# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/bd012d04-38d3-472c-aabe-d1bf858380e9
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/bd012d04-38d3-472c-aabe-d1bf858380e9)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                            GASVRYHEIDSTUDIES

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Gasvryheidstudies                            2                     DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

           AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                 (40)
           AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                       Higiëne, veiligheid en sekuriteit          (20)
           AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                       Voedselkommoditeite                        (80)
           AFDELING D: Sektore en loopbane;
                       Voedsel- en drankbediening                 (60)

 2.        Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

 4.        AFDELING A: VRAAG 1: Beantwoord al die vrae onder mekaar in die
           ANTWOORDEBOEK sonder om 'n reël oop te los, soos hieronder getoon.

           Korrek:
           1.1.1
           1.1.2

           Verkeerd:
           1.1.1

           1.1.2

 5.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Gasvryheidstudies                               3                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING A: KORTVRAE          2025

 VRAAG 1

 1.1       MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

           Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.

           VOORBEELD:

           1.1.11      'n Goeie bron van vitamien C is …

                       A   melk.
                       B   lemoene.
                       C   vleis.
                       D   brood.

           ANTWOORD:

           1.1.11      B

           1.1.1       'n Papierdun deeg wat vir die bereiding van baklava en spanakopita
                       gebruik word:

                       A   Skilferkors
                       B   Pur
                       C   Fillo
                       D   Choux                                                                  (1)

           1.1.2       Kies die KORREKTE volgorde waarin die geregte hieronder op 'n
                       viergang-aandete-spyskaart geskryf sal word:

                     Panna Cotta        Pampoensop         Souttertjies   Bief Wellington
                         1                  2                   3               4

                       A   3, 2, 4, 1
                       B   2, 3, 4, 1
                       C   1, 3, 2, 4
                       D   1, 2, 3, 4                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Gasvryheidstudies                            4                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

           1.1.3     'n Produk wat as beide 'n bolaag en 'n vulsel in nageregte gebruik
                     kan word:

                     A   Crème brûlée
                     B   Crème caramel
                     C   Crème Chantilly
                     D   Crème fraîche                                                          (1)

           1.1.4     'n Geleentheid waar gaste gesellig met mekaar verkeer terwyl hulle
                     vingerhappies en 'n verskeidenheid koue alkoholiese en nie-
                     alkoholiese drankies geniet:

                     A   Skemerkelkgeselligheid
                     B   Formele aandete
                     C   Informele middagete
                     D   Banketmiddagete                                                        (1)

           1.1.5     Kelners in 'n formele restaurant moet vuil borde soos volg van die
                     tafels verwyder:

                     A   Stapel al die borde en eetgerei bo-op mekaar.
                     B   Laat die borde op die tafel tot aan die einde van bediening.
                     C   Vra gaste om hulle borde om die tafel aan te gee.
                     D   Verwyder borde sodra al die gaste klaar geëet het.                     (1)

           1.1.6     Die geskikste voorgereg vir 'n gas met diabetes:

                     A   Crudités met hummus
                     B   Spek-en-mieliepoffertjies
                     C   Ham-en-kaas-palmiers
                     D   Bloukaassoufflés                                                       (1)

           1.1.7     Die toerusting wat gebruik word om voedsel vir kamerdiens te
                     bedek:

                     A   Sopkom
                     B   Cloche
                     C   Warmskinkbord
                     D   Konfoor                                                                (1)

           1.1.8     Die proteolitiese ensieme teenwoordig in … sal die stolling van 'n
                     gelatiengereg verhoed.

                     A   suurlemoene en piesangs
                     B   bloubessies en suurlemoene
                     C   papaja en pynappel
                     D   aarbeie en piesangs                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Gasvryheidstudies                             5                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

           Bestudeer die bestanddelelys van die tamatiesous hieronder om VRAAG 1.1.9
           en 1.1.10 te beantwoord.

                     TAMATIESOUS

                     Bestanddele
                     2 g swartpeper
                     250 g water
                     100 g witsuiker
                     1,5 g natriumbensoaat
                     12,5 g gejodeerde sout
                     1 kg tamaties

           1.1.9       Die bestanddele op die tamatiesousetiket moet in hierdie volgorde
                       genoem word:

                       A   Natriumbensoaat, swartpeper, gejodeerde sout, witsuiker,
                           water, tamaties
                       B   Tamaties, water, witsuiker, gejodeerde sout, swartpeper,
                           natriumbensoaat
                       C   Water, witsuiker, swartpeper, natriumbensoaat, gejodeerde
                           sout, tamaties
                       D   Tamaties, water, gejodeerde sout, witsuiker, natriumbensoaat,
                           swartpeper                                                           (1)

           1.1.10      Die chemiese preserveermiddel wat in die tamatiesous gebruik is:

                       A   Witsuiker
                       B   Gejodeerde sout
                       C   Swartpeper
                       D   Natriumbensoaat                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Gasvryheidstudies                              6                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 1.2           PASITEMS

               Kies die soort bemarkingsinstrument in KOLOM B wat by die prentjie in
               KOLOM A en die beskrywing in KOLOM C pas. Skryf slegs die letter (A–E) en
               die Romeinse syfer (i–v) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in die
               ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.4 F (vi).

