# Geography Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/57c36990-b04c-456d-8556-8130253d98df
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/57c36990-b04c-456d-8556-8130253d98df)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              GEOGRAFIE V2

                              MEI/JUNIE 2024

                                                                  PUNTE: 150

                                                                    TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geografie/V2                                 2                         DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         AFDELING A
         VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60)
         VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60)

         AFDELING B
         VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.       Beantwoord AL DRIE vrae.

3.       ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.       Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.       Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

7.       MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.       Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.       Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
         moet maak.

10.      Die maateenheid MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1020 hPa,
         14 °C en 45 m.

11.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.      Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.      Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14.      'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2529CD MIDDELBURG en 'n 1 : 10 000
         ortofotokaart 2529 CD 5 MIDDELBURG word voorsien.

15.      Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
         stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.      Toon ALLE bewerkings. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.      Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Geografie/V2                                  3                                DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING A:          LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN EKONOMIESE
                     GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

1.1      Verwys na die skets hieronder oor die patroon en vorm van landelike
         nedersettings. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (1.1.1 tot
         1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 sirkulêr.

         1 : 15 000

                                 [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=types of rural settlements]

         1.1.1        Die nedersettingspatroon by A is …

         1.1.2        Die nedersettingspatroon by B is …

         1.1.3        Nedersetting (A/B) is geneig om meer wins te toon.

         1.1.4        Die rivier het daartoe gelei dat die nedersetting by C 'n …-vorm
                      het.

         1.1.5        Die vorm van die nedersetting by F is …

         1.1.6        D is op hoogliggende grond geleë weens die gevaar van vloede en
                      word 'n … nedersetting genoem.

         1.1.7        E is naby aan 'n voorraad water en daar word daarna as 'n …
                      nedersetting verwys.                                  (7 x 1)                    (7)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Geografie/V2                                   4                          DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

1.2      Verskeie terme/konsepte word as moontlike antwoorde op die volgende
         stellings gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.2.9 D.

         1.2.1       'n … is 'n area, waar 'n groep mense leef, wat uit geboue,
                     kommunikasienetwerke en funksies bestaan.

                     A   Standplaas
                     B   Eiendom
                     C   Nedersetting
                     D   Ligging

         1.2.2       … is die proses waar 'n toenemende persentasie mense in
                     stedelike gebiede, in vergelyking met landelike gebiede, woon.

                     A   Ongebreidelde stedelike uitspreiding
                     B   Stedelike groei
                     C   Stadsvernuwing
                     D   Verstedeliking

         1.2.3       … is die vormlose groei van stedelike areas.

                     A   Stedelike groei
                     B   Stedelike uitbreiding
                     C   Ongebreidelde stedelike uitspreiding
                     D   Stedelike verval

         1.2.4       Die fisiese groei van 'n stedelike nedersetting staan as stedelike …
                     bekend.

                     A   uitbreiding
                     B   profiel
                     C   groei
                     D   verval

         1.2.5       Die toename in die aantal mense wat in stedelike gebiede woon,
                     staan as … bekend.

                     A   verstedeliking
                     B   stedelike groei
                     C   stedelike uitbreiding
                     D   stedelike migrasie  2024

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Geografie/V2                                        5                             DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

         1.2.6       Die grootste toename in die vlak van verstedeliking in Suid-Afrika is
                     vanaf …

                              JAAR                 2018      2019      2020       2021     2022
                       Persentasie mense          66,4%     66,9%     67,2%      67,9%    68,3%
                       wat in stedelike
                       gebiede woon

                     A       2018 tot 2019.
                     B       2019 tot 2020.
                     C       2020 tot 2021.
                     D       2021 tot 2022.

         1.2.7       Die … van verstedeliking                verwys   na   die    pas    waarteen
                     verstedeliking plaasvind.

                     A       tempo
                     B       spoed
                     C       groei
                     D       vlak

         1.2.8       Die voordele van teenverstedeliking vir stedelike gebiede is 'n
                     afname in …

                     (i)      besoedeling.
                     (ii)     grondwaarde.
                     (iii)    estetiese voorkoms.
                     (iv)     verkeersopeenhoping.

