# History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/9a281dc9-6e11-4c3b-bb0f-ae0d1c4b7f0b
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/9a281dc9-6e11-4c3b-bb0f-ae0d1c4b7f0b)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
          2025

           10791

       GESKIEDENIS

       (VRAESTEL 1)

                                   TYD: 3 uur

                                   PUNTE: 150

         9 bladsye + ŉ addendum van 14 bladsye

                                                 b.o.

### Page 2

GESKIEDENIS                           2
                                               (VRAESTEL 1)               10791/25

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:     DIE KOUE-OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                  OORLOG

     VRAAG 2:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

     VRAAG 3:     BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
                  BURGERREGTEBEWEGING

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:     DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

     VRAAG 5:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

     VRAAG 6:     BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’S TOT DIE 1970’s: DIE
                  SWARTMAGBEWEGING

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Die bronmateriaal wat
     benodig word om die vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
           moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2   Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
     toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur die ŉ blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.   Skryf duidelik en leesbaar.

                                                                                         b.o.

### Page 3

GESKIEDENIS                               3
                                               (VRAESTEL 1)                10791/25

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae vanuit hierdie
afdeling NIE. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in
die ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:     HOE HET DIE STRYD OM BEHEER EN INVLOED TUSSEN DIE
             VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VANAF
             1947 TOT KOUE OORLOG-SPANNING IN EUROPA BYGEDRA?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Lees Bron 1A.

      1.1.1 Volgens die bron, wanneer het Kennan se idees, wat die grondslag van
            die Truman-administrasie se buitelandse beleid geword het, vir die eerste
            keer publieke aandag gekry?                                        (1 x 1)       (1)

      1.1.2 Definieer die term inperking in jou eie woorde                     (1 x 2)       (2)

      1.1.3 Verduidelik wat met die stelling, “hy 'n beroep gedoen om ‘Sowjet-druk
            teen die vrye instellings van die Westerse wêreld’ teen te werk”
            geïmpliseer word, binne die konteks van die Verenigde State se
            strategie.                                                        (2 x 2)        (4)

      1.1.4 Lewer kommentaar waarom jy dink Sowjet-uitbreiding as ’n bedreiging
            vir die wêreld se belangrikste sentrums van industriële mag beskou is.
                                                                             (2 x 2)         (4)

1.2   Raadpleeg Bron 1B.

      1.2.1 Wat, volgens die bron, weerspieël die buitelandse beleid van die
            Verenigde State?                                                 (1 x 2)         (2)

      1.2.2 Haal DRIE maniere uit die bron aan wat verduidelik hoe die Verenigde
            State se planne vir uitbreiding ontwikkel en geïmplementeer is. (3 x 1)          (3)

      1.2.3 Verduidelik die konsep buitelandse beleid in die konteks van die USSR
            tydens die Koue Oorlog.                                           (1 x 2)        (2)

      1.2.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir ’n
            historikus wat oor die uitbreidingsbeleid van die Verenigde State
            navorsing doen.                                                   (2 x 2)        (4)

                                                                                             b.o.

### Page 4

GESKIEDENIS                                 4
                                                (VRAESTEL 1)                 10791/25

1.3   Verwys na Bronne 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A verskil van
      die bewyse in Bron 1B met betrekking tot die USSR se buitelandse beleid.
                                                                               (2 x 2)          (4)

1.4   Verwys na Bron 1C.

      1.4.1   Wat, volgens die bron, was die toestande in Europa toe die Tweede
              Wêreldoorlog in 1945 geëindig het?                              (2 x 1)           (2)

      1.4.2   Noem die Wet wat President Truman in 1948 aanvaar het.              (1 x 2)       (2)

      1.4.3   Verduidelik waarom jy dink President Harry Truman in Desember 1947
              ’n boodskap aan die Kongres gestuur het om ekonomiese hulp aan
              Europa te verleen.                                            (1 x 2)             (2)

      1.4.4   Noem TWEE hulpmiddels in die bron wat Europese herstel moontlik
              gemaak het.                                                  (2 x 1)              (2)

1.5   Gebruik Bron 1D.

      1.5.1 Verduidelik waarom die titel: “Trap hom plat, Dokter” as ’n gepaste opskrif
            vir die spotprent sou beskou                                        (1 x 2)         (2)

      1.5.2 Waarom, dink jy, word kommunisme as ’n aasvoël in die spotprent
            uitgebeeld?                                                     (1 x 2)             (2)

      1.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe
            die Amerikaanse Kongres op die gevaar van kommunisme, soos in die
            spotprent uitgebeeld, gereageer het.                                  (2 x 2)       (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis om ’n paragraaf
      van AGT reëls (ongeveer 80 woorde) te skryf waarin jy verduidelik hoe die stryd
      om beheer en invloed tussen die Verenigde State van Amerika en die
      Sowjetunie vanaf 1947 tot Koue Oorlog-spanning in Europa bygedra het.                  (8)
                                                                                            [50]

                                                                                                b.o.

### Page 5

GESKIEDENIS                                  5
                                                (VRAESTEL 1)                  10791/25

VRAAG 2:      WAAROM WAS DIE UITSLAG VAN DIE SLAG VAN CUITO
              CUANAVALE BETEKENISVOL IN DIE BEÏNVLOEDING VAN DIE
              POLITIEKE LANDSKAP VAN DIE SUIDELIKE AFRIKA-STREEK
              VANAF 1987 TOT 1990?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Lees Bron 2A.

