uitvoere
                       na die VSA- mark geniet, wat hul goedere meer mededingend
                       maak.
                     • AGOA bevorder nywerheidsgroei en diversifikasie in Suid-
                       Afrika.
                     • Toename in uitvoerproduksie kan tot 'n toename in
                       indiensneming in Suid-Afrika lei.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V1                                11                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

          3.3.5      Hoe kan storting produsente in invoerlande beïnvloed?

                     •  Produsente in invoerlande kan onregverdige mededinging in die
                        gesig staar, aangesien buitelandse ondernemings hul produkte
                        teen baie lae pryse verkoop.
                     • Plaaslike produsente mag gedwing word om bedrywighede te
                        sluit weens lae vraag na hul produkte.
                     • Besighede in invoerlande kan gedwing word om hul pryse te
                        verlaag om by pryse van buitelandse produkte te pas, wat tot lae
                        winsgrense kan lei.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)         (4)

 3.4      Bespreek      kortliks      die       Breëbasis-Swart    Ekonomiese
          Bemagtigingprogramme          (BBSEB)         en    die    Nasionale
          Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS) as Suid-Afrikaanse groei en
          ontwikkelingsbeleide en strategiese inisiatiewe.

          Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtigingprogramme (BBSEB)
          •    BBBEE bevorder inklusiewe ekonomiese deelname vir swart Suid-
               Afrikaners om historiese ongelykhede aan te spreek. 
          •    Die strategie bied 'n regsbasis vir die transformasie van die Suid-
               Afrikaanse ekonomie. 
          •    Die doelwitte is herstel en regstellende aksie in die werkplek- en
               besigheidsomgewings. 
          •    BBBEE bevorder groei en ontwikkeling deur voorkeurverkryging,
               ondernemingsontwikkeling,      vaardigheidsontwikkeling,  en     die
               bevordering van eienaarskap en bestuur. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)

          Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
          • Die NVOS het ten doel om die vaardighede van die Suid-Afrikaanse
            arbeidsmag te verbeter om ekonomiese behoeftes te bevredig,
            werkloosheid te verminder en gelykheid te bevorder. 
          • Die NVOS is bedoel om onderwys en opleiding in Suid-Afrika radikaal te
            transformeer.
          • Die strategie identifiseer en bied opleiding vir vaardighede wat in hoë
            aanvraag is om ekonomiese produktiwiteit te verhoog. 
          • Die NVOS verbeter die kwaliteit opleidingsprogramme deur vennootskappe
            tussen opvoedkundige instellings, werkgewers en SOOO’s (SETA’s). 
          • Die strategie fokus daarop om vaardigheidsverkrygingsgeleenthede aan
            histories benadeelde groepe te bied om rasse- en geslagsongelykhede in
            die arbeidsmag te transformeer.                                (2 x 2)
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
            ('n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
            voorbeelde)                                                                        (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V1                                  12                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 3.5      Hoe kan veranderinge in die verskillende ekonomiese aanwysers gebruik
          word om verbetering in die prestasie van die ekonomie te toon?

