# Economics Grade 12 Paper 2 NW June 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/2e3a252b-ecb0-4a4e-8c9a-2db70c5e2e43
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 2 NW June 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/2e3a252b-ecb0-4a4e-8c9a-2db70c5e2e43)

## About this document

Economics · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                  GRAAD 12

                                  EKONOMIE V2
                                 NASIENRIGLYNE
                                    JUNIE 2025

 PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                          2                                     NW/Junie 2025
                                Graad 12 – Nasienriglyne

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1
 1.1 MEERVOUDIGE-KEUSE

        1.1.1    A-   homogene produkte
        1.1.2    C-   onder
        1.1.3    C-   maatskaplike koste 
        1.1.4    B    markkrag 
        1.1.5    A-   oligopolie 
        1.1.6    D-   onverskilligheidskurwe
        1.1.7    B-   gemiddelde inkomste is gelyk aan gemiddelde veranderlike
                      koste
        1.1.8    D-   kunsmatige monopolie                                (8 x 2)          (16)

 1.2    PASITEMS

        1.2.1    I-   koste of voordele wat na die derde party oorspoel
        1.2.2    F-   praktyke wat inmeng met die volmaakte mark bv. prysvasstelling
        1.2.3    B-   waar besighede bymekaar kom met die doel om 'n kollektiewe
                      monopolie te vorm
        1.2.4    A-   belasting gehef op nie-meriete goedere
        1.2.5    C-   'n toename in die produksiekoste as gevolg van
                      ondoeltreffende produksie
        1.2.6    E-   koste wat nie teruggekry kan word nie bv. advertensies
        1.2.7    D-   belastingstelsel waar lae inkomste verdieners minder belasting
                      betaal
        1.2.8    G-   'n tydperk waarvan ten minste een produksiefaktor vas is
                                                                                (8 x 1)      (8)

 1.3    GEE DIE TERM

        1.3.1    Implisiete koste
        1.3.2    Gemeenskapsgoedere
        1.3.3    Nywerheid
        1.3.4    Patent
        1.3.5    Kostevoordeelanalise
        1.3.6    Samesmelting                                                  (6 x 1)      (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A: (30)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                               3                                    NW/Junie 2025
                                     Graad 12 – Nasienriglyne

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE vrae van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2:            MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1
        2.1.1    Noem TWEE hindernisse tot toetrede wat deur
                 monopolieë gebruik word.

                     Staatslisensies
                     Patente
                     Hoë aanvangskoste
                     Kopiereg                                                      (2 x 2)     (2)

        2.1.2    Hoekom is die vraagkromme van 'n volmaakte mark horisontaal?

                     Alle besighede vra dieselfde prys as wat hulle prysnemers is, hul prys
                      word bepaal deur die interaksie van vraag en aanbod.
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

 2.2    DATARESPONS

        2.2.1    Identifiseer die markstruktuur wat in die tabel hierbo voorgestel
                 word.

                     Volmaakte mark/ volmaakte mededinging                                     (1)

        2.2.2    Noem die koste wat konstant bly ongeag die hoeveelheid uitset.

                     Vaste koste                                                               (1)

        2.2.3    Beskryf kortliks die term veranderlike koste.

                 Veranderlike koste is koste wat direk verander met die vlak van produksie,
                 hoe meer goedere geproduseer word hoe meer sal die koste styg.
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                                                                                                 (2)

        2.2.4    Verduidelik hoekom besighede in hierdie mark prysnemers is.

                 Al die ondernemings in hierdie markstruktuur moet die prys gebruik wat
                 deur die bedryf bepaal word, hulle pryse word bepaal deur die interaksie
                 van vraag en aanbod van die bedryf.
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                                                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                             4                                       NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

        2.2.5    Bereken die grenskoste vir die 3de uitset. Toon ALLE berekeninge.
                  ∆TC ÷ ∆ uitset
                    = (68 - 55) ÷ (3 - 2)
                    = 13 ÷ 1
                    = 13                                                                      (4)

