# History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e2271529-d5cb-4147-88c0-4f305f1b5ae7
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e2271529-d5cb-4147-88c0-4f305f1b5ae7)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                         2025
                NASIENRIGLYNE

             GESKIEDENIS (VRAESTEL 1) (10791)

29 bladsye

### Page 2

10791/25

1.   BRONGEBASEERDE VRAE

     1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
         ontwikkel:

                           VLAKKE VAN BRONGEBASEERDE VRAE
 KOGNITIEWE                                                            GEWIG VAN
                            HISTORIESE VAARDIGHEDE
   VLAKKE                                                                VRAE
                  •   Onttrek inligting uit bronne
                  •   Seleksie en organisering van relevante               30%
     VLAK 1
                      inligting uit bronne                                 (15)
                  •   Definieer historiese konsepte/terme
                  •   Interpretasie van bewyse uit bronne                  40%
     VLAK 2       •   Verduidelik inligting uit bronne                     (20)
                  •   Analiseer bewyse uit bronne
                  •   Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                  •   Raak betrokke by bronne om die
                      bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid          30%
     VLAK 3           en beperkings vas te stel                            (15)
                  •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                      perspektiewe in die bronne en kom tot
                      onafhanklike gevolgtrekkings

     1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
         word:

          •   By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
              enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
              voorbeelde.
          •   Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
              aan die vereistes van die vraag voldoen is.
          •   In die nasienriglyne word die vereistes van die vraag (vaardighede
              waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
              kursiefgedrukte skrif aangedui.
          •   By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
              krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
          •   Daar word van leerlinge verwag om ŉ standpunt in te neem in die
              beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien.

     1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae:

         •    Gebruik ŉ regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord.
         •    Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
              redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op
              een rede en twee punte wat toegeken word (✓✓).
         •    Indien ŉ vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui.

                                             2

### Page 3

10791/25

Paragraafvraag

Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken
word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ŉ antwoord op ŉ paragraafvraag
geassesseer word:

•   Lees die paragraaf en plaas ŉ kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
    kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
•   Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waartoe die kandidaat in staat was
    om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.

Maak regmerkies () wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is aan die einde
van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en
lewer kort kommentaar, bv.

    _______________ ___________________________ ______________________

    ____________________________________________ _______________ ✓✓✓✓

                                                                               VLAK 2 = 4

    Gebruik meestal relevante bewyse om ŉ basiese paragraaf te skryf.

    •     Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
                                        32
          die kantlyn regs onder, bv.       .
                                        50
    •     Maak seker dat die totale punt akkuraat na die buiteblad van die antwoordskrif
          oorgedra word.

2. OPSTELVRAE

    2.1     Die opstelvrae vereis dat kandidate:

            In staat sal wees om hul argument op ŉ logiese en samehangende wyse te
            stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
            bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ŉ redelike reeks feite
            of ŉ effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
            beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ŉ opstel beskik oor ŉ inleiding, ŉ
            samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ŉ slot.

    2.2     Nasien van opstelvrae

            •   Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
                deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
            •   Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
                dit wat ingesluit is by ŉ riglyn vir die nasien van ŉ spesifieke opstel.

                                                3

### Page 4

10791/25

2.3   Globale assessering van die opstel

      Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis
      dat die onderwyser die opstel as ŉ geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
      afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ŉ
      oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om die
      argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs
      inhoud (feite) neer te skryf om ŉ vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie
      benadering sal leerders daarvan ontmoedig om opstelle voor te berei en te
      reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
      Die holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening,
      ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word
      leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik
      gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:

      •   Die leerder se interpretasie van die vraag
      •   Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie)
      •   Die konstruksie/daarstelling van ŉ argument (beplan, gestruktureer en ŉ
          onafhanklike argument)

2.4   Assesseringsprosedures van die opstel

      2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.

      2.4.2 Tydens die deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir
            ŉ relevante inleiding (aangedui met ŉ kolpunt (‘bullet’) in die
            nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die
            argument ondersteun (aangedui met ŉ kolpunt (‘bullet’) in die
            nasienriglyne) en ŉ relevante slotopmerking (aangedui met ŉ kolpunt
            (‘bullet’) in die nasienriglyne)
            Bv. In ŉ opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies
            wees.

      2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ŉ opstel.

             P      Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ŉ argument/ŉ duidelike
                    hoofpunt.
                    Elke paragraaf moet ŉ punt bevat wat die hoofpunt (argument)
                    wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
             E      Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                    waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
                    met die vraag wat gevra is.
             E      Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
                    inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante
                    voorbeelde moet gegee word om die argument te onderhou.
             L      Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
                    deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
                    geskryf is.

                                          4

### Page 5

10791/25

    2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ŉ
          opstel:

           Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

          •     Verkeerde stelling                                        ^
          •     Irrelevante stelling                               |
                                                                   |
                                                                   |

          •     Herhaling                                          R
          •     Analise                                            A✓
          •     Interpretasie                                      |✓
          •     Argument                                            LOA

2.5 Die matriks

    2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle:

          By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
          matriks voorsien word. Tydens die assessering van ŉ opstel moet beide
          die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ŉ Punt word toegeken
          by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe
          vaardigheidsvlakke.

          (a)     Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter
                  mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die
                  matriks) vas te stel.
                                                            I    VLAK 4

          (b)     Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
                  van die aanbieding bepaal.
                                                            I      VLAK 4
                                                            A      VLAK 3

          (c)     Ken ŉ algehele punt toe met behulp van die matriks.
                                                           I    VLAK 4
                                                                              26 – 27
                                                           A    VLAK 3

          KOMMENTAAR
          Sommige weglatings in die inhoudsdekking.
          Poog om ŉ argument te handhaaf.