                     A       (i) en (ii)
                     B       (ii) en (iii)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (ii) en (iv)                                                  (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Geografie/V2                                  6                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

1.3      Verwys na die grafiek en spotprent hieronder wat landelike-stedelike migrasie
         toon.

      PREDICTED (EXPECTED)
       VOORSPELDE          DIFFERENCE
                   (VERWAGTE)           IN DIE
                               VERSKIL IN  THEPERSENTASIE
                                               PERCENTAGETOENAME
                                                          INCREASEVAN
                                                                   OF PEOPLE
                                                                      MENSE
           THAT MOVE FROM RURAL TO URBAN AREAS BETWEEN 2000 AND 2030
       WAT TUSSEN 2000 EN 2030 VAN LANDELIKE NA STEDELIKE AREAS VERHUIS HET

                                                 [Aangepas uit www.coolgeography]

                                  Beter werk
                                  in die stad

                                                              Fabriek

                 [Aangepas uit www.google.com/search?q=rural+urban+migration+&tbm]

         1.3.1       Watter kontinent sal na verwagting (soos voorspel word) tussen
                     2000 en 2030 die hoogste persentasie mense hê wat na stedelike
                     gebiede/areas verhuis het?                              (1 x 1)               (1)
         1.3.2       Bepaal die verwagte (voorspelde) verskil in die persentasie van
                     mense (antwoord op VRAAG 1.3.1) wat tussen 2000 en 2030 sou
                     verhuis het.                                             (1 x 2)              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Geografie/V2                                 7                               DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

         1.3.3       Waarom sal die tempo van verstedeliking van die kontinent
                     (antwoord op VRAAG 1.3.1) so hoog wees?           (1 x 2)                        (2)

         1.3.4       Waarom lei die trekfaktor, wat in die spotprent aangedui word,
                     dikwels tot teleurstelling?                             (2 x 2)                  (4)

         1.3.5       Stel strategieë voor wat in landelike gebiede geïmplementeer kan
                     word om die tempo van verstedeliking te verlaag.          (3 x 2)                (6)

1.4      Verwys na die skets hieronder oor die veelvuldige kernmodel.

                                                                                    SLEUTEL
      VEELVULDIGE KERNMODEL
                                                                            1.   Sentrale sakekern
                                                                            2.   Ligte nywerhede
                                                                            3.   Lae-inkomste
                                                                                 residensieel
                                                                            4.   Middel-inkomste
                                                                                 residensieel
                                                                            5.   Hoë-inkomste
                                                                                 residensieel
                                                                            6.   Swaar nywerhede
                                                                            7.   Afgeleë sakedistrik
                                                                            8.   Residensiële
                                                                                 landgoed
                                                                            9.   Industriële
                                                                                 landgoed

                                     [Verwerk uit www.researchgate.co.za]

         1.4.1       Noem TWEE eienskappe van die veelvuldige kernmodel wat in die
                     skets duidelik is.                                    (2 x 1)                    (2)

         1.4.2       Identifiseer grondgebruiksone 1.                                   (1 x 1)       (1)

         1.4.3       Verklaar die ligging van grondgebruiksone 1.                       (1 x 2)       (2)

         1.4.4       Verduidelik hoe die ontwikkeling van die afgeleë sakedistrik (ASD),
                     wat 7 benoem is, deur die volgende beïnvloed is:

                     (a) Misdaadkoers                                                    (1 x 2)      (2)

                     (b) Verkeersopeenhopings                                            (1 x 2)      (2)

         1.4.5       Waarom sal die veelvuldige kernmodel, uitgebeeld in die skets, nie
                     op alle stedelike gebiede van toepassing wees nie?         (3 x 2)               (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Geografie/V2                                       8                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                            SS/NSS Vertroulik

