# English FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 English FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2023 (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-english-fal-2023-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/f417ff94-1379-4e50-82ad-48a60b7a6695
- Updated: 2026-09-28
- Subject: English FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [English FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/english-fal) › [English FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-english-fal-2023-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/f417ff94-1379-4e50-82ad-48a60b7a6695)

## About this document

English Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
            2023

             10022

          AFRIKAANS
    EERSTE ADDISIONELE TAAL

         (VRAESTEL 2)

                              TYD: 2½ uur

                              PUNTE: 70

                              29 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    2
                                      (VRAESTEL 2)               10022/23

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
      INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
      vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig
      deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

      AFDELING A: Roman            (35)
      AFDELING B: Drama            (35)
      AFDELING C: Kortverhale      (35)
      AFDELING D: Gedigte          (35)

3.    Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

      AFDELING A: ROMAN
      Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

      AFDELING B: DRAMA
      Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

      AFDELING C: KORTVERHALE
      Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

      AFDELING D: GEDIGTE
      Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

      Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

4.    Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

6.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

7.    Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                               b.o.

### Page 3

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL              3
                                  (VRAESTEL 2)               10022/23

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.

                 VRAAGNOMMER                      PUNTE     BLADSYNOMMER
1.   Kringe in ŉ bos                                35  Nie in Gauteng getoets nie
2.   Die ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom     35              5
3.   Meeulanders                                    35  Nie in Gauteng getoets nie
4.   Lien se lankstaanskoene                        35              9

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.

5.   Poppie – Die Drama                             35    Nie in Gauteng getoets nie
6.   Paljas                                         35                13
7.   Fiela se kind – Die Drama                      35                18

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.

8.1 “Die droom”                                     17               22
                                           EN
8.2 “Kom ons stuur vir Tasu”                        18               24

AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.

9.1 “Die Hanswors”                                  18               26
                                           EN
9.2 “Wetenskapmannetjies”                           17               28

                                                                                     b.o.

### Page 4

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                4
                                      (VRAESTEL 2)               10022/23

KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
                                                   GETAL VRAE                DUI AAN
       AFDELING          VRAAGNOMMERS
                                                  BEANTWOORD                   ()
  A:    Roman                   1–4                    1

  B:    Drama                   5–7                      1

  C:    Kortverhale               8               1 (2 kortverhale)

  D:   Gedigte                    9                1 (2 gedigte)
  LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

                                                                                           b.o.

### Page 5

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL           5
                                        (VRAESTEL 2)               10022/23

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN ʹN BOS – Dalene Matthee

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE.

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

       Jammer ons kan nie soos Noag maak en net ŉ duif uitstuur
nie, sê Beyers toe hy die tweede keer terugkom met skoene wat
heeltemal onsigbaar geword het onder ŉ paar lae modder. Teen
middagete (aartappelsop) lyk ons almal se skoene soos Beyers sŉ.
Die vloer van die huis is in ŉ vieslike toestand. En daar is nog              5
geen teken dat die water minder word nie.
       “Dit reën seker nog hoër op langs die rivier,” sug Beyers terwyl
Mana die sop inskep. “Maar volgens die radio is die ergste oor-
stromings oor. So ons moet net geduldig wees.”
       Ek wag vir die koningin om iets bitsigs te sê. Maar sy vat net ŉ      10
sluk van haar beker kookwater en glimlag bemoedigend vir ons
almal.
       “Ek is seker ek sal teen môre deur daardie drif kan ry,” sê sy vol
selfvertroue.
       “Van wanneer af is Ma ŉ weerprofeet?” vra Yann.                       15
       “Ek het nie na die weer gekyk nie, my seun, ek het na die kaar-
te gekyk. Ek het my Tarot-kaarte uitgepak.”
       Sharon se oë begin onmiddellik blink. Selfs meer as wat dit in
elk geval die afgelope twee dae blink.
       “Kan jy Tarot-kaarte lees?”                                           20
       “Ja. En volgens die kaarte gaan ek Maandag in Johannesburg
wees. Betyds om daardie rol te speel.”
       Sy speel ŉ Amerikaanse …

2.1     Watter slegte nuus het Beyers gebring toe hy die eerste keer van buite af
        inkom?                                                                           (1)

2.2     “Die vloer van die huis is in ŉ vieslike toestand.” (Reël 5)

        Wat wou Mana skielik doen en waarom is Beyers verbaas daaroor?                   (2)

                                                                                        b.o.

### Page 6

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                   6
                                    (VRAESTEL 2)               10022/23

2.3   Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) in
      te vul. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers (2.3.1 tot
      2.3.4) neer.

      Margot sê sy voorspel nie die (2.3.1) … nie, maar raadpleeg die kaarte net
      wanneer sy ŉ (2.3.2) … het om te vra. Tibo het ook ŉ (2.3.3) … gehad wat hy
      wou vra. Amos sê Tibo wil weer iets oor (2.3.4) … vra.                                 (4)

2.4   Hanna beskryf Sharon asof sy in volkome kontras met háár is.

      Verduidelik hoe Sharon se lewe uiterlik van dié van Hanna verskil. Noem TWEE
      verskille.                                                                             (2)

2.5   Watter soort werk doen Beyers?                                                         (1)

2.6   Voor die vakansie het Mana vir Gavin na ŉ partytjie op die berg genooi.

      2.6.1    Wie se verjaardag sou gevier word?                                            (1)

      2.6.2    Hoe oud sou dié persoon word?                                                 (1)

2.7   Dink jy dit was verkeerd van Mana om vir Gavin na die partytjie te nooi?
      Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                                  (2)

2.8   Drie mense was baie bly dat Margot kom kuier het. Wie was hulle? Noem hulle
      name.                                                                                  (3)

2.9   Mana maak gereeld vir die gesin sop. Wat bedoel Hanna wanneer sy sê dat die
      sop teen die einde van die maand proe of dit van dooie akkedisse gemaak is?            (1)

                                           EN

                                                                                            b.o.

