# Geography Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/800d39f5-aabe-4bf3-9cb5-bfdbe5d55fd8
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/800d39f5-aabe-4bf3-9cb5-bfdbe5d55fd8)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              GEOGRAFIE V1

                              MEI/JUNIE 2024

                                                                  PUNTE: 150

                                                                    TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geografie/V1                                2                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

        AFDELING A
        VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
        VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)

        AFDELING B
        VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.      Beantwoord AL DRIE vrae.

3.      ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
        maak.

10.     Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.     'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2828CB CLARENS en 'n 1 : 10 000 ortofotokaart
        2828 CB 7 MAGDALENAS RUST word voorsien.

15.     Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
        die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.     Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.     Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
        eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Geografie/V1                                 3                                DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1      Die vrae hieronder verwys na die sinoptiese weerkaart. Verskeie opsies word
         as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en
         skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 D.

                                                          [Aangepas uit www.sa.weathersa.co.za]

         1.1.1       Die stabiele weertoestande oor die binneland van Suid-Afrika is as
                     gevolg van die goed ontwikkelde ... hoogdruksel.

                     A   Mauritius-
                     B   Suid-Atlantiese
                     C   Suid-Indiese
                     D   Kalahari-

         1.1.2       Die doupunttemperatuur by weerstasie A is … °C.

                     A   8
                     B   -8
                     C   -17
                     D   25

         1.1.3       Die atmosferiese lugdruk by weerstasie B is … hPa.

                     A   1014
                     B   1016
                     C   1018
                     D   1020

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Geografie/V1                                        4                     DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

         1.1.4       Die laagdruksel by C staan as 'n ... laag bekend.

                     A       afsny-
                     B       termiese
                     C       kontinentale
                     D       kus-

         1.1.5       Die tipe neerslag wat by dorp D aangetref word, is ...

                     A       mis.
                     B       dou.
                     C       hael.
                     D       reën.

         1.1.6       Die tipe neerslag (antwoord op VRAAG 1.1.5) word deur ... winde,
                     wat ... lug bevat, veroorsaak.

                     (i)     aflandige
                     (ii)    aanlandige
                     (iii)   koue, droë
                     (iv)    warm, vogtige

                     A       (i) en (iii)
                     B       (i) en (iv)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)

         1.1.7       Die bewyse dat bergwindtoestande by weerstasie E voorkom, is ...
                     en ...

                     (i)     wolkloosheid
                     (ii)    matige winde
                     (iii)   ʹn groot temperatuurspeling
                     (iv)    suidoostewinde

                     A       (i) en (iii)
                     B       (ii) en (iv)
                     C       (iii) en (iv)
                     D       (i) en (ii)                                           (7 x 1)         (7)   2024

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Geografie/V1                                   5                          DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

1.2      Die vrae hieronder verwys na vallei- en stedelike klimate. Voltooi die stellings
         in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.2.9 Y.

                                    KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Hellings in 'n vallei wat na die ewenaar front, Y    kleiner
                     is warmer omdat die gebied wat deur insolasie Z      groter
                     gedek word, ... is.
         1.2.2       Anabatiese winde is ... winde.                  Y    afwaartse
                                                                     Z    opwaartse
         1.2.3       Besoedelende stowwe word deur anabatiese        Y    versprei
                     winde …                                         Z    vasgevang
         1.2.4       Tipe neerslag wat in 'n vallei aangetref word,  Y    mis
                     wanneer doupunttemperatuur bo 0 °C is           Z    ryp
         1.2.5       Winde by A sal … wees as winde by B in die Y         swakker
                     skets hieronder.                                Z    sterker

                                      [Bron: Eksaminator se eie skets]
         1.2.6       Hooffaktor wat tot die hitte-eiland-effek in die Y   meervoudige
                     skets hieronder bydra                                refleksies
                                                                      Z   hoogte van
                                                                          geboue

                                      [Bron: Eksaminator se eie skets]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Geografie/V1                                        6                                     DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

         1.2.7       Die skets hieronder illustreer 'n                              Y     dag
                     besoedelingskoepel gedurende die ...                           Z     nag

                                        [Bron: Eksaminator se eie skets]
         1.2.8       Die vorm van die besoedelingskoepel (in                        Y     hoë
                     VRAAG 1.2.7) is as gevolg van ... konveksie.                   Z     lae
                                                                                                      (8 x 1)      (8)