      2.1.1   Lys die DRIE kolonels wat betrokke was by die vergadering wat bekend
              staan as "Die Nag van die Drie Kolonels".                       (3 x 1)            (3)

      2.1.2   Wat, volgens die bron, het Generaal Rafael Del Pino Diaz beskou as die
              beste taktiek wat gebruik moes word om te keer dat FAPLA na Mavinga
              opruk?                                                          (1 x 2)            (2)

      2.1.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
              waarom die CIA besluit het om die Suid-Afrikaanse regering by Cuito
              Cuanavale te ondersteun.                                             (1 x 2)       (2)

      2.1.4   Haal bewyse uit die bron aan wat suggereer dat die Suid-Afrikaanse
              regering nie die kolonels se eerste plan om die Kubaanse/FAPLA-magte
              se opmars te stop, goedgekeur het nie.                          (1 x 2)            (2)

      2.1.5   Lewer kommentaar op hoe die internasionale persepsie van Suid-Afrika
              se beleid sy militêre besluite tydens die konflik beïnvloed het. (2 x 2)           (4)

2.2   Gebruik Bron 2B.

      2.2.1   Identifiseer die DRIE gebiede waaroor die Kubaanse/FAPLA-front
              gestrek het.                                                   (3 x 1)             (3)

      2.2.2   Gee bewyse uit die bron oor waarom Fidel Castro selfbeheersing
              beoefen het en dit vermy het om in Namibië in te marsjeer.     (1 x 2)             (2)

      2.2.3   Definieer die term bevry in die konteks van die Angolese Burgeroorlog.
                                                                               (1 x 2)           (2)

      2.2.4   Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: “Om die Kubane te
              lees is op sigself ’n kunsvorm. Hulle is voorberei op sowel oorlog as
              vrede,” met betrekking tot die Kubane se benadering tydens die
              Angolese Burgeroorlog.                                              (1 x 2)        (2)

      2.2.5   Verduidelik waarom ’n historikus hierdie bron as betroubaar sou beskou
              met betrekking tot die Slag van Cuito Cuanavale.                 (2 x 2)           (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 6

GESKIEDENIS                                6
                                                 (VRAESTEL 1)                10791/25

2.3   Verwys na Bron 2C.

      2.3.1   Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat hierdie geveg die laaste
              ideologiese konflik van die Koue Oorlog was.                  (1 x 2)             (2)

      2.3.2   Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe
              die uitkoms by Cuito Cuanavale as ’n keerpunt vir die volgende lande
              gedien het:

              (a)   Angola                                                        (1 x 2)       (2)

              (b)   Suid-Afrika                                                   (1 x 2)       (2)

      2.3.3   Verduidelik hoe Kuba as ’n betroubare vennoot in die ontwikkelende
              wêreld gesien kan word deur sy rol in die Angolese Burgeroorlog.
                                                                               (1 x 2)          (2)
2.4   Bestudeer Bron 2D.

      2.4.1   Definieer die term solidariteit in jou eie woorde.                  (1 x 2)       (2)

      2.4.2   Watter boodskap lewer die pamflet oor die uitkoms van die Slag van
              Cuito Cuanavale?                                                (1 x 2)           (2)

2.5   Verwys na Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse
      in Bron 2D met betrekking tot SWAPO se politieke doelwitte vir Namibië
      ondersteun.                                                              (2 x 2)          (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis om ’n paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) te skryf waarin jy verduidelik
      waarom die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale betekenisvol was in die
      beïnvloeding van die politieke landskap van die Suidelik Afrika-streek tussen
      1987 en 1990.                                                                          (8)
                                                                                            [50]

                                                                                                b.o.

### Page 7

MAAK ASSEBLIEF HIERDIE
   ADDENDUM VAN 14 BLADSYE LOS.

        VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                 2025

                  10791

               GESKIEDENIS

               (VRAESTEL 1)

                ADDENDUM

14 bladsye

                                  b.o.

### Page 8

GESKIEDENIS                ADDENDUM              2
                                                  (VRAESTEL 1)                 10791/25

VRAAG 1:     HOE HET DIE STRYD OM BEHEER EN INVLOED TUSSEN DIE
             VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VANAF
             1947 TOT KOUE OORLOG-SPANNING IN EUROPA BYGEDRA?

BRON 1A

Die onderstaande bron is geneem uit die argief van die Amerikaanse Departement van
Buitelandse Sake. Dit verduidelik die 8 000-woord-telegram deur George Kennan, ’n
Amerikaanse diplomaat wat in Moskou gewoon het, wat aan President Truman se
Departement van Buitelandse Sake gestuur is. Kennan se Lang Telegram het die grondslag
vir die Amerikaanse beleid teenoor die Sowjetunie vanaf 1947 gevorm.

  George F. Kennan, ’n beroepsdiplomaat van die Amerikaanse Buitelandse Diens, het
  die beleid van “inperking” geformuleer – die basiese strategie van die Verenigde State
  om die Koue Oorlog (1947 – 1989) teen die Sowjetunie te voer. Kennan se idees, wat
  die grondslag van die Truman-administrasie se buitelandse beleid geword het, het vir
  die eerste keer in 1947 publieke aandag gekry in die vorm van ’n anonieme bydrae tot
  die tydskrif Foreign Affairs, bekend as die sogenaamde “X-artikel”. “Die hoofelement
  van enige Amerikaanse beleid teenoor die Sowjetunie,” het Kennan geskryf, “moet ’n
  langtermyn-, geduldige maar ferm en waaksame inperking van Rusland se
  ekspansionistiese neigings wees.” Ten einde dit te bereik, het hy 'n beroep gedoen om
  "Sowjet-druk teen die vrye instellings van die Westerse wêreld" teen te werk deur die
  "bekwame (vaardige) en waaksame toepassing van teenkrag (teenmag) op 'n reeks
  voortdurend verskuiwende geografiese en politieke punte, wat ooreenstem met die
  verskuiwings en maneuvers (operasies) van die Sowjet-beleid. So 'n beleid, het Kennan
  voorspel, sou “tendense bevorder wat uiteindelik hul uitkoms in óf die verbrokkeling óf
  die geleidelike versagting van Sowjet-mag moet vind."

