# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/988be321-cddb-4f3f-bc82-e5d7644b0936
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/988be321-cddb-4f3f-bc82-e5d7644b0936)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                NOVEMBER 2025

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels          2                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

 2.        Beantwoord AL die vrae.

 3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

 4.        Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
           af.

 5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

 6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 7.        Berekeninge moet die volgende insluit:

           7.1       Formules en manipulasies waar nodig

           7.2       Korrekte vervanging van waardes

           7.3       Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing

 8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

 9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             3                       DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                 2025

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.

 1.1       'n … verskaf werk aan 'n ander persoon en vergoed daardie persoon.

           A       Werknemer
           B       Werkgewer
           C       Toesighouer
           D       Gesondheid-en-veiligheidsverteenwoordiger                                   (1)

 1.2       Die faseverskil tussen die spanning oor die kapasitor en die spanning oor die
           weerstand in 'n RC-seriekring is …

           A      0°
           B      90°
           C      120°
           D      180°                                                                         (1)

 1.3       Die totale stroomvloei in 'n RLC-seriekring is nalopend teenoor die
           toevoerspanning. Dit is 'n aanduiding dat die frekwensie … resonansie is.

           A      laer as
           B      gelyk aan
           C      hoër as                                                                      (1)

 1.4       Die totale impedansie in 'n RLC-parallelkring          met    'n   verstelbare
           frekwensietoevoer is gelyk aan die … by resonansie.

           A      induktiewe reaktansie
           B      kapasitiewe reaktansie
           C      weerstand                                                                    (1)

 1.5       Die … van dieselfde hoeveelheid elektriese krag is meer ekonomies in 'n
           driefasestelsel as in 'n enkelfasestelsel.

           A       opwekking
           B       transmissie
           C       verspreiding
           D       Al die bogenoemde                                                           (1)

 1.6       … word gebruik om die drywingsfaktor van induksiemotors te verbeter en word
           op dieselfde as, as die rotor gemonteer.

           A       Statiese kapasitors
           B       Fase-voorlopers
           C       Induktors
           D       Reëlbare weerstande                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              4                       DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 1.7       'n … word deur elektrisiteitsdiensverskaffers gebruik om die elektriese energie
           wat aan hulle verbruikers gelewer word, vir rekeningdoeleindes te meet.

           A       Wattmeter
           B       Kilowatt-uur-meter
           C       Ammeter
           D       Voltmeter                                                                     (1)

 1.8       ...-konfigurasie word selde in driefasetransformators gebruik as gevolg van die
           teenwoordigheid van bofrekwensies ('harmonics') in die sekondêre wikkelings.

           A       Ster-ster
           B       Ster-delta
           C       Delta-ster
           D       Delta-delta                                                                   (1)

 1.9       Werwelstrome vorm deel van …

           A       koperverliese.
           B       ysterverliese.
           C       swerfverliese.
           D       diëlektriese verliese.                                                        (1)

 1.10      Die primêre funksie van die stator in 'n driefase-induksiemotor is om …

           A       te roteer/draai en meganiese krag te produseer.
           B       'n elektriese verbinding tussen die rotor en stator te voorsien.
           C       'n roterende magnetiese veld te skep wanneer dit aan 'n driefasetoevoer
                   gekoppel is.
           D       kontinuïteit tussen die spoele en die aarde te verseker.                      (1)

 1.11      Deur die verbindings van enige twee van die driefasetoevoerlyne in 'n driefase-
           induksiemotor om te keer, sal die rotasierigting verander omdat die …

           A       polariteit op die kontaktorspoel verander het.
           B       fasevolgorde van die toevoerspanning na die statorspoele verander het.
           C       frekwensie van die kragtoevoer omgekeer word.
           D       motorwindinge gekortsluit word.                                               (1)

 1.12      Sodra die aansitknoppie in 'n driefase- outomatiese ster-delta-motoraansitter
           gedruk word, word … bekrag.

