# History Grade 12 P1 NSC November 2025 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-addendum-paper-1-afrikaans/b536b054-ca7f-4d45-b7e9-b98fac9e07c0
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2025 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-addendum-paper-1-afrikaans/b536b054-ca7f-4d45-b7e9-b98fac9e07c0)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V1

                               NOVEMBER 2025

                                  ADDENDUM

                     Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V1                               2                               DBE/November 2025
                                  NSS − Addendum Vertroulik

 VRAAG 1: HOE HET DIE INPERKINGSBELEID IN 1947 TOT KOUE OORLOG-
          SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
          SOWJETUNIE BYGEDRA?

 BRON 1A

 Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die 'Iron Curtain'('Ystergordyn')-toespraak wat op
 5 Maart 1946 deur Brittanje se voormalige Premier, Winston Churchill, in Fulton,
 Missouri in die VSA, gelewer is. Dit is geneem uit Chambers Book of Great Speeches,
 geredigeer deur A Burnet. Dit fokus op hoe kommunisme in Oos-Europa versprei het.

 'n Skadu het geval oor die tonele wat nog onlangs deur die Geallieerde oorwinning
 verlig is. Niemand weet wat Sowjet-Rusland en hulle kommunistiese internasionale
 organisasie in die nabye toekoms van plan is om te doen nie, of wat die grense, indien
 enige, van hulle uitgebreide en oortuigings(oorredings)-neigings is nie. Ek het 'n diep
 bewondering en ontsag (respek) vir die heldhaftige (dapper) Russiese mense en vir
 my oorlogse kameraad, Maarskalk Stalin. Daar is innige simpatie en welwillendheid in
 Brittanje – en ek twyfel nie daaraan dat dit hier ook so is nie – vir al die mense van al
 die Russiese state en 'n voorneme (besluit) om deur baie verskille en teenkanting
 (weerstand) deur te druk (vol te hou) om blywende vriendskappe tot stand te bring.

 Ons begryp die Russiese behoefte om haar Westerse grense deur die verwydering
 van alle moontlike Duitse aggressie te beveilig. Ons verwelkom Rusland in haar
 regmatige plek onder die leidende nasies van die wêreld. Ons verwelkom haar vlag ter
 see. Bo alles, verwelkom ons voortdurende, gereelde en groeiende kontak tussen die
 Russiese mense en ons eie mense aan albei kante van die Atlantiese See. Dit is egter
 my plig – want ek is seker dat julle sal wil hê dat ek die feite aan julle stel soos wat ek
 dit sien – om sekere feite oor die huidige posisie in Europa aan julle te stel.

 Vanaf Stettin in die Oossee tot Triëst in die Adriatiese See het 'n 'Iron Curtain'
 (Ystergordyn) oor die kontinent neergedaal. Al die hoofstede van die antieke state van
 Sentraal- en Oos-Europa lê agter daardie lyn. Warskou, Berlyn, Praag, Wene,
 Boedapest, Belgrado, Boekarest en Sofia: al hierdie beroemde stede en die
 bevolkings daar rondom, lê in wat ek die Sowjet-sfeer moet noem, en almal is, in een
 of ander vorm, nie net aan Sowjet-invloed nie, maar ook tot 'n baie hoë, en in sommige
 gevalle, toenemende mate, aan beheer van Moskou af onderwerp …

                                  [Uit Chambers Book of Great Speeches deur A Burnet geredigeer]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V1                             3                                 DBE/November 2025
                                NSS − Addendum Vertroulik

 BRON 1B   2025

 Die spotprent hieronder met die titel 'WAT ONS BEDOEL' deur SJ Ray het op
 13 Maart 1947 in die Kansas City Star-koerant in die Verenigde State van Amerika
 (VSA) verskyn. Dit beeld President Truman uit wat 'n hamer, genoem 'AMERIKAANSE
 HULP' ('U.S. AID'), gebruik om die ideologiese en politieke bedreigings wat deur die
 kommuniste ingehou is, te stop.