  Kennan se beleid was van die begin af omstrede. Die rubriekskrywer, Walter Lippmann,
  het die X-artikel gekritiseer omdat dit nie tussen vitale (belangrike) en perifere (afgeleë)
  belange onderskei het nie. Die Verenigde State, het Kennan se artikel geïmpliseer,
  moet die Sowjetunie en sy kommunistiese bondgenote teenstaan wanneer en waar
  hulle ook al 'n risiko inhou om invloed te kry. In werklikheid het Kennan gepleit dat daar
  veral gefokus moes word op die verdediging van die wêreld se belangrikste sentrums
  van industriële mag teen Sowjet-uitbreiding, naamlik: Wes-Europa, Japan en die
  Verenigde State ...
                                  [Bron: https://2001-2009.state.gov/r/pa/ho/time/cwr/17601.htm.
                                                              Toegang op 28 Maart 2025 verkry.]

                                                                                                       b.o.

### Page 9

GESKIEDENIS                ADDENDUM          3
                                                 (VRAESTEL 1)                 10791/25

BRON 1B

Die onderstaande bron is ’n uittreksel van Nikolai Novikov, die Sowjetambassadeur in
die Verenigde State tussen April 1946 en Oktober 1947. In September 1946 het
Novikov aan Moskou verslag gedoen in reaksie op George Kennan se ‘Lang
Telegram’.

  Die buitelandse beleid van die Verenigde State, wat die imperialistiese neigings van
  Amerikaanse monopolistiese (alleen beheerde) kapitaal weerspieël, word in die
  naoorlogse tydperk gekenmerk deur ’n strewe na wêreldheerskappy. Dít is die
  werklike betekenis van die talle uitsprake deur President Truman en ander
  verteenwoordigers van die Amerikaanse regerende kringe: dat die Verenigde State
  die reg het om die wêreld te lei. Al die magte van Amerikaanse diplomasie – die
  weermag, lugmag, vloot, nywerheid en wetenskap – word in diens gestel van hierdie
  buitelandse beleid.

  Vir hierdie doel is wye uitbreidingsplanne ontwikkel en word dit geïmplementeer deur
  diplomatieke middele en die vestiging van ’n netwerk van vloot- en lugmagbasisse
  wat ver buite die grense van die Verenigde State strek, deur die wapenwedloop, en
  deur die skepping van al hoe nuwer soorte wapens …

  Die enorme relatiewe invloed van die USSR in internasionale aangeleenthede in die
  algemeen, en in Europese lande in die besonder, die onafhanklikheid van sy
  buitelandse beleid, en die ekonomiese en politieke hulp wat dit aan buurlande
  verskaf, hetsy bondgenote of voormalige vyande, het gelei tot die groei van
  die politieke invloed van die Sowjetunie in hierdie lande en tot die
  verdere versterking van demokratiese neigings daarin. Só ’n situasie word
  deur die Amerikaanse imperialiste as ’n hindernis vir die ekspansionistiese
  beleid van die Verenigde State beskou …
              [Bron: https://alphahistory.com/coldwar/novikov-responds-long-telegram-1946/
                                                          Toegang op 27 Maart 2025 verkry.]

                                                                                                  b.o.

### Page 10

GESKIEDENIS               ADDENDUM            4
                                                (VRAESTEL 1)                10791/25

BRON 1C

Die onderstaande bron is afkomstig uit die algemene rekords van die regering van die
Verenigde State. Dit verduidelik hoe die VSA die verspreiding van kommunisme in
Europa wou stuit.

  …Toe die Tweede Wêreldoorlog in 1945 geëindig het, was Europa in puin: die stede
  was verwoes, die ekonomieë verpletter, en die mense het hongersnood in die gesig
  gestaar. In die twee jaar ná die oorlog het die Sowjetunie se beheer oor Oos-Europa
  en die kwesbaarheid van Wes-Europese lande vir Sowjet-uitbreiding die krisisgevoel
  verder verhoog. Om hierdie noodtoestand aan te spreek, het minister van buitelandse
  sake, George Marshall, in ’n toespraak by die Harvard-universiteit op 5 Junie 1947,
  voorgestel dat Europese lande ’n plan vir hul ekonomiese heropbou opstel en dat die
  Verenigde State ekonomiese hulp verskaf.

  Op 19 Desember 1947, het President Harry Truman 'n boodskap na aanleiding van
  Marshall se idees aan die Kongres gestuur om ekonomiese hulp aan Europa te
  verleen. Die Kongres het met oorweldigende steun die Wet op Ekonomiese
  Samewerking van 1948 aanvaar, en op 3 April 1948 het President Truman die wet
  wat as die Marshall-plan bekend geword het, onderteken.

  Oor die volgende vier jaar het die Amerikaanse Kongres $13,3 miljard bewillig vir die
  herstel van Europa. Hierdie hulpmiddels het baie nodige kapitaal en materiaal
  voorsien wat die Europeërs in staat gestel het om die kontinent se ekonomie te
  herbou.

  Vir die Verenigde State het die Marshall-plan markte vir Amerikaanse goedere
  voorsien, betroubare handelsvennote geskep, en die ontwikkeling van stabiele
  demokratiese regerings in Wes-Europa ondersteun. Die Kongres se goedkeuring van
  die Marshall-plan het n voortsetting van die tweeledige samewerking van die Tweede
  Wêreldoorlog na die naoorlogse jare aangedui.
                         [Bron: https://www.archives.gov/milestone-documents/marshall-plan.
                                                          Toegang op 29 Maart 2025 verkry.]

