# Electrical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/2262815e-6e23-40b5-b14c-7a715051e07a
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/2262815e-6e23-40b5-b14c-7a715051e07a)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

             ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                MEI/JUNIE 2024

                                                                        PUNTE: 200

                                                                          TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            2                           DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

4.        Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
          af.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.        Berekeninge moet die volgende insluit:

          7.1        Formules en manipulasies waar nodig

          7.2        Korrekte vervanging van waardes

          7.3        Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing

8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           3                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.

1.1       'n Brandwond moet behandel word deur …

          A       die gebrande area met botter te bedek.
          B       ys op die brandwond te sit.
          C       die blase stukkend te maak.
          D       koue water oor die brandwond te laat loop totdat die pyn verminder.            (1)

1.2       Die krag in 'n induktor staan as … bekend.

          A       skyndrywing
          B       aktiewe drywing
          C       reaktiewe drywing
          D       ware drywing                                                                   (1)

1.3       'n Parallelle RLC-kring is meer kapasitief wanneer …

          A       XC > XL
          B       R=Z
          C       IC > I L
          D       VC > V L                                                                       (1)

1.4       'n Toename in weerstand van 'n parallelle resonante kring sal veroorsaak dat
          die totale stroom …

          A       verdubbel.
          B       afneem.
          C       toeneem.
          D       nul sal wees.                                                                  (1)

1.5       Effektiwiteit van elektriese stelsels in nywerhede met groot induktiewe laste
          veroorsaak ʹn …

          A       hoë arbeidsfaktor met stroom wat die spanning voorloop.
          B       lae arbeidsfaktor met stroom wat die spanning voorloop.
          C       hoë arbeidsfaktor met stroom wat die spanning naloop.
          D       lae arbeidsfaktor met stroom wat die spanning naloop.                          (1)

1.6       Die lynstroom van 'n stergekoppelde stelsel is 10 A. Die fasestroom sal …
          wees.

          A       30 A
          B       17,32 A
          C       10 A
          D       5,77 A                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            4                             DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

1.7       Die skynbare drywing van 'n deltagekoppelde driefasestelsel met ‘n lynstroom
          van 5 A en fasespanning van 300 V is …

          A       2 598,08 VA
          B       1 500 VA
          C       2 598,08 VAR
          D       1 500 VAR                                                                            (1)

1.8       Die volgende stelling beskryf 'n kern-tipe transformator:

          A       Die kern verberg die grootste gedeelte van die wikkelinge
          B       Dubbele magneetbaan
          C       Enkelmagneetbaan
          D       Die kern het vyf bene                                                                (1)

1.9       Die faktore wat tot oorverhitting in transformators kan bydra, is ...

          A       konstante oorbelasting.
          B       onvoldoende ventilasie.
          C       onvoldoende transformatorolie.
          D       Al die bogenoemde.                                                                   (1)

1.10      'n Kontinuïteitstoets op die spoele van 'n driefase-induksiemotor word tussen
          … in die aansluitkas uitgevoer wanneer die verbindings tussen die spoele
          verwyder is.

          A       U1 en V1
          B       V1 en aard
          C       U1 en W 1
          D       U1 en U2                                                                             (1)

1.11      Die … van 'n kontaktor word in die hoofstroomkring bedraad met verwysing
          na motoraansitters.

          A       hoofkontakte
          B       hulpkontakte
          C       nulvolt-spoel
          D       A1- en A2-terminale                                                                  (1)

1.12      Die verhouding van die uitsetkrag tot die insetkrag van 'n driefasemotor staan
          as … bekend.

          A       arbeidsfaktor
          B       rendement
          C       glip
          D       skyndrywing                                                                          (1)   2024

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             5                             DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

1.13      … nabyheidsensors word slegs gebruik om die teenwoordigheid van
          metaalvoorwerpe vas te stel.

          A       Kapasitiewe
          B       Ultrasoniese
          C       Fotoëlektriese
          D       Induktiewe                                                                         (1)

1.14      … is bisse in die PLB se virtuele stoorgeheue wat gebruik kan word om data
          te stoor en as relês op te tree.

