# History Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed62f503-773b-477f-ba93-a318af8a9a3b
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed62f503-773b-477f-ba93-a318af8a9a3b)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V2

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 3 uur
.

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V2                               2                        DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
          voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

          AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

          VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

          VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                          AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

          VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                          WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

          AFDELING B: OPSTELVRAE

          VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                          DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

          VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                          AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

          VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                          WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

 2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
          benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
          word.

 3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

          4.1        Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

          4.2        Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

 5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

 6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
          gebruik.

 7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V2                                  3                          DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE                 2025

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
 afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
 ADDENDUM vervat.

 VRAAG 1:        WAT WAS DIE VERSKILLENDE REAKSIES OP DIE POGINGS VAN
                 DIE CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS (COSATU)
                 OM IN DIE 1980's SUID-AFRIKAANSE WERKERS TE MOBILISEER?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1     Gebruik Bron 1A.

         1.1.1       Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat COSATU in
                     November 1985 die grootste federasie van swart werkersunies in
                     Suid-Afrika was.                                        (1 x 2)              (2)

         1.1.2       Definieer die term nie-parlementêre opposisiegroep in jou eie woorde.
                                                                                    (1 x 2)       (2)

         1.1.3       Verduidelik wat met die stelling, 'COSATU … het hulleself verbind
                     aan die doelstellings, maar nie formeel aan die strukture nie, van die
                     verbanne en uitgeweke African National Congress …', geïmpliseer
                     kan word.                                                       (1 x 2)      (2)

         1.1.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en noem waarom jy
                     dink industriële vakunies in die 1980's sterker geword het.    (2 x 2)       (4)

 1.2     Bestudeer Bron 1B.

         1.2.1       Lewer kommentaar op die betekenisvolheid daarvan dat hierdie
                     COSATU-byeenkoms op 1 Mei 1986 gehou is.             (1 x 2)                 (2)

         1.2.2       Wat word geïmpliseer met die woorde, VOORWAARTS MET DIE
                     WERKERS SE STRYD', in die konteks van die protesaksie teen die
                     apartheidsregering in die 1980's?                       (1 x 2)              (2)

         1.2.3       Verduidelik die simboliek van die 'gebalde vuiste' in die banier en van
                     sommige van die werkers in die foto.                             (1 x 2)     (2)

 1.3     Verwys na Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die visuele
         bewyse in Bron 1B ondersteun met betrekking tot COSATU se
         massamobilisasie teen die apartheidsregering in die 1980's.            (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V2                                4                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 1.4      Raadpleeg Bron 1C.

          1.4.1      Identifiseer 'n veldtog in die bron wat COSATU-lede deur 'n staking
                     gehou het wat in Maart 1987 verskeie weke geduur het.        (1 x 1)       (1)

          1.4.2      Verduidelik die term griewe in die konteks van COSATU se aktiwiteite
                     teen die apartheidsregering.                                (1 x 2)        (2)

          1.4.3      Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die 'jong
                     rekrute' vreesbevange was.                             (3 x 1)             (3)

          1.4.4      Lewer kommentaar op die beperkinge van hierdie bron vir 'n historikus
                     wat die skermutseling (botsing) tussen COSATU en die Oosrandse
                     Onluste-afdeling in Maart 1987 navors.                        (2 x 2)      (4)

 1.5       Lees Bron 1D.

          1.5.1      Volgens die bron, waarom het polisiemanne op 23 April 1987 'n
                     klopjag op COSATU House uitgevoer?                     (1 x 2)             (2)

          1.5.2      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom die vernietiging van COSATU House deur die Veiligheidstak
                     as 'ongehoord en ongeëwenaar' beskryf is.                  (2 x 2)         (4)

          1.5.3      Maak 'n lys van VIER maniere in die bron waarop die polisie tydens
                     die COSATU House-klopjag die gebou en die inhoud vernietig het.
                                                                                 (4 x 1)        (4)

          1.5.4      Waarom, dink jy, het die Veiligheidstaklede die brandweermanne
                     mislei oor waar die brand werklik begin het?             (1 x 2)           (2)

 1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          wat die verskillende reaksies was op die pogings van die Congress of South
          African Trade Unions (COSATU) om in die 1980's Suid-Afrikaanse werkers te
          mobiliseer.                                                                           (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V2                               5                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 2:         WAAROM HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
                  (WVK) DIE AMNESTIE-AANSOEKE VAN DIE BETROKKENES
                  BY DIE MARTELING VAN EERWAARDE TSHENUWANI FARISANI
                  VERWERP?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

