# History Grade 12 P2 North West June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/27aac8a6-1218-4a6f-89a5-481d6db4aa9e
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 North West June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/27aac8a6-1218-4a6f-89a5-481d6db4aa9e)

## About this document

History · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                  GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V2
                                   JUNIE 2024

                                                                        PUNTE: 150

                                                                          TYD: 3 uur

        Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en 'n addendum van 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V2                            2                            NW/Junie 2024
                                         Graad 12

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:          BURGERLIKE VERSET, 1970'S TOT 1980'S: DIE KRISIS VAN
                           APARTHEID IN DIE 1980'S

         VRAAG 2:          DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                           AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 3:          BURGERLIKE VERSET, 1970'S TOT 1980'S: SUID-AFRIKA

         VRAAG 4:          DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                           AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

 2.      AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind
         word.

 3.      AFDELING B bestaan uit TWEE opstelvrae.

 4.      Beantwoord DRIE vrae soos volg.

         4.1       Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                   EEN moet n opstelvraag wees.

         4.2       Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag óf 'n opstelvraag
                   wees.

 5.      U word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

 6.      Wanneer u vrae beantwoord, moet u u kennis, vaardighede en insig toepas.

 7.      Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.

 8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
         gebruik is.

 9.      Skryf duidelik en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V2                                 3                               NW/Junie 2024
                                              Graad 12

AFDELING A:             BRONGEBASEERDE VRAAG
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling.
Die bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM
vervat.

VRAAG 1:        HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT GEREAGEER OP DIE
                APARTHEID-HERVORMINGS WAT IN 1983 DEUR PW BOTHA
                INGESTEL IS?
Bestudeer bronne 1A, 1B, 1C en 1D en antwoord die vrae wat volg.
 1.1    Bestudeer Bron 1A.

        1.1.1        Noem die TWEE rassegroepe in die bron wat die United
                     Democratic Front (UDF) oorreed het om nie aan die verkiesings
                     deel te neem nie.                                             (2 x 1) (2)

        1.1.2        Definieer die term Driekamerparlement in jou eie woorde.              (1 x 2) (2)

        1.1.3        Verduidelik wat geïmpliseer word deur             die stelling,
                     ‘Hervorming    het    hernude  stukrag              aan     die       (1 x 2) (2)
                     weerstandsbeweging verskaf’

        1.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     die primêre (hoof) rede waarom PW Botha die
                     Driekamerparlementêrestelsel geskep het.                              (2 x 2) (4)

        1.1.5        Lewer kommentaar op die reaksie van die swart gemeenskappe
                     op die veldtogte van die United Democratic Front (UDF).    (2 x 2) (4)

 1.2    Bestudeer Bron 1B.

        1.2.1        Volgens die bron, wat was die oogmerke van die bekendstelling
                     van die United Democratic Front?                                      (2 x 1) (2)

        1.2.2        Haal bewyse uit die bron aan, wat wys dat die regering se
                     grondwetlike voorstelle onvoldoende was.                  (1 x 2) (2)

        1.2.3        Verduidelik wat jy dink geïmpliseer word deur die volgende, 'ons
                     is hier om te sê dat daar regte is wat nie deur die staat toegeken
                     (oorgedra) of van die staat verkry word nie,'                      (2 x 2) (4)

        1.2.4        Waarom dink jy sal 'n historikus hierdie bron as betroubaar
                     beskou met betrekking tot die bekendstelling van die UDF in
                     1983?                                                       (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V2                               4                              NW/Junie 2024
                                            Graad 12

 1.3    Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1        Hoekom dink jy is hierdie plakkaat deur die United Democratic
                     Front gepubliseer?                                            (2 x 2) (4)

        1.3.2        Lewer kommentaar op die slagspreuk in die plakkaat 'ONS SAL
                     NIE STIL GEMAAK WORD NIE' in die konteks van die weer-
                     stand teen die onderdrukkende maatreëls van die staat.      (1 x 2) (2)

 1.4    Verwys na Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
        bewyse in Bron 1C met betrekking tot die UDF en die weerstand teen die
        regering se voorgestelde hervormings ondersteun.                        (2 x 2) (4)

 1.5    Bestudeer Bron 1D.

        1.5.1        Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die driekamer-
                     verkiesing 'n lae opkoms van Indiese kiesers in 1984 gesien het. (1 x 2) (2)

