# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/55704d16-5683-48ce-8c7e-0a15c45bc2ba
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/55704d16-5683-48ce-8c7e-0a15c45bc2ba)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
         2025

          10792

       GESKIEDENIS

       (VRAESTEL 2)

                  TYD: 3 uur

                  PUNTE: 150

                  9 bladsye + ŉ addendum van 14 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

GESKIEDENIS                                 2
                                               (VRAESTEL 2)                10792/25

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:     BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's:
                  SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

     VRAAG 2:     DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     VRAAG 3:     DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                  WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:     BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s:
                  SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

     VRAAG 5:     DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     VRAAG 6:     DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
           moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2   Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                               b.o.

### Page 3

GESKIEDENIS                                3
                                                (VRAESTEL 2)                 10792/25

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae, in hierdie
AFDELING nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:     HOE HET DIE BLACK SASH DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE
             1980's UITGEDAAG?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Lees Bron 1A.

      1.1.1 Wanneer, volgens die bron, is die Black Sash gestig?                 (1 x 1)       (1)

      1.1.2 Noem enige TWEE vroue wat in die stigting van die Black Sash
            betrokke was.                                                        (2 x 1)       (2)

      1.1.3 Wat, volgens die bron, was een van die redes vir die vorming van die
            Black Sash?                                                      (1 x 1)           (1)

      1.1.4 Definieer die term grondwet in jou eie woorde.                       (1 x 2)       (2)

      1.1.5 Hoe, volgens die bron, het die lede van die Black Sash teen die
            onregverdige apartheidsregeringsbeleid betoog?                       (1 x 2)       (2)

      1.1.6 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom
            die paswette die mees gehate wette was.                              (2 x 2)       (4)

1.2   Gebruik Bron 1B.

      1.2.1 Identifiseer TWEE vroue anti-apartheidsorganisasies, in die bron, by wie
            die Black Sash hulp gesoek het.                                   (2 x 1)          (2)

      1.2.2 Lewer kommentaar oor hoekom die aantal mense wat hulp by die Black
            Sash-advieskantore gesoek het, tussen die 1960's en 1970's
            toegeneem het.                                               (2 x 2)               (4)

      1.2.3 Verduidelik die konsep sitstakings in die konteks van die Black Sash-
            protesaksies teen die apartheidsregering in die 1980's.           (1 x 2)          (2)

      1.2.4 Wat, dink jy, word geïmpliseer deur die frase, “Hierdie praktyk het,
            regdeur deur die 1980’s, belangrike insigte gebied in die politieke
            werklikheid van nie-wit Suid-Afrikaanse burgers gedurende die eeu”.
                                                                                (1 x 2)        (2)

                                                                                               b.o.

### Page 4

GESKIEDENIS                                 4
                                               (VRAESTEL 2)                 10792/25

1.3   Verwys na Bron 1C.

      1.3.1   Verduidelik hoekom hierdie foto geneem is.                         (2 x 2)       (4)

      1.3.2   Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie foto vir 'n
              historikus wat navorsing oor die Black Sash-aktivisme tydens apartheid
              doen.                                                            (2 x 2)         (4)

1.4   Verwys na Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse
      in Bron 1B ondersteun oor die rol wat die Black Sash tydens apartheid gespeel
      het.                                                                     (2 x 2)         (4)

1.5   Raadpleeg Bron 1D.

      1.5.1   Wat, volgens die bron, was die doel van die wette wat in die 1980's
              aangeneem is?                                                     (1 x 1)        (1)

      1.5.2   Haal ŉ bewys uit die bron aan wat die rede vir die arrestasie van twee-
              en-twintig lede van die Wes-Kaapse streek verduidelik.             (1 x 1)       (1)

      1.5.3   Gee bewyse in die bron wat suggereer dat die Black Sash-lede nie so
              hardhandig soos swart betogers deur die polisie behandel is nie. (1 x 2)         (2)

      1.5.4   Hoekom, dink jy, het Nelson Mandela aan die rol van die Black Sash
              met sy vrylating uit die tronk erkenning gegee?                 (2 x 2)          (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
      hoe die Black Sash die apartheidsregime in die 1980's uitgedaag het.                  (8)
                                                                                           [50]

                                                                                               b.o.

### Page 5

GESKIEDENIS                                5
                                                  (VRAESTEL 2)                 10792/25

VRAAG 2:      WAS DIE WAARHEIDS- EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN
              STAAT OM VIR SWART SUID-AFRIKAANSE FAMILIES VAN
              VERMOORDE ANTI-APARTHEIDSAKTIVISTE SOOS NTOMBI
              KUBHEKA GENESING TE BRING?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Gebruik Bron 2A.

      2.1.1    Wanneer, volgens die bron, het Suid-Afrikaners die eerste Waarheids-
               en-Versoeningskommissie (WVK) sitting, bygewoon?               (1 x 1)            (1)

      2.1.2    Wat, volgens die bron, het veral swart mense gehoop om by die WVK-
               sittings te baat?                                             (1 x 2)             (2)

      2.1.3    Definieer die term amnestie in jou eie woorde.                      (1 x 2)       (2)

      2.1.4    Noem enige DRIE slagoffers in die bron wie se familielede nog vir
               geregtigheid wag.                                               (3 x 1)           (3)

      2.1.5    Verduidelik wat deur die stelling geïmpliseer word, “... kies om óf
               tjoepstil te bly oor hul misdade …” in die konteks van die bereiking van
               versoening in Suid-Afrika.                                          (2 x 2)       (4)

2.2   Lees Bron 2B.

      2.2.1    Watter naam is, volgens die bron, aan die gewapende vleuel van die
               African National Congress (ANC) gegee?                        (1 x 2)             (2)

      2.2.2    Lewer kommentaar oor hoekom jy dink dat die Suid-Afrikaanse Polisie
               se Veiligheidstak Ntombi Khubheka ontvoer en gemartel het.   (2 x 2)              (4)

      2.2.3    Hoekom was dit belangrik vir Ntombi se familie om vir haar 'n begrafnis
               en 'n grafsteen te gee?                                          (1 x 2)          (2)

      2.2.4    Verduidelik die betekenis van die stelling, “... word Thuli gekonfronteer
               met ’n skokkende gebeurtenis wat weer die Bones of Memory oproep”.
                                                                                   (1 x 2)       (2)

                                                                                                 b.o.

