# History Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b9c4bc65-29e8-4585-a65e-b77171f905d2
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b9c4bc65-29e8-4585-a65e-b77171f905d2)

## About this document

History · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                  GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V1
                                  JUNIE 2025
                                  ADDENDUM

                     Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V1                              2                                      NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Addendum

 VRAAG 1:            HOE HET DIE INGRYPING DEUR BUITELANDSE MAGTE KOUE
                     OORLOG-SPANNING IN ANGOLA TUSSEN 1974 EN 1976
                     VERERGER?

 BRON 1A

 Hierdie bron verduidelik hoe die MPLA, FNLA en UNITA om beheer oor Angola geveg
 het nadat dit in 1975 onafhanklikheid verkry het.

 Drie groot militêre bewegings het sedert die 1960’s vir Angolese onafhanklikheid geveg.
 Die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) was ‘n Marxistiese
 organisasie wat in die hoofstad, Luanda, gesetel was en onder leiding van Agostinho
 Neto was. Die National Front for the Liberation of Angola (FNLA), onder leiding van
 Holden Roberto, was in die noorde van die land gevestig en het sterk bande met die
 Amerikaanse bondgenoot, Mobutu Sese Seko, in die naburige Zaïre gehad. Die National
 Union for the Total Independence of Angola (UNITA), ‘n uitloper van die FNLA, is deur
 Jonas Savimbi gelei en deur die land se grootste etniese groep, die Ovimbundu,
 ondersteun.

 Na aanleiding van die Portuguese staatsgreep het hierdie drie rewolusionêres in
 Januarie 1975 met verteenwoordigers van die nuwe Portuguese regering vergader en
 die Alvor-ooreenkoms onderteken wat Angolese onafhanklikheid verleen het en
 voorsiening gemaak het vir ‘n drievoudige magsdelingstelsel. Vertroue onder die drie
 groepe het egter vinning afgebreek, en die land is in ‘n burgeroorlog gedompel, waar
 elkeen om alleenmag gewedywer het.

 Die krisis in Angola het in ‘n Koue Oorlog-slagveld ontwikkel, aangesien die
 supermoondhede en hul bondgenote militêre hulp aan hul voorkeurklante gelewer het.
 Die Verenigde State van Amerika het hulp en opleiding aan beide die FNLA en UNITA
 verskaf terwyl troepe uit Zaïre Holden Roberto en sy vegters gehelp het. China het ook
 militêre instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Die Sowjetunie het militêre opleiding
 en toerusting aan die MPLA verskaf. Gedurende die somer van 1975 was die Sowjet-
 ondersteunde MPLA in staat om sy mag in Luanda te konsolideer en die Amerikaans-
 ondersteunde FNLA uit die hoofstad te verdryf, maar die FNLA het voortgegaan om aan
 te val.

                                          [Uit http://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola.
                                                                 Toegang verkry op 15 Januarie 2025]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V1                              3                                       NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Addendum

 BRON 1B

 Die bron hieronder dui aan hoe die Verenigde State van Amerika UNITA gedurende die
 Angolese Burgeroorlog ondersteun het.

 Die Amerikaanse Intelligensiediens (CIA) het in Julie 1975 sy eerste groot verskeping
 wapens aan die FNLA gemaak. Soos die Russe en die Chinese, het Amerika dus hulp
 aan een kant van die Angolese burgeroorlog verleen op 'n vlak wat veel groter was as
 wat dit ooit in die stryd teen Portugese kolonialisme was.

 Amerika was opvallend direk by die burgeroorlog betrokke. Benewens opleiding van
 Angolese vegeenhede, het Amerikaanse personeel heelwat vlugte tussen Zaïre en
 Angola gemaak om verkennings- en voorsieningsmissies uit te voer. Die CIA het meer
 as 'n miljoen dollar aan 'n ambisieuse huursoldaatprogram bestee. Verskeie berigte het
 in die Amerikaanse pers verskyn, waarin beweer is dat baie Amerikaanse
 guerrillavegters besig was om in Angola teen die MPLA te veg, van 'talle' tot '300', en dat
 baie ander in die Verenigde State van Amerika gewerf en opgelei word om by hulle aan
 te sluit. Maar John Stockwell, die hoof van die CIA se Angola-taakmag, stel die aantal
 Amerikaanse huursoldate wat eintlik in Angola was, op slegs 24. Die CIA het ook die
 bewapening van Britse huursoldate (wat in Angola geveg het) gefinansier.

