# Economics Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/2430b0a9-1a70-461a-8a8b-3ed94af8b852
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/2430b0a9-1a70-461a-8a8b-3ed94af8b852)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                   EKONOMIE V2

                                  NOVEMBER 2025

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                      2                               DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

BEGINSELS VIR DIE NASIEN VAN EKONOMIE – NSS OKT/NOV 2025

Die volgende nasienbeginsels is ontwikkel om nasien in alle provinsies te standaardiseer.
NASIEN
• ALLE vrae en antwoorde in kandidate se skrifte MOET nagesien word, ongeag of dit korrek of
   verkeerd is.
• Waar antwoorde meer is as wat die instruksies vereis, moet die volgende geld:
   ➢ In afdeling A, waar kandidate TWEE antwoorde gee, moet die eerste antwoord nagesien word.
   ➢ In afdeling B, (2.1.1, 3.1.1 en 4.1.1) merk die eerste TWEE antwoorde en dui aan M 2 vir
       antwoorde wat meer is as wat die vraag vereis het.
   ➢ In afdeling B, data-antwoordvrae wat 'n spesifieke aantal antwoorde vereis (bv. 2.2.1 en 2.2.2),
       merk die eerste antwoord en dui aan M 1 vir antwoorde wat oortollig is.
   ➢ In afdeling B en C (keusevrae), dui aan EKSTRA op vrae bo die vereiste aantal.
   ➢ Waar die maksimum punte vir 'n spesifieke afdeling toegeken is, merk al die antwoorde tot by
       die maksimum punte vir die vraag en dui óf M 2 óf M 8 óf M 10 óf M 26 aan. Trek daarna 'n lyn
       aan die regterkant van die antwoorde wat oortollig is.
• 'n Duidelike, netjiese regmerkie moet gebruik word:
   ➢ Indien EEN punt toegeken word, moet EEN regmerkie gebruik word:✓
   ➢ Indien TWEE punte toegeken word, moet TWEE regmerkies gebruik word:✓✓
   ➢ Die regmerkie moet geplaas word by die FEIT waarvoor 'n punt toegeken word.
   ➢ Regmerkies moet KLEIN gehou word, aangesien verskeie vlakke van moderering kan plaasvind.
• Verkeerde antwoorde moet met 'n duidelike, netjiese kruisie gemerk word:
   ➢ Gebruik een kruisie op elke verkeerde antwoord in vrae waar kandidate meer as een antwoord
       moet gee.
   ➢ Probeer om NIE die kandidate se antwoorde te onderstreep nie.
 • Vir die volgende aksiewoorde is EEN-woord antwoorde aanvaarbaar: lys, noem, identifiseer
 • Vir die volgende aksiewoorde moet 'n VOLLE sin geskryf word: beskryf, verduidelik, evalueer,
    ontleed, stel voor, onderskei, definieer, bespreek, waarom, hoe
 • Die volgende aksiewoorde moet binne hul konteks gelees word om te bepaal of 'n EEN-woord
    antwoord of 'n VOLLE sin vereis word: verskaf, wat, tabuleer, identifiseer en gee.
 • Waar kandidate 'n grafiek moet teken, merk die grafiek volgens 'n merkrubriek wat in die amptelike
    nasienriglyne verskaf word.
 • Waar kandidate berekeninge moet doen, sal die finale antwoord nie noodwendig volpunte kry nie.
    3 punte word toegeken vir die berekeninge en1 punt vir die finale antwoord.

LET OP DIE VOLGENDE
 • Indien die nommering verkeerd is of weggelaat is, kan kandidate gekrediteer word solank die
    volgorde van antwoorde op vrae gevolg word.
 • Waar daar spelfoute is, ken die punte toe mits die betekenis korrek is.
 • Gee aandag aan die betekenis van antwoorde, wat op 'n ander manier gestel kan word.
 • In meerkeusevrae waar 'n letter die aanvaarde antwoord is, maar die leerder die werklike antwoord
    skryf - ken punte toe.
 • Daar sal 'n bylaag tot die nasienriglyne wees vir die nasien van sekere vrae.

TOTAAL EN OORDRAG VAN PUNTE
• Die subtotaal vir elke subvraag moet aan die regterkantse kantlyn aangeteken word.
  ➢ Vraag 1 in Afdeling A het DRIE onderafdelings en DRIE subtotale moet in die regterkantlyn
      aangeteken word.
  ➢ Vrae in Afdeling B het VYF onderafdelings en VYF subtotale moet in die regterkantlyn
      aangeteken word.
  ➢ Subtotale moet leesbaar geskryf word en spasie vir gemodereerde punte op die regterkantlyn
      laat.
• Die totale punt vir elke vraag moet in die boonste linkerkantlyn langs die vraagnommer aangeteken
   word en na die voorblad van die antwoordboek oorgedra word.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                 3                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

          1.1.1      D – gemiddelde vaste 
          1.1.2      A – relatief elasties 
          1.1.3      D – minimumprys 
          1.1.4      C – produktiewe 
          1.1.5      B – daal 
          1.1.6      B – besigheids 
          1.1.7      C – kommunikasie 
          1.1.8      A – herwinning                                             (8 x 2)     (16)

 1.2      PASITEMS

          1.2.1      E-    goedere wat identies is met betrekking tot voorkoms,
                           verpakking en gehalte 

          1.2.2      D-    'n firma wat geen invloed oor die markprys het nie 

          1.2.3      G-    'n ooreenkoms tussen firmas in dieselfde bedryf om
                           mededinging deur prysknoeiery te verminder 

          1.2.4      B-    mense wat goedere en dienste geniet sonder om daarvoor
                           te betaal 

          1.2.5      F-    monetêre beleidsbenadering gebruik deur die SARB om
                           prysveranderinge binne 3–6% te hou 

          1.2.6      I-    aktiwiteite van mense wat plekke besoek om die natuurlike
                           omgewing te geniet

          1.2.7      C-    die aktiwiteite van mense wat na en van plekke buite hulle
                           normale omgewing reis en daar oorbly 

          1.2.8      A-    metode gebruik om die uitwissing van niehernubare
                           hulpbronne te voorkom 

                                                                                  (8 x 1)     (8)

 1.3      GEE DIE TERM

          1.3.1      Ongereguleerde mark / Volmaakte mark / Vrye mark 
          1.3.2      Markaandeel 
          1.3.3      Kostevoordeel-ontleding 
          1.3.4      Kostedruk-inflasie 
          1.3.5      Wêrelderfenisterrein 
          1.3.6      Aardverwarming                                              (6 x 1)     (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                    4                             DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE           van     die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1      Beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1      Gee enige TWEE voorbeelde van oligopoliemarkte.

