# History Grade 12 P1 North West June 2024 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/bc08192b-5af9-4ce3-9331-9ed454aef756
- Updated: 2026-10-29
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 North West June 2024 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/bc08192b-5af9-4ce3-9331-9ed454aef756)

## About this document

History · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                  GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V1

                               JUNIE 2024

                               NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 150

  Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye wat ‘n 2-bladsy kognitiewe rooster
                                      insluit.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V1                                 2                         NW/Junie 2024
                                    Graad 12 – Nasienriglyne

1.      BRONGEBASEERDE VRAE

1.1     Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
        ontwikkel:
     Kognitiewe                                                        Gewigstoekenning
                                Historiese Vaardighede
       Vlakke                                                              van vrae
                     •   Onttrek inligting uit bronne
      VLAK 1         •   Selektering en organisasie van relevante              30%
                         inligting uit bronne                                  (15)
                     •   Defineer historiese begrippe/terme
                     •   Interpretasie van bewyse uit bronne
      VLAK 2                                                                   40%
                     •   Verduidelik inligting uit bronne verkry
                                                                               (20)
                     •   Analiseer bewyse uit bronne
                     •   Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                     •   Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                         betroubaarheid, eensydigheid, en beperkings
      VLAK 3                                                                   30%
                         vas te stel
                                                                               (15)
                     •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                         perspektiewe in die bronne en kom tot
                         onafhanklike gevolgtrekkings
1.2     Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
         By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
            ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
         Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
            vereistes van die vraag voldoen is.
         In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
            aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
            skrif aangedui.
1.3     Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
         Gebruik 'n regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord.
         Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
           en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede
           en twee punte toegeken word. (✓✓)
         Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke. (✓✓✓✓) aangedui
        Paragraafvraag
        Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
        die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
        toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
        paragraafvraag geassesseer word:
         Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
            die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
         Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
            relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te skryf, te evalueer.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V1                                3                           NW/Junie 2024
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

          Maak regmerkies (✓), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is, aan
           die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die holistiese
           rubriek aangedui en gee kommentaar,bv.
           ______________ . _____________________ . ________________________
           _____________________ . __________________________ . ____________
                                                                           ✓✓✓✓ Vlak 2

       Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.

          Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
           onder in die regterkantse kantlyn, bv.
                                                   32
                                                   50

          Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoorde-
           boek oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
        In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
           stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
           bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
           'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
           beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
           gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
        Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
          ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
       die onderwyser die totale opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
       afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n
       oorspronkilike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om ‘n
       argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs
       inhoud 'feite' neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie
       benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer
       sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien
       van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders
       as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
       ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
       val:
        Die leerder se interpretasie van die vraag.
        Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie)
        Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer, en ‘n
            onafhanklike argument)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V1                                   4                          NW/Junie 2024
                                      Graad 12 – Nasienriglyne

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel

       2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.

       2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
             vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
             nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument
             ondersteun (aangedui met ‘n kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne) en
             relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt (‘bullet’) in die
             nasienriglyne)
             Bv. 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.

       2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ‘n opstel.

                  P    Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ‘n argument/’n duidelike
                       hoofpunt.
                       Elke paragraaf moet ‘n punt bevat wat die hoofpunt (argument)
                       wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
                  E    Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                       waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
                       met die vraag wat gevra is.
                  E    Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
                       inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante
                       voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou.
                  L    Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
                       deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf
                       is.

       2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ‘n opstel:

                 • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer
                   nie
                                                   ^
                 • Verkeerde stelling               _________________

                 • Irrelevante stelling             |
                                                    |
                                                    |

                 • Herhaling                        R

                 • Analise                          A✓

                 • Interpretasie                    I✓

                 • Argument                         LOA

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V1                                  5                          NW/Junie 2024
                                     Graad 12 – Nasienriglyne

2.5    Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
       voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

       (a)       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die
                 hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.

                                                                I    VLAK 4

       (b)       Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van die
                 aanbieding bepaal.
                                                             I       VLAK 4
                                                             A       VLAK 3

       (c)       Ken ‘n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                                I    VLAK 4
                                                                A    VLAK 3      }26–27
       KOMMENTAAR
       Sommige weglatings in inhoudsdekking.
       Poog om ‘n argument te handhaaf.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V1                                                     6                                              NW/Junie 2024
                                                        Graad 12 – Nasienriglyne

NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
                         VLAK 7              VLAK 6              VLAK 5            VLAK 4              VLAK 3            VLAK 2              VLAK 1*
AANBIEDING            Baie goed           Baie goed           Goed beplande     Argument beplan     Toon soms         Poging              Weinig of geen
                      beplande en         beplande en         en                en gestruktureer.   bewys van 'n      aangewend om        poging om die
                      gestruktureerde     gestruktureerde     gestruktureerde   Bewyse tot 'n       gestruktureerde   antwoord te         opstel te
                      opstel. Goeie       opstel. 'n          opstel.           sekere mate         en beplande       struktureer.        struktureer nie.
                      sintese van         Relevante           Poog om 'n        gebruik om          argument. Poog    Grootliks
                      inligting. Het 'n   argument is         duidelike         argument te         om 'n argument    beskrywend of
                      goed                gevolg. Bewyse      argument te       ondersteun.         vol te hou.       poog om
                      gebalanseerde,      gebruik om die      ontwikkel.        Slotsom bereik      Gevolgtrekking    argument te
INHOUD                oorspronklike       argument te         Gevolgtrekking    op grond van        nie duidelik      ontwikkel. Geen
                      argument            verdedig. Poog      gemaak uit        bewyse.             ondersteun deur   poging om 'n
                      ontwikkel met       om 'n               bewyse om die                         bewyse nie.       gevolgtrekking te
                      bewyse.             onafhanklike        argument te                                             maak nie.
                      Argument            gevolgtrekking      ondersteun.
                      deurgaans           uit die bewyse te
                      volgehou en         maak om die
                      verdedig.           argument te
                      Onafhanklike        ondersteun.
                      gevolgtrekking
                      gemaak uit
                      bewyse om die
                      argument te
                      ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten         47–50               43–46
volle relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie           43–46               40–42               38–39
relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord.              38–39               36–37               34–35             30–33               28–29
Inhoud toereikend
en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Sommige                                                          30–33             28–29               26–27
weglatings of
irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit nie.                                                                26–27               24–25             20–23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag onbereikend
beantwoord.                                                                                            20–23             18–19               14–17
Inhoud skraal.

VLAK 1*
Vraag
ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                       14–17                0–13
nie. Ontoereikend
of irrelevante
inhoud.
 Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
    • Vraag glad nie beantwoord nie/ totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =
0
    • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1-
6
    • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7-13

Kopiereg voorbehou                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V1                               7                           NW/Junie 2024
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

AFDELING A:          BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:         WATTER ROL HET BUITELANDSE MOONTHEDE IN DIE SLAG VAN
                 CUITO CUANAVALE GESPEEL?

1.1
1.1.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 1A – V1]
              Rusland
              Kuba                                                                 (2 x 1) (2)

1.1.2 (Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
             Vorster wou:
              keer dat die MPLA Angola regeer
              die verspreiding van kommunisme deur Rusland en Kuba in
                 Suider-Afrika te voorkom
              UNITA in sy stryd teen die MPLA te ondersteun
             • Enige ander relevante antwoord                     (enige 1 x 2) (2)

1.1.3 [Uithaal van bewyse uit Bron 1A – V2]
              Die effek van Russiese en Kubaanse ingryping
              Om Kuba en die MPLA van die damme weg te jaag                     (2 x 1) (2)

1.1.4 [Definisie van ‘n historiese begrip uit Bron 1A – V1]
              Dit is ‘n ideologie wat ‘n klaslose samelewing voorstaan
              Enige ander relevante antwoord                          (enige 1 x 2) (2)

1.1.5 [Uithaal van bewyse uit Bron 1A – V1]
              President Kenneth Kaunda van Zambië
              President Mobutu Sese Seko van Zaïre                              (2 x 1) (2)

1.1.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
               UNITA het kapitalisme ondersteun
               UNITA het teen kommunistiese MPLA geveg
               Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2) (2)

1.2
1.2.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 1B – V1]
                Angolese
                Kubane                                                        (2 x 1) (2)
 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
                Dit was die eerste oorlog in Suider-Afrika wat baie buitelandse lande
                   betrek het
                Die aantal troepe wat Kubaanse troepe na Angola gestuur het (50 000)
                   en toerusting het aangedui dat dit ‘n groot geveg was
                Dit was die eerste oorlog in Suider-Afrika waar moderne militêre
               toerusting
                   gebruik is
               • Die lugmag is ook tydens die oorlog deur beide Suid-Afrika en Kuba
                   gebruik
               Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V1                               8                          NW/Junie 2024
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

1.2.3 [Uithaal van bewyse uit Bron 1B – V1]
              Dit sou die lewens van ongeveer 300 soldate sowel as ‘n groot aantal
                 swart soldate kos
              Só ‘n prys is as te hoog beskou                       (enige 2 x 1) (2)

1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
               Ekonomiese, politieke en sosiale heropbou van die land sal plaasvind
               Angolese sou ‘n regering van hul eie hê
               Buitelandse inmenging in Angola se binnelandse sake sou tot ‘n einde
                 kom
              • Enige ander relevante antwoord                         (enige 1 x 2) (2)

1.3
1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
            Die boodskap is dat Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen het
               Soldate wat terugkeer van die oorlog in Angola word verwelkom as
                 ‘WENNERS’
               Dit wys hoe Suid-Afrikaanse militêre voertuie uit Angola onttrek en
                 Namibië binnekom
               Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2) (2)