          A       Grendelkontakte
          B       Merkers of vlaggies
          C       Tydreëlaars
          D       Vervormingsmeters                                                                  (1)

1.15      Die doel van 'n remweerstand in die regeneratiewe remproses is om die …

          A       oortollige energie in sy elektrostatiese veld te stoor.
          B       hoeveelheid oortollige energie te beperk.
          C       oortollige energie in die vorm van hitte te dissipeer.
          D       oortollige energie in sy elektromagnetiese veld te stoor.                          (1)
                                                                                                     [15]

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1       Noem TWEE onveilige handelinge wat as gevaarlike praktyke beskou word
          deur 'n gebruiker wanneer met masjinerie gewerk word.                                      (2)

2.2       Met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet
          85 van 1993), noem TWEE voorbeelde wat as oortredings beskou word
          wanneer aan 'n veiligheidsinspekteur verslag gedoen word.                                  (2)

2.3       Bespreek die algemene pligte wat vervaardigers uitvoer wanneer artikels vir
          gebruik in die werkplek ontwerp en vervaardig word.                                        (2)

2.4       Definieer ʹn nie-kritieke insident.                                                        (2)

2.5       Beskryf ʹn gevaarlike uitwerking wat ʹn stroom van 200 mA op die menslike
          liggaam het.                                                                               (2)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              6                           DBE/Mei/Junie 2024
                                          SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: RLC-KRINGE

3.1       Verduidelik die term reaktansie met verwysing na 'n wisselstroomkring.                    (2)

3.2       FIGUUR 3.2 hieronder toon die kringdiagram, golfvorms en 'n gedeeltelike
          fasordiagram van die spannings in 'n RLC-kringbaan wat aan 'n WS-toevoer
          gekoppel is. Bestudeer die diagramme hieronder en beantwoord die vrae wat
          volg.

                                   VL              VC               VR
                                  10 V            15 V             18 V

                                                   VT
                                           Kringdiagram
                         VR      VT
               +V
                                          VC       VL

                                                                  VL

               0
                                                              t
                                                                                Rotasie

                                                                  VC
               -V
                               Golfvorm                                Fasordiagram
                         FIGUUR 3.2: RLC-KRING, GOLFVORM EN FASOR

          Gegee:

          VR        = 18 V
          VL        = 10 V
          VC        = 15 V

          3.2.1        Noem of die stroombaan oorwegend induktief of kapasitief is.
                       Motiveer jou antwoord.                                                       (2)

          3.2.2        Bereken die toevoerspanning.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                7                            DBE/Mei/Junie 2024
                                            SS/NSS Vertroulik

          3.2.3        Bereken die fasehoek.                                                           (3)

          3.2.4        Teken die fasordiagram              oor   en   voltooi    dit   in    die
                       ANTWOORDEBOEK.                                                                  (3)

          3.2.5        Verduidelik waarom dit aanvaar kan word dat die toevoerstroom
                       die toevoerspanning voorloop.                                                   (2)

3.3       Verwys na FIGUUR 3.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       IT
                                                                   IC              IR
                                                                 1,59 A          1,15 A

                      VT                             XL                              R
                  230 V/50 Hz                      62,83 Ω                         200 Ω

                              FIGUUR 3.3: RLC-PARALLELKRINGBAAN

          Gegee:

          XL      = 62,83 Ω
          R       = 200 Ω
          IR      = 1,15 A
          IC      = 1,59 A
          VT      = 230 V
          f       = 50 Hz

          Bereken die:

          3.3.1        Stroomvloei deur die induktor                                                   (3)

          3.3.2        Totale stroomvloei                                                              (3)

          3.3.3        Arbeidsfaktor                                                                   (3)

          3.3.4        Waarde van kapasitansie wat resonansie sal veroorsaak wanneer
                       die frekwensie en induktansie konstant bly                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               8                             DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS Vertroulik

3.4       FIGUUR 3.4 hieronder toon die stroom vs frekwensieresponskurwes van 'n
          serie-resonansiekring met 'n reëlbare weerstand. Die induktiewe reaktansie
          van die kring is 2 000 Ω by resonansie en elke responskurwe is vir 'n ander
          weerstandswaarde.

