# History Grade 12 Paper 1 NW June 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/2597f1db-0812-411f-984f-7f71f3fec368
- Updated: 2026-10-29
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NW June 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/2597f1db-0812-411f-984f-7f71f3fec368)

## About this document

History · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                     GRAAD 12

                                 GESKIEDENIS V1
                                    JUNIE 2025
                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V1                              2                              NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Nasienriglyne

 1.     BRONGEBASEERDE VRAE

 1.1    Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
        ontwikkel:
         Kognitiewe              Historiese Vaardighede          Gewigstoekenning
           Vlakke                                                    van vrae
                     • Onttrek inligting uit bronne
           VLAK 1    • Selektering en organisasie van relevante        30%
                        inligting uit bronne                           (15)
                     • Defineer historiese begrippe/terme
                     • Interpretasie van bewyse uit bronne
           VLAK 2    • Verduidelik inligting uit bronne verkry         40%
                     • Analiseer bewyse uit bronne                     (20)
                     • Interpreteer en evalueer bewyse uit
                        bronne
           VLAK 3    • Skakel met bronne om bruikbaarheid,             30%
                        betroubaarheid, eensydigheid en                (15)
                        beperkings vas te stel
                     • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                        perspektiewe in die bronne en kom tot
                        onafhanklike gevolgtrekkings

 1.2    Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
        • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander
          geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
        • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
          vereistes van die vraag voldoen is.
        • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
          aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif
          aangedui.
        • Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die beantwoording
          van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.

 1.3    Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
        • Gebruik ‘n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
        • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en
          word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
          twee punte toegeken word.()
        • Indien ‘n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui.

        Paragraafvraag
        Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
        struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
        toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
        paragraafvraag geassesseer word:
        • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (•) by elke punt binne-in die teks waar die
           kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
        • Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
           relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te skryf, te evalueer.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V1                               3                              NW/Junie 2025
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

        • Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is, aan
          die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die holistiese
          rubriek aangedui en gee kommentaar,bv.
          _______________ • ___________________________ • ___________________
          _________________________________________________ • ______________
                                                                                      
                                                                                        Vlak 2

        Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
        • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt onder
          in die regterkantse kantlyn, bv.
                                              32
                                              50

        • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoorde-
          boek oorgedra word.

 2.     OPSTELVRAE

 2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
        • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel.
          Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg
          sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe
          argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is
          noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde
          liggaam van bewyse en 'n slot het.

 2.2    Nasien van opstelvrae
        • Nasieners moet daarvan bewus wees dat die inhoud van die antwoord gelei sal
          word deur die handboeke wat by die betrokke sentrum gebruik word.
        • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of slot hê as dit wat ingesluit
          is by ‘n riglyn vir nasien van ‘n spesifieke opstel.

 2.3    Globale assessering van 'n opstel
        Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
        die onderwyser die totale opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
        afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n
        oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om ‘n
        argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud
        'feite' neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal
        leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die
        spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee
        krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhouds-
        gebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende
        taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:
        • Die leerder se interpretasie van die vraag.
        • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie)
        • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer, en ‘n
             onafhanklike argument)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V1                                  4                           NW/Junie 2025
                                     Graad 12 – Nasienriglyne

 2.4    Assesseringsprosedures van die opstel

        2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.

        2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
              vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
              nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument
              ondersteun (aangedui met ‘n kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne) en
              relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt (‘bullet’) in die
              nasienriglyne)
              Bv. 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.

        2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ‘n opstel.

                 P     Punt (point): Die kandidaat lei die opstel in met ‘n argument/’n
                       duidelike hoofpunt.
                       Elke paragraaf moet ‘n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in
                       die inleiding gemaak is, ondersteun.
                 E     Verduideliking (Explanation): Die kandidaat moet in groter detail
                       bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband
                       hou met die vraag wat gevra is.
                 E     Voorbeeld (Example): Die kandidate moet die vraag beantwoord
                       deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante
                       voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou.
                 L     Skakel (Link): Kandidate moet seker maak dat die argument
                       deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.

        2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ‘n opstel:

                 • Inleiding: hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer
                   nie
                                                      ^
                 • Verkeerde stelling         _________________

                 • Irrelevante stelling       I
                                              I
                                              I

                 • Herhaling                  H

                 • Analise                    A

                 • Interpretasie              I

                 • Argument                   LOA

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V1                                5                              NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

 2.5    Die matriks

        2.5.1 Gebruik die matriks vir die assessering van opstelle

        By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
        voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
        aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
        inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

        (a)      Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die
                 hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.

                                                                   I     VLAK 4

        (b)      Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van die
                 aanbieding bepaal.