1.5      Verwys na die foto en uittreksel hieronder oor stedelike verval (stedelike
         agteruitgang).

                                                              HERWINNING
                                                          RECLAIMING       VAN DIEZONE
                                                                     TRANSITION
                                                          OORGANGSONE
                                                          (ZONE OF DECAY)(VERVALSONE)
                                                  Stadsbuurte, soos die Maboneng-gebied
                                                  en     Fordsburg,    het     'n     vinnig
                                                  ontwikkelende moderne gevoel aan
                                                  hulle. Huurpryse in hierdie gebiede het
                                                  diensooreenkomstig gestyg. Dit is as
                                                  gevolg van verbeteringe om middel-
                                                  inkomste-inwoners te lok: die proses van
                                                  buurt-opknapping/gentrifikasie het tot die
                                                  opknapping van ou geboue gelei. Die
                                                  sosiale koste van herontwikkeling word
 geïllustreer deur 'n vlaag uitsettings van die oorspronklike inwoners wat in onveilige en
 verlate geboue gewoon het, dikwels vir dekades, omdat hulle nie beter verblyf kon
 bekostig nie.
 [Aangepas uit https://www.news24.com/citypress/voices/-reclaiming-inner-cities-to-solve-our-housing-crisis]

         1.5.1        Definieer die konsep stedelike verval.                                   (1 x 2)         (2)

         1.5.2        Gee 'n bewys uit die foto dat stedelike verval plaasgevind het.
                                                                                    (1 x 1)                    (1)

         1.5.3        Waarom is stedelike verval meer dominant in die oorgangsone
                      (vervalsone) as in ander grondgebruiksones?           (2 x 2)                            (4)

         1.5.4        In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die positiewe
                      impak van buurtopknapping/gentrifikasie op die oorgangsone
                      (vervalsone).                                             (4 x 2)                        (8)
                                                                                                               [60]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Geografie/V2                                  9                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

2.1      Verskeie terme/konsepte word as moontlike antwoorde gegee om die
         volgende stellings te voltooi. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
         langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 2.1.9 D.

         2.1.1        …-kernnywerheidsgebied dra die laagste persentasie tot die BBP
                     in Suid-Afrika by.

                      KERNNYWERHEIDSGEBIED                 BYDRAE TOT BBP
                      Durban-Pinetown                          16,3%
                      Suidwestelike Kaap                       14,2%
                      Gauteng (PWV)                            35,2%
                      Port Elizabeth-Uitenhage                  7,9%

                     A   Durban-Pinetown
                     B   Port Elizabeth-Uitenhage
                     C   Gauteng (PWV)
                     D   Suidwestelike Kaap

         2.1.2       Die … is die hoofbron van water vir die Gauteng (PWV)-
                     kernnywerheidsgebied.

                     A   Sterkfonteindam
                     B   Oranjerivier
                     C   Vaaldam
                     D   Sondagsrivier

         2.1.3       Toegang tot … is 'n voordeel van die Port Elizabeth-Uitenhage-
                     kernnywerheidsgebied in vergelyking met die Gauteng (PWV)-
                     kernnywerheidsgebied.

                     A   steenkool
                     B   lughawens
                     C   diamante
                     D   hawens

         2.1.4       … is die vernaamste nywerheid geleë in die Gauteng (PWV)-kern-
                     nywerheidsgebied.

                     A   Yster en staal
                     B   Motormontering
                     C   Suikerraffinering
                     D   Visinmaak

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Geografie/V2                                       10                    DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

         2.1.5       Die Coega-nywerheidsontwikkelingsone         kom     in    die    …
                     kernnywerheidstreek voor.

                     A       Gauteng (PWV)-
                     B       Port Elizabeth-Uitenhage-
                     C       Durban-Pinetown-
                     D       Suidwestelike Kaap-

         2.1.6       Die vernaamste grondstowwe wat in die              Gauteng (PWV)-
                     kernnywerheidstreek voorkom, sluit … en … in.

                     (i)      goud
                     (ii)     vrugte
                     (iii)    ystererts
                     (iv)     vis

                     A       (i) en (ii)
                     B       (i) en (iii)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (ii) en (iv)

         2.1.7       Die dominante nywerheidsaktiwiteite in die         Port Elizabeth-
                     Uitenhage-kernnywerheidstreek is …

                     A       motormontering en tekstielware.
                     B       chemikalieë en metaalprosessering.
                     C       olie- en suikerraffinadery.
                     D       voedselverwerking en skeepsbou.