                                      4A                        Q1 : R = 25 Ω

                            Stroom
                               (I)
                                      2A                        Q2 : R = 50 Ω

                                 1,25 A                         Q3 : R = 80 Ω

                                                     f1 fr f2     Frekwensie
                                                                      (f)

                                 FIGUUR 3.4: FREKWENSIERESPONS

          Gegee:

          XL         = 2 000 Ω

          3.4.1        Noem hoe 'n afname in weerstand die Q-faktor van die kring
                       beïnvloed.                                                                      (1)

          3.4.2        Bereken die Q-faktor wanneer R = 50 Ω.                                          (3)

          3.4.3        Bereken die resonansiefrekwensie wanneer f1 = 1 200 Hz en
                       f2 = 2 100 Hz.                                                                  (3)
                                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               9                         DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1       FIGUUR 4.1 hieronder toon 'n blokdiagram van die nasionale kragnetwerk in
          Suid-Afrika. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                       Nywerheids-
                                                                                      400 V
                                                                       verbruikers
            Opwekking             Transmissie          Verspreiding

                  A               200/275/400/           7/11 kV      Huishoudelike
                                                                                      230 V
                                    765 kV                             verbruikers

                             FIGUUR 4.1: NASIONALE KRAGNETWERK

          4.1.1         Noem die spanning wat by blok A opgewek word.                              (1)

          4.1.2         Noem die standaard internasionale kleurkode vir 'n driefasestelsel
                        met verwysing na die elke fase.                                            (3)

          4.1.3         Beskryf kortliks die nasionale kragnetwerk.                                (2)

          4.1.4         Verduidelik waarom die oordrag (transmissie) van elektrisiteit teen
                        so 'n hoë spanning gedoen word.                                            (2)

          4.1.5         Verduidelik hoe die spanning vir 'n nywerheidsverbruiker verskil
                        van die spanning vir 'n huishoudelike verbruiker.                          (2)

4.2       Gee TWEE redes waarom 'n nywerheidsverbruiker 'n driefasetoevoer bo 'n
          enkelfasetoevoer sal verkies.                                                            (2)

4.3       'n 180 kW-driefase- deltaverbinde las word deur 'n 200 kVA-kragopwekker
          voorsien. Die lynspanning is 400 V. Beantwoord die vrae wat volg.

          Gegee:

          S           = 200 kVA
          VL          = 400 V
          P           = 180 kW

          Bereken die:

          4.3.1         Lynstroom                                                                  (3)

          4.3.2         Fasestroom                                                                 (3)

          4.3.3         Arbeidsfaktor                                                              (3)

          4.3.4         Reaktiewe drywing                                                          (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           10                         DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

4.4       FIGUUR 4.4 hieronder toon die resultaat van arbeidsfaktorverbetering in 'n
          driefasestelsel. Die toevoerspanning en las het deur die hele proses dieselfde
          gebly. S1 en Q1 is oorspronklike waardes terwyl S2 en Q2 die waardes nadat
          arbeidsfaktorverbetering gedoen is.

                                                            S1
                                                                 Q1

                                                            S2
                                             θ1
                                                  θ2             Q2

                                                            P

                           FIGUUR 4.4: ARBEIDSFAKTORVERBETERING

          4.4.1        Noem waar arbeidsfaktor-verbeteringstoestelle geïnstalleer kan
                       word.                                                                    (1)

          4.4.2        Identifiseer EEN verbetering met verwysing na FIGUUR 4.4
                       hierbo.                                                                  (1)

          4.4.3        Verduidelik hoe arbeidsfaktorverbetering 'n invloed gehad het op
                       die stroom wat vanaf die toevoer getrek is deur die
                       drywingsdriehoek voor en ná drywingsfaktorverbetering te
                       vergelyk.                                                                (2)

4.5       Onderskei tussen wattmeters en energiemeters met verwysing na hulle
          toepassings.                                                                          (2)

4.6       Twee wattmeters word gebruik om die totale drywing van 'n driefasestelsel te
          meet. Wanneer die totale drywing 3,5 kW is en die lesing op meter 1 vertoon
          as 1 300 W, bepaal die lesing op meter 2.                                             (3)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              11                           DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS Vertroulik

VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

5.1       Verwys na FIGUUR 5.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg..

                                                   Primêre
          L1                               L2                           L3

           L1                         L2                                 L3
                                                Sekondêre

                             FIGUUR 5.1: DRIEFASETRANSFORMATOR

          5.1.1        Noem of dit 'n kerntipe of doptipe driefasetransformator is.                  (1)

          5.1.2        Noem EEN voordeel van 'n doptipe transformator bo 'n kerntipe
                       transformator.                                                                (1)