1.3.2 [Bepaal die beperkings uit Bron 1C – V3]
             Dit gee ‘n eensydige perspektief/standpunt
             Dit verskaf slegs die Suid-Afrikaanse siening van die oorlog in;
                Angola en kan dus bevooroordeeld wees
             Dit brei nie uit oor hoe die SAW ‘WENNERS’ was nie
             Dit kon as propaganda gebruik gewees het om die SAW as
                ‘WENNERS’ uit te beeld
            • Die foto kon opgevoer gewees het (gemanipuleer om te wys dat die
                SAW
                die Slag van Cuito Cuanavale gewen het)
            • Enige ander relevante Antwoord                           (enige 2 x 2) (4)

1.4
1.4.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 1D – V1]
              SWAPO
              ANC                                                                 (2 x 1) (2)

1.4.2 [Verduideliking van ‘n historiese begrip uit Bron 1D – V2]
             ‘n Geweldadige omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering/
                 troepe deur die Kubane tydens die Slag van Cuito Cuanavale
            • Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2) (2)

1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
              Dit wys dat die leiers van Afrika-lande die vermoë gehad het om
                 op te staan teen buitelandse oorheersing
              Oorwinning by die Slag van Cuito Cuanavale het gedien om die
                 onafhanklikheid van Namibië (1990) en Suid-Afrika (1994) te bespoedig
              Dit het die mite van die onoorwinlikheid van die Suider-Afrika vernietig
                 en gedemonstreer dat Afrika die potensiaal het om op sy eie te staan
              Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2) (2
Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V1                                 9                            NW/Junie 2024
                                    Graad 12 – Nasienriglyne

1.5    [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1C en 1D – V3]
        Bron 1C toon dat Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen
           het terwyl Bron 1D meld dat Suid-Afrika die oorlog verloor het
        Bron 1C wys die Suid-Afrikaanse militêre voertuie wat Namibië binnekom
           nadat hulle uit Angola onttrek het, terwyl Bron 1D noem dat Suid-Afrika sy
           nederlaag as ‘n taktiese terugtog (onttrekking) beskou het
        Bron 1C wys ‘n banier wat Suid-Afrikaanse militêre magte as ‘WENNERS’
           verwelkom, terwyl Nelson Mandela in Bron 1D aangehaal word wat gesê
           het dat die Slag van Cuito Cuanavale ‘n verpletterende nederlaag van die
           rassistiese Suid-Afrikaanse weermag was
       • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)

1.6    [Interpretasie, ontleding en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
       Kandidate kan die volgende aspekte by hul antwoord insluit:
        Suid-Afrika het by Angola betrokke geraak weens Kubaanse en Russiese
           ingryping (Bron 1A)
        Kuba en Rusland het betrokke geraak om die MPLA te ondersteun terwyl Suid-
           Afrika UNITA ondersteun het (eie kennis)
        Suid-Afrika het betrokke geraak om te verhoed dat Kuba en die MPLA die
           Ruacan- en Calueque-damme beset (Bron 1A)
        Angolese en Kubaanse brigades het ‘n groot aanval op UNITA geloods, Suid-
           Afrika het gehaas om UNITA by te staan (Bron 1B)
        Die VSA het UNITA ondersteun deur groot militêre hulp te verskaf om die
           onafhanklikheid van Angola te verdedig (Bron 1D)
        Die Kubane het bygedra tot die nederlaag van die Suid-Afrikaanse weermag by
           die Slag van Cuito Cuanavale (Bron 1D)
        Nelson Mandela het die belangrikheid van Kuba se deelname aan die Slag van
           Cuito Cuanavale gestel (Bron 1D)
        Enige ander relevante antwoord
       Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
        VLAK 1        Gebruik bewyse op ‘n elementêre wyse bv. toon geen           PUNTE
                       of min begrip van die rol wat buitelandse                     0-2
                       moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale
                       gespeel het.
                      Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ‘n onderwerp te
                       skryf, of kan nie oor die onderwerp skryf nie.
        VLAK 2        Bewyse is meestal relevant en hou in ‘n groot mate           PUNTE
                       verband met die onderwerp bv. toon ‘n mate van                3-5
                       begrip van die rol wat buitelandse moondhede in
                       die Slag van Cuito Cuanavale gespeel het.
                      Gebruik bewyse op ‘n baie eenvoudige wyse om ‘n
                       paragraaf te skryf.
        VLAK 3        Gebruik relevante bewyse bv. Demonstreer ‘n                  PUNTE
                       deeglike begrip van die rol wat buitelandse                   6-8
                       moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale
                       gespeel het.
                      Gebruik bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde
                       paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
                                                                                              (8)
                                                                                             [50]
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Geskiedenis/V1                                  10                        NW/Junie 2024
                                     Graad 12 – Nasienriglyne

VRAAG 2:         HOE HET DIE PROTESVELDTOGTE IN BIRMINGHAM IN 1963 DIE
                 ONGEREGTIGHEID EN DISKRIMINASIE TEEN SWART-AMERIKANERS
                 IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA BEKLEMTOON (UITGELIG)?

