# History Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/9777b908-98e7-477a-9cef-348c67f17f7e
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/9777b908-98e7-477a-9cef-348c67f17f7e)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                                NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V1                               2                        DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
          voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

          AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

          VRAAG 1:     DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                       OORLOG

          VRAAG 2:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

          VRAAG 3:     BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING

          AFDELING B: OPSTELVRAE

          VRAAG 4:     DIE  UITBREIDING    VAN           DIE     KOUE       OORLOG:
                       GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

          VRAAG 5:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

          VRAAG 6:     BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       DIE SWARTMAGBEWEGING

 2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
          benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
          word.

 3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

          4.1    Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

          4.2    Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

 5.       Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.

 6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
          gebruik.

 7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V1                                3                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE               2025

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling.
 Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
 ADDENDUM vervat.

 VRAAG 1: HOE HET DIE INPERKINGSBELEID IN 1947 TOT KOUE OORLOG-
          SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
          SOWJETUNIE BYGEDRA?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1      Gebruik Bron 1A.

          1.1.1      Wie, volgens die bron, het Churchill blameer vir: ' 'n Skadu het
                     geval oor die tonele wat nog onlangs deur die Geallieerde
                     oorwinning verlig is'? Gee TWEE antwoorde.                (2 x 1)           (2)

          1.1.2      Waarom, dink jy, het Churchill 'n versoenende (sagte) houding
                     teenoor die Sowjetunie ingeneem ten spyte van hulle
                     ekspansionistiese neigings?                            (1 x 2)              (2)

          1.1.3      Definieer die term Ystergordyn in jou eie woorde.              (1 x 2)      (2)

          1.1.4      Lewer kommentaar op wat Churchill met die woorde: '… al hierdie
                     beroemde stede en die bevolkings daar rondom, lê in wat ek die
                     Sowjet-sfeer moet noem …', geïmpliseer het.             (1 x 2)             (2)

          1.1.5      Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat
                     navorsing doen oor die oorsprong van die Koue Oorlog.          (2 x 2)      (4)

 1.2      Raadpleeg Bron 1B.

          1.2.1      Verduidelik die simboliese verteenwoordiging van die volgende:

                     (a)     'n Beer/wolf met die byskrif 'KOMMUNISTIESE
                             INFILTRASIE EN DIKTATORSKAPBEDREIGINGS' (1 x 2)                     (2)

                     (b)     AMERIKAANSE HULP('U.S. AID' )-hamer                    (1 x 2)      (2)

          1.2.2      Lewer kommentaar op waarom jy die opskrif 'WAT ONS BEDOEL'
                     as gepas beskou.                                     (1 x 2)                (2)

 1.3      Verwys na Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse
          in Bron 1B ondersteun rakende die toenemende bedreiging van kommunisme.
                                                                                 (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V1                               4                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 1.4      Bestudeer Bron 1C.

          1.4.1      Wat, volgens die bron, was die eerste bekommernis van die
                     Marshall-plan-beleidmakers?                        (1 x 2)                (2)

          1.4.2      Waarom, volgens die bron, was die inperking van die Sowjetunie
                     die tweede grootste doel van Amerikaanse beleid? Gee TWEE
                     antwoorde.                                              (2 x 1)           (2)

          1.4.3      Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat dui op die oogmerke van
                     die derde doel van die inperkingsbeleid.               (2 x 1)            (2)

          1.4.4      Verduidelik die implikasie van die frase: '… die dryfveer vir
                     Europese integrasie …', in die konteks van die inperkingsbeleid.
                                                                                  (2 x 2)      (4)

 1.5      Lees Bron 1D.

          1.5.1      Waarom, volgens die bron, is die Molotov-plan in 1947 deur die
                     Sowjetunie geskep?                                     (1 x 2)            (2)

          1.5.2      Haal TWEE redes uit die bron aan oor waarom die Sowjetunie
                     geweier het om finansiële hulp van die Marshall-plan te aanvaar.
                                                                                  (2 x 1)      (2)

          1.5.3      Verduidelik die term satellietstate in die konteks van die
                     Koue Oorlog.                                         (1 x 2)              (2)

          1.5.4      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op wat die ROEB ('COMECON') aan die USSR en sy
                     satellietstate gebied het.                            (2 x 2)             (4)

 1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          hoe die inperkingsbeleid in 1947 tot Koue Oorlog-spanning tussen die
          Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie bygedra het.                           (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V1                               5                              DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 2: WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF
          1975 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

 2.1      Lees Bron 2A.

          2.1.1      Watter land, volgens die bron, wou nie hê dat die MPLA oor Angola
                     beheer verkry nie?                                         (1 x 1)            (1)