                                                                   I     VLAK 4
                                                                   A     VLAK 3

        (c)      Ken ‘n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                                   I     VLAK 4
                                                                   A     VLAK 3       } 26-27

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V1                                                   6                                                     NW/Junie 2025
                                                      Graad 12 – Nasienriglyne

 NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                          VLAK 7              VLAK 6              VLAK 5            VLAK 4              VLAK 3             VLAK 2              VLAK 1*
 AANBIEDING            Baie goed           Baie goed           Goed beplande     Argument beplan     Toon soms          Poging              Weinig of geen
                       beplande en         beplande en         en                en gestruktureer.   bewys van 'n       aangewend om        poging om die
                       gestruktureerde     gestruktureerde     gestruktureerde   Bewyse tot 'n       gestruktureerde    antwoord te         opstel te
                       opstel. Goeie       opstel. 'n          opstel.           sekere mate         en beplande        struktureer.        struktureer nie.
                       sintese van         Relevante           Poog om 'n        gebruik om          argument. Poog     Grootliks
                       inligting. Het 'n   argument is         duidelike         argument te         om 'n argument     beskrywend of
                       goed                gevolg. Bewyse      argument te       ondersteun.         vol te hou.        poog om
                       gebalanseerde,      gebruik om die      ontwikkel.        Slotsom bereik      Gevolgtrekking     argument te
 INHOUD                oorspronklike       argument te         Gevolgtrekking    op grond van        nie duidelik       ontwikkel. Geen
                       argument            verdedig. Poog      gemaak uit        bewyse.             ondersteun deur    poging om 'n
                       ontwikkel met       om 'n               bewyse om die                         bewyse nie.        gevolgtrekking te
                       bewyse.             onafhanklike        argument te                                              maak nie.
                       Argument            gevolgtrekking      ondersteun.
                       deurgaans           uit die bewyse te
                       volgehou en         maak om die
                       verdedig.           argument te
                       Onafhanklike        ondersteun.
                       gevolgtrekking
                       gemaak uit
                       bewyse om die
                       argument te
                       ondersteun.
 VLAK 7                   47–50               43–46
 Vraag is ten volle
 beantwoord.
 Inhoudskeuse ten
 volle relevant tot
 argument wat
 gevolg is.
 VLAK 6                   43–46               40–42               38–39
 Vraag is
 beantwoord.
 Inhoudseleksie
 relevant tot
 argument wat
 gevolg is.
 VLAK 5                   38–39               36–37               34–35             30–33               28–29
 Vraag grotendeels
 beantwoord.
 Inhoud toereikend
 en relevant.
 VLAK 4                                                           30–33             28–29               26–27
 Vraag herkenbaar
 in antwoord.
 Sommige
 weglatings of
 irrelevante keuse
 van inhoud.
 VLAK 3                                                                             26–27               24–25                                       –
 Keuse van inhoud
 hou verband met                                                                                                           20–23
 vraag, maar
 beantwoord dit nie.
 Hou soms nie
 verband met die
 vraag nie.
 Weglatings.
 VLAK 2                                                                                                 20–23              18–19               14–17
 Vraag onbereikend
 beantwoord.
 Inhoud skraal.

 VLAK 1*                                                                                                                   14–17                0–13
 Vraag ontoereikend
 beantwoord of glad
 nie. Ontoereikend
 of irrelevante
 inhoud.

 Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
 • Vraag glad nie beantwoord nie/ totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; geringe poging om die opstel te struktureer = 7–13

Kopiereg voorbehou                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V1                              7                             NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Nasienriglyne

 AFDELING A: BRON GEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1:            HOE HET DIE INGRYPING DEUR BUITELANDSE MAGTE
                     KOUE OORLOG-SPANNING IN ANGOLA TUSSEN 1974 EN
                     1976 VERERGER?

 1.1
 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
       • ‘Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA)’
       • ‘National Front for the Liberation of Angola (FNLA)’
       • ‘National Union for the Total Independence of Angola (UNITA)’     (3 x 1)       (3)

 1.1.2 [Definisie van ‘n historiese term uit Bron 1A – V1]
       • ‘n Toestand waarin lande soewereine (selfbeskikking) beheer het oor
         hul eie politieke, ekonomiese en sosiale sfere van die lewe
       • Enige ander relevante antwoord                              (enige 1 x 2)       (2)

 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
       • ‘Angola onafhanklikheid verleen’
       • ‘Voorsiening gemaak vir die drievoudige-magsverdelingstelsel’     (2 x 1)       (2)

 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
       • USSR het militêre opleiding en toerusting aan die MPLA verskaf in die
          Angolese Burgeroorlog
       • Die VSA het die FNLA en UNITA in die Angolese Burgeroorlog
          ondersteun
       • Beide die VSA en die USSR het burgeroorlog aangevuur deur hulle
          voorkeurbondgenote met militêre bystand te ondersteun
       • Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2)          (4)

 1.2
 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit 1B – V1]
       • ‘National Front for the Liberation of Angola (FNLA)’              (1 x 1)       (1)

 1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit 1B – V1]
       • ‘Opleiding van Angolese vegeenhede’
       • ‘Verkennings- en voorsieningsmissies uitgevoer’
       • ‘CIA het meer as ‘n miljoen dollar aan ‘n ambisieuse huursoldaat-
         program bestee’
       • ‘Amerikaanse guerrillavegters veg in Angola’
       • ‘Die CIA het bewapening van Britse huursoldate gefinansier’
                                                                    (enige 3 x 1)        (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V1                              8                              NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Nasienriglyne

