# Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/2e4af392-e74c-47c0-b55b-eed2493c2da9
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/2e4af392-e74c-47c0-b55b-eed2493c2da9)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          GASVRYHEIDSTUDIES

                               MEI/JUNIE 2024

                                                                    PUNTE: 200

                                                                      TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Gasvryheidstudies                            2                    DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                 (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit          (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                        (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                 (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       AFDELING A: VRAAG 1: MOENIE 'n reël tussen die antwoorde ooplaat NIE,
         bv.
         1.1.1
         1.1.2

5.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Gasvryheidstudies                             3                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.

         VOORBEELD:

         1.1.11      'n Goeie bron van vitamien C is …

                     A   melk.
                     B   lemoene.
                     C   vleis.
                     D   brood.

         ANTWOORD:

         1.1.11      B

         1.1.1       'n Aansteeklike siekte wat die longe aantas:

                     A   Cholera
                     B   Hepatitis A
                     C   Hepatitis B
                     D   Tuberkulose                                                               (1)

         1.1.2       Proteolitiese ensieme wat die         stolling   van   gelatiengeregte
                     voorkom, is in … teenwoordig.

                     A   piesangs en aarbeie
                     B   kiwi's en bloubessies
                     C   vye en papajas
                     D   suurlemoene en pynappels                                                  (1)

         1.1.3       Mpume is 'n …-vegetariër omdat haar dieet slegs vis en
                     seekosprodukte insluit.

                     A   lakto
                     B   ovo
                     C   pollo
                     D   pesco                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Gasvryheidstudies                              4                            DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

         1.1.4       'n Spesiale apparaat wat 'n kragbron gebruik om voedsel bokant
                     stomende water warm te hou:

                     A   Bain-marie
                     B   Warmskinkbord
                     C   Salamander
                     D   Konfoor ('Chafing dish')                                                     (1)

         1.1.5       Kies die prentjie hieronder wat NIE een van die konsepte van die
                     bemarkingsmengsel illustreer NIE:

                            A                  B                C                     D               (1)

         1.1.6       Die verhouding van meel tot water in die bereiding van chouxdeeg:

                     A   1:1
                     B   1:2
                     C   2:½
                     D   1:½                                                                          (1)

         1.1.7       'n Standaardkwotasie moet NIE die volgende inligting insluit NIE:

                     A   Kliënt se bankstaat
                     B   Kliënt se persoonlike inligting
                     C   Maatskappy se naam en adres
                     D   Addisionele uitgawes en deposito                                             (1)

         1.1.8       Identifiseer die hors d'oeuvre in die prentjie hieronder:

                     A   Samoesas
                     B   Spanakopita
                     C   Strudel
                     D   Chinese rolletjies ('Spring rolls')                                          (1)
                                                                                                        20242

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Gasvryheidstudies                              5                             DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

         1.1.9       'n Soort diens waar 'n kelner die voedsel op 'n opdienbord na die
                     tafel bring en gaste vanaf die linkerkant bedien deur 'n opdienlepel
                     en -vurk te gebruik:

                     A   Gueridon
                     B   Silwer
                     C   Russiese
                     D   Amerikaanse                                                               (1)

         1.1.10      Die afstand tussen die tafelrand en waar die eetgerei geplaas
                     word:

                     A   2,5 cm
                     B   3,0 cm
                     C   3,5 cm
                     D   0,5 cm                                                                    (1)

1.2      PASITEMS

         Kies die nageregklassifikasie uit KOLOM B wat by die nagereg in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in
         die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 J.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
                     NAGEREG                           NAGEREGKLASSIFIKASIE
         1.2.1       Panna cotta                A     warm gestoom

         1.2.2       Vanielje-mousse            B     warm gebraai

         1.2.3       Spanspeksorbet             C     warm gestowe

         1.2.4       Appelpoffertjies           D     melkjellie

         1.2.5       Perske-compote             E     gevriesde suiwelbasis

         1.2.6       Kersfeespoeding            F     koue room

         1.2.7       Malvapoeding               G     vrugtejellie

                                                H     gevriesde waterbasis

                                                I     warm gebak
                                                                                     (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Gasvryheidstudies                               6                         DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

1.3      EENWOORD-ITEMS

         Gee EEN term/woord vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         term/woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die voedsel wat Moslems toegelaat word om te eet ooreenkomstig
                     godsdienstige wette

