# History Grade 12 P2 NSC November 2025 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-addendum-paper-2/a4448bf8-6ff5-4c67-aa6e-ef27b4a1373e
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2025 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-addendum-paper-2/a4448bf8-6ff5-4c67-aa6e-ef27b4a1373e)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V2

                               NOVEMBER 2025

                                  ADDENDUM

                     Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
                     .

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V2                               2                              DBE/November 2025
                                  NSS – Addendum Vertroulik

 VRAAG 1:        WAT WAS DIE VERSKILLENDE REAKSIES OP DIE POGINGS VAN
                 DIE CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS (COSATU)
                 OM IN DIE 1980's SUID-AFRIKAANSE WERKERS TE MOBILISEER?

 BRON 1A

 Die uittreksel hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel, 'The Struggle: Power and
 Politics in South Africa's Black Trade Unions', geskryf deur A Cowell, 'n joernalis, en dit
 het op 15 Junie 1986 in The New York Times-tydskrif verskyn. Dit werp lig op die vorming
 van COSATU in 1985.

 Meer as 33 unies het in November 1985 verenig om die Congress of South African Trade
 Unions (COSATU), die grootste federasie (groepering) van swart werkers in die
 Suid-Afrikaanse geskiedenis, met 'n totale ledetal van 500 000 werkers, te vorm.

 In plaas daarvan om mak (gehoorsaam) te wees, het COSATU en ander swart
 arbeidsgroepe die politieke hoë grond gesoek wat vakunielede 'die stryd' teen wit
 regering genoem het en wou desperaat opvang met die protesaksies van die jeugdige
 en gewelddadige swart radikales van die townships. COSATU het belangrike bande
 met die United Democratic Front gesmee, die grootste nie-parlementêre
 opposisiegroep in die land, en het hulleself verbind aan die doelstellings, maar nie
 formeel aan die strukture nie, van die verbanne en uitgeweke African National
 Congress wat daaraan toegewy is om die wit regering met geweld tot 'n val te bring.

 In 'n land wat Afrika se mees geïndustrialiseerde nasie is, is die uitdaging wat nou deur
 die swart vakbonde gestel word betekenisvol (oorweldigend); dit hou die moontlikheid
 in van 'n grootskaalse onttrekking van arbeid uit 'n moderne ekonomie wat al hoe meer
 van swart vaardighede afhanklik is. Plaas- en huishoudelike werkers word nie deur
 Suid-Afrika se nuwe arbeidswette beskerm nie. Op ander gebiede, van die land se
 tekstielfabrieke tot by sy staalwerke, is die vakunies sterk en groei steeds. En, in die
 kritieke mynbounywerhede, maak arbeidsleiers staat op die steun van amper die helfte
 van die 600 000-man swart arbeidsmag.

                                                 [Uit The New York Times-tydskrif, 15 Junie 1986]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V2                           3                                    DBE/November 2025
                              NSS – Addendum Vertroulik

 BRON 1B   2025

 Die foto hieronder is geneem gedurende 'n byeenkoms wat op 1 Mei 1986 in die
 Wes-Kaap deur die Congress of South African Trade Unions (COSATU) gehou is. Dit
 toon werkers wat deelneem aan 'n protesaksie onder die banier van die Commercial,
 Catering and Allied Workers Union of South Africa (CCAWUSA), wat 'n geaffilieerde
 van COSATU was.

                                [Uit History of Trade Unionism in South Africa deur L Gentle, et al.]

        GEBALDE VUISTE                                        VOORWAARTS MET
                                                               DIE WERKERS SE
                                                                    STRYD

                  CCAWUSA

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V2                                 4                                 DBE/November 2025
                                    NSS – Addendum Vertroulik

 BRON 1C

 Die uittreksel hieronder is uit 'n *memoir, War in Peace: The Truth about the South
 African Police's East Rand Riot Unit 1986–1994, geskryf deur N Howarth, 'n
 voormalige lid van die Oosrandse Onluste-afdeling. Dit verduidelik hoe die skarebeheer-
 onluste-afdeling met lede van COSATU gebots het wat in Maart 1987
 'n veldtog vir 'n bestaansloon by die Germiston-spoorwegstasie gehou het.