 1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
       • Om die kommunistiese ideologie te diskrediteer en te ondermyn
       • Om kommunisme in ‘n swak lig te stel
       • Om die verspreiding van kommunisme in Angola en ander Afrikalande
          te voorkom
       • Om die verspreiding van kapatalisme te verseker en sy sukses te
          demonstreer
       • Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2)           (4)

 1.3
 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
       (a)
       • Die Sowjetunie het gevegsbeheer oor Angola gehad (die groot
          Russiese hand wat Angola vasgryp)
       • Die Sowjetgreep op Angola simboliseer Sowjetbeheer
       • Enige ander relevante antwoord                          (enige 1 x 2)            (2)

        (b)
        • Die VSA word uitgebeeld asof hulle oneffektiewe metodes gebruik om
           Sowjetbeheer oor Angola te voorkom (Kissinger tik die Russiese hand
           liggies op die kneukels met ‘n olyftak)
        • Die VSA is nie gewillig om ten volle betrokke te raak in Angola nie
           (staan buite die landsgrense)
        • Die VSA lyk magteloos in vergelyking met die Sowjetunie hand
        • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)       (4)

 1.4
 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
       • ‘MPLA’                                                             (1 x 1)       (1)

 1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
       • ‘Die versoek wat deur die MPLA gerig is’
       • ‘Wou duidelikheid kry oor watter bystand ons moes verleen’
       • ‘Neto die militante solidariteit van ons Opperbevelvoerder gegee’
       • ‘Hom 100,000 dollar gegee’                                  (enige 2 x 1)        (2)

 1.4.3 [Verduideliking van ‘n historiese begrip uit Bron 1D – V2]
       • Amerika (land) het ‘n aggresiewe metode gebruik om gebiede te verkry
         om sy posisie in Angola te versterk
       • Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2)           (2)

 1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
       • Kuba wou verseker dat die MPLA die Angolese Burgeroorlog wen
       • Kuba wou versker dat die MPLA goed voorbereid was
       • Kuba wou hê dat dit moet lyk asof Angola (MPLA) selfonderhoudend is
       • Enige ander relevante antwoord                          (enige 2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V1                              9                              NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Nasienriglyne

 1.4.5 [Bepaal die betroubaarheid van bewyse uit Bron 1D – V3]
       Die bron is BETROUBAAR omdat:
       • Die bron bevat direkte woorde van Diaz Aguelles wat ‘n leier was van
         die Kubaanse afvaardiging na Angola in 1975
       • Die bron is uit ‘n boek wat historici toegang gee tot argief- en
         onderhoudmateriaal
       • Die inligting in die bron, kan deur ander bronne bevestig word, rakende
         die betrokkenheid van Kuba by die Angolese Burgeroorlog
       • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)       (4)

 1.5 [Vergelyking van bewyse in Bronne 1C en 1D – V3]
     • Bron 1C beeld die Sowjetunie uit asof hulle ‘n stewige greep oor Angola
        het terwyl (Bron 1D) Neto sê dat die Sowjetunie in 1972 opgehou het om
        hulle te help en die VSA (Kissinger) word getoon as nie volledig betrokke
        in Angola nie (staan buite die landsgrense) terwyl Kuba in Bron 1D
        bewus was dat die VSA die FNLA bygestaan het
     • Bron 1C (gepubliseer in November 1975) maak geen melding van enige
        betrokkenheid van Kuba in Angola nie terwyl Bron 1D dit duidelik stel dat
        Kuba sedert Augustus 1975 die MPLA in Angola bygestaan het
     • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)       (4)

 1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
     Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
     • Rusland, China en die VSA het hulp verleen aan verskillende
         bevrydingsbewegings (MPLA, FNLA en UNITA) in Angola (Bron 1A)
     • Die supermoondhede het militêre bystand aan hulle bondgenote na
         onafhanklikheid gelewer (Bron 1A)
     • Die VSA verskaf hulp en opleiding aan die FNLA en UNITA (Bron 1B)
     • Die CIA gebruik die pers/joernaliste om die Sowjetunie en Kuba in
         onguns te bring (Bron 1B)
     • Die VSA het die Sowjetunie as ‘n groot bedreiging vir Angolese stabiliteit
         gesien (Bron 1C)
     • Kubaanse militêre personeel was verantwoordelik vir die opleiding van
         MPLA soldate (Bron 1D)
     • Kuba het militêre personeel en toerusting verskaf (Bron 1D)
     • Suid-Afrika, die VSA en Frankryk het UNITA ondersteun (eie kennis)
     • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Geskiedenis/V1                               10                               NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

 Gebruik die volgende rubriek om ‘n punt toe te ken:

                 • Gebruik bewyse op ‘n elementêre wyse, bv. toon geen of
  VLAK 1           min begrip oor hoe die ingryping deur buitelandse            PUNTE
                   magte Koue Oorlog-spanning in Angola tussen 1974              0–2
                   en 1976 vererger het nie.
                 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ‘n paragraaf skryf
                   nie.
                 • Bewyse is meestal relevant en hou in ‘n groot mate
                   verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die
  VLAK 2           ingryping deur buitelandse magte Koue Oorlog-                PUNTE
                   spanning in Angola tussen 1974 en 1976 vererger het.          3–5
                 • Gebruik bewyse op ‘n basiese manier om ‘n paragraaf te
                    skryf.
                 • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ‘n deeglike
  VLAK 3            begrip van hoe die ingryping deur buitelandse magte         PUNTE
                    Koue Oorlog-spanning in Angola tussen 1974 en                6–8
                    1976 vererger het.
                 • Gebruik bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde
                    paragraaf en toon begrip van onderwerp.
                                                                                         (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Geskiedenis/V1                              11                            NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Nasienriglyne

 VRAAG 2:            HOE HET DIE PROTES-VELDTOGTE IN BIRMINGHAM IN DIE
                     1960’s BYGEDRA TOT DESEGREGASIE VAN SWART
                     AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
                     (VSA)?

 2.1
 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
       • ‘Daar was nog kennisgewingbordjies by waterfonteine’
       • ‘Daar was geen swart klerke in dorpswinkels nie’
       • ‘Daar was geen swartes in die polisiemag of in die brandweer nie’
       • ‘Daar was baie openlike dreigemente deur die polisie gemaak’
                                                                   (enige 2 x 1)        (2)

 2.1.2 [Definisie van ‘n historiese term uit Bron 2A – V1]
       • Die skeiding van mense volgens hulle ras d.w.s. (swart en wit)
       • Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2)        (2)

 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
       • Hulle wou rassuiwerheid handhaaf
       • Hulle het geglo dat swart Amerikaners ondergeskik aan wittes was
       • Hulle was vreesbevange vir rasse-integrasie
       • Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2)        (2)

 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
       • Swart Amerikaners is deur rassistiese wit Amerikaners aangeval
       • Swart Amerikaners se eiendomme is gebombadeer
       • Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2)         (2)

 2.2
 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
       • ‘Die veldtog het ‘n apatiese (onbelangstellende) swart gemeenskap
         gekonfronteer’
       • ’n Openlike vyandige gevestigde swart leierskap’
       • ‘Geweldlose weerstand in die vorm van polisie-arrestasies van
         oortreders’
       • ‘Die nasionale media het niks gevind om te rapporteer nie’ (enige 3 x 1)       (3)

 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
       • ‘Toe tronke vol was, het hy beveel dat brandslange en polisiehonde
         gebruik moes word om groot protesoptogte in bedwang te hou …’
                                                                    (enige 1 x 2)       (2)

 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
       • Hy wou nie hê die media moet polisiebrutaliteit dek nie
       • Hy wou die beeld van die staat beskerm
       • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Geskiedenis/V1                             12                              NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Nasienriglyne

 2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
       • Die media het die optrede en wreedhede van die veiligheidsmagte
          openbaar wat president Kennedy genoodsaak het om in te tree om
          onderhandelinge te laat plaasvind
       • Wye nasionale en internasionale mediadekking het tot ondersteuning
          van die Burgerregtebeweging gelei
       • Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2)           (4)

 2.3
 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
       • Om te beklemtoon dat betogers deur die polisie met hoëdruk-
          brandslange aangeval is
       • Dit beeld die betogers uit wat vreedsaam sit met arms gelig om hul
          koppe te beskerm
       • Dit beeld die betogers uit wat papnat, maar geweldloos, op die
          sypaadjie sit,
       • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)         (2)

 2.3.2 [Evaluasie van die bruikbaarheid van inligting uit Bron 2C – V3]
       Die bron is BRUIKBAAR omdat:
       • Dit is ‘n foto wat op die dag van die Birmingham-optog geneem is en die
         werklike gebeure van die dag uitbeeld
       • Dit beklemtoon die polisiebrutaliteit teenoor swart Amerikaners wat met
         ander bronne bevestig kan word
       • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)        (4)

 2.4    [Vergelyking van inligting in Bronne 2B en 2C – V3]
        • Beide bronne verwys na die media wat die beeld van Connor en sy
          manne vaslê wat optogte onderdruk
        • Albei bronne wys brandweermanne wat brandslange op betogers
          gebruik
        • Bron 2B verwys na geweldlose betogers en Bron 2C wys hoe hulle op
          die sypaadjie sit
        • Enige ander relevante antwoord                         (enige 2 x 2)            (4)

 2.5
 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
       • ‘Kon nie middagete in ‘n restaurant wat vir die publiek oop is geniet nie’
       • ‘Kon nie kinders na die beste beskikbare openbare skool stuur nie’
       • ‘Kon nie vir die staatsamptenare wat hulle verteenwoordig stem nie’
       • ‘Kon nie ‘n volwaardige en vrye bestaan geniet nie’          (enige 3 x 1)       (3)