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1    Identifiseer die mark hierbo uitgebeeld.
                  Onvolmaakte mark                                                            (1)

        2.3.2    Noem industrie wat hierbo voorgestel word?
                  Kleinhandel                                                                 (1)

        2.3.3    Beskryf kortliks die term produkdifferensiasie.

                    Die proses om 'n produk van soortgelyke produkte te
                     onderskei om dit aantrekliker vir verbruikers te maak.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

        2.3.4    Verduidelik hoe besighede in hierdie markstruktuur hul produkte
                 onderskei.

                    Produkte in hierdie mark word deur handelsmerk en
                     verpakking onderskei.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

        2.3.5    Hoe kompeteer besighede in hierdie markstruktuur?

                 Besighede in hierdie mark gebruik nie-prys mededinging soos:

                    Doen besigheid oor die internet, deur-tot-deur-dienste en
                     na-ure verkope, wat dit vir hul kliënte makliker maak om by
                     hulle uit te kom.
                    Bou handelsmerklojaliteit deur lojaliteitsbelonings en
                     produkerkenning.
                    Gebruik advertensies om hul produkbewustheid te
                     verhoog en om kliënte na hul produkte te lok.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                             5                                      NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

 2.4    Verduidelik met behulp van 'n grafiek hoe wins in die perfekte mark
        gemaksimeer word deur totale koste en totale inkomste te gebruik.

                                                                                  (Maks 4)
                    Wins word gemaksimeer waar die totale kostekromme met die totale
                     inkomstekromme sny.
                    Tussen 3 eenhede en 8 eenhede maak die firma ekonomiese
                     wins.
                    Die firma maksimeer wins waar die verskil tussen totale inkomste (TI)
                     en totale koste (TK) die grootste is.
                    In die grafiek hierbo word wins gemaksimeer wanneer die firma 100
                     eenhede produseer.
                    Wanneer die hoeveelhede geproduseer minder/onder 100 is, moet
                     die onderneming die hoeveelhede geproduseer verhoog om wins te
                     maksimeer.
                    Wanneer die hoeveelhede geproduseer meer/bo 100 is, moet die
                     onderneming die hoeveelhede geproduseer verminder om wins te
                     maksimeer.
                     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde)
                     (Maksimum van 4 vir blote lys van feite en voorbeelde)      (Maks 4)        (8)

 2.5    Met verwysing na die geknikte vraagkromme, ontleed die rasionaal agter die
        vraagkromme.

                    Die geknikte vraagkromme verduidelik nie hoe prys en uitset onder
                     oligopolieë bepaal word nie. 
                    Dit illustreer die belangrikheid van interafhanklikheid en onsekerheid
                     in oligopolistiese markte. 
                    As 'n firma die prys van sy produkte verhoog of verlaag, sal die uitkoms
                     bepaal word deur die reaksie van sy mededingers. 
                    Die oligopolistiese firma neem aan dat sy mededingers nie op 'n
                     prysverhoging sal reageer deur ook die prys van hul produkte te
                     verhoog                                                          nie.
                     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde)
                     (Maksimum van 2 vir blote lys van feite en voorbeelde)            (4 x 2) (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                              6                                      NW/Junie 2025
                                    Graad 12 – Nasienriglyne

 VRAAG 3             MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1
        3.1.1    Noem enige TWEE instellings van mededingingsbeleid.