### Page 6

GESKIEDENIS                                  6
                                                (VRAESTEL 2)                  10792/25

2.3   Bestudeer Bron 2C.

      2.3.1   Hoekom, dink jy, is hierdie advertensie gepubliseer?                 (2 x 2)       (4)

      2.3.2   Verduidelik waarom 'n historikus die bron as betroubaar sou beskou
              wanneer die lewe en rol van die anti-apartheidsaktivis, Ntombi Kubheka
              nagevors word.                                                    (1 x 2)          (2)

2.4   Raadpleeg Bron 2D.

      2.4.1   Verduidelik die term anti-apartheidsaktivis in die konteks van apartheid
              Suid-Afrika.                                                        (1 x 2)        (2)

      2.4.2   Dui aan, volgens die bron, wat die getuienis was wat voor die WVK-
              amnestiekomitee oor die dood van Ntombi deur die volgende mense
              gelewer is:

              (a)   Majoor Hendrik Botha                                           (1 x 2)       (2)

              (b)   Prokureur John Wills                                           (1 x 2)       (2)

      2.4.3   Lewer kommentaar oor hoekom die getuienis wat deur die
              veiligheidspolisie gelewer is verskil van die getuienis wat deur die
              Kubheka-familie se prokureur gelewer is.                             (1 x 2)       (2)

      2.4.4   Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die twee askari's,
              Simon Radebe en Jimmy Mbane, saam met die veiligheidspolisie
              gewerk het om Ntombi Kubheka te vermoor.                         (1 x 2)           (2)

2.5   Verwys na Bronne 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2D die bewyse
      in Bron 2B ondersteun, oor hoe Ntombi Kubheka in 1987 deur die
      apartheidsveiligheidspolisie vermoor is.                                 (2 x 2)           (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
      of die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) in staat was om genesing te
      bring aan swart Suid-Afrikaanse families van vermoorde anti-apartheidsaktiviste
      soos Ntombi Kubheka.                                                                    (8)
                                                                                             [50]

                                                                                                 b.o.

### Page 7

MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM
      VAN 14 BLADSYE LOS

        VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                 2025

                  10792
                  10792
               GESKIEDENIS
               GESKIEDENIS
               (VRAESTEL 2)
               (VRAESTEL 2)
                ADDENDUM
                ADDENDUM

14 bladsye

                                 b.o.

### Page 8

GESKIEDENIS                ADDENDUM             2
                                                  (VRAESTEL 2)                 10792/25

VRAAG 1:     HOE HET DIE BLACK SASH DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE
             1980's UITGEDAAG?

BRON 1A

Die onderstaande bron is 'n uittreksel geneem uit ŉ artikel getiteld 'The Black Sash
Movement' deur Rheian Davies gepubliseer in die joernaal 'Socialist Lawyer'. Dit bied
redes waarom die Black Sash in die 1950's gevorm is.

  Die Black Sash is op 9 Mei 1955 deur Jean Sinclair, Ruth Foley, Elizabeth McLaren,
  Tertia Pybus, Jean Bosazza en Helen Newton-Thompson gestig. Hulle het aanvanklik
  ’n veldtog teen die verwydering van gemengde ras kiesers (bekend as 'kleurlinge' in
  Suid-Afrika) van die kieserslys in die Kaapprovinsie gevoer. Die 'Black Sash' is as ŉ
  teken van rou oor die dood van die Suid-Afrikaanse grondwet aangeneem, aangesien
  die apartheidsregering in al hoe meer aspekte van die samelewing begin ingryp het.
  Hulle het die voorreg van hul wit velkleur gebruik om op maniere wat die swart
  gemeenskap nie kon nie, te protesteer. Tydens die eerste protes in 1955 het 2 500 wit
  vroue in stilte deur Johannesburg gemarsjeer. Beelde van hierdie betogings en
  nagwake (stil waarnemings) uit die 1950’s wys vroue in hul Sondagsdrag, aangetree in
  netjies rye. Later het hulle ŉ roos by die swart lyfband gevoeg, asook ’n boek wat die
  grondwet simboliseer wat hul ‘vroulike’ ingesteldheid en nie-gewelddadige filosofie
  beklemtoon het. Aanvanklik het die beweging ’n baie liberale en moralistiese (eerlike)
  karakter gehad, maar dit sou later verander.

  Die Black Sash het gereeld nagwake (stil waarnemingsessie) buite die parlement
  gehou, en in vergelyking met swart betogers, is hulle aanvanklik met handskoene deur
  die polisie hanteer. Tog het baie vroue veroordeling uit hul eie gemeenskappe in die
  gesig gestaar en was dit nie ongewoon dat Black Sash-vroue fisies deur ander wit
  mense aangerand is nie. Talle vroue het in die geheim by die Black Sash aangesluit.
  Hulle eggenote het nie daarvan geweet dat hulle, terwyl hulle veronderstel was om die
  huis skoon te maak, betoog of swart gemeenskappe ondersteun het nie.

