# History Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0fbad6f4-49b8-4dd9-b1e3-2e384d1445fb
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0fbad6f4-49b8-4dd9-b1e3-2e384d1445fb)

## About this document

History · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                GRAAD 12

                             GESKIEDENIS V2
                                 JUNIE 2025

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V2                           2                             NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op
        die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: DIE
                 KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

        VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                 AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 3: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's:
                 SUID-AFRIKA

        VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                 AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

 2.     AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal
        wat vereis word om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM
        gevind word.

 3.     AFDELING B bestaan uit TWEE opstelvrae.

 4.     Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1    Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
               minste EEN moet 'n opstelvraag wees.

        4.2    Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag óf 'n
               opstelvraag wees.

 5.     Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

 6.     Wanneer jy die vrae beantwoord, moet jy jou kennis, vaardighede en
        insig toepas.

 7.     Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.

 8.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
        vraestel gebruik word.

 9.     Skryf duidelik en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V2                            3                                  NW/Junie 2025
                                         Graad 12

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN of TWEE vrae in hierdie afdeling.

Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM
vervat.
VRAAG 1:      HOE HET DIE VERENIGDE DEMOKRATIESE FRONT (UDF)
              GEREAGEER OP DIE INSTELLING VAN DIE DRIEKAMER PARLEMENT
              DEUR DIE WIT- GEDOMINEERDE NASIONALE PARTY REGERING?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
 1.1   Verwys na Bron 1A.

       1.1.1 Noem DRIE groepe mense wat in die driekamerparlement
             verteenwoordig was.                                                 (3 x 1) (3)

       1.1.2 Verduidelik wat die stelling impliseer '... Botha het beide die
             onderdrukking en die hervormingskant van die
             regeringsbeleid gesimboliseer. '                                    (1 x 2) (2)

       1.1.3 Definieer die term kiesers in jou eie woorde.                       (1 x 2) (2)

       1.1.4 Met behulp van die inligting in die bron en jou eie kennis,
             verduidelik hoekom jy dink Afrikane (Swartmense) steeds nie
             stemreg onder die driekamerparlement sal hê nie .           (2 x 2) (4)

       1.1.5 Identifiseer die DRIE kamers van die driekamerparlement .           (3 x 1) (3)

 1.2   Lees Bron 1B.

       1.2.1 Waarom het so baie mense regoor Suid-Afrika
             gemeenskapsgebaseerde groepe begin organiseer?                      (1 x 2) (2)

       1.2.2 Hoe het die UDF mense en ander organisasies regdeur die
             land gemobiliseer teen die apartheidsonregte?           (1 x 2) (2)

       1.2.3 Verduidelik die betekenis van Eerw. Dr. Allan Boesak se
             stelling, 'ons kan nie 'n 'nuwe ooreenkoms' aanvaar wat
             apartheid nog beter laat werk nie'.                     (2 x 2) (4)

       1.2.4 Waarom sou 'n historikus hierdie bron as betroubaar beskou
             ten opsigte van die oorsprong van die United Democratic
             Front (UDF)?                                               (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V2                           4                              NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 1.3   Bestudeer Bron 1C.

       1.3.1 Verduidelik wat deur die woorde op die plakkaat geïmpliseer
             word, 'TROEPE UIT DIE WOONGEBIEDE!' ('TROOPS OUT
             OF THE TOWNSHIPS!'), in die konteks van die UDF se
             weerstand teen die driekamerparlement in 1983.              (1 x 2) (2)

       1.3.2 Haal TWEE stellings vanuit die plakkaat aan, wat daarop dui
             dat die UDF en die End Conscription Campaign gevra het
             dat alle soldate uit die swart townships/woongebiede onttrek
             moet word.                                                   (2 x 1) (2)

 1.4   Verwys na Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron
       1C die inligting in Bron 1B ondersteun aangaande die UDF se
       interne weerstand teen apartheidshervormings in 1983.         (2 x 2) (4)

 1.5   Gebruik Bron 1D.

       1.5.1 Identifiseer TWEE instansies wat studente van alle rasse kon
             toelaat nadat PW Botha sommige apartheidswette afgeskaf
             het.                                                         (2 x 1) (2)

       1.5.2 Verduidelik die konsep boikot in die konteks van die UDF
             se protes teen die apartheidshervormings.                      (1 x 2) (2)

       1.5.3 Waarom het die UDF-geaffilieerde burgerlike verenigings in
             die Vaaldriehoek besluit om 'n weiering (boikot) om huurgeld
             te betaal te ondersteun?                                     (1 x 2) (2)

