# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2019-nsc-november-exam-question-paper-afrikaans/680d333c-cabc-4062-a679-b046b171d9b8
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2019-nsc-november-exam-question-paper-afrikaans/680d333c-cabc-4062-a679-b046b171d9b8)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRADE 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           GASVRYHEIDSTUDIES

                               NOVEMBER 2019

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Gasvryheidstudies                           2                    DBE/November 2019
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                       (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit                (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                              (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                       (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Gasvryheidstudies                             3                           DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         VOORBEELD:

         1.1.11      'n Goeie bron van vitamien C is …

                     A    melk.
                     B    lemoene.
                     C    vleis.
                     D    brood.

         ANTWOORD:

         1.1.11      B

         1.1.1       Die belangrikste voedingstof wat in peulgewasse gevind word:

                     A    Kalsium
                     B    Yster
                     C    Vette
                     D    Proteïen                                                                (1)

         1.1.2       Die tipe afval waar die membrane voor gaarmaak verwyder word:

                     A    Beesstert
                     B    Niertjies
                     C    Pens
                     D    Longe                                                                   (1)

         1.1.3       Gelatien is 'n onvolledige diereproteïen afkomstig van ...

                     A    elastien.
                     B    aspiek.
                     C    agar-agar.
                     D    kollageen.                                                              (1)

         1.1.4       'n Voorbeeld van 'n gefortifiseerde wyn:

                     A    Sjampanje
                     B    Rooiwyn
                     C    Sjerrie
                     D    Rosé                                                                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Gasvryheidstudies                             4                           DBE/November 2019
                                             NSS

         1.1.5       'n Klein, happiegrootte skilferdeegdoppie met 'n vulsel:

                     A    Bouchée
                     B    Barquette
                     C    Vol-au-vent
                     D    Profiterole                                                            (1)

         1.1.6       'n Wit, kaasagtige stremsel gemaak van sojabone:

                     A    Feta
                     B    Haloumi
                     C    Tofu
                     D    Tempeh                                                                 (1)

         1.1.7       Identifiseer 'n getekstureerde plantaardige proteïengereg uit die
                     geregte hieronder:

                     A    Drieboneslaai
                     B    Keker-ertjiekerrie
                     C    Sojamaalvleis-lasagne
                     D    Lensie-breyani                                                         (1)

         1.1.8       Afkrummeling behoort na die … plaas te vind.

                     A    nagereg
                     B    broodbediening
                     C    hoofgereg
                     D    voorgereg                                                              (1)

         1.1.9       Water en smeer wat te lank tydens die bereiding van chouxdeeg
                     gekook word, sal 'n produk lewer wat … is.

                     A    delikaat en bros
                     B    lig in gewig
                     C    klein in volume
                     D    hol en droog                                                           (1)

         1.1.10      'n Ligte meringuedop met 'n malvalekkertekstuur, wat met vars
                     vrugte en geklopte room gevul is:

                     A    Makrolletjie ('Macaroon')
                     B    Pavlova
                     C    Gebakte Alaska
                     D    Suurlemoenmeringue                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Gasvryheidstudies                          5                            DBE/November 2019
                                          NSS

1.2      PASITEMS

         Kies 'n voorbeeld uit KOLOM B wat by die bemarkingsmengsel in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
         die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 H.

                 KOLOM A                                     KOLOM B
            BEMARKINGSMENGSEL                             VOORBEELDE
         1.2.1  Produk                   A      betaal vir vyf nagte se akkommodasie
                                                en kry twee nagte gratis
         1.2.2       Promosie
                                         B      'n groep studente wat 'n koffiewinkel
         1.2.3       Prys                       besoek
         1.2.4       Plek                C      maaltye en drankies wat in restaurante
                                                bedien word
         1.2.5       Persone
                                         D      die aankoop van 'n bekostigbare
                                                produk

                                         E      sterk, higiëniese, ekovriendelike
                                                houers

                                         F      die beskerming van 'n wegneemete
                                                teen skade

                                         G      'n restaurant in die middestad
                                                                                    (5 x 1)     (5)

1.3      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die tipe posisie in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 H.