         1.3.2       Eetbare sade van sommige vrugte wat deur 'n harde dop omring is

         1.3.3       Die laaste persoon wat by 'n formele ete bedien word

         1.3.4       Die tydelike preserveringsmetode wat mikroörganismes vernietig
                     deur vloeistowwe tot 72 °C te verhit

         1.3.5       'n Ryk, soet tertdeeg met 'n krummelrige tekstuur wat gewoonlik vir
                     vrugtetertjies gebruik word

         1.3.6       Professionele etiek wat getoon word wanneer jy nie by jou
                     werkgewer steel nie

         1.3.7       Die totale waarde van goedere en dienste wat in een jaar deur
                     'n land vervaardig en verskaf word

         1.3.8       'n Inkomste-genererende area in 'n hotel wat vir spesiale
                     geleenthede verhuur word

         1.3.9       'n Sensitiwiteit vir grondboontjies wat die immuunstelsel prikkel om
                     negatief te reageer

         1.3.10      Die personeellid in die restaurant wat die gaste ontvang en hulle
                     bespreking nagaan                                        (10 x 1)           (10)

1.4      KEUSE

         1.4.1       Kies VIER oorhoofse koste in die lys hieronder wat deel is van 'n
                     besigheid se daaglikse bestuur. Skryf slegs die letters (A–H) langs
                     die vraagnommer (1.4.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     A   Elektrisiteit
                     B   Lone
                     C   Brandstof
                     D   Oortyd
                     E   Uniforms
                     F   Salarisse
                     G   Belasting
                     H   Bestanddele                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Gasvryheidstudies                             7                        DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

         1.4.2       Kies DRIE korrekte stappe om te volg wanneer daar afgekrummel
                     word. Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.4.2)
                     in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     A    Vind ná die voorgereg plaas
                     B    Begin aan die regterkant van die gasheer
                     C    Vind voor die nagereg plaas
                     D    Begin aan die linkerkant van die gasheer
                     E    Gaan voort in 'n antikloksgewyse rigting
                     F    Gaan voort in 'n kloksgewyse rigting                                (3)

1.5      VOLGORDE

         Herrangskik, in die korrekte volgorde, die voorbereiding- en
         gaarmaaktegnieke om vir 'n oondgebraaide skaaprol te volg. Skryf slegs die
         letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         A    Vulsel
         B    Vasbind
         C    Voorsny
         D    Ontbeen
         E    Toeskroei
         F    Oondbraai                                                                       (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Gasvryheidstudies                               8                          DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

AFDELING B:           KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                      HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      Mense skryf dikwels terloops die simptome van
                                      gastroënteritis aan 'maaggoggas' toe. Daar is egter
                                      veelvuldige oorsake van gastroënteritis.
          VERMY‼!
          Gastroënteritis

         2.1.1        Noem die werklike oorsake van gastroënteritis.                              (2)
         2.1.2        Maak 'n lys van DRIE simptome van gastroënteritis.                          (3)
         2.1.3        Stel voor hoe voedseldiensinstansies die verspreiding van die siekte
                      kan verminder.                                                              (3)
2.2      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

         Evalueer die professionalisme wat deur die kelner in die restaurant ten toon
         gestel word.                                                                             (5)
2.3      Bespreek hoe die vlakke van diens 'n impak op die gasvryheidsinstansie se
         winsgewendheid het.                                                                      (4)
2.4      Beskryf DRIE voordele daarvan om 'n gerekenariseerde stelsel te gebruik
         wanneer 'n spyskaart beplan word.                                                        (3)
                                                                  TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Gasvryheidstudies                             9                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die spyskaart vir 'n skemerkelkgeselligheid hieronder en
         beantwoord die vrae wat volg.

                                  SPYSKAART
                        VOORETE-SKEMERKELKGESELLIGHEID
                                    Rafelvark-tacos
                             Diepgebraaide Soesji-rolletjies
                              Geroosterde Lamsribbetjies
                                    Vla-pannekoeke
                                Sjokolade-ganache-koek
                                Suurlemoenmeringuetert

                                       24 Junie 2024

         3.1.1        Stel die aantal happies voor wat vir elke gas bedien moet word.            (1)

         3.1.2        Gebruik die beginsels van spyskaartbeplanning en kritiseer die
                      keuse van happies onder die volgende opskrifte:

                      (a) Kleur                                                                  (2)

                      (b) Soort funksie                                                          (3)

