# Geography Grade 12 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Geography question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nw-june-exam-question-paper-afrikaans/8c78b7dd-c972-4fd7-a137-3604abbeb6a5
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nw-june-exam-question-paper-afrikaans/8c78b7dd-c972-4fd7-a137-3604abbeb6a5)

## About this document

Geography · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                 GRAAD 12

                               GEOGRAFIE V1

                                  JUNIE 2025

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geografie/V1                              2                            NW/Junie 2025
                                           Graad 12

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

         AFDELING A
         VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (40)
         VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (40)
         VRAAG 3: NEDERSETTINGSGEOGRAFIE (40)

         AFDELING B
         VRAAG 4: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.       Beantwoord AL VIER vrae.

3.       ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.       Laat ‘n reël oop tussen onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord.

5.       Begin ELKE vraag boaan ‘n NUWE bladsy.

6.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
         gebruik is.

7.       MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.       Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.       Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ‘n lys moet
         maak.

10.      Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word bv. 1 020 hPa,
         14 °C en 45 m.

11.      Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.      Jy mag ‘n vergrootglas gebruik.

13.      Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.      ‘n 1 : 50 000 topografiese kaart van 2829DB LADYSMITH en ‘n 1 : 10 000
         ortofotokaart 2829 DB 6 LADYSMITH word verskaf.

15.      Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,stel die
         gebied wat deur voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.      Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in die berekeninge toegeken word.

17.      Jy moet die topografiese en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamen by
         die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Geografie/V1                                3                               NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 AFDELING A: KLIMAAT EN WEER, GEOMORFOLOGIE EN
             NEDERSETTINGS GEOGRAFIE

 VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

 1.1    Verwys na die skets hieronder. Verskeie opsies word as moontlike
        antwoorde op die volgende vrae oor ‘n sinoptiese weerkaart verskaf.
        Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
        1.1.6 D.

                                                     [Aangepas uit: weathersa.co.za]

        1.1.1    Die middelbreedtesikloon hierbo is in die … stadium.

                 A     aanvang-
                 B     ontwikkeling-
                 C     volwasse
                 D     okklusie

        1.1.2    Die atmosferiese druk by B is …

                 A     992 hPa.
                 B     996 hPa.
                 C     1 000 hPa.
                 D     1 004 hPa.

        1.1.3    Lyne wat B benoem is op die skets, is …

                 A     kontoere.
                 B     isoterme.
                 C     isobare.
                 D     breedtelyne.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Geografie/V1                                4                                NW/Junie 2025
                                          Graad 12

        1.1.4    Die isobaarinterval op die sinoptiese weerkaart in die
                 bostaande skets is ... hPa.

                 A     2
                 B     4
                 C     6
                 D     8

        1.1.5    As isobare weg buig of verleng weg van ‘n laagdruksel word ‘n
                 ... genoem

                 A     rug
                 B     trog
                 C     saal
                 D     vogfront                                                       (5 x 1)   (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Geografie/V1                                  5                                   NW/Junie 2025
                                            Graad 12

 1.2    Verwys na die skets wat die vorming van lyndonderstorms toon. Pas die
        stellings in KOLOM A by die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs
        die vraagnommers (1.2.1 to 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
        1.2.6 Z.

                              Sentrale Plato van Suid-Afrika
          Atlantiese oseaan                                        Indiese Oseaan

                                                         [Bron: Eksaminator se eie skets]

                            KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1   Lugmassa D kan die sentrale plato             Y: bo
                 bereik omdat die inversielaag … die           Z: onder
                 eskarp is.
         1.2.2   Seestroom in die Indiese Oseaan is            Y: Koue Benguela
                 die … seestroom.                              Z: Warm Mosambiek
         1.2.3   Die temperatuur en die voginhoud van          Y: warm vogtige
                 lugmassa C is ...                             Z: koue droë
         1.2.4   Die digtheid van lugmassa C is …              Y: minder dig.
                                                               Z: meer dig.
         1.2.5 Dien lyndonderstorm kom aan die ...             Y: weste
               kant van die vogfront voor.                     Z: ooste
                                                                               (5 x 1)        (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Geografie/V1                                   6                                NW/Junie 2025
                                             Graad 12

 1.3    Verwys na die uittreksel oor tropiese sikloon ‘Filipo’.

        NOORD KWAZULU-NATAL LY ONDER TROPIESE STORM
        FILIPO
        Datum: 14 Maart 2024

        Families wat in die noordelike distrikte van Kwazulu-Natal woon, moes
        hul huise ontruim nadat deurdringende reën geval het en sterk windvlae,
        veroorsaak deur die tropiese sikloon Filipo, Woensdag deur die gebied
        geruk het. Die swaarreën met meegaande sterk winde het in die vroeë
        ure in die verre noorde van die provinsie begin en dit het baie groot skade
        in die laagliggende gebiede veroorsaak.