 COSATU-lede was in Maart 1987 al vir verskeie weke besig om te betoog oor griewe
 wat nie een van ons verstaan het of oor bekommerd was nie. Dit het geblyk dat hulle
 besig was om 'n veldtog vir 'n 'bestaansloon' te hou wat sterk deur die African National
 Congress (ANC) ondersteun is. Daar was 'n sekuriteitsbeperking op al sulke
 aktiwiteite, maar dit het COSATU, wat besig was om vakunielede te organiseer en te
 mobiliseer om aan die veldtog deel te neem, nie gepla nie. Dit het bygedra tot die
 aantal stakings en onderbrekings oor die land heen, wat alreeds besig was om die
 Suid-Afrikaanse ekonomie te verlam (verswak). 'n Groot persentasie stakers, ongeveer
 18 000, het aan Suid-Afrikaanse Vervoer ('SAT') behoort.

 Ek was deel van 14 jong rekrute, nie een ouer as ekself nie, wat 'n ry boaan die trappe
 gevorm het wat vanaf 'n ondergrondse tonnel na die stasieplatform gelei het. Die
 gedreun van politieke rympies (vryheidstrydliedjies) wat in die diep kwaai stemme van
 300 betogers gesing is, het in die tonnel af en op met die trappe na ons toe geresoneer
 (ge-eggo). Aan die begin kon ons hulle nie sien nie, maar die klank het my amper die
 doodskrik op die lyf gejaag. Toe het hulle aan die onderkant van die trappe verskyn en
 in ons rigting geswaai. Dit was 'n vreesaanjaende gesig. Hulle was gewapen met
 knopkieries, swepe, messe en 'n hele verskeidenheid wrede (gevaarlike) wapens.

 Ons het handgemeen met die skare geveg. Ek is in die arm raakgesteek sonder om dit
 te weet en daar was bloed oral op my. Ten spyte daarvan was die fisiese skade min.
 Ek het geslaan, geskop en baklei met alles wat ek het. Gelukkig het die skare begin
 om uitmekaar te gaan soos wat ons die oorhand gekry het. Die volgende dag het
 COSATU 'n vergadering by die Wêreldhandelsentrum in Germiston gehou, wat
 ongeveer 500 meter in die pad af van die spoorwegstasie is.

          [Uit War in Peace: The Truth about the South African Police's East Rand Riot Unit 1986–1994
                                                                                      deur N Howarth]

 *memoir:        'n boek wat 'n persoon oor hulle herinneringe skryf

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V2                               5                             DBE/November 2025
                                  NSS – Addendum Vertroulik

 BRON 1D

 Die bron hieronder is geneem uit 'n boek met die titel Confessions of a *STRATCOM
 Hitman, deur P Erasmus, voormalige Veiligheidstak-polisieman. Dit verduidelik hoe die
 Veiligheidstak-offisiere in 1987 'n klopjag op COSATU House uitgevoer en dit verwoes
 het.

 Op 23 April 1987, ná 'n skietvoorval waarby lede van die Onluste-eenheid betrokke
 was, is daar 'n klopjag op COSATU HOUSE deur 'n menigte (skare) polisiemanne
 uitgevoer wat, nadat die gebou beveilig is, dit aan die Veiligheidstak oorhandig het.
 Wat gevolg het, was die slopingswerk (vernietiging); dit was ongehoord
 (buitengewoon) en ongeëwenaar (onoortreflik). Dit was asof die opgehoopte
 (opgegaarde) woede en frustrasie van die polisie, wat soos gewoonlik in die middel
 van die voortslepende politieke konflik vasgevang is, op die gebou en die inhoud
 uitgehaal (uitgedruk) is.

