# History Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/0aab3367-de14-419c-ae3c-4a7071337887
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/0aab3367-de14-419c-ae3c-4a7071337887)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V1

                               NOVEMBER 2025

                               NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan 27 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V1                             2                            DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

1.     BRONGEBASEERDE VRAE

1.1  Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
     ontwikkel:
Kognitiewe                                                       Gewigstoekenning
                           Historiese vaardighede
  Vlakke                                                             van vrae
            • Onttrek inligting uit bronne
            • Selektering en organisasie van relevante inligting       30%
VLAK 1
                uit bronne                                             (15)
            • Definieer historiese begrippe/terme
            • Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                       40%
VLAK 2      • Verduidelik inligting uit bronne
                                                                       (20)
            • Analiseer bewyse uit bronne
                 •   Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                 •   Raak betrokke by bronne om bruikbaarheid,
                     betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
                                                                                 30%
VLAK 3               te stel
                                                                                 (15)
                 •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                     perspektiewe in die bronne en kom tot
                     onafhanklike gevolgtrekkings

1.2    Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
       • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
           ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
       • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
           vereistes van die vraag voldoen is.
       • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
           aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
           skrif aangedui

1.3    Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
       • Gebruik 'n regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord.
       • Gee aandag aan die puntetoekenning, bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
          en twee punte elk wat toegeken word (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede
          en twee punte wat toegeken word (✓✓).
       • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui.

       Paragraafvraag
       Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
       struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
       toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
       paragraafvraag geassesseer word:
       • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
           kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
       • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
           was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V1                             3                               DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

       •  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is aan die
          einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die
          holistiese rubriek en lewer kort kommentaar, bv.
       ___________ . __________________________ . _________________________
       _____________________________________________ . _________________
                                                                         √√√√ Vlak 2
       Gebruik meestal relevante bewyse om 'n basiese paragraaf te skryf.

       •   Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
           die kantlyn regs onder, bv.    32
                                          50
       •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
           antwoordeboek oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
       In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel.
       Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat
       dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te
       kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat
       'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en
       'n slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
       Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
       ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
       die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
       afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n
       oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n
       argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud
       (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal
       leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die
       spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee
       krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
       inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
       ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
       val:
       • Die leerder se interpretasie van die vraag
       • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoudseleksie)
       • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n
            onafhanklike argument)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V1                                  4                              DBE/November 2025
                                          NSS – Nasienriglyne

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel

       2.4.1     Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.

       2.4.2     Tydens die deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n
                 relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne), vir
                 elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun
                 (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne) en 'n relevante
                 slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne)
                 Bv. In 'n opstel waar daar vyf (5) hoofpunte is, sal daar dus sewe (7)
                 regmerkies wees.

       2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van 'n opstel.

                 P    Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike
                      hoofpunt.
                      Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in
                      die inleiding gemaak is, ondersteun.
                 E    Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                      waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met
                      die vraag wat gevra is.
                 E    Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te
                      selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde
                      moet gegee word om argument vol te hou.
                 L    Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in
                      die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.

       2.4.3     Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel:

                 • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

                                                      ^
                 • Verkeerde stelling                 _________________

                 • Irrelevante stelling               |
                                                      |
                                                      |

                 • Herhaling                          R

                 • Analise                            A√

                 • Interpretasie                      1√

                 • Argument                           LOA

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V1                             5                              DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

2.5    Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien
       word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding
       in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en
       aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.

       (a)       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die
                 hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
                                                            I       VLAK 4

       (b)       Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
                 aanbieding bepaal.

                                                             I       VLAK 4
                                                             A       VLAK 3

       (c)       Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                             I       VLAK 4
                                                             A       VLAK 3       }26–27
KOMMENTAAR
Sommige weglatings in die inhoudsdekking.
Poog om 'n argument te handhaaf.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V1                                                     6                                                       DBE/November 2025
                                                                 NSS – Nasienriglyne

    NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 PUNTE
                            VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5               VLAK 4              VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*
AANBIEDING              Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                        beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                        gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                        opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                        sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                        inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                        goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                  gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                        oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                        argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                        ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                        bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                        deurgaans           die bewyse te
                        volgehou en         maak om die
                        verdedig.           argument te
                        Onafhanklike        ondersteun.
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit
                        bewyse om die
                        argument te
                        ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten            47–50               43–46
volle relevante tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie              43–46               40–42                38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud          38–39               36–37                34–35                30–33               28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
                                                                     30–33                28–29               26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                       26–27               24–25                20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud
                                                                                                              20–23                18–19                14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                 14–17                  0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

    *Riglyne vir die toekenning van 'n punt vir Vlak 1:
    •     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
    •     Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te
          struktureer nie = 1–6
    •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; min poging om die opstel te struktureer = 7–13

    Kopiereg voorbehou                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V1                           7                             DBE/November 2025
                                   NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1: HOE HET DIE INPERKINGSBELEID IN 1947 TOT KOUE OORLOG-
          SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
          SOWJETUNIE BYGEDRA?