                      KOLOM A                              KOLOM B
                    TIPE POSISIE                         BESKRYWING
         1.3.1       Televerkoopspersoon A      beheer toegang tot 'n hotelperseel

         1.3.2       Rekenmeester        B      bemark die produkte en dienste van 'n
                                                hotel
         1.3.3       Nag-ouditeur
                                         C      sluit kontrakte met betroubare
         1.3.4       Motorwag                   diensverskaffers
         1.3.5       Menslikehulpbron-   D      verantwoordelik vir die indiensneming
                     bestuurder                 van personeel by die hotel

                                         E      verantwoordelik vir die ouditering van
                                                hotelfondse

                                         F      hou toesig oor die algemene
                                                instandhouding van kamers in 'n hotel

                                         G      opstel van verslae van transaksies wat
                                                die vorige dag afgehandel is
                                                                                 (5 x 1)        (5)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Gasvryheidstudies                              6                          DBE/November 2019
                                              NSS

1.4      EENWOORDITEMS

         Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
         slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       'n Preserveringsmetode wat vir die maak van biltong gebruik word

         1.4.2       Die rekenaarstelsel wat deur hotelle gebruik word om daaglikse
                     wins te toon

         1.4.3       Eweredige verspreiding van vet in die spierweefsel van vleis

         1.4.4       Tipe koste wat huur en belasting insluit

         1.4.5       'n Tintelende sensasie in die mond as gevolg van 'n toksiese reaksie
                     op voedsel

         1.4.6       Die totale waarde van goedere en dienste wat in een jaar in 'n land
                     vervaardig en gelewer word

         1.4.7       Die godsdienstige groep wat nie vleis en suiwelprodukte saam in
                     een gereg eet nie

         1.4.8       'n Bevrore nagereg wat suiker, vrugtesap, eiers en melkvet bevat

         1.4.9       'n Dun, ongelamineerde deeg wat gebruik word om appelstrudel te
                     maak

         1.4.10      Suiker of sout wat gebruik word om die rand van 'n glas mee te
                     bedek                                                   (10 x 1)             (10)
1.5      KEUSES

         1.5.1       Kies VIER kwaliteitseienskappe van skilferkors uit die lys hieronder.
                     Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5.1) in die
                     ANTWOORDEBOEK neer.
                     A    Sagte, bros krummels
                     B    Ligte tekstuur
                     C    Vlokkerige lagies
                     D    Ryk, sagte deeg
                     E    Ryk, delikate smaak
                     F    Ligte, goudbruin kleur
                     G    Ryk, nie vlokkerig nie
                     H    Papierdun                                                               (4)

         1.5.2       Kies TWEE elektroniese bemarkingshulpmiddels. Skryf slegs
                     die letters (A–D) langs die vraagnommer (1.5.2) in die
                     ANTWOORDEBOEK neer.
                     A    Kamera
                     B    Webwerf
                     C    E-pos
                     D    Luidspreker                                                             (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Gasvryheidstudies                                    7                               DBE/November 2019
                                                    NSS

         1.5.3       Kies VIER tipes inligting uit die lys hieronder wat met die etiket
                     hieronder ooreenstem. Skryf slegs die letters (A–H) langs die
                     vraagnommer (1.5.3) in die ANTWOORDBOEK.