 Deure is onmiddellik toegemaak en toe het liasseerkabinette, gevul met dokumente en
 rekords, soos confetti (klein stukkies papier) vanaf die balkonne van die
 tienverdiepinggebou neergereën (neergeval), kantoortoerusting is stukkend gebreek,
 persoonlike rekenaars is by die vensters en oor die balkonne in die binnehof uitgegooi,
 videomonitors en 'n duur sekuriteitstelsel is vernietig, en dít wat nie vernietig is nie, is
 gebreek of gesteel. ... Ek het COSATU se drukker in die kelder gevind en die plate en
 beheerpaneel stukkend geslaan.

 'n Paar uur later het ek na die kelder teruggekeer en gevind dat die drukker heeltemal
 vernietig is en motors in die kelder op dieselfde manier ernstig beskadig is.
 Veiligheidstaklede het op die agste vloer 'n brand gestig en toe die Johannesburgse
 Brandweer opdaag, het brandweermanne van vloer tot vloer gehardloop, want hulle is
 meegedeel [deur Veiligheidstaklede] dat die brand met die trappe op was, toe met
 die trappe af, dan buite en so aan.

                                        [Uit Confessions of a STRATCOM Hitman deur P Erasmus]

 *STRATCOM (STRATEGIC COMMUNICATION): 'n geheime eenheid in die
 apartheid-era wat aan propaganda, misleidende inligting en geweld teen
 anti-apartheidsaktiviste en -organisasies meegedoen het

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V2                               6                               DBE/November 2025
                                  NSS – Addendum Vertroulik

 VRAAG 2:        WAAROM HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
                 (WVK) DIE AMNESTIE-AANSOEKE VAN DIE BETROKKENES
                 BY DIE MARTELING VAN EERWAARDE TSHENUWANI FARISANI
                 VERWERP?

 BRON 2A

 Die uittreksel hieronder is uit die begrafnisprogram van Eerwaarde
 Tshenuwani Farisani geneem. Die begrafnis het op 7 Junie 2025 plaasgevind. Dit fokus
 op Farisani se politieke aktivisme teen die apartheidsregering wat tot sy opsluiting in die
 1980's gelei het.

 Farisani was 'n stigterslid van die Swartmense se Konvensie (Black People's
 Convention/'BPC') en het vanaf 1973 tot 1975 as die president gedien. Hy het nou
 saamgewerk met Stephen Bantu Biko en ander leiers van die Swartbewussynsbeweging
 (SBB). Hy was 'n medestigter van die Black Evangelical Youth Organisation (BEYO) in
 die 1970's saam met die huidige Suid-Afrikaanse President, Matamela Cyril Ramaphosa,
 Tshifhiwa Muofhe en Lawrence Khorombi. Hierdie inisiatief het in die Bold Evangelical
 Christian Organisation (BECO) en later die Evangelical Christian Outreach (ECHO)
 ontwikkel.

 Farisani is tussen 1977 en 1987 op vier afsonderlike geleenthede sonder verhoor
 aangehou as gevolg van sy uitgesproke teenstand teen apartheid. Gedurende hierdie
 opsluitings (gevangenskap) is hy aan wreedaardige marteling onderwerp, onder meer
 aanranding, elektriese skokke en langdurige isolasie. Sy 1982-aanhouding, een van die
 mees gedokumenteerde gevalle van politieke mishandeling onder apartheid, het
 internasionale veroordeling (kritiek) gelok. Amnestie Internasionaal*, wat hom as 'n
 gewetensgevangene verklaar het, het aan die spits gestaan van 'n wêreldwye veldtog
 om sy vrylating te eis, wat uiteindelik geslaag het.

 Sy lyding het emblematies (simbolies) van die regime se wreedheid geword en het
 gehelp om die mate van staatsondersteunde geweld bloot te lê. Farisani het in 1986 voor
 Amerikaanse kongreskomitees getuig waar hy sy ervarings in kil besonderhede oorvertel
 het; 'n getuienis wat tot formele resolusies in beide die Senaat en Raad van
 Verteenwoordigers gelei het wat by die Suid-Afrikaanse regering aangedring het om
 hulle vervolging van hom en ander aktiviste te staak.