 2.5.2 [Verduideliking van ‘n historiese begrip uit Bron 2D – V2]
       • Die regte vir swart Amerikaners in Birmingham om gelyk te wees aan
         wittes wat segregasie gebruik het om hul regte te waarborg
       • ‘n Stelsel waarin swart Amerikaners gelyke regte geweier is weens hul
         ras, geslag of godsdiens affiliasie in Birmingham
       • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Geskiedenis/V1                             13                              NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Nasienriglyne

 2.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
       • Die gebeure in Birmingham het aan die lig gebring dat daar ‘n behoefte
          was om rassisme te beëindig
       • Daar was ‘n behoefte om nuwe federale wette in te stel wat regoor die
          land van toepassing is om die probleem van segregasie aan te spreek
       • Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2)         (2)

 2.5.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
       • ‘betogers’
       • ‘parades’                                                          (2 x 1)      (2)

 2.5.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
       • Kennedy (as die president) het alle staats- en wetgewende liggame
          beveel om doelgerig op te tree – en nie net te praat nie
       • Kennedy het die Amerikaanse Kongres aangesê om ‘n besluit te neem
          teen rassisme in Amerika
       • Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2)         (4)

 2.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante Bronne –
        V3]
        Kandidate kan die volgende by hul antwoord insluit:
        • Birmingham was in 1963 een van die mees gesegregeerde stede in die
           Suide (Bron 2A)
        • Die Ku Klux Klan het gepoog om segregasie te handhaaf (deur vrees
           en dreigemente) (Bron 2A)
        • Die Birmingham-veldtogbeplanningskomitee is gestig (Bron 2A)
        • Die Birmingham veldtog was ‘n geweldlose/vreedsame optog
           (Bron 2A, 2B en 2C)
        • Dit het aanvanklik gelyk of die Birmingham-veldtog nie suksesvol was
           nie (Bron 2B)
        • Die ‘Kinderveldtog’ is van stapel gestuur: Om mediadekking te genereer
           en die veldtog lewendig te hou (Bronne 2B en 2C)
        • Reaksie van die polisie en brandweermanne: Gebruik van honde,
           arrestasies en hoëdruk waterslange (Bronne 2B en 2C)
        • Swart Amerikaanse betogers: het met woede gereageer en
           polisiemanne met bakstene en bottels gegooi (Bron 2B)
        • Die rol van mediadekking om polisiebrutaliteit teen skoolkinders bloot te
           stel (Bronne 2A en 2B)
        • President Kennedy is gedwing om in te gryp: Het assistant-prokureur-
           generaal vir Burgerregte, Burke Marshall, na Birmingham gestuur om
           onderhandelinge te versker om die ‘geweldadige’ betogings te beëindig
           (Bronne 2B en 2D)
        • Verbetering van algemene omgewing in werksplekke (eie kennis)
        • Betogers het vreedsaam gesit met arms gelig om hul koppe te beskerm
           (Bron 2C)
        • Kennedy het die Kongres gevra om rassisme in Amerika te beëindig
           (Bron 2D)
        • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Geskiedenis/V1                               14                               NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

 Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

                 • Gebruik bewyse op ‘n elementêre wyse bv. toon geen of
                   min begrip van hoe die protesveldtogte in
  VLAK 1           Birmingham in die 1960’s bygedra het tot                     PUNTE
                   desegregasie van swart Amerikaners in die                     0–2
                   Verenigde State van Amerika nie.
                 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ‘n paragraaf skryf
                   nie.
                 • Bewyse is Meestal relevant en hou in ‘n groot mate
                   verband met die onderwerp bv. toon ‘n mate van begrip
  VLAK 2           van hoe die protesveldtogte in Birmingham in die             PUNTE
                   1960’s bygedra het tot desegregasie van swart                 3–5
                   Amerikaners in die Verenigde State van Amerika.
                 • Gebruik bewyse op ‘n baie eenvoudige wyse om ‘n
                   paragraaf te skryf.
                 • Gebruik relevante bewyse bv.. demonstreer ‘n deeglike
                   begrip van hoe die protesveldtogte in Birmingham in
  VLAK 3           die 1960’s bygedra het tot desegregasie van swart            PUNTE
                   Amerikaners in die Verenigde State van Amerika.               6–8
                 • Gebruik bewyse baie effektied in ‘n georganiseerde
                   paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
                                                                                         (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Geskiedenis/V1                             15                              NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Nasienriglyne

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 VRAAG 3: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

 [Beplan en konstrueer ‘n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
 bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]

 SINOPSIS
 Kandidate moet bespreek of Mobuto Sese Seko positiewe veranderinge in die
 Kongo gebring het deur die politieke, ekonomiese en sosiale beleide wat ingestel is
 nadat die land onafhanklikheid in 1960 verkry het. As sy beleide nie altyd positiewe
 veranderinge meegebring het nie, moet kandidate ook na die negatiewe
 veranderinge verwys.