 1.1
 1.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]
          • '… Sowjet-Rusland …'
          • '… hulle kommunistiese internasionale organisasie...'                (2 x 1)      (2)

 1.1.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2]
          • Churchill het bevestig dat die Sowjetunie hulle grense moes beveilig om
              enige toekomstige bedreigings van Duitse vyandigheid te verwyder
          • As gevolg van die rol wat Stalin (Sowjet Unie) tydens die Tweede
              Wêreldoorlog gespeel het/ hulle was bondgenote
          • Churchill het die rol wat die Sowjetunie steeds in die wêreld kon speel
              bevestig/ om nog ‘n wêreld konflik te vermy
          • Churchill het die toenemende interaksie/samewerking tussen die
              Sowjetunie en Brittanje ondersteun
          • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2)        (2)

 1.1.3    [Definisie van 'n historiese term uit Bron 1A – L1]
          • Dit was 'n simboliese versperring wat Europa ná die Tweede Wêreldoorlog
             verdeel het
          • Dit was 'n denkbeeldige lyn van politieke en ideologiese skeiding van die
             kommunistiese Oosblok en kapitalistiese Westerse demokrasieë
          • Enige ander relevante antwoord                              (enige 1 x 2)         (2)

 1.1.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2]
          • Sommige Europese lande is deur Kommunisme oorgeneem
          • Oos-Europese lande is geskei van die Westerse lande en is deur die
              Sowjetunie beheer
          • Kommunistiese invloedsfeer het oor Oos-Europa versprei
          • Enige ander relevante antwoord                         (enige 1 x 2)              (2)

 1.1.5    [Bepaling van die betroubaarheid van Bron 1A – L3]
          Die bron is BETROUBAAR want:
          • Dit is 'n uittreksel uit 'n toespraak gemaak deur die voormalige Britse
             Premier, Winston Churchill – eerstehandse inligting
          • Churchill het die toespraak as 'n voormalige Britse Premier en 'n
             'gerespekteerde wêreldleier gelewer'
          • Die datum, 5 Maart 1946 was aan die einde van die Tweede Wêreld- oorlog
             toe die Sowjetunie besig was om hulle invloedsfeer te versprei
          • Die Ystergordyn-toespraak word as 'n ikoniese toespraak beskou wat
             regoor die wêreld heen gepubliseer is en wat in ‘Chambers Book of Great
             Speeches’verskyn het
          • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V1                           8                             DBE/November 2025
                                   NSS – Nasienriglyne

 1.2
 1.2.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2]
          (a)
          • Die bedreiging wat deur die Sowjetunie se verspreiding van kommunisme
              ingehou is
          • Stalin se skepping van 'n invloedsfeer deur ná Oos-Europa uit te brei
          • Die verspreiding van outoritêre en diktatorskapregerings
          • Die outoritêre aard van die Sowjetunie
          • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2)         (2)

          (b)
          • Finansiële bystand aan Griekeland om 'n kommunistiese oorname te keer
          • Versterking van die grense om kommunistiese infiltrasie te keer/bedwing
          • Marshall-plan om die verspreiding van Kommunisme ná Wes-Europa te
              voorkom
          • Truman het finansiële bystand deur die Amerikaanse Kongres aangebied
          • Enige ander relevante antwoord                                (enige 1 x 2)        (2)

 1.2.2     [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2]
           • Dit vang die Amerikaanse bedoeling vas om kommunistiese infiltrasie ná
              Wes-Europa te bedwing/keer
           • Dit vang die Amerikaanse finansiële hulp aan Wes-Europese lande vas om
              die verspreiding van kommunisme in te perk
           • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)          (2)

 1.3       [Vergelyking van bewyse in Bron 1A en 1B om te bepaal hoe hulle mekaar
           ondersteun – L3]
           • Bron 1A verwys na die Sowjetunie se onbekende uitbreidingsintensies en
             Bron 1B beeld die kommunistiese diktatorskapbedreigings uit wat ná
             nie-kommunistiese klein nasies op pad is/versprei
           • Bron 1A noem dat die Oos-Europese lande en hulle bevolkings aan die
             groeiende invloed en beheer van die Sowjetunie onderwerp word en
             Bron 1B wys die groeiende kommunistiese bedreiging vir Griekeland en
             Turkye
           • Beide bronne is gekant teen die bedreiging wat deur kommunistiese
             infiltrasie ingehou word
           • Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2)           (4)

 1.4
 1.4.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – L1]
          • '… gebroke ekonomieë kon die groei van kommunisme beskerm (laat groei),
            baie soos wat strooimis (kompos) sampioene beskerm …'           (1 x 2)            (2)

 1.4.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – L1]
          • '… waargeneem dat hulle besig was om aktief uit te berei …'
          • '… onherstelbaar (erg) vyandig teenoor Amerika was'                   (2 x 1)      (2)