                     •    Motorvervaardigers 
                     •    Lugvaartbedryf 
                     •    Verskepingsbedryf 
                     •    Bankwese 
                     •    Versekering 
                     •    Selfoonnetwerk 
                     •    Brandstof 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (2 x 1)     (2)

          2.1.2      Waarom sou 'n volmaak mededingende firma dit oorweeg om
                     sy bedrywighede te staak?

                     'n Volmaak mededingende firma sal bedrywighede staak omdat
                     hulle gemiddelde inkome nie al die gemiddelde veranderlike koste
                     kan dek nie/totale inkome kan nie hulle veranderlike produksiekoste
                     dek nie. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (1 x 2)           (2)

 2.2      DATARESPONS

          2.2.1      Identifiseer die winsmaksimeringshoeveelheid in die tabel
                     hierbo.

                     8                                                                             (1)

          2.2.2      Noem die konsep wat verwys na die inkome wat deur 'n
                     besigheid verdien word vir elke eenheid verkoop.

                     Gemiddelde inkomste                                                          (1)

          2.2.3      Beskryf kortliks die term implisiete koste.

                     Die waarde van insette wat deur die entrepreneur besit word en in
                     die produksieproses gebruik word. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (2)

          2.2.4      Waarom is die grensinkome vir 'n volmaak mededingende firma
                     dieselfde wanneer produksie toeneem?
                     'n Volmaak mededingende firma verkoop elke addisionele eenheid
                     van 'n produk teen dieselfde prys. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                  5                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

          2.2.5      Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die marginale koste
                     (A) te bereken indien 10 eenhede geproduseer word. Toon
                     ALLE berekeninge.

                     Marginale koste (A) = ΔTC / ΔQ
                                         = (R256 – R196) / (10 – 8)
                                         = 60 / 2 
                                         = 30                                                 (4)

 2.3      DATARESPONS

          2.3.1      Identifiseer die oorspronklike ewewigsprys in die grafiek
                     hierbo.

                     P                                                                        (1)

          2.3.2      Gee enige EEN voorbeeld van direkte belasting.

                     •   Lopend Betaal/LB/Persoonlike inkomstebelasting 
                     •   Maatskappybelasting 
                     •   Kapitaalwinsbelasting/KWB 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (1)

          2.3.3      Beskryf kortliks die term Pareto-doeltreffendheid.

                     'n Situasie waar hulpbronne op so 'n wyse toegewys word dat
                     niemand beter af gemaak kan word sonder dat iemand anders
                     slegter af gemaak word nie. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

          2.3.4      Waarom hef die owerheid aksynsregte, soos sondebelasting,
                     op niemerietegoedere?

                     •   Om eksterne koste te verhaal wat deur die verbruik van
                         merietegoedere veroorsaak is. 
                     •   Om die verbruik van niemerietegoedere te ontmoedig deur dit
                         duurder te maak. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (2)

          2.3.5      Hoe kan produsentesubsidies             die   ekonomie     positief
                     beïnvloed?

                     •   Produsente sal laer produksiekoste aangaan wat inflasie in die
                         ekonomie kan verlaag. 
                     •   Besighede kan aangemoedig word om meer goedere en dienste
                         te produseer wat ekonomiese groei stimuleer. 
                     •   Toename in produksie kan meer werksgeleenthede skep wat
                         daardeur werkloosheid in die ekonomie kan verminder. 
                     •   Verbruikers betaal laer pryse vir goedere en dienste wat lei tot
                         hoër verbruikerbesteding. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                 6                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 2.4      Bespreek kortliks die immobiliteit van produksiefaktore en gebrek aan
          inligting as faktore wat tot die wantoedeling
           van hulpbronne in markte kan lei.

          Immobiliteit van produksiefaktore
          • Die meeste markte pas nie vinnig by veranderinge in vraag en aanbod aan
            nie as gevolg van die immobiliteit van produksiefaktore. 
          • Arbeid kan tyd neem om in nuwe beroepe in te beweeg as gevolg van
            vaardighede wat opgegradeer moet word/Die aanbod van vaardige
            arbeiders kan nie onmiddellik vergroot word nie omdat dit tyd neem om
            opgelei te word. 
          • Arbeid kan tyd neem om geografies te verskuif om te voldoen aan die
            verandering in verbruikervraag as gevolg van die hoë hervestigingskoste
            en sosiale bande. 
          • Fisiese kapitaal, soos fabrieksgeboue en infrastruktuur, kan nie verskuif
            word om by 'n verandering in vraag aan te pas nie. 
          • Ander fisiese kapitaal, soos masjinerie en toerusting, kan van een plek na
            die volgende, teen hoër koste, verskuif word. 
          • Tegnologiese toepassings verander produksiemetodes, maar vir die
            meeste nywerhede neem dit tyd om aan te pas, byvoorbeeld, soos die
            gebruik van robotte eerder as fisiese arbeid. 
          • Groter tegnologiese verandering vereis dat werkers meer buigsaam moet
            wees en hulle vaardighede aanpas om van werk, beroep en werkspatroon
            te verander wat tyd kan neem.                                     (2 x 2)

          Gebrek aan inligting
          • Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie altyd die nodige inligting tot
            hulle beskikking om rasionele besluite te neem nie. 
          • Ten spyte van die vooruitgang in tegnologie het verbruikers steeds 'n
            gebrek aan inligting oor produkte en produsente om hulle nuttigheid te
            maksimeer. 
          • Werkers kan onbewus wees van werksgeleenthede buite hulle huidige
            werk/poste om te verseker dat hulle hulle arbeid doeltreffend te
            gebruik. 
          • Entrepreneurs het moontlik 'n gebrek aan inligting oor die koste,
            beskikbaarheid en produktiwiteit van sommige produksiefaktore wat kan lei
            tot produktiewe ondoeltreffendheid.                                (2 x 2)
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (2 x 4)
            ('n Maksimum van 4 punte mag vir die blote opnoem van
            feite/voorbeelde toegeken word)                                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                  7                         DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 2.5      Waarom sou 'n firma in 'n volmaakte mark altyd op lang termyn normale
          wins maak?