         3.1.3        Bespreek DRIE riglyne wat gevolg moet word wanneer
                      skemerkelkhappies by die funksie aangebied/vertoon word.                   (3)

         3.1.4        Motiveer waarom die skemerkelkspyskaart NIE vir 'n diabetiese
                      gas geskik is NIE.                                                         (5)

3.2      Bespreek TWEE personeelvereistes wat bestuur in ag moet neem wanneer
         'n formele banketfunksie beplan word.                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Gasvryheidstudies                            10                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

3.3      Bestudeer die prentjie van wildsvleis-steaks hieronder en beantwoord die
         vrae wat volg.

                                 EKSTRA-MAER WILDSVLEIS-
                                         STEAKS

         3.3.1       Noem TWEE soorte harige wild waarvan die wildvleis-steaks
                     verkry kan word.                                                            (2)

         3.3.2       Motiveer waarom die wildsvleis-steaks voor gaarmaak gebardeer
                     moet word.                                                                  (2)

         3.3.3       Beskryf hoe jy die wildsvleis-steaks in die vrieskas sou berg.              (3)

3.4      Bestudeer die inligting vir        'n   kosteberekeningsbladsy    hieronder    en
         beantwoord die vrae wat volg.

                         GANG                       VOEDSELKOSTE

         Soetpatatsop bedien met Knoffel-           R20,00
         broodstokkies
         Rotskreef-thermidor                        R120,00

         Geroosterde Lendestuk bedien met           R100,00
         Kruiebotter, Oondgebraaide Groente
         en Yorkshire-poeding

         Sjokolade-éclairs                          R20,00

         Bereken die volgende. Toon ALLE formules en berekeninge.

         3.4.1       Verkoopprys met gebruik van 'n voedselkostepersentasie van 35%              (4)

         3.4.2       Bruto wins vir die spyskaart                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Gasvryheidstudies                          11                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

3.5      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Tradisionele chouxdeeg word met water, smeer, koekmeel, eiers en sout
         berei. Die sagte deeg kan geskep of gespuit word en dan gebak of
         gediepbraai word om 'n verskeidenheid soet en sout produkte te produseer.

         3.5.1       Noem TWEE soet chouxdeegprodukte wat gediepbraai word.                   (2)

         3.5.2       Stel TWEE bolae voor vir die produkte in VRAAG 3.5.1 genoem.             (2)

         3.5.3       Verduidelik die funksie van die volgende bestanddele wat in die
                     bereiding van die chouxdeeg gebruik word:

                     (a) Eiers                                                                (2)

                     (b) Water                                                                (2)

         3.5.4       Verduidelik hoe jy rou, gevormde chouxdeegprodukte sou stoor.            (2)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Gasvryheidstudies                           12                            DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Moosa het onlangs uit Indië teruggekeer waar hy etlike weke streng
         vegetariese gebiede besoek het en verskeie veganismaaltye geniet het. Met
         sy terugkeer na Suid-Afrika wou hy 'n lensiekerrie berei en het 'n sjef vir
         advies gevra oor die korrekte prosedure om te volg.

         4.1.1       Bespreek die korrekte prosedure om te volg wanneer geweekte
                     lensies vir die kerrie gaargemaak word.                                     (3)

         4.1.2       Maak 'n lys van DRIE proteïenryke produkte, buiten die lensies,
                     wat gebruik kan word om 'n veganiskerrie te berei.                          (3)

4.2      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              SKILFERKORS-               SALM-EN-                   AARTAPPEL-EN-
               BESSIETERT             ROOMKAAS-QUICHE              BRIE-FILLOPAKKIE

         4.2.1       Motiveer waarom die bestanddele yskoud moet wees vir die
                     bereiding van die deeg vir die bessietert.                                  (2)

         4.2.2       Identifiseer die tegniek wat bo-op die skilferkors-bessietert gebruik
                     is.                                                                         (1)

         4.2.3       Bepaal of 'n sjef die tegniek wat in VRAAG 4.2.2 geïdentifiseer is
                     op die salm-en-roomkaas-quiche sal toepas. Gee 'n rede vir jou
                     antwoord                                                                    (2)