                                           5

### Page 6

10791/25

                              VLAK 7                 VLAK 6             VLAK 5           VLAK 4           VLAK 3             VLAK 2          VLAK 1*
AANBIEDING               Baie goed beplande    Baie goed             Goed beplande     Argument         Toon soms       Poging              Weinig of
                         en gestruktureerde    beplande en           en                beplan en        bewys van ŉ     aangewend om        geen poging
                         opstel. Goeie sintese gestruktureerde       gestruktureerde   gestruktureer.   gestruktureerde antwoord te         om die opstel
                         van inligting. Het ŉ  opstel. ŉ Relevante   opstel.           Bewyse tot ŉ     en beplande     struktureer.        te struktureer
                         goed gebalanseerde, argument is                               sekere mate      argument. Poog  Grootliks           nie.
                         oorspronklike         gevolg. Bewyse        Poog om ŉ         gebruik om       om ŉ argument   beskrywend of
                         argument ontwikkel    gebruik om die        duidelike         argument te      vol te hou.
INHOUD                                                                                                                  poog om
                         met bewyse. Argument argument te            argument te       ondersteun.
                                                                                                                        argument te
                         deurgaans volgehou    verdedig. Poog om     ontwikkel.        Slotsom bereik   Gevolgtrekking
                         en verdedig.          ŉ onafhanklike        Gevolgtrekking                                     ontwikkel. Geen
                                                                                       op grond van     nie duidelik
                         Onafhanklike          gevolgtrekking uit    gemaak uit        bewyse.                          poging om ŉ
                                                                                                        ondersteun deur
                         gevolgtrekking gemaak die bewyse te         bewyse om die                                      gevolgtrekking te
                                                                                                        bewyse nie.
                         uit bewyse om die     maak om die           argument te                                        maak nie.
                         argument te           argument te           ondersteun.
                         ondersteun.           ondersteun.
        VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten             47 – 50                43 – 46
volle relevant tot die
argument wat gevolg
is.
       VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudskeuse                 43 – 46                40 – 42           38 – 39
relevant tot die
argument wat gevolg
is.
       VLAK 5
Vraag is grotendeels
beantwoord. Inhoud           38 – 39                36 – 37           34 – 35           30 – 33          28 – 29
toereikend en
relevant.
         VLAK 4
Vraag herkenbaar in
die antwoord.                                                         30 – 33           28 – 29          26 – 27
Sommige weglatings
of irrelevante keuse
van inhoud.
       VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit nie.                                                                     26 – 27          24 – 25           20 – 23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
        VLAK 2
Vraag ontoereikend                                                                                       20 – 23           18 – 19           14 – 17
beantwoord. Inhoud
skraal.
        VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                         14 – 17           0 – 13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

Riglyne vir die toekenning van ŉ punt vir Vlak 1:
• Vraag glad nie aangespreek nie/heeltemal irrelevante inhoud; geen poging om die
   opstel te struktureer nie = 0
• Inhoudseleksies sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in; geen inligting
   om die opstel te struktureer nie = 1 – 6
• Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; min poging om die opstel te struktureer
   = 7 – 13

                                                                           6

### Page 7

10791/25

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:    HOE HET DIE STRYD OM BEHEER EN INVLOED TUSSEN DIE
            VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VANAF
            1947 TOT DIE KOUE OORLOG-SPANNING IN EUROPA BYGEDRA?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Lees Bron 1A.

      1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
            • 1947                                                           (1 x 1)   (1)

      1.1.2 [Definisie van ŉ historiese konsep uit Bron 1A – V1]
            • Die beleid om die verspreiding van kommunisme/uitbreiding/ idees
                in Europa en die res van die wêreld te verhoed of te stop.
            • Die VSA se buitelandse beleid, geformuleer deur George Kennan,
                om die uitbreiding van die Sowjetunie te stuit.
            • Die voorkoming van die verspreiding van ideologie
                (kapitalisme/kommunisme).
            (Enige ander relevante antwoord)                               (1 x 2)     (2)

      1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
            • Die VSA moet optree teen die Sowjetunie se beleid van uitbreiding
                 om die verspreiding van kommunisme in Europa te voorkom.
            • Die Sowjetunie se optrede het druk geplaas op vrye en
                 demokratiese lande in die Weste om aan kommunisme toe te gee.
            • Hy het verwys na die demokratiese waardes en politieke stelsels
                 wat deur die VSA en sy bondgenote gebruik is, en het geglo dat dit
                 onder kommunistiese bedreiging verkeer.
            • Die Verenigde State moet reageer/teenkrag uitoefen teen die
                 Sowjetunie deur kommunisme in te perk.
            • Kennan het die Sowjetunie beskou as ’n mag wat probeer het om
                 die Weste se demokratiese lande te ondermyn en sy invloed daar
                 uit te brei.
            (Enige ander relevante antwoord)                                 (2 x 2)   (4)

                                             7

### Page 8

10791/25

      1.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
            • Die Sowjetunie se kommunistiese ideologie is gesien as
                 onversoenbaar met kapitalisme, omdat kommunisme direkte
                 staatsbeheer oor nywerhede vereis het, wat ’n negatiewe uitwerking
                 op die herstel van Europa ná die oorlog kon hê.
            • Die kommunistiese ideologie van die Sowjetunie is beskou as in
                 stryd met die kapitalistiese en demokratiese waardes van die
                 Westerse wêreld, wat die ekonomiese herstel ná die oorlog bevorder
                 het.
            • Dit is gesien as ’n direkte uitdaging vir die magsbalans en
                 ekonomiese stabiliteit van Europa en die wêreld.
            • Hy het besef dat die Sowjet-uitbreiding druk op die belangrikste
                 nywerheidsentrums in die Weste sou plaas /wat moontlik toegang tot
                 belangrike hulpbronne en markte kon afsny en kapitalisme
                 ondermyn.
            • Dit kon Amerikaanse handel en beleggingsgeleenthede in Europa
                 beperk en dus die VSA se ekonomiese oorheersing in Europa en die
                 res van die Weste verswak.
            (Enige ander relevante antwoord)                                  (2 x 2)   (4)

1.2   Raadpleeg Bron 1B.

      1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1]
            “die imperialistiese neigings van Amerikaanse monopolistiese kapitaal
            weerspieël”                                                       (1 x 2)   (2)