2.1
2.1.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 2A – V1]
              om as polisiebeamptes of brandbestryders te dien
              bestuur van stadsbusse
              werk as kassieres in afdelingswinkels
              werk as tellers in ‘n bank                                   (3 x 1) (3)
2.1.2 [Definisie van ‘n konsep uit Bron 2A – V1]
              Skeiding van mense op grond van ras, kleur en godsdiens
              Enige ander relevante antwoord                        (enige 1 x 2) (2)

2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
              Om vir menseregte van Afro-Amerikaners in Alabama te veg
             • Om die stad se segregasiebeleide en diskriminasie wat Afro-
             Amerikaners
                 in die gesig gestaar het, uit te daag
              Die NAACP is verbied
              Enige ander relevante antwoord                        (enige 2 x 2) (4)

2.1.4                [Uithaal van bewyse uit Bron 2A – V1]
                 •   Shuttlesworth het Martin Luther King Jr en sy SCLC genooi
                     om by hom aan te sluit in die Birmingham-veldtog            (1 x 1) (1)

2.2
2.2.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 2B – V1]
              Dit het stilweg begin met ‘sit-ins’ op 3 April 1963 by verskeie
                 middestad ‘slegs blankes’ middagete toonbanke.                (1 x 2) (2)

2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
              Afro-Amerikaanse gemeenskappe was apaties teenoor die veldtog
              Vyandigheid van ‘n gevestigde swart leierskap
              Nasionale nuus het nie breedvoerig oor hul saak berig nie
              Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2) (2)

2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
               Hy wou nie hê die media moet polisiebrutaliteit dek nie
               Hy wou die beeld van die staat beskerm
               Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
               Alhoewel onderhandelinge plaasgevind het om diskriminasie te
                 beëindig, is Afro-Amerikaners steeds nie as burgers van Amerika
                 erken nie
               Die streng wette waaraan Afro-Amerikaners onderwerp is, sal tyd
                 neem om reg te stel, selfs al word dit afgeskaf
               Die Ku Klux Klan was nie bereid om onderhandelinge te aanvaar om
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Geskiedenis/V1                                  11                         NW/Junie 2024
                                     Graad 12 – Nasienriglyne

                     diskriminasie in die Verenigde State van Amerika te beëindig nie
                    Geweld teen Afro-Amerikaners het voortgeduur
                    Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2) (4)

 2.3
 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                Die bron beeld die hardhandige reaksie van die polisie op Afro-
                   Amerikaanse betogers tydens die Birmingham-optog uit
                Dit wys hoe die polisiehonde gebruik word om die betogers te bedwing
               • Die betogers is ongewapen en hardloop van die polisie weg, wat dui
                   op geen skade aan die polisie nie
               • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)
2.3.2 [Stel die betroubaarheid van inligting vas uit Bron 2C – V3]
               Hierdie bron is betroubaar omdat:
                dit ‘n foto is wat op die dag van die Birmingham-optog geneem is
                   en die werklike gebeure van die dag uitbeeld
                Dit lig die polisiebrutaliteit teenoor Afro-Amerikaners uit wat met
                   ander bronne saamgewerk kan word
                Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)
               (4)

2.4    [Vergelyking van bewyse in Bronne 2B en 2C – V3]
       • Bron 2B verwys na polisie wat honde teen betogers gebruik en Bron 2C
           wys hoe polisiehonde vreedsame betogers aanval
       • Beide bronne verwys na polisiebrutaliteit teen betogers
       • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2) (4)

2.5
2.5.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 2D – V1]
              om onderhandelinge te verseker wat die geweldadige betogings
                 sou beëindig                                           (1 x 2) (2)

2.5.2 [Uithaal van bewyse uit Bron 2D – V1]
              Dat die regering alles sou doen wat gedoen moet word om orde te
             bewaar
              Om die lewens van sy burgers te beskerm
              Om die wette van die land te handhaaf                  (enige 2 x 1) (2)

2.5.3 [Verduideliking van ‘n historiese konsep uit Bron 2D – V2]
             Afro-Amerikaners is nie in Birmingham met respek en waardigheid
                 behandel nie
             Enige ander relevante antwoord                         (enige 1 x 2) (2)

2.5.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
             Hierdie bron is nuttig omdat:
              Die Wet op Burgerregte van 1964 het segregasie op grond van ras,
                 kleur en godsdiens beëindig
              Dit het hoop vir Afro-Amerikaners gebring dat meer veranderinge
                 geïmlimenteer sou word
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Geskiedenis/V1                                    12                           NW/Junie 2024
                                       Graad 12 – Nasienriglyne

                    Afro-Amerikaners het volle burgerskapregte in die VSA gehad
                    Enige ander relevante antwoord                          (enige 1 x 2) (2)

2.6    [Interpretasie, ontleding en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