         4.2.4       Onderskei tussen tertdeeg-kwaliteitseienskappe en lae gebruik vir
                     die gebakte bessietert en die aartappel-en-brie-pakkie onder die
                     volgende opskrifte. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                           SKILFERKORS              AARTAPPEL-EN-
                                            BESSIETERT             BRIE-FILLOPAKKIE
         Kwaliteitseienskappe                                (1)                  (1)
         Lae/Laminering van deeg                             (1)                  (1)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Gasvryheidstudies                           13                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

4.3      Bestudeer die prentjies van die nageregte hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

                   CRÈME BRÛLÉE                         BLOUBESSIE-KAASKOEK
          'n Franse nagereg wat bestaan uit 'n       Die bloubessiekaaskoek word met
                ryk en romerige vlabasis              gebruik van gelatienpoeier berei
         4.3.1       Verduidelik die impak wat oorgaarmaak op die crème brûlée
                     sal hê.                                                                    (3)
         4.3.2       Bespreek hoe jy oorgaarmaak van die crème brûlée sal voorkom.              (2)
         4.3.3       Beskryf hoe die gaar en verkoelde crème brûlée vir bediening
                     voorberei en afgerond sal word.                                            (2)
         4.3.4       Noem en verduidelik die DRIE stadiums van die gebruik van
                     gelatienpoeier wanneer die kaaskoek berei word.                            (6)
         4.3.5       Verduidelik hoe die byvoeg van geklopte room die stolling van die
                     kaaskoek sal beïnvloed.                                                    (1)
         4.3.6       Voorspel die uitkoms indien te veel gelatien gedurende die
                     bereiding van die kaaskoek bygevoeg word.                                  (1)
4.4      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         4.4.1       Identifiseer die preserveringsmetode.                                      (1)
         4.4.2       Verduidelik kortliks die metode wat in VRAAG 4.4.1 geïdentifiseer
                     is.                                                                        (2)
         4.4.3       Maak 'n lys van DRIE soorte inligting wat op die etiket van die
                     produk ingesluit moet word indien die vervaardiger beplan om dit te
                     verkoop.                                                                   (3)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Gasvryheidstudies                          14                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

4.5      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Karen het tuisgemaakte ingemaakte brandewynperskes as geskenke vir haar
         gaste vir aandete gemaak.

         Gee Karen raad oor VIER riglyne wat sy moet volg wanneer sy die bottels vir
         die perskes voorberei.                                                               (4)
                                                                                              [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:              80

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Gasvryheidstudies                          15                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
5.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Aya en haar suster Maya bly in Roodepoort. Hulle het in 'n tradisionele
         Afrika-huishouding grootgeword waar die fokus altyd op kos was en hulle het
         die meeste van hulle tyd spandeer om nuwe resepte te ontwikkel en vir die
         familie kos te maak. Hulle stel daarin belang om 'n stalletjie by 'n populêre
         Johannesburgse voedselmark oop te maak en hulle wil die stalletjie Afri-Stop
         noem. Hulle beplan ook om by korporatiewe geleenthede spyseniering te
         doen en om voltydse personeel in diens te neem. Hulle oom sal hulle die
         kapitaal leen om hulle besigheid te begin op voorwaarde dat hulle 'n
         besigheidsplan en 'n SWOT-analise opstel.

         5.1.1       Maak 'n lys van DRIE eienskappe waaroor Aya en Maya moet
                     beskik om goeie entrepreneurs te word.                                    (3)

         5.1.2       Help Aya en Maya om hulle SWOT-analise op te stel deur TWEE
                     sterk punte en TWEE swak punte van hulle besigheid te
                     identifiseer. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                         TWEE STERK PUNTE                  TWEE SWAK PUNTE
                                                                                               (4)

         5.1.3       Noem DRIE ander self-indiensnemingsgeleenthede wat Aya en
                     Maya by hulle voedselbesigheid kan voeg om hulle besigheid uit te
                     brei.                                                                     (3)

         5.1.4       Verduidelik DRIE maniere waarop Afri-Stop positief tot die
                     Suid-Afrikaanse ekonomie kan bydra.                                       (3)

         5.1.5       Adviseer Aya en Maya oor VIER belangrike aspekte wat deel van
                     'n besigheidsplan vorm.                                                   (4)

5.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Aya en Maya het 'n sosialemedia-bemarker gevra om hulle te help om hulle
         Afri-Stop-stalletjie te adverteer.