          •   Die afwesigheid van toegangshindernisse gee nuwe besighede toegang tot
              die mark wanneer bestaande firmas op die korttermyn ekonomiese wins
              maak. 
          •   Nuwe besighede kan vir die ekonomiese wins meeding totdat bestaande
              firmas op die langtermyn normale wins verdien. 
          •   'n Toename in die aantal besighede in 'n volmaakte mark kan die
              markaanbod verhoog wat tot 'n daling in pryse sal lei. 
          •   Winste sal daal tot 'n punt waar gemiddelde inkome is gelyk aan
              gemiddelde koste en totale inkome is gelyk aan totale koste (GI = GK of TI
              = TK). 
          •   Sommige bestaande besighede kan gedwing word om die mark te verlaat
              wanneer hulle op die korttermyn ekonomiese verliese ly. 
          •   'n Daling in die aantal besighede sal die markaanbod verklein wat tot 'n
              styging in pryse sal lei. 
          •   Die ekonomiese verlies sal verklein word totdat al die firmas op die
              langtermyn normale wins maak. 
          •   Normale wins op die langtermyn sal bly solank daar aansporing is om die
              mark te betree of te verlaat. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (4 x 2)
              ('n Maksimum van 2 punte mag vir die blote opnoem van
              feite/voorbeelde toegeken word)                                                  (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                  8                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                      40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1      Beantwoord die volgende vrae.

          3.1.1      Noem enige TWEE benaderings wat in bevel-en-beheerstelsels
                     gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te verseker.

                     •   Gehaltestandaarde 
                     •   Hoeveelheidstandaarde 
                     •   Sosiale-impak-standaarde                                  (2 x 1)      (2)

          3.1.2      Waarom word die toeristebedryf as arbeidsintensief beskou?

                     •   Toerisme-aktiwiteite vereis 'n groot werksmag omdat die bedryf
                         menslike interaksie en persoonlike dienste insluit. 
                     •   Toerisme skep meer werksgeleenthede, in beide formele en
                         informele sektore, vir elke eenheid kapitaal belê in vergelyking
                         met enige ander bedryf. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (1 x 2)        (2)

 3.2      DATARESPONS

          3.2.1      Identifiseer 'n owerheidinisiatief in die uittreksel hierbo wat
                     finansiële hulp vir toerismebeleggings verskaf.

                     Toerisme Transformasie Fonds / TTF                                         (1)

          3.2.2      Noem 'n ekonomiese sektor waaronder toerisme geklassifiseer
                     word.

                     Tersiêre sektor                                                            (1)

          3.2.3      Beskryf kortliks die term kulturele toerisme.

                     Die aktiwiteite van mense wat na museums en kunsgalerye reis om
                     te leer en meer betrokke te raak by die kultuur van die plek wat hulle
                     besoek.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

          3.2.4      Verduidelik  die belangrikheid  van    openbare-privaat-
                     vennootskappe (OPV's) in die ontwikkeling van toeriste-
                     bestemmings.
                     •   Openbare-privaat-vennootskappe stel die owerheid en
                         privaatsektor-besighede in staat om hulpbronne en koste te deel
                         in die ontwikkeling van toeristebestemmings in die land. 
                     •   Die owerheid kan kapitaal verskaf om infrastruktuur in toeriste-
                         bestemmings te verskaf, terwyl privaatsektor-besighede kapitaal
                         verskaf om toerismebesighede te vestig. 
                     •   Die openbare sektor kan finansiële aansporings aan die privaat
                         sektor verskaf vir toerismebeleggings. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                  9                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

          3.2.5      Hoe kan natuurrampe 'n negatiewe impak op die toeristebedryf
                     hê?

                     •   Natuurrampe, soos vloede en siklone, kan ongunstige toestande
                         skep vir toeriste wat aan sekere toerisme-aktiwiteite
                         deelneem. 
                     •   Beskadigde infrastruktuur as gevolg van natuurrampe kan
                         mense ontmoedig om toerismebestemmings te besoek. 
                     •   Natuurrampe kan tot 'n verlies aan wildlewe, strande, woude en
                         kulturele terreine lei wat tot 'n afname aan toerisme-aktiwiteite
                         kan lei. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (2 x 2)        (4)

 3.3      DATARESPONS
          3.3.1      Identifiseer, in die spotprent hierbo, die internasionale
                     ooreenkoms wat na die wêreldberaad oor volhoubare
                     ontwikkeling verwys.

                     Johannesburg Beraad 2002                                                   (1)
          3.3.2      Noem die omgewingsprobleem wat met die verwydering van
                     bome verband hou.

                     Ontbossing                                                                 (1)
          3.3.3      Beskryf kortliks die term bemarkbare permit.

                     'n Lisensie wat deur die owerheid aan 'n besigheid verkoop word wat
                     dit in staat stel om die omgewing tot 'n sekere mate te besoedel.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)
          3.3.4      Verduidelik die impak van die verlies aan inheemse kennis op
                     die omgewing.