                     Mededingingskommissie
                     Mededingingstribunaal
                     Mededingingsappèlhof                                            (2 x 2)    (2)

        3.1.2    Hoekom is besighede in die motorbedryf afhanklik van mekaar?

                     Die besluit wat deur een besigheid geneem word, hang af van die
                      besluite wat deur ander besighede in die bedryf geneem word, as een
                      besigheid hul pryse verlaag, is ander meer geneig om ook hul pryse te
                      verlaag.
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (1 x 2)       (2)

 3.2    DATARESPONS

        3.2.1    Noem die tipe belasting wat hierbo gehef word.

                     Sondebelasting                                                             (1)

        3.2.2    Wie word meestal geraak deur 'n verhoging in bogenoemde
                 belasting?

                     Gemarginaliseerde groepe
                     Diegene wat nie ekonomies bemagtig kan word nie                            (1)

        3.2.3    Beskryf kortliks die term aksynsbelasting.

                     'n Belasting wat op sekere luukse items, soos alkohol en sigarette,
                      gehef word om die verbruik van hierdie goedere te ontmoedig.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

        3.2.4    Wat is die rede waarom bogenoemde belasting gehef word?

                     Die regering hef sondebelasting om die verbruik van skadelike goedere en
                      dienste te verminder.
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                            7                                    NW/Junie 2025
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

        3.2.5    Waarom is aksynsbelasting 'n goeie bron van inkomste vir die
                 regering?
                  Mense is verslaaf aan die meeste goedere wat aksyns betaal, daarom
                    sal hulle aanhou om die goedere te koop al het die prys gestyg. 
                  Die regering kan sy inkomste verhoog deur 'n hoër persentasie te
                    hef
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (4)

 3.3    DATARESPONS

        3.3.1    Identifiseer die marginalekostekromme in die bostaande grafiek.
                  B                                                                         (1)

        3.3.2    Noem die tipe produk wat in die mark struktuur hierbo verkoop word.
                  Unieke goedere                                                            (1)

        3.3.3    Beskryf kortliks die term monopolie.

                 'n Monopolie is 'n markstruktuur waar daar slegs een besigheid is wat 'n
                 unieke produk verkoop sonder nabye plaasvervangers.
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                                                                                              (2)

        3.3.4    Hoekom lê die MI-kromme onder die vraagkromme?

                    Die marginale inkomste is altyd onder die vraagkromme omdat
                     verkopers pryse moet verlaag om 'n bykomende eenheid te
                     verkoop.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

        3.3.5    Gebruik die inligting uit die grafiek hierbo om wins of verlies te
                 bereken. Toon ALLE berekeninge.

                    TI - TK
                     = (R150 x 100) – (R200 x 100)
                     = R15 000 – R20 000
                     = - R5000
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                               8                                   NW/Junie 2025
                                     Graad 12 – Nasienriglyne

 3.4    Bespreek kortliks die doelstellings van die Mededingingswet, 1998.

                      Voorkom die misbruik van ekonomiese mag, bv. deur 'n monopolis.
                      Reguleer die groei van markkrag deur middel van oornames en
                        samesmeltings.
                      Voorkom beperkende praktyke, veral deur oligopolis, soos vasstelling
                        van verkooppryse, samespanning ten opsigte van tenders of
                        prysdiskriminasie.
                      Dra by tot die ontwikkelingsdoelwitte van die staat.
                      Om doeltreffendheid van markte deur wetgewing te verbeter.
                      Beskerm die verbruiker teen onbillike pryse en minderwaardige
                        produkte, bv. Mededingingswet, voorkom prysvasstelling en bevorder
                        mededinging
                       (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde)
                       (Maksimum van 4 vir blote lys van feite en voorbeelde)       (4 x 2) (8)

 3.5    Waarom is 'n koste-voordeel-analise (KVA) nodig vir projekte in die openbare
        sektor?

                      KVA lei tot objektiewe besluitneming deur koste en voordele op te
                       weeg.
                      KVA word toegepas op daardie projekte waar daar na verwagting 'n
                       beduidende verskil tussen sosiale koste en voordele sal wees, met
                       ander woorde 'n waarskynlikheid van markmislukking
                      Dit sluit die wyer sosiale impak en eksternaliteite in die
                       besluitnemingsproses in
                      Dit word gebruik om finale besluite te neem oor of die projek moet
                       voortgaan of nie
                      Daar is 'n afwesigheid van markseine om te ondersteun of die projek
                       kan voortgaan of nie
                       (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde)
                       (Maksimum van 2 vir blote lys van feite en voorbeelde)      (4 x 2) (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                               9                                         NW/Junie 2025
                                     Graad 12 – Nasienriglyne

 VRAAG 4             MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1
        4.1.1    Noem TWEE kenmerke van openbare goedere en dienste.