                                                                                                  b.o.

### Page 11

GESKIEDENIS               ADDENDUM           5
                                                  (VRAESTEL 1)                10791/25

BRON 1D

Die spotprent hieronder is getiteld “STEP ON IT, DOCTER” deur Roy Justus. Dit het
op 29 November 1947 in die Minneapolis Star-koerant verskyn. Die spotprent beeld
die VSA se strategie van inperking uit.

 [Bron: https://moorhistory.weebly.com/development--impact-of-the-cold-war-containment.html.
                                                          Toegang op 28 Maart 2025 verkry.]

VERTALING

    “TRAP HOM PLAT,                                   Dokter V.S.
                                  Wes-Europa                            Chaos       Kommunisme
       DOKTER!”                                        Kongres

                                                                                                   b.o.

### Page 12

GESKIEDENIS               ADDENDUM          6
                                                   (VRAESTEL 1)                10791/25

VRAAG 2:     WAAROM WAS DIE UITSLAG VAN DIE SLAG VAN CUITO
             CUANAVALE BETEKENISVOL IN DIE BEÏNVLOEDING VAN DIE
             POLITIEKE LANDSKAP VAN DIE SUIDELIKE AFRIKA-STREEK
             VANAF 1987 TOT 1990?

BRON 2A

Die onderstaande bron is geneem uit 'n boek deur 'n Britse buitelandse
korrespondent, F Bridgland, getiteld The War for Africa – Twelve Months That
Transformed a Continent. Dit verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse regering
besluit het om UNITA by Cuito Cuanavale, Angola, by te staan.

   Dit was op hierdie stadium – laat Junie, vroeg Julie – dat die SAW operasionele
   voorstelle aan die Departement van Verdediging in Pretoria voorgelê het om die
   FAPLA/Kubaanse opbou teen te werk. Die vergadering tussen Harris, Oelsig en die
   bevelvoerder van die SAW se noordwestelike Namibiese sektor, Kolonel Piet
   Muller, by Harris se veldhoofkwartier suid van die Lombarivier, het bekend geword
   as “Die Nag van die Drie Kolonels”. Dit was ’n lang en traumatiese nag met baie
   hewige argumente. Die plan wat deur die "drie kolonels" verkies is, het behels dat
   ’n groot gevegsroep vanaf Namibië noordwaarts langs die westelike oewer van die
   Cuito-rivier gestuur sou word, Cuito Cuanavale van agter sou aanval, en beheer
   sou neem oor die smal pad vanaf Menongue waardeur logistieke voorrade na die
   brigades vervoer is.

   Teen hierdie tyd het die CIA reeds intelligensie-ontledings aan die SAW verskaf oor
   die FAPLA/Kubaanse opbou, gebaseer op inligting van Generaal Rafael Del Pino
   Diaz, wie se ondervraging in Virginia ná sy oorloop (defection) van Kuba amper
   afgehandel was. Del Pino se raad was dat die afsny van die Menongue tot Cuito
   Cuanavale voorsieningspad die beste en mees logiese manier was om die offensief
   te stuit.

   Daardie besluit is op die hoogste vlak deur Staatspresident P.W. Botha geneem.
   Sy vrees, en dié van sy kabinet, was vir die internasionale oproer wat sou volg
   indien dit voorkom asof gewone Suid-Afrikaanse troepe honderde kilometers binne
   Angola veg. Suid-Afrika was reeds onder ernstige internasionale druk, in die vorm
   van sanksies, disinvestering en verskeie vorme van boikotte, oor sy binnelandse
   rassewette en die ontkenning van stemreg aan die swart meerderheid. Min lande
   sou geneig wees om die teenwoordigheid van 'n groot Suid-Afrikaanse militêre mag
   in die grondgebied van 'n soewereine swart Afrika-staat te verstaan: dit sou eerder
   as nóg ’n stok gebruik word om ’n land te slaan wat desperaat probeer het om
   internasionale aansien te herwin. Die Suid-Afrikaanse kabinet het dus eerder die
   bevelvoerders se sekondêre plan goedgekeur: ’n aanval in die area oos van die
   Cuito-rivier om te verhoed dat FAPLA UNITA se strategiese vesting by Mavinga
   inneem.
    [Bron: The War for Africa – Twelve Months That Transformed a Continent deur F Bridgland]

                                                                                                   b.o.

### Page 13

GESKIEDENIS                ADDENDUM             7
                                                  (VRAESTEL 1)                 10791/25

BRON 2B

Hierdie bron is ’n uittreksel uit ’n artikel in die tydskrif Monthly Review – An
Independent Socialist Magazine. Die titel van die artikel is: Cuito Cuanavale, Angola
25th Anniversary of a Historic African Battle (1 April 2013). Dit is geskryf deur Ronnie
Kasrils, ’n Suid-Afrikaanse politikus, voormalige guerrillavegter en militêre
bevelvoerder. Hy het die Sewende Kongres van die SAKP bygewoon, wat in April 1989
in Kuba gehou is.

    Op sy tafelmodel het Castro gewys op die merkwaardige prestasie van ’n
    troepontplooiing van 40 000 Kubaanse, FAPLA- en SWAPO-soldate, ’n front wat
    vanaf Namibië aan die kus, langs ’n spoorlyn deur Lubango en Menongue, tot by
    Cuito Cuanavale in die ooste gestrek het. Die SAW-magte by Cuito was afgesny,
    soos ’n belangrike skaakstuk wat te vroeg op die bord gevorder het, terwyl kragtige
    magte (gewapen met die nuutste Sowjetwapens en met superieure lugdekking)
    weswaarts na die Namibiese grens beweeg het. Angola se suidelike Cunene- en
    Mocamedes-provinsies is ná jare van SAW-beheer bevry.