          •   'n Afname in die Verbruikersprysindeks (VPI) toon laer lewenskoste in die
              ekonomie, wat 'n toename in vraag vir goedere en dienste veroorsaak.
          •   'n Daling in die Produsenteprysindeks (PPI) dui op laer produksiekoste en
              moedig die produksie van meer goedere en dienste aan.
          •   'n Verbetering in die ruilvoet beteken dat Suid-Afrika meer inkomste uit
              uitvoere kry, wat gebruik word om invoeruitgawes te finansier, wat
              ekonomiese stabiliteit op die kort termyn versterk.
          •   'n Verbeterde ruilvoet kan 'n surplus in die lopende rekening weerspieël, wat
              as maatstaf vir 'n gesonde ekonomie dien.
          •   'n Hoër indiensnemingskoers weerspieël ekonomiese stabiliteit wat
              verbruikersbesteding,     belastinginkomste       en    ekonomiese     groei
              bevorder.
          •   Hoër arbeidsproduktiwiteit dui op verbeterde ekonomiese doeltreffendheid,
              mededingendheid en BBP-groei.
          •   Laer rentekoerse moedig besteding en investering aan om ekonomiese
              aktiwiteite te bevorder.
          •   Hoër rentekoerse beperk inflasie en lok buitelandse investering wat tot 'n
              toename in ekonomiese groei sal lei.
          •   'n Swakker wisselkoers beteken dat uitvoere goedkoper en meer
              mededingend in die wêreldmarkte sal word, wat die handelsbalans van die
              lopende rekening verbeter.
          •   'n Sterker wisselkoers toon dat die land minder vir invoere sal betaal, wat
              inflasie verminder.
          •   'n Toename in geldvoorraad (M1, M2 en M3) weerspieël hoër likiditeit,
              uitbreiding van kredietbeskikbaarheid en 'n hupstoot van
              korttermynbesteding. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (4 x 2)      (8)
              ('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
              voorbeelde)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V1                                 13                        DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1      Beantwoord die volgende vrae.

          4.1.1      Noem enige TWEE vraagredes vir internasionale handel.

                     •   Grootte van die bevolking
                     •   Inkomstevlakke
                     •   Verandering in die welvaart van die bevolking
                     •   Voorkeure en smake
                     •   Die verskil in verbruikerspatrone
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (2 x 1)      (2)

          4.1.2      Hoe kan geletterdheidsvlakke in ontwikkelende lande verbeter
                     word?

                     • Die owerheid moet meer skole bou en toegang tot onderwys
                       verhoog.
                     • Implementeer beleide en programme wat leerders aanmoedig
                       om met betekenis op laerskoolvlak te lees.
                     • Maak befondsing vir alle gemarginaliseerde gemeenskappe
                       beskikbaar en toeganglik.
                     • Implementeer beleide wat dit verpligtend maak vir alle kinders
                       om skool by te woon.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (1 x 2)       (2)

 4.2      DATARESPONS

          4.2.1      Identifiseer in die spotprent hierbo EEN faktor wat tot swak
                     openbaresektor-voorsiening bydra.

                     Aanspreeklikheid                                                       (1)

          4.2.2      Noem die soort openbare goedere wat gratis verskaf word.

                     Gemeenskapsgoedere                                                     (1)

           4.2.3     Beskryf kortliks die term openbaresektor-mislukking.

                     •  Openbaresektor-mislukking is wanneer die owerheid nie daarin
                        slaag om die ekonomie en die hulpbronne onder sy beheer
                        optimaal te bestuur nie.
                     • Vind plaas wanneer die owerheid versuim om openbare goedere
                        in die verlangde hoeveelhede en gehalte te voorsien.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Ekonomie/V1                                 14                         DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

          4.2.4      Verduidelik die uitwerking van 'n styging in Belasting op
                     Toegevoegde Waarde (BTW) op besighede.
                     •   Besighede kan bykomende koste aangaan wanneer hulle die
                         pryse van goedere en dienste wat aan BTW gekoppel is,
                         aanpas.
                     •   Besighede kan gekonfronteer met laer vraag na goedere en
                         dienste, wat tot 'n afname in verkoopsinkomste kan lei. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (2)

          4.2.5      Hoe kan die privatisering van parastatale positief die owerheid
                     beïnvloed?
                     • Privatisering verminder die fiskale las en staatslenings,
                       aangesien die verkoop van openbare bates aan die private
                       sektor, bykomende inkomste vir die owerheid genereer.
                     • Die belastingbasis vir die owerheid kan uitbrei, wat
                       belastinginkomste sal verhoog en tot groter finansiële vermoë
                       lei, om ander dienste te lewer.
                     • Privatisering help die owerheid om ontwikkelingsdoelwitte, soos
                       swart ekonomiese bemagtiging deur verhoogde eienaarskap en
                       beheer van besighede deur die voorheen benadeelde groepe, te
                       bereik.
                     • Privatisering    van    staatsbeheerde   ondernemings       kan
                       onmiddellike inkomste vir die owerheid genereer, wat gebruik
                       kan word om staatsskuld te verminder.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (2 x 2)       (4)
 4.3      DATAREPONS

