# Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/d82b24fe-2ee3-43b4-8011-9e83210134c0
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/d82b24fe-2ee3-43b4-8011-9e83210134c0)

## About this document

Economics · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                 GRAAD 12

                               EKONOMIE V2
                                 JUNIE 2025

 PUNTE: 150

 TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                   2                              NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

       AFDELING A: VERPLIGTEND
       AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
       nagesien word NIE.

 3.    Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.
 4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

 5.    Lees die vrae aandagtig deur.

 6.    Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 7.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van die vrae oop.

 8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
       konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
       voldoen.

 9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.   Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                  3                               NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1 Produkte wat soortgelyk is in voorkoms, smaak en gevoel staan
            bekend as ...

              A      homogene produkte.
              B      gedifferensieerde produkte.
              C      heterogene produkte.
              D      unieke produkte.

      1.1.2 Die marginale inkomste-kromme van 'n monopolie lê … die
            gemiddelde inkomste-kromme.

              A      bo
              B      bo-op
              C      onder
              D      langsaan

      1.1.3 Die private koste plus die eksterne koste van ‘n konstruksieterrein
            word … genoem.

              A      rekeningkundige koste
              B      interne koste
              C      maatskaplike koste
              D      ekonomiese koste

      1.1.4 Wanneer 'n besigheid meer mag het om die markprys te verander
            deur die hoeveelheid wat in die mark verskaf word te verander,
            beteken dit dat dit ... het.

              A      markaandeel
              B      markkrag
              C      markstruktuur
              D      mark wins

      1.1.5 'n Markstruktuur wat 'n paar groot besighede het wat die mark
            oorheers, word 'n ... genoem.

              A      oligopolie
              B      duopolie
              C      monopolie
              D      monopolistiese mededinging

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                   4                             NW/Junie 2025
                                          Graad 12

      1.1.6    … is ‘n grafiek wat kombinasie van twee goedere wys wat 'n
              verbruiker dieselfde vlak van bevredeging bied.

              A      Inkomstekromme
              B      Lorenz-kromme
              C      Produksie moontlikheidskromme
              D      Onverskilligheidskurwe

      1.1.7 Die afsluitpunt is waar die ...

              A      gemiddelde inkomste is gelyk aan marginale inkomste.
              B      gemiddelde inkomste is gelyk aan gemiddelde veranderlike
                     koste.
              C      gemiddelde inkomste is gelyk aan gemiddelde vaste koste.
              D      gemiddelde inkomste is gelyk aan totale koste.

      1.1.8 … bestaan wanneer daar wetlike hindernisse is wat dit moeilik maak
            om 'n besigheid in 'n sekere bedryf te vestig.

              A      Staatsbeheerde monopolie
              B      Natuurlike monopolie
              C      Plaaslike monopolie
              D      Kunsmatige monopolie                              (8 x 2)       (16)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                  5                                NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                     KOLOM A                            KOLOM B
       1.2.1         Eksternaliteit         A belasting gehef op nie-meriete
                                              goedere
       1.2.2         Beperkende handel
                     beleid                 B waar besighede bymekaar kom
                                              met die doel om 'n kollektiewe
       1.2.3         Kartelle                 monopolie te vorm

       1.2.4         Sondebelasting         C 'n toename in die produksiekoste
                                              as gevolg van ondoeltreffende
       1.2.5         Skaalnadele              produksie

       1.2.6         Versonke koste         D belastingstelsel waar lae
                                              inkomste verdieners minder
       1.2.7         Progressiewe belasting   belasting betaal

       1.2.8         Korttermyn             E koste wat nie teruggekry kan
                                              word nie, bv. advertensies

                                            F   praktyke wat inmeng met die
                                                volmaakte mark, bv.
                                                prysvasstelling

                                            G 'n tydperk waarvan ten minste
                                              een produksiefaktor vas is

                                            H belastingstelsel waar lae
                                              inkomste verdieners meer
                                              belasting betaal

                                            I   koste of voordele wat na die
                                                derde party oorspoel
                                                                           (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                               6                               NW/Junie 2025
                                      Graad 12

 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
     langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
     Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1 Geleentheidskoste aan die eienaars van die firmas vir die gebruik
            van produksiefaktore

      1.3.2 Openbare goedere en dienste wat deur die regering verskaf word
            wat gratis is vir almal

      1.3.3 'n Groep besighede wat goedere produseer wat dieselfde is

      1.3.4 'n Eiendomsreg wat 'n uitvinder die eksklusiewe reg gee om hul
            uitvinding vir 'n vasgestelde tydperk te gebruik of te verkoop