### Page 7

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                 7
                                      (VRAESTEL 2)               10022/23

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

Ek was nog nooit so dankbaar dat ek in die een-en-twintigste eeu
lewe nie. Ná ŉ enkele aand sonder elektrisiteit, almal van ons
koulik saamgekoek om die koolstoof in die kombuis, wéét ek dat
ek enige vorige eeu sou gehaat het. Gŉ wonder die meisies het
aanmekaar flou geval of waansinnig geword nie. Wat anders was                  5
daar om te doen?
        Ons was gisteraand uitgelewer aan mekaar se geselskap. Son-
der televisie, rekenaar, telefoon of enige van die ander moderne
masjiene wat ons gewoonlik so wonderlik teen mekaar beskerm.
Ons was so verveeld dat ons ŉ vasvraspeletjie begin speel het. ŉ             10
Skielike floute of vinnige vlaag waansin sou ŉ welkome afwis-
seling gewees het.
        Die vasvraery het glad nie gewerk nie. Die punt van so ŉ spele-
tjie …
                                       ***
        “Dié keer gaan ek my belofte hou, Yann,” sê sy met glinste-          15
rende oë.
        Dié keer is ek seker dis trane. Maar dan, net voordat sy in die
helikopter klim, draai sy terug na my en glimlag met blinkrooi
lippe en skitterwit tande. Nie ŉ spoor van ŉ traan nie.
        “Opskud met daardie roman, hoor! Onthou, ek word nie jonger          20
nie. As die boek eers oor twintig jaar verskyn, bied hulle my dalk
die rol van ŉ fassinerende ouma aan. En dit poplap, sal ŉ fatale
slag vir my ydelheid wees.”
        “Ek sal opskud,” belowe ek plegtig. “Binne tien jaar.”

2.10    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
        (A – D) langs die vraagnommer (2.10) neer.

        “Sonder televisie, rekenaar, telefoon of enige van die ander moderne masjiene
        wat ons gewoonlik so wonderlik teen mekaar beskerm.” (Reël 7 – 9)

        Met hierdie uitspraak suggereer Hanna dat moderne masjiene veroorsaak
        dat …

        A    ons in die verlede leef.
        B    die mens verveeld raak.
        C    algemene kennis getoets word.
        D    ŉ mens nie met ander hoef te gesels nie.                                        (1)

2.11    Lees weer reël 13.

        Waarom het die vasvraspeletjie glad nie gewerk nie?                                  (1)

                                                                                            b.o.

### Page 8

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        8
                                     (VRAESTEL 2)               10022/23

2.12   Beyers en Mana het saam met hulle kinders gaan vakansie hou.

       2.12.1   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                Beyers is Mana se (eerste/tweede) man.                                             (1)

       2.12.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.12.1.                                             (1)

2.13   Volgens Hanna is lede van haar familie abnormaal.

       Stem jy saam? Motiveer jou antwoord met TWEE redes deur na Mana te
       verwys.                                                                                     (2)

2.14   Dink aan Amos en Tibo.

       2.14.1   Wat het die twee gedoen wat vir Hanna briesend (baie kwaad)
                gemaak het?                                                                        (1)

       2.14.2   Watter straf het Hanna vir hulle uitgedink?                                        (1)

2.15   Watter TWEE positiewe dinge het uiteindelik uit Amos en Tibo se aksies
       gespruit?                                                                                   (2)

2.16   Die vakansie op die berg was vir Hanna ŉ vreemde vakansie.

       Kies die persoon in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A – E) langs die vraagnommers (2.16.1 tot 2.16.4) neer.

                            KOLOM A                                  KOLOM B
       2.16.1   Hanna ontdek dat hy haar eintlik Fabienne A         Margot
                wou noem.
       2.16.2   Hy het lekker gelag en ŉ hele dag lank nie B        Hanna
                sy oorfone opgesit nie.
       2.16.3   Sy het gevoel soos Aspoestertjie wat by    C        Yann
                die prins se bal beland het.
       2.16.4   Haar kraampyne begin.                      D        Gavin

                                                              E     Mana
                                                                                    (4 x 1)        (4)

2.17   Indien jy Hanna was, sou jy Margot se raad (Reël 20 – 22) gevolg het? Motiveer
       jou antwoord.                                                                               (1)

2.18   Van watter deel van die storie het jy die minste gehou? Gee ŉ rede vir jou
       antwoord.                                                                                   (2)
                                                                                                  [35]

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE.
                                                                                                  b.o.

### Page 9

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    9
                                        (VRAESTEL 2)               10022/23

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

       “Let’s get this over with,” sê die vale Miemie Spies en pluk meneer
Bruwer se spyskaart uit Lien se hande. Sy gaan sit op die stoeptrappie in
die son en krap met ŉ pers pen op die dokument.
       Lien is verlig. Sy is bly sy hoef nie die leiding te neem nie.
       “Ken jy ŉ prokureur?” vra Miemie onverwags. Die vraag betrap            5
Lien onkant. Sy kyk ŉ paar oomblikke sprakeloos na Miemie. Sy skud
haar kop stadig heen en weer. Is dit nou hier waar die haan moet kraai?
wonder sy.
       “My pa se prokureur is ŉ regte perv, maar ek sal hom bel,” gaan
Miemie voort asof sy nie Lien se ongemak agterkom nie.                        10
                                     ***
       Haar ma roep vir ete. Sy het selfs vir haar ook ŉ bietjie spaghetti
bolognaise ingeskep. Hulle sit soos ŉ wafferse gesin om ŉ tafel en eet.
Lien kan sien Braam is uit sy kassie. Hy praat aanmekaar oor die krieket-
oefening en hulle span wat ŉ goeie kans het om die liga te wen. Haar ma
gesels saam, mellow maar hoegenaamd nie geel nie.                             15
       Braam vertel dat hulle nog ŉ borg vir die span soek. Grobbies sê die
spanlid wat ŉ borg werf, kan vyftien persent kommissie verdien. Haar ma
stel voor Braam moet by die besighede in die omgewing gaan aanklop.
       Lien ontspan.

4.1     Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) in te
        vul. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4)
        neer.

        Lien en haar klasmaats moet saam aan ŉ skooltaak werk. Hulle doen die taak vir
        die vak (4.1.1) … Die groeplede het almal neergeskryf dat hulle daarin belangstel
        om ŉ prokureur te word, maar Lien droom daarvan om te reis. Die TWEE plekke
        wat sy eerste wil besoek, is (4.1.2) … en (4.1.3) … Lien sou baie graag liewer op
        haar vorm oor toekomsplanne (4.1.4) … wou skryf.                                          (4)

4.2     “Ken jy ŉ prokureur?” (Reël 5)
        Lien se antwoord op Miemie se vraag was ŉ leuen.

        Motiveer waarom die stelling WAAR is.                                                     (1)

                                                                                                 b.o.

### Page 10

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                   10
                                      (VRAESTEL 2)               10022/23

4.3   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
      (A – D) langs die vraagnommer (4.3) neer.

      “Hulle sit soos ŉ wafferse gesin…” (Reël 12).

      Hierdie woorde wys dat Lien … is.

