# History Grade 12 P2 North West June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/8a47a2e5-86a2-4152-b04d-b1f214f7452e
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 North West June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/8a47a2e5-86a2-4152-b04d-b1f214f7452e)

## About this document

History · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                 GRAAD 12

                              GESKIEDENIS V2
                                  JUNIE 2024
                                 ADDENDUM

                     Hierdie addendum bestaan uit 8 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V2                             2                              NW/Junie 2024
                                    Graad 12 – Addendum

VRAAG 1:             HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF)
                     GEREAGEER OP DIE APARTHEID-HERVORMINGS WAT DEUR
                     PW BOTHA IN 1983 INGESTEL HET?
BRON 1A
Die bron hieronder verduidelik hoe die United Democratic Front (UDF)
PW Botha se hervormings in die 1980's teengestaan het.

Gedurende die 1980's het die apartheidsregering onder toenemende interne druk gekom.
Die Nasionale Party het 'n politieke oplossing gepoog vir die krisis wat hulle in die gesig
gestaar het deur die kosmetiese Driekamerparlement te skep wat beperkte
verteenwoordiging van Suid-Afrikaners wat as 'Kleurling' en 'Indiër' geklassifiseer is, maar
Swartes uitgesluit het, ingesluit het. Die hoofeffek van die Driekamerparlement was om die
politieke mag van die Blanke deel van die Suid-Afrikaanse bevolking, spesifiek dié van die
regerende Nasionale Party, verder te verskans.
Die hervormings het die teenoorgestelde effek gehad as wat die apartheidsregime bedoel
het. Hervormings het hernieude stukrag aan die weerstandsbewegings verskaf, en die
1980's was 'n dekade wat 'n keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis geword het.
Populêre protes deur massas gewone Suid-Afrikaners teen die apartheidsregime het sy
hoogtepunt in die 1980's bereik.
Die nuutgestigte bevrydingsbeweging, die United Democratic Front (UDF), het 'n massiewe
landwye veldtog van stapel gestuur om Kleurling- en Indiërkiesers te weerhou om aan die
verkiesings vir die Huis van Verteenwoordigers en Afgevaardigdes deel te neem. Betogings
van die burgerlike samelewing teen die driekamerparlement het getoon dat die
meerderheid Suid-Afrikaners gekant was teen die nuwe struktuur. Kleurling- en Indier
kiesersopkoms was uiters laag. In reaksie op hierdie politieke verwikkelinge het massa-
aksieveldtogte deur die land gespoel. Dit het stakings, massabetogings, skoolboikot,
huurgeld en verbruikersboikotte ingesluit. Geweld het by baie geleenthede uitgebreek, en
die regering het gereageer deur 'n noodtoestand af te kondig wat vir 'n groot deel van die
1980's geduur het.
                                                          [From SAHO@21-south African History]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V2                                3                                    NW/Junie 2024
                                       Graad 12 – Addendum

BRON 1B
Die uittreksel hieronder is geneem uit 'n toespraak gelewer deur dr Allan Boesak,
hoofspreker, by die bekendstellingsvergadering van die United Democratic Front (UDF)
wat op 20 Augustus 1983 in die Rocklands Gemeenskapsaal, Mitchells Plain, naby
Kaapstad gehou is.

Ons is hier om te sê dat die regering se grondwetlike voorstelle onvoldoende is, en dat dit
nie die wil van die oorgrote meerderheid van Suid-Afrika se mense uitdruk nie. Maar meer
as dit, waarna ons werk (mikpunte), is 'n onverdeelde Suid-Afrika wat aan al sy mense sal
behoort, 'n oop demokrasie waarvan geen enkele Suid-Afrikaner uitgesluit sal word nie en
'n samelewing waarin die menswaardigheid van al sy mense sal gerespekteer word.
Ons is hier om te sê dat daar regte is wat nie deur die staat verleen (toegeken) of van die
staat verkry word nie; jy moet teruggaan verby die dofste (vaagste) van die ewigheid om
hul oorsprong te verstaan: hulle is Godgegewe. En so, ons is hier om dit te eis.
In 'n sekere sin beklemtoon en simboliseer die stigting van die United Democratic Front
(UDF) beide die krisis van apartheid en wat sy ondersteuners vir hulself geskep het. Ná ’n
geskiedenis van sowat 331 jaar van slawerny, rassediskriminasie, ontmensliking (nie
bekommerd oor mense nie) en ekonomiese uitbuiting, was wat hulle verwag het
aanvaarding van die status quo (posisie bly dieselfde). Gehoorsaam en onderdanigheid. In
plaas daarvan vind hulle 'n volk, weier om rasse-onreg te aanvaar en is gereed om die
uitdagings van die oomblik die hoof te bied. Ná meer as drie dekades van apartheid het
hulle nederige onderwerping aan die harde bewind van totalitarisme en rasse-oorheersing
verwag. In plaas daarvan vind hulle mense wat op elke vlak van die samelewing gereed is
om hierdie bose stelsel te beveg.