          4.3.1      Identifiseer in die uittreksel hierbo 'n sosio-ekonomiese
                     probleem wat deur die Uitgebreide Openbare Werke-program
                     aangespreek word.
                     Werkloosheid                                                            (1)
          4.3.2      Noem die groei en ontwikkelingsbeleid wat beoog om armoede
                     uit te skakel en ongelykhede teen 2030 te verminder
                     Nasionale Ontwikkelingsplan/ NOP                                        (1)

          4.3.3      Beskryf kortliks die term arbeidsintensief.
                     Prosesse of take wat meer menslike pogings as kapitaal verg om
                     goedere en dienste te produseer.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)
           4.3.4     Verduidelik die impak van swak infrastruktuur op ekonomiese
                     groei.
                     •   Swak infrastruktuur, soos verouderde padnetwerke kan die
                         verspreiding van produksie-insette en finale goedere ontwrig,
                         wat tot lae produksie en afname in ekonomiese groei lei.
                     •   Swak infrastruktuur kan buitelandse en binnelandse investering
                         ontmoedig, wat die produksievermoë van die ekonomie beperk

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Ekonomie/V1                                 15                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

                       omdat dit duur sal wees vir entrepreneurs om hul besighede te
                       bedryf.
                     • Gebrekkige energievoorsiening sal veroorsaak dat besighede
                       minder produksie produseer, wat ekonomiese groei
                       verminder.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

          4.3.5      Hoe kan die Uitgebreide Openbare Werke-program help om die
                     lewenstandaard te verbeter?

                     • Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP) bied tydelike
                       werkgeleenthede wat 'n inkomstebronne vir die benadeelde
                       huishoudings skep.
                     • UOWP bied geleenthede vir vaardigheidsontwikkeling sodat die
                       deelnemers in die arbeidsmark opgeneem kan word.
                     • UOWP dra tot armoedeverligting by deur huishoudings toe te laat
                       om klein besighede te begin met behulp van vaardighede wat
                       verkry is.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (2 x 2)           (4)

 4.4      Bespreek kortliks spesialisasie en innovasie ten gunste van vryhandel.

          Spesialisasie
          • Vergelykende voordeel wys dat wêreldproduksie verhoog kan word as
            lande spesialiseer in wat hulle relatief goed kan produseer. 
          • As lande spesialiseer, sal die goedere waarvoor hulle 'n vergelykende
            voordeel het, wêreldhandel en verbruik gemaksimeer word.
          • Die effek van verhoogde lewenstandaarde lei tot die verhandeling van meer
            goedere en dienste.
          • Laat bedrywe toe wat 'n vergelykende voordeel met 'n laer
            geleentheidskoste het.
          • Spesialisasie verhoog ekonomiese doeltreffendheid en voorkom die
            vermorsing van hulpbronne.
          • Elke land wat die beste geskik is vir spesifieke goedere of dienste, sal meer
            van daardie goedere of dienste produseer.                            (2 x 2)

          Innovasie
          • Vryhandel lei tot verhoogde mededinging, wat ‘n kragtige aansporing vir
             innovasie bied.
          • Vryhandel laat lande toe om nuwe produkte bekend te stel wat na
             buitelandse markte uitgevoer kan word.
          • Ondernemings ding mee om produksiemetodes te vind wat koste sny en
             die kwaliteit en betroubaarheid van goedere verbeter.
          • Mededinging op internasionale markte kan besighede dwing om die nuutste
             tegnologie te implementeer en hul stelsels voortdurend te verbeter.
                                                                                 (2 x 2)
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
             (Ken 'n maksimum van 4 punte vir blote lys van feite/ voorbeelde toe)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Ekonomie/V1                                 16                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 4.5      Ontleed die fiskale beleidsmaatreëls wat gebruik kan word om die
          ekonomie te demp.