  Die beweging het ook geglo in praktiese solidariteit en het regsadviesklinieke voorsien
  wat deur vrywillige gevallestudiewerkers beman is, terwyl gekwalifiseerde prokureurs
  pro bono (gratis) ure aangebied het om sake voor howe of arbeidsrade te bring. Die
  meeste het die gehate paswette hanteer. Die kantore was besig en verslae van die
  Johannesburg Adviessentrum in Augustus 1975 het getoon dat gevallestudiewerkers
  gemiddeld 22,2 kliëntonderhoude per dag gevoer het.
            [Aangepas uit 10.13169/socialistlawyer.72.0042. Toegang op 3 Januarie 2025 verkry.]

                                                                                                      b.o.

### Page 9

GESKIEDENIS                ADDENDUM           3
                                                   (VRAESTEL 2)                 10792/25

BRON 1B

Die onderstaande bron is geneem vanaf die South African History Online-webwerf. Dit
beklemtoon die aktiwiteite van die Black Sash gedurende die apartheidsjare.

  Tydens hierdie periode, in 1958, het die Black Sash-vroue ook hul eerste
  advieskantoor in Kaapstad geopen om regsadviesdienste aan slagoffers van die
  paswette te verskaf.       Die advieskantore het gepoog om slagoffers van
  apartheidswetgewing binne die wetlike raamwerk te help. Alhoewel, omdat, die Black
  Sash-vroue nie baie in die wetgewing wat swart Afrikane raak belanggestel het nie,
  het hulle hulp by ander Afrika-vroue anti-apartheidsorganisasies gesoek. Hierdie
  organisasies het die African National Congress Women’s League (ANCWL), Cape
  Association to Abolish Passes for African Women (CATAPAW), asook verskeie
  ander organisasies en gemeenskappe in townships ingesluit.

  Die opening van die eerste kantoor in samewerking met ander anti-apartheid
  organisasies het ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling van die Black Sash as
  organisasie geword. Die vroue het nie net oor verandering gepraat, betoog en
  geskryf nie, maar het 'n poging aangewend om die mense te verstaan en te help wat
  meestal deur enige verandering in 'n apartheidsgemeenskap geraak sou word.

  Na die opening van die eerste Black Sash-advieskantoor, het ander lede ook begin
  om kantore regoor die land te stig. Tussen die 1960’s en 1970’s was hierdie kantore
  gevul met duisende mense op soek na hulp teen onregverdige wette rakende
  gedwonge verskuiwings van gemeenskappe, segregasie, diskriminasie in onderwys
  en werkplekke asook gesondheidsorg. Hierdie was slegs ’n paar van die talle
  kwessies wat die Afrika-bevolking geraak het.

  Die vroue in die kantore het voortdurend van wette geleer wat teen Afrikane ingestel
  is, hul impak ontleed en hoe om daarteen te veg. ’n Produktiewe strategie wat baie
  lede gebruik het, was om sitstakings in kommissiehowe te hou. Hierdie praktyk het
  regdeur deur die 1980’s belangrike insigte gebied in die politieke werklikheid van nie-
  wit Suid-Afrikaanse burgers gedurende die eeu.

  Een van die belangrikste strategieë van die begin af was om druk op die regering
  toe te pas deur die breër publiek op te voed deur middel van media via
  gedokumenteerde         betogings,   pamflette,   Black    Sash-koerante      en
  inligtingsvergaderings.
         [Aangepas uit https://www.sahistory.org.za/article/black-sash-history-transformation.
                                                          Toegang op 5 Januarie 2025 verkry.]

                                                                                                     b.o.

### Page 10

GESKIEDENIS               ADDENDUM           4
                                                   (VRAESTEL 2)                10792/25

BRON 1C

Die onderstaande foto is geneem uit ŉ e-boek getiteld 'Standing on Street Corners'
deur Mary Kleinenberg en Christopher Merrett. Dit wys die Black Sash-lede bymekaar
voor die 'Standing for Truth Campaign'-vredesoptog, by die Cathedral of the Holy
Nativity, in Pietermaritzburg op 21 September 1989. (Van links na regs is: Fidela
Fouché, Didi Stevens, Bochara Karam, Mary Kleinenberg en Lorenza Cowling).

             [Bron: https://www.natalia.org.za/Files/Publications/Black%20Sash%20book.pdf.
                                                             Toegang op 9 Junie 2025 verkry.]

  VERTALING:
                                    BLACK SASH
                                    ONDERSTEUN
                                 VREEDSAME VERSET

                                                                                                    b.o.

### Page 11

GESKIEDENIS               ADDENDUM          5
                                                  (VRAESTEL 2)                10792/25

BRON 1D

Die onderstaande bron is geneem uit ’n boek getiteld A Transnational History of the
Black Sash and FEDSAW 1955–2001 deur Monica Ferro Gameiro Fernandes, ’n
student aan die Universiteit van Londen. Dit beklemtoon hoe die Black Sash in die
1980’s deur die apartheidsowerhede geteister is.

Teen die 1980’s is wette ingestel wat protes tot slegs een persoon buite die parlement
beperk het. Lede van die Black Sash het op ’n gereelde basis alleen buite die parlement
en ander regeringsgeboue gestaan. Hulle sou ook reuse swart serpe aan
regeringsgeboue ophang, of op trappe waar belangrike geleenthede sou plaasvind.
Hulle het ook begin met die praktyk van ‘ghosting’ of ‘spook’. Wit vroue het individueel
regeringsministers na amptelike openings en funksies agtervolg en in stilte by hulle
gestaan, altyd geklee in hul swart serpe. Hulle het ook regeringsgeboue betree en
ministers in stilte gevolg, wat verrassend effektief was om hierdie mans te ontstel en
ongemaklik te laat voel, dieselfde mans wat geen gewetenswroeging (twyfel) gehad het
om tenks (gewapende voertuie) teen kinders in te stuur of aangehoudenes te martel
nie.

