# History Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/51aca09a-c091-42c9-85e2-9ca3db69eedd
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/51aca09a-c091-42c9-85e2-9ca3db69eedd)

## About this document

History · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                   GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                                   JUNIE 2024

                                  ADDENDUM

                     Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V1                              2                                   NW/Junie 2024
                                    Graad 12 – Addendum

VRAAG 1:         WATTER ROL HET BUITELANDSE MOONDHEDE IN DIE SLAG VAN
                 CUITO CUANAVALE GESPEEL?

BRON 1A

Die bron hieronder fokus op die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid by die Koue oorlog
in Angola.

 John Vorster (Suid-Afrika se Eerste Minister) het die blaam vir Suid-Afrika se ingryping
 in Angola vierkantig op die skouers van die Russe en Kubane geplaas: 'Ons
 betrokkenheid was die gevolg van Russiese en Kubaanse inmenging. As hulle Angola
 nie binnegeval het nie, as hulle nie aan hierdie affêre deelgeneem het nie, as hulle nie
 probeer het om die hele Angola omver te werp (ondermyn) en om sy mense te
 onderdruk (in te perk) nie, sou Suid-Afrika Angola glad nie binnegeval het nie … Ons
 het ingegaan om Kuba en die MPLA van die damme (Ruacana en Calueque) te
 verdryf.'

 Daar is geen twyfel dat die bystand wat die Russe en die Kubane in die vorm van
 wapens en opleiding aan die MPLA gegee het, tot 'n sekere mate bygedra het om
 Suid-Afrika se ingryping te motiveer nie, maar dit is onwaarskynlik dat dit so 'n
 deurslaggewende rede was as wat Vorster geïmpliseer het. Dit was SWAPO, nie die
 Kubane en die MPLA nie, wat die twee damme tussen Ruacana en Calueque bedreig
 het. Die hoofredes vir Suid-Afrika se ingryping in Angola was nie die teenwoordigheid
 van Russe en Kubane nie, maar die begeerte om te voorkom dat 'n MPLA-regering
 beheer oorvat en om die verspreiding van kommunisme te voorkom.

 Daar is ook bewyse dat President Kenneth Kaunda van Zambië en President Mobutu
 Sese Seko van Zaïre, wat nie een die MPLA goedgesind was nie, Suid-Afrika se
 ondersteuning van die FNLA en UNITA verwelkom het.

 … Suid-Afrika se optrede het hom progressief (meer en meer) dieper in die Angolese
 oorlog ingetrek … Generaal Hendrik van den Bergh is Frankryk toe gestuur om
 wapens ter waarde van R20 miljoen vir die FNLA en UNITA te koop … Suid-
 Afrikaanse instrukteurs het begin om FNLA- en UNITA-soldate in die suide van Angola
 op te lei.

                              [Uit South Africa in the 20th Century deur BJ Liebenberg en SB Spies]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V1                                 3                                NW/Junie 2024
                                        Graad 12 – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder is uittrekser wat fokus op die betrokkenheid van Angola, Kuba, Suid-
Afrika en Rusland by die Slag van Cuito Cuanavale.

 Angolese en Kubaanse brigades (soldate-eenhede) het in Augustus 1987, onder 'n
 Russiese bevelvoerder, 'n grootskaalse aanval op UNITA begin. Die Suid-Afrikaanse
 troepe wat tot hulle redding gekom het, het vir die eerste keer sedert die Tweede
 Wêreldoorlog tenks gebruik. Die geveg wat in Cuito Cuanavale gewoed het, is al die
 grootste slag nog in Afrika suid van die Sahara genoem. Die Suid-Afrikaners, gesteun
 deur UNITA, het die Angolese opmars by die Lombarivier gestuit en hulle na Cuito
 Cuanavale teruggedryf, waar die Angolese soldate vasgeskop en halsstarrig
 (hardkoppig) weerstand gebied het. Hulle het ook toenemend ondersteuning by hulle
 lugmag gekry, terwyl die Suid-Afrikaanse lugmag lugbeheer begin verloor het. Die
 Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) het gedink dat Cuito Cuanavale
 ingeneem kon word, maar dat dit die lewens van ongeveer 300 wit soldate en 'n groot
 aantal swart soldate van die Suidwes-Afrikaanse Landweermag en UNITA sou kos. So
 'n prys is as te hoog beskou en daar is besluit om Cuito Cuanavale in Angolese besit
 te laat …