         2.1.8       Die nadele van nywerheidsentralisasie vir die Gauteng (PWV)-
                     kernnywerheidstreek is …

                     (i)      watertekorte.
                     (ii)     'n klein arbeidsmag.
                     (iii)    klein markte.
                     (iv)     lugbesoedeling.

                     A       (i) en (ii)
                     B       (ii) en (iii)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (ii) en (iv)                                         (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Geografie/V2                                 11                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

2.2      Kies 'n antwoord uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter Y of Z langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 Z.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
         2.2.1       Term wat gebruik word vir       Y     formele sektor
                     ongeregistreerde besighede      Z     informele sektor

         2.2.2       Kenmerkend van die              Y     werkers is selfwerksaam
                     informele sektor                      (in eie diens)
                                                     Z     werkers is in diens van
                                                           'n nasionale onderneming
                                                           (besigheid)
         2.2.3       Rede vir die groot getal        Y     gebrek aan dokumentasie
                     immigrante wat die              Z     beskikbaarheid van werk
                     informele sektor betree

         2.2.4       Voorbeeld van 'n informele      Y     PEP stores (winkel)
                     sektor                          Z     karwag

         2.2.5       'n Voordeel vir verbruikers     Y     kwaliteit goedere teen 'n hoër
                     wat goedere by 'n informele           prys
                     handelaar koop                  Z     goedere kan teen 'n laer prys
                                                           aangekoop word

         2.2.6       Rede vir die groei van die      Y     beperkte werk in die formele
                     informele sektor in                   sektor beskikbaar
                     Suid-Afrika                     Z     werk in die formele sektor
                                                           beskikbaar

         2.2.7       Uitdaging wat die informele     Y     verskaffing van lae-
                     sektor in die gesig staar             rente-lenings
                                                     Z     blootstelling aan ekstreme
                                                           weerstoestande
                                                                                     (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Geografie/V2                                      12                                DBE/Mei/Junie 2024
                                            SS/NSS Vertroulik

2.3       Verwys na die grafiek en uittreksel hieronder oor voedselonsekerheid.

                              GLOBALE VOEDSELONSEKERHEID

                             AANTAL MENSE

                             IN MILJOEN

                             JAAR

       [Aangepas uit https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%-infographics%2Fhunger]

 Voedselonsekerheid is tot onlangs grootliks met klimaatsverandering, die Covid-
 pandemie en armoede verbind. Beskikbaarheid van voedsel het nou 'n belangrike
 kwessie geword.

 Konflik tussen lande lei deesdae tot oorloë (soos die konflik tussen Rusland en
 Oekraïne), wat handelsverwante beleide* wat deur lande opgelê is, vermeerder het. Dit
 het daartoe gelei dat 'n aantal globale voedselhandelsbeperkinge deur lande ingestel is
 om sodoende binnelandse (plaaslike) voorraad te vermeerder. Twintig lande het
 onlangs 27 voedseluitvoerverbannings geïmplementeer en tien lande het 14
 uitvoerbeperkingsmaatreëls geïmplementeer.

 Die hoofprodukte wat deur Suid-Afrika ingevoer word, is koring, mielies, sojabone en
 sonneblomsaad. Die invloed om Suid-Afrika se invoere te verminder, het tot hoër
 voedselpryse en hoër inflasiekoerse in Suid-Afrika gelei.
 Woordelys:

 *Handelsverwante beleide is beleide wat verband hou met die invoer en uitvoer van goedere tussen lande.