          •   Beperkende of krimpende fiskale beleid word tydens die voorspoedfase van
              die sakesiklus gebruik om die ekonomie te demp.
          •   Afnemende owerheidsbesteding aan infrastruktuurprojekte verminder die
              vraag na goedere en dienste.
          •   Die sny van openbare sektorlone (vergoeding van werknemers) kan help
              om die totale vraag na goedere en dienste te verminder en produksie te
              ontmoedig.
          •   Om belasting op besighede te verhoog, sal winsvooruitsigte in die ekonomie
              verminder, wat tot 'n algehele afname in ekonomiese aktiwiteite lei.
          •   Verhoging van persoonlike inkomstebelasting kan beskikbare inkomste
              verminder, wat tot 'n daling in verbruikersbesteding lei.
          •   Verhoging van indirekte belasting soos BTW, aksynsbelasting, ens sal die
              prys van goedere en dienste laat styg, wat besteding verminder.
          •   Vermindering in maatskaplike besteding, soos welsynstoelae, kan die
              huishoudings se inkomstevlakke verlaag wat tot laer verbruiksbesteding
              lei.
          •   'n Afname in subsidies en aansporings wat aan besighede aangebied word,
              kan tot laer produksie-uitset lei namate die werklike produksiekoste wat
              produsente aangaan styg
          •   Die owerheid kan aansporings vir spaargeld bied, soos belastingvrye
              spaarrekeninge, om mense aan te moedig om te spaar eerder as om te
              spandeer.
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
              ('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
              voorbeelde)                                                          (4 x 2)
                                                                                                (8)
                                                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Ekonomie/V1                                17                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 AFDELING C
 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE
 •   Bespreek in detail die markte in die viersektor ekonomiesekringloop-model.
                                                                       (26 punte)
 •   Evalueer die bydrae van die sakesektor tot die ontwikkeling van die
     Suid-Afrikaanse ekonomie.                                         (10 punte)

 INLEIDING
 Die ekonomiese kringloop is 'n vereenvoudigde ekonomiese model wat die onderlinge
 verhouding tussen die ekonomiese deelnemers illustreer. 
 OF
 'n Mark is 'n meganisme wat kopers en verkopers bymekaar bring om verskillende soorte
 produkte uit te verruil.
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                       (Maks. 2)

 LIGGAAM: HOOFDEEL

 VIER TIPE MARKTE IN DIE EKONOMIESE KRINGLOOP

 (a) Goederemarkte/Produktemarkte/Uitsetmarkte
 • Die produktemark is waar goedere en dienste gekoop en verkoop word.
 • Firmas, owerheid en die buitelandse sektor verskaf goedere en dienste binne die oop
     ekonomie, wat die reële vloei verteenwoordig.
 • Verbruikers, firmas, die owerheid en buitelandse sektor koop goedere en dienste van
     die goederemark en hul betalings verteenwoordig geldvloei.
 • Goedere word gedefinieer as enige tasbare items soos voedsel, klere en motors wat
     aan sekere menslike behoeftes voldoen.
 • Dienste word gedefinieer as nie-tasbare aksies wat vervoer, kleinhandel en finansiële
     transkasies insluit.
 • Verbruikersgoederemark behels die handel in duursame-, semi-duursame en nie-
     duursame verbruiksgoedere.
 • 'n Verdere onderskeiding word tussen die volgende verbruikgoedere gemaak:
     - Nie-duursame goedere is daardie items wat opgebruik word wanneer dit verbruik
         word en nie hergebruik kan word nie, soos petrol en drankies.
     - Semi-duursame goedere hou vir 'n kort tydperk en kan meer as een keer gebruik
         word, soos drukkerpatroon en 'n pen.
     - Duursame goedere kan oor en oor gebruik word en verslyt nie baie maklik nie,
         soos voertuie en meubels.
 • Kapitaalgoedere is daardie goedere wat deur besighede gekoop word vir gebruik in
     die produksieproses en hulle word in die kapitaalgoederemark aangekoop.