      1.3.5 ‘n Sistematiese proses van berekening en vergelyking van die
            voordele en koste van 'n projek

      1.3.6 Wanneer twee of meer firmas bymekaarkom om een maatskappy te
            vorm                                                  (6 x 1) (6)

                                                       TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                  7                                NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1 Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1 Noem TWEE hindernisse tot toetrede wat deur monopolieë gebruik
            word.                                                   (2 x 1) (2)

      2.1.2 Hoekom is die vraagkromme van 'n volmaakte mark horisontaal?
                                                                     (1 x 2)           (2)

 2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               INKOMSTE VIR 'N FIRMA
              Totale   Prys          Vaste          Veranderlike    Totale
              uitset                 koste          koste           koste
                 0            0          30                            -30
                 1            50         30                 18          48
                 2            50         30                 25          55
                 3            50         30                 38          68
                 4            50         30                 45          75

      2.2.1 Identifiseer die markstruktuur wat in die tabel hierbo voorgestel
            word.                                                                      (1)

      2.2.2 Noem die koste wat konstant bly ongeag die hoeveelheid uitset.             (1)

      2.2.3 Beskryf kortliks die term veranderlike koste.                              (2)

      2.2.4 Verduidelik hoekom besighede in hierdie mark prysnemers is.                (2)

      2.2.5 Bereken die marginale koste vir die 3de uitset. Toon ALLE
            berekeninge.                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                  8                                 NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 2.3 Bestudeer die logo's hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                              [Source: Google images]

      2.3.1 Identifiseer die mark wat hierbo uitgebeeld is.                             (1)

      2.3.2 Noem industrie wat hierbo voorgestel word?                                  (1)

      2.3.3 Beskryf kortliks die term produkdifferensiasie.                             (2)

      2.3.4 Verduidelik hoe besighede in hierdie markstruktuur hul produkte
            onderskei.                                                                  (2)

      2.3.5 Hoe kompeteer besighede in hierdie markstruktuur?                (2 x 2)    (4)

 2.4 Met behulp van 'n grafiek verduidelik hoe wins in die volmaakte mark
     gemaksimeer word deur totale koste en totale inkomste te gebruik. (2 x 4) (8)

 2.5 Met verwysing na die geknikte vraagkromme, ontleed die rasionaal agter die
     vraagkromme.                                                       (4 x 2) (8)
                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                 9                               NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1 Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Noem enige TWEE instellings van die mededingingsbeleid.          (2 x 1)     (2)

      3.1.2 Hoekom is besighede in die motorbedryf afhanklik van mekaar? (1 x 2)         (2)

 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          BEGROTINGSTOESPRAAK 2025 : SAL SONDEBELASTING STYG?

      Sondebelasting is 'n heffing wat op sekere produkte geplaas word wat nie
      noodwendig noodsaaklik is vir daaglikse oorlewing nie. Die heffing word
      toegepas op goedere wat gesondheids- en maatskaplike kwessies veroorsaak
      soos suikerdrankies. Vir die gemiddelde verbruiker beteken sondebelasting dat
      skadelike goedere al hoe duurder gaan raak, wat hulle onder finansiële druk
      gaan plaas. Hierdie verhoging verhoog ook die risiko dat meer onwettige
      produkte die mark oorstroom. Die aksynsbelasting op suikerryke drankies word
      sedert 2018 afgedwing en daar word verwag dat dit in die 2025/2026 begroting
      verhoog kan word om vetsug en gesondheidskwessies te bekamp.

                                                                 [Aangepas uit ENCA]

      3.2.1 Noem die tipe belasting wat hierbo gehef word.                               (1)

      3.2.2 Wie word meestal geraak deur 'n verhoging in bogenoemde
            belasting?                                                                   (1)

      3.2.3 Beskryf kortliks die term aksynsbelasting.                                   (2)

      3.2.4 Wat is die rede waarom bogenoemde belasting gehef word?                      (2)

      3.2.5 Waarom is aksynsbelasting 'n goeie bron van inkomste vir die regering?
                                                                           (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                  10                                  NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      3.3.1 Identifiseer die marginalekostekromme in die bostaande grafiek.                  (1)

      3.3.2 Noem die tipe produk wat in die markstruktuur hierbo verkoop
            word.                                                                            (1)