                  [Aangepas uit https://www.worldbank.org/en/topic/agriculture/brief/food-security-update#]

          2.3.1       Noem die neiging wat op die grafiek duidelik is met betrekking tot
                      globale voedselonsekerheid vanaf 2019 tot 2023.            (1 x 1)                      (1)
          2.3.2       Volgens die uittreksel, wat is die redes vir die neiging wat op die
                      grafiek getoon word?                                         (2 x 1)                    (2)
          2.3.3       Watter positiewe impak kan die                   globale     voedselhandel-
                      beperkingmaatreëls op Suid-Afrika hê?                                (1 x 2)            (2)
          2.3.4       Verduidelik hoe TWEE fisiese                    faktore     Suid-Afrika se
                      voedselproduksie negatief beïnvloed.                                  (2 x 2)           (4)
          2.3.5       Stel maatreëls voor wat die regering kan implementeer (instel) om
                      boere te ondersteun om voedselsekerheid in Suid-Afrika te bereik.
                                                                                 (3 x 2)                      (6)
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Geografie/V2                                 13                                      DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

  2.4      Verwys na die infografika oor platinummynbou hieronder.

         PLATINUM-MYNBOU
                                               LIGGING VAN PLATINUMMYNE
Mynbou vir die Platinum Groep Metale           IN SUID-AFRIKA
(PGM) is wydverspreid oor Suid-Afrika
en bevat meer as 80% van die wêreld                   N
se reserwes.

Die afname in die Suid-Afrikaanse
platinumvoorraad kry nie die aandag
van nywerheidsnavorsingsorganisasies
wat dit verdien nie.

Buiten die arbeidstakings wat 'n
uitdaging vir die platinummynbou-
nywerheid    is,   is   toegang      tot
bekostigbare en betroubare elektrisiteit
                                                                      [Bron: Eksaminator se eie skets]
kommerwekkend.      Eskom    en     die
regering      moedig      onafhanklike        SUID-AFRIKA SE PLATINUMVOORRAAD 2016–2023
kragproduksie      en     aanvullende
kragproduksie aan.

Nog 'n uitdaging is watersekerheid.
'n Groeiende bekommernis is die                 TON
agteruitgang van waterverpreidings-
infrastruktuur aan die een kant en
klimaatsverandering aan die ander kant.

[Aangepas uit https://www.miningreview.com
                                                             2016 2017 2018 2019 2020 2021 2022 2023
/platinum-group-metals/]
                                                                        JAAR

                                                                        [Bron: Eksaminator se eie skets]

           2.4.1       Watter persentasie van die wêreld se platinumreserwes kom in
                       Suid-Afrika voor?                                      (1 x 1)                         (1)

           2.4.2       Gee bewyse uit die uittreksel dat platinumproduksie in Suid-Afrika
                       beïnvloed word deur 'n:

                       (a)   Sosiale faktor

                       (b)   Diensleweringsfaktor                                                 (2 x 1)     (2)

           2.4.3       Verwys na die kaart en noem TWEE provinsies waar platinum
                       gemyn word.                                        (2 x 1)                             (2)

  Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Geografie/V2                                14                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

         2.4.4       Beskryf die algemene neiging/tendens van die platinumvoorraad
                     tussen 2016 en 2018 en tussen 2020 en 2023, deur na die grafiek
                     te verwys.                                              (2 x 1)              (2)

         2.4.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor wat
                     die regering kan implementeer (instel) om aandag te gee aan die
                     uitdagings van platinumproduksie.                         (4 x 2)            (8)

2.5      Verwys na die uittreksel         hieronder   oor   die   Wildekus    Ruimtelike-
         ontwikkelingsinisiatief (ROI).

          N2-WILDEKUS-TOLPADPROJEK – 'N AANSPORING VIR VOLHOUBARE
                              ONTWIKKELING

         Die Wildekus sal voordeel trek uit die ontwikkeling van 'n padnetwerk om
         toerisme aan te moedig en die streek vir ekonomiese geleenthede oop te stel.

         Die N2-Wildekus-tolpadprojek sal die plaaslike gemeenskap tydens die
         konstruksieproses bevoordeel aangesien 'n aantal direkte werksgeleenthede
         geskep sal word. Die nuwe roete sal ook 'n veiliger padnetwerk verskaf wat
         daartoe sal lei dat diegene wat langs die nuwe pad woon, bevoordeel gaan
         word deur die padaansluitings, voetslaanpaaie, brûe en landbouduikweë vir
         lewende hawe.