      A        kwaad
      B        verbaas
      C        ongelukkig
      D        ongemaklik                                                                      (1)

4.4   Lien het moeilike huislike omstandighede gehad en moes werk soek vir ekstra geld.

      Watter TWEE mense het vir Lien werk gegee?                                               (2)

4.5   “... mellow maar hoegenaamd nie geel nie.” (Reël 15)

      4.5.1    Word “geel” konnotatief of denotatief gebruik?                                  (1)

      4.5.2    Verduidelik jou antwoord op VRAAG 4.5.1.                                        (1)

4.6   Skryf die volgende vier gebeure in Lien se matriekjaar onder mekaar in die
      korrekte VOLGORDE neer:

         Lien help vir Braam om ŉ borgskap te kry.
         Lien se vriend vier haar verjaarsdag saam met haar.
         Lien werk in ŉ koffiewinkel om kos op die tafel te sit.
         Lien gee haar spaargeld vir Hein om vir Tibbey te probeer help.                      (4)

4.7   Een van die temas van die roman is deursettingsvermoë.

      Dink jy dat die tema vandag steeds relevant is? Motiveer jou antwoord.                   (1)

4.8   Aan die begin van die roman was Lien se verhouding met haar ouers nie goed
      nie.

      Dink aan TWEE gebeure waaruit die leser kan aflei dat Lien tog die verhoudings
      met hulle wou verbeter?                                                                  (2)

4.9   Watter impak het die skool se toneelstuk op Lien se lewe gehad?                          (1)

                                            EN

                                                                                           b.o.

### Page 11

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      11
                                         (VRAESTEL 2)               10022/23

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

         Sy oorweeg dit om om te draai bushalte toe, maar dan dink sy aan
die leë yskas en Braam se flenter beenskutte en aan Kate Hudson se
vorms wat onder in haar laai lê. Sy moet ten minste probeer, al is dit net
vir ŉ rukkie, en niemand sal haar tog met die pruik en die brilletjie her-
ken nie. Sy vou weer die plakkaat oop.                                            5
         Mettertyd begin sy ontspan. Sy glimlag selfs vir die mense wat langs
haar stilhou. Die meeste maak geen oogkontak nie. Ander draai hulle
vensters op sodra hulle die kruising nader, maak of hulle haar nie sien
nie.
         Party gee darem. Lien kyk nie wat hulle in haar hande stop nie, maar    10
sy leer gou hoe voel ŉ tweerandmunt, ŉ vyfrandmunt. Sy verbeel haar
die kleiner munte voel ligter. Een vrou gee sowaar vir haar ŉ noot. ŉ
Groene. Sy voel soos ŉ hond om die mense se geld te vat. Die brilletjie
irriteer haar neus. Dit gly kort-kort af en sy moet dit terugstoot terwyl
sy die plakkaat met een hand probeer vashou. Haar drukkende skoene               15
is egter die pits …
                                        ***
Sedert Tibbey se ongeluk is sy senuweeagtig by haar hoek. Sy is bang
vir die karre en sy is bang vir Sproet en sy is skielik baie agterdogtig as
mense na haar kyk. Sy hou die verkeer benoud dop …

4.10     Noem TWEE dinge wat Lien gedoen het om voor te berei voor sy die eerste keer
         gaan bedel het.                                                                             (2)

4.11     Verskeie karakters het ŉ rol in Lien se lewe gespeel.

         Kies die aanhaling in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A – E) langs die vraagnommers (4.11.1 tot 4.11.4) neer.

              KOLOM A                                     KOLOM B
         4.11.1 Roos            A     “Lien Jooste, jy is ŉ dark horse.”

         4.11.2   Tibbey         B    “Jy’t lekker by ons vibe ingepas.”

         4.11.3   Sproet         C    “Jou bord is te fancy.”

         4.11.4   Wouter        D     “Vat, koop iets wat jy nodig het.”

                                E     “Dis baie meer exciting as julle rugby.”
                                                                                      (4 x 1)        (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL              12
                                       (VRAESTEL 2)               10022/23

4.12   Op wie se plek het Lien aan die begin gestaan en bedel?                             (1)

4.13   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (4.13) neer.

       Lien se besluit om te bedel kan as ... gesien word, omdat …

       A    braaf, sy haar gesin wil versorg.
       B    lui, sy kon gaan werk het as sy wou geld maak.
       C    gevaarlik, sy nog ŉ kind is en dit nie veilig is nie.
       D    rebels, sy enigiets sal doen net om uit die huis te kom.                       (1)

4.14   Verduidelik die rol van musiek in Lien se lewe.                                     (2)

4.15   Kuifie was baie belangrik in Lien se lewe.

       Sê waarom hierdie stelling WAAR is. Gee TWEE feite.                                 (2)

4.16   “Sedert Tibbey se ongeluk is sy senuweeagtig by haar hoek.” (Reël 17)

       Gee EEN rede waarom Lien so gevoel het?                                             (1)

4.17   Watter insident in die roman het jou ontstel?

       Motiveer jou antwoord.                                                              (2)

4.18   Waarom kan Lien as ŉ rolmodel beskou word?                                          (1)

4.19   Watter raad sou jy aan Lien gee as jy haar vriend/in was?                        (1)
                                                                                       [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:        35

                                                                                       b.o.

### Page 13

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL             13
                                           (VRAESTEL 2)               10022/23

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotze

HIERDIE DRAMA WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE.

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

(Nollie het ŉ nuwe plaat opgesit … En Hendrik sing ’n paar woorde saam.) …
Nollie, ons kuier nou so lekker – was dit Saterdagaand,
dan’t ek vir ons ŉ dop gegooi!

22. Katrien en Emma in Katrien se slaapkamer voor die
spieёlkas. Emma sit vir haar ma in die spieёl en kyk en                            5
Katrien is besig om Emma se hare te vleg.

EMMA:     Ma stry verniet.
KATRIEN: Wat?
EMMA:     Ek het oё in my kop. Ma loop met goed rond waaroor
          Ma nie praat nie.                                                       10
KATRIEN (vinnig): Ag, ons almal seker maar.
EMMA:     As Ma kon oor kies, sou Ma weer trou?
KATRIEN (verbaas): Hoekom vra jy dit?
EMMA:     Oor ek wil weet.
KATRIEN: Ek het nog nooit daaroor gedink nie. (ŉ Gespanne                         15
          laggie.) Kragtie, Emma, watse praatjies is dit?
EMMA:     Ek gaan nooit trou nie.
KATRIEN: Hoekom nie? (Emma antwoord nie.) Emma?
          (Emma sit net voor haar en kyk, sonder om iets in die spieёl
          raak te sien.) Jy’s nog so jonk, my kind. Jy’s heeltemal te             20
          jonk en te mooi om nou al te moet bang wees.
EMMA:     Ma was ook jonk. Ma was ook mooi. (Ná ŉ ruk.) Ma is nog mooi.
          (Ná nog ŉ ruk.) Ek hou niks van oom Frans nie.