 2.1      Verwys na Bron 2A.

          2.1.1      Noem TWEE organisasies in die Swartbewussynsbeweging in die
                     bron, waarin Farisani as 'n stigterslid gedien het. (2 x 1)                 (2)

          2.1.2      Volgens die bron, noem enige DRIE tipes mishandeling waaraan
                     Farisani tussen 1977 en 1987 tydens sy gevangenskap onderwerp
                     is.                                                    (3 x 1)              (3)

          2.1.3      Verduidelik waarom Amnestie Internasionaal Farisani as 'n
                     'gewetensgevangene' verklaar het.                   (1 x 2)                 (2)

          2.1.4      Definieer die term vervolging in jou eie woorde.               (1 x 2)      (2)

 2.2      Lees Bron 2B.

          2.2.1      Gee die name van enige TWEE Venda Veiligheidstakpolisiemanne
                     in die bron wat deur Farisani tydens sy ondervraging geïmpliseer is.
                                                                                  (2 x 1)        (2)

          2.2.2      Wat stel die stelling, 'Ek haat hulle nie, hulle moet die waarheid
                     praat', oor Farisani se getuienis voor?                     (1 x 2)         (2)

          2.2.3      Verduidelik wat die frase, 'Roep jou God. Hy sal jou kom help',
                     voorstel oor die taktieke wat gedurende die ondervraging deur die
                     Veiligheidstakpolisiemanne gebruik is.                    (1 x 2)           (2)

          2.2.4      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik tot
                     watter gevolgtrekking jy kan kom oor die woorde, '… as hulle nie na
                     vore kom en bely nie, hulle een of ander tyd sal terugkom ...', met
                     verwysing na die betrokkenes by die misdaad?                  (1 x 2)       (2)

          2.2.5      Waarom sou 'n historikus die bron nuttig vind wanneer navorsing
                     gedoen word oor hoe die WVK se Menseregteskendingskomitee die
                     oortredings teen Eerwaarde Farisani hanteer het?         (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V2                               6                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 2.3      Gebruik Bron 2C.

          2.3.1      Haal EEN bewys uit die bron aan wat daarop dui dat die WVK se
                     Amnestiekomitee tevrede was dat die amnestie-aansoeke deur die
                     drie polisiemanne aan die vereistes van die WVK Wet voldoen het.
                                                                               (1 x 2)         (2)

          2.3.2      Noem DRIE aansoekers, volgens die bron, wat om amnestie
                     aansoek gedoen het vir die aanranding en marteling van Eerwaarde
                     Farisani.                                                  (3 x 1)        (3)

          2.3.3      Verduidelik die term mondelinge getuienis in die konteks van die
                     WVK se verhore deur die Amnestiekomitee.                  (1 x 2)         (2)

          2.3.4      Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die stelling: 'Die (WVK
                     se Amnestie-) Komitee is nie tevrede dat die bogenoemde drie
                     aansoekers al die relevante feite, …, volledig geopenbaar het nie',
                     soos vereis deur die Wet?                                   (1 x 2)       (2)

 2.4      Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting
          in Bron 2C ondersteun met betrekking tot die mensregteskendings wat deur die
          apartheidveiligheidspolisiemanne teen Eerwaarde Farisani gepleeg is. (2 x 2)         (4)

 2.5      Raadpleeg Bron 2D.

          2.5.1      Verduidelik die simboliese verteenwoordiging van die volgende:

                     (a)     Dullah Omar                                          (1 x 2)      (2)

                     (b)     Die veiligheidspolisiemanne                          (1 x 2)      (2)

          2.5.2      Lewer kommentaar oor waarom die inligting in RAAM A van
                     RAAM B verskil rakende bewyse wat by die WVK-verhore
                     aangebied is.                                     (2 x 2)                 (4)

 2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          waarom die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) die amnestie-
          aansoeke van die betrokkenes by die marteling van Eerwaarde Tshenuwani
          Farisani verwerp het.                                                                (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V2                               7                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 3: HOE KAN DIE UITBREIDING VAN BRICS-LANDE AS 'N BEDREIGING
          VIR DIE MAGSBALANS TUSSEN DIE GLOBALE NOORDE
          (WESTERSE LANDE) EN DIE GLOBALE SUIDE (BRICS-LANDE)
          BESKOU WORD?

 Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

 3.1      Verwys na Bron 3A.

          3.1.1      Wanneer, volgens die bron, het die eerste vergadering in die
                     BRIC-formaat plaasgevind?                             (1 x 1)               (1)

          3.1.2      Noem die VIER lande in die bron wat ooreengekom het om
                     veelvlakkige samewerking met mekaar in die vorming van BRIC te
                     ontwikkel.                                              (4 x 1)             (4)

          3.1.3      Definieer die term spitsberaad in jou eie woorde.               (1 x 2)     (2)

          3.1.4      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                     belangrikheid van ses nuwe lande wat op 1 Januarie 2024 by
                     BRICS aangesluit het.                                         (2 x 2)       (4)

 3.2      Lees Bron 3B.

          3.2.1      Noem enige TWEE strategiese inisiatiewe in die bron wat deur
                     BRICS bekend gestel is wat daarop gemik was om die gevestigde
                     internasionale orde uit te daag.                      (2 x 1)               (2)

          3.2.2      Verduidelik die konsep de-dollarisasie in die konteks van die
                     BRICS-uitdaging aan Westerse lande.                    (1 x 2)              (2)

          3.2.3      Identifiseer EEN rede in die bron waarom BRICS-lande gepoog het
                     om die landbousektor te beïnvloed.                       (1 x 2)            (2)

          3.2.4      Lewer kommentaar op hoe die 'afnemende Amerikaanse invloed'
                     die bestaande internasionale orde sal verander.      (2 x 2)                (4)

 3.3      Raadpleeg Bron 3C.

           3.3.1     Watter boodskap word deur die grafiek oorgedra met betrekking tot
                     die verandering in:

                     (a)   Die G7 se deel van bruto binnelandse produk (BBP) tussen
                           1995 en 2023                                      (1 x 2)             (2)

                     (b)   BRICS se deel van globale BBP tussen 1995 tot 2023 (1 x 2)            (2)

           3.3.2     Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                     implikasie van die groei in China se BBP van 1995 tot 2023. (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V2                               8                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 3.4      Bestudeer Bron 3D.

          3.4.1      Volgens die bron, na wie het Trump verwys toe hy gesê het:
                     '… as jy die dollar verlaat, doen jy nie besigheid met Amerika nie,
                     want ons gaan 'n 100%-tarief (belasting) op jou groei hef'? (1 x 1)       (1)

          3.4.2      Gee 'n rede in die bron waarom BRICS+-lande oor die Bretton
                     Wood-era krities is.                                (1 x 2)               (2)

          3.4.3      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom '… die feit dat die BRICS+-lande, wat 35% van die wêreld
                     se BBP en 45% van die wêreldbevolking vorm …' 'n bekommernis
                     vir die VSA (Trump) as die leier van die Globale Noorde is. (1 x 2)       (2)

          3.4.4      Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                     navorser wat bestudeer hoe Trump deur die uitbreiding van
                     BRICS+-lande bedreig gevoel het.                      (2 x 2)             (4)

 3.5      Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
          inligting in Bron 3D ondersteun met betrekking tot hoe BRICS besig is om die
          magsbalans tussen die Globale Noorde en die Globale Suide te ontwrig.
                                                                                (2 x 2)        (4)

 3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          hoe die uitbreiding van BRICS-lande as 'n bedreiging vir die magsbalans
          tussen die Globale Noorde (Westerse lande) en die Globale Suide
          (BRICS-lande) beskou kan word.                                                       (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V2                              9                          DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling.

 Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

 VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS
          VAN APARTHEID IN DIE 1980's

 Die filosofie van Biko en die Swartbewussynbeweging het van die 1960's tot die 1970's
 teenstand teen apartheid in Suid-Afrika laat herleef.

 Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
 ondersteun.                                                                               [50]

 VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                      NA   SUID-AFRIKA       EN   DIE
          AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

 Die weg na demokrasie is deur 'n nie-gewelddadige proses van onderhandelinge
 gekenmerk.

 Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die tydperk tussen 1990 en 1994.       [50]

 VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE
          GEBEURE VAN 1989

 Verduidelik tot watter mate Gorbachev se beleide van Glasnost en Perestroika in die
 1980's uiteindelik tot die val van die Sowjetunie gelei het.

 Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                        [50]

                                                                             TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-eng/76d398a5-8995-4b9a-9004-cbf555040073) — History · QP · 2013 · Eng
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — History · Memo · 2025

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