                        WAT ONS BEDOEL

                                                                                    KOMMUNISTIESE
                                                                                    INFILTRASIE EN
                                                                                    DIKTATORSKAP-
                                                                                    BEDREIGINGS

                                                                                     TURKYE

                                                                                     AMERIKAANSE
                                                                                     HULP

                                                                                    NIE-
                                                                                    KOMMUNISTIESE
                                                                                    KLEIN NASIES

                                                                                    GRIEKELAND

                                [Uit die Kansas City Star-koerant, 13 Maart 1947]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V1                                  4                                 DBE/November 2025
                                     NSS − Addendum Vertroulik

 BRON 1C

 Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel 'The Marshall Plan: Filling in Some
 Blanks' deur K Burk. Dit het in die joernaal Contemporary European History
 verskyn wat in 2001 uitgegee is. Dit beskryf kortliks hoe Amerika die Marshall-plan
 bekendgestel het om die verspreiding van kommunisme oor Europa heen te beperk.

 Marshall-plan-beleidmakers het hier twee groot bekommernisse gehad. Eerstens,
 gebroke ekonomieë kon die groei van kommunisme beskerm (laat groei), baie soos
 wat strooimis (kompos) sampioene beskerm, 'n vrees wat besonder algemeen ten
 opsigte van Frankryk, Italië, Griekeland en *Trisone Duitsland was. 'n Tweede
 belangrike doel van Amerikaanse beleid was om die Sowjetunie in te perk. Daar is
 waargeneem dat hulle besig was om aktief uit te brei en dat hulle onherstelbaar (erg)
 vyandig teenoor Amerika was. 'n Vinnige kykie na 'n kaart het dit duidelik gemaak
 waarom Turkye, Griekeland, Ierland, Ysland, Noorweë en Swede ingesluit is: Turkye
 en Griekeland sou oor die oostelike Middellandse See wag hou; Ierland sou oor die
 toegange na die Britse Eilande en die westelike Middellandse See wag hou; Noorweë
 en Ysland was strategies diagonaal teenoor mekaar geplaas; die roetes oor die
 Noord-Atlantiese See en Swede het oor die Oossee vanaf die Sowjetunie gelê met
 hulle hele suidoostelike kus effektief deur Sowjet militêre magte omring.

 Die noodsaaklikheid om die Sowjetunie in te perk, plus die begeerte om die Europese
 ekonomie te herbou, het in die derde doel saamgekom, wat die dryfveer vir Europese
 integrasie was. 'n Geïntegreerde Europa, wat polities asook ekonomies saamwerk, sou
 die sterkste moontlike versperring teen Sowjet-uitbreiding uitmaak, en Amerika het
 beslis konstante druk op die deelnemers aan die Marshall-plan geplaas om na hierdie
 doel toe te beweeg.

          [Uit 'The Marshall Plan: Filling in Some Blanks', Contemporary European History deur K Burk]

 *Trisone:       Duitsland is in vier besettingsones (deur die Geallieerdes) verdeel, naamlik
                 die VSA-sone, die Britse sone, die Franse sone en die Russiese sone.
                 'Trisone' verwys na die drie sones van die Westerse lande, d.i. die VSA,
                 Brittanje en Frankryk wat deur die ideologie van kapitalisme saamgebind
                 was.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V1                               5                                DBE/November 2025
                                  NSS − Addendum Vertroulik

 BRON 1D

 Die bron hieronder is uit 'n boek met die titel History of Western Civilization deur
 J McLean. Dit gee 'n gedetailleerde verduideliking van die Molotov-plan wat in 1947
 deur die Sowjetunie bekendgestel is om die VSA se inperkingsbeleid teen te staan.

 Die Molotov-plan was die stelsel wat in 1947 deur die Sowjetunie geskep is om hulp te
 verskaf om die lande in Oos-Europa, wat polities en ekonomies bondgenote van die
 Sowjetunie was, te herbou. Dit kan beskou word as die USSR se weergawe van die
 Marshall-plan waarby die Oos-Europese lande, as gevolg van politieke redes, nie kon
 aansluit sonder om die Sowjet-invloedsfeer te verlaat nie. Die Sowjet-minister van
 buitelandse sake, Vyacheslav Molotov, het die Marshall-plan verwerp (1947) en die
 Molotov-plan voorgestel – die Sowjet-gesteunde ekonomiese groepering wat
 uiteindelik uitgebrei is om die *ROEB ('COMECON') te word. Die Molotov-plan was
 simbolies van die Sowjetunie se weiering om hulp van die Marshall-plan te aanvaar of
 om enige van hulle satellietstate toe te laat om dit te doen as gevolg van hulle oortuiging
 dat die Plan 'n poging was om Sowjet-belang in hulle satellietstate te verswak deur die
 voorwaardes neergelê en deur bevoordeelde (ontvangende) lande ekonomies afhanklik
 van Amerika te maak.