    Die Kubane kon in Namibië in marsjeer het, maar het selfbeheersing beoefen. Alle
    partye, insluitend die Verenigde State en die Sowjetunie, was op soek na kompromie
    en ’n pad vorentoe in onderhandelinge wat tot op daardie punt nêrens heen gelei het
    nie. Castro het nie ’n bloedige konfrontasie, wat baie lewens aan beide kante sou
    eis, gesoek nie en apartheid se generaals en politieke leiers ook nie. Hulle kon nog
    minder as die Kubane bekostig om ongevalle te ly, gegewe die massa-volksprotes,
    die toenemende gewapende operasies binne Suid-Afrika deur die ANC se militêre
    vleuel, Umkhonto we Sizwe (Die Spies van die Nasie), en die groeiende weerstand
    onder jong wit dienspligtiges teen militêre diens.

    As gevolg van die handelsverbod moes Chester Crocker, hoofonderhandelaar van
    die Verenigde State, ’n spesiale vrystelling ontvang om met Jorge Risquet, hoof van
    die Kubaanse afvaardiging, te vergader. Crocker het vertroulik gesê: “Om die
    Kubane te lees is op sigself ’n kunsvorm. Hulle is voorberei op sowel oorlog as vrede.
    Ons sien beduidende taktiese finesse (vaardigheid) en werklik kreatiewe bewegings
    aan die onderhandelingstafel.” Sy mening oor die Suid-Afrikaners was dat “hulle
    militêre mag verwar het met nasionale strategie.” Hy was absoluut reg. Vir jare het
    ’n militêre ingesteldheid in Suid-Afrika begin oorheers, met SAW-generaals wat groot
    invloed oor die politici uitgeoefen het. Hoewel die generaals probeer het om die
    omvang van die terugslag in Angola te verbloem en ’n valse oorwinning gepropageer
    het, het vertroue in die SAW se doeltreffendheid onder Suid-Afrika se politieke en
    ekonomiese elite begin afneem.
                           [Bron: https://monthlyreview.org/2013/04/01/cuito-cuanavale-angola/.
                                                        Toegang op 28 Desember 2024 verkry.]

                                                                                                      b.o.

### Page 14

GESKIEDENIS               ADDENDUM           8
                                                   (VRAESTEL 1)                10791/25

BRON 2C

Die onderstaande bron is ’n uittreksel uit Scientia Militaria, South African Journal of
Military Studies, Volume 37, Nommer 2, 2009. Die artikel verduidelik die uitkomste van die
Slag van Cuito Cuanavale en die impak wat dit op Angola, Suid-Afrika en Namibië gehad
het.

Die Slag van Cuito Cuanavale gedurende 1987 en 1988 was een van die laaste en mees
betekenisvolle veldslae van die Koue Oorlog. Hierdie slag het die politieke en strategiese
landskap van die suidelike Afrika-streek permanent verander. Die vredesonderhandelinge
wat na afloop van die slag gevolg het, het gelei tot die onttrekking van die Suid-Afrikaanse
weermag uit Angola en Namibië, wat weer tot Namibië se onafhanklikheid en ’n
onderhandelde skikking in Suid-Afrika gelei het. Die uitkomste van die militêre veldtogte in
Angola het die pad gebaan vir ’n reeks gebeure wat uiteindelik gelei het tot die
verwesenliking van die politieke doelwitte van bevrydingsbewegings in Suid-Afrika, Angola
en Namibië, met die steun van die internasionale gemeenskap.

Hierdie uitkomste stem ooreen met die voorsienigheid van al die belangrikste rolspelers in
die konflik. Die apartheidsregering het voorsien dat militêre betrokkenheid in Angola nie vir
altyd kon voortduur nie en dat Namibië onafhanklik moes word. Tog moes vrede
gewaarborg word voordat dit kon plaasvind.

Vir die bevrydingsbewegings van Suid-Afrika was dit die begin van die verwesenliking van
’n visie van die einde van apartheid, ’n nuwe demokratiese bedeling in Suid-Afrika, en die
moontlikheid van ’n einde aan gewapende vyandighede.

Vir SWAPO en sy bondgenote het die uitkomste presies verloop soos voorsien. Miskien het
sommige ’n meer radikale transformasie in die rigting van Marxisme en vergelding verwag,
maar die meeste mense in Namibië was dankbaar vir ’n vreedsame uitkoms. Vir die groot
moondhede wat by die Koue Oorlog betrokke was, was dit ook ’n ideale uitkoms. Vrede in
Angola en Namibië het tot ’n vreedsame beëindiging van die Koue Oorlog bygedra. Boonop
kon Kuba, as ’n belangrike militêre rolspeler, nou uit ’n situasie wat groot opoffering van sy
mense vereis het, onttrek, maar waarin Kuba homself as ’n betroubare vennoot in die
konteks van die ontwikkelende wêreld gevestig het.
         [Bron: https://pdfs.semanticscholar.org/0235/171d674c07cd89de1dc9482b909cc6fee1a2.pdf.
                                                               Toegang op 5 Januarie 2025 verkry.]

                                                                                                     b.o.

### Page 15

GESKIEDENIS                ADDENDUM     9
                                                  (VRAESTEL 1)                 10791/25

BRON 2D
Hierdie pamflet is ontwerp en geskep deur die Anti-Apartheidsbeweging (AAM) ná die slag
by Cuito Cuanavale. Die Namibië Noodveldtog is deur die AAM en die Namibië
Solidariteitskomitee van stapel gestuur om veldtog te voer vir vrye en regverdige verkiesings
in Namibië.