        Brûe is beskadig, paaie ontoeganklik, huishoudings in die
        Umhlabuyalingana-gebied is oorstroom wat veroorsaak dat familielede
        tydelike skuiling by familie en bure moes vind. Daar was ook
        gerapporteer dat bome op die paaie geval het.

        “Ons spanne is in die gebied en moniteer die situasie baie noukeurig, ons
        waardeer die samewerking van die gemeenskap, die risiko is egter nog
        nie verby nie, laat ons veiligheid eerste stel en reis vermy tydens die tyd”
        het die MEC Gogta gesê.
                                                                [Aangepas uit: iol.co.za]

        1.3.1    In watter seisoen kom tropiese siklone oor die algemeen voor?
                                                                        (1 x 1)               (1)

        1.3.2    Gee bewyse uit die uittreksel om jou antwoord op
                 VRAAG 1.3.1. te ondersteun.                                     (1 x 1)      (1)

        1.3.3    Beweeg tropiese siklone ooswaarts/weswaarts?                    (1 x 1)      (1)

        1.3.4    Gee ‘n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.3.3.                    (1 x 2)      (2)

        1.3.5    Minder tropiese siklone het in hierdie seisoen voorgekom. Staaf
                 hierdie siening.                                        (2 x 2)              (4)

        1.3.6    In ‘n paragraaf van ongeveer SES reëls. Verduidelik die
                 negatiewe fisiese (natuurlike) impak van deurdringende reënval
                 wat met tropiese siklone geassosieer word.              (3 x 2)              (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Geografie/V1                               7                                 NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 1.4    Verwys na die skets hieronder wat Suid-Afrikaanse bergwinde toon.

                     SENTRALE PLATO

                          Groot Eskarp

                                                    [Bron: http://www.studyx.com ]

        1.4.1    Is Bergwinde ‘n voorbeeld van (aanlandige/aflandige) winde?
                                                                      (1 x 1)             (1)

        1.4.2    Identifiseer TWEE toestande op die skets sigbaar waaronder
                 bergwinde ontstaan.                                 (2 x 1)              (2)

        1.4.3    Teken ‘n benoemde dwarsdeursnee om die ontstaan/vorming
                 van bergwinde langs die ooskus van Suid-Afrika, te verduidelik.
                                                                        (4 x 1)           (4)

        1.4.4    In ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak
                 van bergwindtoestande op die fisiese (natuurlike) omgewing.
                                                                        (4 x 2)           (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Geografie/V1                              8                             NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 VRAAG 2 GEOMORFOLOGIE

 2.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
        verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
        2.1.6 D.

                                                           Waterskeiding

                                                         [Bron: www.studocu.com]

        2.1.1    Waterskeiding verwys na …

                 A     ‘n hoogliggende gebied wat twee dreineersisteme skei.
                 B     stollinggesteentes wat baie nate het.
                 C     stollinggesteentes wat wat deur vulkaniese aktiwiteite
                       beïnvloed is.
                 D     gesteente onder die stroom met geen spesifieke struktuur
                       nie.

        2.1.2    Die stroomorde by Z is … orde.

                 A     1ste
                 B     2de
                 C     3de
                 D     4de

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Geografie/V1                                    9                      NW/Junie 2025
                                              Graad 12

      2.1.3      Die dreineerdigtheid van dreineerbekken A (noord van die
                 waterskeiding) is hoog omdat dit deur ‘n rivier beïnvloed word
                 wat deur gebiede van … en … vloei.

                 (i)     minder plantegroei
                 (ii)    hoë porositeit
                 (iii)   hoë reënval
                 (iv)    hoë permeabiliteit

                 A       (ii) en (iv)
                 B       (i) en (iii)
                 C       (i) en (ii)
                 D       (ii) en (iv)

      2.1.4      ‘n Punt waar twee of meer riviere mekaar ontmoet staan bekend
                 as die …

                 A       opvanggebied.
                 B       dreineerbekken.
                 C       riviersamevloeiing.
                 D       oppervlak afloop.

      2.1.5      Die hoogliggende gebied tussen twee riviere wat in dieselfde
                 dreineersisteem is, is ‘n …

                 A       waterskeiding.
                 B       interfluviale rif.
                 C       watertafel.
                 D       bron.                                           (5 x 1)         (5)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Geografie/V1                             10                              NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 2.2 Verwys na die sketse A en B hieronder , wat stroomroof toon. Voltooi die
     stellings in KOLOM A met ‘n opsie in KOLOM B. Skryf slegs X of Y langs
     die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
     2.2.6 Y.