                     A    Handelsnaam
                     B    Waarskuwingsverklarings
                     C    Gebruikskeerdatum ('Best-before date')
                     D    Gebruiksaanwysings
                     E    Naam van produk
                     F    Bestanddele
                     G    Voedselbymiddels (Voedseladditiewe)
                     H    Reeksnommer

                      Voedingsinligting
                      Porsiegrootte 2 koppies (124 g)
                                                                 KOEKIES-EN-ROOM ROOMYS
                      Kalorieë                     350

                                     % van daaglikse waarde   BEVAT: Vetvrye Melk, Room,
                                                              Rietsuiker, Wit Sjokolade, Suiker,
                      Totale vet 20 g             26%         Kakaobotter, Volmelkpoeier, Laktose,
                                                              Sojalesitien (Emulgeermiddel/Emulsifi-
                      Cholesterol 55 mg           65%         seerder), Vanielje-ekstrak
                      Natrium 117 mg               7%
                                                              GLUTENVRY
                      Totale koolhidrate
                      38 g                        14%         Produk mag spore van grondbone
                                                              bevat
                      Proteïen 6 g                10%
                                                              Kerkstraat 102, PRETORIA, 0002
                      Kalsium 116 mg              10%
                                                                                                            (4)

                                                                           TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Gasvryheidstudies                             8                          DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Toe die watervlakke van die groot opgaardamme wat Kaapstad van water
         voorsien, gedaal het, is Dag Zero afgekondig. Druk op die sanitasiestelsels
         het vergroot en die verspreiding van lewensgevaarlike siektes, soos Hepatitis
         A, het in die gasvryheidsbedryf voorgekom.

         2.1.1       Noem die inkubasietyd (ontkiemingstyd) van die siekte hierbo.              (1)

         2.1.2       Maak 'n lys van DRIE simptome van hierdie siekte.                          (3)

         2.1.3       Bespreek hoe hierdie siekte 'n impak op die produktiwiteit en
                     finansies van die voedsel- en drankbedryf in Kaapstad kan hê.              (3)

2.2      Stel DRIE riglyne voor waarop die oordrag van tuberkulose voorkom kan word
         wanneer voedsel hanteer word.                                                          (3)

2.3      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die Golden Star Hotel het in 2018 die toekenning ontvang vir
          'Die Suksesvolste Hotel in KZN'. Die bestuurder het die sukses van die hotel
          aan die personeel se spanwerk en professionaliteit toegeskryf. Die gebruik
          van rekenaars in spyskaartbeplanning en kamerindeling het die suksesvolle
          bestuur van die Golden Star Hotel verseker.

         2.3.1       Stel DRIE maniere voor waarop die personeel van die Golden Star
                     Hotel goeie spanwerk gebruik het om die toekenning te ontvang.             (3)

         2.3.2       Voorspel die impak van die toekenning op die winsgewendheid van
                     die Golden Star Hotel.                                                     (3)

2.4      Verduidelik die voordele van die gebruik van rekenaars in spyskaart-
         beplanning.                                                                            (4)

                                                                TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Gasvryheidstudies                             9                          DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          AARBEITERT

         3.1.1       Identifiseer die deeg wat in die bereiding van die aarbeitert hierbo
                     gebruik is.                                                                 (1)

         3.1.2       Regverdig die volgende reëls wat tydens die bereiding van die deeg
                     vir die aarbeitert toegepas word:

                     (a)   Moenie die deeg te veel meng of te veel hanteer nie.                  (2)

                     (b)   Gebruik die minimum meel wanneer die deeg uitgerol word.              (2)

         3.1.3       Noem TWEE voordele van die prik ('docking') van die deeg voordat
                     dit gebak word.                                                             (2)

3.2      Bestudeer die metode hieronder wat tydens die bereiding van chouxdeeg
         gebruik is en beantwoord die vrae wat volg.

         Metode:
         1.   Plaas die botter, sout en water in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
         2.   Voeg die meel by en meng goed met 'n houtlepel.
         3.   Kook vir 'n paar minute totdat die mengsel van die kante van die kastrol
              wegtrek. Laat die mengsel effens afkoel.
         4.   Voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging.
         5.   Spuit die deeg met 'n spuitsak op 'n gesmeerde bakplaat.
         6.   Bak by 230 °C vir 10 tot 15 minute.
         7.   Verlaag die hitte na 180 °C vir 20 minute.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Gasvryheidstudies                               10                         DBE/November 2019
                                               NSS