      1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1]
            • deur diplomatieke middele
            • en die vestiging van ’n netwerk van vloot- en lugmagbasisse wat ver
                buite die grense van die Verenigde State strek,
            • deur die wapenwedloop,
            • en deur die skepping van al hoe nuwer soorte wapens (Enige 3 x 1)         (3)

      1.2.3 [Verduideliking van ŉ konsep in Bron 1B – V2]
            • Die USSR se strategieë en optrede/wette in sy betrekkinge met ander
                lande, wat grootliks gevorm is deur sy kommunistiese ideologie,
                uitbreiding en mededinging met Westerse moondhede tydens die
                Koue Oorlog.
            • Die USSR se proses om ekonomiese en militêre bystand aan
                Europese lande tydens die Koue Oorlog te verskaf
            • Inisiatiewe wat deur die USSR-regering geneem is om die
                verspreiding van kommunisme te bevorder, het te doen gehad met
                die wêreldwye invloed daarvan tydens die Koue Oorlog.
            • Skepping van 'n invloedsfeer wat deur die USSR gebruik is, wat sy
                ekonomiese mag gebruik het om sy ideologie tydens die Koue Oorlog
                te versterk
            • (Enige ander relevante antwoord)                                (1 x 2)   (2)

                                            8

### Page 9

10791/25

      1.2.4   [Bepaal die bruikbaarheid van Bron 1B – V3]

              Die bron is bruikbaar want:
              • Nikolai Novikov was die Sowjetambassadeur in die Verenigde State
                  tussen April 1946 en Oktober 1947, en het dus insig gehad in die
                  VSA se bedoelings.
              • Nikolai Novikov se reaksie op George Kennan se ‘Lang Telegram’
                  het gesuggereer dat dit nie net oor VSA-ingryping in Europa gegaan
                  het nie, maar ook oor wêreldheerskappy.
              • Die bron verduidelik die VSA se beleid van inperking, wat daarop
                  gemik was om die verspreiding van die USSR se invloed in Europa
                  te verhoed.
              (Enige ander relevante antwoord)                                 (2 x 2)     (4)

1.3   [Vergelyking van bewyse in Bronne 1A en 1B om die verskille te bepaal – V3]
      • Bron 1A verduidelik die beleid van inperking as die VSA se strategie om die
          Sowjetunie se uitbreidingsbeleid teen te werk, terwyl Bron 1B die beleid van
          inperking beskryf as imperialisties.
      • In Bron 1A word die USSR gesien as die aggressor wat Europa wil
          oorneem, terwyl die VSA in Bron 1B as die aggressor uitgebeeld word wat
          die wêreld wil oorheers.
      • In Bron 1A is die hoofrede vir die VSA se beleid teenoor die Sowjetunie om
          die USSR se uitbreidingsneigings in te perk, terwyl in Bron 1B die hoofrede
          vir die VSA se beleid is om hul invloed en mag oor die wêreld uit te brei
          (wêreldheerskappy).
      (Enige ander relevante antwoord)                                           (2 x 2)   (4)

1.4   Gebruik Bron 1C.

      1.4.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
              • die stede was verwoes,
              • die ekonomieë verpletter,
              • die mense het hongersnood in die gesig gestaar.                  (2 x 1)   (2)

      1.4.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
              • Wet op Ekonomiese Samewerking van 1948                           (1 x 2)   (2)

      1.4.3   [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V 2]
              • Truman het Sowjet-uitbreiding as ’n groot bedreiging beskou, en hy
                   wou ’n kommunistiese oorname in Europa voorkom /druk as gevolg
                   van burgeroorlog in Griekeland en Turkye.
              • Europa was ekonomies verwoes ná die Tweede Wêreldoorlog en
                   het dringend herstel benodig, aangesien die verwoesting ’n
                   vrugbare voedingsbodem vir kommunisme geskep het.
              • Ekonomiese herstel in Europa sou Amerikaanse besighede
                   bevoordeel omdat dit nuwe handelsgeleenthede geskep het.
              • Deur hulp aan Europa te verskaf, kon die VSA alliansies versterk en
                   demokrasie bevorder, wat die Sowjet-invloed sou teenwerk.
              (Enige ander relevante antwoord)                                (1 x 2)      (2)

                                              9

### Page 10

10791/25

      1.4.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
              • kapitaal
              • materiaal                                                        (2 x 1)   (2)

1.5   Verwys na Bron 1D.

      1.5.1   [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – L2]
              Gepas:
              • Die VSA, wat deur die motor verteenwoordig word, moes vinnig
                   optree om kommunisme – wat chaos verteenwoordig – te stop of te
                   oorwin voordat dit na Wes-Europa versprei.
              • Westerse lande het onmiddellike hulp nodig gehad om ekonomies te
                   herstel voordat hulle deur kommunisme oorgeneem kon word.
              (Enige ander relevante antwoord)                               (1 x 2)       (2)

      1.5.2   [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
              • Die aasvoël verteenwoordig kommunisme as ’n roofvoël, wat
                   gewoonlik jag op swakker diere/swakker lande.
              • Kommunisme was die ideologie van die Sowjetunie, en in die
                   spotprent word die Sowjetunie uitgebeeld as iemand wat “chaos”
                   versprei, wat as aggressiewe of negatiewe gedrag beskou kan
                   word.
              • Die Sowjetunie het ’n geleentheid gesien om voordeel te trek uit die
                   ekonomies verwoeste Europa, aangesien kommunisme in armoede
                   en ekonomiese chaos floreer.
              (Enige ander relevante antwoord)                                 (1 x 2)     (2)

      1.5.3   [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – L2]
              • Die Kongres het onmiddellik gereageer deur die beleid van inperking
                   te implementeer, wat verteenwoordig is deur die Truman-leerstelling
                   en die Marshall-plan.
              • Die Amerikaanse Kongres het gereageer deur geld (Marshall-plan)
                   en militêre hulp (Truman-leerstelling) te voorsien aan Westerse
                   lande wat dringend ekonomiese en militêre hulp nodig gehad
                   het/Die Kongres het op die gevaar wat in die spotprent uitgebeeld is
                   gereageer deur die Marshall-plan te skep, wat Europa sou help
                   herbou ná die ekonomiese verwoesting van die Tweede
                   Wêreldoorlog.
              (Enige ander relevante antwoord)                                   (2 x 2)   (4)