       Katrien kyk op. Hulle oë ontmoet in die spieël. Hulle kyk …
                                            ***
        Oplaas word dit vir hulle duidelik wat die vier sien: ŉ trein. Die        25
trein staan op die syspoor. ŉ Goederetrein. Vol dierehokke.

6.1    “Nollie, ons kuier nou so lekker – was dit Saterdagaand, dan’t ek vir ons ŉ dop
       gegooi!” (Reël 2 – 3)

       Waaruit kan ons aflei dat Hendrik baie van Nollie hou? Noem TWEE dinge.            (2)

                                                                                          b.o.

### Page 14

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                14
                                       (VRAESTEL 2)               10022/23

6.2   Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

         Emma konfronteer haar ma en sê dat sy met opgekropte gevoelens rondloop.
         Frans lewer ŉ melkkan en ŉ mandjie vol rooi appels af.
         Hendrik vra vir Katrien wanneer sy laas klavier gespeel het.
         Hendrik sê Emma het weggehol, sy ken nie ŉ goeie vryer as sy een sien nie.     (4)

6.3   Emma se opinie oor ŉ verhouding met Nollie het verander.

      Verduidelik hoe Emma se opinie oor ŉ verhouding met Nollie van die begin van
      die drama af tot die einde van die drama verander het.                             (2)

6.4   “As Ma oor kon kies, sou Ma weer trou?” (Reёl 12)

      Hoekom verbaas dit ŉ mens dat Emma só iets van Katrien vra?                        (1)

6.5   (ŉ Gespanne laggie.) (Reël 15 – 16)

      Wat is die funksie van hierdie toneelaanwysing?                                    (1)

6.6   “EMMA: Ek gaan nooit trou nie.” (Reël 17)

      Waarom sou Emma moontlik sê dat sy nooit gaan trou nie?                            (1)

6.7   “Jy’s nog so jonk, my kind. Jy’s heeltemal te jonk en te mooi om nou al te moet
      bang wees.” (Reël 20 – 21)

      6.7.1 Wat impliseer hierdie woorde van Katrien?                                    (1)

      6.7.2 Waarom sou Emma moontlik bang kon wees?                                      (1)

6.8   “EMMA: Ma was ook jonk. Ma was ook mooi. (Ná ŉ ruk.) Ma is nog mooi. (Ná
      nog ŉ ruk.) Ek hou niks van oom Frans nie.” (Reël 22 – 23)

      Waarom hou Emma niks van Frans nie?                                                (1)

                                                                                         b.o.

### Page 15

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                15
                                         (VRAESTEL 2)               10022/23

6.9   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
      (A – D) langs die vraagnommer (6.9) neer.

      Dit lyk of Hendrik en Katrien se huwelik na ŉ onafwendbare afgrond begin afstuur,
      maar dan tree daar ŉ verwikkeling in wat die drama in ŉ nuwe rigting begin stuur.
      Wat het verander?

      A     ŉ Leeu het gebrul.
      B     ŉ Haan het begin kraai.
      C     ŉ Lokomotief het die stasie ingestoom.
      D     Hendrik se motor het langs die pad gebreek.                                    (1)

6.10 “Oplaas word dit vir hulle duidelik wat die vier sien: ŉ trein.” (Reël 25)

      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

      Die sirkusmense staan Hendrik (beangs/verveeld) en inwag terwyl Hendrik op
      hulle afstorm.                                                                       (1)

6.11 Die sirkustrein wat op Hendrik se stasie arriveer het, was klaarblyklik ŉ fout.

      Waar moes die trein eintlik gestop het?                                              (1)

                                                EN

                                                                                           b.o.

### Page 16

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                 16
                                          (VRAESTEL 2)               10022/23

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS L

KATRIEN:      Op Touwsrivier twintig jaar terug het almal gesê
              jy gaan stasiemeester wees voor jy dertig is. Toe kom
              Emma. Toe Lydenburg. Toe Soekmekaar. Toe kom Willem.
              Toe begin als verkeerd loop. Toe Twyfelfontein. Elke stasie
              ŉ bietjie kleiner, bietjie valer, bietjie verder van als af.           5
(Sy kyk reguit vir hom.) Nou sit ons hier. Kyk hoe lyk als,
              Hendrik. Kyk hoe lyk ons …
HENDRIK (eenvoudig): Dis lekker hier, Katrina.
KATRIEN: … Is dit?
HENDRIK: Hier’s niemand wat jou by my probeer wegvat nie.                          10
              Behalwe Frans, miskien – maar vir Frans sien ek kans.
KATRIEN: Wat? (Sy weet glad nie wat hy bedoel nie.)
HENDRIK: Op Touwsrivier was dit die stasiemeester. Moenie
              sê jy’t vergeet nie. Hy kon sy kloue nie van jou afhou nie.
              Op Lydenburg was dit die onderwyser én die afslaer. Op               15
              Soekmekaar was dit omtrent almal. Op Twyfelfontein was
              dit Pieterse met sy Mercedes en sy volstruisvelkamaste en
              sy strandhuis en sy bliksemse presente!
KATRIEN (kyk weg): Ek glo nie wat ek hoor nie.
HENDRIK: Ek wou jou vir myself hê!                                                 20
KATRIEN: En toe wat? (Hy staan net vir haar en kyk. Haar
              stem is bitter.) Jy is al een wat ek ooit liefgehad het, Hendrik
              McDonald. En jy is al een wat dit nooit wou glo nie.

              Hy staan ŉ hele ruk net doodstil vir haar en kyk.

6.12 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer
     te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers (6.12.1 tot
     6.12.4) neer.

       Twintig jaar gelede toe hulle getroud is, het Katrien baie hoë (6.12.1) … van haar
       nuwe man gehad. Hendrik glo hy en Katrien is steeds gelukkig saam. Dis net: hoe
       meer ons wou diékant toe, hoe meer het als (6.12.2) … kant toe geneuk. Ons kan
       aflei dat Katrien baie (6.12.3) … is omdat so baie mans haar aandag probeer
       wen. Emma het uiteindelik tot die slotsom gekom dat die enigste manier vir
       hierdie gesin om oor hulle probleme te kom, was om daaroor te (6.12.4) …              (4)

6.13 Dit is duidelik uit die drama dat Willem 'anders' is.

       Gee TWEE moontlike redes wat die oorsaak kan wees dat Willem nie praat nie.           (2)

6.14 Dink jy dat Katrien werklik niks geweet het van die ander mans se belangstelling
     in haar nie? Motiveer jou antwoord.                                                     (2)

                                                                                             b.o.

### Page 17

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    17
                                         (VRAESTEL 2)               10022/23

6.15   Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D)
       langs die vraagnommer (6.15) neer.