 1.4.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – L1]
          • 'Die noodsaaklikheid om die Sowjetunie in te perk …'
          • '… die begeerte om die Europese ekonomie te herbou …'                 (2 x 1)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V1                           9                             DBE/November 2025
                                   NSS – Nasienriglyne

 1.4.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C- L2]
          Europese lande sal saamwerk:
          • Polities en ekonomies onder kapitalisme
          • Om te keer dat die Sowjetunie Europa infiltreer
          • Om Europa finansieel te versterk om die verspreiding van Kommunisme te
              keer
          • Om lang termyn Europese eenheid te ondersteun teen die bedreiging van
              Kommunisme
          • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2)          (4)

 1.5
 1.5.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – L1]
          • '… om hulp te verskaf om die lande in Oos-Europa, wat polities en
            ekonomies bondgenote van die Sowjetunie was, te herbou'
          • ‘Dit kan beskou word as die USSR se weergawe van die Marshall Plan...’
                                                                      (enige 1 x 2)           (2)

 1.5.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – L1]
          • '… hulle oortuiging dat die Plan 'n poging was om Sowjet-belang in hulle
            satellietstate te verswak …'
          • '… deur bevoordeelde (ontvangende) lande ekonomies afhanklik van
            Amerika te maak'                                                 (2 x 1)          (2)

 1.5.3    [Verduideliking van 'n historiese term uit Bron 1D – L2]
          • Oos Europese lande/ Lande wat deur die Sowjetunie beheer is en deur
             Kommunisme gedurende die Koue Oorlog beïnvloed is
          • Enige ander relevante antwoord                               (1 x 2)              (2)
 1.5.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – L2]
          • Finansiële bystand om te keer dat hulle aansluit by die Marshall-plan
          • Integrasie tussen satellietstate en die Sowjetunie skep 'n ekonomiese
              alliansie/ handel tussen die kommunistiese state om hulle ekonomie te
              herbou
          • Sekuriteit teen kapitalistiese/ ekonomiese dominansie/oorheersing
          • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Geskiedenis/V1                            10                             DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 1.6       [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]
           Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
          • Die voormalige Britse Premier, Winston Churchill, het in 1946 'n toespraak
              in Fulton, Missouri gemaak waartydens hy kommer uitgespreek het oor die
              Sowjetunie se ekspansionistiese neigings (Bron 1A)
          • Churchill het gesê dat 'n Ystergordyn ('n simboliese versperring van
              ideologieë) die lande van Oos- en Sentraal-Europa van Wes-Europese
              lande geskei het (Bron 1A)
          • Die Oos- en Sentraal-Europese lande is onderwerp aan toenemende
              Sowjet-invloed en beheer – wat gekeer moes word (ingeperk) (Bron 1A)
          • Die verspreiding of kommunisme was besig om 'n groeiende bedreiging vir
              kapitalisme te word (Bron 1B)
          • Amerika het gevrees dat indien een Europese land in kommunisme sou
              verval, ander kon volg – Domino-teorie (eie kennis)
          • Amerika het 'n inperkingsbeleid geïnisieer in 'n poging om die verspreiding
              van kommunisme te keer (Bron 1B)
          • Amerika het finansiële bystand aan kleiner lande gegee, soos Griekeland en
              Turkye, wat deur kommunistiese invloede bedreig is (Bron 1B)
          • Marshall-plan-beleidmakers het met strategieë vorendag gekom om
              kommunistiese infiltrasie in Oos-Europa te keer (Bron 1C)
           • Amerika het geglo dat die Sowjetunie se ekspansionistiese beleide vir hulle
              'n bedreiging is, daarom moes hulle 'n strategie hê oor hulle verdediging om
              die land teen kommunistiese militêre magte te beskerm (Bron 1C)
           • Amerika het aangedring dat Europese lande saamwerk (integrasie) om die
              kommunistiese bedreiging af te weer (Bron 1C)
           • Amerika wou hulle invloedsfeer uitbrei in die kapitalistiese wêreld om hulle
              ideologie teen kommunisme te beskerm (Bron 1C)
           • In reaksie op die Marshall-plan teen kommunisme het die Sowjetunie in
              1947 die Molotov-plan geskep om Oos-Europese lande finansieel by te
              staan (Bron 1D)
           • Die Molotov-plan het die ROEB ('COMECON') gestig om finansiële hulp aan
              Oosbloklande te verskaf (Bron 1D)
           • Die skepping van die Molotov-plan het Koue Oorlog-spanning tussen
              Amerika en die USSR verhewig/vererger (eie kennis)
           • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Geskiedenis/V1                           11                            DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

            • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of
              geen begrip van hoe die inperkingsbeleid in 1947 tot Koue
                                                                                  PUNTE
VLAK 1        Oorlog-spanning tussen die Verenigde State van Amerika
                                                                                   0–2
              en die Sowjetunie bygedra het.
            • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
            • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
              onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van hoe die
              inperkingsbeleid in 1947 tot Koue Oorlog-spanning tussen            PUNTE
VLAK 2
              die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie                    3–5
              bygedra het.
            • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
            • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
              hoe die inperkingsbeleid in 1947 tot Koue Oorlog-spanning
              tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie            PUNTE
VLAK 3
              bygedra het.                                                         6–8
            • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
              toon begrip van die onderwerp.
                                                                                              (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Geskiedenis/V1                           12                             DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 2: WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF
          1975 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

 2.1
 2.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]
          • 'Die Verenigde State van Amerika …'/'… VSA …'                         (1 x 1)      (1)

 2.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]
          • '… materiaal …'
          • '… ondersteuning …'
          • '… advies …'                                                          (3 x 1)      (3)

 2.1.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – L2]
           • Die publiek moes nie weet dat die VSA fondse aan UNITA en die FNLA teen
              die MPLA gee nie
           • Die moes nie lyk asof die VSA by die binnelandse sake van 'n vreemde land
              inmeng nie
           • Dit was deel van die strategie van IAFEATURE – 'n geheime Amerikaanse
              Intelligensiediens-operasie
           • Na die verleendheid/vernedering van die Viëtnam-Oorlog wou die VSA hulle
              self weer laat geld
           • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)       (4)

 2.1.4    [Bepaling van die beperkinge van Bron 2A – L3]
           • Die boek oor Kissinger, die Minister van Buitelandse Sake in die VSA, is
             anti-kommunisties (anti-MPLA) en pro-kapitalisties
           • Die bron is bevooroordeel/eensydig want dit wys slegs Amerika se
             perspektief oor hulle betrokenheid in die skepping van stabiliteit in Angola
             teenoor die destabiliseerende rol van die MPLA
           • Dit bevorder die ideologie van kapitalisme – deur die ondersteuning van
             kapitalistiese FNLA en UNITA
           • Dit handel oor die Amerikaanse Intelligensiediens se geheime monetêre
             bystand van die FNLA en UNITA – opponente van die MPLA
           • Dit handel oor 'n paramilitêre program teen die MPLA
           • Dit beeld die imperialistiese aard van die VSA se buitelandse beleid uit
           • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)      (4)

 2.2
 2.2.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
          • 'Amerika het gedurende die vorige tien jaar ontelbare miljoene dollar in die
            bodemlose put van Mobutu se korrupte militêre diktatorskap gestort.'
                                                                                 (1 x 1)       (1)

 2.2.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
          • '… teen sy weldoeners gedraai'
          • '… Amerika daarvan beskuldig dat hulle 'n magsgreep ondersteun het om
            hom te omver te gooi'
          • '… die Amerikaanse ambassadeur verban …'                 (enige 2 x 1)             (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Geskiedenis/V1                           13                             DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 2.2.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
          • '… die bedrag was te groot om geheim te hou...'                       (1 x 1)      (1)

 2.2.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]
           • Die Amerikaanse Intelligensiediens was gekant teen 'n MPLA-oorwinning
           • Die Amerikaanse Intelligensiediens het beide die FNLA en UNITA
              ondersteun omdat hulle hulleself met kapitalisme vereenselwig het/
              Kommunisme teengestaan
           • Om die MPLA se sukses te vertraag deur Sowjet invloed in Angola te
              beperk/Om die FNLA en UNITA te kry om deel te wees van ‘n nuwe regering
              in Angola
           • Enige ander relevante antwoord                              (enige 1 x 2)         (2)

 2.2.5    [Definisie van 'n historiese term uit Bron 2B – L1]
          • Die onafhanklikheid van 'n land om hulle eie regering te vestig en hulle eie
            reëls/wette te maak
          • Enige ander relevante antwoord                                      ( 1 x 2)       (2)

 2.3
 2.3.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]
          • '… ek was oortuig dat dit nie sou slaag nie …'
          • '… dit sou ons vermoë om in die toekoms met gematigde elemente regdeur
            Afrika te werk, ernstig benadeel'
          • ' Ons was nie bereid om die nodige hulpbronne te spandeer om oorwinning
            te verseker nie'
          • '… ons teenstanders (vyande) – Moskou en Havana – meer vasbeslote en
            baie beter geposisioneer as ons was'
          • '… hulle het nie 'n vyandige Kongres gehad wat die beursie beheer het nie'
          • ‘...ons ondersteuning van Roberto Savimbi rampspoedig sou wees’
                                                                         (enige 2 x 1)         (2)

 2.3.2    [Verduideliking van 'n historiese term in Bron 2C – L2]
          • 'n Operasie deur die Amerikaanse Intelligensiediens wat in die geheim
             beplan is om die FNLA en UNITA te ondersteun om te keer dat die MPLA
             Angola regeer
          • Enige ander relevante antwoord                                  (1 x 2)            (2)

 2.3.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – L2]
          • Die VSA was bang vir die verspreiding van kommunisme in suidelike Afrika/
              vrees vir die Domino Teorie
          • Die VSA wou hê dat die hele suidelike Afrika onder Kapitalisme bly
          • Enige ander relevante antwoord                                     (2 x 2)         (4)