       Kandidate kan die volgende by hul antwoord insluit:
        Talle rasgemotiveerde bomaanvalle het in Birmingham plaasgevind (Bron 2A)
        Die Ku Klux Klan het geweld gebruik om teen Afro-Amerikaners in die
          Verenigde State van Amerika te diskrimineer (Bron 2A)
        Die geheel-blanke regering van die stad het rasse-integrasie geïgnoreer
          (Bron 2A)
        Die brutale reaksie van die polisie op die betogers het die diskriminasie teenoor
          Afro-Amerikaners uitgelig (Bron 2B)
        Brandslange en honde is gebruik om betogers uiteen te jaag, wat dui op die
          hardhandige reaksie van die owerhede op die betogers (Bron 2B)
        Die media het die beeld van Connor en sy manne vasgelê wat die vlak van
          diskriminasie teen Afro-Amerikaners in Birmingham aandui (Bron 2B)
        Die onmenslike aard van die polisie met die gebruik van honde om betogers
          uiteen te jaag, het aan die lig gekom in die Birmingham-veldtog van 1963
          (Bron 2C)
        Die nasionale media het die nuus versprei van die intensiteit van die
          Birmingham-veldtog en die diskriminasie wat Afro-Amerikaners in die gesig
          gestaar het
          (Bron 2D)
        Afro-Amerikaners het nogsteeds diskriminasie in die gesig gestaar lank nadat
          die Wet op Burgerregte aanvaar is (eie kennis)
        Enige ander relevante antwoord

       Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

         VLAK 1        Gebruik bewyse op ‘n elementêre wyse bv. toon geen              PUNTE
                        of min begrip van hoe die protesveldtogte in                     0-2
                        Birmingham in 1963 die ongeregtighede en
                        diskriminasie van Afro-Amerikaners in die
                        Verenigde State van Amerika uitgelig het nie.
                       Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ‘n onderwerp te
                        skryf, of kan nie oor die onderwerp skryf nie.
         VLAK 2        Bewyse is meestal relevant en hou in ‘n groot mate              PUNTE
                        verband met die onderwerp bv. toon ‘n mate van                   3-5
                        begrip van hoe die protesveldtogte in
                        Birmingham in 1963 die ongeregtighede en
                        diskriminasie van Afro-Amerikaners in die
                        Verenigde State van Amerika uitgelig het.
                       Gebruik bewyse op ‘n baie eenvoudige wyse om ‘n
                        paragraaf te skryf.
         VLAK 3        Gebruik relevante bewyse bv. Demonstreer ‘n                     PUNTE
                        deeglike begrip van hoe die protesveldtogte in                   6-8
                        Birmingham in 1963 die ongeregtighede en
                        diskriminasie van Afro-Amerikaners in die
                        Verenigde State van Amerika uitgelig het.
                       Gebruik bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde
                        paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
                                                                                                  (8)
                                                                                        [50]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Geskiedenis/V1                               13                         NW/Junie 2024
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 3:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE:DIE KONGO

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate Mobuto Sese Seko suksesvol was in die
implementering van politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele beleide nadat hulle
onafhanklikheid van België in 1960 verkry het. Kandidate moet hul argument met
relevante historiese bewyse ondersteun.

HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
 Inleiding: Kandidate moet ‘n standpunt inneem deur te verduidelik tot watter mate
   Mobuto Sese Seko suksesvol was in die implementering van politieke, ekonomiese,
   sosiale en kulturele beleide nadat hulle onafhanklikheid van België in 1960 verkry het.
   Hulle moet demonstreer hoe hulle van plan is om die vraag te beantwoord.

UITBREIDING
Politieke beleide
• Koloniale nalatenskap (agtergrondkennis)
    ➢ Peternalisme – Kongolese soos kinders behandel – het geen verantwoordelikheid
        in administrasie of teenwoordigheid in die regering nie
    ➢ Politieke partye is verban en met vinnige Belgiese onttrekking as gevolg van
        Leopoldville-optogte in 1959 – is baie politieke partye gestig wat elkeen hulle eie
        streek of stam verteenwoordig het
    ➢ 120 politieke partye het deelgeneem aan die 1960-verkiesings; geen enkele
        politieke party het ‘n oorgrote meederheid stem verwerf nie – Patrice Lumumba se
        Movement National Congolese (MNC) het die meeste setels gewen omdat hulle
        landswye steun geniet het wat ander streekspartye nie gehad het nie
    ➢ Gebrek aan politieke eenheid
• Kongo word onafhanklik op 30 Junie 1960 met Joseph Kasavubu as President en
    Patrice Lumumba as Eerste Minister. Joseph Kasavubu het verkies dat die Kongo ‘n
    federale staat bly terwyl Patrice Lumumba ten gunste van ‘n sterk gesentraliseerde
    nasionale regering was/Lumumba was in konflik met Moise Tshombe
• Kongo het met baie politieke onstabiliteit begin – Tshobe wat gefokus is op die
    afskeiding van Katanga vir selfregering (onafhanklikheid)
• Joseph Mobutu het mag by Kasavubu oorgeneem deur ‘n staatsgreep in 1965
• Hy het ‘n sekere mate van politieke stabiliteit gebring (gebaseer op outokrasie)
• In 1967 het Mobutu daarin geslaag om die Katanga-rebellie te keer en sy land ‘n
    nuwe grondwet gegee as ‘n eenpartystaat (Popular Movement for the Revolution)
    (MPR)
• Kongo het ‘n eenpartystaat geword binne die eerste vyf jaar na onafhanklikwording en
    alle opposisie is onderdruk
• Mobutu het ‘n persoonlikheidskultus ontwikkel (Mobutuïsme)
• Mobutuïsme het die Kongo ‘n outokratiese staat onder homself as ‘n militêre diktator
    gemaak
• Is deur die VSA ondersteun want hy is as ‘n anti-kommunistiese bondgenoot beskou