       “Nou sit ons hier. Kyk hoe lyk als, Hendrik. Kyk hoe lyk ons …” (Reёl 6 – 7)

       Hierdie woorde wys dat Katrien …

       A   dink hulle moet te ver ry na ander plekke toe.
       B   nie gelukkig is oor hoe Hendrik met Willem praat nie.
       C   nie meer optimisties oor hulle huwelik voel nie.
       D   enigiets sal doen om Hendrik te oortuig om ŉ oorplasing na ŉ ander stasie te
           kry.                                                                                (1)

6.16 “HENDRIK: Hier’s niemand wat jou by my probeer wegvat nie.
     Behalwe Frans, miskien – maar vir Frans sien ek kans.” (Reël 10 – 11)
     Uit die uittreksel lei ons af dat Frans moontlik vir Katrien sou wou wegvat.

       Verduidelik waarom Frans nie vir Hendrik ŉ probleem sou wees nie.                       (1)

6.17 Hendrik McDonald en sy gesin is mense wat partykeer sukkel, wat partykeer
     allenig voel. Partykeer is hulle hartseer, maar partykeer is hulle bly oor iets.

       Kies die gevolge in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A – E) langs die vraagnommers (6.17.1 tot 6.17.4) neer.

                      KOLOM A                                    KOLOM B
       6.17.1    Emma vind die slapende            A     Ná ŉ rukkie lig Emma haar hand
                 Willem op die divan.                    op en druk ŉ ander noot.

       6.17.2    Nollie gee Emma se handdoek B           Emma stem in om na die
                 aan.                                    Volstruisdans te gaan.

       6.17.3    Willem gaan staan by Emma         C     ŉ Mens hoor Emma sukkelend
                 met ŉ selfbewuste glimlag.              klavier speel in die huis.

       6.17.4    Die dominee het die afgelope      D     Hendrik huil nou.
                 5 jaar Hendrik slegs besoek
                 om te verdoem.                    E     Hendrik kom sonder die kerk
                                                         klaar.
                                                                                  (4 x 1)      (4)
6.18 Die verwagting was dat Hendrik McDonald jare gelede al bevordering by sy werk
     sou gekry het.

       Waarom was hierdie verwagting van Katrien nie bewaarheid nie?                           (1)

6.19   Willem speel aan die einde van die drama ŉ eenvoudige wysie oor en oor op
       Manuel se konsertina. Waarom, dink jy, doen hy dit? Noem TWEE feite.                    (2)

6.20   Katrien se huwelik met Hendrik was vir haar ŉ ontnugtering. Watter lewensles kan
       ŉ mens hieruit aflei?                                                                   (1)
                                                                                              [35]
                                                                                               b.o.

### Page 18

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      18
                                            (VRAESTEL 2)               10022/23

VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS M

LUKAS: Nina, loop ŉ bietjie stadiger.
NINA:  Hou jou bek!
LUKAS: Jy sal sien, dis lekker op die dorp. Dink net, vier
       sjielings ŉ week en wat jy alles vir jou daarmee kan koop!
       Jy gaan baie geld hê.                                                          5
NINA:  Hou jou bek!
LUKAS: Ek weet nie vir wat jy my moet loop en uitskel nie, ek
       het jou niks gemaak nie.
NINA:  Julle kan almal hel toe loop!

                                      ***
LUKAS: Sê my waarheen is almal op pad?                                              10
STEM VAN AGTER VERHOOG: Daar lê ŉ spookskip by
       Noetzie, oom.
       Verskeie stemme herhaal dit.
LUKAS: ŉ Spookskip by Noetzie? Waar is Noetzie? (Mense
       hardloop net verby.) Waar is Noetzie?                                        15
STEM: Just follow the track to the south.
LUKAS: (op band): Iets in my het vooruit begin loop. Watter
       verskil sou dit maak as ek suid draai? Watter verskil sal
       dit maak as ek Nina eers die volgende dag loop soek? ŉ
       Spookskip was godsonmoontlik, maar ek wou gaan kyk.                          20
       Miskien kan ek slaapplek by Noetzie kry. By die waterkant
       het die skemer die laaste nuuskieriges begin omjaag. Ek het
       agter teen die bosse bly wag tot die donker almal teen die
       koppe uitgejaag het. Almal behalwe een man wat langs die water
       bly staan het.                                                               25
LUKAS: Naand, oom. (Man skrik en swaai om.) Ekskuus, ek
       wou oom nie laat skrik het nie.

7.1   Ongeveer hoe oud was Lukas op hierdie stadium in die drama?                                       (1)

7.2   Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te
      skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers (7.2.1 tot 7.2.4)
      neer.

      Die boswagter, Mister (7.2.1) ... het kom sê dat hy vir Nina werk as ŉ (7.2.2) ... op
      die (7.2.3) ... gekry het vir vier sjielings ’n week en (7.2.4) ... en klere daarby. Lukas
      vat haar na die hardepad toe waar die boswagter haar sal kom kry.                                 (4)

7.3   Verduidelik hoe Nina se gevoelens oor die weggaan uit die Bos verskil van Lukas se
      gevoelens.                                                                                        (2)

                                                                                                    b.o.

### Page 19

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    19
                                         (VRAESTEL 2)               10022/23

7.4   Was Lukas ŉ goeie rolmodel vir Nina toe hy haar dorp toe vergesel het? Motiveer
      jou antwoord deur te verwys na die raad wat Fiela vir Lukas gegee het.                       (1)

7.5   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
      (A – D) langs die vraagnommer (7.5) neer.

      Die leser kan in reël 2 uit Nina se woorde: “Hou jou bek!” aflei dat haar taalgebruik
      …. is.

      A       kru
      B       vuil
      C       suiwer
      D       vleiend                                                                              (1)

7.6   Verduidelik waarom Lukas in reël 17 “op band” praat. Gee TWEE feite.                         (2)

7.7   “Watter verskil sal dit maak as ek Nina eers die volgende dag loop soek?”
      (Reël 18 – 19)

      Verduidelik waarom Lukas nie dadelik na Nina begin soek het nie.                             (1)

7.8   Kies die persoon in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letter (A – E) langs die vraagnommers (7.8.1 tot 7.8.4) neer.