Op Donderdag, 24 Augustus 1989, is twee-en-twintig lede van die Wes-Kaapse streek
van die Black Sash gearresteer nadat hulle, ná ŉ openbare vergadering wat deur die
nasionale president, Mary Burton, en ander sprekers toegespreek is, ŉ
massaweerstand in die Groentemarkplein gehou het. Die polisie het opgedaag en hulle
beveel om uiteen te gaan en toe hulle dit nie onmiddellik doen nie, is die plakkate en
baniere gekonfiskeer en die omstanders (skare) bymekaar gemaak. Daar is egter slegs
foto's en vingerafdrukke van hulle geneem, waarna hulle op hul eie borg (eie beloftes)
vrygelaat is en die saak na die prokureur-generaal verwys is, maar geen verdere stappe
is geneem nie. Meeste Black Sash-lede is gereeld gearresteer en aangehou, en hul
gesinne is deur die staat geteister, alhoewel hulle dikwels beter behandeling as gevolg
van hul wit velkleur ontvang het.

Veertig jaar van die Black Sash as ŉ versetbeweging het tot ŉ einde gekom met die
afskaffing van apartheid. Die beweging se rol is deur Nelson Mandela ná sy vrylating
uit die tronk erken. Die Black Sash het ook aan die onderhandelinge wat tot die
Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) gelei het, deelgeneem.
  [Aangepas uit Beyond borders: A Transnational History of the Black Sash and FEDSAW, deur
                                                            Monica Ferro Gameiro Fernandes]

                                                                                                  b.o.

### Page 12

GESKIEDENIS               ADDENDUM           6
                                                   (VRAESTEL 2)                10792/25

VRAAG 2:     WAS DIE WAARHEIDS- EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN
             STAAT OM VIR SWART SUID-AFRIKAANSE FAMILIES VAN
             VERMOORDE ANTI-APARTHEIDSAKTIVISTE SOOS NTOMBI
             KUBHEKA GENESING TE BRING?

BRON 2A

Die onderstaande bron is ’n uittreksel uit City Press wat op 19 Desember 2024
gepubliseer is. Dit is geskryf deur Mbali Mbatha en is getitel, TRC 28 Years later, no
truth no reconciliation. Dit beklemtoon wat swart mense gehoop het om uit die
Waarheids- en-Versoeningskommissie (WVK) te verkry.

   Op 16 April 1996 het Suid-Afrikaners die eerste Waarheids- en-Versoenings-
   kommissie (WVK) sitting waargeneem, waar swart mense in die besonder met hoop
   en vertroue gevul was dat die waarheid oor hoe apartheidspolisie hul geliefdes
   genadeloos gemartel en vermoor het, uiteindelik sou uitkom. Slagoffers van
   apartheid het geglo dat hulle uiteindelik hul deurmekaar emosies sou kon versoen
   wat deur die onverklaarde verdwynings van familielede onder die vorige regering in
   wanorde gedompel is.

   Die ooreenkoms was eenvoudig:

   Oortreders moes hul sakke vol geheime volledig openbaar, asook die opswepers
   wat die moorde op hul onderskeie apartheidslagoffers beveel het, op die naam
   noem en verdoem (name and shame), in ruil vir amnestie, eerder as om die volle
   mag van die nuutgestigte demokratiese regstelsel te trotseer.

   Agt-en-twintig jaar later het hierdie, en ander verwagtinge wat met die stigting van
   die WVK gepaard gegaan het, nog nie ’n greintjie geregtigheid vir die families van
   Richard Motasi en sy vrou Irene Motasi, Ntombi Kubheka, Matthews Mabalane,
   Phila Ndwandwe, en vele ander gebring nie.

   Oortreders van hierdie en talle ander moorde en verdwynings, wat deur die
   apartheidspolisie beveel is, geniet steeds die reg op vryheid van spraak wat saam
   met die geboorte van die land se demokrasie gekom het, deur te kies om óf tjoepstil
   te bly oor hul misdade, óf om slegs brokkies van die volle waarheid te openbaar oor
   die ware omvang van hul optrede teen hul slagoffers.
        [Aangepas uit https://www.news24.com/citypress/voices/trc-28-years-later-no-truth-no-
                               reconciliation-20241103. Toegang op 19 Desember 2024 verkry.]

                                                                                                    b.o.

### Page 13

GESKIEDENIS                ADDENDUM            7
                                                   (VRAESTEL 2)                 10792/25

BRON 2B

Die onderstaande uittreksel is uit ’n dokumentêr getiteld The Bones of Memory,
gedateer 18 Julie 2024, en is vervaardig deur die Instituut vir Geregtigheid en
Versoening (IJR). Dit fokus op Ntombi Khubheka, ’n ANC-operateur wat deur die
apartheidsowerhede vir haar rol in die stryd teen apartheid tereggestel is, se moord.