1.3      Verwys na die satellietbeeld hieronder oor middelbreedtesiklone.

               [Aangepas uit https://afriwx.co.za/satellite/cold-front-monitor-infrared-satellite-]

         1.3.1        A is 'n (laag-/hoog-)druksel.                                                   (1 x 1)      (1)

         1.3.2        Gee bewyse            uit   die    satellietbeeld      vir    jou    antwoord op
                      VRAAG 1.3.1.                                                               (1 x 2)           (2)

         1.3.3        Beskryf die reënval wat gewoonlik met die wolktipe by die warm
                      front geassosieer word.                                  (1 x 2)                             (2)

         1.3.4        Gee 'n rede waarom die binneland van Suid-Afrika wolklose
                      toestande ervaar.                                 (1 x 2)                                    (2)

         1.3.5        In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
                      naderende koue front die wolkbedekking en winde wat by area B
                      ervaar word, verander.                                  (4 x 2)                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Geografie/V1                                  7                               DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

1.4    Verwys na die uittreksel en kaart hieronder oor Tropiese Sikloon Freddy.

                           IMPAK VAN TROPIESE SIKLOON FREDDY
       Volgens die Australiese Buro van Meteorologie en die US Joint Typhoon Warning
       Centre het Tropiese Sikloon Freddy op 6 Februarie 2023 in die Indiese Oseaan
       noordwes van Australië se kus gevorm. Vanaf sy geboorteplek naby Australië het dit
       van oos na wes oor die hele Suid-Indiese Oseaan na Afrika beweeg en ongeveer
       8 000 kilometer gedek.
       Tropiese Sikloon Freddy het Madagaskar op 21 Februarie en Mosambiek op
       24 Februarie getref. Die impak van swaar reënval en sterk winde was erger in
       Mosambiek as in Madagaskar. Dit het skade aan die infrastruktuur ingesluit.
       Tropiese Sikloon Freddy het op 5 Maart in 'n noordwestelike rigting gedraai en op
       11 Maart Mosambiek vir 'n tweede keer getref. Hierdie pad is raar (ongewoon). Die
       sisteem het baie stadig in 'n noordwestelike rigting beweeg en dit het die sisteem baie
       tyd gegee om groot massas water uit die see te trek. Die gevolg was aanhoudende
       swaar reën in geaffekteerde gebiede, wat dikwels wydverspreide vloede veroorsaak
       het.
       Tropiese Sikloon Freddy het Malawi as 'n tropiese depressie bereik, maar het steeds
       swaar reën en hoë windsnelhede gegenereer.
                            PAD VAN TROPIESE SIKLOON FREDDY

                      [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=Path+of+tropical+cyclone+freddy]

      Verwys na die uittreksel.
       1.4.1    Op watter datum het Tropiese Sikloon Freddy Madagaskar getref? (1 x 1)                 (1)
       1.4.2    Waarom was die impak van Tropiese Sikloon Freddy hewiger (meer
                verwoestend) in Mosambiek as in Madagaskar?             (1 x 2)                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Geografie/V1                                   8                            DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

         Verwys na die pad van Tropiese Sikloon Freddy.

         1.4.3       Gee TWEE redes waarom Tropiese Sikloon Freddy vanaf
                     21 Februarie tot 22 Februarie van 'n tropiese sikloon na 'n tropiese
                     depressie verander het.                                       (2 x 2)          (4)

         1.4.4       Waarom word die noordwestelike pad wat deur Tropiese Sikloon
                     Freddy geneem is, as raar (ongewoon) beskou?         (1 x 2)                   (2)

         1.4.5       Hoe het die Mosambiek-kanaal die toename in intensiteit (sterkte)
                     van Tropiese Sikloon Freddy beïnvloed?                    (1 x 2)              (2)

         1.4.6       Verduidelik hoe skade aan die infrastruktuur, wat deur Tropiese
                     Sikloon Freddy veroorsaak is, 'n negatiewe impak op die mense in
                     die geaffekteerde gebiede kon hê.                         (2 x 2)              (4)