           A       slegs die hoofkontaktor
           B       die ster- en delta-kontaktors
           C       die hoofkontaktor en deltakontaktor
           D       die hoofkontaktor en sterkontaktor                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           5                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 1.13      'n … is 'n voorbeeld van 'n uitsettoestel op 'n PLB.

           A       Skakelaar
           B       Sensor
           C       Relê
           D       Vervormingsmeter                                                               (1)

 1.14      'n … is 'n halfgeleiertoestel wat lig gebruik om 'n elektriese sein tussen kringe
           of elemente van 'n kring oor te dra.

           A       Diode
           B       Transistor
           C       Optiese koppelaar
           D       Zener-diode                                                                    (1)

 1.15      Die IGBT in 'n VSD word gesimuleer deur die gebruik van pare skakelaars.
           Watter EEN van die volgende simulasie-stellings is KORREK?

           A       Een paar skakelaars beheer die negatiewe uitsetspanning.
           B       Een paar skakelaars beheer die positiewe uitsetspanning.
           C       Een skakelaar in 'n paar beheer beide die positiewe en negatiewe
                   uitsetspanning.
           D       Geeneen van die bogenoemde nie                                                 (1)
                                                                                                  [15]

 VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

 2.1       Verduidelik masjinerie met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en
           Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993).                                                    (2)

 2.2       Noem TWEE voorsorgmaatreëls om jouself te beskerm wanneer jy iemand
           help wat 'n elektriese skok opgedoen het.                                              (2)

 2.3       Gee TWEE voorbeelde van gevaarlike praktyke in die elektriese werkswinkel.             (2)

 2.4       Onderskei tussen 'n ernstige voorval en 'n ongeluk.                                    (2)

 2.5       In die elektriese werkswinkel het jy gesien dat een van jou klasmaats 'n
           veiligheidskerm van 'n masjien verwyder. Volgens die Wet op
           Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993), is dit 'n onveilige
           handeling. Motiveer waarom dit 'n onveilige handeling is.                              (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             6                        DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 3: RLC-KRINGE

 3.1       Met verwysing na RLC-kringe, noem die korrekte terminologie wat die volgende
           beskryf:

           3.1.1        Die frekwensie waar XL aan XC gelyk is                                  (1)

           3.1.2        Die verhouding van die gestoorde energie tot die energie wat deur
                        'n induktor of kapasitor omgeskakel word                                (1)

 3.2       FIGUUR 3.2 hieronder toon 'n RLC-seriekring wat aan 'n WS-toevoer gekoppel
           is. Beantwoord die vrae wat volg.

                        VR = 202,16 V          VL = 226,82 V     VC = 140,18 V

                                R               XL = 62,83 Ω       C = 100 µF

                         IT = 3,61 A

                                                     50 Hz

                                       FIGUUR 3.2: RLC-SERIEKRING

           Gegee:

           IT           = 3,61 A
           XL           = 62,83 Ω
           C            = 100 μF
           VR           = 202,16 V
           VL           = 226,82 V
           VC           = 140,18 V
           f            = 50 Hz

           Bereken die volgende:

           3.2.1        Toevoerspanning                                                         (3)

           3.2.2        Impedansie                                                              (3)

           3.2.3        Fasehoek                                                                (3)

           3.2.4        Kapasitansiewaarde wat resonansie sal veroorsaak                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                7                        DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

 3.3       Teken die spanningsfasordiagram van VRAAG 3.2 in FIGUUR 3.3 hieronder in
           die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit.