                     •   Omgewingskade kan toeneem aangesien toekomstige
                         generasies nie in staat sal wees om sonder inheemse kennis
                         met die omgewing saam te leef nie. 
                     •   Verlies aan inheemse kennis kan tot oorbenutting van natuurlike
                         hulpbronne lei. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2)

          3.3.5      Waarom slaag markte nie daarin om omgewingsvolhoubaarheid te
                     verseker nie?

                     •   Die mark beskou die omgewing as 'n algemene hulpbron waar baie
                         dele van die omgewing nie in privaat besit is nie, soos die lug en
                         die see. 
                     •   Meeste van die hulpbronne wat deur die omgewing verskaf word,
                         het nie 'n prys nie, so daar is geen ekonomiese aansporing om op
                         die gebruik daarvan te spaar nie. 
                     •   Markte kan omgewingskade veroorsaak as gevolg van 'n gebrek
                         aan kennis, selfs al wil hulle meer omgewingsvriendelik in hulle
                         aktiwiteite wees. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                 10                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

                     •   Verbruikers en besighede toon onverskilligheid soos wat hulle
                         voortgaan met verskillende skadelike praktyke en dit aan
                         toekomstige generasies oorlaat om oor hulle omgewingsgevolge
                         bekommerd te wees. 
                     •   Besighede oorproduseer goedere wat negatiewe eksternaliteite
                         veroorsaak, want hulle dra nie die eksterne koste wat
                         omgewingsagteruitgang tot gevolg het nie. 
                     •   Markte word deur die winsmotief gedryf en hulle kan hulle
                         produksiekoste ten koste van die omgewing verlaag. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (2 x 2)          (4)

 3.4      Bespreek kortliks die gevolge van toerisme op bruto binnelandse produk
          (BBP) en armoede.

          Bruto binnelandse produk (BBP)
          • Toerisme het 'n groter impak op die dienstebedryf en dra direk tot die land se
             BBP by en indirek tot die ekonomie. 
          • Die direkte bydrae van toerisme word weerspieël in binnelandse besteding op
             toerisme    deur    inwoners     en    nie-inwoners    vir  besigheid-     en
             vermaaklikheidsdoeleindes op items soos kos, akkommodasie, vervoer,
             ens. 
          • Die indirekte bydrae sluit aankope van verskaffers van goedere en dienste in
             deur die sektore wat direk met toeriste te make het, onder meer aankope van
             skoonmaakdienste by hotelle, brandstof en spysenieringsdienste deur
             lugdienste en dienste deur reisagente.                              (2 x 2)

          Armoede
          • Toerisme word wyd erken as een van die vinnigste en meer doeltreffende
             herverdelingsmeganismes om ontwikkeling na die armes in landelike gebiede
             te bring. 
          • Toerisme gee 'n alternatief vir verstedeliking, en laat mense toe om voort te
             gaan om 'n landelike leefstyl te handhaaf en maak beide vroue en die jeug
             vry. 
          • Toerisme bied geleenthede om inkomstebronne vir arm mense te
             herverdeel.
          • Toerisme stel mense in staat om kleinskaalse toeristebesighede rondom
             gemeenskapsbates te begin en te bedryf, soos woude, parke en riviere. 
          • Huishoudings kan KMMO's stig om dienste soos kleinhandel, vervoer en
             akkommodasie te verskaf. 
          • Toerisme bemagtig mense in landelike gebiede om geleenthede vir
             indiensopleiding en ander opleiding te benut. 
          • Toerisme kan vennootskappe vir landelike gemeenskappe skep deur met
             hoofstroomtoerismebesighede te skakel om goedere of dienste te verskaf.
                                                                                  (2 x 2)
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
             ('n Maksimum van 4 punte mag vir die blote opnoem van feite/voorbeelde
             toegeken word.                                                                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                11                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 3.5      Analiseer    die    verskillende        internasionale     maatreëls        om
          klimaatsverandering te verminder.

          •   Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor Klimaatsverandering
              (UNFCCC) is gestig om kweekhuisgasvrystelling in die atmosfeer te
              verminder.
          •   Die meeste lande kom ooreen om maatreëls te tref om die omgewing te
              beskerm, maar hulle verskil oor wie die meeste verantwoordelik is vir die
              skade en hoe om uitlaatgasverminderingsdoelwitte te stel. 
          •   Die UNFCCC het nie geslaag nie omdat dit vrywillig vir individuele lande
              was. 
          •   Die Kyoto Protokol was 'n verbetering op die UNFCCC aangesien hulle
              probeer het om ontwikkelde lande sover te kry om hulle te verbind tot die
              vermindering van hulle kweekhuisgasvrystelling. 
          •   Die Kyoto Protokol het bindende teikens gestel waartoe nywerheidslande
              ingestem het om hulle kweekhuisgasvrystelling te verminder. 
          •   Die grootste tekortkoming van die Kyoto Protokol was hulle fokus op slegs
              ontwikkelde lande en dat ontwikkelende lande by die ooreenkoms uitgesluit
              is. 
          •   Die Kyoto Protokol het misluk want lande wat nie hulle teikens bereik het
              nie, is nie gepenaliseer nie. 
          •   Groot besoedelaars (soos die VSA) het nie daarin geslaag om die teikens
              gestel deur die Kyoto Protokol te behaal nie en dra steeds tot
              aardverwarming by en is minder geïnteresseerd daarin om die probleem op
              te los as gevolg van duur tegnologie om besoedeling te verminder. 
          •   Die Parys Ooreenkoms was 'n verbetering op die Kyoto Protokol want hulle
              doel was om aardverwarming tot ver onder 2 °C te verminder, verkieslik
              1,5 °C, in vergelyking met voor-nywerheidsvlakke. 
          •   Hulp in die vorm van subsidies is aan ontwikkelende lande belowe om
              kweekhuisgasvrystelling te verminder. 
          •   Die sukses van die Parys Ooreenkoms sal bepaal word deur die finansiële,
              tegniese en kapasiteitbouende ondersteuning wat aan lande wat dit nodig
              het, gebied word.
          •   Aardverwarmingsteikens word nie behaal nie want ons is vinnig besig om
              'n styging in globale temperature van 2 °C te nader. 
          •   Daar was 'n gebrek aan streng wetstoepassing aangesien strafmaatreëls
              nie toegepas is vir diegene wat nie die teikens behaal het nie. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (4 x 2)
              ('n Maksimum van 2 punte mag vir die blote opnoem van
              feite/voorbeelde toegeken word)                                                  (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                   12                      DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE
 4.1      Beantwoord die volgende vrae.
          4.1.1      Gee enige TWEE voorbeelde van private koste wat met die bou
                     van 'n skool geassosieer word.

                     •   Boumateriaalkoste 
                     •   Arbeidskoste 
                     •   Oorhoofse koste 
                     •   Die koste van grond 
                     •   Water en elektrisiteit 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (2 x 1)      (2)
          4.1.2      Hoe kan gronderosie 'n impak op landbouproduksie hê?