                     [From: https://www.sahistory.org.za/archive/united-democratic-front-national-launch-
                                                        20 August 1983 Accessed on 13 February 2024.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V2                            4                            NW/Junie 2024
                                   Graad 12 – Addendum

BRON 1C

Die plakkaat hieronder is in die 1980's deur die United Democratic Front (UDF)
gepubliseer. Dit beeld sy verbintenis uit om onderdrukkende maatreëls van die
staat te weerstaan.

     BOTHA SE                      TEISTERING!!!                         HERVORMINGS

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V2                            5                               NW/Junie 2024
                                   Graad 12 – Addendum

BRON 1D

Die bron hieronder, geneem uit 'n koerantberig getiteld 'Indian Turnout about 20% in
South African Elections', is geskryf deur Allister Sparks vir die Washington Post op 29
Augustus 1984. Dit verduidelik hoekom daar 'n lae opkoms van beide Indiërs en
Kleurlinge in die driekamerverkiesing in 1984 was.

 Ongeveer 20 persent van die geregistreerde kiesers in Suid-Afrika se Indiese
 gemeenskap het blykbaar vandag gestem in verkiesings vir 'n nuwe parlement wat
 gekenmerk is deur sporadiese geweld tussen boikotters en polisie in verskeie stede.

 Die uitslae wat vanaand beskikbaar was, het aangedui dat lede van die 870 000-
 sterk Indiese gemeenskap in selfs groter getalle van die stembus weggebly het as
 wat die gemengde-ras Kleurlingkiesers gedoen het in verlede week se stemming vir
 verteenwoordigers in die rasgekompartementeerde (geklassifeerde) driekamer-
 parlement.

 Daar was 'n opkoms van 30 persent by die verkiesings vir die groter Kleurlinggemeen-
 skap. Die regering het daardie syfer voldoende verklaar om voort te gaan met planne
 om sy nuwe grondwet te implementeer, maar ander waarneemers het dit as ‘n
 afwysing (weiering) bestempel.

 Aangesien baie mense wat stemgeregtig was nie geregistreer het nie, veral onder
 die Kleurlinge, het leiers van die boikotbeweging vanaand beweer dat die effektiewe
 stem in die twee verkiesings ongeveer 18 persent uit 'n gesamentlike bevolking van
 3,5 miljoen was. Die beweging het gesê dit verteenwoordig 'n 'massiewe verwerping'
 van die wit minderheidsregering se nuwe grondwet, wat die Kleurling- en Indiese
 minderheidsgroepe vir die eerste keer 'n vorm van parlementêre verteenwoordiging
 bied maar steeds die swart Afrika-meerderheid uitsluit.

 Wit kiesers het die grondwet met 'n tweederdemeerderheid by 'n referendum verlede
 November onderskryf, en die Amerikaanse staatsdepartement het saamgestem om
 die regering van president PW Botha te prys omdat hulle ''n stap in die regte rigting'
 geneem het.

                                                       [From Washington Post, 29 August 1984]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V2                             6                                 NW/Junie 2024
                                    Graad 12 – Addendum

 VRAAG 2:            WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                     SUKSESVOL IN DIE VERSOENING VAN SUID-AFRIKA VANAF SY
                     VERDEELDE VERLEDE?

BRON 2A
Die uittreksel hieronder fokus op die redes vir die stigting van die Waarheids-en-
versoeningskommissie (WVK) in 1995.

 Die WVK is deur die post-apartheid-regering op die been gebring as 'n manier om die
 verlede te hanteer en toe te sien dat mense se menseregte nie weer misbruik word nie.
 Die Tussentydse Grondwet van 1993 het gepraat van "'n behoefte aan begrip, maar nie
 vir wraak nie, 'n behoefte aan herstel, maar nie vir vergelding nie, 'n behoefte aan Ubuntu,
 maar nie aan viktimisasie nie." Dit het ook gesê: "Die strewe na nasionale eenheid, die
 welstand van alle Suid-Afrikaanse burgers en vrede vereis versoening tussen die mense
 van Suid-Afrika en die hersamestelling (herbou) van die samelewing." Daarom het die
 eerste demokratiese parlement wetgewing goedgekeur wat die WVK op die been gebring
 het.

