# Economics Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/c69657f1-7d25-4065-8b00-3e596e4036e6
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/c69657f1-7d25-4065-8b00-3e596e4036e6)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                 EKONOMIE V2

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
          AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
          nagesien word NIE.

 3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

 5.       Lees die vrae aandagtig deur.

 6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
          konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                     3                       DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING A (VERPLIGTEND)         2025

 VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE
 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
          1.1.1      Die koste wat altyd sal daal wanneer produksie styg, staan as …
                     koste bekend.
                     A   gemiddelde
                     B   gemiddelde veranderlike
                     C   totale
                     D   gemiddelde vaste

          1.1.2      Die vraagkromme van 'n monopolistiese mededinger is …
                     A   relatief elasties.
                     B   relatief onelasties.
                     C   volmaak elasties.
                     D   volmaak onelasties.
          1.1.3      Die prys wat deur die owerheid vasgestel word, wat hoër as die
                     ewewigsprys is, om produsente in staat te stel om 'n billike wins te
                     maak, word … genoem.
                     A   markprys
                     B   verkoopsprys
                     C   maksimum prys
                     D   minimum prys
          1.1.4      Die onvermoë van besighede om goedere en dienste teen die laagste
                     moontlike    gemiddelde    koste te    vervaardig,    word     …
                     ondoeltreffendheid genoem.
                     A   toedelings-
                     B   mark-
                     C   produktiewe
                     D   verdelings-
          1.1.5      Wanneer die algemene prysvlak styg, sal die werklike waarde van
                     spaargeld …
                     A   styg.
                     B   daal.
                     C   dieselfde bly.
                     D   toeneem.
          1.1.6      Die aktiwiteite van mense wat plekke vir vergaderings en
                     konferensies besoek, staan as …-toerisme bekend.
                     A   paleo
                     B   besigheids
                     C   ontspannings
                     D   eko
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                    4                         DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

          1.1.7      Internetfasiliteite wat deur toeriste benodig word, word …-
                     infrastruktuur genoem.

                     A   vervoer
                     B   energie
                     C   kommunikasie
                     D   basiese-dienste

          1.1.8      Die proses om afvalmateriaal na ekonomiese goedere te verwerk,
                     staan as … bekend.

                     A   herwinning
                     B   hergebruik
                     C   rommel strooi
                     D   herstel                                                    (8 x 2)     (16)

 1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                      KOLOM A                                  KOLOM B
          1.2.1      Homogene produkte         A   metode gebruik om die uitwissing van
                                                   niehernubare hulpbronne te voorkom
          1.2.2      Prysnemer
                                               B   mense wat goedere en dienste geniet
          1.2.3      Samespanning                  sonder om daarvoor te betaal
          1.2.4      Saamryers/Niebetalers C die aktiwiteite van mense wat na en van
                                             plekke buite hulle normale omgewing
          1.2.5      Inflasieteiken/Stel
                                             reis en daar oorbly
                     inflasiemikpunte
                                           D 'n firma wat geen invloed oor die
          1.2.6      Ekotoerisme
                                             markprys het nie
          1.2.7      Toerisme
                                           E goedere wat identies is met betrekking
          1.2.8      Bewaring                tot voorkoms, verpakking en gehalte

                                               F   monetêre beleidsbenadering gebruik
                                                   deur die SARB om prysveranderinge
                                                   binne 3–6% te hou

                                               G 'n ooreenkoms tussen firmas in
                                                 dieselfde bedryf om mededinging deur
                                                 prysknoeiery te verminder

                                               H 'n firma wat beheer oor die markprys
                                                 het

                                               I   aktiwiteite van mense wat plekke
                                                   besoek om die natuurlike omgewing te
                                                   geniet
                                                                                    (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                 5                         DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
          die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
          Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

          1.3.1      'n Mark waar besluite, sonder owerheidsinmenging, aan individuele
                     kopers en verkopers oorgelaat word

          1.3.2      Die persentasie totale verkope in 'n bedryf wat deur 'n spesifieke
                     besigheid beheer word

          1.3.3      'n Tegniek wat gebruik word om die maatskaplike koste en voordele,
                     wat met openbare projekte geassosieer word, te evalueer

          1.3.4      'n Algemene styging in pryse wat deur toenames in die koste van
                     produksiefaktore veroorsaak word

          1.3.5      Plekke wat deur die Verenigde Nasies as plekke van kulturele,
                     historiese en wetenskaplike belang genoem word

          1.3.6      Die geleidelike styging in die temperatuur van die Aarde se
                     atmosfeer as gevolg van 'n toename in koolstofuitstralings (6 x 1)       (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                     6                            DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE             van   die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1      Beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van oligopoliemarkte.                 (2 x 1)      (2)

          2.1.2        Waarom sou 'n volmaak mededingende firma dit oorweeg om sy
                       bedrywighede te sluit?                               (1 x 2)                 (2)