        1.5.2        Definieer die konsep grondwet in die konteks van die
                     driekamerparlementsverkiesing van 1984.              (1 x 2) (2)

        1.5.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar oor hoekom wit kiesers die grondwet met 'n twee
                     derdemeerderheid onderskryf het by 'n referendum gehou in
                     November 1983.                                               (1 x 2) (2)

 1.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
        van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die
        United Democratic Front (UDF) gereageer het op die apartheidshervormings wat
        deur PW Botha in 1983 ingestel is.                                                    (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V2                                5                               NW/Junie 2024
                                             Graad 12

VRAAG 2:        WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                SUKSESVOL IN DIE VERSOENING VAN SUID-AFRIKA UIT SY
                VERDEELDE VERLEDE?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en antwoord die vrae wat volg.
 2.1    Verwys na Bron 2A.

        2.1.1        Waarom, volgens die bron, was die WVK gestig?                       (1 X 2)   (2)

        2.1.2        Definieer die term versoening in jou eie woorde.                    (1 X 2)   (2)

        2.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis lewer
                     kommentaar oor hoekom jy dink die nuwe demokratiese
                     parlement die skepping van die WVK goedgekeur het.        (2 x 2)             (4)

        2.1.4        Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus
                     wat die totstandkoming van die WVK deur die post apartheids-
                     regering bestudeer.                                              (2 x 2)      (4)

 2.2    Gebruik Bron 2B.

        2.2.1        Hoekom het die WVK besluit om hierdie plakkaat te
                     publiseer?                                                          (1 x 2)   (2)

        2.2.2        Verduidelik wat geïmpliseer word deur die woorde, ‘KOM
                     PRAAT MET MEKAAR UIT … SODAT ONS DIE PAD KAN
                     SAAM LOOP NA VERSOENING’ in die konteks van die WVK.                (2 x 2)   (4)

 2.3    Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1        Verduidelik die begrip herstellende geregtigheid in die
                     konteks van die WVK.                                                (1 x 2)   (2)

        2.3.2        Gebruik inligting in die bron en verduidelik hoekom sommige
                     politieke groepe gekant was teen die werk van die WVK.      (2 x 1)           (2)

        2.3.3        Wat volgens die bron was die Waarheidskommissies se
                     grootste flater?                                                    (1 x 2)   (2)

        2.3.4        Watter impak het hierdie flater op die werk van die WVK
                     gehad?                                                              (2 x 2)   (4)

 2.4    Raadpleeg Bron 2D.

        2.4.1        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     hoekom die WVK in Suid-Afrika as suksesvol beskou is?              (1 x 2)    (2)

        2.4.2        Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling ….
                     'WVK het die grondslag gelê vir die bou van versoening onder
                     alle Suid-Afrikaners'.                                              (1 x 2)   (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V2                                6                               NW/Junie 2024
                                             Graad 12

        2.4.3        Hoekom volgens die bron het die WVK in Suid-Afrika
                     internasionale aandag getrek?                      (1 x 2)                    (2)

        2.4.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     hoe die Suid-Afrikaanse WVK verskil het van die Nuremburg-
                     verhore ná die Tweede Wêreldoorlog.                                (2 x 2)    (4)

 2.5    Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C
        verskil van die bewyse in Bron 2D aangaande die werk van die WVK.                (2 x 2)   (4)

 2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
        van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik of die
        Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) suksesvol was om Suid-Afrika uit 'n
        verdeelde verlede te versoen.                                                         (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V2                           7                              NW/Junie 2024
                                        Graad 12

AFDELING B: OPSTEL VRAE
Beantwoord ten minste EEN of TWEE vrae in hierdie afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

 VRAAG 3:            BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

 Die filosofie van Black Consciousness en Steve Biko het 'n belangrike rol gespeel
 in die organisering van swart Suid-Afrikaners teen die apartheidsregime in die
 1960's en 1970's.

 Bespreek hierdie stelling krities. Motiveer jou antwoord met relevante historiese
 bewyse.                                                                           [50]

 VRAAG 4:            DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA                SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

 “Suid-Afrika se pad na demokrasie was met verskeie uitdagings, dilemmas
 (probleme) en struikelblokke geteister (geaffekteer). Dit was die gees van intense
 onderhandelinge, vasberade (ferm) leierskap en verbintenis tot demokrasie wat
 uiteindelik gelei het tot die geboorte van 'n demokratiese bedeling in 1994”.

 Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.         [50]

                                                                           Totaal: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