                                                           [Bron: www.studocu.com]

                        KOLOM A                              KOLOM B
       2.2.1 Gebied C is …                         Y: laterale erosie.
                                                   Z: terugwaartse erosie.
       2.2.2 Rivier B is …                         Y: minder energiek.
                                                   Z: meer energiek.
       2.2.3 Rivier B vloei op ‘n …                Y: laer gradiënt
                                                   Z: hoër gradiënt
       2.2.4 Roofelmboog is sigbaar …              Y: voor stroomroof.
                                                   Z: na stroomroof.
       2.2.5 Stroomroof kan lei tot …              Y: rivierverjonging.
                                                   Z: gegradeerde stroom.
                                                                           (5 x 1)         (5)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Geografie/V1                                 11                                 NW/Junie 2025
                                            Graad 12

 2.3    Verwys na die sketse hieronder oor profiele en riviergradering.

                                                       [Aangepas uit: www.studyblue.com]

        2.3.1    Definieer die term lengteprofiel.                              (1 x 2)          (2)

        2.3.2    Identifiseer ‘n tydelike erosiebasis in skets B.               (1 x 1)          (1)

        2.3.3    Hoe ontstaan tydelike erosiebasisse soos in VRAAG 2.3.2?
                                                                  (1 x 2)                        (2)

        2.3.4    Teken ‘n benoemde vryehand deursnee van ‘n ongegradeerde
                 rivierprofiel.

                 Punte sal toeken word vir:

                 (a)    Vorm van die ongegradeerde profiel                      (1 x 1)          (1)

                 (b)    Enige DRIE benoemings                                   (3 x 1)          (3)

        2.3.5    Beskryf die prosesse wat die rivier in skets B en C sal ondergaan
                 om gegradeer te wees.                                       (3 x 2)             (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Geografie/V1                                 12                                    NW/Junie 2025
                                            Graad 12

 2.4    Verwys na die infografika hieronder oor opvanggebiede en rivierbestuur.

                                                     Die Umzimvuburivier is een van
                                                     die belangrikste riviere in Suid-
                                                     Afrika. Dit is in die Oos-Kaap
                                                     provinsie geleë. Die rivier
        Fisiese kenmerke                             ontspring in die noordelike deel
                                                     van die Oos-Kaap, in die gebied
                                                     van Matatiele en Mount Fletcher
                                                     naby die Lesotho-grens. Die
                                                     Umzimvubu vloei met kronkels
                                                     en draai in ‘n algemeen
                                                     suidoostelike rigting. Dit vloei
                                                     deur ‘n indrukwekkende kloof
                                                     bekend as die "Poorte van St
                                                     John" in ‘n monding naby Port St.
                                                     Johannes in die Indiese Oseaan .
                                                     Dit is ongeveer 400 km lank met
                                                     ‘n opvanggebied van 19853 km².

                                               Alhoewel dit een van Suid-Afrika
                                               se belangrikste riviere is, is die
                                               Umzimvubu           en          sy
                                               dreineerbekken           grootliks
        onderontwikkeld. Huidig vorm die rivier deel van die Umzimvubu tot die
        Keiskammawaterbestuursgebied. Die rivier staar talle uitdagings in die
        gesig wat begin by onwettige sandhandelaars wat met die rivieroewers
        beskadig, onwettige rommelstorting, onwettige visvang en ‘n tekort aan
        watertoetsingspunte, daarom gaan die kwaliteit van die water agteruit.

                                        [Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Umzimvuburivier]

        2.4.1    Definieer die term rivierbestuur.                                  (1 x 2)          (2)

        2.4.2    Wat is die uitdagings volgens              die    uittreksel     wat die
                 Umzimvuburivier in die gesig staar?                               (1 x 1)           (1)

        2.4.3    Hoekom is watertoetspunte belangrik?                               (1 x 2)          (2)

        2.4.4    Die Umzimvuburivier is in die benedeloop, verklaar hierdie
                 stelling.                                          (1 x 2)                          (2)

        2.4.5    In ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik strategieë wat
                 geïmplementeer kan word sodat die Umzimvuburivier ‘n
                 volhoubare waterbron kan word.                             (4 x 2)                  (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Geografie/V1                                13                              NW/Junie 2025
                                           Graad 12

  VRAAG 3 LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

 3.1    Verwys na die diagram hieronder wat soorte nedersettings toon. Pas die
        beskrywing hieronder met die letters (A–E) in die skets. Jy kan dieselfde
        letter meer as een keer gebruik.