 2.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    KOSTE-EN-INKOMESKEDULE
              Hoeveelheid        Totale       Grens-   Marginale                   Totale
                                inkome       inkome     koste                      koste
                                 (rand)       (rand)    (rand)                     (rand)
                   0                0            -         -                         100
                   2                40          20        10                         120
                   4                80          20         8                         136
                   6               120          20        10                         156
                   8               160          20        20                         196
                  10               200          20         A                         256

          2.2.1        Identifiseer die winsmaksimeringshoeveelheid in die tabel hierbo.            (1)

          2.2.2        Noem die konsep wat verwys na inkome verdien deur 'n besigheid
                       vir elke eenheid verkoop.                                                    (1)

          2.2.3        Beskryf kortliks die term implisiete koste.                                  (2)

          2.2.4        Waarom is die grensinkome vir 'n volmaak mededingende firma
                       dieselfde wanneer produksie toeneem?                                         (2)

          2.2.5        Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die marginale koste (A)
                       te bereken indien 10 eenhede geproduseer word. Toon ALLE
                       berekeninge.                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                       7                             DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      BELASTING OP PRODUKSIE

                                                                        A1
              PRYS               V
                                                                                   A

                                                  e1
                     P1
                                                             e
                     P

                            A1              A                                  V

                          O                        H1        H
                                                                               HOEVEELHEID

          2.3.1           Identifiseer die oorspronklike ewewigsprys in die grafiek hierbo.                 (1)

          2.3.2           Gee enige EEN voorbeeld van 'n direkte belasting.                                 (1)

          2.3.3           Beskryf kortliks die term Pareto-doeltreffendheid.                                (2)

          2.3.4           Waarom hef die owerheid aksynsregte, soos sondebelasting, op
                          niemerietegoedere?                                                                (2)

          2.3.5           Hoe kan produsentesubsidies die ekonomie positief beïnvloed?
                                                                                    (2 x 2)                 (4)

 2.4      Bespreek kortliks die immobiliteit van produksiefaktore en gebrek aan inligting
          as faktore wat tot die wantoedeling van hulpbronne in markte kan lei. (2 x 4)                     (8)

 2.5      Waarom sou 'n firma in 'n volmaakte mark altyd op lang termyn normale wins
          maak?                                                              (4 x 2)                        (8)
                                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                   8                              DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                         40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1      Beantwoord die volgende vrae.

          3.1.1      Noem enige TWEE benaderings wat in bevel-en-beheerstelsels
                     gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. (2 x 1)                    (2)

          3.1.2      Waarom word die toeristebedryf as arbeidsintensief beskou? (1 x 2)              (2)

 3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               TOURISM TRANSFORMATION FUND
                             ('TOERISMETRANSFORMASIEFONDS')

          Die Tourism Transformation Fund (TTF) is 'n befondsingsmeganisme vir
          kapitaalbelegging wat deur die Departement van Toerisme ingestel is. Dit is in
          samewerking met die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF) ingestel en fokus
          op finansiële steun vir entrepreneurs wat in die toerismesektor belê.

          Die TTF verskaf fondse vir skenkings, skuldfinansiering en aandelebydraes om
          kapitaalbelegging in die toerismesektor te fasiliteer. Deur vennootskappe is die
          NBF verantwoordelik vir die administrasie van die TTF.

                                                         [Aangepas uit http://www.tourism.gov.za]

          3.2.1      Identifiseer 'n owerheidinisiatief in die uittreksel hierbo wat finansiële
                     hulp vir toerismebeleggings verskaf.                                            (1)

          3.2.2      Noem 'n ekonomiese sektor waaronder toerisme geklassifiseer
                     word.                                                                           (1)

          3.2.3      Beskryf kortliks die term kulturele toerisme.                                   (2)

          3.2.4      Verduidelik die belangrikheid van openbare-privaat-vennootskappe
                     (OPV's) in die ontwikkeling van toeristebestemmings.                            (2)

          3.2.5      Hoe kan natuurrampe 'n negatiewe impak op die toeristebedryf hê?
                                                                               (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                    9                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 3.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       INTERNASIONALE PROTOKOLLE EN OOREENKOMSTE
                             OOR OMGEWINGSVOLHOUBAARHEID

                                                             STOCKHOLM PROTOKOL
                                                                    1972

                     RIO+20-BERAAD
                          2012

                                                                      [Bron: Caglecartoons.com]

          3.3.1        Identifiseer, in die spotprent hierbo, die internasionale ooreenkoms
                       wat na die wêreldberaad oor volhoubare ontwikkeling verwys.                (1)

          3.3.2        Noem die omgewingsprobleem wat met die verwydering van bome
                       verband hou.                                                               (1)

          3.3.3        Beskryf kortliks die term bemarkbare permit.                               (2)

          3.3.4        Verduidelik die impak van die verlies aan inheemse kennis op die
                       omgewing.                                                                  (2)

          3.3.5        Waarom slaag markte nie daarin om omgewingsvolhoubaarheid te
                       verseker nie?                                        (2 x 2)               (4)

 3.4      Bespreek kortliks die effekte van toerisme op bruto binnelandse produk (BBP)
          en armoede.                                                           (2 x 4)           (8)

 3.5      Analiseer die verskillende internasionale maatreëls om klimaatsverandering te
          verminder.                                                            (4 x 2)           (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                   10                              DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1      Beantwoord die volgende vrae.