 Die WVK is gestig met die doel om 'n herstellende, eerder as 'n bestraffende
 geregtigheid, aanhoor van getuienis van slagoffers en oortreders te vestig, en om
 nasionale eenheid en versoening te bevorder. Die doel van die WVK was nie om die
 oortreders te vervolg en straf op te lê nie, maar eerder om die talle slagoffers en hul
 families afsluiting te bied in die vorm van volle openbaarmaking van die waarheid. Die
 amnestieverhore wat deur die WVK onderneem is, verteenwoordig hierdie doelwitte deur
 volle amnestie te bied aan diegene wat na vore gekom het en hul misdade bely het.

                                              [From history and society –Accessed on 21 February]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V2                                7                                  NW/Junie 2024
                                       Graad 12 – Addendum

BRON 2B

Die plakkaat hieronder is deur die WVK vervaardig. Dit nooi beide oortreders en
slagoffers uit om voor die WVK te verskyn en te getuig oor menseregtevergrype wat
tussen 1960 en 1994 gepleeg is.

             [Uit https://www.saha.org.za/udf/don't_vote_in_apartheid_elections_forward_to_freedom.htm.
                                                                         Accessed on 19 February 2024]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V2                                8                                  NW/Junie 2024
                                       Graad 12 – Addendum

BRON 2C

Die volgende fokus op die evaluering van die werk van die Waarheids- en
Versoeningskommissie (WVK) in 1998.

 Een van die grootste beperkings op die herstel van slagoffers se waardigheid – en wat
 grootliks buite die beheer van die kommissie was – was die politieke spanning wat tydens
 sy bedrywighede geheers (bestaan) het. Dit het gespruit uit die onwilligheid van die
 Nasionale Party en sommige ekstreem-regse groepe om te sien dat die WVK aspekte
 van die verlede ondersoek wat hul politieke geloofwaardigheid kan skaad. Hierdie partye
 het die WVK daarvan beskuldig dat dit 'n (heksejag) eerder as 'n ware instrument vir
 nasionale versoening is, en het die Kommissie se werk gefrustreer [wat] gereelde
 regsaksies teen die WVK teweeggebring het.

 Die Kommissie se grootste politieke flater was die neiging om aan hierdie politieke
 groeperings [toe te gee] in 'n poging om hulle verbind tot die proses te hou, ... [die] polities
 delikate (broos) taak van die WVK het sy verhoudings met slagoffers gefrustreer deur
 die gebrek aan behoorlike geregtigheid wat die posisie geïmpliseer het. Vir herstellende
 geregtigheid om te slaag, moet slagoffers sien dat oortreders berou (spyt) uitspreek/toon.
 Omdat dit nie sigbaar was van die politieke party wat die land onder apartheid (Nasionale
 Party) regeer het nie, het dit 'n slag vir die proses toegedien.

    [From The Truth and Reconciliation Commission as a Model of Restorative Justice by T Maepa,2005]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V2                             9                                NW/Junie 2024
                                    Graad 12 – Addendum

BRON 2D

Hierdie uittreksel fokus op die beoordeling van die Waarheids-en- Versoenings -
Kommissie.

 Ten spyte van hierdie uitdagings en beperkings, is die WVK internasionaal as suksesvol
 beskou en het dit die belangrikheid van openbare deelname aan sulke prosesse getoon,
 insluitend die aanvanklike besluitnemingsproses wat gelei het tot die stigting van 'n
 waarheidskommissie. Die verhore van die WVK het wêreldwye aandag getrek,
 aangesien dit die eerste kommissie was wat openbare verhore gehou het waarin beide
 slagoffers en oortreders aangehoor is. Terwyl amnestie oor die algemeen as strydig met
 internasionale reg beskou word, het die Suid-Afrikaanse WVK 'n mate van grondslag
 verskaf om voorwaardelike amnestie as 'n nuttige kompromie te beskou, veral as dit help
 om oortreders se belydenis te verseker.

 Die Suid-Afrikaanse WVK het 'n groot afwyking verteenwoordig van die benadering wat
 by die Nurenberg-proewe geneem is. Dit is beskou as 'n innoverende model vir die bou
 van vrede en geregtigheid en om diegene wat hulle aan meseregteskend-
 -dings skuldig maak, aanspreeklik te hou. Dit het terselfdertyd die grondslag gelê vir die
 bou van versoening onder alle Suid-Afrikaners. Baie ander lande wat met post-
 konflikkwessies te doen het, het soortgelyke metodologieë vir sulke kommissies ingestel,
 hoewel nie altyd met dieselfde mandaat nie. Die Suid-Afrikaanse WVK het die wêreld
 van nog 'n instrument voorsien in die stryd teen straffeloosheid en die soeke na
 geregtigheid en vrede.

                                             [From history and society –Accessed on 21 February]

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