 Die plan was 'n stelsel van bilaterale handelsooreenkomste wat die ROEB gestig het
 om 'n ekonomiese bondgenootskap van sosialistiese lande te skep. Hierdie hulp het
 lande in Europa in staat gestel om op te hou om op Amerikaanse hulp staat te maak,
 en Molotov-Plan-state kon in plaas daarvan hulle handel na die USSR reorganiseer.

                                                [Uit History of Western Civilization deur J McLean]

 *ROEB ('COMECON'):         'n  Sowjet-geleide    ekonomiese       organisasie     van
                            kommunistiese state wat in 1949 gevorm is om ekonomiese
                            samewerking en integrasie onder hulle lede te bevorder

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V1                                   6                                 DBE/November 2025
                                      NSS − Addendum Vertroulik

 VRAAG 2: WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF
          1975 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

 BRON 2A

 Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die boek Kissinger in Angola: The Influence of
 Personality on Foreign Policy Working Paper deur M Guta. Dit verduidelik hoe die
 Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, in 1975 Amerikaanse
 buitelandse beleid teenoor Angola beïnvloed het.

 Die Verenigde State van Amerika (VSA) wou nie hê dat die Popular Movement for the
 Liberation of Angola (MPLA) beheer oor Angola verkry nie en in 1975, onder leiding van
 die Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, het operasies van die Amerikaanse
 Intelligensiediens ('CIA') in Angola ernstig veld gewen. Voorwaardes vir Amerikaanse
 betrokkenheid in Afrika was doelbewus vaag en het aangevoer dat Amerikaanse
 Intelligensiediens-betrokkenheid in Afrika die verskaffing van materiaal, ondersteuning
 en advies was om 'n stabiele klimaat in nuut-onafhanklike Afrika-state te skep. Dit het
 die spesifieke noem van Angola doelbewus uitgelaat. Met hierdie buigsaamheid het die
 Amerikaanse Intelligensiediens teen die herfs van 1975 meer as 22 miljoen dollar se
 geheime steun aan die National Liberation Front of Angola (FNLA) en die National Union
 for the Total Liberation of Angola (UNITA) verskaf.

 Buiten monetêre hulp aan die FNLA en UNITA het Kissinger se planne vir Angola op die
 geheime Amerikaanse Intelligensiediens-operasie, bekend as IAFEATURE, uitgeloop.
 IAFEATURE is ingestel om in die geheim, onder die Amerikaanse Intelligensiediens, 'n
 paramilitêre program teen die MPLA te onderneem. Dit is hoogs geheim gehou sodat dit
 nie in die nasleep van die onlangse mislukking in Viëtnam aan die publiek verduidelik hoef
 te word nie. Aan die ander kant van die nederlaag in Viëtnam wou Kissinger
 Amerikaanse buitelandse beleid van hierdie mislukking verlos en het Angola beskou as
 die plek om dit te doen; hy wou bewys dat Amerika steeds die globale wêreldmag was.

      [Uit Kissinger in Angola: The Influence of Personality on Foreign Policy Working Paper deur M Guta]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V1                               7                                 DBE/November 2025
                                  NSS − Addendum Vertroulik

 BRON 2B

 Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek, The Silent War: South African Recce
 Operations 1969–1994, geskryf deur P Stiff. Dit verduidelik waarom die VSA ná 1975 by
 die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het.