          4.1.1         Gee enige TWEE voorbeelde van private koste wat met die bou van
                        'n skool geassosieer word.                               (2 x 1)                (2)

          4.1.2         Hoe kan gronderosie 'n impak op landbouproduksie hê?              (1 x 2)       (2)

 4.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  ONVOLMAAKTE VERSPREIDING VAN INKOME EN WELVAART

                                                              NEE
                                                               NEE–– DIS
                                                                     DIS
                                                             HEELTEMAL
                                                              HEELTEMAL
                                                             NATUURLIK!
                                                              NATUURLIK!
                     HAAI, DAAR IS
                       INKOME-
                     ONGELYKHEID           JA, MAAR DIS
                     IN DIE MARK.          MENSGEMAAK.

                                                          [Aangepas uit https://www.bostonglobe.com/]

          4.2.1         Identifiseer die rede vir die ongelyke verspreiding van inkome en
                        welvaart in die spotprent hierbo.                                               (1)

          4.2.2         Gee 'n ekonomiese term wat verwys na die laagste vergoeding van
                        arbeid wat deur die owerheid vasgestel word.                                    (1)

          4.2.3         Beskryf kortliks die term progressiewe inkomstebelasting.                       (2)

          4.2.4         Waarom bied markte te min goedere aan wat positiewe
                        eksternaliteite oplewer?                                                        (2)

          4.2.5         Hoe kan die owerheid herstellingsmetodes gebruik om welvaart in
                        Suid-Afrika te herverdeel?                              (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                 11                               DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       BESTUUR AFVAL

          Die bestuur van gevaarlike afval en chemiese afval vereis behoorlike
          identifikasie, hantering, berging en vervoer om biodiversiteitsverlies te
          voorkom. Die berging van afval in aangewese, goed geventileerde areas en die
          gebruik van geskikte houers voorkom lekplekke en reaksies.

          Maatskappye moet werknemers oplei oor veilige hanteringsprosedures en
          duidelike etikettering van houers met gevaarsimbole en afvalbeskrywings.

                                                        [Aangepas uit https://www.vetorstock.com]

          4.3.1      Identifiseer die omgewingsprobleem in die uittreksel hierbo, wat met
                     die vermindering van plant- en dierespesies verband hou.                        (1)

          4.3.2      Noem die metode wat deur die owerheid gebruik word om
                     omgewingsbewustheid te skep.                                                    (1)

          4.3.3      Beskryf kortliks die term grondbesoedeling.                                     (2)

          4.3.4      Verduidelik die impak van chemiese afval op die omgewing.                       (2)

          4.3.5      Hoe kan die Basel Konvensie help om gevaarlike afval te bestuur?
                                                                                (2 x 2)              (4)

 4.4      Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik ekonomiese verlies vir
          'n volmaak mededingende firma.                                                             (8)

 4.5      Analiseer die strategieë (maniere) wat gebruik kan word om toerisme in
          Suid-Afrika te bevorder.                                         (4 x 2)                   (8)
                                                                                                     [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                   12                              DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                            Maks. 2
 • 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
     te definieer of te omskryf.
 • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 • MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
 • MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Bespreek in detail met die hulp van grafieke/       Maks. 26
 Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/
 Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/             Maks. 10
 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
 • 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
     van feite wat reeds genoem is
 • Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 • Aanbevelings
 TOTAAL                                                                              40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek, in detail, met 'n grafiek wat langtermyn- ekonomiese wins toon, die
     kenmerke van 'n monopoliemarkstruktuur.                            (26 punte)
 •   Hoe kan die owerheid die misbruik van markkrag deur dominante besighede
     voorkom?                                                      (10 punte)                     [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                        40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek, in detail, die maatreëls om inflasie te bekamp.                     (26 punte)
 •   Hoe kan Suid-Afrika se handelsvennote, soos die VSA en China, die binnelandse
     inflasiekoers beïnvloed?                                            (10 punte)               [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                       GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — Economics · QP · 2025 · Eng
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2014-eng/a0605149-0015-4c96-8a8d-a943ea910a5c) — Economics · QP · 2014 · Eng
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Economics · Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Economics · Memo · 2025 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-english/aacdfc1e-7b8b-44f0-9fa9-4d71d621503b) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