 2.3.4    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]
          • '...my bes gedoen om die Amerikaanse beleidsposisie te bepleit …'
          • '… om die geheime aksieprogram te verdedig'
          • ‘...uiteindelik erken dat ek persoonlik gedink het dat ons ondersteuning van
            Robertoen Savimbi rampspoedig sou wees’                               (2 x 1)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Geskiedenis/V1                           14                            DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 2.4
 2.4.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
          • Die VSA se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog kan beskou word
             as 'n poging om te keer dat die MPLA die Angolese regering oorneem
          • Kissinger het in die geheim UNITA ondersteun om te keer dat die MPLA
             oorneem
          • Hy wou sien dat Kapitalisme ‘n oorwinnig oor Kommunisme behaal
          • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)         (4)

 2.4.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
          (a)
          • Het geen ondersteuning van die VSA gekry nie/MPLA was geignoreer deur
              die VSA
          • Desperate pleit/angstig vir ondersteuning deur Kissinger
          • Die VSA wou nie hê dat die MPLA die Angolese Burgeroorlog wen nie
          • Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2)            (2)

          (b)
          • Is deur die VSA bygestaan/ bevoordeel
          • Opgewonde/bly om voorsien te word van 'n verskeidenheid van wapens
              wat teen die MPLA gebruik sal word
          • Enige ander relevante antwoord                          (enige 1 x 2)              (2)

 2.5      [Vergelyking van bewyse in Bron 2A en 2D om te bepaal hoe hulle mekaar
          ondersteun – L3]
          • Bron 2A noem dat die VSA nie wou hê dat die MPLA beheer oor Angola
             verkry nie en Bron 2D toon die MPLA wat vir bystand by Kissinger pleit –
             maar verniet
          • Bron 2A verwys na die Amerikaanse Intelligensiediens wat geheime
             ondersteuning aan UNITA gee en Bron 2D toon UNITA met wapens wat
             van Kissinger (Amerikaanse Intelligensiediens) ontvang is
          • Bron 2A verwys na Kissinger se plan om in die geheim die Amerikaanse
             Intelligensiediens-operasie (IAFEATURE) te befonds wat teen die MPLA
             begin is en Bron 2D toon dat Kissinger nie van plan was om die MPLA
             te help nie
          • Beide bronne beklemtoon dat die bedoeling van die geheime program was
             om die geveg teen die MPLA in Angola te ondersteun
          • Bron 2A verwys na die geheime steun aan FNLA en UNITA en Bron 2D
             beeld the VSA uit wat voorgee om ‘n bemiddelaar te wees terwyl hulle in die
             geheim UNITA ondersteun/Beide bronne wys die VSA se misleidende aard
             van betrokkenheid met die vryheidsbewegings in Angola
          • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Geskiedenis/V1                            15                             DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 2.6      [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]

          Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:

          • Om te keer dat die MPLA beheer van die Angolese regering verkry
            (Bron 2A en 2B)
          • Om in die geheim bevrydingsbewegings (FNLA en UNITA) te ondersteun
            wat 'n kommunistiese regering in Angola kon teenstaan (Bron 2A)
          • Om Amerikaanse waardigheid of prestige te herwin wat gedurende die
            Viëtnam-oorlog verlore kon gegaan het (Bron 2A)
          • Om Amerika as 'n globale wêreldmag te hervestig (Bron 2A)
          • Om Sowjet-invloed in die streek (suidelike Afrika) Angola te voorkom
            (Bron 2B)
          • Om 'n omgewing te skep wat die streek in suidelike Afrika in staat sou stel
            om met sukses kapitalisme te implementeer (eie kennis)
          • Om Suid-Afrika se belange om kapitalisme in die land in stand te hou, te
            ondersteun (eie kennis)
          • Om die FNLA en UNITA te versterk sodat hulle 'n groot sê in die Angolese
            regering sou hê (Bron 2B)
          • Om die verspreiding van kommunisme in Angola te keer (Bron 2C)
          • Om 'n MPLA-oorwinning te voorkom wat die suidelike Afrika-streek sou
            destabiliseer (Bron 2C)
          • Om toegang tot Angola se natuurlike hulpbronne te hê (eie kennis)
          • Die VSA het die FNLA en UNITA teen die MPLA ondersteun en beweer dat
            hulle besig was met bemiddeling (Bron 2D)
          • Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

            • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of
              geen begrip van waarom die Verenigde State van Amerika
                                                                                      PUNTE
VLAK 1        (VSA) in 1975 by die Angolese Burgeroorlog betrokke
                                                                                       0–2
              geraak het nie.
            • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
            • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
              onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van waarom die
                                                                                      PUNTE
VLAK 2        Verenigde State van Amerika (VSA) in 1975 by die Angolese
                                                                                       3–5
              Burgeroorlog betrokke geraak het.
            • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
            • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
              waarom die Verenigde State van Amerika (VSA) in 1975 by
                                                                                      PUNTE
VLAK 3        die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het.
                                                                                       6–8
            • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
              en toon begrip van die onderwerp.
                                                                                                  (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Geskiedenis/V1                            16                               DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3: HOE HET DIE GEWELDLOSE BENADERING WAT DEUR
          MARTIN LUTHER KING JR. AANGENEEM IS DIE BURGERREGTE-
          BETOGINGS GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN
          AMERIKA (USA) GEKENMERK?