          5.1.3        Noem die konfigurasie van die primêre en sekondêre wikkelinge in
                       FIGUUR 5.1 hierbo.                                                            (2)

          5.1.4        Beskryf kortliks die werkbeginsel van die driefase-transformator in
                       FIGUUR 5.1 hierbo.                                                            (4)

5.2       Beantwoord die volgende vrae met verwysing na transformators.

          5.2.1        Beskryf die gevolg wat 'n toename in die las op die primêre
                       stroomvloei van 'n transformator sal hê.                                      (2)

          5.2.2        Noem EEN funksie van die diëlektriese olie wat in transformators
                       gebruik word.                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           12                        DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

         5.2.3           Noem TWEE tipes verliese behalwe koperverliese wat in
                         transformators plaasvind.                                              (2)

         5.2.4           Noem en verduidelik TWEE verkoelingsmetodes wat vir droë
                         transformators gebruik word.                                           (4)

         5.2.5           Vergelyk geleiergroottes tussen 'n enkelfasetransformator en 'n
                         driefasetransformator vir dieselfde drywingsaanslag.                   (2)

5.3      FIGUUR 5.3 hieronder toon 'n 300 kW- delta-gekoppelde las met 'n
         arbeidsfaktor van 0,87 wat aan 'n delta-ster-transformator gekoppel is. Die
         primêre en sekondêre lynspannings van die transformator is onderskeidelik 8 kV
         en 600 V. Aanvaar dat die transformator 100% doeltreffend is. Beantwoord die
         vrae wat volg.

                                N1         N2                              PT = 300 kW

                                                              VL2
            VL1                                              600 V
           8 kV
                                                                           PF = 0,87

             FIGUUR 5.3: DRIEFASE- DELTA-STERVERBINDE TRANSFORMATOR

          Gegee:

          VL1      = 8 kV
          VL2      = 600 V
          PT       = 300 kW
          pf       = 0,87

          Bereken die volgende:

          5.3.1        Lynstroom van die las                                                   (3)

          5.3.2        Fasestroom van die las                                                  (3)

          5.3.3        Primêre lynstroom                                                       (3)

5.4       Beskermingstoestelle wat in driefasetransformators gebruik word, word in
          twee kategoriëe verdeel, relês en skakelaars. Noem TWEE beskermingsrelês
          wat in driefasetransformators gebruik word.                                          (2)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              13                            DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS Vertroulik

VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN AANSITTERS

6.1       Noem TWEE roterende dele van 'n driefase-induksiemotor.                                     (2)

6.2       FIGUUR 6.2 hieronder toon hoe die spoele van 'n driefase-induksiemotor in 'n
          stator geplaas word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                               Statorhulsel
                                           U1

                                                                Statorspoele

                                           U2

                                      FIGUUR 6.2: DRIEFASE-STATOR

          6.2.1        Bepaal die hoek tussen spoel U en spoel V.                                     (1)

          6.2.2        Verduidelik hoe 'n roterende magneetveld ontwikkel wanneer 'n
                       driefase-toevoer aan die statorwikkelinge gekoppel word.                       (4)

          6.2.3        Noem waarom 'n kourotor minder brandgevaar inhou.                              (1)

6.3       'n Driefase-induksiemotor het 12 pole. Wanneer dit vanaf 'n 50 Hz-toevoer
          werk, is die glip 5%.

          Gegee:

          f       = 50 Hz
          p       =2
          glip    = 5%

          Bereken die volgende:

          6.3.1        Sinchrone spoed                                                                (3)

          6.3.2        Rotorspoed                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                  14                               DBE/Mei/Junie 2024
                                               SS/NSS Vertroulik

6.4       Die volgende inligting oor 'n driefase- deltaverbinde induksiemotor is
          beskikbaar:

          Insetstroom = 20 A
          Toevoerspanning = 400 V
          Insetkrag = 11,75 kW
          Totale verliese = 1 750 W

          Bereken die:

          6.4.1        Rendement                                                                                (3)

          6.4.2        Skyndrywing                                                                              (3)

          6.4.3        Arbeidsfaktor                                                                            (3)

          6.4.4        Uitsetdrywing van die motor                                                              (3)

6.5       Verwys na FIGUUR 6.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              L
                                                        Tydelike
                                                       verbinding
                         STOP