 Amerika het gedurende die vorige tien jaar ontelbare miljoene dollar in die bodemlose
 put van Mobutu se korrupte militêre diktatorskap gestort. Dit was 'n geval van koop
 gewildheid om die moontlikheid dat Sowjet-invloed in Zaïre indring, te verhoed.
 Dankbaarheid deur Mobutu was nooit 'n faktor in hulle diplomatieke verhouding nie en
 toe wêreldpryse van koper vroeg in 1975 skerp gedaal het, … het Mobutu teen sy
 weldoeners gedraai. Hy het in Junie 1975 Amerika daarvan beskuldig dat hulle 'n
 magsgreep ondersteun het om hom omver te gooi. Hy het die Amerikaanse
 ambassadeur verban … Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, onder
 leiding van die Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, was angstig om weer
 Mobutu se guns terug te wen en het besluit om hulle steun van sy Angolese beleid te
 versterk deur die FNLA se saak voor te staan.

 Die Direkteur van die Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA'), William Colby, het aan die
 Nasionale Veiligheidsraad gesê dat hy $100 miljoen nodig het om te verseker dat
 Holden Roberto (FNLA-leier) wen, maar die bedrag was te groot om geheim te hou en
 slegs $41,7 miljoen is gemagtig. Die Amerikaanse Intelligensiediens se taak was
 skynbaar nie om te wen nie, maar om 'n maklike oorwinning deur die Sowjet-
 gesteunde magte te voorkom. Daar is gehoop dat beide die FNLA en UNITA 'n
 belangrike inspraak in enige toekomstige Angolese regering sou bekom … Die
 operasie was om materiaal, ondersteuning en advies aan gematigde nasionalistiese
 regerings te verskaf sodat hulle 'n stabiele klimaat kon skep om ware selfbeskikking
 in nuwe opkomende Afrika-state moontlik te maak. Dit het nie Angola genoem nie,
 kwansuis omdat dit slegs deur die Direkteur van die Amerikaanse Intelligensiediens in
 sy mondelinge inligtingsessies genoem kon word.

                        [Uit The Silent War: South African Recce Operations 1969–1994 deur P Stiff]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V1                                  8                                 DBE/November 2025
                                     NSS − Addendum Vertroulik

 BRON 2C

 Die bron hieronder is geneem uit 'n onderhoud wat by die boek, Conflicting Missions:
 Washington, Havana, Africa 1959–1976, deur P Gleijeses, ingesluit is. Die boek is in
 2002 uitgegee. Die onderhoud was tussen Gleijeses en RW Hultslander wat in 1988
 die laaste Stasiehoof van die Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA') in Luanda, Angola
 was. Dit verduidelik die geheime program wat in die middel-70's deur die Amerikaanse
 Intelligensiediens onderneem is.

 PIERO GLEIJESES: Wat was jou mening oor die Amerikaanse Intelligensiediens se
 geheime aksieprogramkode met die naam IAFEATURE?

 ROBERT W HULTSLANDER: Eenvoudig gestel, ek was gekant teen die geheime
 aksieprogram in Angola, want ek was oortuig dat dit nie sou slaag nie, en dit sou ons
 vermoë om in die toekoms met gematigde elemente regdeur Afrika te werk, ernstig
 benadeel. Ons was nie bereid om die nodige hulpbronne te spandeer om oorwinning
 te verseker nie. Of meer prontuit gestel, ons moes besef het dat ons teenstanders
 (vyande) – Moskou en Havana – meer vasbeslote en baie beter geposisioneer as ons
 was. En, hulle het nie 'n vyandige Kongres gehad wat die beursie beheer het nie.
 Kissinger was vasbeslote om die Sowjetunie uit te daag, alhoewel geen
 lewensbelangrike Amerikaanse belange op die spel was nie.

 In plaas daarvan om met die gematigde elemente in Angola saam te werk, wat ek glo
 ons binne die MPLA kon vind, het ons die radikale, stamgebonde, 'anti-Sowjet-regses'
 ondersteun. Jy skryf: 'Kissinger was bang dat 'n MPLA-oorwinning destabiliserende
 (ontwrigtende) gevolge regdeur suidelike Afrika sou hê.' Natuurlik het die
 teenoorgestelde blyk waar te wees; dit was ons beleide wat die 'destabilisering'
 veroorsaak het. […]

 Ek het gedurende die deurnagsessie met [Senator] Clarke by Killoran se Luanda-woning
 my bes gedoen om die Amerikaanse beleidsposisie te bepleit en om die geheime
 aksieprogram te verdedig. Ek het egter nie die hart daarvoor gehad nie en ek moes
 uiteindelik erken dat ek persoonlik gedink het dat ons ondersteuning van Roberto en
 Savimbi rampspoedig sou wees. Hierdie posisie, soos jy jou kan indink, het vir my
 probleme met my eie hoofde veroorsaak, en vir Kissinger woedend gemaak.