1.5      Verwys na die skets hieronder wat die ontwikkeling van lyndonderstorms
         gedurende die somer illustreer.

                                                              [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.5.1       Identifiseer die front by A.                                    (1 x 1)        (1)

         1.5.2       Gee die windrigting by B en C.                                  (2 x 1)        (2)

         1.5.3       Noem die voginhoud van lugmassas B en C.                         (2 x 1)       (2)

         1.5.4       Verduidelik die ontstaan van lyndonderstorms oor die binneland
                     van Suid-Afrika.                                        (3 x 2)                (6)

         1.5.5       Wat is die positiewe impak van die swaar reënval wat met
                     lyndonderstorms geassosieer word op die fisiese (natuurlike)
                     omgewing?                                            (2 x 2)                   (4)
                                                                                                    [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Geografie/V1                                  9                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1    Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z
       langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       bv. 2.1.8 Y.

                                KOLOM A                                    KOLOM B
       2.1.1    Dendritiese stroompatroon                             Y

                                                                      Z

       2.1.2    Stroompatroon ontwikkel op 'n koepel                  Y   tralie-
                                                                      Z   radiale
       2.1.3    Stroompatroon word gekenmerk deur kort sytakke        Y   reghoekige
                wat reghoekig by die hoofstroom aansluit              Z   tralie-
       2.1.4    Die onderliggende gesteentestruktuur van die          Y   gesteentes met
                stroompatroon hieronder het ...                           krake en nate
                                                                      Z   harde en sagte
                                                                          gesteentes

       2.1.5    Dreineringdigtheid van 'n riviersisteem wat in        Y   hoog
                gebiede met hoë permeabiliteit vloei, sal ... wees.   Z   laag
       2.1.6    Die stroomorde by X                                   Y   2
                                                                      Z   3

       2.1.7    Kenmerke van 'n eerste-orde-stroom in 'n              Y   reguit en kort
                dreineringsbekken                                     Z   reguit en lank
                                                                                      (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Geografie/V1                                   10                               DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

2.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.9 D.

         Verwys na die skets oor stroomroof hieronder om VRAAG 2.2.1 tot 2.2.6 te
         beantwoord.

                                                         [Bron: Eksaminator se eie skets]

         2.2.1       Die skets illustreer 'n ...

                     A    lengteprofiel.
                     B    planaansig.
                     C    skuinsaansig.
                     D    dwarsprofiel.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Geografie/V1                                       11                         DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

         2.2.2       Stroomroof het plaasgevind omdat sytak P op ... gesteentes asook
                     oor 'n ... gradiënt as rivier Q vloei.

                     (i)      sagter
                     (ii)     harder
                     (iii)    meer geleidelike
                     (iv)     steiler

                     A       (i) en (iii)
                     B       (i) en (iv)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)

         2.2.3       Sytak P, soos in die skets geïllustreer, is 'n ... stroom.

                     A        geroofde
                     B        roof-
                     C        verarmde
                     D        onthoofde

         2.2.4       Die proses waardeur sytak P sy kanaal verleng deurdat dit deur die
                     waterskeiding sny, staan as ... bekend.

                     A        rivierverjonging
                     B        sywaartse erosie
                     C        stroomroof
                     D        terugwaartse erosie

         2.2.5       Verskynsel T staan as 'n ... bekend.

                     A        windsaal
                     B        roofelmboog
                     C        knakpuntwaterval
                     D        kloof

         2.2.6       Rivier R sal 'n ... dreineringsbekken hê en 'n ... snelheid na
                     stroomroof.

                     (i)      kleiner
                     (ii)     groter
                     (iii)    toename in
                     (iv)     afname in

                     A       (i) en (iii)
                     B       (i) en (iv)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Geografie/V1                                       12                     DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

         Verwys na area U op die skets, waar rivierverjonging plaasgevind het, om
         VRAAG 2.2.7 en 2.2.8 te beantwoord.

         2.2.7       Rivierverjonging het ontstaan as gevolg van 'n ... en ... erosie wat
                     plaasgevind het.

                     (i)      toename in die volume water
                     (ii)     isostatiese styging van die land
                     (iii)    vertikale
                     (iv)     sywaartse

                     A       (i) en (iii)
                     B       (i) en (iv)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)

         2.2.8       Die gevolglike landvorm wat mees waarskynlik na rivierverjonging
                     in area U sal vorm, is 'n ...