                        AANSIT A                            AANSIT B
                                                     HK1
                                                     N/O1
                                                                                     HK2
                                                                                     N/O

                                                                     OB 2
                                  OB 1

                          HK1                                 HK2
                        (Motor 1)                           (Motor 2)
                          N
                                                Beheerkring

                                         Vervoerband 1 Motor
                                                        1

                                                               Vervoerband 2 Motor
                                                                              2

                                             Vervoerbandstelsel

      FIGUUR 6.5: MOTORAANSITTERBEHEERKRING EN VERVOERBANDSTELSEL

          6.5.1        Identifiseer die motoraansitterbeheerkring in FIGUUR 6.5 hierbo.                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           15                         DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

          6.5.2        Verduidelik die funksie van HK1 met verwysing na die hoof(krag)-
                       kring.                                                                   (2)

          6.5.3        Noem die voordeel daarvan om twee oorbelastingrelês in die kring
                       te hê.                                                                   (1)

          6.5.4        Verduidelik die nadeel daarvan om die oorbelastingrelês te koppel
                       soos in die beheerkring in FIGUUR 6.5 getoon, wanneer HK1 en
                       HK2 die twee motors in die vervoerbandstelsel beheer.                    (3)

          6.5.5        HK2 kan tans aangeskakel word óf voordat óf nadat HK1 bekrag is.
                       Verduidelik hoe die beheerkring verander kan word om te voorkom
                       dat HK2 bekrag word sonder dat HK1 eerste bekrag word nie.               (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                  16                         DBE/Mei/Junie 2024
                                               SS/NSS Vertroulik

VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)

7.1       Noem DRIE voordele van harde bedrading.                                                         (3)

7.2       Verwys na FIGUUR 7.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      A
                                                                   Uitset
                                      B

                                      A
                                                     &             UItset
                                      B

                                          FIGUUR 7.2: LOGIKAHEK

          7.2.1        Teken die leerlogikadiagram.                                                       (3)

          7.2.2        Voltooi die waarheidstabel vir die logikahek deur slegs die
                       toestand van die uitset vir die volgende TWEE insettoestande neer
                       te skryf.

                                           A                 B              UITSET
                                           0                 1                (X)
                                           1                 1                (Y)
                                                         TABEL 7.2.2                                      (2)

7.3       Verwys na analoog- en digitale insette op 'n PLB en beantwoord die vrae wat
          volg.

          7.3.1        Gee DRIE voorbeelde van analoog-insettoestelle.                                    (3)

          7.3.2        Verduidelik waarom 'n analooginset na 'n digitale inset in 'n
                       rekenaarstelsel omgeskakel moet word.                                              (4)

7.4       Verduidelik die konsep grendel.                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                 17                        DBE/Mei/Junie 2024
                                              SS/NSS Vertroulik

7.5       Verwys na FIGUUR 7.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       L1

                                Stop               HK1
                                                   N/O2

                            O/B1                                      O/B2
                            N/T                                       N/T

                            Aansit                 HK1                   T
                                                   N/O1                 N/O

                            HK1                                       HK2
                                                     T

                            N

                     FIGUUR 7.5: OUTOMATIESE SEKWENSIËLE AANSITTER

          7.5.1        Beskryf die funksie van T.                                                    (2)

          7.5.2        Noem TWEE toestande waaraan voldoen moet word vir HK 2 om te
                       bekrag.                                                                       (2)

          7.5.3        Onderskei tussen AAN-vertraging- en AF-vertragingtydreëlaars.                 (3)

          7.5.4        Teken die PLB-leerlogikadiagram in FIGUUR 7.5.4 hieronder in die
                       ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit om dieselfde funksie as die
                       kring in FIGUUR 7.5 hierbo uit te voer.

                                                                                         N
                            L          stop

                                                       FIGUUR 7.5.4                                  (9)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                 18                        DBE/Mei/Junie 2024
                                              SS/NSS Vertroulik

7.6       Verwys na 'n verstelbare spoedbeheerder as 'n programmeerbare
          motorbeheerder. Beskryf die basiese werkbeginsel van 'n verstelbare
          spoedbeheerder wanneer dit die spoed van 'n WS-induksiemotor beheer.                     (3)

7.7       FIGUUR 7.7 hieronder toon die kenkromme van spoed teenoor wringkrag
          wanneer 'n VSB gebruik word om die spoed van 'n driefase-induksiemotor te
          beheer. Bestudeer die kenkromme en beskryf die aansit- en loopprofiel van 'n
          induksiemotor.