                         [Bron: Begrafnisprogram van Eerwaarde Tshenuwani Farisani, 7 Junie 2025]

 *Amnestie Internasionaal: 'n wêreldwye menseregte-organisasie wat werk om
 menseregte oral in die wêreld te beskerm en te bevorder

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V2                                7                               DBE/November 2025
                                   NSS – Addendum Vertroulik

 BRON 2B

 Die bron hieronder is deel van 'n getuienis wat op 4 Oktober 1996 deur Farisani gelewer
 is by die Waarheids-en-Versoeningskommissie se Menseregteskendingskomitee-
 verhoor wat in Venda gehou is. Dit is 'n terugblik op Farisani se ervarings gedurende sy
 tydperk van aanhouding onder die hande van die Venda Veiligheidstakpolisiemanne.

 … Ek is elke dag ondervra. Daar waar ek gemartel is. Ek is ondervra omdat die eerste
 ding wat gesê is, die brief is wat deur mnr. JAM Silimela en mnr. Magwaba, Venda
 Veiligheidstak-polisiemanne, geskryf is. Ek haat hulle nie, hulle moet die waarheid praat.

 Hulle het 'n sak oor my gesit, hulle het klewerige goed oor my uitgegooi; jy weet, dit was
 net taai. In my verbeelding, terwyl hulle geskok het, kon ek nie die elektrisiteit in die stof
 behoorlik voel nie. Hulle het daardie elektriese toestelle aan my ore gekoppel, en hulle
 het water op die vloer uitgegooi. My hele liggaam het net gepyn. Ek het in die water geval
 en ek het neergeval, opgestaan, die sak afgehaal en hulle het my baie vrae gevra. Die
 elektriese toestelle is van die kop na die tone en die dye en selfs my private dele
 gekoppel. My binnegoed het gespring. Soos wat dit gebeur het, het Ramaligela (lid van
 die Venda Veiligheidstakpolisie) 'n lied begin: 'Halleluja. Roep jou God. Hy sal jou kom
 help.' Ek jok nie oor Ramaligela nie. Waarom sou ek oor hom jok, hy weet baie goed dit
 is waar?

 Ek is gedwing om opstote te doen, om op my kop te staan, hoe kan ek op my kop staan;
 jy weet, ek is baie swaarlywig (kort en swaar)? Hulle het my gevat en my gedwing om op
 my kop te staan en toe het hulle my geskop. Kan ek net een finale ding sê? Een rede
 waarom ek die familie hierheen bring, een rede wat ek wil steun, is dat baie van hierdie
 bose mense, en as 'n pastoor gebruik ek nie die woord 'boos' maklik nie, maar ons moet
 uitwei (praat) oor bose en wrede mans en vroue, omdat as hulle nie na vore kom en bely
 nie, hulle een of ander tyd sal terugkom ...

                                              [Uit WVK Finale Verslag, Volume 5, Hoofstuk 2, 1998]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V2                                8                               DBE/November 2025
                                   NSS – Addendum Vertroulik

 BRON 2C

 Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die Waarheids-en-Versoeningskommissie Spesiale
 Verslag van Saak Nr. AC/99/0238, gedateer 5 Mei 1999. Dit werp lig op waarom die
 WVK se Amnestiekomitee die aansoek van drie Venda Veiligheidstakpolisiemanne,
 T Nesamari, P Managa en M Ramaligela, wat Eerwaarde Farisani en ander slagoffers
 aangeval en gemartel het, verwerp het.

 … Die WVK Amnestiekomitee is tevrede dat die aansoeke voldoen aan die formele
 vereistes van die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening, 1995
 (Wet 34 van 1995), hierna verwys as 'Die Wet', en bevind dat al die dade met betrekking
 waartoe amnestie deur die aansoekers versoek word, met 'n politieke doel gepleeg is,
 soos deur die Wet voorgeskryf.

 Al drie die aansoekers (T Nesamari, P Managa en M Ramaligela) het by die verhoor
 getuig. In beide hulle geskrewe aansoeke en in hulle mondelinge getuienis het dit vir die
 WVK Amnestiekomitee duidelik geword dat hierdie drie aansoekers voortdurend hulle
 rol en betrokkenheid by die aanranding en marteling van die slagoffers wat afsonderlik
 gemartel is, onderspeel (as onbelangrik afmaak) het, maar uit wie se getuienis daar 'n
 prentjie van ooreenstemming duidelik geraak het oor die metodes wat gebruik is.