 … Cuito Cuanavale was 'n keerpunt in die geskiedenis van Suider-Afrika. Die
 dooiepunt daar het tot herbesinning deur al die partye gelei. Dit was vir almal duidelik
 dat daar geen oorwinning in sig was nie en om met die oorlog voort te gaan, tot
 oortdurende groter verliese sou lei. Suid-Afrika het dit al hoe moeiliker gevind om die
 enorme (groot) koste van die oorlog in Angola te regverdig, wat meer as R1 miljoen
 per dag beloop het. Boonop het die groeiende lys jong mans wat in Angola gesterf het
 en die toenemende militarisering van Suid-Afrika, teenkanting ontlok. Angola het
 terselfdertyd gesmag na vrede sodat die ekonomie, infrastruktuur en
 menseverhoudinge wat deur die oorlog beskadig is, herstel kon word.

            [Uit http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content& view=article&id=51193].
                                                              Toegang verkry op 21 Februarie 2024]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V1                              4                                   NW/Junie 2024
                                    Graad 12 – Addendum

BRON 1C

Die foto hieronder toon ‘n konvooi militêre voertuie van die Suid-Afrikaanse Weermag wat
in 1988 Angola verlaat en Namibië binnegaan.

                          [Uit https://www.historytoday.com/gary-baines/replaying-cuito-cuanavale.
                                                                  Accessed on 21 February 2024]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V1                                   5                                   NW/Junie 2024
                                         Graad 12 – Addendum

BRON 1D

Die bron hieronder is uittreksel uit ‘n toespraak geneem wat op 23 Maart 1988 deur
Rodolfo Benítez Version, die Kubaanse ambassadeur in Suid-Afrika, gelewer is. Hy
verduidelik in breë trekke hoe Kuba die Slag van Cuito Cuanavale gewen het.

 Die Suid-Afrikaners en die skynmarionet -gewapende groep, National Union for the
 Total Independence of Angola (UNITA), ondersteun deur die Verenigde State van
 Amerika, het op 23 Maart 1988 hulle laaste groot aanval op Cuito Cuanavale gedoen.

 Hulle is egter beslissend deur die kommunistiese magte van Angola, Kuba en die
 Suidwes-Afrikaanse Volksorganisasie (SWAPO), met die ondersteuning van lede van
 die African National Congress (ANC) van Suid-Afrika, gekeer.

 Fidel Castro het die belangrikheid van die slag beklemtoon en verklaar: 'In Cuito
 Cuanavale het die Kubaanse Rewolusie alles gespeel, sy eie bestaan gespeel, 'n
 grootskaalse oorlog teen een van die sterkste magte in die Derde Wêreld gewaag,
 teen een van die rykste magte met 'n belangrike industriële en tegnologiese
 ontwikkeling, tot die tande gewapen, op daardie afstand vanaf ons klein landjie en met
 ons bronne, met ons wapens.'

 Die apartheidsregime het probeer om sy nederlaag in Cuito Cuanavale as 'n taktiese
 terugtrekking uit te beeld. Sommige twyfelagtige skrywers het ook regdeur al hierdie
 jare probeer om die geskiedenis te herskryf, om die belangrikheid van die geveg by
 Cuito Cuanavale te verklein en selfs te ignoreer. Maar die rewolusionêres in Afrika het
 nooit enige twyfel oor wie die slag gewen het en die belangrikheid daarvan gehad nie.

 Nelson Mandela het die volgende oor Kuba se deelname in Angola gesê: 'Julle
 teenwoordigheid en die versterkings wat na die Slag van Cuito Cuanavale gestuur is,
 is waarlik geskiedkundig belangrik. Die verpletterende nederlaag van die rassistiese
 weermag in Cuito Cuanavale was 'n oorwinning vir die hele Afrika!'