                                      400%
                                      400 %                               Afbreek-
                                                                           spoed
                                      300%
                                      300 %

                       Wringkrag 200%
                                    %

                                      100%
                                         %

                                        0
                                                                          Spoed
                                              20%
                                               20% 40 % 60
                                                    40% 60%% 80 % 100
                                                              80%     %
                                                                   100%

                      FIGUUR 7.7: SPOED TEENOOR WRINGKRAG-KURWE                                    (3)
                                                                                                   [40]

                                                                                     TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                                                            DBE/Mei/Junie 2024
                                                                           SS/NSS Vertroulik

                                                                      FORMULEBLAD
RLC-KRINGE                                                                    DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P         V       I   Cos θ                                                           STER
    L     2 fL                                                                        VL √3 VPH
                                                                                      VPH IPH   PH
    C
          2 fC                                                                        IL IPH
                                                     f       f2
     fr                           OF            fr                                    DELTA
              2 √LC                                      2
              fr
B                                 OF            B        f2 f                         VL       VPH

SERIE                                                                                 VPH          IPH        PH

V         I                                                                           IL     √3 IPH
VL        I L                                                                         DRYWING
VC        I C                                                                             (P        )     √3        VL    IL

          V                                                                                (Pr )     √3       VL     IL    in θ
I                           OF              I        I       IC       IL
                                                                                      P      √3      VL       IL     Cos θ
                  2                                                                                 P
          √           ( L      C)
                                    2                                                 Cos θ

                                        2
V          √V 2            (VL - VC )                OF           V        I          RENDEMENT
                                                                               V             P I
Cos θ                                   OF                   Cos θ                                        00
                                                                               V             PI

              L        C     VL         VC                   L
                                                         √
                             V          V                    C                        TWEEWATTMETERMETODE
PARALLEL
                                                                                      P        P         P2
V         V           VC     VL
          V                                                                                               P        P2
I                                                                                     tan θ        √3 (               )
                                                                                                          P        P2
          V
IC                                                                                    DRIEWATTMETERMETODE
              C
          V
IL                                                                                    P        P         P2    P3
              L

I         √I2         (IL IC )2
          V
          I
                  I
Cos θ
                  I

              L        C

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                                DBE/Mei/Junie 2024
                                               SS/NSS Vertroulik

DRIEFASETRANSFORMATORS                              DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER                                                STER
VL √3 VPH                                           VL √3 VPH
IL IPH                                              IL IPH

DELTA                                               DELTA
VL VPH                                              VL VPH
IL     √3 IPH                                       IL     √3 IPH

DRYWING                                             DRYWING
    (Pskyn )       √3        VL    IL                   (Pskyn )       √3        VL    IL

     (Pr )   √3     VL        IL        in θ             (Pr )     √3      VL     IL        in θ

P      √3      VL       IL    Cos θ                 P      √3       VL      IL    Cos θ
             P
Cos θ                                               P      √3       VL      IL    Cos θ
VF                  IF 2                                           P
                                                    Cos θ
VF 2           2    IF

Draaiverhouding                                     RENDEMENT
                                          2
               P I                                         PI      verliese
                                    00                                                 00
       P I      verliese                                           PI
                                                           P I
                                                                          00
                                                           PI

                                                    SPOED
                                                                 0 f
                                                    ns
                                                                  p
                                                                                  ns nr
                                                    Per Eenheid Glip
                                                                                    ns
                                                                   ns nr
                                                         glip                     00
                                                                     ns
                                                    nr ns (               glip)
                                                    Glip         n s nr

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Electrical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-afrikaans/f94a8c28-7fd6-4556-9263-d3c58461df27) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELECTRICAL TECH-S18-AFRIK-DIGITAL ELEC](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-s18-afrik-digital-elec/645306f1-7c04-42dd-b0a4-473f1e815955) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-eng/137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-mg-afr/d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1) — Memo · 2023 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-afr/bc6643fc-fe4e-4949-86e0-0846d92291b7) — QP · 2023 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-afr/db676dfa-3d36-4046-920f-a006d106b963) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