                     A        kloof.
                     B        inmekaarsluitende uitloper.
                     C        ingekerfde rivierkronkel.
                     D        stroomversnelling.                                   (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Geografie/V1                                 13                              DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

2.3      Verwys na lengteprofiele X en Y hieronder.

                        PROFIEL X                                  PROFIEL Y

                                                                   [Bron: Eksaminator se eie sketse]

         2.3.1       Wat is 'n lengteprofiel?                                        (1 x 2)         (2)

         2.3.2       A staan as die (tydelike/permanente) basisvlak van erosie bekend.
                                                                                 (1 x 1)             (1)

         2.3.3       Gee 'n voorbeeld van 'n natuurlike tydelike basisvlak van erosie
                     wat by die knakpunt kan ontwikkel.                        (1 x 1)               (1)

         2.3.4       Watter profiel, X of Y, is gegradeer?                            (1 x 1)        (1)

         2.3.5       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.4.                     (1 x 2)        (2)

         2.3.6       Verduidelik hoe die profiel (antwoord op VRAAG 2.3.4) ontwikkel
                     het.                                                    (2 x 2)                 (4)

         2.3.7       Teken 'n ruwe dwarsprofiel van die riviervallei by B.            (2 x 1)        (2)

         2.3.8       Gee 'n rede vir die vorm van die dwarsprofiel wat by VRAAG 2.3.7
                     geteken is.                                               (1 x 2)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Geografie/V1                                 14                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

2.4      Verwys na die skets hieronder oor 'n fluviale landvorm/verskynsel.

                                             [Bron: https://www.internetgeography.net/flashcard/]

         2.4.1       Die fluviale landvorm/verskynsel wat in die skets geïllustreer is, is
                     'n (gevlegte stroom/meander).                                (1 x 1)                (1)

         2.4.2       Gee 'n kenmerk van die rivier in die benedeloop waarin hierdie
                     fluviale landvorm/verskynsel (antwoord op VRAAG 2.4.1) ontwikkel
                     het.                                                      (1 x 1)                   (1)

         2.4.3       Verduidelik hoe gradiënt die ontwikkeling van die fluviale
                     landvorm/verskynsel, soos in die skets geïllustreer, beïnvloed het.
                                                                                   (2 x 2)               (4)

         Verwys na dwarsprofiele X en Y en die fluviale landvorm/verskynsel hierbo.

         2.4.4       Identifiseer hellings A en B.                                        (2 x 1)        (2)

         2.4.5       Watter dwarsprofiel (X of Y) verteenwoordig die lyn tussen A en B?
                                                                                 (1 x 1)                 (1)

         2.4.6       Verduidelik die prosesse wat by die formasie van hellings A en B
                     betrokke is.                                              (3 x 2)                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Geografie/V1                                      15                               DBE/Mei/Junie 2024
                                            SS/NSS Vertroulik

2.5      Verwys na die uittreksel hieronder oor opvang- en rivierbestuur.

                 HAMMANSKRAAL-WATERKRISIS ONTBLOOT JARELANGE
                               VERWAARLOSING

                                                           Die situasie in Hammanskraal mag
                                                           skokkend wees, maar dit is nie 'n
                                                           verrassing nie. Mense worstel al 'n
                                                           dekade lank met water- en
                                                           sanitasie-kwessies, wat as 'n
                                                           duidelike voorbeeld dien van wat
                                                           gebeur     wanneer      onbeplande
                                                           ontwikkeling plaasvind.
                                                           Die      watertoevoernetwerk      in
                                                           Hammanskraal moet opgegradeer
                                                           en toegerus word om tred te hou
                                                           met die groeiende aanvraag.
                                                           'n Beduidende gedeelte van die
                                                           waterinfrastruktuur    is   in    'n
                                                           bouvallige (swak) toestand wat tot
                                                           gereelde lekkasies en onder-
                                                           brekings in die watertoevoer lei.

