# Economics Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/6c651025-f4c4-4502-bb8c-076d1d0d0d32
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/6c651025-f4c4-4502-bb8c-076d1d0d0d32)

## About this document

Economics · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                  GRAAD 12

                                 EKONOMIE V1
                                   JUNIE 2025

PUNTE:     150

TYD:       2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                                  2                             NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende inligting aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.   Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 4.   Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

 5.   Lees die vrae aandagtig deur.

 6.   Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 7.   Laat 2–3 reëls oop tussen onderafdelings van die vrae.

 8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

 9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V1                                     3                                NW/Junie 2025
                                            Graad 12

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                  30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
     vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1 Brandstof gebruik gedurende ‘n reis word gesien as …

              A      intermediêre goedere.
              B      nie-duursame goedere.
              C      dienste.
              D      halfduursame goedere.

      1.1.2 Die … van werknemers sluit alle bruto salarisse en lone in.

              A      verbruik
              B      uitgawes
              C      vergoeding
              D      produksie

      1.1.3 ‘n Land se … bestaan uit sy voorraad kontant in omgang en
            deposito’s wat die privaat sektor by finansiële instellings het.

              A      monetêre beleid
              B      fiskale beleid
              C      kontantvloei
              D      geldaanbod

      1.1.4 Die lengte van ‘n sakesiklus word gemeet van ….

              A      piek tot piek.
              B      piek tot trog.
              C      piek tot tendenslyn.
              D      piek tot amplitude.

      1.1.5 ‘n … beskerm lae inkomste-verdieners teen oorweldiging deur die las
            van belasting.

              A      Progressiewe belastingstelsel
              B      Regressiewe belastingstelsel
              C      Belasting op toegevoegde waarde
              D      Proporsionele belastingstelsel

      1.1.6 Alle belasting word deur …. betaal.

              A      die regering
              B      maatskappye
              C      individue
              D      kiesers

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V1                                     4                                NW/Junie 2025
                                            Graad 12

      1.1.7 ‘n … kategorie wat alle items bevat wat nie in die ander kategorieë val
            nie.

               A     Handels-
               B     Residuele
               C     Beleggings-
               D     Portefeulje

      1.1.8 … word as ‘n persentasie van ‘n land se uitvoere relatief tot die waarde
            van sy invoere uitgedruk.

               A     Handelsbalans
               B     Handelsoorskot
               C     Handelsvoorwaardes
               D     Ruilvoet                                                    (8 x 2)        (16)

 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

            KOLOM A                                   KOLOM B
       1.2.1 Dwaling van           A   Inkomste verdien, meer as die minimum wat
             samestelling              vereis word om 'n produksiefaktor in diens te
                                       hou
       1.2.2   Ekstrapolasie
                                   B   Bestuur die land se ekonomiese beleid
       1.2.3   Appresieer
                                   C   Wanneer individue eie ervaring veralgemeen as
                                       hulle die werking van die ekonomie as geheel
       1.2.4   Ekonomiese
                                       verduidelik
               huur
                                   D   Stelsels wat lande gebruik om hul geldeenhede
       1.2.5   Outonome
                                       te bestuur
               verbruik
                                   E   Die waarde van 'n geldeenheid neem toe in terme
       1.2.6   Globalisering
                                       van 'n ander land se geldeenheid
       1.2.7   Nasionale
                                   F   Skat die onbekende data gebaseer op 'n patroon
               Tesourie
                                       van bekende data
       1.2.8   Inkrimpende
                                   G Die regering verminder besteding en verhoog
               fiskale beleid
                                     belasting

                                   H   Die hoeveelheid geld wat 'n verbruiker spandeer
                                       wanneer hulle geen inkomste het nie

                                   I   Die proses van verhoogde internasionale
                                       samewerking en kommunikasie wat lei tot
                                       verhoogde      handel en   internasionale
                                       saketransaksie
                                                                           (8 x 1)              (8)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V1                                  5                                  NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
        term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
        ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal
        NIE aanvaar word NIE.