         5.2.1       Stel die teikenmark voor wat mees waarskynlik die Afri-Stop-
                     stalletjie sal ondersteun.                                                (1)

         5.2.2       Verduidelik die rol wat deur die sosialemedia-bemarker in Aya en
                     Maya se besigheid gespeel sal word.                                       (3)

         5.2.3       Noem DRIE elektroniese bemarkingsmiddels, buiten sosiale
                     media, wat deur die sosialemedia-bemarker gebruik kan word.               (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Gasvryheidstudies                          16                         DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

5.3      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Hotel Dice het sedert hulle oopgemaak het 'n groot             HOTEL
         toename in gaste gehad wat gelei het tot 'n behoefte            DICE
         om nuwe personeel aan te stel. Die voorkantoor
         word die meeste geaffekteer.

         5.3.1       Verduidelik die rol wat deur die voorkantoorpersoneel gespeel
                     moet word om te verseker dat gaste na die hotel sal terugkeer.          (2)

         5.3.2       Bespreek die interverwantskap tussen die finansies-/boekhouding-
                     afdeling en die menslikehulpbron-afdeling.                              (4)
                                                                                             [30]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Gasvryheidstudies                            17                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.1.1       Bepaal DRIE soorte inligting wat op die voorste etiket ontbreek.             (3)

         6.1.2       Verduidelik die bedieningsprosedure van die wyn nadat die
                     gasheer die wyn geproe en goedgekeur het.                                    (4)

         6.1.3       Evalueer die wynparing hierbo saam met gesmoorde beeskortrib.                (2)

         6.1.4       Beveel die geskikte bedieningstemperatuur vir die wyn aan.                   (1)

         6.1.5       Nadat die bottel shiraz gedrink is, het die gaste besluit om 'n bottel
                     pinotage te bestel.

                     Verduidelik kortliks die prosedure wat die kelner moet volg om
                     hierdie bottel wyn te bedien.                                                (2)

6.2      Bestudeer die lys van bestanddele vir die nie-alkoholiese drankie ('mocktail')
         hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   TRIPLE CITRUS FIZZ
           BESTANDDELE
           Sout + suiker + rissiepoeier (garnering)
           1 lemmetjie, gesny
           50 ml vars uitgedrukte lemoensap
           50 ml lemmetjiekwas
           40 ml pomelosap
           50 ml vonkelwater
           50 ml gemmerbier

         6.2.1       Stel die geskikste mengmetode vir               die   nie-alkoholiese
                     skemerkelkie voor. Motiveer jou antwoord.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Gasvryheidstudies                           18                             DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

         6.2.2       Onderskei tussen die eienskappe van die kwas ('cordial') en die
                     vonkelwater wat in die bereiding van die nie-alkoholiese
                     skemerkelkie gebruik is. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                KWAS                          VONKELWATER
                                                                                                (4)

         6.2.3       Die kroegman het tydens bediening agtergekom dat die
                     gemmerbier vir die bereiding van die nie-alkoholiese
                     mengeldrankie opgeraak het.

                     Stel die prosedures voor wat die kroegman moet volg om te
                     voorkom dat bestanddele in die toekoms opraak.                             (3)

6.3      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           CLOCHÉ

         6.3.1       Verduidelik die voordele daarvan om hierdie bedieningsapparaat in
                     die restaurant te gebruik.                                                 (2)

         6.3.2       Beskryf hoe jy die apparaat blink en skoon sal hou.                        (2)

6.4      Verduidelik hoe 'n spyskaart deur 'n kelner in 'n restaurant aangebied moet
         word.                                                                                  (2)

6.5      Stel voor hoe jy watertoevoer wat onverwags afgesny word in die
         gasvryheidsbedryf sal hanteer.                                                         (3)
                                                                                                [30]
                                                                TOTAAL AFDELING D:              60
                                                                    GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HOSP ST GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-st-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/11983b69-95c5-4103-a8dc-af66f43a70f7) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-afrikaans/9f434ca0-6e1f-4df2-b554-05443d2a39f7) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept2020-afrikaans/b407324e-2a21-459c-8c86-6a46571f5784) — Hospitality Studies · QP · 2020 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/c9a0647f-ae34-4859-8561-d7a0e07d463b) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2019-nsc-november-exam-question-paper-afrikaans/680d333c-cabc-4062-a679-b046b171d9b8) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/9e7d85b6-b2f4-4492-a626-06f86191d957) — Hospitality Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — QP · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/428a34e2-7d2b-4e20-a4bc-2dbf9ae8b099) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