                 [Uit https://www.iol.co.za/capetimes/opinion/cuito-cuanavale-the-turning-point-14003886
                                                                    Toegang verkry op 20 Februarie 2024]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V1                               6                                 NW/Junie 2024
                                     Graad 12 – Addendum

VRAAG 2:         HOE HET DIE PROTESVELDTOGTE IN BIRMINGHAM IN 1963 DIE
                 ONGEREGTIGHEID EN DISKRIMINASIE TEEN SWART-AMERIKANERS
                 IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA BEKLEMTOON (UITGELIG)?

BRON 2A

Die bron hieronder skets die Birmingham-veldtog in die Verenigde State van Amerika in
1963.

Wette wat uit die Jim Crow-era oorgedra is, het swartmense verbied om as
polisiebeamptes of brandbestryders te dien, stadsbusse te bestuur, as kassiere in
afdelingswinkels of as teller in banke te werk. Segregasie in die vorm van ‘Slegs
Kleurlinge’ tekens by openbare waterfonteine en toilette is streng toegepas, en
middagetetoonbanke in die middestad was buite perke vir swartmense. As gevolg van
stembusbelasting en gemanipuleerde geletterdheidstoetse, was minder as 10% van
Birmingham se swart bevolking geregistreer om te stem.

Alhoewel die stad se apartheidagtige Blanke-geheel stadsregering wat lankal ‘n dowe oor
gedraai het vir die blote melding van rasse-integrasie, het Birmingham se swart
gemeenskap begin organiseer. Eerwaarde Fred Shuttlesworth het die Alabama Christian
Movement for Human Rights (Alabama Christen Beweging vir Menseregte) (ACMHR) in
1956 gestig nadat Alabama-goewerneur George Wallace alle aktiwiteite van die NAACP
in die staat verbied het.

Shuttlesworth het Martin Luther King Jr. en sy SCLC genooi om by hom aan te sluit in die
Birmingham-veldtog. ‘As jy na Birmingham kom, sal jy nie net aansien verwerf nie, maar
die land werklik skud,’ het hy in ‘n brief aan King geskryf, ‘As jy in Birmingham wen, soos
Birmingham gaan, gaan die nasie ook.’
                        [Uit https://www.thoughtco.com/birmingham-campaign-history-legacy-5082061.
                                                               Toegang op 20 Februarie 2024 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V1                               7                                  NW/Junie 2024
                                     Graad 12 – Addendum

BRON 2B

Die bron hieronder fokus op die strategieë wat deur betogers aangeneem is, die reaksie
deur staatsowerhede en die impak van mediadekking van die Birmingham-veldtog in
1963.

Die Birmingham-veldtog het stilweg begin met ‘sit-ins’ op 3 April 1963 by verskeie
middestad ‘slegs blankes’ middagete toonbanke. Die veldtog het uit die staanspoor ‘n
apatiese (onbelangstellende) swart gemeenskap, ‘n openlike vyandige swart leierskap, en
Bull Connor se ‘geweldadige weerstand’ in die vorm van polisie-inhegtenisnemings van
die oortreders van die stad se segregasie-ordonansies gekonfronteer. Met geen
opspraakwekkende nuus nie, het die nasionale media niks gevind om te berig nie, en die
veldtog het misluk (afgeneem). Maar toe Connor polisiehonde beveel het om ‘n skare
swart omstanders uiteen te jaag, het joernaliste die aanval van ‘n Duitse Herder
(honderas) op ‘n nie-geweldadige betoger aangeteken, en sodoende die brutaliteit onthul
wat segregasie ondermyn het.

In ‘n desperate poging om mediadekking te genereer en die veldtog lewendig te hou ... is
die Kinderveldtog op 2 Mei 1963 van stapel gestuur, waarin swart jeugdiges van
omgewingskole as betogers gedien het. Bull Connor het probeer om die gebruik van
geweld te vermy, en het honderde skoolkinders gearresteer en hulle met skoolbusse
tronk te geneem. Toe die tronke vol is, het hy brandslange en honde uitgeroep om groot
betogings te stuit. ... Afro-Amerikaanse toeskouers het met verontwaardiging gereageer
en die polisie met bakstene en bottels bestook (gegooi) terwyl brandweermanne die
brandslange oopgedraai het.