 (b) Faktormarkte/Hulpbronmarkte/insetmarkte 
 • Faktormark is waar produksiefaktore verruil word,
 • Die arbeidsmark, eiendomsmark en die finansiële markte is deel van die
     faktormark.
 • Huishoudings is die eienaars van produksiefaktore en verkoop dit aan firmas om
     goedere en dienste te produseer.
 • Die produksiefaktore is arbeid, entrepreneurskap, kapitaal en natuurlike hulpbronne
     en hulle word onderskeidelik vir lone, wins, rente en huur verruil.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Ekonomie/V1                                 18                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 •   Die faktormark kan verder onderverdeel word in die volgende markte waarin
     verskillende produksiefaktore verhandel word:
     - 'n Arbeidsmark waar arbeid verhandel word, byvoorbeeld, die besigheid wat in
         indiensnemingsagente en arbeidsmakelaars gedoen word.
     - 'n Natuurlike hulpbronmark waar land (grond) en ander natuurlike hulpbronne
         verhandel word.
 •   Faktordienste is reële vloeie en dit gaan gepaard met teenvloei van inkomste op die
     faktormark.

 (c) Finansiële markte
 • Finansiële markte is nie direk betrokke in die produksie van goedere en dienste nie,
     maar dien as 'n skakel tussen huishoudings en besighede met surplusinkomste en
     ander deelnemers wat fondse benodig.
 • Banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse vorm deel van die finansiële
     markte.
 • Finansiële markte lewer finansiële dienste aan ander deelnemers in die ekonomie
     deur surplusfondse in te samel en dit uit te leen aan diegene wat finansiering
     benodig.

     Geldmark
 •   Die geldmark is die mark vir korttermyn spaargeld en lenings.
 •   Geldmark sluit interbanklenings vir 'n tydperk so kort as oornag in.
 •   Die sekuriteite wat verhandel word sluit korttermyndeposito’s, korttermynskuldbriewe
     (-obligasies) en skatkiswissels in.
 •   Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) is die sleutelinstelling in die geldmark.
 •   Die SARB administreer die funksie van wetgewing en die bestuur van die
     geldmark.

     Kapitaalmark
 •   Die kapitaalmark is die mark vir langtermyn spaargeld en lenings.
 •   Die sekuriteite wat in hierdie mark verhandel word, is langtermyndeposito’s,
     verbandlenings en aandele.
 •   Die Johannesburgse Sekuriteitsbeurs (JSE) is 'n sleutelinstelling in die
     kapitaalmark.

 (d) Buitelandse valutamark/ buitelandse geldeenheidmark/ Forex-mark
 • Die buitelandse valutamarkte is waar verskillende geldeenhede van al die lande
     verhandel word,  bv. Die Suid-Afrikaanse rand kan in hierdie mark vir die
     Amerikaanse dollar verruil word.
 • Die buitelandse valutamarkte ontstaan wanneer een land goedere van ‘n ander land
     invoer en binnelandse geldeenheid omgerruil moet word om vir sulke invoere te
     betaal.
 • Buitelandse valuta kan by banke en buitelandse valuta-agente gekoop en verkoop
     word.
 • Die Suid-Afrikaanse rand word vrylik in die forex-markte verhandel en die waarde
     daarvan word deur die markkragte van vraag en aanbod bepaal.
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                (Maks.26)
      (Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/ sub-hofies/voorbeelde toe)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Ekonomie/V1                                19                         DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 ADDISIONELE DEEL