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Geskiedenis/V1                               14                          NW/Junie 2024
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

•   Het ‘n sterk gesentraliseerde regering geskep en alle aanstellings, bevorderings en
    die toekenning van staasfondse beheer
•   Hy het die beleid van Zaïreanisasie ingestel, ‘n beleid wat geskoolde buitelanders of
    diegene wat strategiese bestuursposte gehad het, vervang het met ongeskoolde
    plaaslike inwoners – wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke
    leierskapsrolle gelei het
•   Hy het nepotisme toegelaat (kleptokrasie)
•   Mobutu het aangebly as ‘lewenslange president’ tot sy dood in 2007
•   Enige ander relevante antwoord

Ekonomiese beleide
• Koloniale nalatenskap (agtergrondkennis)
   ➢ Uitbuiting – Belgiese welvaart gebaseer op uitbuiting van wol, rubberplantasies en
       myne (koper, tin en diamante) deur koloniale maatskappye. Winste uit minerale
       (myne) gebaseer op die uitbuiting van Kongolese werkers
   ➢ Kongo as die mees vooruitstrewende staat teen onafhanklikheid beskou maar die
       ekonomiese rykdom is deur buitelanders besit
• Het ‘n kapitalistiese ekonomie by België geërf
• Het aanvanklik die ekonomie in die hande van wit setlaars en buitelanders gelos
• Die land se ryk natuurlike bronne van kopermynbedryf – gebruik winste daaruit om sy
   10-jaar industrialiseringsplan te finansier
• Genasionaliseerde maatskappye in buitelandse besit sonder vergoeding
• Buitelandse maatskappye onder die beheer van sy vriende en familielede geplaas
• Het Zaïreanisasie ingestel (die vervanging van buitelanders met Zaïre-nasionaliste)
• Zaïreanisasie het gelei tot korrupsie, diefstal en wanbestuur
• Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitism (lei tot groot gaping tussen
   elite en gewone burgers/ryk en arm
• Swak ekonomiese beleide lei tot die agteruitgang van infrastruktuur soos paaie ens.
• Mobutu Sese Seko het ‘n kleptokrasie ontwikkel waar ‘n groep aangestelde
   staatsamptenare hul posisie vir finansiële gewin misbruik het
• Mobutu is geforseer om beleid van retrosessie in te stel (terugkeer van buitelandse
   eienaars)
• Baie min buitelanders het teruggekeer
• Kongo se ekonomie het in duie gestort
• Kongo het afhanklik geword van buitelandse hulp en beleggings, bv. van die
   Wêreldbank
• Enige ander relevante antwoord

Sosiale en kulturele beleide
• Koloniale nalatenskap (agtergrondkennis)
   ➢ Bevorder elitism: het die opvoeding van ‘n klein groep elite in Westerse kennis en
       vaardighede, aangemoedig
   ➢ Frans was die onderrigtaal in skole
   ➢ Teen onafhanklikheid het die Kongo slegs 14 gegradueerdes uit 14 miljoen mense
       gehad
• Het die beleid van Authenticité ingestel (om oorspronklik inheemse gebruike en
   gelowe te bevorder) om koloniale invloed uit te wis en om Zaïreers te verenig met sin
   van trots op eie kultuur. Ook na verwys as Afrikanisering.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Geskiedenis/V1                             15                        NW/Junie 2024
                                Graad 12 – Nasienriglyne