    Ntombi was ’n anti-apartheidsaktivis en lid van die gewapende vleuel van die
    verbanne African National Congress (ANC), Umkhonto weSizwe (MK). Sy het as ’n
    operateur vir die organisasie gewerk en was verantwoordelik vir die koördinering van
    aktiwiteite tussen die interne eenheid en die eksterne eenheid van die ANC, sowel
    as die koördinering van ander ondergrondse aktiwiteite. Die Veiligheidstak van die
    Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) het Kubheka as ’n senior ANC-lid beskou en haar as
    die leier van die KwaMashu-tak van die ANC geklassifiseer. In 1987 is Ntombi deur
    die Port Natal Veiligheidstak ontvoer, ondervra en gemartel. Haar liggaam is naby
    haar huis noord van Durban gestort. Eers 10 jaar later, tydens ’n WVK-amnestie-
    aansoek, is haar familie ingelig oor waar Ntombi se oorskot (beendere) begrawe is,
    en kon hulle uiteindelik vir haar ’n begrafnis en grafsteen reël. Ten tyde van haar
    dood het Ntombi ’n driejarige dogtertjie gehad. Vandag, op 40-jarige ouderdom,
    worstel Thuli steeds met die nalatenskap van haar moeder, en hoe moeilik haar lewe
    sonder ’n moederfiguur was. Sy woon tans in ’n agterkamer in KwaMashu saam met
    haar tienjarige dogter, Zizipho en wonder (dink daaroor) of haar moeder se dood
    tevergeefs was. ’n Geregtelike ondersoek na Ntombi se dood is in 2022 geopen.
    Tydens die verfilming van die dokumentêr word Thuli gekonfronteer met ’n
    skokkende gebeurtenis wat weer die Bones of Memory oproep.
    [Aangepas uit https://artfluence.ukzn.ac.za/events/film-screening-ntombikayise-kubheka-the-
                                       bones-of-memory/. Toegang op 19 Desember 2024 verkry.]

                                                                                                      b.o.

### Page 14

GESKIEDENIS               ADDENDUM         8
                                                   (VRAESTEL 2)                10792/25

BRON 2C

Die onderstaande plakkaat is deur die Universiteit van KwaZulu-Natal gepubliseer en
bevat inligting oor die filmvertoning van die verhaal van ANC-aktivis Ntombikayise
Kubheka. Die dokumentêr deur Enver Samuel, ŉ gerespekteerde filmmaker, fokus op
Ntombi se lewe en moord. Die vertoning was geskeduleer vir 3 – 8 Mei 2024.

 [Bron: https://artfluence.ukzn.ac.za/events/film-screening-ntombikayise-kubheka-the-bones-
                                           of-memory/.Toegang op 21 Desember 2024 verkry.]

VERTALING:

ARTFLUENCE MENSEREGTEFEES

3 – 8 Mei 2024
Brûe van Solidariteit
Rolprentvertoning:
Ntombikayise Kubheka – The Bones of Memory
Ntombi, ’n ANC-aktivis, is in 1987 deur die Veiligheidstak ontvoer en vermoor.
Haar dogter, Thuli, nou 40 jaar oud, dink terug aan haar ma se nalatenskap en stryd,
en herleef pynlike herinneringe in ’n dokumentêre film wat hierdie verhaal vertel.

                                                                                                  b.o.

### Page 15

GESKIEDENIS                ADDENDUM           9
                                                  (VRAESTEL 2)                 10792/25

BRON 2D

Die onderstaande bron is van Independent Online (IOL), ’n Suid-Afrikaanse mediaplatform,
en is gedateer 1 September 1999. Dit beklemtoon aspekte van ’n dispuut wat tydens die
WVK-verhore oor die dood van Ntombi Kubheka ontstaan het.

   Nog ’n dispuut het tussen polisielede van die veiligheidstak in Durban, wat amnestie
   versoek, en die familie van anti-apartheid aktivis, Ntombi Priscilla Kubheka, oor die
   omstandighede van haar dood, ontstaan. Die polisiebeamptes, onder leiding van Majoor
   Hendrik Botha, het aan die amnestiekomitee van die Waarheids- en-
   Versoeningskommissie (WVK), wat in Durban vergader het, gesê dat “sy aan ’n
   hartaanval dood is, aangesien sy ’n groot vrou en oorgewig was”. Maar die familie, onder
   leiding van Themba Kubheka, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke, beweer dat
   die polisie haar in die kop geskiet het voordat hulle haar liggaam gestort het. Haar
   liggaam is in Mei 1997 by Groutville naby KwaDukuza opgegrawe. Sy is in 1987 op die
   ouderdom van 41 jaar oorlede.

   In sy getuienis het Botha volgehou dat Kubheka nooit geskiet is nie, maar aan ’n
   hartaanval gesterf het. Die Kubheka-familie, verteenwoordig deur prokureur John Wills,
   het verklaar dat ’n koeëlgat in haar skedel gevind is toe haar liggaam opgegrawe is. Die
   polisiebeamptes beweer egter dat die verkeerde liggaam opgegrawe is – ŉ bewering wat
   deur die familie sterk betwis word, en hulle voer aan dat hulle bewyse het wat bevestig
   dat die oorskot wel dié van Kubheka is.

   Twee askaris (ANC-aktiviste wat as staatsinformante gewerk het), Sersante Simon
   Radebe en Jimmy Mbane, het volgens die WVK met Kubheka se moord gehelp. Die
   twee askaris het voorgegee dat hulle MK-lede is en het aangebied om aktiviste van
   Swaziland te akkommodeer. Hulle het Kubheka in ’n lokval gelei wat tot haar arrestasie
   en uiteindelike dood aan die hande van Botha en sy span gelei het.

   Die polisie het inligting probeer bekom oor die aankoms van vier MK-lede uit Swaziland.
   Toe die aktiviste na ses weke nog nie opgedaag het nie, ondanks die inligting deur
   Mbane verskaf, het Botha opdrag gegee dat Kubheka gearresteer word. Sy is by ’n
   skietbaan in Winkelspruit naby Amanzimtoti doodgemaak.
   [Aangepas uit https://www.iol.co.za/news/south-africa/trc-dispute-over-mk-members-death-10790.
                                                              Toegang op 22 Desember 2024 verkry.]

                                                                                                     b.o.

### Page 16

GESKIEDENIS                ADDENDUM             10
                                                    (VRAESTEL 2)                 10792/25

VRAAG 3:     HOE BEÏNVLOED INTERNASIONALE E-HANDELSREUSE
             (MAATSKAPPYE) DIE KLEINHANDELBEDRYF IN SUID-AFRIKA IN DIE
             21STE EEU?