                                             10

### Page 11

10791/25

1.6   [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – Vlak 3]
      •    George Kennan stel die beleid van inperking voor, wat die grondslag
           gevorm het vir die VSA se strategie / buitelandse beleid teenoor die USSR.
           (Bron 1A)
      •    Die VSA beskuldig die USSR daarvan dat dit ’n bedreiging inhou vir “vrye
           instellings”, wat deur die VSA gestuit of teengewerk moes word. (Bron 1A)
      •    Vrees en wantroue tussen die supermoondhede het spanning veroorsaak.
           (Bron 1A)
      •    Kennan het ’n vasberade en waaksame strategie teenoor die USSR
           voorgestel. (Bron 1A)
      •    Die VSA het die USSR as ’n aggressiewe bedreiging beskou en het die
           beleid van inperking, die Marshall-plan, aangeneem om die verspreiding van
           kommunisme in Wes-Europa te voorkom. (Bron 1B)
      •    Die USSR het die beleid van inperking gesien as ’n strategie van die VSA
           om wêrelddominansie en leierskap te verkry. (Bron 1B)
      •    Die VSA se buitelandse beleid weerspieël imperialistiese neigings.
           (Bron 1B)
      •    President Truman het die Wet op Ekonomiese Samewerking onderteken,
           wat spanning verder aangevuur het. (Bron 1C)
      •    Die VSA het die aggressiewe optrede van die USSR teenwerk met die
           Marshall-plan. (Bron 1C)
      •    Kennan het die Amerikaanse Kongres beïnvloed om Wes-Europa van die
           euwels van kommunisme te red. (Bron 1D)
      •    Teenstrydige ideologieë het gelei tot ’n verdeling tussen Wes- en Oos-
           Europa. (Bron 1D)
      •    Die VSA het demokrasie en kapitalisme bevorder, terwyl die USSR
           kommunisme ondersteun het. (Eie kennis)
      •    Die ideologiese verdeeldheid in Europa het gelei tot twee teenoorstaande
           blokke – Wes-Europa onder leiding van die VSA en Oos-Europa onder
           beheer van die USSR. (Eie kennis)
      •    Ekonomiese en politieke mededinging het bygedra tot spanning in Europa.
           (Eie kennis)
      •    Die VSA het NAVO gelei (Westerse blok), terwyl die USSR die Warskou-
           verdrag tot stand gebring het (Oosblok), wat ’n duidelike verdeling van
           Europa geskep het. (Eie kennis)
      •    Die stryd om beheer het gelei tot diep wantroue, met beide kante wat
           mekaar van ekspansionisme beskuldig het, wat die spanning van die Koue
           Oorlog in Europa laat toeneem het. (Bron 1D)
      •    Die USSR het sy bondgenote beveel om die Marshall-plan te verwerp. (Eie
           kennis)
      •    Die USSR verskaf hul eie hulp, bv. Cominform en Comicon aan hul
           satelietstate. (Eie kennis)
      (Enige ander relevante antwoord)

                                            11

### Page 12

10791/25

   Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

         • Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv., toon min of
           geen begrip om te verduidelik hoe die stryd om beheer en
           invloed tussen die Verenigde State van Amerika en die           PUNTE:
VLAK 1     Sowjetunie vanaf 1947 tot die Koue Oorlog-spanning in            0–2
           Europa bygedra het.
         • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
         • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
           onderwerp, bv. toon 'n mate van begrip van hoe die stryd
           om beheer en invloed tussen die Verenigde State van             PUNTE:
VLAK 2
           Amerika en die Sowjetunie vanaf 1947 tot die Koue                3–5
           Oorlog-spanning in Europa bygedra het.
         • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
         • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
           hoe die stryd om beheer en invloed tussen die Verenigde
           State van Amerika en die Sowjetunie vanaf 1947 tot Koue         PUNTE:
VLAK 3
           Oorlog-spanning in Europa bygedra het.                           6–8
         • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
           en toon begrip van die onderwerp.
                                                                                     (8)
                                                                                    [50]

                                         12

### Page 13

10791/25

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 2:      WAAROM WAS DIE UITSLAG VAN DIE SLAG VAN CUITO
              CUANAVALE BETEKENISVOL IN DIE BEÏNVLOEDING VAN DIE
              POLITIEKE LANDSKAP VAN DIE SUIDELIKE AFRIKA-STREEK
              VANAF 1987 TOT 1990?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Lees Bron 2A.

      2.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
              • Harris
              • Oelsig
              • Kolonel Piet Muller                                             (3 x 1)   (3)

      2.1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
              • “… as dat die afsny van die Menongue tot Cuito Cuanavale
                  voorsieningspad die beste en mees logiese manier was om die
                  offensief te stuit”                                       (1 x 2)       (2)

      2.1.3   [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
              • In Angola het die Sowjetunie en Kuba die MPLA ondersteun, wat
                   met kommunistiese ideale geassosieer is, en deur Suid-Afrika en sy
                   bondgenoot UNITA te help, het die CIA ’n beleid van inperking
                   gevolg om die verspreiding van kommunisme te keer/ beide die VSA
                   en Suid-Afrika was kapitalistiese bondgenote en wou kommunisme
                   voorkom
              • Sowel die CIA as die Suid-Afrikaanse regering was gekant teen die
                   groeiende Kubaanse militêre teenwoordigheid in Angola.
              • Dit as ’n bedreiging vir die VSA se verhouding met Suid-Afrika
                   beskou is.
                   Die VSA het aanvanklik die Suid-Afrikaanse regering aangemoedig
                   om UNITA te ondersteun, daarom het die CIA die Suid-Afrikaanse
                   regering bygestaan
              (Enige ander relevante antwoord)                                  (1 x 2)   (2)