 HOOFASPEKTE
 Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
 • Inleiding: Kandidate moet ‘n kritiese standpunt inneem deur aan te dui of beleide
   wat deur Mobutu Sese Seko ingestel is, positiewe veranderinge in die Kongo ná
   onafhanklikheid kon bring. Hulle moet aandui hoe hulle van plan is om hul
   argument te ondersteun.

 UITBREIDING

 Politieke beleid
 • Die Kongo het op 30 Junie 1960 onafhanklikheid verkry met Joseph Kasavubu as
   President en Patrice Lumumba as Eerste Minister. Joseph Kasavubu het verkies
   dat die Kongo ‘n federale staat is terwyl Patrice Lumumba ten gunste was van ‘n
   sterk sentrale nasionale regering/Lumumba was ook in konflik met Moise
   Tshombe
 • Die Kongo het met baie politieke onstabiliteit begin – met Tshombe wat op die
   opvolging van Katanga vir sy eie onafhanklikheid gefokus het
 • Mobutu het in 1965 mag by Kasavubu oorgeneem deur ‘n coup d’état
   (staatsgreep)
 • Hy het daarin geslaag om een of ander vorm van stabiliteit te bring (positiewe
   verandering)
 • Mobutu het outoritarisme toegepas om politieke stabiliteit te bereik (negatiewe
   verandering)
 • In 1967 het Mobutu daarin geslaag om die Katanga-rebellie te keer (positiewe
   verandering)
 • Het sy land ‘n nuwe grondwet (konstitusie) as ‘n eenpartystaat onder sy party, die
   Popular Movement for the Revolution (MPR), gegee (positiewe verandering)
 • Die Kongo het binne die eerste vyf jaar na onafhanklikheid ‘n eenpartystaat
   geword met alle opposisie onderdruk (negatiewe verandering)
 • Mobutu het ‘n persoonlikheidskultus ontwikkel/Mobutuisme – het die Kongo ‘n
   outokratiese staat gemaak onder homself as ‘n militêre diktator (negatiewe
   verandering)
 • Hy is deur die VSA bygestaan omdat hy as ‘n anti-kommunistiese bondgenoot
   beskou is (negatiewe en positiewe verandering)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Geskiedenis/V1                              16                               NW/Junie 2025
                                  Graad 12 – Nasienriglyne

 • Hy het ‘n beleid van Zaïrenasie, ‘n beleid wat vaardige/kundige buitelanders of
   diegene wat strategiese bestuursposisies beklee het met ongeskoolde plaaslike
   inwoners vervang – wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke
   leierskaprolle gelei het (positiewe en negatiewe verandering)
 • Hy het nepotisme (kleptokrasie) toegelaat (negatiewe verandering)
 • Mobutu was lewenslange president tot met sy dood in 2007
 • Enige ander relevante antwoord

 Ekonomiese beleid
 • Nasionalisasie: Mobutu het die land se kopermynbedryf genasionaliseer en
   winste uit die koperbedryf gebruik om sy 10-jaar industrialisasie plan te finansier
   (positiewe verandering)
 • Het maatskappye in buitelandse besit sonder vergoeding genasionaliseer
 • Buitelandse maatskappye is onder beheer van sy bondgenote en familielede
   geplaas (negatiewe verandering)
 • Het Zaïrenasie bekendgestel (vervang buitelanders met Zaïriese burgers)
   (positiewe en negatiewe verandering)
 • Zaïrenasie het gelei tot korrupsie, diefstal en wanbestuur (negatiewe
   verandering)
 • Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitisme wat ‘n groot gaping
   tussen die elite en gewone burgers/ryk en arm geskep het (negatiewe
   verandering)
 • Swak ekonomiese beleide het tot die agteruitgang van infrastruktuur soos paaie
   en ander infrastruktuur gelei
 • Mobutu is gedwing om ‘n retrosessie (terugkeer van buitelandse eienaars) in te
   stel (ondoeltreffenheid van Zaïrenisasie as ‘n ekonomiese beleid)
 • Styging in die prys van olie het landbou geraak
 • Die Kongo se ekonomie het in duie gestort
 • Die Kongo het afhanklik geword van buitelandse hulp en beleggings, bv. van die
   Wêreldbank (negatiewe verandering)
 • Enige relevante antwoord

 Sosiale en Kulturele beleid
 • Met onafhanklikheid het die Kongo 14 universiteitsgegradueerdes uit 14 miljoen
   mense gehad – Implementeer ‘n beleid van Authenticité (oorspronklik om
   inheemse gelowe en oortuigings te bevorder) om koloniale invloed uit te roei en
   Zaïrse met trots en eie kultuur te verenig. Ook na verwys as Afrikanisasie
   (positiewe verandering)
 • Vervang Christelike name met Afrika-name, bv. Die Kongo is in 1971 na Zaïre
   herdoop
 • Leipoldville het Kinshasha geword; Elisabethville het Lumumbashi geword, en
   Stanleyville het Kisangani geword; Mobutu het ook sy eie naam verander van
   Joseph Desire Mobutu na Mobutu Sese Seko Kuku Ngbedu Waza Banga, wat
   beteken: “Die oorheersende oorwinnaar, wie as gevolg van sy uithouvermoë en
   onbuigbaarheid sal oorwin, van oorwinning na oorwinnaar en vuur in sy nasleep
   laat. (positiewe veranderinge in lyn met dekolonisasie)
 • Kleredrag: die dra van Westerse-styl pakke is verbied (deur ‘n dekreet) en
   vervang met ‘abacos’ (A’ bas le costumes’), wat beteken ‘weg met die pak’
   (positiewe verandering)
 • Het plaaslike musiek bevorder (positiewe verandering)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Geskiedenis/V1                            17                             NW/Junie 2025
                                Graad 12 – Nasienriglyne