 3.1
 3.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
          • '… Mahatma Gandhi …'                                                     (1 x 1)      (1)

 3.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
          • '… die leringe en aksies van Gandhi …'
          • '… sy gebruik van geweldlose massabetogings …'                           (2 x 1)      (2)

 3.1.3    [Definisie van 'n historiese term in Bron 3A – L1]
          • 'n Byeenkoms van 'n groot groep mense om onregverdige wette uit te daag
             deur vreedsame metodes van burgerlike ongehoorsaamheid
          • Enige ander relevante antwoord                                   (1 x 2)              (2)

 3.1.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
           • King Jr. het geglo dat betogers geweld trompop die hoof moes bied – sonder
              om terug te baklei
           • King Jr. het gevoel dat deur nie in die konfrontasie met die polisie of die wit
              menigte met geweld terug te slaan nie, sou beteken om wit mag teen te
              staan
           • Die burgerlikeverset-betogers moes dapper wees om voor geweld te staan
              as toewyding/ as ‘n demonstrasie dat die swart gemeenskap nie bang was
              om op hulle regte aan te dring nie
           • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2)        (4)

 3.1.5    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
           • '… direkte ontmoetings met wit, rassistiese magte sou afdwing'
           • '… die magteloosheid (swakheid) van wit geweld sou vertoon …'
           • '… die land wys dat die swart gemeenskap nie bang was om op hulle regte
             aan te dring nie'                                            (enige 1 x 1)           (1)

 3.2
 3.2.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
           • ' Die ontevredenheid is so diep …'
           • '… die woede so ingewortel (diepgewortel) …'
           • '… die wanhoop, die rusteloosheid so wyd (versprei) …'
           • '… iets in die lewe geroep moet word om te dien as 'n weg waardeur hierdie
             diep emosionele gevoelens, hierdie diep kwaai gevoelens, gekanaliseer
             (gelei) kan word'                                            (enige 2 x 1)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Geskiedenis/V1                            17                               DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 3.2.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – L2]
          • Indien die betogers hulle na oproere sou wend, sou dit die meer
              konserwatiewe Staatspolisiemanne die verskoning gee om meer
              aggressief te wees
          • Indien die betogers hulle na geweld en oproere sou wend, sal dit die
              reggesinde beweging (soos die Ku Klux Klan) in die VSA aanmoedig om
              meer gewelddadig te wees/ verharde houding
          • Indien betogers nie geweldloos sou bly nie, sou dit die reggesinde leiers 'n
              nog meer volgelinge gee
          • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)           (4)

 3.2.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
           • ' Ek gaan nie enigiemand doodmaak nie …'
           • ' Ek gaan nie enige gebou afbrand nie'
           • '… sal ek voortgaan om dit te verkondig en te onderrig …'
           • '… ons by die Suidelike Christelike Leierskapkonferensie sal aanhou om dit
             te doen …'
           • '… omdat ek gevind het dat dit 'n lewensfilosofie is wat nie net my handelinge
             in die stryd om rassegeregtigheid reguleer nie, maar ook my optrede
             teenoor mense, teenoor myself'
           • ' Ek sal aan geweldloosheid getrou wees'                          (enige 2 x 1)      (2)

 3.2.4    [Verduideliking van 'n historiese term in Bron 3B – L2]
           • Oproep vir respek van alle rasse in die VSA in die 1960's as gevolg van
             bestaande rassediskriminasie
           • Eis vir geregtigheid vir alle rasse in die VSA in die 1960's
           • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2)           (2)

 3.2.5    [Bepaling van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 3B – L3]
          Die bron is BRUIKBAAR want:
          • Dit is gebaseer op King Jr. se werklike woorde – direkte bron (eerstehandse
             inligting) oor sy toegewydheid aan die filosofie van geweldloosheid
          • Die boek het in 1971 verskyn – 'n paar jaar na sy sluipmoord in 1968
          • Dit is geneem uit 'n boek oor King Jr. waarin daar oor sy politieke filosofie
             van geweldloosheid uitgewy word
          • Dit verskaf insig in sy persoonlike oortuigings en stategiee vir geweldlose
             betogings
          • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)          (4)

 3.3
 3.3.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2]

          (a)
          • Desegregasie/integrasie van middagete-toonbanke
          • Aandring op gelyke regte
          • Om rassisme en diskriminasie te ontbloot
          • Enige ander relevante antwoord                                           (1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Geskiedenis/V1                            18                              DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