                     Nie-mededinging
                     Nie-uitsluitbaar
                     Nie-verwerpbaar
                     Oneindige verbruik
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                   (2 x 1)      (2)

        4.1.2    Waarom maak 'n monopolie op die lang termyn ekonomiese wins?

                      'n Monopolie sal in die lang ekonomiese wins maak omdat dit die
                       enigste besigheid in die mark is wat die produk verkoop.
                      Ander besighede word verhinder om die mark te betree met
                       eiendomsregte soos patente en lisensies.
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (1 x 2) (2)

 4.2    DATARESPONS

        4.2.1    Identifiseer die organisasie wat samesmeltings in Suid-Afrika kan
                 aanvaar of verwerp

                     Mededingingstribunaal                                                          (1)

        4.2.2    Noem die markstruktuur waarin Vodacom bedrywig is.

                     Oligopolie                                                                     (1)

        4.2.3    Beskryf kortliks die term samespanning.

                     Samespanning vind plaas wanneer twee of meer firmas van dieselfde
                      bedryf in gesprek tree om markaandeel te vergroot deur pryse en
                      hoeveelheid verskaf te manipuleer.
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                 (2)

        4.2.4    Watter negatiewe impak sal die samesmelting van Vodacom en Maziv
                 op mededinging in die mark hê?

                     Die twee besighede sal hul hulpbronne kombineer en sal dit vir ander moeilik
                      maak om met hulle mee te ding
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                            10                                    NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

        4.2.5   Hoe bevoordeel mededingingsbeleid die ekonomie?
                 Regerings het mededingingsbeleide om verbruikers te beskerm.
                 Om die doeltreffende gebruik van hulpbronne te bevorder
                 Om die land se nywerhede meer mededingend te maak
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (4)

 4.3    DATARESPONS

        4.3.1    Verskaf 'n geskikte opskrif vir die grafiek hierbo.
                  PMK/ Produksiemoontlikheidskromme                                          (1)

        4.3.2    Identifiseer die punt waar hulpbronne nie doeltreffend gebruik word
                 nie.
                  A                                                                          (1)

        4.3.3    Beskryf kortliks die term toedelings-doeltreffendheid.

                 Wanneer die besighede in die bedryf beskikbare hulpbronne gebruik om
                 die uitset te produseer wat die meeste deur verbruikers gevra word.
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

        4.3.4    Verduidelik hoe 'n onderneming produktief ondoeltreffend sou
                 wees?

                  'n Besigheid sal produktief ondoeltreffend wees as dit nie daarin slaag
                    om maksimum uitset teen die laagste moontlike koste te produseer
                    nie.
                  Produktiewe ondoeltreffendheid vind plaas wanneer die besigheid se
                    gemiddelde koste van produksie nie daal met 'n toename in
                    uitsette.
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

        4.3.5    Hoe sou die produksie geraak word as dit by punt B plaasvind?

                    Enige produksie langs die PPC beteken dat die hulpbronne
                     doeltreffend gebruik word. 
                    By punt B sou die ekonomie 5 tablette en 3 rekenaars produseer. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord             (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                           11                                      NW/Junie 2025
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