 • Mobutu het demokrasie as ‘n vreemde ideologie vir Afrika beskou – hy het as
   hoofman in a tradisionele Afrika-styl regeer en dit gebruik om sy eie outoritêre
   posisie te versterk (negatiewe verandering)
 • Frans het die onderrigtaal gebly en die onderwysstelsel het steeds die stedelike
   elite bevoordeel (negatiewe verandering)
 • Na onafhanklikheid het primêre onderwys en skoolinskrywings van 1,6 miljoen in
   1960 tot 4,6 miljoen in 1974 gestyg (positiewe verandering). Toe staatsbefondsing
   deur Mobutu teruggetrek is, moes ouers begin betaal en primêre onderwys het
   begin afneem (negatiewe verandering)
 • Onderwysers en hospitaalpersoneel was maande lank onbetaald weens swak
   ekonomiese en politieke praktyke (negatiewe verandering)
 • Armoede het toegeneem weens voedselinflasie (negatiewe verandering)
 • Enige ander relevante antwoord

 • Slot: Kandidate moet hul argument met ‘n relevante gevolgtrekking saamvat.
                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Geskiedenis/V1                             18                              NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Nasienriglyne

 VRAAG 4:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1960’s TOT DIE 1970’s:
                 SWARTMAGBEWEGING

 [Beplan en konstrueer ‘n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
 bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]

 SINOPSIS
 Kandidate moet verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging ‘n militante en
 geweldadige beweging van aard was wat respek vir die lewens van swart
 Amerikaners in die Verenigde State van Amerika in die 1960’s bepleit het. Hulle
 moet hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun.

 HOOFASPEKTE
 Kandidate behoort die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
 • Inleiding: Kandidate moet ‘n standpunt inneem deur te verduidelik tot watter mate
   die Swartmagbeweging ‘n militante en geweldadige beweging van aard was wat
   respek vir die lewens van swart Amerikaners in die Verenigde State van Amerika
   in die 1960’s bepleit het. Hulle moet ook ‘n uiteensetting gee van hoe hulle hul
   argument sal ondersteun.

 UITBREIDING
 • Omstandighede in die VSA (agtergrond inligting)
    Swart Amerikaners steeds ekonomies en polities kreupel (onderdruk) in die
       VSA as gevolg van diskriminerende (Jim Crow) wette
    Gebrek aan gevoel van trots as gevolg van sosio-ekonomiese omstandighede
       (woon in ghetto’s en krotbuurte/ swak behuising/fasiliteite met gebrekkige
       onvoldoend hulpbronne)
    Swart Amerikaners het ongeduldig geraak met die stadige pas van
       verandering en die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960’s
    Swart Amerikaners is aan polisiebrutaliteit onderwerp – het gelei tot groei van
       nasionalistiese gevoelens
 • Swartmagbeweging bepleit (verkondig) selfgeldigheid, selfstandigheid en Swart
   trots; beheer van politiek in hul eie gemeenskappe (deur Stokely Carmichael
   bepleit); Swart Amerikaners om hulself teen polisiebrutaliteit te beskerm; swartes
   moet teen wit owerhede opstaan om vryheid te kry; bevordering van
   Afrikahaarstyle en Afrika-kleredrag en het die slagspreuk ‘Black is beautiful’
   geskep
 • Malcom X het gewapende selfstandigheid teen wit onderdrukking bevorder
   (militant)
 • Hy het aangevoer dat bloedvergieting nodig is vir revolusie (militant en
   geweldadig), en hy het selfrespek en selfdissipline bepleit
 • Het die konsep van ‘Swart trots’ bevorder (selfagting/selfrespek/selfhelp)
 • Het swart Amerikaners aangemoedig om teen wit Amerikaanse owerhede op te
   staan om sodoende vryheid, geregtigheid en gelykheid op enige manier moontlik
   te verkry (militant)
 • Ondersteun die gebruik van geweld as ‘n manier van selfverdediging teen
   diegene wat swart Amerikaners aangeval het (geweldadig)
 • Stokely Carmichael het geglo dat geweldloosheid as ‘n strategie misluk het as
   gevolg van die aanhoudende geweld wat deur wit Amerikaners teenoor swart
   Amerikaners gebruik is (geweldadig)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Geskiedenis/V1                               19                                NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Nasienriglyne