      2.1.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
              • "Die Suid-Afrikaanse kabinet het dus eerder die bevelvoerders se
                  sekondêre plan goedgekeur: ’n aanval in die area oos van die Cuito-
                  rivier om te verhoed dat FAPLA UNITA se strategiese vesting by
                  Mavinga inneem."
                                                                        (enige 1 x 2)     (2)

                                             13

### Page 14

10791/25

      2.1.5   [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
              • Die vrees vir verdere sanksies en embargo’s teen Suid-Afrika, veral
                   oor die ontplooiing van troepe in Angola.
              • Die internasionale persepsie van Suid-Afrika tydens die konflik was
                   negatief as gevolg van sy apartheidsbeleide.
              • Baie lande het hierdie inval gesien as ’n poging van Suid-Afrika om
                   sy invloed in Angola uit te brei en om ’n marionetteregering te vestig
                   wat gunstig teenoor die Suid-Afrikaanse regering sou wees.
              • Hierdie inval in Angola het die risiko ingehou dat Suid-Afrika verdere
                   kritiek en diplomatieke isolasie vanaf die internasionale
                   gemeenskap sou ervaar.
              (Enige ander relevante antwoord)                                     (2 x 2)   (4)

2.2   Gebruik Bron 2B.

      2.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]

              •   Namibië
              •   Lubango
              •   Menongue,
              •   Cuito Cuanavale                                           (enige 3 x 1)    (3)

      2.2.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
              • ‘Castro het nie ’n bloedige konfrontasie, wat baie lewens aan beide
                  kante sou eis, gesoek nie’                                  (1 x 2)        (2)

      2.2.3   [Verduideliking van historiese konsep uit Bron 2B – V2]
              • Verwys na die verwydering van buitelandse beheer of invloed, veral
                  die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), uit gebiede wat hulle
                  voorheen in Angola beset het.
              • Die herstel van beheer oor Angolese grondgebied aan Angolese
                  magte en hul bondgenote (Kubaanse magte, FAPLA en SWAPO)
                  oor streke soos die Cunene- en Mocamedes-provinsies tydens die
                  Angolese burgeroorlog.
              (Enige ander relevante antwoord)                              (1 x 2)          (2)

      2.2.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
              • Die Kubane het taktiese meerderwaardigheid op die slagveld
                   getoon, deur die SAW doeltreffend teen te werk en uit te
                   maneuvreer; tydens onderhandelinge het hulle buigsaamheid
                   getoon en gewerk aan ’n oplossing wat met hul politieke doelwitte
                   ooreengestem het.
              • Hierdie benadering het hul aanpasbaarheid en strategiese
                   ingesteldheid uitgelig, terwyl die Suid-Afrikaners grotendeels op
                   militêre oplossings staatgemaak het.
              (Enige ander relevante antwoord)                                     (1 x 2)   (2)

                                              14

### Page 15

10791/25

      2.2.5   [Bepaal betroubaarheid van Bron 2B – V3]

              BETROUBAAR

              •   Dit is ’n ooggetuieverslag, aangesien die artikel geskryf is deur
                  Ronnie Kasrils, wat Cuba gedurende 1989 besoek het.
              • Die artikel gee Chester Crocker se perspektief, wat
                  geloofwaardigheid aan die bron gee, aangesien hy direk by die
                  onderhandelinge betrokke was.
              • Die bron verskaf inligting oor beide die militêre en diplomatieke
                  aspekte van die konflik/gebalanseerde oogpunt
              • Dit is 'n artikel uit An Independent Socialist Magazine, 'n
                  gerespekteerde tydskrif met betroubare en akkurate inligting.Dit
                  stem ooreen met Bron 2A rakende die Slag van Cuito Cuanavale
              (Enige ander relevante antwoord)                                    (2 x 2)    (4)

2.3   Verwys na Bron 2C.

      2.3.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]

              •     "Die Slag van Cuito Cuanavale gedurende 1987 en 1988 was een
                    van die laaste en mees betekenisvolle veldslae van die Koue Oorlog."
                                                                                 (1 x 2)     (2)

      2.3.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]

              (a)    Angola

                     •   Dit het die voortbestaan van die MPLA-regering verseker.
                     •   Dit het gelei tot die ontruiming van Suid-Afrikaanse en ander
                         buitelandse militêre magte uit die land.
                     • Dit het Angola in staat gestel om sy soewereiniteit te behou en
                         het die grondslag gelê vir vredesonderhandelinge met ander
                         politieke groepe in Angola.
                     • Dit het die eksterne inmenging in Angola se burgeroorlog
                         verminder.
                     (Enige ander relevante antwoord)                       (Enige 1 x 2)    (2)

              (b)    Suid-Afrika
                     • Die uitkoms by Cuito Cuanavale het die perke van Suid-Afrika
                         se militêre mag aangedui en die onvolhoubaarheid van sy
                         betrokkenheid by streekkonflikte beklemtoon.
                     • Die apartheidsregering het besef dat voortgesette militêre
                         betrokkenheid in Angola en Namibië nie volhoubaar was nie,
                         wat gelei het tot die onttrekking van sy troepe/ SA verloor
                         koloniale beheer oor Namibië
                     • Die Suid-Afrikaanse regering het begin onderhandel met die
                         ANC en ander partye, wat uiteindelik tot die beëindiging van
                         apartheid sou lei.
                     (Enige ander relevante antwoord)                        (Enige 1 x 2)   (2)
                                                15

### Page 16

10791/25

      2.3.3   [Interpretatasie van bewyse uit 2C – L2]

              • Kuba se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog wys sy
                 toewyding om bevrydingsbewegings en anti-imperialistiese stryd te
                 ondersteun.
              • Kuba het noodsaaklike militêre ondersteuning aan die MPLA-regering
                 gebied, wat sy betroubaarheid as bondgenoot bewys het.
              • Sy optrede het gehelp om vrede in die streek te verseker en het
                 bygedra tot die doelwitte van bevrydingsbewegings in Suider-Afrika.
              (Enige ander relevante antwoord)                                 (1 x 2)    (2)

2.4   Bestudeer Bron 2D.

      2.4.1   [Definisie van ŉ historiese term uit Bron 2D – L1]