     [Bron: https://www.aamarchives.org/archive/history/namibia/nam33-namibia-
                                                   on-the-road-to-freedom.html.
                                           Toegang op 5 Januarie 2025 verkry.]
Vertaling:

NAMIBIË – op die pad na vryheid
Namibië is op pad na onafhanklikheid. Meer as ’n eeu van koloniale en rassistiese bewind is
amper tot ’n einde gebring deur die stryd van die Namibiese volk, gelei deur hul
bevrydingsbeweging SWAPO, en deur die effek van sanksies en internasionale druk op Suid-
Afrika se apartheidsbewind. Aangesien Suid-Afrika gedwing is om die Verenigde Nasies toe te
laat om toesig te hou oor Namibië se eerste werklike vrye verkiesings, probeer Suid-Afrika
verseker dat dit steeds beheer oor Namibië se toekoms behou. Maar die Namibiese mense wil
volle vryheid hê — ’n einde aan Suid-Afrika se inmenging in hul lewens. En hulle vra vir ons
hulp. Die komende maande is van kritieke belang …
SOLDARITEIT MET SWAPO
                                                                                              b.o.

### Page 16

GESKIEDENIS              ADDENDUM             10
                                                  (VRAESTEL 1)               10791/25

VRAAG 3:     HOE HET DIE KINDERKRUISTOG VAN BIRMINGHAM IN 1963
             OPENBARE AANDAG OP DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE
             VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) GEVESTIG?

BRON 3A

Die onderstaande bron beklemtoon hoe die Kinderkruistog (Children's Crusade) die
verloop van die Birmingham-veldtog van 1963 verander het.

   In 1963 was Birmingham, Alabama, bekend as “die mees gesegregeerde stad in die
   Suide”, met streng afgedwingde segregasie van swart en wit mense in openbare
   ruimtes. Die Burgerregtebeweging het van sy momentum verloor en het ’n
   oorwinning nodig gehad, so het Fred Shuttlesworth se plaaslike Alabama Christian
   Movement for Human Rights vir Dr. Martin Luther King Jr. genooi om saam aan die
   “Birmingham-veldtog”, ook bekend as “Projek C” te werk. Die “C” het gestaan vir
   konfrontasie, nie-gewelddadige optrede om desegregasie te eis asook gelyke
   werksgeleenthede vir swart inwoners van Birmingham.

   Gedurende die eerste maand was daar optogte, sitstakings by toonbanke,
   “knieëlsessies” in wit kerke, aandbyeenkomste, en boikotte van sakeondernemings
   in die middestad. Maar die veldtog het stadig momentum opgebou. Die polisie het
   doelbewus hul optrede afgeskaal tydens arrestasies, wat veroorsaak het dat die
   veldtog min media-aandag gekry het. Daar was ook groot verdeeldheid binne die
   gemeenskap. Slegs 10% van swart predikante het die veldtog ondersteun, terwyl
   ander dit aktief teengestaan het. Weens die gebrek aan breë betrokkenheid het die
   veldtog begin verwater (misluk).

   Dit het verander met die “Kinderkruistog” toe die jeug in hul duisende begin mars
   het. Oor die verloop van ’n week is meer as 3 400 jong mense gearresteer. Met die
   tronke wat oorvol geraak het, het die Kommissaris van Openbare Veiligheid, Bull
   Connor, die polisie beveel om honde en brandslange in te span en skokkende beelde
   van jong mense wat aangeval word, het regoor die wêreld versprei. Skielik het die
   sukkelende plaaslike veldtog 'n nasionale krisis geword, en het die mag na die
   betogers verskuif. Projek C en die Kinderkruistog het ’n keerpunt in die Amerikaanse
   Burgerregtebeweging verteenwoordig.
     [Bron: https://s7712.pcdn.co/wp-content/uploads/2019/11/BirminghamEngFinalFinal2018.pdf.
                                                         Toegang op 28 Desember 2024 verkry.]

                                                                                                 b.o.

### Page 17

GESKIEDENIS               ADDENDUM             11
                                                   (VRAESTEL 1)                10791/25

BRON 3B

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n artikel geskryf deur Alexis Clark getiteld "The
Children's Crusade: When the Youth of Birmingham Marched for Justice." Dit
verduidelik hoekom kinders by die Birmingham-veldtog aangesluit het.

    James Bevel, 'n lid van SCLC, het met die idee vorendag gekom om skoolkinders
    by betogings te betrek om Birmingham te help desegregeer. Janice Kelsey was 15
    toe sy haar eerste vergadering vir die Kinderkruistog bygewoon het. "Ek het geweet
    wat segregasie en skeiding is, maar ek het nie die omvang of die vlak van die
    ongelykhede in daardie skeiding verstaan nie," onthou Kelsey. Bevel het vrae aan
    die leerders gestel, en hulle het agtergekom dat hulle met gebruikte boeke en ou
    voetbalhelms moes klaarkom – goed wat wit leerders nooit gebruik het nie. Swart
    skole het net een tikmasjien in die hele skool gehad, terwyl wit skole kamers vol
    tikmasjiene gehad het, verduidelik Kelsey. “Sulke dinge het vir my persoonlik geraak,
    en ek het besluit ek wil iets daaraan doen,” sê sy.

    Dominee Martin Luther King Jr., saam met ander aktiviste, was ten sterkste gekant
    teen die betrokkenheid van kinders by die optogte, vanweë die dreigemente van
    geweld deur wit groepe sowel as deur polisiebeamptes onder leiding van Eugene
    “Bull” Connor, die Kommissaris van Openbare Veiligheid in Birmingham, wat berug
    was vir sy rassistiese beleide. Meer as 1 000 leerders het skool gebank om aan die
    betoging deel te neem. “Ons is vertel wat om te verwag,” sê Kelsey. “Ons is gesê
    dat as jy besluit om deel te neem, dit ’n nie-gewelddadige beweging is, so jy mag nie
    terugveg nie.”