                                          IT = 3,61 A

                        FIGUUR 3.3: ONVOLLEDIGE SPANNINGSFASORDIAGRAM                                 (4)

 3.4       FIGUUR 3.4 hieronder toon 'n RLC-parallelkring met sy ooreenstemmende
           fasordiagram. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                               IC = 0,2 A

                                                                    IR = 0,5 A      VT = 50 V
                50 Hz                 R        L       C

                                                               IL = 0,9 A

                      FIGUUR 3.4: RLC-PARALLELKRING EN FASORDIAGRAM

           Gegee:

           VT      = 50 V
           IR      = 0,5 A
           IL      = 0,9 A
           IC      = 0,2 A
           f       = 50 Hz

           Bereken die volgende:

           3.4.1         Totale stroomvloei                                                           (3)

           3.4.2         Kapasitiewe reaktansie                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            8                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 3.5       Noem of die kring in FIGUUR 3.4 op die vorige bladsy meer kapasitief of meer
           induktief is. Gee 'n rede vir die antwoord.                                            (2)

 3.6       Verwys na FIGUUR 3.4 op die vorige bladsy en verduidelik hoe 'n toename in
           die toevoerfrekwensie sal veroorsaak dat die kring resoneer.                           (3)

 3.7       FIGUUR 3.7 hieronder toon die frekwensiekromme van 'n RLC-kring, NIE
           volgens skaal NIE. Beantwoord die vrae wat volg.

                                  Zmaks

                                 70,7%

                                              5,4    7,3   9,2   f (kHz)

                                 FIGUUR 3.7: Q-FAKTOR-KENKROMME

           3.7.1        Noem of FIGUUR 3.7 hierbo die responsiekromme vir 'n RLC-serie-
                        of 'n RLC-parallelkring verteenwoordig en motiveer die antwoord.          (2)

           3.7.2        Bereken die Q-faktor van die kring.                                       (4)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            9                             DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING
 4.1       Noem TWEE nadele van driefasestelsels.                                                   (2)
 4.2       Beskryf wat bedoel word met 'n arbeidsfaktor van minder as 1 in 'n
           driefasestelsel.                                                                         (2)
 4.3       Verwys na FIGUUR 4.3 hieronder wat die spoelkonfigurasie van 'n
           gebalanseerde driefasestelsel wat aan 'n 400 V-driefasetoevoer verbind is,
           toon. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                   R

                                                                        L1

                       VL
                                 R                                                 G
                      400 V

                                                                L2                L3

                                                                                   B

                              FIGUUR 4.3: GEBALANSEERDE DRIEFASELAS
           4.3.1        Identifiseer die konfigurasie van die spoele in FIGUUR 4.3 hierbo.          (1)
           4.3.2        Bepaal die spanningsval oor L2 in FIGUUR 4.3 hierbo.                        (1)
           4.3.3        Teken die fasordiagram van die stelsel in FIGUUR 4.3 hierbo.                (4)
 4.4       'n 16 kVA- sterverbinde generator word gebruik om 'n driefaselas te bekrag.
           Die fasespanning is 220 V en die fasehoek is 29,54°.
           Gegee:
           S       = 16 kVA
           VF      = 220 V
           θ       = 29,54°
           Bereken die volgende:
           4.4.1        Lynspanning                                                                 (3)
           4.4.2        Lynstroom teen vollas                                                       (3)
           4.4.3        Aktiewe drywing                                                             (3)
           4.4.4        Reaktiewe drywing                                                           (3)
 4.5       Die insetdrywing na 'n driefasestelsel is 3,45 kW. Die stelsel is in staat om
           3,2 kW effektiewe drywing op die uitset te lewer. Bereken die rendement van
           die stelsel.                                                                             (3)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                  10                   DBE/November 2025
                                                NSS Vertroulik

 4.6       FIGUUR 4.6 hieronder toon die verbinding van 'n analoogwattmeter aan een
           van die fases van 'n driefaselas. Beantwoord die vrae wat volg.