                                                                            Sleutel

                                              [Bron www.viaafrica.com]

        3.1.1    n Nedersetting wat ‘n lineêre vorm het.

        3.1.2    ‘n Nedersetting wat ver van water af geleë is, omdat dit ‘n
                 bedreiging is.

        3.1.3    n Geïsoleerde plaasopstal.

        3.1.4    ‘n Nedersetting waar boere in ‘n dorpie bly en nie op hul plase nie.

        3.1.5    ‘n Nedersetting waar ‘n rivierkronkel gee beskerming teen inalle.
                                                                            (5 x 1)           (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Geografie/V1                                14                             NW/Junie 2025
                                           Graad 12

 3.2    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
        gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        bv. 3.2.6 D.

        3.2.1    ... is die maksimum afstand wat ‘n kliënt bereid is om te reis om
                  goedere te koop.

                 A     Sentrale plek
                 B     Invloedsfeer
                 C     Reikwydte
                 D     Drempel

        3.2.2    ... goedere wat byna elke dag gebruik word en kom in meeste
                 nedersettings voor.

                 A     Hoë orde
                 B     Drempel
                 C     Lae orde
                 D     Soortgelyk

        3.2.3    ‘n Stedelike dienssentrum wat goedere en dienste aan sy
                 omliggende landelike gebied voorsien, is bekend as ‘n ...

                 A     sentrele plek.
                 B     lae orde sentrum.
                 C     landelike dorpie.
                 D     hoë orde sentrum.

        3.2.4    ... verwys na die aantal kliënte wat ‘n besigheid nodig het om
                 winsgewend te wees.

                 A     Invloedsfeer
                 B     Drempelbevolking
                 C     Stedelike bevolking
                 D     Verskeidenheid bevolking

        3.2.5    Die gebied waarvandaan ‘n besigheid sy kliënte trek is die ...

                 A     verskeidenheid goedere.
                 B     plaaslike dienssentrum.
                 C     invloedsfeer.
                 D     stedelike hiërargie.                                  (5 x 1)         (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Geografie/V1                                 15                               NW/Junie 2025
                                            Graad 12

 3.3    Verwys na die sirkeldiagram hieronder wat redes vir landelik-stedelike
        migrasie toon.

         Belangrike faktore wat lei tot landelik-stedelike migrasie

                                                         Werkloosheid

         [Aangepas uit: www.google.com/search?q=reasons+for+migration&safe Gram Vaani]

        3.3.1    Definieer die term landelik-stedelike migrasie.                (1 x 2)         (2)

        3.3.2    Verskaf EEN fisiese stootfaktor uit die sirkeldiagram wat landelik-
                 stedelike migrasie veroorsaak het.                          (1 x 1)            (1)

        3.3.3    Volgens die diagram, word 32% van die landelik-stedelike
                 migrasie deur ander redes as die in die diagram voorspel,
                 Verduidelik TWEE ander faktore in die landelike gebiede wat kan
                 lei tot landelik-stedelike migrasie.                     (2 x 2)               (4)

        3.3.4    Skryf ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy verduidelik
                 watter volhoubare maatreëls die regering kan instel om landelike
                 ontvolking as gevolg van swak sosiale toestande in die landelike
                 gebiede te voorkom.                                       (4 x 2)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Geografie/V1                                 16                                 NW/Junie 2025
                                            Graad 12

 3.4    Verwys na die hiërargie van stedelike nedersettings in die skets.

           SLEUTEL

         Beboude gebied
                                                                              Stad

                                                  Stad

        Oop gebied

                                                         [Bron: Eksaminator se eie skets]

        3.4.1    Definieer die begrip stedelike hiërargie.                       (1 x 2)         (2)

        3.4.2    Wat sal die uitbreiding van die dorp in ‘n noordelike rigting                          (1 x 1
                 verhinder?                                                    (1 x 1)           (1)

        3.4.3    Sal meer gespesialiseerde goedere in stad A of eerder in stad B
                 gevind word?                                             (1 x 1)                (1)

        3.4.4    Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.4.3.                        (1 x 2)         (2)

        3.4.5    Verwys na die inkopiesentrum.

                 (a)    Is die nuwe inkopiesentrum ‘n streeks- of buurt-
                        inkopiesentrum?                                          (1 x 1)         (1)

                 (b)    Lewer kommentaar of die ligging van die inkopiesentrum in
                        VRAAG 3.4.5(a) geskik is.                          (2 x 2)               (4)