         3.2.1       Motiveer die volgende stappe in die metode:

                     (a)   Stap 4                                                                 (3)

                     (b)   Stap 7                                                                 (3)

         3.2.2       Stel TWEE diepbraaiprodukte voor wat van die chouxdeeg gemaak
                     kan word.                                                                    (2)

3.3      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                            BEESVLEISROL

         3.3.1       Noem DRIE voordele van die vul van 'n beesvleisrol.                          (3)

         3.3.2       Beveel TWEE beesvleissnitte in die voorkwart aan wat vir die gereg
                     hierbo geskik sal wees.                                                      (2)

         3.3.3       Die beesvleisrol is nie geskroei voordat dit gepotbraai is nie.
                     Voorspel TWEE uitkomste van die eindproduk.                                  (2)

         3.3.4       Beskryf in breë trekke die riglyne om te volg tydens die voorsny van
                     die beesvleisrol.                                                            (3)

         3.3.5       Motiveer die volgende stelling:

                     Dit is duur om 'n beesvleisrol voor te berei.                                (2)

         3.3.6       Onderskei tussen die porsiegrootte per persoon van 'n beesvleisrol
                     en 'n T-beenbiefstuk.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Gasvryheidstudies                             11                       DBE/November 2019
                                             NSS

3.4      Noem TWEE tipes vegetariërs wat ELK van die volgende geregte sal eet:

         3.4.1       Hoendervlerkies ('Buffalo wings')                                        (2)

         3.4.2       Soufflé                                                                  (2)

3.5      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Jy is in beheer van die beplanning van 'n banket-aandete vir die nuwe
         President van Suid-Afrika ná die nasionale verkiesing. Die funksie sal by die
         St. George Hotel plaasvind en 100 mense sal genooi word.

         Die volgende koste is aangegaan:

         Voedselkoste:    R25 000
         Oorhoofse koste: R5 000
         Arbeidskoste:    R3 500
         Netto wins:      35%

         3.5.1       Bereken die verkoopprys van die funksie. Toon ALLE formules en
                     berekeninge.                                                             (4)

         3.5.2       Bereken die verkoopprys per persoon vir die banket. Toon ALLE
                     formules en berekeninge.                                                 (3)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Gasvryheidstudies                             12                          DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                            SPYSKAART

                                               Aandete

                                  Romerige Mosselsop met Croutons

                                             Appelsorbet

                                            Lamsboud
                                           Mornaysous
                                      Kruisement-rys-timbale
                               Gestoomde Boontjies met Spekstukkies
                                 Pampoenpoffers met Karamelsous
                                            Groenslaai

                                  Cremora-tert met 'n Beskuitjiekors

                                                 Koffie

                                          19 November 2019                    R150,00 p.p.

         4.1.1       Motiveer waarom hierdie spyskaart 'n table d'hôte-spyskaart is.             (1)

         4.1.2       Kies VIER geregte op die spyskaart wat NIE vir 'n persoon wat
                     diabetes het, geskik sal wees NIE.                                          (4)

         4.1.3       Identifiseer TWEE geregte op die spyskaart wat NIE vir 'n persoon
                     wat vir graan allergies is, geskik sal wees NIE.                            (2)

4.2      4.2.1       Noem die preserveringsmetode wat vir die maak van blatjang
                     gebruik word.                                                               (1)

         4.2.2       Regverdig hoekom die metode in VRAAG 4.2.1 gebruik word om
                     blatjang te preserveer.                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Gasvryheidstudies                               13                       DBE/November 2019
                                               NSS

4.3      Bestudeer die nagereg hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   SJOKOLADEMOUSSE

         4.3.1       Noem TWEE kwaliteitseienskappe van 'n sjokolademousse.                     (2)

         4.3.2       Bespreek DRIE faktore wat die skuimvormingsvermoë van die
                     eierwit wat in die sjokolademousse gebruik word, sal beïnvloed.            (3)

         4.3.3       Voorspel die uitkoms van die sjokolademousse indien die sjokolade
                     wat in die bereiding van die mousse gebruik is, tydens smelting
                     oorverhit word.                                                            (2)

4.4      Bestudeer die volgende stelling en beantwoord die vrae wat volg.

         Malvapoeding is 'n tradisionele Suid-Afrikaanse nagereg wat gewoonlik saam
         met geroerde eiervla bedien word.