         Die sosiale en ekonomiese impak van die projek sal 'n beduidende inspuiting
         vir die plaaslike gemeenskappe bied. Daar word beraam dat die inkomste vir
         die plaaslike nywerheid met R360,4 miljoen sal vermeerder en
         konstruksiewerk sal 6 800 direkte werksgeleenthede en tussen 21 300 en
         28 100 indirekte werksgeleenthede skep.

         Die projek om die N2-Wildekuspad van Oos-Londen na Port Edward op te
         gradeer, is 'n belangrike inisiatief om ekonomiese geleenthede in sommige
         van die mees verarmde (armste) dele van die land te ontsluit.

         Kulturele gelowe en tradisionele waardes is egter in konflik met ekonomiese
         ontwikkeling van die Wildekus Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief (ROI).

                                                                      [Aangepas uit Sanral]

         2.5.1       Noem EEN sleuteldoelwit van Ruimtelikeontwikkelingsinisiatiewe
                     (ROI) in Suid-Afrika.                                   (1 x 1)              (1)

         2.5.2       In watter provinsie is die Wildekus Ruimtelikeontwikkelings-
                     inisiatief (ROI) geleë?                              (1 x 1)                 (1)

         2.5.3       Volgens die uittreksel, met hoeveel sal die inkomste van plaaslike
                     nywerhede vermeerder?                                      (1 x 1)           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Geografie/V2                                15                         DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

         2.5.4       Gee TWEE fisiese faktore wat toerisme in die Wildekus
                     Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief (ROI) sal aanmoedig. (2 x 1)           (2)

         2.5.5       Hoe sal die N2-Wildekus-tolpadprojek ekonomiese ontwikkeling
                     van  die   Wildekus   Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief  (ROI)
                     aanmoedig?                                              (2 x 2)          (4)

         2.5.6       Verduidelik waarom die Wildekus Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief
                     (ROI) uitdagings ervaar het om die sleuteldoelwitte (mikpunte) te
                     bereik.                                                   (3 x 2)        (6)
                                                                                              [60]

                                                              TOTAAL AFDELING A:              120

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Geografie/V2                               16                               DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                     ALGEMENE INLIGTING OOR MIDDELBURG

Koördinate: 25º45'S; 29°25'O

Middelburg is 'n dorp wat in Mpumalanga in Suid-Afrika geleë is. Dit lê halfpad tussen
Pretoria en Lydenburg.

Mpumalanga is verantwoordelik vir ongeveer 83 persent van Suid-Afrika se
steenkoolproduksie en Eskom besit 12 (van sy 15) steenkoolaangedrewe kragaanlegte
wat in en om dié area geleë is. Middelburg is bekend as die vlekvryestaal-hoofstad van
Afrika. Dit is die tuiste van 'n groot vlekvryestaal-aanleg met die naam Columbus
Stainless.

Middelburg bied baie aan alle reisigers, vanaf fassinerende kulturele toere tot
adrenaliengelaaide watersport in ongerepte dam-areas. Middelburg is die ideale
vakansiebestemming.
                                        [Aangepas uit https://enwikipedia.org/wiki/Mpumalanga]

Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                                  AFRIKAANS
Golf course                              Gholfbaan
Landing strip                            Landingstrook
Furrow                                   Voor
Sewage disposal works                    Rioolsuiweringswerke

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Geografie/V2                                 17                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

         3.1.1       In watter provinsie is Middelburg geleë?

                     A   Gauteng
                     B   Mpumalanga
                     C   KwaZulu-Natal
                     D   Oos-Kaap                                                 (1 x 1)       (1)

         Verwys na blok A5 op die topografiese kaart en die gebou genommer 6 op
         die ortofotokaart.

         3.1.2       (a) Die skaal van die topografiese kaart is (kleiner/groter) as die
                         skaal van die ortofotokaart.                             (1 x 1)       (1)

                     (b) Verwys na die gebou gemerk 6 op die ortofotokaart en gee 'n
                         rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.2(a).             (1 x 1)           (1)

         3.1.3       Bereken die vertikale vergroting van 'n dwarsdeursnit op 'n
                     topografiese kaart.

                     Gebruik die volgende inligting:
                     Vertikale skaal: 1 : 2 000                                   (3 x 1)       (3)

                     Formule:

         3.1.4       Gee EEN rede vir die vergroting van die vertikale skaal wanneer 'n
                     dwarsdeursnit geteken word.                                (1 x 1)         (1)

         Verwys na blok D2 op die ortofotokaart.