BRON 3A

Die onderstaande bron is geneem uit ’n artikel getiteld Battling the Giants: How
South African retailers can compete with Temu and Shein. Dit beklemtoon die
uitdagings en geleenthede wat hierdie aanlynwinkels vir die Suid-Afrikaanse
kleinhandelbedryf inhou.

  In onlangse jare het Suid-Afrikaanse kleinhandelaars 'n ongekende uitdaging in die
  gesig gestaar. Aanlynhandelsreuse soos Temu en Shein het die mark bestorm en
  die plaaslike kleinhandellandskap ontwrig, wat ernstige bedreigings vir plaaslike
  ondernemings inhou. Namate besigheidsvertroue wankel (verander) te midde van
  ekonomiese onsekerheid, is die druk op plaaslike kleinhandelaars, veral in die
  kleresektor, duidelik sigbaar. Hierdie internasionale e-handelskolosse (groot
  maatskappye) is nie net mededingers nie – hulle is ’n dreigende gevaar vir die
  voortbestaan van geliefde plaaslike handelsmerke. Met elke klik en aanlyn
  aankoop was die risiko's vir Suid-Afrikaanse kleinhandelaars nog nooit so hoog
  nie. Temu en Shein het ’n groot deel van die mark oorgeneem deur bekostigbare
  en modieuse klere aan te bied, dikwels teen pryse wat plaaslike kleinhandelaars
  moeilik kan ewenaar. Hulle vermoë om gebruik te maak van skuiwergate in die
  Suid-Afrikaanse belastingstelsel, het hulle in staat gestel om produkte teen laer
  pryse aan te bied en so 'n onewe mededingingsveld geskep. Hierdie
  mededingende voordeel was ŉ kritiese faktor in hul vinnige groei en gewildheid
  onder Suid-Afrikaanse verbruikers.

  Om hierdie wanbalans aan te spreek, is die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)
  gereed om nuwe belastingregulasies vanaf 1 Julie 2024 in werking te stel. Hierdie
  veranderinge sal 'n invoerbelasting van 45% plus BTW op alle klerasiebesendings
  instel, wat die belastingskuiwergat wat Temu en Shein tot dusver uitgebuit het,
  sluit. Hierdie stap poog om die speelveld vir plaaslike kleinhandelaars wat tot
  dusver deur die bestaande belastingstrukture benadeel is, gelyk te maak. Michael
  Lawrence, uitvoerende direkteur van die National Clothing Retail Federation,
  beklemtoon dat die nuwe belastings die plaaslike vervaardigingsektor sal
  bevoordeel. Lawrence wys daarop dat hoewel verbruikers hoër koste sal ervaar,
  die langtermynvoordele meer robuuste (gesonde) plaaslike ondernemings en
  groter werksekerheid.
     [Bron: https://hugeconnect.co.za/2024/06/20/battling-the-giants-how-south-african-retailers-
                    can-compete-with-temu-and-shein-2/. Toegang op 18 Desember 2024 verkry.]

                                                                                                     b.o.

### Page 17

GESKIEDENIS                ADDENDUM            11
                                                    (VRAESTEL 2)                 10792/25

BRON 3B

Die onderstaande uittreksel, getiteld Shein and Temu threatens South African jobs
(Shein en Temu bedreig Suid-Afrikaanse werksgeleenthede), beklemtoon die
ongelykhede wat deur aanlynwinkels in die Suid-Afrikaanse ekonomie veroorsaak word,
asook die skadelike uitwerking wat hulle op plaaslike nywerhede en werksgeleenthede
het.

   Naspers (ŉ Suid-Afrikaanse multinasionale maatskappy) wat die Takealot-groep
   besit, het Maandag gesê dat laekoste Chinese mode- en algemene handelsware
   aanlynhandelaars, Shein en Temu voordeel uit skuiwergate om Suid-Afrikaanse
   e-handelsmaatskappye onbillik te ondermyn, getrek het. In aantekeninge wat
   Naspers se jaarlikse finansiële verslag vir die jaar geëindig op 31 Maart 2024
   vergesel het, het Takealot Shein en Temu – en soortgelyke platforms – daarvan
   beskuldig dat hulle Suid-Afrika se “herindustrialiserings- en lokaliseringspogings”
   bedreig.

   “Hierdie platforms dra by tot ’n markwanbalans deur die mark met goedkoop invoere
   te oorstroom. Hierdie influks (instroming) is veral opvallend in die plaaslike
   kleresektor as gevolg van Shein, en in die breër algemene handelswaremark as
   gevolg van beide Shein en Temu beïnvloed. Hierdie tendense stel ernstige
   uitdagings vir die ontwikkeling en volhoubaarheid van plaaslike nywerhede.”

   Hierdie scenario bedreig die lewenskragtigheid (sterkte) van die plaaslike ekonomie
   en ondermyn volhoubare ontwikkelingspogings. “Hierdie vorm van handel haal
   waarde uit Suid-Afrikaanse verbruikers sonder om iets terug te gee aan plaaslike
   gemeenskappe, wat uiteindelik klein ondernemings, plaaslike vervaardigers en die
   beperkte werksgeleenthede wat beskikbaar is, benadeel.” Takealot het die
   maatskappye daarvan beskuldig dat hulle “verouderde regulasies en skuiwergate
   uitbuit deur versendingsmetodes te gebruik wat hulle toelaat om produkte teen
   buitengewone lae pryse aan te bied, terwyl hulle invoerbelasting, belasting en ander
   regeringsfooie wat op konvensionele kleinhandelaars van toepassing is, vermy.”
   “Ons werk nou saam met SAID en die doeane om te verseker dat ons op ’n gelyke
   speelveld opereer,” het Anthony Thunström, uitvoerende hoof van TFG (eienaar van
   handelsmerke soos Foschini en Bash), gesê. Oor die afgelope paar maande was
   daar beduidend beter afdwinging van regulasies deur SAID en die doeane. “Almal
   moet nou volle doeanebelasting en volle BTW betaal,” het die uittredende minister
   van handel, Ebrahim Patel, volgens ’n berig in die Sunday Times vroeër in Junie
   gesê. “Dit verseker dat Suid-Afrika nie armer gelaat word weens enige gapings in
   ons reguleringsomgewing (administratiewe) nie.”
          [Aangepas uit https://techcentral.co.za/shein-and-temu-threaten-jobs-takealot/246823/.
                                                         Toegang op 17 Desember 2024 verkry.]