                 KOLOM A                  KOLOM B                        KOLOM C
                 PRENTJIE            SOORT BEMARKINGS-                 BESKRYWING
                                        INSTRUMENT
       1.2.1                         A  oudiovisueel           (i)     sluit inligting in wat
                                                                       die produk
                                     B    produkmonster                verduidelik deur
                                                                       slegs sig te
                                     C    visueel                      stimuleer

                                     D    handelsmerkgewing    (ii)    die produk word
       1.2.2                                                           meer effektief
                                     E    oudio                        bemark deur slegs
                                                                       die gehoorsintuig te
                                                                       stimuleer

                                                               (iii)   vertoon die
                                                                       terugvoering oor
                                                                       die produkte wat
                                                                       verkoop is

                                                               (iv)    inligting oor die
       1.2.3                                                           produk word met
                                                                       behulp van
                                                                       QR-kodes beskryf

                                                               (v)     kan duur wees,
                                                                       stimuleer gehoor
                                                                       en sig en bereik 'n
                                                                       groter gehoor

                                                                                      (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Gasvryheidstudies                                7                          DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 1.3       EENWOORDITEMS

           Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
           term/woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.10) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

           1.3.1         'n Souterige jellie gemaak van 'n helder vleisaftreksel wat as
                         bedekking dien vir voedsel wat op 'n buffet vertoon word

           1.3.2         'n Soort dranklisensie wat klante toelaat om drank te koop en dit op
                         'n ander plek te drink

           1.3.3         Die hoofrysmiddel in chouxpasta

           1.3.4         Die bestanddeel wat aan die einde van die gaarmaakproses
                         bygevoeg moet word om die verharding van droë bone te verhoed

           1.3.5         'n Hotelpersoneellid verantwoordelik vir die verwelkoming van die
                         gaste by hulle voertuie en wat hulle bagasie dra

           1.3.6         'n Gisbasisplaatkoekie wat saam met suurroom en kaviaar bedien
                         word

           1.3.7         'n Soort afval waar die membrane voor gaarmaak verwyder word

           1.3.8         'n Sous/Smeer ('Relish') gemaak van wortels, uie, rissies en
                         speserye

           1.3.9         'n Gesentraliseerde stelsel wat die doeltreffendheid van die neem
                         van voedsel- en drankbestellings in 'n restaurant verbeter

           1.3.10        Die siekte wat deur ryswateragtige stoelgange en vinnige
                         dehidrering gekenmerk word                                                (10)

 1.4       KEUSE

           Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Skryf slegs
           die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.3) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.4 E.

                     A                     B                   C                 D

           1.4.1         EEN area wat slegs nie-inkomsteskeppend is                                (1)

           1.4.2         TWEE areas wat slegs inkomsteskeppend is                                  (2)

           1.4.3         EEN area wat beide inkomste- en nie-inkomsteskeppend is                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Gasvryheidstudies                            8                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

1.5       VOLGORDE

          Herrangskik die VYF stappe om 'n crème anglaise in die doeltreffendste
          volgorde te berei. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommer (1.5) in
          die ANTWOORDEBOEK neer.

          A    Klits die eiergele en suiker in 'n mengbak tot liggeel en dik.
          B    Verhit die eiergeel-en-melkmengsel totdat die mengsel dik genoeg is om
               die agterkant van 'n lepel te bedek.
          C    Skei die eiergele van die eierwitte.
          D    Gooi die mengsel terug in die dubbelkoker.
          E    Gooi verhitte melk geleidelik by die eiergeelmengsel terwyl dit met 'n
               ballonklitser geklits word.                                                     (5)

 1.6       KEUSE

          Kies VYF korrekte prosedures van die silwerbediening van brood uit die lys
          hieronder. Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

           A   Broodmandjie word op die palm van die regterhand gehou.
           B   Bedien ná die hoofgereg.
           C   Bedien in 'n antikloksgewyse volgorde.
           D   Vind vanaf die linkerkant van die gas plaas.
           E   Plaas die mandjie in die middel van die tafel.
           F   Die botterpotjie moet in die linkerhand gedra word.
           G   Bedien die gasheer eerste.
           H   Gaste kan hulleself help.
           I   Gebruik 'n lepel en 'n vurk om die brood oor te dra.
           J   Bedien dames voor mans.                                                         (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Gasvryheidstudies                             9                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING B:         KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
 VRAAG 2
 2.1       Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Sam, 'n ervare sjef, is dikwels siek wat sy werk negatief beïnvloed. Hy is met
           MIV gediagnoseer en omdat hy vir die stigma bang is, besluit hy om sy status
           geheim te hou. Sy afwesigheid van die werk by tye plaas druk op sy kollegas.