 4.4    Bespreek die rol van die kompetisiekommissie.

                    Die Mededingingskommissie probeer om alle Suid-Afrikaners gelyke
                     geleenthede te gee om regverdig aan ekonomiese aktiwiteite deel te
                     neem om sodoende die ekonomie meer doeltreffend te maak.
                    Een van die bepalings van die wet is dat die Mededingingskommissie
                     in kennis gestel moet word van enige samesmeltings en
                     oornames.
                    Samesmeltings kan nie plaasvind sonder die toestemming van die
                     Kommissie nie.
                    Wanneer die Kommissie samesmeltings evalueer, moet enige
                     aangeleenthede wat verband hou met mededinging en
                     doeltreffendheid, en die openbare belang, in ag geneem word
                     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde)
                     (Maksimum van 4 vir blote lys van feite en voorbeelde)      (4 x 2)        (8)

 4.5             Ontleed die produksievlakke en vraagkromme as kenmerke van ‘n
                 monopolie.

                 Produksievlakke
                  Sodra die monopolis op 'n prys besluit het, word die hoeveelheid
                    verkoop deur markvraag bepaal.
                  Deur die prys te verlaag, kan monopoliste meer eenhede van die
                    produk verkoop en omgekeerd.
                  Monopoliste beïnvloed die produk-pryskombinasie van die produk wat
                    hulle verkoop sonder enige reaksie van ander markdeelnemers. 
                  Ander deelnemers kan nie optree nie omdat 'n basiese vereiste vir die
                    bestaan van 'n monopolie is dat toegang tot die mark geblokkeer
                    word.                                                     Maks 4

                Vraagkromme
                 'n Monopolis se helling is onelasties (steil) en maak die helling van links
                   na regs.
                 Die vraagkromme is ook die markvraagkromme aangesien dit die
                   enigste verskaffer van die produk in die mark is.
                 Die vorm van die kromme dui aan dat daar 'n omgekeerde verband is
                   tussen prys en hoeveelheid gevra.
                 Dit beteken dat namate prysverhoging die hoeveelheid gevra sal
                   afneem/prys en verminderde hoeveelheid gevra sal toeneem. 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde)                      Maks 4
                   (Maksimum van 2 vir blote lys van feite en voorbeelde)             (4 x 2) (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                12                                               NW/Junie 2025
                                       Graad 12 – Nasienriglyne

 AFDELING C

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE 40 MINUTE
 Bespreek die korttermyn-ewewigsposisies (ekonomiese wins, ekonomiese verlies en
  normale wins) in 'n volmaakte mark met behulp van grafieke.               (26 punte)
 Ontleed die verhouding tussen 'n individuele besigheid en die bedryf onder volmaakte
  mark.                                                                      (10 punte)

 INLEIDING

 'n Volmaakte mededinging is 'n markstruktuur met 'n groot aantal kopers en verkopers. 
 (Aanvaar enige ander relevante inleiding)                                       (Maks 2)

 HOOFDEEL

 Ekonomiese wins

                        Korrekte posisionering en etikettering van kostekrommes = 1
                         punt
                        Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekrommes
                         = 1 punt
                        Aanduiding van ekonomiese winsgebied = 1 punt
                        Etikettering op asse = 1 punt
                        Benoeming van asse = 1 punt

                         Maksimum 4 punte
    Ekonomiese wins is die wins wat bykomend tot die normale wins gemaak word/Wanneer
     gemiddelde inkomste groter is as gemiddelde koste maak die firma ekonomiese wins.
    Die firma produseer by punt e waar MI=MK
    Teen e word Q/100-eenhede teen P/R10 vervaardig.
    By punt e is GI (P/R10) groter as GK (P1/R8).
    Die firma maak 'n ekonomiese wins van P1 /TI - TK (R1000 – R800= R200) / R2 x 100 =
     R200).