 Die gebruik van 'n sak gevul met water oor hulle koppe, die toepassing van elektriese
 skokke aan hulle oorlelle en private dele, hare wat uit verskillende liggaamsdele getrek
 is, die bevele om veeleisende (maak moeg) oefeninge te doen en die wrede aanrandings
 deur die aansoekers met hulle kaal hande, het tydens die getuienis van die slagoffers
 so konsekwent na vore gekom dat die Komitee nie die waarheid van hulle getuienis kon
 aanvaar nie.

 Die Komitee is nie tevrede dat die bogenoemde drie aansoekers al die relevante feite,
 soos vereis deur artikel 20(1) van die Wet, volledig geopenbaar het nie en gevolglik moet
 hulle aansoeke MISLUK.

                      [Uit Die Waarheids-en-Versoeningskommissie Spesiale Verslag, Besluite, 1998]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V2                                 9                               DBE/November 2025
                                    NSS – Addendum Vertroulik

 BRON 2D

 Die spotprent hieronder is deur J Shapiro, geneem uit die boek Truths Drawn in Jest:
 Commentary on the TRC Through Cartoons, geredigeer deur W Verwoerd en
 M Mabizela. Dit beeld Dullah Omar uit, die voormalige Minister van Justisie, wat vir die
 WVK verantwoordelik was, wat die waarheid oor menseregteskendings van politieke
 aktiviste gedurende die apartheidsera onthul.

 Die inligting in beide rame (RAAM A en RAAM B) is onder die spotprent oorgetik en vertaal
 vir duidelikheid.

                                                 RAAM A               RAAM B

   [Uit Truths Drawn in Jest: Commentary on the TRC Through Cartoons, geredigeer deur W Verwoerd en
                                                                                        M Mabizela]
                                     WAARHEIDS-EN-
                                     VERSOENINGS-
    TOP DULLAH                        KOMMISSIE
                                                                           RAAM B
          RAAM A
                                                              SLAAN HOM OP SY
    ie gevangen                                               SIT 'N SAK OOR
    gly op di                                                 ON NIE ASEMHAAL NIE
    seep, stamp sy                                            HEG DIE BATTERY
    kop en sterf                                              TESTIKELS. HY HET GESKREE
    later.                                                    ON OPHOU RUK NIE.
                                                              WOU STEEDS NIE PRAAT NIE
                                                              MET 'N YSTERSTAAF, MAAR
                                                              VERWYDER DIE SAK, EK
                                                              BLOED LOOP
                                                              HY WAS DOOD.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Geskiedenis/V2                                    10                                 DBE/November 2025
                                       NSS – Addendum Vertroulik

 VRAAG 3: HOE KAN DIE UITBREIDING VAN BRICS-LANDE AS 'N BEDREIGING
          VIR DIE MAGSBALANS TUSSEN DIE GLOBALE NOORDE
          (WESTERSE LANDE) EN DIE GLOBALE SUIDE (BRICS-LANDE)
          BESKOU WORD?

 BRON 3A

 Die bron hieronder is 'n artikel met die titel 'BRICS Intergovernmental Organization',
 wat geneem is uit rekords van die BRICS-spitsberaad wat in Oktober 2024 in Kazan in
 Rusland gehou is. Dit fokus op die redes vir die vorming van BRICS en hulle geskiedenis
 sedert 2006.

 Die eerste vergadering in die BRIC-formaat het op 20 September 2006 buite die
 61ste sessie van die VN (Verenigde Nasies) se Algemene Vergadering in New York
 plaasgevind. Die vergadering is deur die ministers van buitelandse sake van Rusland,
 Brasilië en China en die minister van verdediging van Indië bygewoon, wat almal
 saamgestem het om veelsydige (veelkantige) samewerking tussen die vier lande te
 ontwikkel.