                     •  Gronderosie kan grondvrugbaarheid verminder wat tot 'n
                        afname in landbouproduksielewering sal lei. 
                     • Gronderosie kan die landskap en nabye waterbronne, soos
                        damme, beskadig wat landbouproduksie sal ontwrig.
                     • Gronderosie     kan     boere      aanmoedig    om   grond-
                       bewaringstegnieke, soos terrasvorming, toe te pas, wat
                       langtermynproduktiwiteit verbeter. 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)   (1 x 2)          (2)

 4.2      DATARESPONS

          4.2.1      Identifiseer die rede vir die ongelyke verspreiding van inkome
                     en welvaart in die spotprent hierbo.

                     Diskriminasie                                                          (1)
          4.2.2      Gee 'n ekonomiese term wat verwys na die laagste vergoeding
                     van arbeid wat deur die owerheid vasgestel word.

                     Minimumloon                                                            (1)
          4.2.3      Beskryf kortliks die term progressiewe inkomstebelasting.

                     Mense     wat     hoër    inkomste     verdien,   betaal   hoër
                     inkomstebelastingkoerse, terwyl mense wat laer inkomste verdien,
                     laer inkomstebelastingkoerse betaal. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V2                                 13                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

          4.2.4      Waarom bied markte te min goedere aan wat positiewe
                     eksternaliteite oplewer?

                     •   Goedere wat positiewe eksternaliteite oplewer, soos onderwys,
                         word dikwels nie deur die mark hoog aangeslaan nie, wat lei tot
                         onderaanbod. 
                     •   Besighede neem nie altyd volle verantwoordelikheid vir die
                         toegevalle voordele aan die samelewing nie, gevolglik word
                         hulle nie aangespoor om genoeg van die goedere te produseer
                         nie, wat lei tot ondervoorsiening. 
                     •   Goedere met positiewe eksternaliteite is nie winsgewend nie
                         omdat besighede nie vir die eksterne voordele beloon word
                         nie. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (2)

          4.2.5      Hoe kan die owerheid herstelmetodes gebruik om welvaart in
                     Suid-Afrika te herverdeel?

                     •   Die Wet op Gelyke Indiensneming kan gebruik word om
                         regstellende    aksie   te    bevorder   om     voorkeur     vir
                         werksgeleenthede aan voorheen benadeeldes te gee. 
                     •   Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) kan
                         gebruik word om die aantal swart mense wat besighede besit,
                         bestuur en beheer, betekenisvol te vermeerder.
                     •   Eiendomsubsidies en gratis behuising (HOP) kan gebruik word
                         om die voorheen benadeelde groepe te help om residensiële
                         eiendomme te besit. 
                     •   Grondrestitusie het ten doel om grond terug te gee of om
                         geldelike vergoeding aan diegene te betaal wat hulle grond
                         verloor het as gevolg van diskriminerende wette in praktyke ná
                         1913. 
                     •   Grondherverdeling het ten doel om die land se landbougrond te
                         herverdeel aan voorheen benadeelde persone. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)       (4)

 4.3      DATARESPONS

          4.3.1      Identifiseer die omgewingsprobleem, in die uittreksel hierbo,
                     wat verband hou met die vermindering van plant- en
                     dierespesies.
                     Biodiversiteitsverlies                                                   (1)

          4.3.2      Noem die metode wat deur die owerheid gebruik word om
                     omgewingsbewustheid te skep.
                     Onderwys                                                                 (1)

          4.3.3      Beskryf kortliks die term grondbesoedeling.
                     Vind plaas wanneer huishoudelike en nywerheidsafval op die
                     grondoppervlak geplaas/gegooi word. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Ekonomie/V2                                                     14                             DBE/November 2025
                                                         NSS – Nasienriglyne

          4.3.4                          Verduidelik die impak van chemiese afval op die omgewing.

                                         •   Chemiese afval, soos insekdoders en onkruiddoders, kan die
                                             onmiddellike dood van diere-en plantspesies veroorsaak. 
                                         •   Chemiese afval kan in die ondergrond insypel wat drinkwater
                                             kan besoedel. 
                                         •   Diere kan onvrugbaar raak as gevolg van chemiese afval. 
                                             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

          4.3.5                          Hoe kan die Basel Konvensie help om gevaarlike afval te
                                         bestuur?
                                         •   Die Basel Konvensie laat partye toe om gevaarlike afval na
                                             ander partye uit te voer wat nie deur die verbanning van sulke
                                             afval geraak word nie. 
                                         •   Die Konvensie laat partye nie toe om na nie-partye uit te voer of
                                             in te voer nie. 
                                         •   Partye is verplig om die invoer en uitvoer van gevaarlike afval te
                                             voorkom indien hulle redes het dat die afval nie op 'n
                                             omgewingsvriendelike manier by hulle bestemming hanteer sal
                                             word nie. 
                                             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)         (4)

 4.4      Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik ekonomiese verlies
          vir 'n volmaak mededingende firma.

               Prys/Koste/Inkomste
                                                                                 
                                                                           MK        GK

                                                                 a
              P1/R12 Ekonomiese
                                         verlies 
                                                                                               
                                                             e                          V = GI = MI
              P/R10

                                     0                      H/100                       Hoeveelheid     

                                                                    Puntetoekenning:
                                     • Korrekte benoeming van die asse = 1 punt
                                     • Korrekte posisionering en benoeming van kostekrommes = 1 punt
                                     • Korrekte posisionering en benoeming van inkomekrommes = 1 punt
                                     • Korrekte aanduiding van ekonomiese verlies =1 punt
                                                                                                        (Maks 4)

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Ekonomie/V2                                  15                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

           •   'n Firma minimaliseer verlies by punt e, waar MI = MK / By punt e produseer
               die firma 100 eenhede teen die prys P/R10. 
           •   Die firma maak ekonomiese verlies omdat die gemiddelde inkomste van
               (P/R10) minder as die gemiddelde koste van (P1/R12) is. 
           •   Die firma maak totale ekonomiese verlies van TI (P x H) – TK (GK x H) =
               (10 x 100) – (12 x 100) = R1 000 – R1 200 = -R200. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (Maks 4)            (8)