         3.1.5       Bereken die oppervlakte van die blok in vierkante meter (m²).

                     Gebruik die volgende inligting:
                     Lengte: 4,2 cm
                     Breedte: 3,8 cm

                     Formule: Oppervlakte = Lengte (L) x Breedte (B)              (3 x 1)       (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Geografie/V2                                 18                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

3.2      KAARTINTERPRETASIE

         3.2.1       Die residensiële gebied F in blok B2 op die topografiese kaart is 'n
                     (hoë/lae)-inkomste residensiële gebied.                      (1 x 1)          (1)

         3.2.2       Gee bewyse uit die topografiese kaart om jou antwoord op
                     VRAAG 3.2.1 te staaf.                              (1 x 2)                    (2)

         Verwys na die landingstrook G in blok C4 en D4 op die topografiese kaart.

         3.2.3       (a) Benoem die grondgebruiksone waarin die landingstrook geleë
                         is.                                                  (1 x 1)              (1)

                     (b) Gee bewyse uit die topografiese kaart wat toon dat die
                         landingstrook ideaal geleë is.                   (1 x 2)                  (2)

         Verwys na blok C5 en D5 op die ortofotokaart.

         3.2.4       Die tipe boerdery sigbaar is (kleinskaalse/grootskaalse) boerdery.
                                                                                  (1 x 1)          (1)

         3.2.5       Gee bewyse om jou antwoord op VRAAG 3.2.4 te staaf.             (1 x 2)       (2)

         Verwys na blok B5 op die topografiese kaart.

         3.2.6       Noem die sekondêre aktiwiteit sigbaar in hierdie area.          (1 x 1)       (1)

         3.2.7       Waarom is die aktiwiteit (antwoord op VRAAG 3.2.6) nodig vir
                     ekonomiese ontwikkeling om in hierdie area plaas te vind? (1 x 2)             (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Geografie/V2                                 19                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

         3.3.1       Data-integrasie is 'n analise van (enkele/veelvoudige) databronne.
                                                                                  (1 x 1)      (1)

         Verwys na blok E2 op die topografiese kaart en die skets hieronder wat
         blok E2 voorstel.

                                                  ·1587

         3.3.2       (a) H in blok E2 op die topografiese kaart verteenwoordig 'n
                         (punt/poligoon)-simbool.                          (1 x 1)             (1)

         Teken die blok hierbo in die ANTWOORDEBOEK oor.

                     (b) Teken 'n lynsimbool in jou oorgetekende blok wat 'n natuurlike
                         verskynsel in blok E2, oos van punthoogte 1587, op die
                         topografiese kaart voorstel.                           (1 x 1)        (1)

                     (c) Hoe het die integrasie van die punthoogte in die skets en die
                         simbool wat jy geteken het, bygedra om te bepaal waar die
                         damwal by J geleë is?                                  (1 x 2)        (2)

         Verwys na die oop stuk grond wat in area 7 op die ortofotokaart gevind word.

         3.3.3       Watter term gebruik 'n GIS-spesialis om na die oop stuk grond, wat
                     die rivier van die opgeboude gebied skei, te verwys?        (1 x 1)       (1)

         3.3.4       Gee EEN rede waarom daar 'n behoefte aan dié oop stuk grond is.
                                                                              (1 x 2)          (2)

                                                                TOTAAL AFDELING B:             30
                                                                    GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — QP · 2023
- [3224BC GRAAFF REINET A3 Deb](https://www.hlayiso.com/library/3224bc-graaff-reinet-a3-deb/4da5d29a-1c1a-401f-8913-c4f1fe6a6a88) — QP · 2023
- [3319AD CERES P2 2023](https://www.hlayiso.com/library/3319ad-ceres-p2-2023/e59d10d9-e9bb-4d2e-a83b-57323570f7bc) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