                     [Uit Conflicting Missions: Washington, Havana, Africa 1959–1976 deur P Gleijeses]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V1                             9                               DBE/November 2025
                                NSS − Addendum Vertroulik

 BRON 2D

 Die spotprent hieronder, deur die Portugese spotprenttekenaar L Silva, het in 1993 in 'n
 tydskrif, Angola & Cartoons Towards the Year 2000, verskyn. Dit beeld die Amerikaanse
 Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, uit wat die Angolese konflik bemiddel.

                          KISSINGER                         … en my land, as 'n party
                                                            betrokke by die bemiddeling
                                                            van die konflik, belowe om
                                                            alles te doen om dit tot 'n
                                                            besliste einde te bring.

                                                                                   UNITA
       MPLA

                                       [Uit Angola & Cartoons Towards the Year 2000 deur L Silva]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Geskiedenis/V1                                10                                 DBE/November 2025
                                   NSS − Addendum Vertroulik

 VRAAG 3: HOE HET DIE GEWELDLOSE BENADERING WAT DEUR
          MARTIN LUTHER KING JR. AANGENEEM IS, DIE BURGERREGTE-
          BETOGINGS GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE
          VAN AMERIKA (VSA) GEKENMERK?

 BRON 3A

 Die bron hieronder is uit 'n artikel met die titel 'Martin Luther King and the Philosophy of
 Non-violence', geskryf deur C Risen. Dit het in 2017 in 'n joernaal, Bill of Rights in Action,
 verskyn. Dit verduidelik hoe Martin Luther King Jr. beïnvloed is deur die idees van
 passiewe weerstand wat deur Mahatma Gandhi verkondig is.

 King se vroegste blootstelling aan die idees wat in sy geweldlose filosofie sou
 saamsmelt (meng), het plaasgevind toe hy 'n voorgraadse student by Morehouse
 College was. Dit was eers ná hy begin het om die lewe en werk van Mahatma Gandhi
 te bestudeer dat hy die moontlikheid begin sien het om geweldloosheid op die
 spesifieke probleme van swart Amerikaners toe te pas, veral in die Suide. Soos wat hy
 later vertel het, het hy in Philadelphia na 'n preek deur die president van Howard
 University, Mordecai Johnson, geluister wat breedvoerig gepraat het oor die leringe en
 aksies van Gandhi, en in besonder sy gebruik van geweldlose massabetogings om
 Britse beheer oor Indië uit te daag.

 Vir King was die hart van Gandhi se geweldloosheid liefde, in die geestelike,
 bonatuurlike (goddelike) vorm van die woord. Ten spyte van gedwonge
 (intimiderende), rassistiese Britse heerskappy, was Gandhi so lief vir sy onderdrukkers
 dat hy geweier het om die wapen teen hulle op te neem.

 Wat het King met geweldloosheid bedoel? Dit was nie bloot die weiering om terug te
 slaan nie, 'n aandrang daarop om die ander wang te draai nie. Dit was, in 'n sekere sin,
 aggressief. Dit het beteken om jouself ten spyte van geweld in gevaar te stel, om dit
 aktief te konfronteer en om met liefde op die houe en stampe te reageer.

 Dit het ook beteken om duisende oor die hele Suide in spesifieke massa-optrede te
 organiseer, wat direkte ontmoetings met wit, rassistiese magte sou afdwing. King het
 gedink dat deur dit te doen, hy beide die magteloosheid (swakheid) van wit geweld sou
 vertoon en ook die land wys dat die swart gemeenskap nie bang was om op hulle regte
 aan te dring nie.