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 13

Ekonomie/V2                                  13                                               NW/Junie 2025
                                         Graad 12 – Nasienriglyne

 Ekonomiese verlies

                 Korrekte posisionering en etikettering van kostekrommes = 1 punt
                 Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekrommes = 1 punt
                 Aanduiding van ekonomiese verliesarea = 1 punt
                 Etikettering op asse = 1 punt
                 Benoeming van asse = 1 punt
                                                                           Maks. 4 punte

     Ekonomiese verlies vind plaas wanneer totale koste groter is as die totale inkomste/wanneer
      gemiddelde inkomste laer is as die gemiddelde koste.
     Die firma produseer by punt e waar MI=MK.
     Teen e word Q/100-eenhede teen P/R10 vervaardig.
     By punt e is GI (P/R10) minder as GK (P1/R12).
     Die firma maak 'n ekonomiese verlies van PP1ae / TK – TI (R1000 – R1200 = - R200)/
      R10 – R12 = - R2).

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Ekonomie/V2                             14                                                NW/Junie 2025
                                    Graad 12 – Nasienriglyne

 Normale wins

                          Korrekte posisionering en etikettering van kostekrommes = 1 punt
                          Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekrommes = 1 punt
                          Aanduiding van area = 1 punt
                          Etikettering op asse = 1 punt
                          Benoeming van asse = 1 punt
                                                                          Maks. 4 punte

      Normale wins is die minimum verdienste wat nodig is om te verhoed dat die entrepreneur
       die bedryf verlaat.
      Normale wins vind plaas wanneer totale inkomste gelyk is aan totale koste/ wanneer
       gemiddelde inkomste gelyk is aan gemiddelde koste.
      Die firma produseer by punt e waar MI=MK.
      Teen e word Q/100-eenhede teen P/R10 vervaardig.
      By punt e is GI (P/R10) gelyk aan GK (P/R10).
      Die firma maak normale wins van P x Q – GK x Q / R1000 – R1000 = R0 / R10 – R10
       = R0.

                       Bykomende instruksies:
                         Puntetoekenning vir grafieke = maksimum 12 punte
                           Maksimum 12 punte vir 3 grafieke- Maksimum 8 punte vir 2 grafieke
                           Maksimum 4 punte vir 1 grafiek
                         Puntetoekenning vir verduidelikings van grafieke = maksimum 14 punte

                                                                                                      (Maks 26)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Ekonomie/V2                            15                                      NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

 ADDISIONELE DEEL

 Ontleed die verhouding tussen 'n individuele besigheid en die bedryf onder volmaakte
 mark.

       Markprys van die bedryf word bepaal deur die interaksie van vraag en aanbod waar VV
        (vraagkromme) afwaarts van links bo na regs onder en AA (aanbodkromme) opwaarts
        helling van links onder na regs bo.
       Die punt waar vraag en aanbod mekaar kruis, word die ewewig genoem.
       Individuele besigheid kan enige hoeveelheid op die mark teen die markprys aanbied.
       Besigheid sal nie 'n hoër prys vra nie, want kopers sal elders koop en hulle sal nie 'n laer
        prys vra nie, want hulle kan al hul goedere teen die huidige markprys verkoop.
       Vraagkromme vir individuele besigheid is 'n horisontale lyn teen markprys.
       Die gemiddelde inkomste wat die onderneming ontvang is dus gelyk aan die markprys en
        die horisontale vraagkromme verteenwoordig die gemiddelde inkomste-kromme (GI).
       Die inkomste van enige bykomende eenheid wat die onderneming verkoop, dit is die
        marginale inkomste, is gelyk aan markprys P1, en die horisontale vraagkromme
        verteenwoordig dus ook die marginale inkomste-kromme (MI).
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (Maks10)

 SLOT

 Markte is 'n noodsaaklike deel van ekonomiese groei aangesien dit enige plek of enige
 omstandighede is waar kopers en verkopers kontak maak of met mekaar kommunikeer oor die
 koop en verkoop van goedere en dienste.
 (Aanvaar enige ander korrekte hoër orde, relevante gevolgtrekking)                    (Maks 2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Ekonomie/V2                           16                                     NW/Junie 2025
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE 40 MINUTE
 Bespreek in detail, sonder om grafieke te gebruik, staatsingryping as gevolg van
  markmislukkings.                                                       (26 punte)
 Hoe sal onbeweeglikheid van produksiefaktore tot markmislukking lei?   (10 punte)