                              KOLOM A                                   KOLOM B
      7.8.1     ... kan in Noetzie nie ophou om na die sterre   A   Miss Weatherbury
                te kyk nie.
                                                                B   Veldkornet Armstrong
      7.8.2     … is skoon verbaas om te hoor dat Nina
                broers en susters het.                          C   Lukas

      7.8.3     … het in Noetzie in die skemer by die           D   Latjie
                spookskip bly staan.
                                                                E   Dawid
      7.8.4     … die opgeskote seun van die Lange Kloof
                wat na Lukas gesoek het.
                                                                                       (4 x 1)     (4)

7.9   Nina het musiek op haar bottels gemaak.

      7.9.1     Watter ontstellende ontdekking het sy gemaak toe sy na die geheime plek
                gaan waar sy die bottels weggesteek het?                                           (1)

      7.9.2     Wat was die simboliese betekenis van die besluit om die bottels te
                begrawe?                                                                           (1)

                                                EN

                                                                                                 b.o.

### Page 20

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     20
                                       (VRAESTEL 2)               10022/23

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS N

LUKAS: Jy praat duister, Kaliel, maar miskien verstaan ek
       beter as wat jy dink.
       LUKAS loop. Mis begin opkom oor see. NINA kom
       opgehardloop. Sy het ŉ blou rok met blommetjies aan en ŉ dik
       swart tjalie om haar skouers.                                              5
NINA:  Lukas! Ek het jou gesoek! (Gooi haar arms om hom.)
LUKAS (op band): Haar lyf was teen myne en ek het myne voel
       antwoord gee. Was ek van my verstand af? (Stoot haar weg.
       Sy vleg haar vingers deur syne. Hy praat gewoon.) Waar die
       duiwel kom jy vandaan?                                                    10
NINA:  Ek soek jou al dae lank. Ek het begin glo dat jy seker
       maar weg is …
LUKAS: Die laaste wat ek van jou gehoor het, was by miss
       Weatherbury toe jy sommer net weer aangeloop het. Vir
       wat het jy dit gedoen?                                                    15
NINA:  Maar jy het dan gesê ek moet vir Pa loop sê jy kom nie
       weer terug nie.
                                   ***
FIELA: Ek weet. Maar dit sal regkom. (Gekap sterk op. Sy roep.)
       Benjamin, jy gaan nie met daardie ding op die vangdam
       op nie! Die dam is drie keer groter en drie keer dieper as                20
       toe jy hom laas gesien het. (SELLING af. Op band.) Maar
       kleintyd se wil was ook nog in hom. Daarby het Selling op
       die damwal loop sit en hom van daar af in sy kwaad gehelp.

7.10 Watter vaardigheid wou Lukas by Kaliel leer?                                                 (1)

7.11 Watter soort werk weier Lukas om vir Kaliel te doen?                                         (1)

7.12   “LUKAS (op band): Haar lyf was teen myne en ek het myne voel
       antwoord gee.” (Reël 7 – 8)

       7.12.1    Vertel waarom Lukas ‘op band’ praat. Gee EEN feit.                               (1)

       7.12.2    Hoe, dink jy, voel Lukas hier oor Nina? Motiveer jou antwoord met ŉ feit.        (2)

       7.12.3    Watter afleiding kan jy oor Lukas se morele waardes maak wanneer hy vir
                 Nina wegstoot?                                                                   (1)

7.13   Nina het vir Lukas ŉ boodskap gebring.

       Wat is die boodskap?                                                                       (1)

                                                                                              b.o.

### Page 21

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                   21
                                           (VRAESTEL 2)               10022/23

7.14   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (7.14) neer.

       Lukas besluit om Lange Kloof toe te gaan. Hy wil ŉ … as present saamneem.

       A        skaap
       B        koei
       C        bok
       D        vis                                                                                   (1)

7.15   Fiela ervaar innerlike konflik met Benjamin se tuiskoms.

       Waarom is dit ironies dat Fiela innerlike konflik ervaar met Benjamin se tuiskoms?             (2)

7.16   “Daarby het Selling op die damwal loop sit en hom van daar af in sy kwaad gehelp.”
       (Reël 22 – 23)

       7.16.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                   Die woorde “in sy kwaad gehelp” word hier (letterlik/figuurlik) gebruik.           (1)

       7.16.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.16.1.                                             (1)

7.17 Skryf die volgende vier gebeure in die korrekte VOLGORDE neer:

               Lukas sê vir Mister Benn hy sal voortaan as Benjamin Komoetie bekendstaan.
               Fiela sê vir Benjamin om die waarheid oor sy identiteit by Barta te gaan uitvind.
               Lukas/Benjamin sê: “Ek is niemand.”
               Barta sê dat sy nie langer met die leuen kan saamleef nie en erken Lukas is
                nie hulle seun nie.                                                                   (4)

7.18 Watter lewensles het jy by Lukas/Benjamin geleer?                                               (1)
                                                                                                    [35]

                                                                      TOTAAL AFDELING B:              35

                                                                                                    b.o.

### Page 22

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    22
                                       (VRAESTEL 2)               10022/23

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale uit die bundel wat jy bestudeer het.

VRAAG 8: SPIEËLBEELDE

8.1   “DIE DROOM” – Pierre Olivier

      Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

      TEKS O

             ‟Ek sê jou dit word al duideliker, dit gebeur al meer,” die
      meisie teen die venster se ernstige stem dring deur oom Jaap se
      gedagtes sodat hy onwillekeurig luister.
             ‟En ek sê dis bog, Rienie. Hoe op aarde kan jy jy wees en nog
      iemand anders ook? Kom by, ou girlie.”                                       5
             “Jy kan maar spot, Jaco, maar ek droom hierdie drome van ŉ
      plaas tussen wilde bome. Daar is beeste en ek loop op die werf
      rond en gee hoenders en eende kos. Ek woon daar by my pa en
      ma en ek het ŉ broer, Bernard. Ons is ŉ tweeling.”
             ‟ŉ Mens kan enigiets droom.” Jaco se stem is effens                 10
      ongeduldig, “Dis nie te sê jy ís dit wat jy droom nie.”
                                        ***
             Oom Jaap slaap diep. Hy roer onrustig toe die bus stilhou,
      maar dan raak hy weer weg. Hy sien nie die jongman en die
      meisie afklim en onder ŉ sambreel na wagtende vriende in ŉ
      motor loop nie.                                                            15
             In die nanag skrik hy wakker. Onthou, hy moes iets onthou.
      Hy ruk, die meisie, hy moes haar waarsku. Waar? Hulle sitplekke
      is leeg. Sou hy gedroom het? Hy ril skielik en trek die kombers
      wat die waardin oor hom gegooi het, stywer om sy lyf.
      Dan ontspan hy, natuurlik het hy net gedroom. Hoe sou die                  20
      meisietjie nou ooit kon gedroom het van …

      8.1.1    Wat is die meisie se naam waarvan Rienie droom?                                   (1)

      8.1.2    Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde
               neer te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die
               vraagnommers (8.1.2(a) tot 8.1.2(d)) neer.