                                           Wattmeter 1
                         L1
                                          Spoel A

                                                            R             Las1
                                          Spoel B

                          N

                                FIGUUR 4.6: WATTMETERVERBINDING

           4.6.1        Identifiseer spoel A in FIGUUR 4.6 hierbo.                                  (1)

           4.6.2        Verduidelik TWEE voordele van digitale wattmeters in vergelyking
                        met analoogwattmeters.                                                      (2)

           4.6.3        Beskryf die funksie van spoel B in FIGUUR 4.6 hierbo.                       (2)

 4.7       FIGUUR 4.7 hieronder toon hoe 'n arbeidsfaktormeter aan 'n gebalanseerde
           driefasenetwerk verbind word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                      V-spoel

                                                  I-spoel

                                                                           R
                                                                          G
                                                                          Y
                                                                           B

                         FIGUUR 4.7: ARBEIDSFAKTORMETERVERBINDING

           4.7.1        Noem TWEE nadele daarvan om 'n lae arbeidsfaktor te hê.                     (2)

           4.7.2        Verduidelik die doel van 'n arbeidsfaktormeter.                             (1)

           4.7.3        Beskryf hoe stroom in 'n stelsel beïnvloed word wanneer die las 'n
                        lae arbeidsfaktor het in vergelyking met dieselfde las met 'n hoër
                        arbeidsfaktor. Motiveer jou antwoord.                                       (2)
                                                                                                    [35]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              11                         DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

 5.1       Verduidelik wedersydse induksie as die werksbeginsel van transformators.                (2)

 5.2       Verwys na FIGUUR 5.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 A1              A2               A3

                                            B1               B2        B3

                                      FIGUUR 5.2: DRIEFASETRANSFORMATOR

           5.2.1        Noem die konfigurasie waarin spoele A1–A3 en B1–B3 gekoppel is.            (2)

           5.2.2        Verduidelik waarom 'n ysterkern in die konstruksie van 'n
                        transformator gebruik word.                                                (3)

           5.2.3        Noem of FIGUUR 5.2 hierbo 'n kerntipe of 'n doptipe transformator
                        verteenwoordig. Motiveer jou antwoord.                                     (2)

           5.2.4        Verduidelik hoe droë-tipe transformators tydens werking hitte
                        verkwis.                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           12                         DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 5.3       Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             L1                                         L1

                                         R                  B

                             L2                                         L2

                                         G                  G

                             L3                                         L3

                                         B                  R
                                                                        N

              FIGUUR 5.3: DRIE ENKELFASETRANSFORMATORS GEKOPPEL AS
                              'N DRIEFASETRANSFORMATOR
          5.3.1        Noem EEN kenmerk wat identies in al drie transformators moet wees
                       om dit as 'n driefase-eenheid te gebruik.                                  (1)
          5.3.2        Noem EEN toepassing van die konfigurasie wat in FIGUUR 5.3 hierbo
                       gebruik word.                                                              (1)
          5.3.3        Verduidelik die voordeel van drie enkelfasetransformators wat as 'n
                       enkele driefase-eenheid gekoppel is wanneer een stel spoele
                       beskadig is.                                                               (2)
 5.4       'n Driefasetransformator met 'n primêr verbind in delta en die sekondêr verbind
           in ster, het 'n primêre lynspanning van 6 600 V. Die sekondêre lynspanning is
           380 V. Die transformator het 'n doeltreffendheid van 100%.
           Gegee:
           VL1 = 6 600 V
           VL2 = 380 V
            η = 100%

          5.4.1        Bepaal die primêre fasespanning.                                           (2)
          Bereken die volgende:
          5.4.2        Sekondêre fasespanning                                                     (3)
          5.4.3        Draaiverhouding                                                            (3)
          5.4.4        Die primêre fasestroom as die sekondêre lynstroom 900 A is                 (3)
 5.5      'n Driefasetransformator bekrag 'n las van 4 500 W. Die rendement van die
          transformator is 96%. Bereken die totale verliese van die transformator in watt.        (3)
 5.6      Beskryf die funksie van die olietenk tydens die werking van transformators.             (2)
                                                                                                  [30]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                             13                    DBE/November 2025
                                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