 4.5      Analiseer die strategieë (maniere) wat gebruik kan word om toerisme in
          Suid-Afrika te bevorder.

          •    Suid-Afrika kan toerisme bevorder deur verhoogde bemarking en
               advertering van verskillende toeristebestemmings om bewustheid van reis
               te skep en dit aan te moedig.  Byvoorbeeld die Shot 'left-veldtog. 
          •    Verbetering van infrastruktuur, soos kommunikasie en vervoer, in
               toeristebestemmings wat kan help om toeriste na verskillende
               toeristeterreine oor die land heen te lok. 
          •    Ontwikkeling van nuwe toeristeterreine en behoorlike instandhouding van
               bestaande terreine kan Suid-Afrika se toerismeprofiel te verbeter en meer
               toeriste te lok. 
          •    Beloning van besighede en individue wat die gehalte van toerismedienste
               verbeter, kan help om voortreflikheid in toerisme te bevorder. 
          •    Verbetering van die doeltreffendheid van toerisme-inligtingdienste kan help
               om toeriste na verskillende toeristebestemmings oor die land heen te
               versprei. 
          •    Bevordering van spesiale vakansiepakkette, soos die spesiale
               buiteseisoentariewe, kan binnelandse toeriste aanmoedig om in die land te
               reis. 
          •    Maak gebruik van die toerisme-indaba om Suid-Afrika se beste toerisme-
               produkte ten toon te stel en kan internasionale besoekers van oor die hele
               wêreld lok. 
          •    Bevorder plaaslike kultuur en bied toeriste 'n outentieke ervaring, bv. by
               kulturele dorpies, soos die Basotho- en Shangana-dorpies in Mpumalanga,
               kan help om internasionale toeriste-aankomste te verhoog. 
          •    Bevordering van die Wêrelderfenisterreine, soos Robbeneiland, kan
               toeriste lok om dit te besoek en die omgewings en kulturele uniekheid van
               Suid-Afrika te ervaar. 
          •    Bevordering van kunsfeeste, soos die Nasionale Kunstefees wat in
               Grahamstad (Makhanda), gehou word, kan meer internasionale toeriste lok
               om Suid-Afrika te besoek. 
          •    Die oplê van regverdige belastings op toerisme-aktiwiteite moedig
               buitelandse toeriste aan om Suid-Afrika te besoek. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (4 x 2)
               ('n Maksimum van 2 punte mag vir die blote opnoem van
               feite/voorbeelde toegeken word)                                                   (8)
                                                                                                 [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Ekonomie/V2                                 16                         DBE/November 2025
                                   NSS – Nasienriglyne

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek, in detail, met 'n grafiek wat langtermyn- ekonomiese wins toon, die
     kenmerke van 'n monopoliemarkstruktuur.                           (26 punte)
 •   Hoe kan die owerheid die misbruik van markkrag deur dominante besighede
     voorkom?                                                           (10 punte)
 INLEIDING
 Markstruktuur beskryf hoe kopers en verkopers organiseer is en in 'n mark op mekaar
 reageer/Verwys na die kenmerk van 'n mark wat hulle prestasie en die vlak van
 mededinging beïnvloed. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                         (Maks. 2)

 LIGGAAM
 HOOFDEEL
 MONOPOLIEMARKSTRUKTUUR
 Aantal firmas/besighede 
 • Die monopolis is die enigste verskaffer van 'n produk wat impliseer dat daar geen
    mededinging in hierdie markstruktuur is nie. 
 • Die monopolie is ook verantwoordelik vir die nywerheid se totale uitset ,
    byvoorbeeld Eskom is verantwoordelik vir die termiese elektriese bedryf. 
 Aard van produk 
 • Die produk is uniek en het geen nabye plaasvervangers nie , byvoorbeeld
    De Beers verkoop unieke diamante.
 • Verbruikers se keuse is beperk tot die produk verkoop deur die monopolis. 
 • Die produk het 'n relatief onelastiese vraag wat beteken dat die hoeveelheid wat
    aangevra word, minder op prysveranderinge reageer. 
 Marktoegang 
 • Toegang tot 'n monopoliemarkstruktuur is heeltemal geblok wat impliseer dat nuwe
    besighede nie toegang tot die mark het nie. 
 • 'n Monopolie word beskerm deur toetredingshindernisse, wat toelaat dat dit gunstige
    marktoestande kan geniet. 
     Hierdie hindernisse kan in twee hoofgroepe verdeel word:
     Natuurlike monopolieë 
     ➢ Hoë ontwikkelingskoste is dikwels 'n rede vir die bestaan van natuurlike
        monopolieë. 
     ➢ In Suid-Afrika is Eskom 'n voorbeeld van 'n natuurlike monopolie omdat die
        voorsiening van elektrisiteit, die bou van kragstasies en transmissielyne vereis
        wat miljarde rande kos. 
     ➢ 'n Enkele besigheid in die bedryf kan die hele mark teen 'n laer prys bedien as
        twee of meer besighede aangesien dit deur die owerheid gereguleer word. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Ekonomie/V2                                17                         DBE/November 2025
                                  NSS – Nasienriglyne