 POSITIEWE
 • Besighede skep direk en indirek werkgeleenthede, wat help om werkloosheidskoerse
   te verlaag.
 • Die sakesektor bied vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede, soos indiensopleiding
   en werkswinkels, wat die vaardighede van die werksmag verbeter en produktiwiteit
   verhoog.
 • Besighede dra grootliks by tot die bruto binnelandse produk (BBP) van 'n land deur
   die produksie van goedere en dienste as die hoof dryfveer van ekonomiese groei.
 • Die sektor belê in navorsing en ontwikkeling, wat innovasie en entrepreneurskap
   aanmoedig.
 • Besighede betaal maatskappybelasting aan die owerheid, wat dan gebruik word om
   openbare dienste en infrastruktuurprojekte te finansier.
 • Besighede kan in vennootskap met die owerheid werk om infrastruktuur te ontwikkel
   soos die bou van paaie, vervoer en kommunikasiestelsel wat ekonomiese aktiwiteite
   en ekonomiese groei bevorder.
 • Besighede neem aan internasionale handelaktiwiteite deel wat die mededingendheid
   van 'n land se uitvoere verbeter.
 • Besighede neem deel aan korporatiewe maatskaplike beleggingsprojekte (KMB) wat
   help om die welsyn van gemeenskappe te verbeter.

 NEGATIEF
 • Die sakesektor verbreed die ongelykheidsgaping deur lae lone aan werkers te betaal.
 • Besighede wat winsgedrewe is, versuim soms om die negatiewe impak van hul
   aktiwiteite op die omgewing, soos besoedeling, in ag te neem.
 • Onbillike besigheidspraktyke soos samespanning, kan tot verbruikersuitbuiting lei,
   deur hoë pryse.
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (Maks 10)
   ('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
   voorbeelde)

 SLOT

 Markte is uiters belangrike instellings in die ekonomiese stelsel, aangesien hulle die
 mark reguleer, prysstabiliteit beskerm en beide die besigheid- en verbruikersvertroue
 verbeter.
 (Aanvaar enige ander relevante hoër-orde slot)                              (Maks. 2)        [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Ekonomie/V1                                20                         DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail Suid-Afrika se inisiatiewe (pogings) in streeksontwikkeling.
                                                                         (26 punte)
 •   Hoe kan die owerheid aansporings gebruik om nywerheidsontwikkeling te
     bevorder?                                                           (10 punte)

 INLEIDING
 Streeksontwikkeling fokus op beleide wat gemik is op gebiede of streke van 'n land wat
 minder ontwikkel is, te verbeter. OF
 Streeksontwikkeling is die implementering van beleide wat daarop gemik is om die
 ekonomiese lewensvatbaarheid van spesifieke gebiede of geografiese direkte te
 verhoog.
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)