    ➢ Vervang Christen-name met Afrika-name, bv. die Kongo is na Zaïre hernoem in
        1971; Leopoldville het Kinshasha geword, Elisabethville het Lubumbashi geword,
        en Stanleyville het Kisangani geword; Mobutu het ook sy naam verander vanaf
        Joseph-Desire Mobutu na Mobutu Sese Seko Kuku Ngbedu Waza Banga, wat
        beteken: ‘Die Kryger wat alles oorwin wat, as gevolg van sy uithouvermoë en
        onbuigsame wil om te oorwin, van oorwinning na oorwinning sal gaan en vuur sal
        agterlaat’
•   Kleredrag: Die dra van Westerse pakke is verban (deur ‘n dekreet) en vervang met
    ‘abacos’ (A bas le ostumes) wat ‘weg met pak’ beteken
•   Het plaaslike musiek bevorder
•   Mobutu het demokrasie as ‘n vreemde ideologie in Afrika beskou – hy het as ‘n
    Hoofman in tradisionele Afrika-styl geregeer en dit gebruik om sy eie outokratiese
    posisie te versterk
•   Frans het die onderrigtaal gebly en die onderwysstelsel het voortgegaan om die
    stedelik elite te bevorder
•   Na onafhanklikheid het primêre onderwys en skoolinskrywings gestyg van 1,6 miljoen
    in 1960 tot 4,6 miljoen in 1974.
•   Onderwysers en hospitaalpersoneel is vir maande nie betaal nie as gevolg van die
    swak ekonomiese en politieke praktyke
•   Enige ander relevante antwoord

•   Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ‘n relevante slot saamvat.

                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Geskiedenis/V1                               16                         NW/Junie 2024
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

VRAAG 4:         BURGERLIKE PROTES VAN DIE 1950’s TOT DIE 1970’s” DIE
                 SWARTMAG BEWEGING

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik of hulle met die stelling saamstem of nie. Om met die stelling
saam te stem, moet hulle sê hoe Malcom X, Stokely Carmichael en die Black Panthers ‘n
belangrike rol gespeel het om Swart Trots (Black Pride) en Selfstandigheid (Self
Reliance) onder Afro-Amerikaners in die 1960’s te vestig. Indien die kandidate nie met die
stelling saamstem nie, moet hulle hul argument staaf.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoord insluit:
 Inleiding: Kandidate moet ‘n standpunt inneem deur aan te dui of hulle met die stelling
   saamstem of nie. Hulle moet ook ‘n uiteensetting gee van hoe hulle hul argument sal
   ondersteun.

UITBREIDING
• Omstandighede in die VSA: (Agtergrondinligting)
   ➢ Afro-Amerikaners steeds ekonomies en polities kreupel in die VSA as gevolg van
     diskriminerende (Jim Crow) wette
   ➢ Gebrek aan gevoel van trots as gevolg van sosio-ekonomiese omstandighede
     (woon in ghetto’s en krotbuurte/swak behuising/fasiliteite met gebrekkige
     hulpbronne)
   ➢ Afro-Amerikaners het ongeduldig geraak met die stadige pas van verandering en
     die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960’s
   ➢ Afro-Amerikaners wat aan polisiebrutaliteit onderwerp is – het gelei tot groei van
     nasionalistiese gevoelens
• Swartmagbeweging bepleit selfgeldigheid; selfstandigheid en swart trots

Die rol van Malcom X:
• Malcom X was ‘n kragtige spreker en toegewyde menseregte-aktivis
• Malcom X het in swartskeiding, selfbeskikking (swart nasionalisme) geglo en hy het
    selfrespek en selfdissipline bepleit
• Geglo in die konsep van swart selftrots en selfagting/selfrespek/Swart Trots
• ‘n Beroep gedoen vir assertiwiteit (aggressiwiteit) in hul rewolusie bv. Ras-onluste en
    Watts, Detroit
• Wou hê dat Afro-Amerikaners moet opstaan teen wit owerhede in die nastrewing van
    Vryheid, geregtigheid en gelykheid op enige manier wat moontlik is
• Bevorder die gebruik van geweld as ‘n manier van selfverdediging teen diegene wat
    Afro-Amerikaners aangeval het
• Enige ander relevante Antwoord

Die rol van Stokely Carmichael:
• Word in 1966 voorsitter van SNCC (Student Non-Violent Coordinating Committee) en
    besluit om die leerstellings van die Swartmagbeweging te aanvaar
• Die beginsels van Swartmag bepleit (doen dinge vir jouself; beheer politiek in jul

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Geskiedenis/V1                                  17                         NW/Junie 2024
                                     Graad 12 – Nasienriglyne

   gemeenskappe; wees trots op eie kultuur en verdedig julself teen rasse-
onderdrukking
   en manipulasie)

•       Hy het in nie-geweld geglo as ‘n strategie wat nie werk nie – voortdurende geweld wat
        deur wit Amerikaners teen Afro-Amerikaners gebruik is
•       Stokely Carmichael was ten gunste van Afrika-klere en Afrika-haarstyle as ‘n simbool
        van Swart Trots
•       Bepleit die uitsluiting van ‘Wit” liberale as ‘n filosofie vir Afro-Amerikaners
•       Carmichael het by die Black Panther Party (vir selfverdediging) aangesluit wat die
        Swartmag/Swart Trots-filosofie in werking gestel het
•       Enige ander relevante antwoord