               Die gebeure van oom Jaap se familie lank gelede, het ŉ toevallige (a) …
               met die droom wat Rienie aan Jaco vertel. Die droom laat ŉ mens wonder
               of dit net toeval is waarin die jong (b) … skynbaar herroep wat met oom
               Jaap se familie lank gelede gebeur het en of dit dalk ŉ (c) … is oor wat met
               die (d) … gaan gebeur.                                                (4 x 1)     (4)

      8.1.3    Oom Jaap het aan die slaap geraak en eers in die nanag wakker geword.

               Noem DRIE dinge wat gebeur het toe Oom Jaap op die bus wakker skrik.              (3)

                                                                                               b.o.

### Page 23

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    23
                                  (VRAESTEL 2)               10022/23

8.1.4    Bespreek Oom Jaap se innerlike konflik voordat hy aan die slaap geraak
         het.                                                                               (1)

8.1.5    (a)   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

               Rienie sê haar droom was soos ŉ (kortverhaal/vervolgverhaal).                (1)

         (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.1.5(a) deur te verduidelik
               waarom Rienie so sê.                                                         (1)

8.1.6    Watter ooreenkoms is daar in die weersomstandighede van die aand van
         Oom Jaap se broer se ongeluk en die aand op die bus?                               (1)

8.1.7    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A – D) langs die vraagnommer (8.1.7) neer.

         Spanning is in die kortverhaal geskep deur …

         A     die verhaal met ŉ oop slot te eindig en die slot aan die leser oor te
               laat.
         B     die feit dat Oom Jaap nie seker is of Julia se dogter hom sal aanvaar
               nie.
         C     die weersomstandighede wat daardie aand geheers het.
         D     die seun wat laat is voordat die bus vertrek.                                (1)

8.1.8    "Ek sê dis bog, Rienie. Hoe op aarde kan jy jy wees en iemand anders
         ook?” (Reël 4 – 5)

         Met hierdie woorde is dit duidelik dat Jaco nie vir Rienie geglo het nie.
         Stem jy saam? Motiveer jou antwoord.                                               (1)

8.1.9    Wat, dink jy, het met die jongmense op die bus gebeur nadat hulle deur
         vriende in ŉ motor opgelaai is?

         Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                       (1)

8.1.10   As jy in Oom Jaap se skoene was, hoe sou jy teenoor die meisie opgetree
         het?

         Motiveer jou antwoord.                                                             (1)

8.1.11   Glo jy dat ŉ mens se drome letterlik waar kan word?                                (1)

                                             EN

                                                                                        b.o.

### Page 24

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                  24
                                        (VRAESTEL 2)               10022/23

8.2   “KOM ONS STUUR VIR TASU” – Maretha Maartens

      Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

      TEKS P

             "Kom ons stuur vir Tasu en vir my,” sê Evelina. "Ma kan ons
      met oom Jollyman se taxi stuur, Ma!"
             Ma tel haar kop skielik op.
             "Vir jóú stuur ek nie saam nie, Evelina," sê sy. "Jy het nog
      nie verstand nie. Maar Tasu … hoekom nie?" Dan word haar                     5
      gesig weer treurig. "Dit kos te veel geld," sê sy. "Oom Jollyman
      vra vyf-en-dertig rand tot in Kimberley en dan moet Tasu nog
      verder ry, tot by Perdeberg, en terug. Dit gaan niks minder as
      sestig, sewentig rand kos nie. Buitendien: Tasu was nog nooit
      alleen weg nie."                                                             10
                                          ***
             Oom Jollyman druk die toeter en almal rondom hom begin
      groet en boodskappe afgee en lawaai.
             Tasu klim in die taxi. Die bussie is reeds vol; dit word by die
      oomblik voller. Jy kry mense se reuke en voel hul skouers en
      heupe teen jou skuur. Daar is stapels bagasie in die bagasiebak              15
      en op die dak; jy kan niks deur die agterste ruit sien nie. Die
      vrou langs hom hou ŉ sak mieliemeel op haar skoot en ŉ man
      voor hom sit op ŉ hoop klein matjies. Agter hom sit daar vyf
      mense in kerkklere. Hy is vasgekeer tussen koppe en skouers en
      bene en bondels.                                                             20
             Oom Jollyman trek weg. Tasu se arms is klaar vasgeknyp. Dis
      onmoontlik om vir Ma en Sterkman en Evelina te waai.

      8.2.1    “Kom ons stuur vir Tasu en vir my …” (Rëel 1)

               Waarom is dit ironies as Ma sê dat Evelina nog nie verstand het nie?             (2)

      8.2.2    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies

               "Dit kos te veel geld," sê sy. (Reël 6)

               Hierdie woorde suggereer dat Tasu-hulle (ryk/versukkeld) is.                     (1)

      8.2.3    Tasu se ma het geld gaan leen om taxigeld vir hom te kry.

               Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                            (1)

      8.2.4    Tasu maak van kleins af tieroogklippe bymekaar. Tasu offer sy
               versameling tieroë, wat hy self in die veld bymekaargemaak het, op om vir
               die taxirit te betaal.

               Watter karaktereienskap van Tasu word hier uitgebeeld?                           (1)

                                                                                            b.o.

### Page 25

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                   25
                                  (VRAESTEL 2)               10022/23

8.2.5    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
         slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (8.2.5) neer.

         Die feit dat Tasu, ten spyte van sy vrese, steeds met ŉ mikrobustaxi gery
         het om sy ouma se medisyne vir haar te neem, wys dat hy ŉ … persoon is.

         A     besorgde
         B     gelukkige
         C     waaghalsige
         D     ongehoorsame                                                                  (1)

8.2.6    Noem DRIE redes waarom Tasu bang was om in ŉ mikrobustaxi te ry.                    (3)

8.2.7    Het Tasu sy vrese om in ŉ mikrobustaxi te ry, oorkom?

         Motiveer jou antwoord.                                                              (1)

8.2.8    Tasu is ŉ rolmodel in hierdie kortverhaal.

         Kies die eienskappe in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (8.2.8(a) tot 8.2.8(d))
         neer.

                            KOLOM A                                KOLOM B
         (a)   Tasu stel voor dat hulle iets verkoop om    A      gehoorsaam
               geld bymekaar te maak.
                                                           B      liefdevol
         (b)   Tasu gaan Perdeberg toe.
                                                           C      planmaker
         (c)   Tasu verkoop veertien van sy
               brandewynbotteltjies vol tierogies.         D      vredemaker

         (d)   Tasu tree in belang van sy familie op.      E      entrepreneur
                                                                                 (4 x 1)      (4)

8.2.9    Terwyl Tasu in oom Jollyman se mikrobustaxi ry, beleef hy konflik.

         Bespreek Tasu se innerlike konflik.                                                 (2)

8.2.10   Dink jy Tasu sou sy vrese oorkom het as hy nie Perdeberg toe gestuur was
         nie?

         Motiveer jou antwoord.                                                              (1)

8.2.11   Het jy empatie met dít wat Tasu deurmaak in oom Jollyman se
         mikrobustaxi?

         Motiveer jou antwooord.                                                             (1)
                                                                                            [35]
                                                               TOTAAL AFDELING C:            35
                                                                                           b.o.