                                                                                                    b.o.

### Page 18

GESKIEDENIS               ADDENDUM          12
                                                   (VRAESTEL 2)                10792/25

BRON 3C

Die onderstaande foto is uit ’n navorsingsartikel geneem wat vir Tearfund, ’n humanitêre
organisasie gebaseer in Nieu-Seeland, opgestel is. Dit beklemtoon die enorme druk wat op
fabrieke geplaas word om klere teen laer koste en vinniger te vervaardig, asook die
negatiewe impak wat dit op die werkers het.

   [Bron: https://www.tearfund.org.nz/Get-Involved/The-Dark-Side-of-Our-Love-Affair-with-Temu-and-
                                          Ultra-Fast-Fashion. Toegang op 11 Desember 2024 verkry.]

    Die Donker Kant van ons Liefdesverhouding met Temu en Ultra-vinnige Mode

                                                                                                     b.o.

### Page 19

GESKIEDENIS                ADDENDUM           13
                                                   (VRAESTEL 2)                 10792/25

BRON 3D

Die onderstaande bron lig Suid-Afrikaanse verbruikers se bekommernisse oor die
tariefverhogings op aankope van Shein en Temu uit. Dit beklemtoon ook die positiewe
impak wat Temu en Shein op gewone Suid-Afrikaners het.

  Duisende mense het ’n petisie onderteken wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
  se besluit om ’n skuiwergat in die tarief op ingevoerde klere van winkels soos Shein
  en Temu te sluit, teenstaan. Voor 1 November moes invoerders ’n 45%-invoertarief
  op klere met ’n waarde van meer as R500, sowel as BTW betaal. Maar daar was ’n
  “konsessie” op goedere met ’n waarde van minder as R500 toegepas, waar
  invoerders slegs ’n vaste koers van 20% en geen BTW betaal het nie. Volgens Simon
  Eppel, beleids- en navorsingsdirekteur van die Southern African Clothing and Textile
  Workers Union (SACTWU), het dit kleinhandelaars soos Shein en Temu in staat
  gestel om hul produkte goedkoper te verkoop, wat plaaslike kleinhandelaars en
  plaaslike fabrieke ondermyn het.

  Die Suid-Afrikaanse Kleinhandel-Klere, Tekstiel, Skoene en Leer Meesterplan, wat
  in 2019 van stapel gestuur is, is ontwerp om plaaslike fabrieke te versterk en
  werksgeleenthede in die bedryf te vermeerder. Volgens Eppel is meer as 20 000
  poste geskep, en daar was ’n styging van byna 60% in plaaslik vervaardigde klere,
  bykomstighede en skoene. Die Meesterplan sluit ook maatreëls in om doeanebedrog
  te verminder, wat volgens Eppel een van die grootste uitdagings is wat
  klerevervaardigers in die gesig staar. Goedere word verkeerd geklassifiseer of
  ondergewaardeer om tariewe (kostes) te vermy en dan teen kunsmatig (lae) pryse
  verkoop, wat plaaslike fabrieke ondergrawe (ondermyn).

  Maar volgens Zakhele Mthembu, beleidsbeampte van die Free Market Foundation,
  sal mense wat afhanklik is van goedkoop klere, nie meer dié produkte kan bekostig
  nie. “Die regering, na druk van plaaslike besighede, het die voorneme om invoere
  duurder te maak sodat verbruikers eerder die reeds duur klere by plaaslike
  kleinhandelaars sal koop,” het Mthembu aan GroundUp gesê. Meer as 24 000
  mense het ’n petisie op change.org onderteken wat SAID versoek om nie met die
  verandering voort te gaan nie. “Suid-Afrikaners kan dit nie bekostig nie; ons koop
  van Shein en Temu omdat ons nie klere van plaaslike besighede kan bekostig nie,
  die doel van Shein en Temu is bekostigbaarheid,” lui die petisie.
      [Aangepas uit https://groundup.org.za/article/tariffs-on-shein-and-temu-cheaper-clothes-
                                  versus-saving-jobs/. Toegang op 10 Desember 2024 verkry.]

                                                                                                  b.o.

### Page 20

GESKIEDENIS               ADDENDUM         14
                                                (VRAESTEL 2)                10792/25

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Fernandes MFG. Beyond borders: A transnational history of the black sash and
FEDSAW, 1952 – 1962. Brunel University London

Rheian D . Socialist Lawyer: The Black Sash Movement. February 2016. Pluto Journals
pp. 42 – 43. 10.13169/socialistlawyer.72.0042

https://www.natalia.org.za/Files/Publications/Black%20Sash%20book.pdf.

https://www.sahistory.org.za/article/black-sash-history-transformation

https://www.news24.com/citypress/voices/trc-28-years-later-no-truth-no-reconciliation-
20241103.