         Oor die jare is verskeie bekommernisse geopper wat die omvang van die
         krisis verder beklemtoon. Die Rooiwal-waterverwerkingsaanleg misluk daarin
         om die afvalwater te behandel en in plaas daarvan word rou of
         semibehandelde afvalwater in die Apiesrivier, wat Hammanskraal bedien,
         gestort. Inwoners beskryf voortdurend die water in Hammanskraal as 'bruin en
         slymerig'. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het in 2019 die water as
         ongeskik vir menslike gebruik verklaar. Die inwoners se ellende word vererger
         deurdat die Tshwane-munisipaliteit in Augustus 2021 die Temba-water-
         suiweringsaanleg gesluit het sodat Hammanskraal 'n week lank geen toegang
         tot water gehad het nie.
                     [Aangepas uit https://mg.co.za/environment/2023-05-24-hammanskraal-water-crisis]

         2.5.1         In watter provinsie is Hammanskraal geleë?                            (1 x 1)        (1)
         2.5.2         Wat word bedoel met 'onbeplande ontwikkeling', soos in die
                       uittreksel genoem?                                  (1 x 2)                          (2)
         2.5.3         Noem TWEE gevolge van 'onbeplande ontwikkelingʹ volgens die
                       uittreksel.                                          (2 x 1)                         (2)
         2.5.4         Hoe het die Apiesrivier besoedeld geraak?                             (2 x 1)        (2)

         2.5.5         In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor wat
                       die plaaslike munisipaliteit kan implementeer (instel) om
                       besoedeling van die Apiesrivier te verminder.             (4 x 2)                    (8)
                                                                                                            [60]
                                                                         TOTAAL AFDELING A:                 120

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Geografie/V1                                   16                                  DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                       ALGEMENE INLIGTING OOR CLARENS

Koördinate: 28°31'S; 28°25'O

Clarens is 'n klein dorpie wat in die Thabo Mofutsanyana-streek van die Vrystaat in
Suid-Afrika geleë is.

Die Rooiberg-bergreeks omsluit die gebied en verder suidoos is die Malutiberge. Die
gebied word omring deur sandsteenkranse met hulle veelkleurige lae – die horisontale
lae is 'n kenmerkende verskynsel van die gebied.

In Clarens en omringende gebiede is die klimaat warm en matig. Dae regdeur die jaar
is gewoonlik sonnig en helder, en winternagtemperature het al tot -14 °C gedaal.

Reënval kom gewoonlik in die somermaande voor en donderstorms is meestal van
korte duur.

                     [Aangepas en vry vertaal uit https://en.wikipedia.org/wiki/Clarens,_South_Africa]

Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                               AFRIKAANS
Diggings                              Uitgrawings
River                                 Rivier

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Geografie/V1                                 17                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

         3.1.1       Die indekskontoerlyn in blok A1 op die ortofotokaart is ... meter.

                     A     1822
                     B     1835
                     C     1840
                     D     1842                                                     (1 x 1)        (1)

         3.1.2       Die ruitverwysing vir punthoogte 1872 in blok B1 op die
                     topografiese kaart is ...

                     A     28°30'32"S; 28°33'15"O
                     B     28°33'32"S; 28°17'15"O
                     C     28°32'32"S; 28°18'15"O
                     D     28°34'32"S; 28°15'15"O                                  (1 x 1)         (1)

         Die illustrasie hieronder verteenwoordig die gemiddelde gradiënt tussen
         6 (blok D1) en 7 (blok E2) op die ortofotokaart.

         3.1.3       (a)   Bepaal die vertikale interval (VI) van die geïllustreerde
                           gradiënt.                                          (1 x 1)              (1)

                     (b)   Is die geïllustreerde gemiddelde gradiënt tussen 6 en 7 op die
                           ortofotokaart geleidelik of steil?                     (1 x 1)          (1)

                     (c)   Noem hoe die geïllustreerde gemiddelde gradiënt die
                           menslike aktiwiteite tussen 6 en 7 op die ortofotokaart
                           beïnvloed het.                                  (2 x 1)                 (2)

         Verwys na punthoogte 1802 in blok E4 en peilbaken (trigonometriese
         baken) 182 in blok E5 op die topografiese kaart.

         3.1.4       (a)   Bepaal die ware peiling (WP) vanaf punthoogte 1802 tot by
                           trigonometriese baken (peilbaken) 182.            (1 x 1)               (1)

                     (b)   Bereken die magnetiese deklinasie (MD) vir 2024 as die
                           totale verandering 44' weswaarts is.            (2 x 1)                 (2)

                     (c)   Bepaal die magnetiese peiling (MP) vanaf punthoogte 1802
                           tot by trigonometriese baken (peilbaken) 182.