### Page 26

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL      26
                                        (VRAESTEL 2)               10022/23

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het.

VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL

9.1 ‘DIE HANSWORS’ – S.J. Pretorius

     Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

     DIE HANSWORS – S.J. Pretorius

     1       Oor sy afsigtelike boggel,
     2       en kromheid, het hul hom gekoggel,
     3       en bitterder was hul venyn
     4       as sy vergroeide ruggraatpyn.

     5       Tussen die diere in ŉ hoek
     6       het hy die eensaamheid gesoek:
     7       “Met klere wat gedurig gaar is,
     8       wat doen die vent met sy salaris?”

     9       Hy’t maandeliks by die poskantoor
     10      ŉ brief gepos of een gelees
     11      by die dierkratte, oor en oor:
     12      “Sou daar tog êrens iemand wees?”

     13      En daardie ewige reuk van drank:
     14      nie een sou huil as hy bedank,
     15      maar waar hy in die sirkustent
     16      aapagtig teen die firmament,
     17      hoog teen die takelwerk, kon klouter,
     18      die dood uittart, en, klein kabouter,
     19      sy duiwelstreke uithaal onder
     20      dat almal skater vir die wonder,
     21      is hy, hoeseer verag, verlate,
     22      nog deur die baas beskou as bate.

     23      Toe het ŉ brief gekom eendag …
     24      Hy’t oor die bed gebuk, verblind,
     25      terwyl die boggelvroutjie, sag,
     26      sterwend fluister: “Dankie my kind …”

                      [Uit: Album 60. Human & Rousseau, 1960]

     9.1.1     Waar werk die hanswors?                                              (1)

     9.1.2     Watter stemming heers in die gedig?                                  (1)

                                                                                b.o.

### Page 27

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      27
                                   (VRAESTEL 2)               10022/23

9.1.3    Bespreek die tema van die gedig.                                                      (1)

9.1.4    Lees weer reël 1.

         Hoekom, dink jy, praat die spreker van “afsigtelike boggel” en nie van
         “kifose” nie?                                                                         (1)

9.1.5    Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
         woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die
         vraagnommers (9.1.5(a) tot 9.1.5(d)) neer.

         Die digter maak gebruik van verskillende sintuie sodat die leser kan (a) ...
         hoe die mense van die hanswors skinder en (b) ... hoe die hanswors lyk.
         Die hanswors laat die mense lag, maar niemand weet van sy (c) ... en (d)
         ... lyding nie.                                                                       (4)

9.1.6    Kies die letterkundige term in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (9.1.6(a) tot
         9.1.6(c)) neer.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
         (a)   “verag, verlate”                      A   retoriese vraag

         (b)   “Toe het ŉ brief gekom eendag …”      B   alliterasie

         (c)   “Sou daar tog êrens iemand            C   inversie
               wees?”
                                                     D   kontras
                                                                                (3 x 1)        (3)

9.1.7    Waarom, dink jy, het die hanswors sy briewe by die dierkratte gaan lees?              (1)

9.1.8    Volgens strofe 4, waarna het die hanswors geruik?                                     (1)

9.1.9    Haal DRIE OPEENVOLGENDE woorde uit strofe 4 aan wat aandui dat die
         hanswors lewensgevaarlike toertjies doen.                                             (1)

9.1.10   Lees weer die slotstrofe (strofe 5).

         (a)   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

               Daar is ŉ wending, want die hanswors se moeder is
               (sterwend/lewend).                                                              (1)

         (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.1.10.                                          (1)

                                                                                           b.o.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Engfal P2 Gr12 QP Sept2017](https://www.hlayiso.com/library/engfal-p2-gr12-qp-sept2017/f45d3166-5cb1-4dc7-8936-1bf601f6c356) — English FAL · QP · 2017
- [ENG FAL P2 QP SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/eng-fal-p2-qp-sept2013/f0f08587-fc48-48e2-af40-c6ff4975656e) — English FAL · QP · 2013 · Eng
- [ENGFAL P2 GR12 MEMO SEPT2019 Final](https://www.hlayiso.com/library/engfal-p2-gr12-memo-sept2019-final/b03003fe-9f67-4c2c-b8a7-a83b90de1bd2) — English FAL · Memo · 2019
- [Engfal P2 Gr12 Memo Sept2017](https://www.hlayiso.com/library/engfal-p2-gr12-memo-sept2017/6b287635-b192-4135-9eb0-0cceb6b535f3) — English FAL · Memo · 2017
- [ENGFAL P2 GR12 SEPT 2014 MEMO FINAL](https://www.hlayiso.com/library/engfal-p2-gr12-sept-2014-memo-final/e97b6c2a-2731-461e-aab5-6d41efd4f6f5) — English FAL · Memo · 2014
- [ENG FAL P2 MEMO SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/eng-fal-p2-memo-sept2013/a03a72c2-b389-4806-aed0-ba0bc2fb82a7) — English FAL · Memo · 2013 · Eng

## More from Grade 12 English FAL

- [MTG English FAL P1](https://www.hlayiso.com/library/mtg-english-fal-p1/c03a3a13-0b56-41ba-9bf5-3dc3b766be83) — Guide · Eng
- [ENGFAL P3 GR12 MEMO SEPTEMBER 2022](https://www.hlayiso.com/library/engfal-p3-gr12-memo-september-2022/1b1c0e71-9825-40d2-9f94-ab92354c6d1a) — Memo · 2022
- [ENGFAL P3 GR12 MEMO SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/engfal-p3-gr12-memo-sept2021/12744b83-901f-450d-9b53-a3f8ef23ac81) — Memo · 2021
- [Engfal P3 Gr12 QP Sept2017 Final](https://www.hlayiso.com/library/engfal-p3-gr12-qp-sept2017-final/bed406ee-eb11-491d-a8bb-c2afedeea8ef) — QP · 2017
- [ENGFAL P3 GR12 MEMO SEPT 2014](https://www.hlayiso.com/library/engfal-p3-gr12-memo-sept-2014/21daa2e3-9754-4ea6-bf36-d9241215800f) — Memo · 2014
- [ENGFA P3 S12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/engfa-p3-s12-memo-eng/66f75c01-7ccf-4f82-bce7-eb3fb20b7e29) — Memo · 2012 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