https://artfluence.ukzn.ac.za/events/film-screening-ntombikayise-kubheka-the-bones-of-
memory/

https://artfluence.ukzn.ac.za/events/film-screening-ntombikayise-kubheka-the-bones-of-
memory/

https://www.iol.co.za/news/south-africa/trc-dispute-over-mk-members-death-10790

https://hugeconnect.co.za/2024/06/20/battling-the-giants-how-south-african-retailers-
can-compete-with-temu-and-shein-2/

https://techcentral.co.za/shein-and-temu-threaten-jobs-takealot/246823/

https://www.tearfund.org.nz/Get-Involved/The-Dark-Side-of-Our-Love-Affair-with-Temu-
and-Ultra-Fast-Fashion

https://groundup.org.za/article/tariffs-on-shein-and-temu-cheaper-clothes-versus-saving-
jobs/

                                            EINDE

### Page 23

GESKIEDENIS                                   7
                                                 (VRAESTEL 2)                 10792/25

VRAAG 3:      HOE BEÏNVLOED INTERNASIONALE E-HANDELSREUSE
              (MAATSKAPPYE) DIE KLEINHANDELSBEDRYF IN SUID-AFRIKA IN
              DIE 21STE EEU?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Verwys na Bron 3A.

      3.1.1    Waarom, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse kleinhandelsbedryf
               die afgelope jare uitdagings in die gesig gestaar?               (1 x 2)            (2)

      3.1.2    Identifiseer TWEE internasionale e-handelsmaatskappye wat in die bron
               genoem word.                                                     (2 x 1)            (2)

      3.1.3    Verduidelik in jou eie woorde hoekom e-handelsmaatskappye 'n
               “dreigende gevaar vir die voortbestaan van plaaslike handelsmerke” is.
                                                                                (1 x 2)            (2)

      3.1.4    Haal die maatreëls uit die bron aan wat die Suid-Afrikaanse
               Inkomstediens in werking gaan stel om die wanbalans in die
               kleinhandelsbedryf aan te spreek.                                     (1 x 2)       (2)

      3.1.5    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die
               nuwe belastingsinisiatiewe die Suid-Afrikaanse kleinhandelsbedryf sal
               bevoordeel.                                                           (1 x 2)       (2)

3.2   Lees Bron 3B.

      3.2.1    Noem die Suid-Afrikaanse multinasionale groep wat in die bron genoem
               word.                                                            (1 x 1)            (1)

      3.2.2    Definieer die term herindustrialisering in jou eie woorde.            (1 x 2)       (2)

      3.2.3    Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die stelling, “Hierdie
               scenario bedreig die lewenskragtigheid (sterkte) van die plaaslike
               ekonomie en ondermyn volhoubare ontwikkelingspogings”.             (2 x 2)          (4)

      3.2.4    Watter TWEE handelsmerke word, volgens die bron, deur die TFG-groep
               besit?                                                        (2 x 1)               (2)

                                                                                                   b.o.

### Page 24

GESKIEDENIS                                  8
                                                 (VRAESTEL 2)                10792/25

3.3 Verwys na Bronne 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in
    Bron 3A ondersteun, rakende die negatiewe impak van internasionale aanlynwinkels
    op die plaaslike kleinhandelsbedryf.                                       (2 x 2)            (4)

3.4 Raadpleeg Bron 3C.

     3.4.1 Hoekom, dink jy, is hierdie foto geneem?                                 (2 x 2)       (4)

     3.4.2 Lewer kommentaar oor die betekenis van die slagspreuk, "Die donker kant
           van ons liefdesverhouding met Temu en Ultra-vinnige Mode".         (1 x 2)             (2)

     3.4.3 Verduidelik die beperkings van die bron vir 'n navorser wat die uitbuiting van
           werkers in die fabrieke wat die kitsmode-industrie voorsien, bestudeer.
                                                                                    (2 x 2)       (4)

3.5 Lees Bron 3D.

     3.5.1 Identifiseer die vakbond wat in die bron genoem word.                    (1 x 1)       (1)

     3.5.2 Verduidelik die konsep petisie in die konteks van tariefverhogings op Shein-
           en Temu-aankope.                                                       (1 x 2)         (2)

     3.5.3 Watter inisiatief is, volgens die bron, in 2019 van stapel gestuur om
           plaaslike fabrieke te versterk en werksgeleenthede in die kleinhandelsbedryf
           te vergroot.                                                          (1 x 2)          (2)

     3.5.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe Suid-
           Afrika se Kleinhandel-Klere-, Tekstiel-, Skoene- en Leer Meesterplan die
           plaaslike kleinhandelsbedryf versterk het.                              (2 x 2)        (4)

3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
    paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
    hoe internasionale e-handelsreuse (maatskappye) die kleinhandelsbedryf in Suid-
    Afrika in die 21ste eeu beïnvloed.                                                         (8)
                                                                                              [50]

                                                                                                  b.o.

### Page 25

GESKIEDENIS                              9
                                                (VRAESTEL 2)                 10792/25

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:     BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's:
             SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Bespreek krities hoe Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging swart mense
bemagtig het om vir hulself teen die apartheidsregime in die 1960's en 1970's op te
staan.

Motiveer jou argument met relevante bewyse.                                              [50]

VRAAG 5:     DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
             AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Verduidelik tot watter mate die pad na demokrasie gekenmerk is deur 'n kombinasie
van uitdagende omstandighede wat uiteindelik tot 'n onderhandelde skikking in Suid-
Afrika in 1994 gelei het.

Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te staaf.                            [50]

VRAAG 6:     DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
             DIE GEBEURE VAN 1989

Die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 het as 'n groot katalisator (vonk) gedien
vir die politieke oorgang wat in die 1990's in Suid-Afrika plaasgevind het.

Stem jy saam met hierdie stelling? Gebruik relevante historiese bewyse om jou
argument te ondersteun.                                                                  [50]

                                                                             TOTAAL:     150

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