    Terwyl die kinders dapper die strate ingevaar het, het die Birmingham-polisie op
    hulle gewag om hulle te arresteer, en hulle in polisiewaens en skoolbusse gelaai.
    Kelsey sê sy is op haar eerste dag van betoging gearresteer en het vier dae lank in
    die tronk gebly. Alhoewel die polisie op die eerste dag meestal terughoudend was,
    het dit nie voortgeduur nie. Die wetstoepassers het waterkanonne en polisiehonde
    ingespan. Na raming is meer as 2 000 kinders gearresteer gedurende die dae lange
    protesaksie.

    “Ek dink ons was ’n katalisator vir verandering,” sê Kelsey.
                 [Bron: https://www.history.com/news/childrens-crusade-birmingham-civil-rights.
                                                         Toegang op 28 Desember 2024 verkry.]

                                                                                                   b.o.

### Page 18

GESKIEDENIS              ADDENDUM            12
                                                 (VRAESTEL 1)               10791/25

BRON 3C

Die onderstaande artikel, getiteld “Brace in Birmingham”, is geneem uit die Birmingham News
en probeer om die Burgerregte-protesoptogte van 1963 te minimaliseer. Dit beklemtoon die
reaksie van die polisie teenoor die betogers.

       [Bron: https://newseumed.org ‘Birmingham News’ Downplays Civil Rights Protests,1963.
                                                       Toegang op 4 Januarie 2025 verkry.]

VERTALING:

MAAK GEREED IN BIRMINGHAM
Polisie roep alle beamptes en brandweermanne, wat van diens af is op, terwyl negers in
groot getalle na die middestad beweeg — Kinders marsjeer ook.

BEWEEG IN MET KNUPPELS
Patrollielede hergroepeer vinnig in die Dixie Steel Center
Maak reg vir nóg ’n besige middag — Tronke reeds propvol.

Birmingham, Ala. (AP) — Honderde negers het polisieversperrings ontwyk en het
vandag in groot getalle na die middestad van Birmingham gestroom in ’n
massademonstrasie teen rassesegregasie.

                                                                                               b.o.

### Page 19

GESKIEDENIS               ADDENDUM           13
                                                  (VRAESTEL 1)                10791/25

BRON 3D

Die onderstaande uittreksel is uit ’n artikel geskryf deur Rebecca Sherman, ’n
Amerikaanse navorser. Dit bespreek President John F. Kennedy se ondersteuning vir
burgerregtewetgewing ná die Kinderkruistog in Junie 1963.

  By ’n massa-byeenkoms het Dr. King op die Kinderkruistog gereageer met ’n
  toespraak waarin hy gesê het: “Ek is geïnspireer en diep geraak … As hulle dink
  vandag is die einde hiervan, maak hulle ’n groot fout.” Bevel het ’n held geword vir
  sy idee om die leerders te betrek, want Birmingham het daarin geslaag om die wêreld
  te wys watter geweld swart mans, vroue en kinders in die Suide ervaar het. Koerante,
  tydskrifte en televisieprogramme regoor die land het die Birmingham-veldtog uitgelig,
  tot op die punt waar, “die pers die wêreld se aandag op Birmingham gevestig het.”

  Onmiddellik ná die publikasie van die foto's het die Kongres en die president begin
  praat oor wetgewing wat uiteindelik gelyke regte aan Afro-Amerikaners sou verleen.
  Die beelde in koerante en op televisie het die federale regering, veral President John
  F. Kennedy, in die verleentheid gestel, omdat dit nie net in die VSA nie, maar regoor
  die wêreld uitgesaai is. President Kennedy was ook bevrees dat meer konflik sou
  uitbreek, en daarom het hy druk op die Kongres geplaas om burgerregtewetgewing
  in te stel, wat hy met ’n toespraak op nasionale televisie begin het. Die Kongres het
  besef dat die land nie die konflik oor burgerregte stad vir stad kon oplos nie. Die
  Verenigde State het ’n nasionale oplossing nodig gehad. Daarom was die
  Birmingham-veldtog, en veral die Kinderkruistog die sleutel tot die aanvaarding van
  die Burgerregtewet van 1964.

  Die Amerikaanse historikus en joernalis, David Halberstam, het in sy navorsing
  bevind dat, “historici [voer] al lank aan dat die SCLC se … ‘Kinderkruistog …
  beslissend was om die Kennedy-administrasie te dwing om op te tree ten gunste van
  groter burgerregte.” Volwassenes het probeer om hul kinders van die
  Burgerregtebeweging te beskerm, maar die kinders het hulle verontagsaam, geen
  vrees getoon nie, en hul eie verandering gebring.
       [Bron: Sherman, Rebecca, “The Birmingham Children’s Crusade and the Renewed Civil
                        Rights Movement’’ https://digitalcommons.salve.edu/pell_theses/119.
                                                         Toegang op 4 Januarie 2025 verkry.]

                                                                                                b.o.