        1.3.1   'n Betaling wat deur die regering aan sy burgers gemaak word
                sonder teenprestasie

        1.3.2   Die gemiddelde rentekoers wat kommersiële banke hul beste
                kliënte hef

        1.3.3   'n Algemene verlaging in die pryse van produkte

        1.3.4   Die proses om eienaarskap van die openbare sektor na die
                private sektor oor te dra

        1.3.5   Die stel rekeninge wat rekord hou van die vloei van
                geldeenhede tussen ‘n land en die res van die wêreld

        1.3.6   Die sentrale bank laat die geldeenheid van 'n land toe om in
                waarde te wissel volgens die vraag en aanbod na die
                geldeenheid                                           (6 x 1)        (6)

                                                     TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V1                                                6                                  NW/Junie 2025
                                                       Graad 12

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2:                    MAKRO-EKONOMIE                          40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1                Noem enige TWEE lekkasies wat in die ekonomiesekringloop-
                             model voorkom.                                     (2 x 1)               (2)

        2.1.2                Hoekom behoort sakesiklusse nie in sentraalbeplande
                             ekonomieë voor te kom nie?                                 (1 x 2)       (2)

 2.2    Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                          E

                                      B                                        C

           Belastinginkome

                                 A                                                            D

                                                         T
                             0                                                           100
                                                 Belastingkoers (%)

        2.2.1                Identifiseer die kurwe wat in die grafiek hierbo gebruik word.           (1)

        2.2.2                Noem EEN bron van inkomste vir die regering.                             (1)

        2.2.3                Beskryf kortliks die term Mediumtermynbestedingsraamwerk
                             (MTBR).                                                                  (2)

        2.2.4                Ondersoek indirekte belasting as 'n vorm van inkomste vir die
                             regering.                                                                (2)

        2.2.5                Hoe is sosio-ekonomiese regte ingesluit in die begroting van die
                             Suid Afrikaanse regering?                                 (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V1                                   7                                      NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              BETALINGSBALANS (BB)
      Die betalingsbalans (BB) word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank
      saamgestel.

      Die feit dat die betalingsbalans ’n amptelike dokument is, skep dikwels die
      illusie dat dit net die transaksies tussen die regering en buitelandse
      regerings aanteken, of dat die regering al die transaksies met die res van die
      wêreld beheer. Dit is egter nie die geval nie. Die Suid-Afrikaanse
      betalingsbalans is bloot 'n rekord van die transaksies van alle Suid-
      Afrikaanse huishoudings, firmas en regeringsvlakke met huishoudings,
      firmas of regerings in die res van die wêreld.

                                  [Aangepas uit Economics for South Africans Sixth Edition]

      2.3.1 Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die samestelling
            van die betalingsbalans in die uittreksel hierbo.                                 (1)

      2.3.2 Noem EEN produk waar Suid Afrika oor ŉ absolute voordeel beskik
            in internasionale handel.                                                         (1)

      2.3.3 Beskryf kortliks die term buitelandse direkte investering (BDI).                  (2)

      2.3.4 Verduidelik die konsep van surplusse in die betalingsbalans
            rekening.                                                                         (2)

      2.3.5 Waarom word direkte buitelandse beleggings as 'n las aangeteken?
                                                                      (2 x 2)                 (4)

 2.4 Bespreek die verhouding tussen verbruikers en die regering.                 (4 x 2)      (8)

 2.5 Ondersoek die verband tussen inflasie en werkloosheid.                      (2 x 4)      (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V1                                   8                             NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 VRAAG 3

 3.1 Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE beleide wat gebruik word om ekonomiese
               groei te bewerkstellig.                                (2 x 1)            (2)

      3.1.2    Verduidelik die impak van internasionale handel op
               massaproduksie.                                             (1 x 2)       (2)

 3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             DIE VERMENIGVULDIGER IN ‘n
                               TWEESEKTOR EKONOMIE

                                             Inkomste/J

      3.2.1    Identifiseer die ewewigslyn vanaf die grafiek hierbo.                     (1)

      3.2.2    Noem enige EEN van die deelnemers in die grafiek hierbo.                  (1)

      3.2.3    Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger.                               (2)

      3.2.4    Ondersoek die konsep van outonome verbruik.                               (2)

      3.2.5    Bereken die vermenigvuldiger, gebruik die formule:
               k = 1 / (1 - MVG).                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V1                                  9                                       NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 3.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                       Sê net die woord
                                                        Goewerneur…