 INLEIDING

 Die doel van staatsingryping is om te verseker dat die regte hoeveelheid hulpbronne aan die
  produksie van uitset toegewys word sodat die samelewing as geheel sy voordele
  maksimeer.
 Markmislukking is wanneer die mark nie genoegsame (optimum) hoeveelhede produseer wat
  mense wil hê nie.
  (Aanvaar enige ander relevante inleiding)                                          (Maks 2)

 LIGGAAM

 Minimum lone

    'n Minimum loon is die laagste vergoeding wat werkgewers deur die wet verplig word om hul
     werkers te betaal. 
    Indien 'n minimum loon bo die ewewigsmarkloon gestel word, sal die aanbod van arbeid die
     vraag na arbeid oorskry. 
    Inkomste van werke sal toeneem en gevolglik sal hul lewenstandaard verbeter. 
    Dit sal die koste van arbeid verhoog, wat tot hoër produksiekoste vir sommige besighede sal
     lei.
    Sommige werkers kan afgelê word en daar sal 'n toename in werkloosheid wees.
    Minimum lone lei tot meer bedingingsmag vir werkers.

 Minimum pryse

    Minimum pryse word deur die regering bo die markprys gestel, dit staan ook bekend as
     prysvloere.
    Die regering is verplig om in te gryp om voldoende voorraad stabiele voedsel in die mark te
     verseker.
    Minimum pryse word gebruik om produsente aan te moedig om belangrike noodsaaklike
     goedere te verskaf aangesien dit hulle in staat stel om 'n gemaklike wins te maak. 
    Minimum pryse sal 'n surplus in die ekonomie skep wat kan lei tot storting van surplus
     goedere en dienste.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Ekonomie/V2                            17                                       NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

 Maksimum pryse

    Maksimum pryse word gewoonlik op basiese goedere, soos voedsel en vervoer, vasgestel
     sodat burgers toegang tot sekere goedere en dienste het en om ’n sekere lewenstandaard te
     handhaaf.
    Die regering sal maksimum pryse vasstel as die prys hoog geag word vir noodsaaklike
     goedere en dienste.
    Die regering sal ingryp deur ’n wet te aanvaar dat verskaffers nie meer as ’n maksimum prys
     mag vra nie.
    Dit sal 'n afname in die hoeveelheid verskaf wat sal lei tot 'n tekort aan die goed of diens. 
    Tekorte aan aanbod vir sekere goedere in die mark sal lei tot die vestiging van swart
     markte.

 Herverdeling van rykdom

    Die Suid-Afrikaanse regering gebruik 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel om inkomste
     en rykdom te herverdeel.
    Tradisionele metodes soos die heffing van belasting, verskaffing van gratis dienste,
     voordele in natura en kontantvoordele verminder die inkomstegaping.
    Die regering kan ook regstellingsmetodes soos BBSEB, grondrestitusie en herverdeling en
     eiendomsubsidies implementeer om rykdom te herverdeel.

 Eiendomsubsidies

    Die regering verskaf subsidies aan produsente om dan aan te moedig om meer goedere en
     dienste te produseer.
    Die subsidies verlaag die produksiekoste en dus word die markprys van hierdie goedere
     verlaag wat verbruik sal verhoog.
    Die subsidies verhoog die aanbod van goedere en dienste soos melk, koring en mielies.