 6.1       Noem TWEE elektriese toetse wat op 'n driefasemotor uitgevoer moet word.                           (2)

 6.2       Verduidelik reaktiewe drywing met verwysing na 'n driefase-induksiemotor.                          (2)

 6.3       Verwys na FIGUUR 6.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                 B

            % vollas-wringkrag
                                 200        A      Optrek-
                                                  wringkrag

                                 100

                                                                                                Nullas-
                                                                                                spoed

                                        0                    50                      100
                                                          % spoed

                           FIGUUR 6.3: SPOED-TEENOOR-WRINGKRAG-KENKROMME

           6.3.1                       Benoem A en B op die kenkromme in FIGUUR 6.3 hierbo.                   (2)

           6.3.2                       Noem of die glip minimum of maksimum by nullasspoed is                 (1)

 6.4       Die rotor van 'n driefase-induksiemotor met 2 poolpare per fase draai teen
           1 250 r/min wanneer dit aan 'n 400 V/50 Hz-toevoer verbind is.

           Gegee:

           VL                    = 400 V
           f                     = 50 Hz
           nr                    = 1 250 r/min
           p                     =2

           Bereken die volgende:

           6.4.1                       Sinchrone spoed van die motor                                          (3)

           6.4.2                       Persentasie glip                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            14                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 6.5       'n Driefase-induksiemotor is in staat om 4 kW-uitsetkrag teen vollas te lewer.
           Die motor het 'n arbeidsfaktor van 0,85 en trek 'n lynstroom van 6,8 A vanaf die
           toevoer by vollas.
           Gegee:
           PUIT         = 4 kW
           IL           = 6,8 A
           df           = 0,85
           Aanvaar dat daar geen verliese is nie en bereken die volgende:
           6.5.1        Fasehoek                                                                 (3)
           6.5.2        Toevoerspanning                                                          (3)
           6.5.3        Skyndrywing                                                              (3)
           6.5.4        Reaktiewe drywing                                                        (3)
 6.6       Die kring in FIGUUR 6.6 hieronder word gebruik om 'n driefasemotor te beheer.
           Die motor moet in staat wees om in 'n vorentoe- en in 'n agtertoe-rigting te
           roteer, maar NIE terselfdertyd NIE. Beantwoord die vrae wat volg.

                        L
                                OB
                                N/T

                            STOP

                        AANSIT                             AANSIT
                          1                                  2                HK2
                                            (A)
                                                                              N/O1

                            N

                            FIGUUR 6.6: VORENTOE-AGTERTOE-BEHEERKRING
           6.6.1        Benoem A in FIGUUR 6.6 hierbo.                                           (1)
           6.6.2        Verduidelik die voorwaarde wat OB N/T tydens die werking van die
                        kring sal oopmaak.                                                       (1)
           6.6.3        Verduidelik waarom dit nodig is om TWEE hoofkontaktors in die
                        kring te hê.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           15                        DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

           6.6.4        Noem die verbinding wat nodig is om die gelyktydige vorentoe- en
                        agtertoe-werking van die motor te voorkom.                             (1)

           6.6.5        Teken en voltooi die beheerkring vir FIGUUR 6.6 op die vorige
                        bladsy, wat aan die voorwaardes van VRAAG 6.6 voldoen, in jou
                        ANTWOORDEBOEK oor.                                                     (4)

           6.6.6        Noem hoe 'n foutiewe stopknoppie, wat permanent oop bly, die
                        werking van die kring sal beïnvloed.                                   (1)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               16                    DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)

 7.1       Verwys na FIGUUR 7.1 hieronder van die geprogrammeerde aftastingsiklus
           van 'n PLB en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        A

                                  UITSET-
                                 AFTASTING                      B

                                      FIGUUR 7.1: PLB-AFTASTINGSIKLUS

           7.1.1        Benoem A en B.                                                         (2)

           7.1.2        Verduidelik die uitset-aftasting.                                      (2)

 7.2       Noem TWEE voordele van 'n PLB-stelsel bo 'n vastedraadrelêstelsel, met
           verwysing na koste.                                                                 (2)