 Die BRIC-spitsberaad het op 16 Junie 2009 in Yekaterinburg in Rusland plaasgevind.
 Die finale Gemeenskaplike Verklaring het die begeerte van BRIC-lande verklaar om
 ' 'n inkrementeel (toenemende), proaktiewe (aktiewe), pragmatiese (praktiese), oop en
 deursigtige dialoog en samewerking' te ontwikkel wat 'voordelig (gepas) is, nie net om
 algemene belange van opkomende mark-ekonomieë en ontwikkelende lande te dien
 nie, maar ook om 'n harmonieuse (vriendelike) wêreld van blywende vrede en
 gemeenskaplike voorspoed te bou'.

 Met die toetrede (aansluiting) van die Republiek van Suid-Afrika (die eerste
 spitsberaad met Suid-Afrika het op 14 April 2011 in Sanya, China, plaasgevind), is die
 afkorting 'BRICS' as die naam van die assosiasie gevestig. Een van die prioriteite van
 BRICS-aktiwiteite is om die vorming van 'n multipolêre (met baie uitgangspunte)
 demokratiese wêreld te bevorder en om globale veiligheid en stabiliteit oor die wêreld
 heen te versterk. Die assosiasie bepleit (aanmoedig) voortdurend vir voldoening aan
 (saamstem met) die beginsels van internasionale reg met die VN in die sentrale rol, en
 die verwerping van eensydige dwangmaatreëls (gedwonge). Op 1 Januarie 2024 het
 Egipte, Iran, die Verenigde Arabiese Emirate, Saoedi-Arabië en Ethiopië by BRICS
 aangesluit.

                 [Uit 'BRICS Intergovernmental Organization', die Ministerie van Buitelandse Sake van die
                                                                               Russiese Federasie, 2024]

 GLOBALE NOORDE: verwys breedweg na die ryker, meer ontwikkelde lande in
 Wes-Europa, Noord-Amerika, dele van Asië en Oseanië (Westerse lande)

 GLOBALE SUIDE: sluit breedweg die res van die wêreld in, dikwels gekenmerk deur
 laer inkomste en ontwikkelende ekonomieë (sluit BRICS-lande in)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Geskiedenis/V2                                 11                               DBE/November 2025
                                    NSS – Addendum Vertroulik

 BRON 3B

 Die bron hieronder is uit 'n artikel met die titel 'The BRICS Challenge to the G7
 Established International Order' deur MG Mooradian, wat op 20 September 2024 deur
 die Foreign Policy Research Institute gepubliseer is. Dit benadruk die strategieë wat
 deur BRICS aangeneem is om die Globale Noorde uit te daag.

 BRICS stel drie strategiese inisiatiewe bekend, wat ten doel het om die gevestigde
 internasionale orde uit te daag: 'n *kunsmatige intelligensie('AI')-regeringsraamwerk,
 'n onafhanklike ekonomiese stelsel en streeks-sekuriteitkoalisies (alliansies). BRICS se
 huidige doel is om die internasionale orde te hervorm om nasies in staat te stel om
 onafhanklik op te tree, sonder betrokkenheid of dwang vanaf Westerse lande.

 Een van BRICS se primêre doelstellings is om 'n onafhanklike betaalstelsel te vestig
 wat ledegeldeenhede gebruik om de-dollarisasie (vervang die Amerikaanse dollar in
 internasionale handel) te bevorder en daardeur die impak van Westerse sanksies te
 verminder (verklein). Die eerste stap van hierdie proses is die poging om spesifieke
 lewensbelangrike internasionale markte te beïnvloed om ekonomiese invloed (voordeel)
 te bekom. Een voorbeeld van hierdie nuwe strategie is BRICS se betrokkenheid by die
 energiemark, met die organisasie wat daarna mik om 'n energievennootskap tussen
 hulle lede te skep. Met die onlangse insluiting van energieryke nasies soos
 Saoedi-Arabië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate kan BRICS 'n invloedsvlak in
 die globale energiemark bereik wat aan dié van OPUL (Organisasie van
 Petroleumuitvoerlande) ('OPEC') gelykstaande is, wat potensieel die dinamiek
 verander deur 'n betekenisvolle gedeelte van die wêreld se olie- en gasvoorraad
 te beheer.