         4.4.1       (a)   Gee die klassifikasie van die malvapoeding.                          (1)

                     (b)   Beskryf hierdie nagereg kortliks.                                    (2)

         4.4.2       Onderskei tussen geroerde eiervla en gebakte vla. Teken die tabel
                     hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en tabuleer jou antwoord
                     soos volg.

                           GEROERDE EIERVLA                     GEBAKTE VLA
                                                         (1)                           (1)
                                                         (1)                           (1)      (4)

4.5      Gee moontlike redes vir die volgende foute wanneer gelatiengeregte berei
         word:

         4.5.1       Die vrugte sak af tot op die bodem.                                        (1)

         4.5.2       Dit het nie behoorlik gestol nie.                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Gasvryheidstudies                           14                      DBE/November 2019
                                           NSS

4.6      Bestudeer die snoephappies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         CRUDITÉS                           RUMAKI

                          KEBABS                             SOESJI

         4.6.1       Definieer crudités.                                                   (1)

         4.6.2       Kies die snoephappies hierbo wat die geskikste vir 'n koue
                     winteraand sal wees.                                                  (2)

         4.6.3       Bespreek die voordele daarvan om 'n skemerkelkfunksie aan te
                     bied.                                                                 (6)
                                                                                           [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:             80

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Gasvryheidstudies                            15                         DBE/November 2019
                                            NSS

AFDELING D:          SEKTORE EN LOOPBANE;
                     VOEDSEL EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Jane wil graag haar eie spysenierings-                    PAMFLET
         maatskappy begin. Sy is selfgemotiveerd en
         hardwerkend. Sy beskik egter nie oor die
         finansiële bestuursvaardighede om haar eie
         onderneming te begin nie. Sy woon in 'n
         landelike plaasgemeenskap in Dutywa.

         Haar voorneme is om ontbyt- en middagete-
         pakkies te maak omdat die kinders ver afstande
         moet aflê en soggens baie vroeg moet opstaan
         om skool toe te gaan. By afwesigheid van
         voedselwinkels in die omgewing van die skool
         het Jane met die hoof onderhandel om die
         ontbyt- en middagetepakkies teen minimale
         koste te verskaf.

         Jane beplan om organiese bestanddele en
         gesonde bereidingstegnieke te gebruik om
         hierdie maaltye te berei. Haar teikenmark
         is die skoolleerders van hierdie omgewing. Sy
         het die voordeel van plaaslike verskaffers vir
         die grootste deel van haar kommoditeite. Verder
         het sy twee kokke, twee skoonmakers en
         twee afleweringspersoneel in die omgewing
         opgespoor om haar teen 'n redelike tarief te help.
         Sy het ook haar eie pamflet ontwerp.

         5.1.1       Identifiseer DRIE sterk punte wat Jane het wat haar sal help om
                     haar onderneming mee te begin.                                            (3)

         5.1.2       Jane moet 'n sakeplan ontwikkel. Help Jane deur die aspekte te
                     beskryf wat sy onder ELK van die volgende opskrifte moet insluit:

                     (a)   Sake-/Besigheidsbeskrywing                                          (2)

                     (b)   Bedryfsplan (Operasionele plan)                                     (4)

         5.1.3       Beveel bykomende inligting aan wat Jane se pamflet kan verbeter.          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Gasvryheidstudies                            16                         DBE/November 2019
                                            NSS

5.2      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Jy is as voedsel- en drankbestuurder aangestel. Jy moet nuwe kelners oplei in
         die dek van tafels vir formele viergangaandetes.