 LIGGAAM: HOOFDEEL

Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe (ROI)
• Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe kan gedefinieer word as 'n skakel tussen
   belangrike ekonomiese middelpunte (spilpunte) en streke in 'n land.
• ROI is 'n beleid om volhoubare nywerheidsontwikkeling in gebiede waar armoede en
   werkloosheid die hoogste is, te bevorder.
• ROI stimuleer ekonomiese aktiwiteite in die onderontwikkelde gebiede om
   indiensneming en ekonomiese groei te stimuleer.
• Die owerheid het ten doel gehad om die private sektor en direkte buitelandse
   investering te verbeter deur aansporings toe te staan.
• Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe bevorder die vestiging van openbare-privaat-
   vennootskappe (OPV) om die ekonomiese potensiaal van onderontwikkelde gebiede
   te verbeter.
• In 'n OPV, kan private besighede die kapitaal verskaf om die fabrieke te bou,
   grondstowwe te koop en arbeid in diens te neem.
• Die owerheid voorsien kapitaal vir die infrastruktuur soos paaie en
   watervoorsieningsnetwerke.
• Die ROI behels 'n interdepartementele beleggingstrategie wat die Departement van
   Handel, Nywerheid en Mededinging (DHNM) en die Departement van Vervoer (DoT)
   lei.
• DHNM is die dryfveer agter nywerheid- en ruimtelike ontwikkeling, aangesien dit die
   vestiging en groei van besighede ondersteun.
• ROI fokus op hoëvlak ondersteuning in gebiede waar sosio-ekonomiese
   omstandighede gekonsentreerde owerheidsondersteuning vereis en inherente
   ekonomiese potensiaal bestaan. 
• ROI versnel investering en maksimeer medewerkendheid tussen verskeie tipes
  beleggings.
• Voorbeelde van ROI’e in Suid-Afrika sluit in KwaZulu-Natal ROI, Wildekus ROI,
  Visrivier ROI, Weskus Investeringsinisiatief, Platinum ROI, Phalaborwa ROI,
  Gauteng Spesiale Ekonomiese Sone, Lubombo ROI en Richardsbaai-inisiatief.
  ('n Maksimum van 1 punt kan toegeken word vir voorbeelde van ROI’e)

  Nywerheidsontwikkelingsones (NOS)
 • NOS’e is geografiese ontwerpte, doelgeboude en fisiese omheinde
    nywerheidsgebiede, wat met 'n internasionale lughawe of hawe verbind is.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Ekonomie/V1                                 21                         DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 •   Die fokus van NOS’e is om private en direkte buitelandse investering na
     uitvoergedrewe nywerhede te lok.
 •   Nywerheidsontwikkelingsones laat belastingvrye invoer van produksieverwante
     grondstowwe en insette toe.
 •   Besighede in NOS’e het toegang tot toegewyde doeanedienste om inspeksie en
     goedkeuring meer doeltreffend te maak.
 •   Die strategie was daarop gemik om die internasionale mededingendheid van
     plaaslike nywerhede in uitvoermarkte te verbeter.
 •   NOS fokus op werkskepping deur die uitvoer van waarde-toegevoegde produkte te
     bevorder.
 •   Besighede wat in NOS’e geleë is, geniet wêreldklas infrastruktuur, 'n zerokoers BTW
     op voorrade uit Suid-Afrikaanse bronne en verminderde belasting op sommige
     produkte.
 •   NOS is gestig om maatskappye wat investeer te bevoordeel, deur finansiële
     ondersteuning wat deur die owerheid verskaf word.
 •   Besighede in NOS’e het toegang tot vervoer vir uitvoerdoeleindes en nuutste
     tegnologie vir wêreld-kommunikasie.
 •   NOS is ontwerp om skakels tussen binnelandse en sone-gebaseerde nywerhede te
     bevorder en ontwikkel.
•    Voorbeelde van NOS’e in Suid-Afrika sluit in: Coega NOS, OR Tambo Internasionale
     Lughawe, Oos-Londen NOS, Richardsbaai NOS en Saldanhabaai NOS.
     ('n Maksimum van 1 punt kan toegeken word vir voorbeelde van NOS’e)

 Spesiale Ekonomiese Sones (SES)
 • Spesiale Ekonomiese Sones is geografiese afgebakende gebiede waar spesifieke
   ekonomiese aktiwiteite geïdentifiseer is om ontwikkel te word.
 • Besighede wat in SES’e geleë is, kan aansporings soos belastingverligting en
   ondersteuningsdienste geniet om nywerheidsontwikkeling te bevorder.
 • SES’e skep 'n basis vir 'n breër reeks van nywerheidsparke en verskaf ekonomiese
   infrastruktuur om die groepering van vervaardigers moontlik te maak.
 • Die doel van die skep van SES’e is om nuwe besighede te lok wat nuwe
   produksielyne ontwikkel en werkgeleenthede skep.
 • Die DHNM het aangedui dat die bestaande NOS’e waar spesiale
   belastingaansporings nie van toepassing is nie, na SES'e gegradeer sal word.
 • SES’e is nie noodwendig aan internasionale lug- of seehawens gebind nie en die
   doel van vervaardiging is om vir beide binnelandse en uitvoermarkte te voorsien.