      3.3.3 Beskryf kortliks die term monopolie.                                             (2)

      3.3.4 Hoekom lê die MI kromme onder die vraagkromme?                                   (2)

      3.3.5 Gebruik die inligting uit die grafiek hierbo om wins of verlies te
            bereken. Toon ALLE berekeninge.                                                  (4)

 3.4 Bespreek kortliks die doelstellings van die Mededingingswet, 1998.          (4 x 2)     (8)

 3.5 Waarom is 'n koste-voordeel-analise (KVA) nodig vir projekte in die openbare
     sektor?                                                               (4 x 2) (8)
                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                11                                    NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1 Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1 Noem TWEE kenmerke van openbare goedere en dienste.                 (2 x 1) (2)

      4.1.2 Waarom maak 'n monopolie op die langtermyn ekonomiese wins?
                                                                     (1 x 2)               (2)

 4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                KOMPETISIE TRIBUNAAL VERBIED VODACOM/MAZIV
                               SAMESMELTING

      Die Mededingingstribunaal het vandag sy bevel uitgereik wat die voorgestelde
      transaksie verbied tussen Vodacom (Edms) Bpk en Business Venture
      Investments No 2213 (Edms) Bpk, ook bekend as “Maziv”. Die voorgestelde
      transaksie sou die land se grootste selfoonoperateur, Vodacom, gekombineer
      het met een van Suid-Afrika se grootste veselinfrastruktuurspelers, Maziv.

                                                      [Bron: https://www.comptrib.co.za]

      4.2.1 Identifiseer die organisasie wat samesmeltings in Suid-Afrika kan
            aanvaar of verwerp.                                               (1)

      4.2.2 Noem die markstruktuur waarin Vodacom bedrywig is.                             (1)

      4.2.3 Beskryf kortliks die term samespanning.                                        (2)

      4.2.4 Watter negatiewe impak sal die samesmelting van Vodacom en Maziv
            op mededinging in die mark hê?                                   (2)

      4.2.5 Hoe bevoordeel mededingingsbeleid die ekonomie?                     (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                  12                               NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      4.3.1 Verskaf 'n geskikte opskrif vir die grafiek hierbo.                        (1)

      4.3.2 Identifiseer die punt waar hulpbronne nie doeltreffend gebruik
            word nie.                                                                  (1)

      4.3.3 Beskryf kortliks die term toedelingsdoeltreffendheid.                      (2)

      4.3.4 Verduidelik hoe 'n onderneming produktiefondoeltreffend sou                (2)
            wees?

      4.3.5 Hoe sou die produksie geraak word as dit by punt B plaasvind?
                                                                             (2 x 2) (4)

 4.4 Bespreek die rol van die mededingskommissie.                            (4 x 2)   (8)

 4.5 Ontleed die produksievlakke en vraagkromme as kenmerke van ‘n monopolie.
                                                                      (4 x 2) (8)
                                                                              [40]

                                                        TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Economics/P2                                        13                                  NW/June 2025
                                                  Grade

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                     PUNTE
                          STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                   TOEKENNING
  Inleiding
  Die inleiding is 'n laer-orde reaksie.
  • 'n Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip te definieer verband wat
       hou met die vraagonderwerp.                                                   Maks. 2
  • MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE.
  • MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
  • MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofdeel:Bespreek in detail/Bespreek in detail met die hulp van
 grafieke/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/
                                                                                     Maks. 26
 Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/
 Debatteer
  'n Maksimum van 8 mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
                                                                                     Maks. 10
     Addisionele deel:Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Lees af/
     Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
     ‘n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word.
     SLOT
     Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
     • 'n Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite te herhaal reeds
         genoem
     • Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is            Maks. 2
     • Addisionele ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk
     • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
     • Aanbevelings
     TOTAAL                                                                            40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

       Bespreek die korttermyn-ewewigsposisies (ekonomiese wins, ekonomiese
        verlies en normale wins) in 'n volmaakte mark met behulp van grafieke.                  (26)

       Ontleed die verhouding tussen 'n individuele besigheid en die bedryf
        onder volmaakte mark.                                                                   (10)
                                                                                                [40]

 VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

       Bespreek in detail, sonder om grafieke te gebruik, staatsingryping as gevolg
        van markmislukkings.                                                                    (26)

       Hoe sal onbeweeglikheid van produksiefaktore tot markmislukking lei?                    (10)
                                                                                                [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:                 40
                                                                 GROOTTOTAAL:                   150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Economics · Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