                 (c)    Verduidelik die impak van hierdie inkopiesentrum
                        (antwoord op VRAAG 3.4.5 (a)) op die drempelbevolking
                        van stad A.                                    (2 x 2)                   (4)
                                                                                                 [40]

                                                             TOTAAL AFDELING A:                  120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Geografie/V1                             17                                    NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 AFDELING B

 VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                     ALGEMENE INLIGTING OOR LADYSMITH

 Koördinate: 28º 33’ 35’’ S; 29º 46’ 50’’ O

 Ladysmith (uMnambithi) is ‘n dorp in die Uthukela-distrik van KwaZulu-Natal.
 Dit is 230 kilometer noordwes van Durban en 365 kilometer suidoos van
 Johannesburg. Belangrike nywerhede in die gebied sluit in voedselverwerking
 tekstiel en motorband-produksie.

                                         [Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Ladysmith]

 Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die
 topografiese kaart getoon:

 ENGELS                                            AFRIKAANS
 Diggings                                          Uitgrawings
 River                                             Rivier
 Sewerage works                                    Rioolwerke
 Estate                                            Landgoed
 Salt pan                                          Soutpan
 Nature reserve                                    Natuurreservaat

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Geografie/V1                                18                             NW/Junie 2025
                                           Graad 12

 4.1    KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

        4.1.1    2829DB LADYSMITH topografiese kaartindeks word in ... gevind.

                 A     gearseerde blok A
                 B     gearseerde blok B
                 C     gearseerde blok C
                 D     gearseerde blok D                                    (1 x 1)      (1)

        4.1.2    29 ° op die skets hierbo, verteenwoordig die … lyne.

                 A     breedte
                 B     lengte
                 C     kontoer
                 D     isoterm                                              (1 x 1)      (1)

        4.1.3    Verwys na die topografiese kaart en kies woord(e) van die
                 tussen hakies.

                 Poundspruit in blok C5 vloei in ‘n (suidwestelike/suidoostelike)
                 rigting en dit het ‘n (hoë/lae) dreineerdigtheid.        (2 x 1)        (2)

        4.1.4    Bereken die gemddelde gradiënt vanaf punthoogte 1001 in blok
                 B2 tot by punthoogte 999 in blok B3 op die topografiese kaart.

                 Toon die volgende stappe:

                 a)    Vertikale Afstand/Verskil                                (1)

                 b)    Horisontale Ekwivalent                                   (2)

                 c)    Gemiddelde gradiënt                                      (2)      (5)

        4.1.5    Wat beteken jou antwoord op VRAAG 4.1.4(c)?                (1 x 1)      (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Geografie/V1                                 19                           NW/Junie 2025
                                            Graad 12

 4.2    KAARTINTERPRETASIE

        Verwys na witstad in blok C5 en die bewerkte landerye in blok D4 op die
        topografiese kaart.

        4.2.1    Benoem die wind wat in witstad in blok C5 in die nag teen die
                 valleie af waai.                                       (1 x 1)         (1)

        4.2.2    Verduidelik hoe die wind geïdentifiseer in VRAAG 3.2.1, die
                 gewasse op die valleivloer by G in blok D4, negatief kan
                 beïnvloed.                                           (1 x 2)           (2)

        4.2.3    Verskaf volhoubare maatreëls wat in plek gesit kan word, om die
                 boere te help om gewasse te verbou.                      (2 x 2)       (4)

        Verwys na Hyde Park in blok A3.

        4.2.4    Definieer die begrip stedelike hitte-eiland.              (1 x 1)      (1)

        4.2.5    Bespreek volhoubare maatreëls wat geïmplementeer is in Hyde
                 Park om temperature te laat daal.                     (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Geografie/V1                                20                                NW/Junie 2025
                                           Graad 12

 4.3    GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

        Verwys na die beelde van Laysmith Sekondêre skool en beantwoord die
        vrae wat volg.

                       BEELD A                         BEELD B

                                                       [Bron: googlemaps.com]

        4.3.1    Word beelde A en B as (pixels/simbole) gestoor?            (1 x 1)      (1)

        4.3.2    Watter beeld, A of B, het ‘n hoër resolusie?               (1 x 1)      (1)

        4.3.3    Gee ‘n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.3.2.               (1 x 2)      (2)

        4.3.4    Definieer die begrip datalaag.                             (1 x 2)      (2)

        4.3.5    Hoe sal die dreineerlaag gewasverbouing in gebied G in blok D4
                 op die topografiese kaart bevorder?                     (1 x 2)         (2)

                                                         TOTAAL AFDELING B:              30
                                                             GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Geography · Memo · 2025 · Afr
- [GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2022-afrikaans/36b731da-d306-4290-8182-9cb2db76db85) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