 7.3       Verduidelik waarom die PLB-bedrading en verbindings nagegaan moet word
           voordat dit aangeskakel word.                                                       (2)

 7.4       Verduidelik waarom 'n PLB-stelsel veiliger as 'n vastedraadstelsel is wanneer
           'n fouttoestand ontstaan.                                                           (2)

 7.5       Noem die doel van die volgende PLB-programfunksies:

           7.5.1       Merkers/Vlae                                                            (2)

           7.5.2       Kontaktor                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                17                     DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

 7.6       Verwys na FIGUUR 7.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          A                      Uitset

                                          B

                                      FIGUUR 7.6: PLB-LOGIKAFUNKSIE

           7.6.1        Teken die ekwivalente logikasimbool van FIGUUR 7.6 hierbo.               (3)

           7.6.2        Voltooi die waarheidstabel in TABEL 7.6.2 hieronder deur slegs die
                        toestand van die uitset in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf.

                                      A                    B              UITSET
                                      0                    1                (X)
                                      1                    1                (Y)
                                                       TABEL 7.6.2                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              18                    DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 7.7       FIGUUR 7.7(A) hieronder toon die relêdiagram van 'n hand- sekwensiële
           aansitter. Teken die PLB-leerlogikadiagram in FIGUUR 7.7(B), wat dieselfde
           funksie in 'n PLB-stelsel sal uitvoer, in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi
           dit.

                     L

                    STOP                        HK1N/O2

                 OB1N/T                                      OB2N/T

                AANSIT                                   AANSIT
                                            HK1N/O                              HK2N/O
                 HK1                                      HK2

                                      HK1                             HK2
                     N

                  FIGUUR 7.7(A): BEHEERKRING VAN 'N HAND- SEKWENSIËLE
                                       AANSITTER

                   STOP

                                                                                                 (9)
                                             FIGUUR 7.7(B)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                19                         DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

 7.8      FIGUUR 7.8 hieronder toon die kenkrommes van die VSB wanneer dit gebruik
          word om die spoed van 'n driefase-induksiemotor te beheer. Bestudeer die
          kenkrommes en beantwoord die vrae wat volg.

            WRINGKRAG
                      400%

                      300%
                                                                                     Beskikbare
                      200%                                                          lasstrek van
                                                                                      die VSB
                      100%

                                      20%          40%    60%         80%      100% SPOED
                                                     FIGGUR 7.8A
                                                     FIGUUR7.8A
                                                    FIGUUR  7.8(A)
           WRINGKRAG
                 400%
                                                                            VSB-ontwerp

                      300%
                                                                       Vastefrekwensie-
                                                                        motorontwerp

                      200%

                      100%
                              100%          200%       300%    400%            STROOM
                                                      FIGUUR 7.8(B)
                                                      FIGUUR 7.8B

                         FIGUUR 7.8: VSB-WRINGKRAG-TEENOOR-SPOED- EN
                             WRINGKRAG-TEENOOR-STROOM-GRAFIEKE

           7.8.1        Vergelyk die kenmerke in FIGUUR 7.8(B) hierbo en noem die
                        verbetering wat 'n VSB-motorontwerp het in vergelyking met 'n
                        vastefrekwensie-motorontwerp.                                                (2)

           7.8.2        Verwys na FIGUUR 7.8(A) en 7.8(B) hierbo en noem TWEE
                        voordele vir nywerhede en vervaardigers wanneer 'n VSB gebruik
                        word om die spoed van 'n motor te beheer.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels        20                        DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 7.9       Noem die komponent wat gebruik word om die oortollige energie tydens
           regeneratiewe remming te dissipeer.                                           (1)

 7.10      Noem DRIE toepassings van 'n VSB.                                             (3)

 7.11      Verduidelik hoe die driefase-WS-toevoer na GS verander word, met verwysing
           na die eerste stadium in 'n VSB.                                              (2)