Die rol van die Black Panthers:
• Die Black Panther Party is gestig deur Bobby Seale en Huey Newton vir
selfverdediging
    – teen polisiebrutaliteit
• Die Tienpuntplan het gedien as die Black Panther Party-manifes wat sy sosiale,
    politieke en ekonomiese doelwitte vir die opheffing van die Afro-Amerikaanse
    gemeenskap gedek het
• Die Black Panther Party het voedingskemas in swart gemeenskappe bedryf – die
    voedingskemas het honger onder die jeug uitgeroei en leer in skole verbeter
• BBP-geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid onder die Afro-Amerikaanse
    gemeenskappe uitgeroei
• BBP-kindersorgprojekte het in die mediese behoeftes van Afro-Amerikaners in swart
    gemeenskappe omgesien
• Die Black Panther Party het by straatpatrollies betrokke geraak; polisie-aktiwiteite
    gemonitor en hulself verdedig deur gewere te dra (militante benadering) om die
    voortdurende polisiebrutaliteit en teistering van jong stedelike swart mans te stop
• Die BPP het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig moet word
• Enige ander relevante antwoord

         Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante slot saamvat.

                                                                                             [50]

                                                                              TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Geskiedenis/V1                                                                                                                                                                                                                            18                                                                                                NW/Junie 2024
                                                                                                                                                                                                                               Graad 12 – Nasienriglyne

KOGNITIEWE ONTLEDINGSTABEL

                                                                                                                              GESKIEDENIS VRAESTEL 1 – GRAAD 12
                                                                                                                        VAARDIGHEDE             Kognitiewe-                                                                                                                                                                      Uitdagings
                                                                                                                                                   vlakke

                                                                                                                                                                                                                                                EVALUEER BRUIKBAARHEID, VOOROORDEEL EN

                                                                             VERDUIDELIKING VAN ‘ N HISTORIESE BEGRIP
                                                                                                                        VERDUIDELIKING VAN INLIGTING UIT BRONNE
                                                                                                                                                                                                                                                BETROUBAARHEID

         UITHAAL VAN BEWYSE UIT BRONNE   DEFINISIE VAN HISTORIESE KONSEPTE                                                                                                        ANALIESE VAN BEWYSE UIT BRONNE
                                                                                                                                                                                                                   INTERPRETASIE EN EVALUASIE
                                                                                                                                                                                                                                                VERGELYK EN ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE

                                                                                                                                                                                                                                                INTERPRETASIES

                                                                                                                                                                  INTERPRETASIE                                                                                                                                                                                PERSENTASIE   PERSENTASIE   PERSENTASIE
                                                                                                                                                                                                                                                ORGANISEER BEWYSE OM ANTWOORDE TE STAAF     VLAK 1    VLAK 2   VLAK 3   TOTAAL   MAKLIK     MEDIUM   MOEILIK

         Maak ‘n regmerkie om vaardigheid aan te dui                                                                                                                                                                                                                                                 PUNTE                                                     V1            V2            V3
 1.1.1   ✓                                                                                                                                                                                                                                                                                  2                             2      ✓
 1.1.2                                                                                                                                                            ✓                                                                                                                                    4                  4                 ✓
 1.1.3   ✓                                                                                                                                                                                                                                                                                  2                             2      ✓
 1.1.4                                                                           ✓                                                                                                                                                                                                          2                             2      ✓
 1.1.5   ✓                                                                                                                                                                                                                                                                                  2                             2      ✓
 1.1.6                                                                                                                                                                                                                                                                                                 2                  2                 ✓

 1.2.1   ✓                                                                                                                                                                                                                                                                                  2                             2      ✓
 1.2.2                                                                                                                                                            ✓                                                                                                                                    4                  4                 ✓
 1.2.3   ✓                                                                                                                                                                                                                                                                                  2                             2      ✓
 1.2.4                                                                                                                                                            ✓                                                                                                                                    2                  2                 ✓

 1.3.1                                                                                                                  ✓                                                                                                                                                                              2                  2                 ✓
 1.3.2                                                                                                                                                                                                                                          ✓                                                              4          4                          ✓

 1.4.1                                                                           ✓                                                                                                                                                                                                          2                             2      ✓
 1.4.2                                                                                                                  ✓                                                                                                                                                                              2                  2                 ✓
 1.4.3                                                                                                                                                                                                             ✓                                                                                   4                  4                 ✓

  1.5                                                                                                                                                                                                                                                           ✓                                              4          4                          ✓

  1.6                                                                                                                                                                                                                                                                            ✓                             8          8                          ✓

 TOTAAL                                                                                                                                                                                                                                                                                     14        20       16        50
 EINTLIKE PERSENTASIE (%)                                                                                                                                                                                                                                                                                               100                                    28            40            32
 VERWAGTE PERSENTASIE (%)                                                                                                                                                                                                                                                                                               100                                    30            40            30

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                                                                                                                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — History · QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — History · QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — QP · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — Addendum · 2023 · Eng
- [History P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-afr/1406231f-0475-4c85-8862-7a120bee5f2e) — QP · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — Addendum · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