              • Verenig as ’n groep wat gebaseer is op ’n gemeenskap van belange,
                 doelwitte of standaarde.
              • Wanneer ’n land of groep ondersteuning aan mekaar toon, veral in
                 politieke aangeleenthede wat eenheid aanmoedig.
              (Enige ander relevante antwoord)                              (1 x 2)       (2)

      2.4.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
              • Die pamflet weerspieël Namibiese onafhanklikheid, wat beïnvloed is
                  deur die strategiese nederlaag van die Suid-Afrikaanse magte tydens
                  die Slag van Cuito Cuanavale in Angola.
              • Die uitkoms van die geveg het die vermoë van bevrydingsbewegings
                  soos SWAPO getoon om die aanslag van die Suid-Afrikaanse
                  regering te weerstaan.
              • Die pamflet toon dat Suid-Afrika se beheer oor die streek verswak het
                  en het bygedra tot die aanvaarding van die VN-gemagtigde
                  onafhanklikheidsverkiesings in Namibië deur die Suid-Afrikaanse
                  regering.
              (Enige ander relevante antwoord)                            (Enige 1 x 2)   (2)

2.5    [Vergelyking van bewyse in Bron 2C en 2D – V3]
      • Bron 2C stel SWAPO voor as die sentrale bevrydingsbeweging wat Namibië
         se stryd vir onafhanklikheid en teen Suid-Afrika se apartheidsregering gelei
         het, en Bron 2D wys hoe SWAPO se doelwitte bereik is deur militêre en
         politieke strategieë toe Namibië onafhanklikheid verkry het.
      • Bron 2C verduidelik hoe die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale
         SWAPO gehelp het om Namibië se onafhanklikheid te verkry, en Bron 2D
         doen ’n beroep op internasionale eenheid en steun om Suid-Afrika se
         inmenging in Namibië te beëindig sodat vreedsame verkiesings kon
         plaasvind.
      • Bron 2C dui op SWAPO se doelwit om volle vryheid en selfbeskikking vir
         Namibië te verkry, en vra vir hulp van ander lande om dié doel te bereik, en
         Bron 2D toon dat SWAPO hierdie politieke doelwitte suksesvol bereik het.
      • Albei bronne toon SWAPO se doeltreffende politieke strategie en
         internasionale samewerking om bevryding vir Namibië te bereik.                   (4)
                                              16

### Page 17

10791/25

      (Enige ander relevante antwoord)                                    (Enige 2 x 2)

2.6   [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

      Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:

      • Die Suid-Afrikaanse regering het deur intelligensie-operasies kennis van
        FAPLA/Kubaanse opbou by Cuito Cuanavale geneem. (Bron 2A)
      • Hulle het besluit om Angola binne te val om UNITA te ondersteun. (Bron 2A)
      • Hierdie inval was om te verhoed dat FAPLA beheer oor UNITA se hoofkwartier
        te Mavinga verkry. (Bron 2A)
      • Die slag was ’n keerpunt in die streek se bevrydingstryd. (Eie kennis)
      • Kuba se betrokkenheid het die uitkoms van die geveg en die burgeroorlog in
        Angola verander. (Bron 2B)
      • Kuba het militêre hulp aan die MPLA/FAPLA verskaf en troepe gestuur om die
        FAPLA-mag te ondersteun. (Bron 2B)
      • Die Slag van Cuito Cuanavale het die beperkings van Suid-Afrika se militêre
        oorheersing blootgelê. (Bron 2B)
      • Die geveg het die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die onvolhoubaarheid
        van voortgesette militêre betrokkenheid in Angola en Namibië te erken.
        (Bron 2B)
      • Die geveg het bevrydingsbewegings soos die ANC en SWAPO versterk, en
        het moreel en steun vir anti-apartheidpogings verhoog. (Bron 2C)
      • Dit het gelei tot vredesonderhandelinge tussen die VSA, Angola, Kuba,
        SWAPO en Suid-Afrika onder leiding van die Verenigde Nasies. (Bron 2C)
      • Die resolusie van die Verenigde Nasies het uiteindelik gelei tot die onttrekking
        van Suid-Afrikaanse magte uit Angola. (Bron 2C)
      • Hierdie onttrekking van buitelandse magte uit Angola het gelei tot
        vredesonderhandelinge tussen MPLA, FAPLA en UNITA. (Bron 2C)
      • Suid-Afrika het die VN-resolusie aanvaar, en hierdie aanvaarding het die weg
        gebaan vir Namibië se onafhanklikheid in 1990. (Bronne 2C en 2D)
      • Internasionaal het Kuba se ingryping sy solidariteit met
        Afrikabevrydingsbewegings ten toon gestel. (Eie kennis)
      • In Suid-Afrika, as gevolg van verhoogde interne weerstand en internasionale
        sanksies, het die regering begin onderhandel met die ANC en ander politieke
        groepe. (Bron 2C)
      • Die slag het bygedra tot die afname in Koue Oorlog-spanning in die streek, en
        het vrede en stabiliteit bevorder. (Bron 2C)
      • In Suid-Afrika het die regering, onder druk van interne protes en internasionale
        druk, met die ANC en ander politieke rolspelers begin onderhandel. (Bron 2C)
      • Hierdie onderhandelinge het gelei tot die afskaffing van apartheid en die
        vestiging van ’n demokratiese regering in Suid-Afrika. (Eie kennis)
      (Enige ander relevante antwoord)

                                             17

### Page 18

10791/25

    Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

         • Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv., toon min of
           geen begrip om te verduidelik waarom die uitslag van
           die Slag van Cuito Cuanavale betekenisvol in die
           beïnvloeding van die politieke landskap van die Suid-       PUNTE:
VLAK 1
           Afrikaanse streek vanaf 1987 tot 1990 was.                    0–2
         • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
           nie.

         • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met
           die onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van waarom die
           uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale betekenisvol
           in die beïnvloeding van die politieke landskap van die      PUNTE:
VLAK 2
           Suid-Afrikaanse streek vanaf 1987 tot 1990 was.               3–5
         • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te
           skryf

         • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
           waarom die uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale
           betekenisvol was in die beïnvloeding van die politieke      PUNTE:
VLAK 3
           landskap van die Suid-Afrikaanse streek vanaf 1987 tot        6–8
           1990 was.
         • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
           paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
                                                                                 (8)
                                                                                [50]

                                         18

### Page 19

10791/25

VRAAG 3:        HOE HET DIE KINDERKRUISTOG VAN BIRMINGHAM IN 1963
                OPENBARE AANDAG OP DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE
                VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) GEVESTIG?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1     Lees Bron 3A.

        3.1.1    [Onttrekking van inligting uit Bron 3A – L1]
                 • “streng afgedwonge segregasie van swart en wit mense in
                     openbare ruimtes”.                                    (1 x 2)         (2)

        3.1.2    [Onttrekking van inligting uit Bron 3A – L1]
                 • optogte,
                 • sitstakings by toonbanke,
                 • “knielsessies” in wit kerke,
                 • aandbyeenkomste,
                 • boikotte van sakeondernemings                          (Enige 4 x 1)    (4)

        3.1.3    [Verduidelik ŉ term uit Bron 3A – V1]
                 • Passiewe verset – aksie om die regering teen te staan sonder
                     om geweld te gebruik.
                 • Die gebruik van nie-gewelddadige metodes om sosiale en
                     politieke verandering te bewerkstellig.
                 (Enige ander relevante antwoord)                           (1 x 2)        (2)

        3.1.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
                 • Die swart predikante het enige gewelddadige taktieke
                      veroordeel.
                 • Slegs 10% het dit ondersteun, want die res het geweld van Bull
                      Conner en wit heerssugtiges verwag.
                 • Die predikante het nie geglo (leef dit wat jy preek) dat die veldtog
                      in Birmingham suksesvol kon wees nie, en daarom het hulle dit
                      veroordeel.
                 (Enige ander relevante antwoord)                                (1 x 2)   (2)

        3.1.5    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
                 • Duisende kinders is gearresteer, wat nasionale verontwaardiging
                      onder beide swart en wit Amerikaners veroorsaak het.
                 • Die polisie is beveel om honde en brandslange op kinders te
                      gebruik. Hierdie gebruik van geweld is deur die media ontbloot.
                 • Skokkende beelde van kinders wat aangeval en gearresteer is,
                      het regoor die land en wêreld versprei, wat steun vir die
                      Burgerregtebeweging en kritiek teen die federale regering ontlok
                      het.
                 (Enige ander relevante antwoord)                               (2 x 2)    (4)

                                               19

### Page 20

10791/25

3.2   Verwys na Bron 3B.

      3.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
              • James Bevel                                                   (1 x 2)   (2)

      3.2.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
              • Vanweë die dreigemente van geweld deur wit groepe.
              • Polisiebeamptes onder leiding van Eugene “Bull” Connor, die
                 Kommissaris van Openbare Veiligheid in Birmingham, wat berug
                 was vir sy rassistiese beleide.
              (Enige ander relevante antwoord)                           (2 x 1)        (2)

      3.2.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
              • “Ons is gesê dat as jy besluit om deel te neem, dit ’n nie-
                 gewelddadige beweging is, so jy mag nie terugveg nie.        (1 x 2)   (2)

      3.2.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – L2]
              • Die Kinderkruistog het ’n keerpunt in die Burgerregtebeweging
                   geword, aangesien dit tot wetgewende verandering gelei het.
              • Die kinders van Birmingham het publisiteit vir die
                   Burgerregtebeweging in 1963 verkry, wat tot meer steun vir die
                   beweging gelei het.
              • Die Kinderkruistog het nasionale aandag gevestig op
                   rasseskeiding en polisiegeweld in Birmingham, en het rassisme
                   ontbloot.
              • Die Kinderkruistog het gelei tot die afskaffing van rasseskeiding
                   in Birmingham se openbare ruimtes, wat die doelwit van die
                   Burgerregtebeweging was.
              • Die moed van die kinders het hul ouers geïnspireer om ook teen
                   rasseskeiding te veg, aangesien kinders simpatie vir die saak
                   gewek het.
              • Die Kinderkruistog het die aandag van die federale regering en
                   president Kennedy getrek/federale ingryping wat gelei het tot die
                   aanvaarding van die Burgerregtewet.
              • Enige ander relevant antwoord                                 (1 x 2)   (2)

                                           20

### Page 21

10791/25

3.3 Bestudeer Bron 3C.

    3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2
          • Die polisie het alle polisielede en brandbestryders wat van diens af was,
               opgeroep om genoeg mannekrag te hê om die optog te beheer.
          • Die artikel toon die rassistiese houding van die Birmingham-polisie
               teenoor swart betogers, soos gesien in die verwysing na “Brace –
               prepare for another busy afternoon in Birmingham.”/“Maak reg vir nóg ŉ
               besige middag ”
          • Die artikel beklemtoon die polisiewreedheid teenoor die swart betogers,
               veral in die verwysing na die gebruik van knuppels.
          (Enige ander relevante antwoord)                               (Enige 2 x 2)       (4)

    3.3.2 [Bepaal beperkings van Bron 3C –V3]
          Die bron is BEPERK omdat:
          • Die bron eensydig en bevooroordeeld is – dit fokus slegs op die
              perspektief van die polisie en sê niks positiefs oor die betogers nie.
          • Die bron beeld die Kinderkruistog in ’n negatiewe lig uit – byvoorbeeld
              deur uitsprake soos: “MAAK GEREED IN BIRMINGHAM” of “swart
              mense ... in groot getalle na die middestad van Birmingham gestroom”.
          • Die bron is ’n vorm van propaganda teen die Kinderkruistog aangesien
              dit die optog as ’n bedreiging vir wit oorheersing wil uitbeeld.
          (Enige ander relevante antwoord)                                   (Enige 2 x 2)   (4)