 7.12      Verduidelik hoe langer AAN-tye die uitsetfrekwensie van 'n VSB tydens die
           pulswydtemodulasie(PWM)-proses beïnvloed.                                     (2)
                                                                                         [40]

                                                                           TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                     DBE/November 2025
                                                   NSS Vertroulik

                                                FORMULEBLAD
RLC-KRINGE                                              DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P = V I Cos θ                                                STER
XL = 2πfL                                                    VL = �3 VF
         1                                                   VF = IF ZF
XC =
       2πfC                                                  IL = IF
           1                        f 1 + f2
   fr =              OF      fr =                            DELTA
        2π√LC                          2
        fr
BW =                 OF      BW = f2 - f1                    VL = VF
        Q
SERIE                                                        VF = IF ZF
VR = IR                                                      IL = �3 IF
VL = IXL                                                     DRYWING
VC = IXC                                                     S�Pskyn � = �3 VL IL

       VT                                                    Q(Pr ) = �3 VL IL Sin θ
IT =              OF        IT = IR = IC = IL
       Z                                                     P = �3 VL IL Cos θ
                                                                     P
Z = �R2 + (XL - XC )2                                        Cos θ =
                                                                     S
             2
VT = �VR + (VL - VC )2          OF             VT = IZ       RENDEMENT
            R                                        VR             PUIT
Cos θ =                   OF             Cos θ =             η=          × 100
            Z                                        VT             PIN
       XL XC VL VC 1    L
Q=       =   =   =  = �
       R   R   VT VT R C                                     TWEEWATTMETERMETODE

PARALLEL                                                     PT = P1 + P2
VT = VR = VC = VL
                                                                            P1 - P2
     VT                                                      Tan θ = �3 �           �
IR =                                                                        P1 + P2
      R
     VT
IC =                                                         DRIEWATTMETERMETODE
     XC
     VT
IL =                                                         PT = P1 + P2 + P3
     XL
        2
IT = �IR + (IL - IC )2
       VT
Z=
       IT
            IR
Cos θ =
            IT
       R   R
Q=       =
       XL XC

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                          DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

DRIEFASETRANSFORMATORS                      DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER                                        STER
VL = �3 VF                                  VL = �3 VF
IL = IF                                     IL = IF

DELTA                                       DELTA
VL = VF                                     VL = VF
IL = �3 IF                                  IL = �3 IF

DRYWING                                     DRYWING
S�Pskyn � = �3 VL IL                        S�Pskyn � = �3 VL IL

Q(Pr ) = �3 VL IL Sin θ                     Q(Pr ) = �3 VL IL Sin θ

P = �3 VL IL Cos θ                          P = �3 VL IL Cos θ
       P
Cos θ =                                     P = �3 VL IL Cos θ η
       S
VF(1) N1 IF(2)                                         P
     =   =                                  Cos θ =
VF(2) N2 IF(1)                                         S
                             N1
Draaiverhouding: TR =                       RENDEMENT
                             N2
                                               PIN - verliese
RENDEMENT                                   η=                × 100
                                                     PIN
          PUIT                                       PUIT
η=                   × 100                  η=                 × 100
     PUIT + verliese                           PUIT + verliese
                                               PUIT
                                            η=       × 100
                                               PIN

                                            SPOED
                                                             pole per fase
                                            (poolpare) p=
                                                                   2
                                                   60 f
                                            ns =
                                                    p
                                                                   ns - nr
                                            Per eenheid glip =
                                                                     ns
                                                       ns - nr
                                            % glip =           × 100
                                                         ns
                                            nr = ns (1 - % glip)
                                            Glip = ns - nr

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Electrical Technology · Memo · 2025 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2023 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-digital-eng/4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2023 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-power-systems-afr/7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-electronics-eng/638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2022 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-electronics-eng/13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2022 (Power Systems) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-power-systems-eng/e9b1f586-997a-433b-9070-be649e13a78c) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Electronics English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-electronics-english/c80784c8-a9c8-49f8-b740-a29558fe2de9) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