 Die Staatsekretaris, Henry Kissinger, het agterna die Senaat ingelig dat 'die CIA nie
 betrokke is' by die werwing van huursoldate vir Angola nie … Joernaliste, wat belangrike
 nuusdienste verteenwoordig het, is gewerf en sodoende kon die Diens (CIA)
 internasionale dekking van vals verslae vir Sowjetraadgewers in Angola genereer. Een
 CIA-storie, wat deur UNITA aan die pers bekend gemaak is, was dat 20 Russe en 35
 Kubane gevange geneem is. Nog 'n leuen was dat verkragtings in Angola na bewering
 deur Kubaanse soldate gepleeg is; dit is vererger om hulle gevangeneming, verhoor en
 teregstelling in te sluit …

                                           [Uit https://williamblum.org/chapters/killing-hope/angola.
                                                                Toegang verkry op 15 Januarie 2025]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V1                              4                                       NW/Junie 2025
                                   Graad 12 – Addendum

 BRON 1C

 Die spotprent hieronder deur Bob Connolly, het op 27 November 1975 in die Rand
 Daily Mail verskyn. Die titel is 'Oor die Vingers Getik ("Knuckle-rapping")' en toon Henry
 Kissinger (die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake) wat die Russiese hand met
 'n 'olyftak' slaan.

           RUSSIESE
                                                                         KISSINGER
           GREEP IN
            AFRIKA

                              [Uit Conflicting Missions: Havana, Washington, Pretoria by P Gleijeses
                                                               Toegang verkry op 15 Januarie 2025]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V1                             5                                      NW/Junie 2025
                                  Graad 12 – Addendum

 BRON 1D

 Die uittreksel hieronder bevat 'n verduideliking deur Raul Diaz Arguelles, hoof van
 Decima Direccion (die spesiale taakmag wat in beheer van alle Kubaanse oorsese
 militêre missies is) oor waarom Kuba vanaf 1975 in Angola betrokke geraak het.

 'Ons het op Sondag, 3 Augustus, in Luanda, Angola, aangekom en die MPLA gekontak,'
 het Diaz Arguelles aan Raul Castro verslag gedoen … 'In ons eerste gesprek met Neto
 … het ons die doel van ons besoek verduidelik wat ons op die volgende punte gebaseer
 het:

 •   Die versoek wat deur die MPLA gerig is … in Januarie en die versoek wat later in
     Mosambiek aan Cheito (Xiyeto), die stafhoof van FAPLA gerig is.
 •   Ons wou duidelikheid kry oor watter bystand ons moes verleen, gegewe die FNLA
     en Mobutu se aggressie teenoor die MPLA en die moontlike verloop van gebeure
     voor onafhanklikheid in November. Ons het geweet dat die magte van reaksie en
     imperialisme al hulle mag (krag) sou gebruik om te voorkom dat die MPLA beheer
     oorneem, want dit sou 'n progressiewe regering in Angola beteken. Daarom het
     ons vir Neto die militante solidariteit van ons Opperbevelvoerder, ons party en ons
     regering gebring, en ons het hom 100 000 dollar gegee.

 Die Angolese het gedurende die gesprek oor die gebrek aan bystand uit die sosialistiese
 kamp gekla en hulle het uitgewys dat, die sosialistiese kamp hulle nie help nie … terwyl
 die imperialiste (VSA) die FNLA op elke moontlike manier help. Hulle het ook gekla dat
 die Sowjetunie in 1972 opgehou het om hulle te help en dat die militêre bystand wat hulle
 nou stuur, nietig (waardeloos) is, gegewe die enormiteit (omvangrykheid) van die
 behoefte …'

 Intussen is Diaz Arguelles se voorstel van 'n militêre missie dramaties (op groot skaal)
 in Havana uitgebrei. Die hersiene plan het gevra vir die versending van 480 man wat
 personeelopleidingsentrums sou skep (stig), wat 5 300 Angolese in drie tot ses maande
 sou oplei. Kuba sou die wapens verskaf, asook kos, klere, kampgereedskap, toiletware,
 medisyne, veldbeddens en beddegoed. Kuba het met ander woorde besluit om Neto
 byna vyf keer meer instrukteurs as wat hy gevra het, aan te bied.

                            [UIT Conflicting Missions: Havana, Washington, Pretoria by P Gleijeses
                                                              Toegang verkry op 15 Januarie 2025]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V1                                6                                      NW/Junie 2025
                                     Graad 12 – Addendum

 VRAAG 2:            HOE HET DIE PROTES-VELDTOGTE IN BIRMINGHAM IN DIE
                     1960’s BYGEDRA TOT DESEGREGASIE VAN SWART
                     AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
                     (VSA)?

