# Economics Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/4194f169-b977-4af7-b63c-bb3cd8bc1cfc
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/4194f169-b977-4af7-b63c-bb3cd8bc1cfc)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                EKONOMIE V1

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                                 2                        DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
          AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
          nagesien word NIE.

 3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

 5.       Lees die vrae aandagtig deur.

 6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
          konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V1                                   3                       DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING A (VERPLIGTEND)        2025

 VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE
 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
          1.1.1      Skommelinge in ekonomiese aktiwiteit wat deur kragte binne die
                     markstelsel veroorsaak word, word as 'n … sakesiklusse beskou.
                     A   endogene verduideliking van
                     B   eksogene verduideliking van
                     C   monetaristiese benadering tot
                     D   klassieke benadering tot
          1.1.2      Die som van marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) en marginale
                     spaargeneigdheid (msg) in 'n tweesektor-model is gelyk aan …
                     A   2.
                     B   1.
                     C   0,5.
                     D   0,75.
          1.1.3      Wanneer staatsdepartemente te veel reëls en prosedures volg ten
                     koste van gehalte-dienslewering, staan dit as ... bekend.
                     A   onverskilligheid
                     B   doeltreffendheid
                     C   gewinsoekende
                     D   burokrasie
          1.1.4      Wanneer 'n land meer uitsette as ander lande met dieselfde insette
                     produseer, word daarna as 'n ... voordeel verwys.
                     A   mededingende
                     B   relatiewe
                     C   absolute
                     D   vergelykende
          1.1.5      'n Invoerreg wat as 'n vaste bedrag per eenheid, gewig of grootte
                     van ingevoerde goedere gehef word, word 'n ... tarief genoem.
                     A   ad valorem-
                     B   saamgestelde
                     C   enkele
                     D   spesifieke
          1.1.6      Die Suid-Afrikaanse regering verseker 'n meer billike herverdeling
                     van inkomste deur 'n ... belastingstelsel te gebruik.
                     A   proporsionele
                     B   progressiewe
                     C   regressiewe
                     D   veelvoudige

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V1                                    4                            DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

          1.1.7        Die nywerheidsontwikkelingstrategie wat op verbetering van
                       mededingendheid in produksie fokus, staan as die ... bekend.
                       A    Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
                       B    Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk
                       C    Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie
                       D    Nywerheidsbeleid-aksieplan
          1.1.8        Die ekonomies aktiewe bevolking bestaan uit mense tussen die
                       ouderdom van ...
                       A    15 en 54.
                       B    15 en 34.
                       C    15 en 64.
                       D    15 en 74.                                                 (8 x 2)      (16)
 1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
                      KOLOM A                                  KOLOM B
          1.2.1      Bruto binnelandse       A    die waarde van 'n geldeenheid word slegs
                     besteding                    deur die kragte van vraag en aanbod
                                                  bepaal
          1.2.2      Tendenslyn
                                             B    ontwikkelende lande wat vinnige
          1.2.3      Mediumtermyn-                ekonomiese groei en industrialisasie
                     begrotingsbeleids-           ondergaan
                     verklaring
                                             C    die verhouding tussen reële uitset en
          1.2.4      Vryswewende                  faktorinset
                     wisselkoersstelsel
                                             D    'n geografiese gebied wat 'n groepering
          1.2.5      Opkomende markte             van besighede in 'n spesifieke sektor
                                                  aandui, soos vervaardiging en tegnologie
          1.2.6      Monetêre beleid
                                             E    bestaan uit 'n drie-jaar- aaneenlopende
          1.2.7      Nywerheidskern               uitgawe en inkome-vooruitskatting van
                                                  die owerheid
          1.2.8      Produktiwiteit
                                             F    veranderinge in rentekoerse en
                                                  geldvoorraad om die ekonomie te
                                                  beïnvloed

                                             G    die bedrag geld bestee aan finale goedere
                                                  en dienste binne die grense van 'n land

                                             H    die waarde van 'n geldeenheid word deur
                                                  die owerheid vasgepen

                                             I    toon die algemene rigting waarin die
                                                  ekonomie beweeg
                                                                                      (8 x 1)      (8)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V1                                 5                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
          die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
          Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

          1.3.1      'n Afname in die reële bruto binnelandse produk vir ten minste twee
                     agtereenvolgende jare

          1.3.2      Die kromme wat die verhouding tussen belastingkoerse en
                     belastinginkome vir die owerheid illustreer

          1.3.3      Die ruil van goedere en dienste tussen verskillende lande

          1.3.4      'n Handelsbeleid wat owerhede gebruik om plaaslike nywerhede
                     teen onregverdige buitelandse mededinging te beskerm

          1.3.5      'n Grondhervormingsprogram wat beoog om mense wat hulle grond
                     as gevolg van diskriminerende wette van die verlede verloor het, te
                     vergoed

          1.3.6      Die sosiale aanwysers wat met die inligting oor die grootte en
                     struktuur van 'n bevolking verband hou                  (6 x 1)           (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V1                                     6                               DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE            van      die   drie   vrae   in   hierdie    afdeling   in   die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                              40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1      Beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1       Gee enige TWEE voorbeelde van leidende aanwysers.                     (2 x 1)     (2)