 Nog 'n kritieke mark wat BRICS probeer beïnvloed, is die landbousektor, waarvan die
 eerste doelstelling is om 'n onafhanklike graanhandelstelsel te skep wat deur Rusland
 geïnisieer is. Hierdie inisiatief kan die organisasie se onderhandelingsmag ten opsigte
 van graanpryse verhoog en sanksies deur Amerika en sy **G7-vennote (ander ryk
 Westerse nasies) teenstaan. BRICS wil die bestaande wêreldmagstruktuur verander
 wat tot afnemende Amerikaanse invloed en die destabilisering van die internasionale
 orde kan lei.

             [Uit 'The BRICS Challenge to the G7 Established International Order' deur MG Mooradian]

 *Kunsmatige intelligensie('AI')-regeringsraamwerk: 'n regeringsinligtingstelsel wat
 die gebruik van kunsmatige intelligensie ('AI') op 'n verantwoordelike manier te bestuur

 **G7: verwys na 'n tussenregerings- politieke en ekonomiese forum van sewe van die
 wêreld se magtigste ekonomieë. Die lede is Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan,
 die Verenigde Koninkryk en Amerika.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Geskiedenis/V2                                     12                               DBE/November 2025
                                        NSS – Addendum Vertroulik

 BRON 3C

 Die grafiek hieronder, met die titel 'Die Opkoms van die BRICS' ('The Rise of the
 BRICS'), geskep deur STATISTA, 'n aanlyn marknavorsingsmaatskappy wat data en
 verslae oor globale markte verskaf met betrekking tot wêreld ekonomiese
 vooruitsigtesyfers vanaf die Internasionale Monetêre Fonds (IMF). Dit toon 'n
 vergelykende analise van die groei van BBP (bruto binnelandse produk) tussen die G7-
 en BRICS-lande oor die periode 1995 tot 2023.

  G7-LANDE
                                                                                       BRICS-LANDE
                              44,9%
                 KANADA
  BRITTANJE

              FRANKRYK
                                                34,3%                       32,1%      SUID-AFRIKA
   ITALIË
                                                                    29,6%
                                                                                       BRASILIË
              DUITSLAND                                 26,6%
                                                                                       RUSLAND
   JAPAN

                                      16,9%                                            INDIË

                   VSA
                                                                                       CHINA

   [Uit https://www.statista.com/chart/30638/brics-and-g7-share-of-global-gdp/. Toegang op 5 Maart 2025 verkry.]

 Bruto binnelandse produk ('GDP'): totale waarde van alle goedere in 'n land

 'deel van globale BBP': 'n vergelyking van 'n land se BBP met die totale BBP van die
 wêreld

 'koopkragpariteit': 'n vergelyking van die koopkrag van geldeenhede tussen twee of
 meer lande

    G7- en BRICS-lande se
    deel van globale BBP teen
    koopkragpariteit

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Geskiedenis/V2                              13                              DBE/November 2025
                                 NSS – Addendum Vertroulik

 BRON 3D

 Die uittreksel hieronder is uit 'n artikel met die titel 'How Trump's Dump on
 De-dollarisation Affects BRICS', deur K Wadhwa en dit het op 28 November 2024 in
 die Responsible Statecraft Weekly-nuusbrief verskyn. Dit sluit 'n uittreksel uit 'n
 toespraak in, wat Trump, as aangewese president, in September 2024 tydens 'n
 veldtogbyeenkoms in Wisconsin gelewer het. Dit benadruk hoe BRICS 'n bedreiging vir
 die magsbalans tussen die Globale Noorde en die Globale Suide inhou.

 'Baie lande verlaat die dollar. Met my gaan hulle nie die dollar verlaat nie. Ek sal sê,
 as jy die dollar verlaat, doen jy nie besigheid met Amerika nie, want ons gaan 'n
 100%-tarief (belasting) op jou groei hef.' Hy was besig om na *BRICS+-lande te
 verwys. Heelparty van hulle is krities oor die 'reëlsgebaseerde' internasionale orde, wat
 in die Bretton Woods-era deur Amerika ingestel is, wat hulle as voordelig vir die Weste
 (veral Amerika) bo die opkomende Globale Suide beskou.