 BRON 2A

 Die bron hieronder is ‘n uittreksel geneem uit ‘n onderhoud met eerwaarde Joseph
 Ellwanger, ‘n wit Lutherse predikant, wat deel was van die komitee wat in 1963 die
 Birmingham-veldtog georganiseer het.

 In 1963 was Birmingham omtrent so ‘n gesegregeerde stad in die Suide as wat jy kon
 kry. Daar was nog bordjies by die drinkfonteintjies. Daar was geen swart klerke in die
 middestad se winkels nie. Daar was geen swartes in die polisiemag of brandweer nie.
 En daar was baie openlike dreigemente deur die polisiekommissaris, Bull Connor, teen
 enige poging om ‘n paar van hierdie regte te bekom ...

 Daar was nie net die siening in die wit gemeenskap dat swartes ondergeskik was nie,
 maar hierdie siening is duidelik uitgespreek en het gedien as die basis vir die segregasie
 wat al jare bestaan het ... baie lede van die Ku Klux Klan het ... amper ‘n godsdienstige
 geloof in hul harte gehad dat ons hierdie soort rassuiwerheid moes bewaar anders sou
 ons onsself en ons toekomstige geslagte verdoem.

 As ons dink waarvoor wit mense bang was in terme van die moontlikheid van ‘n
 geïntegreerde gemeenskap, was ‘n deel daarvan eenvoudig die vrees vir die onbekende.
 Miskien selfs dieper was die vrees vir die Ku Klux Klan en dat hul dreigemente ‘n
 werklikheid sou word. In Birmingham het ons ongeveer veertig bomaanvalle in die
 afgelope tien jaar gehad, so dit was nie net ‘n leë dreigement nie ...

 My rol in die Birmingham-betoging was basies om deel te wees van ‘n komitee van
 twintig wat bymekaar gekom het om die beplanning te doen ... Ek kan steeds die sessies
 met dr. King en Ralph Abernathy en Andrew Young onthou en dit was ‘n wonderlike
 ervaring van oopheid vir almal se idees. Daar was niemand wat nie die geleentheid
 gegun was om deel van die beplanning te wees nie.

           [Uit Voices of Freedom. An Oral History of the Civil Rights Movement by Henry Hampton and
                                                     Steve Fayer. Toegang verkry op 15 Januarie 2025]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V1                             7                                      NW/Junie 2025
                                  Graad 12 – Addendum

 BRON 2B

 Die bron hieronder fokus op die strategieë wat deur betogers gevolg is, die reaksie
 deur staatsowerhede en die invloed van mediadekking van die Birmingham-veldtog in
 1963.

 Die Birmingham-veldtog het stil begin met sitstakings op 3 April 1963 by etlike ‘slegs
 blankes’-middagete-toonbanke in die middestad. Van die begin af het die veldtog te
 staan gekom voor ‘n apatiese (onbelangstellende) swart gemeenskap, ‘n openlik
 vyandige, gevestigde swart leierskap en Bull Connor se ‘geweldlose weerstand’ in die
 vorm van die arrestasie van die oortreders van die stad se segregasiewetgewing. Met
 geen sensasionele (opspraakwekkende) nuus nie, het die nasionale media niks gevind
 om oor verslag te doen nie en die veldtog het momentum begin verloor. Toe Connor
 egter beveel dat polisiehonde gebruik moes word om ‘n skare swart omstanders
 uitmekaar te jaag, het joernaliste verslag gedoen oor ‘n aanval deur ‘n Duitse
 herdershond op ‘n betoger wat geen geweld gebruik het nie, en sodoende die wreedheid
 openbaar wat segregasie ondermyn het …

 In ‘n desperate poging om mediadekking te kry en om die veldtog lewendig te hou … is
 die Kinder-veldtog (Children’s Campaign) op 2 Mei 1963 geloods waarin swart jeugdiges
 van skole in die omgewing as betogers opgetree het. In ‘n poging om die gebruik van
 geweld te vermy het Bull Connor honderde skoolkinders laat arresteer en in skoolbusse
 tronk toe vervoer. Toe die tronke vol was, het hy beveel dat brandslange en polisiehonde
 gebruik moes word om groot protesoptogte in bedwang te hou … Swart Amerikaanse
 betogers het met woede gereageer en die polisie met bakstene en bottels gegooi toe die
 brandweermanne die brandslange oopgedraai het.