3.4 [Vergelyk Bron 3A en Bron 3C – V3]
    • Bron 3A noem dat “jeug in hul duisende begin mars het”, wat ondersteun word
       deur Bron 3C wat aandui dat dit ’n massademonstrasie was.
    • Bron 3A noem dat die tronke oorvol was, terwyl Bron 3C ook aandui dat die
       “tronke reeds propvol” was.
    • Bron 3A verwys na skokkende beelde van jongmense wat aangeval is, en dit
       word bevestig in Bron 3C met die verwysing na “beweeg in met knuppels”.
    • Albei bronne beklemtoon polisiewreedheid teenoor die Kinderkruistog.
    (Enige ander relevante antwoord)                                   (Enige 2 x 2)         (4)

3.5 Raadpleeg Bron 3D.

    3.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D –L2]
          Geregverdig:
          • King het ’n duidelike boodskap aan die owerhede en die voorstanders
               van segregasie gestuur dat die burgerregtebeweging nie sou ophou nie/
               tot verdere optogte sou lei/ Na die kinderkruistog was daar ander
               proteste.
          • King het bedoel dat die stryd vir geregtigheid en gelykheid sou
               voortgaan, ten spyte van die gewelddadige reaksie.
          • King het bedoel dat hulle sou volhard totdat werklike verandering
               plaasvind.

           Nie geregverdig nie:
              • Die staat kon meer troepe/polisie ontplooi het om die weerstand te
                 onderdruk/meer burgerregte-weerstand te voorkom.                            (2)
                                          21

### Page 22

10791/25

              •  Kan tot meer bloedvergieting lei.
              •  Die Burgerregtebeweging het steun verloor omdat Martin Luther King
                 Jr. homself eerste gestel het en ouers hul oortuiging verloor het
                 weens die verlies van kinders.
              • Dit was nie gewaarborg dat ouers kinders sou toelaat om aan die
                 volgende optog deel te neem nie.
           (Enige ander relevante antwoord)                                (Enige 1 x 2)

    3.5.2 [Verduidelik ŉ term uit Bron 3D – L2]
          • ’n Reeks nie-gewelddadige betogings/veldtogte wat deur swart
              skoolkinders gelei is teen segregasie in Birmingham, Alabama, VSA in
              1963, met die doel om verandering teweeg te bring.
          (Enige ander relevante antwoord)                                    (1 x 2)      (2)

    3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – L2]
          • Foto's en televisiebeelde van kinders wat aangeval is, het die federale
               regering in die verleentheid gebring, aangesien hulle gebrek aan
               optrede om die dade van die owerhede in Birmingham te veroordeel,
               gekritiseer is.
          • Beelde van polisiewreedheid in Birmingham is regoor die land en
               wêreld gesien, wat die rassisme in Birmingham ontbloot het.
          • President Kennedy was bevrees dat dit tot meer konflik tussen swart
               Amerikaners en wit heerssugtiges kon lei.
          • Die regering het die Burgerregtewet van 1964 aanvaar om die regte van
               Afro-Amerikaners te akkommodeer.

           (Enige ander relevante antwoord)                                (Enige 1 x 2)   (2)

    3.5.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
          • “die kinders het hulle verontagsaam”
          • “geen vrees getoon nie, en hul eie verandering gebring”.             (2 x 1)   (2)

3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – L3]
    Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
    • Die Birmingham-veldtog het geëis dat segregasie beëindig word en gelyke
        werksgeleenthede vir swart mense geskep word. (Bron 3A)
    • Die veldtog het aanvanklik stadig op dreef gekom. (Bron 3A)
    • Die polisie was aanvanklik terughoudend, en die veldtog het min media-aandag
        gegenereer. (Bron 3A)
    • Dit het verander toe duisende jong mense begin het met optogte. (Bron 3A)
    • Meer as 3 400 jongmense is gearresteer. (Bron 3A)
    • Polisiehoof Bull Connor het die polisie beveel om die kinders aan te val.
        (Bron 3A)
    • Skokkende beelde van kinders wat aangeval is, het regoor die wêreld versprei.
        (Bron 3A)
    • Die mag het na die Kinderkruistog geskuif. (Bron 3A)
    • Meer as 1 000 studente het skool gebank om aan die protes deel te neem.
        (Bron 3B)
    • Meer as 2 000 is glo gearresteer. (Bron 3B)
                                              22

### Page 23

10791/25

     • Die Kinderkruistog het as ’n katalisator vir verandering gedien. (Bron 3B)
     • Die media het die veldtog regoor die land en wêreld uitgelig. (Bron 3D)
     • Beelde in koerante het die federale regering in die verleentheid gestel.
       (Bron 3D)
     • Daarom was die Birmingham-veldtog, veral die Kinderkruistog, hoe die Wet op
       Burgerregte van 1964 gewen is. (Bron 3D)
     • Die Kinderkruistog het president Kennedy gedwing om na groter burgerregte vir
       swart Amerikaners toe te beweeg. (Bron 3D)
     • Die beelde van geweld het die beweging hervorm. (Eie kennis)

     • Die Kinderkruistog het met behulp van die media nasionale aandag op die
        rassekwessies in die gesegregeerde Suide gevestig. (Eie kennis)
     • Segregasie en rassegeweld het ’n nasionale probleem geword. (Eie kennis)
     Enige relevante antwoord.

Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
            • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of
              geen begrip van hoe die kinderkruistog van Birmingham
              in 1963 openbare aandag op die Burgerregtebeweging in           PUNTE
 VLAK 1
              die Verenigde State van Amerika gevestig het.                    0–2
            • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.

            • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
              onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van hoe die
              kinderkruistog van Birmingham in 1963 openbare aandag
              op die Burgerregtebeweging in die Verenigde State van           PUNTE
 VLAK 2
              Amerika gevestig het.                                            3–5
            • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te
              skryf.

            • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
              hoe die kinderkruistog van Birmingham in 1963 openbare
              aandag op die Burgerregtebeweging in die Verenigde
                                                                              PUNTE
 VLAK 3       State van Amerika gevestig het.
                                                                               6–8
            • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
              en toon begrip van die onderwerp.

                                                                                        (8)
                                                                                       [50]

                                             23

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