                                                          [Uit Bill of Rights in Action, Vol. 32, 2017]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Geskiedenis/V1                               11                                 DBE/November 2025
                                  NSS − Addendum Vertroulik

 BRON 3B

 Die bron hieronder is 'n uittreksel van Martin Luther King Jr. se direkte woorde, geneem
 uit 'n boek met die titel The Political Philosophy of Martin Luther King Jr deur H Walton.
 Dit het in 1971 verskyn. Dit gee 'n verduideliking van King se toegewydheid aan die
 filosofie van geweldloosheid.

 Ek dink ons het die punt bereik waar daar nou nie meer 'n keuse tussen
 geweldloosheid en oproere is nie. Dit moet militante, massiewe geweldloosheid of
 oproere wees. Die ontevredenheid is so diep, die woede so ingewortel (diepgewortel),
 die wanhoop, die rusteloosheid so wyd (versprei), dat iets in die lewe geroep moet
 word om te dien as 'n weg waardeur hierdie diep emosionele gevoelens, hierdie diep
 kwaai gevoelens, gekanaliseer (gelei) kan word. Daar moet 'n uitlaat wees, en ek
 beskou hierdie veldtog as 'n manier om die onderontwikkelde woede van die ghetto
 (agterbuurt) in 'n konstruktiewe en kreatiewe kanaal om te sit (te verander). Dit word 'n
 uitlaat vir woede.

 Al sou ek nie die morele dimensies (omvang) en die vraag van geweld teenoor
 geweldloosheid in ag neem nie, sien ek uit 'n praktiese oogpunt nie dat oproere sal
 werk nie. Ek is egter daarvan oortuig dat indien die oproere voortgaan, dit die
 regsgesindes van die land sal versterk en dat dit op 'n soort regsgesinde oorname in
 die stede en 'n Fascistiese ontwikkeling sal uitloop, wat baie skadelik vir die hele land
 sal wees. Ek dink nie Amerika kan nog 'n somer van Detroit-agtige oproere weerstaan
 sonder 'n ontwikkeling wat die siel van die nasie sal vernietig nie, selfs die
 demokratiese moontlikhede van die nasie.

 Ek is absoluut tot geweldloosheid verbind. Ek gaan net nie enigiemand doodmaak nie,
 of dit nou in Viëtnam of hier is. Ek gaan nie enige gebou afbrand nie. Indien geweldlose
 verset hierdie somer misluk, sal ek voortgaan om dit te verkondig en te onderrig, en
 ons by die Suidelike Christelike Leierskapkonferensie sal aanhou om dit te doen. Ek
 beplan om by geweldloosheid te hou omdat ek gevind het dat dit 'n lewensfilosofie is
 wat nie net my optrede in die stryd om rassegeregtigheid reguleer nie, maar ook my
 optrede teenoor mense, teenoor myself. Ek sal aan geweldloosheid getrou wees.

                                [Uit The Political Philosophy of Martin Luther King Jr deur H Walton]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Geskiedenis/V1                               12                                DBE/November 2025
                                  NSS − Addendum Vertroulik

 BRON 3C

 Die bron hieronder is 'n foto uit 'n boek met die titel Parting the Waters: America in the
 King Years 1954–63 deur T Branch. Dit toon drie studente wat op 28 Mei 1963 aan 'n
 sitstaking by 'n middagete-toonbank in Jackson, Mississippi, deelneem. 'n Lid van die
 wit groep gooi 'n vloeistof oor 'n sittende student uit.

                          [Uit Parting the Waters: America in the King Years 1954–63 deur T Branch]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Geskiedenis/V1                                 13                             DBE/November 2025
                                    NSS − Addendum Vertroulik

 BRON 3D

 Die uittreksel hieronder is deel van 'n onderhoud wat KB Clark voor die Opmars na
 Washington op 28 Augustus 1963 met Martin Luther King Jr. gevoer het. Clark was 'n
 kindersielkundige wat sielkundige data verskaf het om die Burgerregtebeweging te
 ondersteun. Dit fokus op die negatiewe kritiek van die geweldlose benadering en hoe
 King Jr. gereageer het.