 Korridors
 • 'n Korridor is 'n landstreek wat 'n deurgang vorm wat toegang verleen van een gebied
   na 'n ander en as deel van streeksontwikkeling ontwikkel is.
 • Korridors in Suid-Afrika is ruimtelike gebiede wat aan mynbou, vervaardiging en
   ander besighede voordele bied.
 • Die voordele sluit die teenwoordigheid van behoorlike infrastruktuur en die
   spesialisering van produkte of dienste in.
 • Korridors is ontwikkelde gebiede binne Suid-Afrika en is die prioriteite van al die
   ontwikkelingsagentskappe.
 • Die DHNM bied hulp ter ondersteuning van die ontwikkelingkorridors soos die
   Maputo-ontwikkelingskorridor, wat in Gauteng begin en deur Mpumalanga tot by die
   Maputo-hawe strek, en geleenthede vir die vervoerbedryf bied.
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks.26)
    (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir opskrifte/ sub-hofies/voorbeelde)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Ekonomie/V1                                 22                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 ADDISIONELE DEEL

 •   Verminder maatskappybelasting en bied belastingvakansie of kwytskeldings om die
     winsvooruitsigte te verhoog, wat investering in bestaande nywerhede sal lok.
 • Verskaf subsidies op kapitaalinvestering om die ontwikkelingskoste vir potensiële
     investeerder in spesifieke nywerhede te verminder.
 • Owerheid kan kontanttoelae of lae rente lenings aan besighede verskaf wat wil uitbrei
     en nuwe tegnologieë wil aanneem.
 • Die owerheid kan 'n ondersteunende omgewing vir nywerhede om te floreer skep
     deur in infrastruktuurontwikkelingsprojekte, soos paaie, nutsdienste en
     nywerheidsparke te belê.
 • Die vereenvoudiging van die registrasieprosedure vir besighede, die vermindering
     van burokratiese struikelblokke en die verskaffing van makliker toegang tot lisensies
     kan nywerhede help om doeltreffend te groei.
 • Bied uitvoeraansporings soos inligting oor uitvoermarkte en konsessies op
     vervoerkostes, om die produksie van goedere en dienste vir uitvoere aan te
     moedig.
 • Voorsien belastingvrye aansporings om die produksiekoste vir besighede wat
     produksie-insette invoer, te verminder.
 • Die owerheid kan direkte finansiële ondersteuning vir vaardigheidsontwikkeling bied
     wat help om die vaardigheidsbasis en produktiwiteit van besighede te verhoog.
 • Verskaf sakeondersteuningsprogramme om die lewering van
     kleinsakeondersteuning aan klein besighede en entrepreneurs te verbeter. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks 10)
  ('n Maksimum van 2 punte toegeken vir blote lys van feite/ voorbeelde)

 SLOT
 Streeksontwikkelingsbeleide los die langtermynprobleme van werkloosheid en armoede
 op, alhoewel sekere beperkinge soos vaardigheidstekorte en hoë kostes steeds
 aangespreek moet word. 
 (Aanvaar enige ander relevante hoër-orde slot)                            (Maks. 2)         [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                     GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-final-memo-afr/163f0388-17fe-4dcb-90ce-35973b4ce181) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Economics P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-memo-eng/42373e1f-5b55-4cc0-97b4-9b8903280996) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-eng/e9d1075c-f676-4869-ad8a-64675b11fd49) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P1 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2016-memo-afr/3ad593d6-e82a-49ec-ae58-d57f0e0ee936) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P1 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-memo-eng/68e34c8d-ff14-4246-887a-c69f32ed75a8) — Economics · Memo · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