                           Formule: MP = WP + MD                                    (1 x 1)        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Geografie/V1                                       18                    DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

3.2      KAARTINTERPRETASIE

         Verwys na die topografiese kaart.

         3.2.1       Wat is die mees waarskynlike rede vir die verskil in die gemiddelde
                     temperatuur tussen punthoogte 2011 in blok A2 en peilbaken
                     (trigonometriese baken) 181 in blok E3, soos in die tabel hieronder
                     aangedui?

                             VERSKYNSEL                GEMIDDELDE TEMPERATUUR (°C)
                         Punthoogte                                 6
                         Trigonometriese stasie                    14

                     A        Breedtegraad
                     B        Hoogte
                     C        Hellings
                     D        Valleie                                             (1 x 1)        (1)

         3.2.2       Die reënval in die gekarteerde gebied is seisoenaal. Gee bewyse
                     uit blok E5 op die topografiese kaart om hierdie stelling te
                     ondersteun.                                               (1 x 1)           (1)

         Verwys na blok E4 op die ortofotokaart.

         3.2.3       Watter tyd (oggend of middag) is die foto geneem?            (1 x 1)        (1)

         3.2.4       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.3.                 (1 x 2)        (2)

         Verwys na die topografiese kaart.

         3.2.5       Noem die doel van die rye bome in blokke A5 en B5.           (1 x 1)        (1)

         3.2.6       Die landvorm 8 tot 9 in blok B4 op die ortofotokaart is 'n ... en
                     staan as 'n ... bekend.
                     (i)      uitloper
                     (ii)     vallei
                     (iii)    waterskeiding
                     (iv)     interfluviale skeiding
                     A       (i) en (iii)
                     B       (ii) en (iii)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (ii) en (iv)                                        (1 x 1)         (1)

         Verwys na stroom F in blok A2 en G in blok D1 op die topografiese kaart.

         3.2.7       In watter rigting vloei stroom F in blok A2?                 (1 x 1)        (1)

         3.2.8       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.7.                 (1 x 2)        (2)

         3.2.9       Hoe het stroom by G in blok D1 bewerking moontlik gemaak?
                                                                              (1 x 2)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Geografie/V1                                       19                              DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

         3.3.1       Die dam by H in blok B3 op die topografiese kaart is 'n ...
                     -verskynsel en word as ... water beskou.

                     (i)      poligoon
                     (ii)     lyn
                     (iii)    standhoudende
                     (iv)     nie-standhoudende

                     A       (i) en (iii)
                     B       (i) en (iv)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)                                                  (1 x 1)      (1)

         Verwys na blokke C4 en C5 op die ortofotokaart saam met die skets
         hieronder oor afstandwaarneming.

                                                [Bron: Eksaminator se eie skets]

         3.3.2       Identifiseer die afstandwaarnemingstoestel in die skets.              (1 x 1)      (1)

         Afstandwaarneming is gebruik om die beeld (foto) te genereer wat gebruik is
         om die ortofotokaart te maak.

         3.3.3       Is die resolusie op die ortofotokaart hoog of laag?                   (1 x 1)      (1)

         3.3.4       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.3.                          (1 x 2)      (2)

         3.3.5       Die koste om infrastruktuur in blokke C4 en C5 te ontwikkel, sal
                     (meer/minder) duur wees.                                (1 x 1)                    (1)

         3.3.6       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.5.                          (1 x 2)      (2)

                                                                         TOTAAL AFDELING B:             30
                                                                             GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2022-afr/f4503dfe-56de-4254-9c12-47c3b4ba171d) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — QP · 2023
- [3224BC GRAAFF REINET A3 Deb](https://www.hlayiso.com/library/3224bc-graaff-reinet-a3-deb/4da5d29a-1c1a-401f-8913-c4f1fe6a6a88) — QP · 2023
- [3319AD CERES P2 2023](https://www.hlayiso.com/library/3319ad-ceres-p2-2023/e59d10d9-e9bb-4d2e-a83b-57323570f7bc) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