 Direkte beheer

    Die staat kan wette aanneem of bestaande wetgewende raamwerk gebruik om besighede en
     nywerhede te beheer, individue wat eksternaliteite genereer.
    In Suid-Afrika word die uitstoot van potensieel gevaarlike chemikalieë, lugbesoedeling,
     omgewingsbewaring deur verskeie wette en regulasies beheer.
    Advertensies deur die tabakbedryf is verbode en alkohol mag nie aan persone onder die
     ouderdom van 18 jaar verkoop word nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Ekonomie/V2                           18                                 NW/Junie 2025
                            Graad 12 NasienRiglyne

 Onvolmaakte markte

Die regering kan onvolmaakte mededinging hanteer deur:
 Die formulering van 'n mededingingsbeleid om die vlak van mededinging te verhoog.
 Die gebruik van wette oor mededinging om buitensporige pryse wat deur firmas gehef word
   te voorkom, om te verseker dat toegang tot die mark gratis is, voorkom skadelike
   samespanning en moedig buitelandse mededinging aan wat help om pryse laag te hou.
 Verlening van lisensie aan meer besighede in die geval van staatsmonopolieë. 
 Die instel van prysbeheer om pryse van goedere en dienste te verlaag. 

 Heffing van belasting

   Die regering gryp in die mark in deur belasting te hef om eksterne koste te verhaal.
   Hierdie belasting sal die pryse verhoog en lei tot 'n afname in produksie van die goedere. 
   Die heffing van belasting kan gebruik word as 'n strategie om die produksie en verbruik van
    goedere te verminder, asook om inkomste vir die staat te genereer.
   Firmas en verbruikers sal dan hulpbronne op 'n meer doeltreffende manier toewys. 

 Regeringsbetrokkenheid by produksie

Die regering kan:
 Subsideer merietegoedere om hul produksie te verhoog.
 Stel belasting op skadelike goedere om hul verbruik te verminder.
 Hef inkomstebelasting, indirekte belasting en welvaartbelasting om gemeenskapsgoedere
   gratis te verskaf.
 Verskaf kollektiewe goedere soos vullisverwydering, afvalverwydering en rioolafvoer teen 'n
   gebruikersfooi.
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (Maks 26)
   ('n Maksimum van 8 punte sal toegeken word vir blote lys van opskrif)

Kopiereg voorbehou                                            Blaai asseblief om

### Page 19

Ekonomie/V2                            19                                      NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

 ADDISIONELE DEEL

 Hoe sal onbeweeglikheid van produksiefaktore tot markmislukking lei?

    Die produksiefaktore is nie maklik beweegbaar nie, so 'n kapitaal en masjinerie wat meestal
     vas is en nie maklik om te beweeg nie
    Die regering plaas gewoonlik streng beheermaatreëls op beweging van arbeid tussen lande,
     selfs binne lande kan dit soms moeilik wees om arbeid te verskuif.
    Produksiefaktore is nie identies nie en is nie dieselfde in alle lande beskikbaar nie, in ander
     lande sal daar meer van een produksiefaktor wees en minder daarvan in 'n ander.
    Die meeste markte pas nie vinnig aan by veranderinge in vraag en aanbod nie. Dit is as gevolg
     van 'n gebrek aan inligting en die feit dat hulpbronne nie mobiel is nie.
    Tegnologie verander, bv. mense kan deur robotte vervang word. Dit neem tyd vir
     arbeidsintensiewe tekstielproduksie om oorgeskakel te word na rekenaargesteunde
     produksiemetodes.
    Fisiese kapitaalinfrastruktuur soos telefoonlyne – kan met onreëlmatige tussenposes van een
     plek na 'n ander beweeg
     (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                                    (Maks10)

 SLOT

  Die ingryping van die regering verseker dat ondoeltreffendheid uitgeskakel word en dat die
   mark doeltreffend funksioneer.
  Die regering betrek homself direk by die mark wanneer die mark nie in die belang van die
   samelewing optree nie.
   (Aanvaar enige ander korrekte hoër orde, relevante gevolgtrekking)          (Maks 2) [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                   GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — Economics · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