### Page 20

GESKIEDENIS                ADDENDUM     14
                                              (VRAESTEL 1)                 10791/25

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is afkomstig van die volgende:

Bridgland F. 1990. The War for Africa – Twelve Months that Transformed a Continent
(Ashanti Publishing Limited, Gibraltar)
https://2001-2009.state.gov/r/pa/ho/time/cwr/17601.htm
https://alphahistory.com/coldwar/novikov-responds-long-telegram-1946/
https://www.archives.gov/milestone-documents/marshall-plan
https://moorhistory.weebly.com/development--impact-of-the-cold-war-containment.html
https://monthlyreview.org/2013/04/01/cuito-cuanavale-angola/
https://pdfs.semanticscholar.org/0235/171d674c07cd89de1dc9482b909cc6fee1a2.pdf
https://www.aamarchives.org/archive/history/namibia/nam33-namibia-on-the-road-to-
freedom.html
https://s7712.pcdn.co/wp-content/uploads/2019/11/BirminghamEngFinalFinal2018.pdf
Accessed on 28 December2024.]
https://www.history.com/news/childrens-crusade-birmingham-civil-rights
https://newseumed.org ‘Birmingham News’ Downplays Civil Rights     Protests,1963
Sherman, Rebecca, “The Birmingham Children’s Crusade and the Renewed Civil Rights
Movement’’ https://digitalcommons.salve.edu/pell_theses/119

                                          EINDE

### Page 23

GESKIEDENIS                               7
                                                 (VRAESTEL 1)                 10791/25

VRAAG 3:      HOE HET DIE KINDERKRUISTOG VAN BIRMINGHAM IN 1963
              OPENBARE AANDAG OP DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE
              VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) GEVESTIG?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Lees Bron 3A.

      3.1.1    Waarom, volgens die bron, was Birmingham die mees
               gesegregeerde stad in die Suide?                                  (1 x 2)       (2)

      3.1.2    Lys VIER strategieë uit die bron wat die betogers in die eerste maand
               van die Birmingham-veldtog gebruik het.                         (4 x 1)         (4)

      3.1.3    Definieer die term nie-gewelddadige optrede in jou eie woorde. (1 x 2)          (2)

      3.1.4    Lewer kommentaar oor waarom jy dink slegs 10% van swart
               predikante die Birmingham-veldtog ondersteun het.                 (1 x 2)       (2)

      3.1.5    Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om te verduidelik
               waarom die sukkelende plaaslike veldtog ’n nasionale krisis was.
                                                                                 (2 x 2)       (4)

3.2   Verwys na Bron 3B.

      3.2.1    Wie, volgens die bron, het met die idee vorendag gekom om
               skoolkinders by die protesoptogte in te sluit?                    (1 x 2)       (2)

      3.2.2    Gee TWEE redes uit die bron waarom Martin Luther King Jr en ander
               aktiviste daarteen gekant was om kinders by die optogte te betrek.
                                                                              (2 x 1)          (2)

      3.2.3    Haal bewyse aan uit die bron wat aandui hoe die optrede van die
               kinders die filosofie van die Burgerregtebeweging ondersteun het.
                                                                             (1 x 2)           (2)

      3.2.4    Verduidelik wat met die stelling, “Ek dink ons was ’n katalisator vir
               verandering” bedoel word, binne die konteks van die
               Burgerregtebeweging.                                              (1 x 2)       (2)

                                                                                               b.o.

### Page 24

GESKIEDENIS                                 8
                                                 (VRAESTEL 1)                10791/25

3.3 Bestudeer Bron 3C.

     3.3.1 Verduidelik die boodskappe wat deur die artikel oorgedra word oor die
           reaksie van die polisie tydens die Birmingham-veldtog.               (2 x 2)          (4)

     3.3.2 Lewer kommentaar oor die beperkings van die bron vir ’n historikus wat
           navorsing doen oor die Kinderkruistog (Children’s Crusade) wat deur die
           Burgerregtebeweging georganiseer is.                                (2 x 2)           (4)

3.4 Verwys na Bronne 3A en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse in
    Bron 3C ondersteun met betrekking tot die gebeure van die Kinderkruistog in
    Birmingham in 1963.                                                         (2 x 2)          (4)

3.5 Raadpleeg Bron 3D.

     3.5.1 Lewer kommentaar oor of King se stelling, ‘as hulle dink vandag is die einde
           hiervan, maak hulle ’n groot fout’ geregverdig is binne die konteks van die
           Burgerregtebeweging.                                                   (1 x 2)        (2)

     3.5.2 Definieer die konsep kruistog in die konteks van die Birmingham-veldtog in
           die VSA.                                                             (1 x 2)          (2)

     3.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die
           Kinderkruistog beslissend was om die Kennedy-administrasie te dwing om
           ten gunste van groter burgerregte in die VSA op te tree.                (1 x 2)       (2)

     3.5.4 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat volwassenes nie hul
           kinders van die Burgerregtebeweging kon afskerm nie.             (2 x 1)              (2)

3.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
    van ongeveer agt reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die
    kinderkruistog van Birmingham in 1963 openbare aandag op die
    Burgerregtebeweging in die Verenigde State van Amerika gevestig het.                      (8)
                                                                                             [50]

                                                                                                 b.o.

### Page 25

GESKIEDENIS                            9
                                               (VRAESTEL 1)               10791/25

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae vanuit hierdie
afdeling NIE.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
         VIËTNAM

Die Verenigde State van Amerika (VSA), as ’n supermoondheid, was instaat om die
Vietkong in die Viëtnamoorlog van 1963 tot 1975 verslaan.

Stem jy saam met bogenoemde stelling? Ondersteun jou standpunt met relevante
bewyse.                                                                               [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

‘Mobutu Sese Seko het probeer om die Kongo se afhanklikheid van Westerse
moondhede te verminder deur middel van sy politieke en ekonomiese beleide.’

Bespreek hierdie stelling krities en gebruik relevante geskiedkundige bewyse om jou
standpunt te ondersteun.                                                              [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
         SWARTMAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging as ’n radikale vorm van protes
onder swart Amerikaners in die Verenigde State van Amerika gedurende die 1960’s
na vore gekom het.

Ondersteun jou standpunt met relevante bewyse.                                        [50]

                                                                          TOTAAL:     150

                                          EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