 De-dollarisasie mag dalk nie binnekort gebeur nie, maar die feit dat die
 BRICS+-lande, wat 35% van die wêreld se BBP en 45% van die wêreldbevolking vorm,
 lyk asof hulle dit ernstig opneem, is 'n werklike bekommernis vir Amerikaanse leiers,
 Trump ingesluit.

 Gedurende sy vorige termyn as president het Trump 'n handelsoorlog met China begin
 en boonop 'n nuwe vlaag sanksies teen Iran, Venezuela en Rusland ontketen. Indien
 hy (Trump) doodernstig is oor die gebruik van sanksies as 'n wapen, sal meer lande
 **op meer as een moontlikheid wil wed. Op stuk van sake kan hulle dalk ook eendag
 aan die ontvangkant van sanksies wees as hulle in onguns by Amerika verval. 'Dit sal
 meer konsolidasie (versterking) van China se leierskap van die BRICS+ beteken
 en meer innovering ten opsigte van finansiële infrastruktuur, samewerking en
 integrasie …'

 Hy [Trump] het waargeneem dat selfs lande wat vriendelik teenoor die Weste is, soos
 Turkye, graag by die alliansie (BRICS+) wil aansluit.

                                 [Uit Responsible Statecraft Weekly-nuusbrief, 28 November 2024]

 *BRICS+: Oorspronklike BRICS-nasies (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika)
 plus die nuwe lede (Ethiopië, Egipte, Saoedi-Arabië, Iran en die Verenigde Arabiese
 Emirate) en enige ander land wat nog kan aansluit. Argentinië het reeds onttrek ná 'n
 regeringsverandering teen Desember 2023.

 **op meer as een moontlikheid wil wed: om te vermy om jouself te verbind wanneer
 jy voor 'n moeilike keuse te staan kom of om jouself te beskerm om nie die verkeerde
 keuse te maak nie

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Geskiedenis/V2                             14                         DBE/November 2025
                                NSS – Addendum Vertroulik

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 'BRICS Intergovernmental Organization', die Ministerie van Buitelandse Sake van die
 Russiese Federasie, Kazan-spitsberaad, Rusland, 2024

 Begrafnisprogram van Eerwaarde Tshenuwani Farisani, 7 Junie 2025

 Die Waarheid-en-Versoeningskommissie Spesiale Verslag, Besluite, 1998

 Erasmus, P. 2021. Confessions of a STRATCOM Hitman (Jacana Media,
 Johannesburg)

 Gentle, L; Callinicos, L; Jansen, M; Nieftegoedien, N en Jordie, R. 2018. History of
 Trade Unionism in South Africa, (Workers World Media Productions, Johannesburg)

 Howarth, N. 2012. War in Peace: The Truth about the South African Police's East Rand
 Riot Unit 1986–1994 (Galogo Books, Johannesburg)

 https://www.statista.com/chart/30638/brics-and-g7-share-of-global-gdp/

 Mooradian, MG. 2024. 'The BRICS Challenge to the G7 Established International Order'
 (Foreign Policy Research Institute)

 Responsible Statecraft Weekly-nuusbrief, 2024

 The New York Times-tydskrif, 15 Junie 1986

 Verwoerd, W. en Mabizela, M. 2000. Truths Drawn in Jest: Commentary on the TRC
 Through Cartoons. (New Africa Books, Kaapstad)

 WVK Finale Verslag, Volume 5, Hoofstuk 2, 1998

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — History · Addendum · 2023 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-eng/becc8caa-ed93-4752-8c5e-f4099e0322d1) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [History P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-eng/12189d7f-06ef-4026-899e-44679058dce8) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [History P2 Nov 2018 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-addendum-afr/fa6444a8-b449-46d6-992a-b81bfd0a7ad3) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593) — History · Addendum · 2016 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