 •   Hy het ‘n plan bevorder om die VSA in aparte swart en wit lande te verdeel
 •   Het die uitsluiting van wit liberaliste as ‘n filosofie van swart Amerikaners bepleit
 •   Hy was teen die VSA se betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog
 •   Impak: die mees voor die hand liggende vorme van rassediskriminasie het
     geëindig
 •   Rassegeweld en spanning het afgeneem
 •   Swart Amerikaners is tot openbare ampte verkies
 •   Behuising en fasiliteite van swart Amerikaners is verbeter (selfagting)
 •   Swart geletterheid en afhanklikheid van staatstoelaes was beperk (selfagting)
 •   Regstellendeaksiebeleide vir federale indiensneming is ingestel
 •   In 1966 het Bobby Searle en Huey Newton die Black Panther Party (BPP) gestig
     vir selfverdediging – teen polisiebrutaliteit (militant en geweldadig)
 •   Die Tienpuntplan aangeneem om sy sosiale, politieke en ekonomiese doelwitte
     vir die opheffing van die swart Amerikaanse gemeenskap/swart bemagtiging
     (selfagting) te dek
 •   Die BPP het voedingskemas, kindersorg- en geletterdheidsprojekte in swart
     gemeenskappe bestuur – die voedingskemas het honger onder die jeug uitgeroei
     en leer in skole verbeter (Swartbemagtiging)
 •   BPP-geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid onder die swart Amerikaanse
     gemeenskappe uitgeroei (Swartbemagtiging)
 •   BPP-lede het die strate gepatrolleer om polisieaktiwiteite te monitor (polisie na
     polisie)
 •   BPP het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig moet word
 •   Enige ander relevante antwoord

 Slot: Kandidate moet hul argument met ‘n relevante gevolgtrekking saamvat
                                                                                     [50]

                                                                           TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 20

1.4.1
                                                                     1.4.2           1.3.1a   1.2.1   1.1.1
                                                                     1.4.3                    1.2.2   1.1.2                                                         VRAAG NOMMER
                                                         1.6   1.5   1.4.4                            1.1.3
                                                TOTAAL               1.4.5             b      1.2.3   1.1.4
                                                                                 
                                                                                                 
                                                                                                                                                                 UITHAAL VAN BEWYSE UIT BRONNE                                                                                  Geskiedenis/V1
                     EINTLIKE PERSENTASIE (%)
                                                                                                                                                                    SELEKSIE VAN RELEVANTE INLIGTING
Kopiereg voorbehou

                                                                                                                                                                  VERDUIDELIKING VAN HISTORIESE BEGRIPPE

                                                                                                                                                                    VERDUIDELIKING VAN INLIGTING UIT BRONNE

                                                                                                                                                                  INTERPRETASIE
                                                                                                                                                                                                                                              GESKIEDENIS – GRAAD 12
                     VERWAGTE PERSENTASIE (%)
                                                                                                                                                                    ONTLEDING VAN BEWYSE UIT BRONNE

                                                                                     
                                                                                                                                                                  INTERPRETASIE EN EVALUASIE
                                                                                                                                                                                                                                VAARDIGHEDE

                                                                                                                                                                   EVALUEER BRUIKBAARHEID, VOOROORDEEL EN BETROUBAARHEID
                                                                                                                                                                                                                                                                                 20
                                                                                                                                                                   VERGELYK EN ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE INTERPRETASIES
                                                                                                                      Maak ‘n regmerkie om vaardigheid aan te dui

                                                                                                                                                                   ORGANISEER BEWYSE OM ANTWOORDE TE STAAF

                                                14                               1
                                                                                 2                1
                                                                                                  3       3
                                                                                                          2
                                                                                                          2                                                         VLAK 1
                                                                                                                                                                                                                                                                       Graad 12 – Nasienriglyne

                                                                                                                                                                                                                               KOGNITIEWE
                                                20                       2
                                                                         4           2
                                                                                     4        4       4                                                             VLAK 2
                                                                                                                      PUNTE
                                                16       8     4     4                                                                                              VLAK 3                                                       VLAKKE

                                                         8     4     1
                                                                     2
                                                                     2
                                                                     4
                                                                     4               2
                                                                                     4        1
                                                                                              3
                                                                                              4       3
                                                                                                      2
                                                                                                      2
                                                                                                      4
                         100          100       50                                                                                                                  TOTAAL
                                                                                                        
                                                                                                          
                                                                                                                                                                 MAKLIK
                                                                         
                                                                                    
                                                                                                                                                                 MEDIUM
                                                                                                                                                                                                                                 UITDAGINGS
                                                                                                                                                                 MOEILIK
                      28
                      30                                                                                                      V1                                    PERSENTASIE %
                      40
                                                                                                                                                                                                                                                                                   NW/Junie 2025
                      40                                                                                                      V2                                    PERSENTASIE %
Blaai om asseblief

                      32
                                                                                                                                                                                                                                              ONTLEDINGSROOSTER

                      30                                                                                                      V3                                    PERSENTASIE %

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