          2.1.2      Noem DRIE voorwaardes in die bron vir die Amerikaanse
                     Intelligensiediens ('CIA') se betrokkenheid in Afrika. (3 x 1)                (3)

          2.1.3      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom jy dink dit vir die Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA')
                     nodig was om in 1975 die FNLA en UNITA in die geheim te
                     ondersteun.                                                (2 x 2)            (4)

          2.1.4      Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir 'n navorser wat die
                     rol van die MPLA in Angola bestudeer.                       (2 x 2)           (4)

 2.2       Bestudeer Bron 2B.

           2.2.1     Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Mobutu met
                     miljoene dollar ondersteun is.                      (1 x 1)                   (1)

           2.2.2     Wat, volgens die bron, het Mobutu gedoen toe die wêreldprys vir
                     koper vroeg in 1975 skerp gedaal het? Gee TWEE antwoorde.
                                                                             (2 x 1)               (2)

           2.2.3     Waarom, volgens die bron, is slegs $41,7 miljoen en nie
                     $100 miljoen nie, deur die Nasionale Veiligheidsraad gemagtig om
                     te verseker dat Holden Roberto die Angolese Burgeroorlog wen?
                                                                               (1 x 1)             (1)

           2.2.4     Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die stelling: 'Die
                     Amerikaanse Intelligensiediens se taak was skynbaar nie om te wen
                     nie, maar om 'n maklike oorwinning deur die Sowjet-gesteunde
                     magte te voorkom'.                                         (1 x 2)            (2)

           2.2.5     Definieer die term selfbeskikking in jou eie woorde.             (1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V1                               6                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 2.3       Gebruik Bron 2C.

          2.3.1      Haal enige TWEE bewyse aan wat in die bron genoem word, wat
                     verduidelik waarom Hultslander teen geheime-operasie-programme
                     in Angola gekant was.                                    (2 x 1)           (2)

          2.3.2      Verduidelik die term geheime aksie in die konteks van die
                     Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA') se program in Angola. (1 x 2)       (2)

          2.3.3      Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die stelling:
                     'Kissinger was bang dat 'n MPLA-oorwinning destabiliserende
                     (ontwrigtende) gevolge regdeur suidelike Afrika sou hê', in die
                     konteks van Amerikaanse betrokkenheid in Angola.         (2 x 2)           (4)

          2.3.4      Wat, volgens die bron, het Hultslander gedoen tydens sy deurnag-
                     sessie met [Senator] Clarke by Killoran se Luanda-woning? Gee
                     TWEE antwoorde.                                           (2 x 1)          (2)

 2.4      Raadpleeg Bron 2D.

          2.4.1      Lewer kommentaar op waarom jy NIE met Kissinger se stelling,
                     '… en my land, as 'n party betrokke by die bemiddeling van die
                     konflik, belowe om alles te doen om dit tot 'n besliste einde te
                     bring', saamstem NIE.                                     (2 x 2)          (4)

          2.4.2      Watter gevolgtrekking kan uit die spotprenttekenaar se uitbeelding
                     van die volgende bevrydingsbewegings met betrekking tot hulle
                     verhouding met die VSA gemaak word:

                     (a)    MPLA                                                   (1 x 2)      (2)

                     (b)    UNITA                                                  (1 x 2)      (2)

 2.5      Verwys na Bron 2A en 2D. Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 2A
          die bewyse in Bron 2D ondersteun rakende die betrokkenheid van die VSA by
          die Angolese Burgeroorlog.                                          (2 x 2)           (4)

 2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          waarom die Verenigde State van Amerika (VSA) vanaf 1975 by die Angolese
          Burgeroorlog betrokke geraak het.                                                     (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V1                               7                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 3: HOE HET DIE GEWELDLOSE BENADERING WAT DEUR
          MARTIN LUTHER KING JR. AANGENEEM IS, DIE BURGERREGTE-
          BETOGINGS GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE
          VAN AMERIKA (VSA) GEKENMERK?

 Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

 3.1      Verwys na Bron 3A.

          3.1.1      Wie, volgens die bron, het King Jr. indirek beïnvloed om die
                     geweldlose benadering op die spesifieke probleme van swart
                     Amerikaners toe te pas?                                (1 x 1)            (1)

          3.1.2      Wat, volgens die bron, het King Jr. geleer uit 'n preek deur die
                     president van Howard University, Mordecai Johnson, met betrekking
                     tot die geweldlose benadering?                             (2 x 1)        (2)

          3.1.3      Definieer die term geweldlose massabetogings in jou eie woorde.
                                                                                (1 x 2)        (2)

          3.1.4      Verduidelik wat King Jr. geïmpliseer het met die stelling: 'Dit
                     (geweldloosheid) het beteken om jouself ten spyte van geweld in
                     gevaar te stel …', in die konteks van die burgerlike-verset-
                     betogings.                                              (2 x 2)           (4)

          3.1.5      Wat, volgens die bron, wou King Jr. bereik deur die organisering van
                     duisende oor die hele Suide in spesifieke massa-optrede? (1 x 1)          (1)

 3.2      Lees Bron 3B.

          3.2.1      Volgens die bron, waarom het King Jr. geglo dat die punt om 'n
                     keuse te maak tussen militante, massiewe geweldloosheid of
                     oproere bereik is? Gee TWEE antwoorde.                  (2 x 1)           (2)

          3.2.2      Wat het King Jr. geïmpliseer met die woorde: 'Ek is egter daarvan
                     oortuig dat indien die oproere voortgaan, dit die regsgesindes van
                     die land sal versterk …'?                                   (2 x 2)       (4)

          3.2.3      Gee enige TWEE redes in die bron wat daarop dui dat King Jr.
                     heeltemal tot die geweldlose benadering verbind was. (2 x 1)              (2)

          3.2.4      Verduidelik die term rassegeregtigheid in die konteks van die VSA
                     in die 1960's.                                              (1 x 2)       (2)

          3.2.5      Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                     historikus wat geweldlose verset in die 1960's in die VSA navors.
                                                                                  (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V1                               8                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 3.3      Gebruik Bron 3C.

          3.3.1      Verduidelik wat die volgende groepe in die vroeë 1960's ten opsigte
                     van sitstakings by middagete-toonbanke in die VSA wou bereik:

                     (a)   Studente wat by die middagete-toonbank sit             (1 x 2)      (2)

                     (b)   Wit groep op die agtergrond                             (1 x 2)     (2)

          3.3.2      Waarom, dink jy, het studente wat aan die sitstakings deelgeneem
                     het, hulleself nie teen die intimidasie deur die wit groep verdedig
                     nie?                                                        (1 x 2)       (2)

 3.4      Verwys na Bron 3A en 3C. Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 3A
          die bewyse in Bron 3C ondersteun rakende King Jr. se geweldlose benadering
          tot die protesaksies in die 1960's in die VSA.                     (2 x 2)           (4)

 3.5      Bestudeer Bron 3D.

          3.5.1      Haal TWEE punte van kritiek uit die bron aan wat deur Malcolm X
                     teen King Jr. se geweldlose benadering gemik was.         (2 x 1)         (2)

          3.5.2      Gee enige TWEE voorbeelde van protesoptrede in die bron wat
                     King Jr. geglo het die gewete aangeraak en 'n skuldgevoel onder die
                     wit gemeenskap gevestig het.                                (2 x 1)       (2)

          3.5.3      Verduidelik die implikasie van die volgende kwelling wat deur
                     James Baldwin geopper is: '… of dit moontlik sal wees om die Neger-
                     mense binne hierdie raamwerk van geweldloosheid te
                     beperk …'                                                    (2 x 2)      (4)

 3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
           paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
           hoe die geweldlose benadering wat deur Martin Luther King Jr. aangeneem is,
           die burgerregte-betogings gedurende die 1960's in die Verenigde State van
           Amerika (VSA) gekenmerk het.                                                        (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V1                              9                          DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
 NIE.

 Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

 VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
          VIËTNAM

 Die militêre taktieke en strategieë wat deur die Viëtkong tussen 1962 en 1975 in die
 Viëtnam-oorlog gebruik is, was suksesvol om die sterk weermag van die VSA te
 oorwin.

 Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante historiese
 bewyse.                                                                                   [50]

 VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

 Die politieke, ekonomiese, maatskaplike en kulturele beleide wat ná
 onafhanklikheidswording in die 1960's deur Mobutu Sese Seko ingestel is, was 'n
 klaaglike mislukking.

 Bespreek die stelling hierbo krities met gebruik van relevante historiese bewyse om jou
 argument te ondersteun.                                                                   [50]

 VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
          SWARTMAGBEWEGING

 Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging gedurende die 1960's suksesvol
 was om swart Amerikaners te organiseer om rassediskriminasie en segregasie in die
 VSA uit te daag.

 Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse.                                  [50]

                                                                              TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — History · Memo · 2025 · Eng
- [History P1 Nov 2019 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-addendum-afr/391dd3f5-321e-4706-b9f0-e56fd90242a9) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [History P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce) — History · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