         Stel riglyne voor wat die kelners moet volg om die dek van tafels hierbo vir 'n
         formele viergangaandete te voltooi.

         Gebruik die volgende opskrifte:

         5.2.1       Dek van die eetgerei                                                      (3)

         5.2.2       Dek van die glasware                                                      (2)

         5.2.3       Tafelversierings                                                          (2)

         5.2.4       Tafelnommers                                                              (1)

5.3      Die voorkantoor, die hart van enige instelling, is 'n area wat nie inkomste
         genereer nie.

         Maak 'n lys van DRIE ander nie-inkomste-genererende areas.                            (3)

5.4      Verduidelik ELK van die volgende prosedures wat in 'n restaurant plaasvind:

         5.4.1       Groet en ontvangs van gaste                                               (3)

         5.4.2       Aanbied van rekening                                                      (3)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Gasvryheidstudies                             17                        DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Jy is die bemarkingsbestuurder van MARTT Wynkelders. Jy word versoek om
         'n bemarkingsetiket vir 'n nuwe rooiwynversnit te ontwerp.

         6.1.1       Maak 'n lys van VIER tipes inligting wat op die etiket van die nuwe
                     rooiwynbottel moet verskyn.                                            (4)

         6.1.2       Bespreek VIER punte om in ag te neem wanneer wyn in 'n
                     wynkelder gestoor word.                                                (4)

         6.1.3       Beskryf VYF riglyne om te volg wanneer rooiwyn vir gaste geskink
                     word.                                                                  (5)

6.2      Onderskei tussen 'n binneverbruikdranklisensie (op-die-perseel-dranklisensie)
         en 'n buiteverbruikdranklisensie (van-die-perseel-af-dranklisensie).               (4)

6.3      Bestudeer die toerusting en bestanddele hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

                             A                                      B
                                                              Vonkelwater
                                                                 Strope
                                                           Kwasse ('Cordials')
                                                         Gekarboneerde drankies
                                                              Vrugtesappe

         6.3.1       Die kroegtoerusting in A word gebruik om 'n nie-alkoholiese
                     skemerkelkie ('mocktail') voor te berei.

                     Noem die mengmetode wat gebruik word.                                  (1)

         6.3.2       Kies TWEE items in B wat vir die mengmetode in VRAAG 6.3.1
                     geskik is.                                                             (2)

6.4      Gedurende 'n besige aand in 'n restaurant het die kroegman nie genoeg
         kwasse en strope gehad om verder nie-alkoholiese skemerkelkies
         ('mocktails') aan die gaste te bedien nie.

         6.4.1       Gee die kroegman raad oor die behoorlike bestuur van voorraad op
                     hande in die kroeg.                                                    (3)

         6.4.2       Verduidelik die korrekte prosedure om te volg wanneer gaste oor die
                     tekort aan nie-alkoholiese skemerkelkies ('mocktails') kla.            (3)

6.5      Verduidelik hoe die restaurantpersoneel 'n kragonderbreking in 'n voedsel- en
         drankinstelling sal hanteer.                                                       (4)
                                                                                            [30]

                                                                TOTAAL AFDELING D:          60
                                                                    GROOTTOTAAL:            200
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/c9a0647f-ae34-4859-8561-d7a0e07d463b) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 MEMO SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-memo-sept2019-afrikaans/d831868d-8ed2-4860-a5fe-8fe88c1eebdd) — Hospitality Studies · Memo · 2019 · Afr
- [HOSP ST GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-st-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/11983b69-95c5-4103-a8dc-af66f43a70f7) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-afrikaans/9f434ca0-6e1f-4df2-b554-05443d2a39f7) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept2020-afrikaans/b407324e-2a21-459c-8c86-6a46571f5784) — Hospitality Studies · QP · 2020 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/9e7d85b6-b2f4-4492-a626-06f86191d957) — Hospitality Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-eng/50ef98bf-a40e-4823-a81c-93f1b85e034b) — QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