          2.1.2       Hoe kan die owerheid niebetalers van die verbruik van openbare
                      goedere uitsluit?                                       (1 x 2)                   (2)

 2.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  FINANSIЁLE REKENING VAN BETALINGSBALANS (BB) – 2024

              ITEMS                                                              R miljoen
              Netto direkte investering                                              68 622
              Netto portefeulje-investering                                         -23 348
              Netto finansiële afgeleides                                             4 311
              Netto ander investering                                                13 481
              Reserwebates                                                                 A
              Saldo op die finansiële rekening                                       62 869
              Memo-item: saldo van finansiële rekening,                              63 066
              reserwebates uitgesluit
              Onaangetekende transaksies                                            -18 613
          'n Toename in reserwebates word deur 'n negatiewe (-) teken en 'n afname
          deur 'n positiewe (+) teken aangedui.

                                          [Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2024]

          2.2.1       Identifiseer die item in die tabel hierbo wat die koop van aandele
                      aanteken.                                                                         (1)

          2.2.2       Noem die subrekening van die Betalingsbalans wat transaksies
                      aanteken wat met skuldvergewing verband hou.                                      (1)

          2.2.3       Beskryf kortliks die term direkte investering.                                    (2)

          2.2.4       Verduidelik die doel van onaangetekende transaksies in die
                      Betalingsbalans.                                                                  (2)

          2.2.5       Gebruik die inligting hierbo om te bepaal of daar 'n toename of
                      afname in die reserwebates (A) is. Toon ALLE berekeninge.                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V1                                            7                         DBE/November 2025
                                                  NSS Vertroulik

 2.3                Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 PHILLIPS-KROMME
                                          PK

        Inflasiekoers (%)

                            0
                                                                                   Werkloosheids-
                                                                                     koers (%)

                    2.3.1       Identifiseer in die grafiek hierbo die vlak van inflasie waar die
                                werkloosheidskoers 10% is.                                               (1)

                    2.3.2       Gee die konsep wat verband hou met die vlak van werkloosheid
                                waar die inflasiekoers nul is.                                           (1)

                    2.3.3       Beskryf kortliks die konsep nuwe ekonomiese paradigma in verband
                                met sakesiklusse.                                                        (2)

                    2.3.4       Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie soos
                                deur die grafiek hierbo geïllustreer.                                    (2)

                    2.3.5       Hoe kan die owerheid doeltreffendheid van markte in die ekonomie
                                verbeter?                                                  (2 x 2)       (4)

 2.4                Bespreek kortliks volle indiensneming en ekonomiese gelykheid as makro-
                    ekonomiese doelwitte van die owerheid.                           (2 x 4)             (8)

 2.5                Hoe kan die appresiasie van die rand die Suid-Afrikaanse ekonomie
                    beïnvloed?                                                  (4 x 2)                  (8)
                                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V1                                                                8                                DBE/November 2025
                                                                      NSS Vertroulik

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1      Beantwoord die volgende vrae.

          3.1.1                                    Noem enige TWEE internasionale organisasies wat vereis dat
                                                   lidlande ekonomiese en sosiale aanwysers standaardiseer. (2 x 1)                (2)

          3.1.2                                    Hoe kan uitvoerbevordering tot ekonomiese groei lei?               (1 x 2)      (2)

 3.2      Bestudeer die staafgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 SUID-AFRIKA SE ALGEMENE HUISHOUDINGSOPNAME
                                                        OOR TOEGANG TOT DIENSTE – 2024

              Persentasie van huishoudings met
                                                 100
                                                                           87%                89,8%
                                                  90     83,3%
                                                  80
                                                  70
                                                                                                                60%
                                                  60

                           toegang
                                                  50
                                                  40
                                                  30
                                                  20
                                                  10
                                                   0
                                                        Sanitasie       Drinkwater          Elektrisiteit       Vullis-
                                                                                                             verwydering
                                                                                          [Aangepas uit StatsSA GHS, Mei 2024]

          3.2.1                                    Identifiseer in die grafiek hierbo die diens waartoe huishoudings die
                                                   minste toegang het.                                                             (1)

          3.2.2                                    Noem die sosiale aanwyser wat verband hou met die migrasie van
                                                   mense van plaaslike na stedelike gebiede.                                       (1)

          3.2.3                                    Beskryf kortliks die term sanitasie.                                            (2)

          3.2.4                                    Verduidelik die impak van 'n toename in die bevolking op 'n land se
                                                   arbeidsmag.                                                                     (2)

          3.2.5                                    Hoe kan toegang tot skoon water 'n land se ekonomiese prestasie
                                                   verhoog?                                                 (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V1                                  9                             DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  HANDELSOOREENKOMSTE

          Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) administreer 'n aantal
          handelsooreenkomste of protokolle sowel as ander internasionale instrumente
          ten opsigte van die Wet op Doeane en Aksyns, 1964 (Wet 91 van 1964).