 Die media het die negatiewe beelde van Connor en sy manskappe vasgelê wat die
 geweldlose (vreedsame) betoging van skoolkinders met kragtige strale water en
 aanvalle deur polisiehonde onderdruk het. Voorbladfoto’s in die land se koerante het
 President Kennedy oortuig om die Assistant-prokureur-generaal vir Burgerregte, Burke
 Marshall, na Birmingham te stuur om onderhandelinge te hou wat ‘n einde aan die
 geweldadige betogings sou bring.

                             [Uit http://www.encyclopediaofalabama.org/face/Article.jsp?id=h-1358.
                                                              Toegang verkry op 15 Januarie 2025]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V1                            8                                NW/Junie 2025
                                 Graad 12 – Addendum

 BRON 2C

 Die foto hieronder het in die Daily News verskyn gedurende die Birmingham-veldtog,
 1963. Dit toon brandweermanne wat beveel is om hul hoëdruk-brandslange op
 burgerregtebetogers, wat op die sypaadjie sit, te gebruik.

                                                            [Uit http://www.dailynews.com.
                                                       Toegang verkry op 15 Januarie 2025]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V1                                 9                                       NW/Junie 2025
                                      Graad 12 – Addendum

 BRON 2D

 Die uittreksel hieronder is uit ‘n gebeeldsaaide toespraak aan die Amerikaanse publiek
 deur President JF Kennedy op 11 Junie 1963 in reaksie op die gebeure in Birmingham
 en ander proteste wat elders plaasgevind het.

 Die kern van die vraag is of alle Amerikaners gelyke regte en gelyke geleenthede gegee
 moet word, of ons ons mede-Amerikaners gaan behandel soos wat ons behandel wil
 word. As ‘n Amerikaner gekeer word om middagete te geniet in ‘n restaurant wat vir die
 publiek oop is omdat sy vel donker is, as hy nie sy kinders na die beste beskikbare
 openbare skool kan stuur nie, as hy nie kan stem vir die staatsamptenare wat hom
 verteenwoordig nie; kortliks, as hy nie ‘n volwaardige en vrye bestaan, wat ons almal
 nastreef, kan geniet nie, wie van ons sal dan tevrede wees om ons velkleur te verander
 en in sy skoene te staan? …

 Die tyd het nou vir hierdie nasie aangebreek om sy belofte na te kom. Die gebeure in
 Birmingham en elders het die roepstem na gelykheid so laat toeneem dat geen stad of
 staat of wetgewende liggaam wyslik kan kies om dit te ignoreer nie.

 Die vure van frustrasie en onmin brand in elke stad, noord en suid, waar regsmiddele
 nie beskikbaar is nie. Regstelling word gesoek in die strate, in betogings, optogte en
 proteste wat lei tot spanning en geweld wat lewens bedreig.

 Ons staan dus voor ‘n morele krisis as ‘n land en as ‘n volk. Dit kan nie met
 onderdrukkende polisie-optrede begroet word nie. Dit kan nie oorgelaat word aan nog
 protesoptogte in die strate nie. Dit kan nie stilgemaak word met niksseggende optrede
 of uitsprake nie. Die tyd het aangebreek om in die Kongres, in jou staat en plaaslike
 wetgewende liggaam en, bo alles, in ons daaglikse lewe, op te tree …

 Volgende week sal ek die Kongres van die Verenigde State versoek om op te tree, om
 ‘n verbintenis te maak wat hulle nog nie hierdie eeu ten volle gemaak het nie, dat ras
 geen plek in die Amerikaanse lewenswyse of wetgewing moet hê nie …

             [Uit http://www.presidentialrhetoric.com/historicspeeches/kennedy/civilrightsmessage.html.
                                                                   Toegang verkry op 15 Januarie 2025]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Geskiedenis/V1                             10                             NW/Junie 2025
                                  Graad 12 – Addendum

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 Hampton, H and Fayer, S. Voices of Freedom. An Oral History of the Civil Rights
 Movement

 Gleijeses, P. Conflicting Missions – Havana, Washington, Pretoria

 http://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola.

 http://www.dailynews.com.

 http://www.encyclopediaofalabama.org/face/Article.jsp?id=h-1358

 http://www.presidentialrhetoric.com/historicspeeches/kennedy/civilrightsmessage.html.

 https://www.williamblum.org/chapters/killing-hope/angola

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