     Kunsmatige monopolieë 
     ➢ Kunsmatige monopolieë bestaan as gevolg van toetredingshindernisse wat nie
       ekonomies van aard is nie, soos 'n patent. 
     ➢ 'n Patent is die wettige en eksklusiewe reg van 'n patenthouer om 'n produk te
       vervaardig met gebruik van sy/haar unieke uitvindsel. 
     ➢ Lisensies beskerm monopolieë teen toegang van mededingers en is nog 'n
       manier waarvolgens 'n kunsmatige monopolie kan bestaan. 
     ➢ In Suid-Afrika word lisensies vir radio- en TV-uitsendings en
       telefoonkommunikasienetwerke vereis. 
 Prysbeheer 
 • 'n Monopolis kan die markprys beïnvloed en word as 'n prysmaker beskou. 
 • 'n Monopolis kan op 'n prys-hoeveelheid-kombinasie op die vraagkromme besluit
    wat dit die beste pas. 
 • Daar is altyd die moontlikheid van verbruikeruitbuiting omdat 'n monopolis die
    enigste verskaffer van 'n produk is. 
 • 'n Monopoliebesigheid kan uitset en verskaffing van die produk beperk om hoër
    pryse te vra alhoewel dit deur markvraag beperk word. 
 • 'n Monopolie kan nie buitensporige hoë pryse vra nie omdat verbruikers beperkte
    begrotings het. 
 • Die monopolis se produk moet meeding vir verbruikers se guns (en geld) met al die
    ander produkte wat in die ekonomie beskikbaar is. 
 Markinligting 
 • Beide koper en verkoper het volledige kennis van die marktoestande wat aandui dat
    daar volledige markinligting is. 
 • Daar is 'n hoë mate van deursigtigheid in die mark aangesien daar geen aansporing
    vir die monopolie is om inligting vir verbruikers weg te steek nie. 
 • In sommige gevalle word 'n monopolie miskien gekenmerk deur onvolledige inligting
    om deurdagte besluite te neem. 
 • Die monopolis kan inligting weerhou wat lei tot die uitbuiting van verbruikers en
    beperking van nuwe firmas wat die mark betree. 
 Vraagkromme 
 • 'n Monopolis kom te staan voor 'n normale vraagkromme wat afwaarts van links na
    regs neig. 
 • Die vraagkromme is relatief onelasties omdat die produk geen nabye vervangers
    het nie. 
 • Die vraagkromme van 'n monopolie is gelyk aan sy gemiddelde
    inkomstekromme.
 • Vir elke addisionele eenheid wat deur 'n monopolie verkoop word, is die
    grensinkome (marginale inkome) minder as die prys, dus lê die
    grensinkomekromme (marginale inkomekromme) onder die vraagkromme. 
 Ekonomiese wins/verlies 
 • 'n Monopolis kan op die korttermyn 'n ekonomiese wins of ekonomiese verlies
    verdien.
 • Ekonomiese verlies op die korttermyn sal die monopolie dwing om 'n nuwe
    produksie- aanleg te bou wat op die langtermyn ekonomiese wins sal lewer. 
 • Ekonomiese wins op die korttermyn stel die monopolie in staat om hulle
    produksieskaal of -kapasiteit uit te brei om op die langtermyn meer ekonomiese wins
    te maak. 
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Ekonomie/V2                                              18                             DBE/November 2025
                                                 NSS – Nasienriglyne

          Besluitneming 
          • 'n Monopoliebesigheid neem onafhanklik besluite omdat daar geen mededingers is
             nie. 
          • 'n Monopolie se besluite kan deur owerheidswette en -regulasies beïnvloed
             word. 
          Samespanning 
          • Samespanning is irrelevant omdat daar slegs een besigheid in die mark is. 
          Produktiewe en toedelingsdoeltreffendheid 
          • 'n Monopolie behaal nie produktiewe doeltreffendheid nie omdat uitset, geproduseer
             word sonder om die gemiddelde koste te minimaliseer. 
          • Toedelingsdoeltreffendheid word nie behaal nie omdat die uitset wat deur 'n
             monopolie geproduseer word, nie ooreenkom met die hoeveelheid deur verbruikers
             aangevra nie. 
          • Monopolie produseer uitsetvlakke waar die prys meer as die marginale koste
             is.                                                                  (Maks. 22)

          Langtermyn- ekonomiese wins

Prys/Koste/Inkomste
                                                             LMK

                                                                       LGK

                         Ekonomiese wins

                                                                         V = GI
                                                     MI

                                                                        Hoeveelheid

                                                      Puntetoekenning:
                      • Korrekte posisionering en benoeming van kostekrommes = 1 punt
                      • Korrekte posisionering en benoeming van inkomekrommes = 1 punt
                      • Korrekte aanduiding van ewewig / winsmaksimeringspunt = 1 punt
                      • Korrekte aanduiding van ekonomiese wins =1 punt
                                                                                          (Maks 4)

          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (Maks. 26)
          (Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/subopskrifte/voorbeelde toe)

 Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Ekonomie/V2                                  19                         DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 ADDISIONELE DEEL:

 •   Die owerheid kan die prysbepaling van goedere en dienste deur monopolieë reguleer
     om uitermatig hoë pryse te voorkom, ✓✓ byvoorbeeld NERSA reguleer die
     prysbepaling van elektrisiteit deur Eskom 
 •   Verminder of verwyder toegangshindernisse, soos patente en lisensies, in oligopolie-
     en monopoliebedrywe om nuwe besighede te lok en mededinging te verhoog. ✓✓
 •   Moedig privaatsektor-beleggings aan deur subsidies en aansporings om die
     dominansie van regeringsmonopolieë in bedrywe soos elektrisiteit, spoorwegvervoer
     te verklein. ✓✓
 •   Versterk die implementering van die mededingingsbeleid wat regverdige
     mededinging aanmoedig deur die Mededingingskommissie, Mededingingstribunaal
     en Mededingingsappélhof. ✓✓
 •   Die Mededingingskommissie kan hulle ondersoeke op oligopolieë en monopolieë te
     verskerp wat hulle markkragte misbruik deur meer amptenare te ontplooi om
     besigheidspraktyke te monitor. ✓✓
 •   Die Mededingingstribunaal moet boetes hef op alle dominante besighede wat skuldig
     is aan die misbruik van markkragte ten koste van ander besighede en
     verbruikers. ✓✓
 •   Voorkom markdominansie deur samesmeltings en oornames te verbied wat daartoe
     kan lei dat monopolieë verbruikers kan uitbuit. ✓✓
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks. 10)
     ('n Maksimum van 2 punte mag vir die blote opnoem van feite/voorbeelde
     toegeken word)