       1.5.4 Lewer kommentaar oor hoekom die weerstand in die 1980's
             oorweeg was/gesien is as meer wydverspreid as in 1976.  (1 x 2) (2)

 1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) en verduidelik hoe die
       Verenigde Demokratiese Beweging (UDF) reageer het op die instelling van
       die Driekamerparlement deur die wit gedomineerde Nasionale Party- (8)
       regering.
                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V2                            5                              NW/Junie 2025
                                         Graad 12

VRAAG 2: HOE HET DIE WVK DIE DOOD VAN ASHLEY KRIEL ONDERSOEK OM
         NASIONALE VERSOENING TE BEVORDER?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
 2.1   Verwys na Bron 2A.

       2.1.1 Haal twee redes uit die bron aan vir die totstandkoming van
             die Waarheids-en-versoeningskommissie.                           (2 x 1) (2)

       2.1.2 Definieer die term versoening in jou eie woorde.                 (1 x 2) (2)

       2.1.3 Noem DRIE ernstige soorte menseregteskendings wat deur
             die veiligheidsmagte gepleeg is.                       (3 x 1) (3)

       2.1.4 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die stelling
             'die kommissie het genoeg waardevolle inligting gehad om
             die oortreders te konfronteer'                            (2 x 2) (4)

 2.2   Lees Bron 2B.

       2.2.1 Waarom het die jong aktivis Ashley Kriel Suid-Afrika in die
             geheim verlaat in 1985?                                     (1 x 1) (1)

       2.2.2 Noem die TWEE Veiligheidstakbeamptes wat                 Kriel
             gekonfronteer het op die dag waarop hy vermoor is.               (2 x 1) (2)

       2.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en
             verduidelik die polisieweergawe van gebeure wat tot Kriel se
             dood gelei het.                                              (2 x 2) (4)

       2.2.4 Noem DRIE redes in die bron waarom die familie van Kriel
             en baie historici nie die verduideliking wat die polisie verskaf
             het, geglo het nie.                                              (3 x 1) (3)

 2.3   Bestudeer Bron 1C.

       2.3.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
             kommentaar waarom die kommissie hierdie verhore gehou
             het.                                                         (2 x 2) (4)

       2.3.2 Verduidelik waarom 'n historikus dit as 'n betroubare bron kan
             beskou wanneer hy die ondersoeke wat deur die WVK
             gedoen is oor menseregtevergrype navors.                       (2 x 2) (4)

 2.4   Vergelyk Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C
       die bewyse in Bron 2D ondersteun met betrekking tot die WVK-
       verhore in die Menseregteskendings deur die veiligheidsmagte.      (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V2                           6                             NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 2.5   Gebruik Bron 1D.

       2.5.1 Noem DRIE hoëprofiel-sterftes van politieke aktiviste wat die
             IJR as verdag beskou het en verdere ondersoeke regverdig
             het.                                                          (3 x 1) (3)

       2.5.2 Verduidelik die konsep amnestie in die konteks van die WVK-
             verhore in Suid-Afrika.                                     (1 x 2) (2)

       2.5.3 Lewer kommentaar oor hoekom baie families en slagoffers
             die WVK se besluit om kaptein Jeffrey Benzien amnestie toe
             te staan as onregverdig beskou het.                        (2 x 2) (4)

 2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
       verduidelik of die Waarheids-en Versoeningskommissie (WVK) in staat was
       om geregtigheid en berusting aan die Kriel-familie te bring.                (8)
                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V2                             7                              NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 AFDELING B: OPSTELVRAAG

 Beantwoord EEN of TWEE vrae in hierdie afdeling.

 Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

 VRAAG 3:      BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's:
               SUID-AFRIKA

 Black Consciousness Movement (BCM)/(Swartbewussyn Beweging) het tot die
 bevryding van Suid-Afrika bygedra deur weerstand teen apartheid aan te
 wakker, selfstandigheid aan te moedig en sielkundige transformasie te
 bevorder.

 Bespreek hierdie stelling krities. Motiveer jou antwoord met relevante historiese
 bewyse.                                                                             [50]

 VRAAG 4:      DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
               AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

 Nelson Mandela was alleen verantwoordelik om die onderhandelingsproses aan
 die gang te hou wat uiteindelik tot die totstandkoming van die nuwe
 demokratiese Republiek van Suid-Afrika gelei het in 1994.

 Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.        [50]

                                                               GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