          Onder hulle is die Suider-Afrikaanse Doeane-unie(SADU)-ooreenkoms tussen
          die owerhede van sommige Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
          (SAOG)-state.

                                     [Aangepas uit SAID, Handelsooreenkomste, September 2024]

          3.3.1      Identifiseer in die uittreksel hierbo die handelsooreenkoms wat
                     beoog om Suider-Afrika se maatskaplike en ekonomiese raamwerk
                     te herbou en ontwikkel.                                                      (1)

          3.3.2      Noem die internasionale organisasie wat vryhandel fasiliteer.                (1)

          3.3.3      Beskryf kortliks die term handelsliberalisering.                             (2)

          3.3.4      Verduidelik 'n voordeel van die Wet op Groei en Geleenthede in
                     Afrika (AGOA) vir Suid-Afrika.                                               (2)

          3.3.5      Hoe kan storting produsente in invoerlande beïnvloed?            (2 x 2)     (4)

 3.4      Bespreek kortliks die Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtigingprogram
          (BBSEB) en die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS) as Suid-
          Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide en strategiese inisiatiewe. (2 x 4)           (8)

 3.5      Hoe kan veranderinge in die verskillende ekonomiese aanwysers gebruik word
          om verbetering in die prestasie van die ekonomie te toon?           (4 x 2)             (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V1                                 10                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1      Beantwoord die volgende vrae.

          4.1.1      Noem enige TWEE vraagredes vir internasionale handel.           (2 x 1)     (2)

          4.1.2      Hoe kan geletterdheidsvlakke in ontwikkelende lande verbeter
                     word?                                                (1 x 2)                (2)

 4.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                         [Aangepas uit Dall-e, Januarie 2025]

          4.2.1      Identifiseer EEN faktor in die spotprent hierbo wat tot swak
                     openbaresektor-voorsiening bydra.                                           (1)

          4.2.2      Noem die soort openbare goedere wat gratis verskaf word.                    (1)

          4.2.3      Beskryf kortliks die term openbaresektor-mislukking.                        (2)

          4.2.4      Verduidelik die uitwerking van 'n styging in belasting op
                     toegevoegde waarde (BTW) op besighede.                                      (2)

          4.2.5      Hoe kan die privatisering van parastatale die owerheid positief
                     beïnvloed?                                              (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V1                                   11                             DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     UITGEBREIDE OPENBARE WERKE-PROGRAM (UOWP)

          Die implementering van die UOWP fokus op sleuteldienslewering-intervensies,
          soos afvalbestuur, die teer van paaie, die herstel van slaggate en die
          onderhoud van openbare fasiliteite.

          Die program sal versterk word om werksgeleenthede te skep vir die jeug, vroue
          en plaaslike arm gemeenskappe, wat die las van lae ekonomiese groei en
          werkloosheid dra.

                                                    [Aangepas uit https://www.gov.za/news/media]

          4.3.1       Identifiseer in die uittreksel hierbo 'n sosio-ekonomiese probleem
                      wat deur die Uitgebreide Openbare Werke-program hanteer word.                  (1)

          4.3.2       Noem die groei en ontwikkelingsbeleid wat beoog om teen 2030
                      armoede uit te skakel en ongelykhede te verminder.                             (1)

          4.3.3       Beskryf kortliks die term arbeidsintensief.                                    (2)

          4.3.4       Verduidelik die impak van swak infrastruktuur op ekonomiese groei.             (2)

          4.3.5       Hoe kan die Uitgebreide Openbare Werke-program help om die
                      lewenstandaard te verbeter?                          (2 x 2)                   (4)

 4.4      Bespreek kortliks spesialisasie en innovasie as argumente ten gunste van
          vryhandel.                                                        (2 x 4)                  (8)

 4.5      Ontleed die fiskale beleidsmaatreëls wat gebruik kan word om die ekonomie te
          demp.                                                                 (4 x 2)              (8)
                                                                                                     [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V1                                    12                            DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                   PUNTE-
                         STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                 TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                            Maks. 2
 • 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te
      definieer of te omskryf.
 • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 • MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 • MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek            Maks. 26
 krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/
 Assesseer/Debatteer
 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.

 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/Vergelyk/    Maks. 10
 Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
 • 'n Kort samevatting van wat reeds bespreek is, sonder die herhaling van
     feite wat reeds genoem is
 • Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 • Aanbevelings
 TOTAAL                                                                              40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail die markte in die viersektor- ekonomiesekringloop-model.
                                                                             (26 punte)

 •   Evalueer die bydrae van die sakesektor tot die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse
     ekonomie.                                                                (10 punte)         [40]

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail Suid-Afrika se inisiatiewe (pogings) in streeksontwikkeling.
                                                                                (26 punte)

 •   Hoe kan die owerheid aansporings gebruik om nywerheidsontwikkeling te bevorder?
                                                                           (10 punte)            [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                         GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Economics P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-eng/b1052aed-ab62-4114-83b8-91a086ab3d3e) — Economics · QP · 2014 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Economics · Memo · 2025 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