           (b)
           • Voortsetting van segregasie/skeiding van middagete-toonbanke
           • Om Swart Amerikaners te terroriseer en te intimideer om diskriminasie te
               handhaaf
           • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)            (2)

 3.3.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2]
          • Hulle was besig om die geweldlose benadering, voorgestel deur King Jr. te
              volg/gehoorsaam/om te verhoed om hulle morele doelwitte /verpligting te
              ondermyn
          • Hulle is opgelei om geweldloos te bly/nie terug te slaan nie/nie weerwraak
              te neem nie
          • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 1 x 2)         (2)

 3.4       [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3C om te bepaal hoe dit mekaar
           ondersteun – L3]
          • Bron 3A noem dat King Jr. die moontlikheid begin sien het om
              geweldloosheid op swart Amerikaners in hulle strewe na desegregasie
              toe te pas en in Bron 3C toon dit deelnemers aan sitstakings wat die
              filosofie van geweldloosheid in Jackson, Mississippi, by 'n middagete-
              toonbank toepas
          • Bron 3A verwys na betogers wat hulleself ten spyte van geweld in
              gevaar stel en Bron 3C illustreer die deelnemers aan 'n sitstaking wat
              hulleself ten spyte van geweld in gevaar stel
          • Bron 3A beklemtoon dat swart Amerikaners aangedring het op hulle regte
              en Bron 3C toon studente wat op 'n geweldlose manier aandring op
              desegregasie by 'n middagete-toonbank
          • Beide bronne verwys na die filosofie van geweldloosheid as ‘n strategie om
              diskriminasie te veg
          • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)           (4)

 3.5
 3.5.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
           • '… dit doelbewus jou filosofie van liefde vir die onderdrukker is …'
           • '… hierdie filosofie en hierdie beweging in werklikheid deur wit mense
             aangemoedig word omdat dit hulle gemaklik laat voel'
           • 'Dit maak hulle glo dat *Negers sagmoedige (verdraagsame), trae
             (passiewe) wesens is'                                            (enige 2 x 1)      (2)

 3.5.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
           • '… Montgomery …'
           • '… Vryheidsritte …'
           • '… sitstakingbeweging …'
           • '… Birmingham-beweging …'                                       (enige 2 x 1)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Geskiedenis/V1                              19                             DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 3.5.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – L2]
           • Negers kon nie voortgaan om geweldloos te wees nie as gevolg van die
              intimidasie deur die polisie
           • Die aard van geweld vanaf staatspolisie sou betogers dwing om terug te
              slaan
           • Die geweldlose benadering was nie volhoubaar as die aard van
              polisiewreedheid teenoor betogers in ag geneem word nie/Swart
              Amerikaners
           • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)          (4)
 3.6      [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]

          Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:

          •      King Jr. is terwyl hy 'n student by Morehouse College was blootgestel aan
                 die idees van passiewe weerstand en hy het dit aangeneem (Bron 3A)
          •      Sy studie van die lewe en werk van Mahatma Gandhi het hom beïnvloed
                 om dit toe te pas op die probleme waarvoor swart Amerikaners te staan
                 gekom het, veral in die Suidelike state van die VSA (Bron 3A)
          •      King Jr. wou hê dat swart Amerikaners hulleself ten spyte van geweld in
                 gevaar moes stel en dit die hoof bied (konfronteer) sonder om terug te
                 slaan, maar met liefde daarop te reageer (Bron 3A)
          •      King Jr. het swart Amerikaners aangemoedig om die geweldlose
                 benadering te gebruik om op hulle regte aan te dring (Bron 3A)
          •      Die benadering van geweldloosheid deur swart Amerikaners sou as 'n
                 uitlaatklep vir hulle woede dien (Bron 3B)
          •      King Jr. het geglo dat oproere (geweld) deur swart Amerikaners
                 reggesindes sou versterk wat skadelik vir die land sou wees (Bron 3B)
          •      King Jr. en die Suidelike Christelike Leierskapkonferensie het
                 geweldloosheid voorgestaan, daaroor gepreek en was daaraan toegewy
                 om dit op alle burgerlikeverset-betogings toe te pas (Bron 3B)
          •      In Jackson, Mississippi, was die deelnemers aan sitstakings geweldloos
                 van aard, hulle is nie uitgelok om terug te slaan met geweld nie, ten spyte
                 daarvan dat hulle geïntimideer is (Bron 3C)
          •      King Jr. het geglo dat die groot meerderheid van swart Amerikaners
                 selfbeheersing sou kon toepas in die gesig van geweld (Bron 3D)
          •      King Jr. Hy wou integrasie tussen swartes en wittes hê om te bewys dat
                 hulle saam kan bestaan (eie kennis)
          •      King Jr. wou die beeld van swart Amerikaners red en hulle kant sonder
                 enige blaam (foute) te hou (eie kennis)
          •      Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Geskiedenis/V1                           20                            DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

            • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of
              geen begrip van hoe die geweldlose benadering wat deur
              Martin Luther King Jr. aangeneem is die burgerregte-                PUNTE
VLAK 1
              betogings gedurende die 1960's in die Verenigde State van            0–2
              Amerika (VSA) gekenmerk het.
            • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
            • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
              onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van hoe die geweldlose
              benadering wat deur Martin Luther King Jr. aangeneem is             PUNTE
VLAK 2
              die burgerregte-betogings gedurende die 1960's in die                3–5
              Verenigde State van Amerika (VSA) gekenmerk het.
            • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
            • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
              hoe die geweldlose benadering wat deur Martin Luther
              King Jr. aangeneem is die burgerregte-betogings
                                                                                  PUNTE
VLAK 3        gedurende die 1960's in die Verenigde State van Amerika
                                                                                   6–8
              (VSA) gekenmerk het.
            • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
              toon begrip van die onderwerp.
                                                                                              (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Geskiedenis/V1                          21                             DBE/November 2025
                                   NSS – Nasienriglyne
 AFDELING B: OPSTELVRAE
 VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
          VIËTNAM
 [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
 deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik]
 SINOPSIS
 Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie dat die militêre taktieke en strategieë
 wat deur die Viëtkong gedurende die Viëtnam-oorlog tussen 1962 en 1975 gebruik is,
 suksesvol was om die sterk weermag van die VSA te verslaan. Hulle moet hulle
 argumente met relevante historiese bewyse ondersteun.
 HOOFASPEKTE
 Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
 • Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem wat aandui dat hulle saamstem of nie
   dat die militêre taktieke en strategieë wat deur die Viëtkong gedurende die Viëtnam-
   oorlog tussen 1962 en 1975 gebruik is, suksesvol was om die sterk weermag van die
   VSA te verslaan. Hulle moet die inhoud wat gebruik gaan word om hulle standpunt te
   ondersteun, kortliks beskryf. Hulle sal ook voorbeelde moet gee van inhoud en hoe
   hulle dit sal gebruik om hulle argumentslyn te ondersteun
 UITBREIDING
 • VSA se betrokkenheid oor vrees van die Domino Teorie
 • Verdeling van Noord- en Suid-Viëtnam as gevolg van ideologiese invloed van
    Kommunisme (Noord) en Kapitalisme (Suid-Viëtnam)
    ➢ Die Viëtminh kommunistiese guerrillas uit Noord-Viëtnam het die Viëtkong in die
        Suide ondersteun om teen die Amerikaans-gesteunde Suid-Viëtnamese
        weermag te veg
    ➢ Die Viëtminh was daartoe in staat om die Viëtkong deur die Ho Chi Minh-roete te
        ondersteun
    ➢ Amerika se eerste ingryping in Suid-Viëtnam – stuur wapens en militêre
        raadgewers teen die Viëtkong (Viëtnamese kommuniste)
 • In Suid-Viëtnam, die Viëtkong het binne klein dorpies gefunksioneer
    ➢ Die Amerikaners het die 'Safe Village'-beleid/Hamlet-strategie/'Villagisation'
       (hervestiging van mense in nuwe dorpe) ingestel – om dorpenaars van die
       Viëtkong te skei
    ➢ Die Viëtkong was in die dag plattelanders en snags guerrillas
    ➢ 'Safe Village'-beleid het misluk – dorpenaars en die Viëtkong kon nie geskei
         word nie
 • Guerrilla-oorlogvoering deur die Viëtminh en Viëtkong
    ➢ Hoogs effektiewe gebruik van guerrilla-taktieke deur die Viëtkong teen die
       konvensionele weermag van Amerika
    ➢ Gesteun deur Viëtminh uit die noorde, het die Viëtkong taktieke gebruik soos
       fopstelsels, tref-en-hardloop, sabotasie en ondergrondse tonnels – nou/smal vir
       die Viëtkong-liggaamstruktuur, maar nie vir die groot Amerikaanse soldate nie
    ➢ Die Viëtkong het die harte van die dorpenaars gewen en hulle
       ondersteuningsbasis vergroot as gevolg van die effektiewe taktieke wat teen die
       Amerikaanse soldate gebruik is
 • Die Golf van Tonkin-insident en oplossing (1964) – gebruik as 'n verskoning vir die
    eskalering van die Amerikaanse weermag
    ➢ Amerika het op 8 Maart 1965, 3 500 'marines' (soldate) en grondtroepe na
       Viëtnam gestuur
    ➢ Die meeste troep was onervare jong mans
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [History P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce) — History · Memo · 2018 · Afr
- [History P1 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-memo-afr/1045e9f1-5699-4ddd-a05c-c180693099bb) — History · Memo · 2013 · Afr
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P1 Nov 2019 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-addendum-afr/391dd3f5-321e-4706-b9f0-e56fd90242a9) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [History P1 Nov 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-addendum-eng/9444b833-1069-4085-92ed-1cdc967f7f1d) — History · Addendum · 2015 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