Ten spyte van die polisie-aanvalle het die kinders hul taktiek van nie-gewelddadige
demonstrasie voortgesit. Televisiebeeldmateriaal en foto’s van die mishandeling van
kinders het vinnig versprei, wat ‘n uitroep oor die hele land ontlok het. Stadsleiers het die
druk van die openbare mening gevoel en het op 10 Mei ingestem om te onderhandel.
Birmingham het egter ver van desegregering of vreedsaamheid gebly.

                                [Uit http://www.encyclopaediaofalabama.org/face/Article.jsp?id=h-1358
                                                                Toegang op 20 Februarie 2024 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V1                                8                                NW/Junie 2024
                                      Graad 12 – Addendum

BRON 2C

Die foto hieronder toon die reaksie van die polisie in Birmingham – Alabama polisie jaag
die optogte swart-Amerikaners in Mei 1963 uiteen.

            [uit http://www.aarp.org/politics/society/history/info-2018/civil-rights-events-fd.html.
                                                         Toegang op 21 Februarie 2024 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V1                                   9                                   NW/Junie 2024
                                         Graad 12 – Addendum

BRON 2D

Die bron hieronder verduidelik President Kennedy se reaksie op die Birmingham-protes
nadat dit internasionale dekking deur die media ontvang het.

Kennedy was in konflik (onseker) oor die vraag of hy federale troepe moes ontplooi en
was verleë nadat die geweld in Birmingham as internasionale nuus gedek is.
Voorbladfoto’s in die land se koerante het Kennedy oortuig om Burke Marshall, Assistant-
prokureur -generaal vir Burgerregte, na Birmingham te stuur om onderhandelinge te
verseker wat die geweldadige betoging sou beëindig. Vorige federale beleid rakende
burgerregtekwessies het handhawing aan plaaslike wet en orde amptenare oorgelaat
sonder direkte ingryping deur die nasionale regering.

Kennedy het oor TV en radio aangekondig dat die ‘regering alles sal doen wat gedoen
moet word om orde te bewaar, om die lewens van sy burgers te beskerm en om die wet
van die land te handhaaf.’ Hy het die troepe op nabygeleë militêre basisse op hoë
gereedheid geplaas en voorgestel dat die Alabama Nasionale Wag dalk gefederaliseer
(verenig) sou word. Die nasionale media-aandag het gehelp om die ywer (intensiteit) van
die Alabama Christian Movement for Human Rights (Alabama Christelike Beweging vir
Menseregte) (ACMHR) – Southern Christian Leadership Conference (Suider Christelike
Leierskap Konferensie) (SCLC) te versprei. Birmingham-veldtog was ver buite die stad se
grense, en nasionale betogings, internasionale druk en middestad-onluste het gevolg in
die nasleep van die ooreenkoms. Hierdie optrede het ‘n onwillige Kennedy-administrasie
oortuig om ingrypende hervormings voor te stel wat die Kongres uiteindelik as die Wet op
Burgerregte van 1964 aanvaar het.

Met hierdie wetgewing het die burgerregtebeweging sy doel bereik om toegang tot
openbare akkomodasie en gelyke werksgeleenthede te verkry, en sodoende wit
oppergesag en diskriminasie vir Afro-Amerikaners en ander minderhede beëindig.
                 [Uit http://www.pbs.org/black-culture/explore/civil-rights-movement-birmingham-campaign
                                                                       Toegang op 21 Februarie 2024 verkry]
.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Geskiedenis/V1                               10                             NW/Junie 2024
                                     Graad 12 – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Doctador, E. The Truth and Reconciliation Commission in South Africa. The Fundamental
Documents

http//www.encyclopaediaofalabama.org/face/Article.jsp?id=h-1358.

http://www.aarp.org/politics/society/history/info-2018/civil-rights-events-fd.html.

http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=51193.

http://www.pbs.org/black-culture/explore/civil-rights-movement-birmingham-campaign/.

https://www.historytoday.com/gary-baines/replaying-cuito-cuanavale.

https://www.iol.co.za/capetimes/opinion/cuito-cuanavale-the-turning-point-14003886.

https://www.thoughtco.com/birmingham-campaign-history-legacy-5082061

South Africa in the 20th Century by BJ Liebenberg and SB Spies

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