                                     Ekonomie

                                                    [Bron: https://brandanreynolds.com]

      3.3.1 Identifiseer die monetêre beleid instrument wat in die spotprent
            hierbo geïmplementeer word.                                                       (1)

      3.3.2 Noem die instelling wat verantwoordelik is vir monetêre beleid.                   (1)

      3.3.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus.                                             (2)

      3.3.4 Watter fiskale beleidsinstrumente is beskikbaar vir die regerings
            om sakesiklusse te beheer?                                                        (2)

      3.3.5 Verduidelik hoe monetêre beleidsinstrumente geïmplementeer
            word wanneer die sakesiklus ‘n ekonomiese opbloeifase betree.
                                                                  (2 x 2)                     (4)

 3.4 Bespreek die verband tussen ekonomiese groei en ekonomies
     ontwikkeling as openbare sektor doelwitte.                                  (4 x 2)      (8)

 3.5 Ondersoek die maatreëls wat beskikbaar is om 'n betalingsbalanstekort te
     korrigeer.                                                       (4 x 2)                 (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V1                                 10                                    NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 VRAAG 4

 4.1 Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die wisselkoers beïnvloed.             (2 x 1)     (2)

      4.1.2 Verduidelik die aard van sakesiklusse.                             (1 x 2)     (2)

 4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           SA Poskantoor

                                   Parastatale
                                                     [Bron: https://mg.co.za/cartoons]

      4.2.1 Identifiseer EEN staatsonderneming in die spotprent hierbo.                    (1)

      4.2.2 Noem EEN noodsaaklikheid van die openbare sektor.                              (1)

      4.2.3 Beskryf kortliks die term parastatale.                                         (2)

      4.2.4 Verduidelik die voordele van privatisering van 'n staatsbeheerde
            ondernemings.                                                                  (2)

      4.2.5 Bespreek redes vir openbare sektor-voorsiening.                    (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V1                                11                              NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        AANBOD EN VRAAG NA DOLLARS

      4.3.1 Noem EEN geldeenheid wat in die grafiek hierbo gebruik word.            (1)

      4.3.2 Identifiseer die oorspronklike wisselkoersewewig.                       (1)

      4.3.3 Beskryf kortliks die term devaluasie.                                   (2)

      4.3.4 Hoekom het die vraag na dollars per dag afgeneem?                       (2)

      4.3.5 Watter tipe intervensies kan geïmplementeer word om 'n
            vryswewende wisselkoers te beïnvloed?                       (2 x 2)     (4)

 4.4 Interpreteer leidende en saamgestelde aanwysers as kenmerke
     onderliggend in die vooruitskatting van sakesiklusse.              (2 x 4)     (8)

 4.5 Bespreek die aanbodkantbenadering as redes vir internasionale handel.
                                                                      (4 x 2)       (8)
                                                                                    [40]

                                                        TOTAAL AFDELING B:          80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Subject/P                                      12                                 NW/June 2025
                                             Grade

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.
 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                  PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                                TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is die laerorde-antwoord.                                          Maks. 2
  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te
    definieer of te omskryf.
  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/                   Maks. 26
 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
 Verduidelik/Assesseer/Debatteer/Teken 'n grafiek en verduidelik
 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
                                                                                 Maks. 10
 Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/
 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe/Stel voor/Analiseer
 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende insluit:                                Maks. 2
  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van
    feite wat reeds genoem is
  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise te versterk
  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
  Aanbevelings
 TOTAAL:                                                                            40

 VRAAG 5:      MAKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

     Bespreek in detail die markte binne die VIER-SEKTOR-model.                            (26)

     Interpreteer die doel van die Stelsel van Nasionale Rekeninge soos
      uiteengesit deur die Verenigde Nasies.                                                (10)
                                                                                            [40]
 VRAAG 6:      MAKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

     Bespreek in detail die rede(s) vir mislukking in die openbare sektor.                 (26)

     Evalueer krities die impak van 'n toename in die mandjie van voedselitems
      wat vrygestel is van BTW, op die ekonomie.                                            (10)
                                                                                            [40]
                                                          TOTAAL AFDELING C:                40
                                                              GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