 GEVOLGTREKKING
 Monopolieë kan lei tot lae ekonomiese groei en hoë inflasie wat tot 'n lae
 lewensstandaard kan lei. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-gevolgtrekking)
                                                                  (Maks. 2)                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Ekonomie/V2                                20                         DBE/November 2025
                                  NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                   40 PUNTE – 40 MINUTE
 •   Bespreek, in detail, die maatreëls om inflasie te bekamp. (26 punte)
 •   Hoe kan Suid-Afrika se handelsvennote, soos die VSA en China, die
     binnelandse inflasiekoers beïnvloed?                      (10 punte)
 INLEIDING
 Inflasie is 'n aansienlike en volhoubare styging in die algemene prysvlak van goedere
 en dienste oor 'n sekere tydperk. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                           (Maks. 2)
 LIGGAAM
 HOOFDEEL:
 MAATREËLS OM INFLASIE TE BEKAMP
 MONETÊRE BELEIDSMAATREËLS ✓
 • Monetêre beleid in Suid-Afrika word deur die SARB geformuleer en binne die
   inflasieteikenraamwerk van 3-6 % geïmplementeer.
 • Monetêre beleidsmaatreels wat geneem kan word, sluit die volgende in:-
 Rentekoerse ✓
 • Die SARB bekamp inflasie deur die repokoers te verhoog wat dit duurder maak om
   geld te leen. ✓✓
 • Banke dra die verhoogde leningskoste (repokoers) oor aan huishoudings en
   besighede deur die rentekoers te verhoog. ✓✓
 • Hoë rentekoerse ontmoedig verbruikers om onnodige krediet aan te gaan wat help
   om verbruikerbesteding te ontmoedig. ✓✓
 • 'n Vermindering van kredietskepping lei tot 'n vermindering in die geldvoorraad wat
   daardeur vraagtrek-inflasie verminder. ✓✓
 • Die verhoging van rentekoerse stabiliseer die waarde van die geldeenheid wat help
   om kostedruk-inflasie te verminder deur laer invoerkoste. ✓✓
 Opemark-transaksies / Opemark-werksaamhede ✓
 • Die SARB kan die voorraad geld direk vergroot deur regeringseffekte op die ope
   mark te verkoop. ✓✓
 • Wanneer banke effekte koop, vloei geld van banke na die SARB wat die
   geldvoorraad verklein. ✓✓
 • Die verkleining van die geldvoorraad sal die totale vraag na geldvoorraad verlaag
   wat vraagtrekinflasie beheer. ✓✓
 Kontantreserwevereistes ✓
 • Daar word van handelsbanke vereis om 'n sekere minimum hoeveelheid kontant by
   die sentrale bank te hou. ✓✓
 • 'n Verhoging in die kontantreserwevereiste-beperkings beperk die bedrag geld wat
   banke as krediet kan uitgee en help om inflasie te bekamp. ✓✓
 Morele oorreding ✓
 • Die SARB kan handelsbanke oorreed om op 'n verantwoordelike wyse op te tree
   wanneer krediet onder inflasionêre toestande toegestaan word. ✓✓
 • Morele oorreding help om inflasie te verminder want krediet sal aan minder
   verbruikers toegestaan word. ✓✓

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Ekonomie/V2                                 21                         DBE/November 2025
                                   NSS – Nasienriglyne

 FISKALE BELEIDSMAATREËLS✓
 • Fiskale maatreëls is maatreëls wat deur die Minister van Finansies getref word met
    betrekking tot belasting en besteding. ✓✓
 • Die volgende stappe kan gedoen word:
 Owerheidbesteding ✓
 • Die regering kan besteding verminder deur sommige regeringsprojekte, soos pad-,
   hospitaal- en skoolkonstruksie, uit te stel. ✓✓
 • Totale vraag sal verminder wat vraagtrek-inflasie sal verminder. ✓✓
 • Die owerheid kan 'n begrotingstekort finansier uit die nie-bankwese-sektor om
   inflasie te beperk. ✓✓
 Belasting ✓
 • Die owerheid kan direkte belasting, soos persoonlike inkomstebelasting, verhoog om
    vraag te verminder. ✓✓
 • 'n Verhoging in indirekte belasting (BTW) veroorsaak 'n verlaging in besteding omdat
    goedere te duur word. ✓✓
 • Die regering kan 'n bybetaling hef op ingevoerde goedere wat die pryse daarvan sal
    laat styg, wat verbruikersbesteding sal ontmoedig. ✓✓
 • 'n Leningsheffing kan gebruik word om die besteebare inkomste van verbruikers te
    verminder. ✓✓
 • Die owerheid kan belasting op spaargeld verminder, of belastingvrye spaarrekeninge
    instel om spaar aan te moedig en besteding te verminder. ✓✓
 ANDER MAATREËLS
 Addisionele maatreëls wat gebruik kan word om inflasie te bekamp, sluit in:
 Verhoog produktiwiteit ✓
 • Verbeterde onderwys en opleiding om produktiwiteit te verhoog wat help om die
    gemiddelde produksiekoste te verlaag en totale aanbod te verhoog. ✓✓
 • Investering in tegnologie om produktiwiteit te verbeter wat die produksiekoste sal
    verlaag. 
 Moedig mededinging aan:
 • Aanmoedinging van mededinging binnelands en van oorsee wat help om hoë
   winsgrense/winsmarges deur besighede te beheer. 
 • Aanmoediging van kleinsake-ontwikkeling om mededinging te verhoog en die
   verskaffing van goedere en dienste te verhoog
 Prysbeheer ✓
 • Die owerheid verseker dat sekere noodsaaklike goedere bekostigbaar bly deur die
    pryse te beheer, soos maksimumpryse. ✓✓
 Loonbeleid ✓
 • Implementering van 'n loonbeleid om die inflasionêre spiraal van ‘n verhoging in lone
    en pryse te verbreek. ✓✓
 Strenger voorwaardes vir verbruikerkrediet ✓
 • Die Nasionale Kredietreguleerder kan strenger vereistes vir verbruikerkrediet instel
    wat die totale vraag sal verminder. ✓✓
 Invoerbeheermaatreëls word verslap ✓
 • Meer invoere kan help om die plaaslike voorraad/verskaffing van goedere en dienste
    aan te vul, wat inflasie sal verminder wat deur produktekorte veroorsaak word. ✓✓
 • Vermindering in invoerbeheer help om die koste van ingevoerde produksie-insette te
    verlaag, soos landbou-chemikalieë, goedkoper en verminder produksiekoste. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-memo-eng/75fe79dc-5067-4113-aa9a-b15a64821265) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-afr/b4dfb506-dfe9-4930-b505-6849623db422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-eng/b9d108c8-dee7-4edd-b6e0-86a83081b665) — Economics · Memo · 2015 · Eng
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-afr/4dc5134c-c4d5-4ab7-afff-23e02987ed56) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — Economics · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