 CLARK: Hy (Malcolm X) gaan verder as dit in party van die goed wat ek hom hoor sê
 het – om te sê dat dit doelbewus jou filosofie van liefde vir die onderdrukker is wat hy
 heeltemal met die geweldlose beweging identifiseer. Hy sê dat hierdie filosofie en
 hierdie beweging in werklikheid deur wit mense aangemoedig word omdat dit hulle
 gemaklik laat voel. Dit laat hulle glo dat *Negers sagmoedige (verdraagsame), trae
 (passiewe) wesens is.

 KING: Wel, ek dink nie dit is waar nie. Indien enigeen al ooit met 'n geweldlose beweging
 in die Suide saamgeleef het, van Montgomery af deur die Vryheidsritte en
 deur die sitstakingbeweging en die onlangse Birmingham-beweging en die reaksies
 van baie van die ekstremiste en radikales in die wit gemeenskap gesien het, sal hy nie
 sê dat hierdie beweging – hierdie filosofie – hulle gemaklik laat voel nie. Ek dink dit
 wek dikwels 'n gevoel van skaamte in hulle – in baie gevalle. Ek dink dit doen iets om
 die gewete aan te raak en 'n skuldgevoel te vestig.

 CLARK: James Baldwin (Amerikaanse Burgerregte-aktivis) opper nog 'n ander punt
 oor die hele geweldlose posisie, 'n benadering. Hy opper die vraag of dit moontlik sal
 wees om die Neger-mense binne hierdie raamwerk van geweldloosheid te beperk
 indien ons voortgaan om meer van die tipes betogings te hou as dié wat ons in
 Birmingham gehad het, waar die polisie honde gebring het om mense aan te val. Wat
 is jou reaksie op mnr. Baldwin se vrees?

 KING: … ons kan daarvan seker wees dat die oorgrote meerderheid Negers wat by
 die betogings betrokke is en wat die geweldlose filosofie verstaan, in staat sal wees
 om honde en al die ander wrede metodes wat gebruik word, die hoof te bied sonder
 om met geweld weerwraak te neem …

          [Uit A TESTAMENT OF HOPE: The Essential Writings and Speeches of Martin Luther King Jr,
                                                                deur JM Washington geredigeer]

 *Negers: 'n neerhalende naam wat in die verlede in die VSA gebruik is om na swart
             Amerikaners te verwys

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Geskiedenis/V1                               14                       DBE/November 2025
                                   NSS − Addendum Vertroulik

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 Bill of Rights in Action, Vol. 32, 2017

 Branch, T. 1988. Parting the Waters: America in the King Years 1954–63 (Simon and
 Schuster Inc., New York)

 Burnet, A. 2006. Chambers Book of Great Speeches (Harrap Publishers Ltd, VK)

 Contemporary European History, Vol. 10, Nr. 2, Julie 2001

 Gleijeses, P. 2002. Conflicting Missions: Washington, Havana, Africa 1959–1976
 (Chapel Hill, Londen)

 Guta, M. 2016. Kissinger in Angola: The Influence of Personality on Foreign Policy
 Working Paper (Wilfrid Laurier University, Kanada)

 Kansas City Star-koerant, 13 Maart 1947

 McLean, J. 2003. History of Western Civilization (Simple Book Publishing, VSA)

 Silva, L. 1993. Angola & Cartoons Towards the Year 2000 (Edicao EDIPRESS, Luanda)

 Stiff, P. 1999. The Silent War: South African Recce Operations 1969–1994 (Galago
 Publishing, Alberton, Suid-Afrika)

 Walton, H. 1971. The Political Philosophy of Martin Luther King Jr (Greenwood Press
 Inc., VK)

 Washington, JM. 1991. A TESTAMENT OF HOPE: The Essential Writings and
 Speeches of Martin Luther King Jr (Harper Collins Publishers, New York)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P1 Nov 2019 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-addendum-afr/391dd3f5-321e-4706-b9f0-e56fd90242a9) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [History P1 Nov 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-addendum-eng/9444b833-1069-4085-92ed-1cdc967f7f1d) — History · Addendum · 2015 · Eng
- [History P1 Nov 2013 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-addendum-eng/b68028c3-37d0-4167-bb4a-a929d8e4297b) — History · Addendum · 2013 · Eng
- [History P1 Nov 2013 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-addendum-afr/12c2e83e-7ebc-437c-adcd-41d9c7ba2d80) — History · Addendum · 2013 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