           2.1.1      Bespreek     hoe Sam       se   afwesigheid van     die werk
                      personeelproduktiwiteit en die besigheidsbedrywighede van die
                      hotel beïnvloed.                                                          (3)
           2.1.2      Regverdig waarom Sam nie as gevolg van sy MIV-status verhoed
                      mag word om te werk nie.                                                  (2)
 2.2       Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Mnr. Smith en sy gesin het 'n bespreking by die Earthland Hotel gemaak deur
           die aanlyn besprekingstelsel te gebruik.

           2.2.1      Verduidelik die voordele van die gebruik van die aanlyn
                      besprekingstelsel vir die Smith-gesin.                                    (4)
           2.2.2      Beskryf hoe rekenaars die proses om by aankoms in te teken,
                      fasiliteer.                                                               (3)
 2.3       Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Levile het na musiek op sy selfoon geluister terwyl hy by die Maples Restaurant
           geëet het. Nadat hy die restaurant verlaat het, het hy besef dat hy sy oorfone
           verloor het. Jacob, die kelner wat vir sy tafel verantwoordelik was, het die
           oorfone gevind en besluit om dit te hou. Levile het na die restaurant
           teruggekeer om daarna te soek. Jacob het ontken dat hy iets gesien het. Hy
           was ongeskik en onwillig om te help.

           2.3.1      Kritiseer Jacob se professionele werksetiek.                              (4)

           2.3.2      Lewer kommentaar op Jacob se gedrag en die impak wat dit op die
                      winsgewendheid van die restaurant sal hê.                                 (4)
                                                                 TOTAAL AFDELING B:             20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Gasvryheidstudies                           10                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING C:         VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

 VRAAG 3

 3.1      Bestudeer die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die Gasvryheidstudies-leerders van                  SPYSKAART
          Hoërskool Berlin moet 'n korporatiewe
          skemerkelkgeselligheid vir gaste in die        Gerookte Salm-canapés
          skool se restaurant beplan en aanbied.           Mini-bieftoebroodjies
          Die geselligheid sal van 18:00 tot 20:00      Spekgevulde Sampioene
          duur. Die leerders sal vir spyskaart-             Mini-vrugtestokkies
          beplanning en voorbereiding van die                Sjokoladetruffels
          lokaal verantwoordelik wees.
                                              KOSTE
          Koste van geregte:                       Oorhoofse koste: R150,00
          • Gerookte Salm-canapés: R500,00
          • Mini-bieftoebroodjies: R640,00         Arbeid: R100,00 per uur vir
          • Spekgevulde Sampioene: R500,00 twee skoonmakers
          • Mini-vrugtestokkies: R360,00
          • Sjokoladetruffels: R450,00

          3.1.1       Bepaal wanneer die skemerkelkhappies vir bediening gereed moet
                      wees.                                                                   (1)

           3.1.2      Regverdig waarom die happies in die spyskaart vir bediening by 'n
                      skemerkelkgeselligheid geskik is.                                       (3)

           3.1.3      Evalueer die keuse van ELK van die skemerkelkhappies vir 'n
                      Hindoe-gas.                                                             (5)

           3.1.4      Beskryf   hoe     die   leerders   die    restaurant    vir    die
                      skemerkelkgeselligheid moet voorberei.                                  (4)

 3.2       3.2.1      Bereken die voedselkoste van die skemerkelkgeselligheid. Toon
                      ALLE berekeninge.                                                       (2)

           3.2.2      Bereken die verkoopprys van die skemerkelkgeselligheid deur 'n
                      voedselkostepersentasie van 40% te gebruik. Toon ALLE formules
                      en berekeninge.                                                         (3)

           3.2.3      Bereken die netto wins. Toon ALLE formules en berekeninge.              (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Gasvryheidstudies                           11                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 3.3       Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Thandeka koop een liter-sakkies vars melk by 'n supermark.

           3.3.1     Beskryf die preserveermetode wat vir die melk in die sakkies gebruik
                     word.                                                                     (2)

           3.3.2     Stel TWEE ander metodes voor wat gebruik kan word om melk vir
                     'n maand of langer te preserveer. Onderskei tussen die twee
                     metodes. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                                        A                      B
                     Preserveermetodes                         (1)                     (1)
                     Onderskei                                 (2)                     (2)     (6)

 3.4       Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           In baie lande is daar 'n toename van mense wat 'n veganistiese dieet volg.
           Die belangrikste gesondheidsbekommernis vir veganiste is egter hoe om
           voldoende nutriënte by hulle diëte in te sluit. Die oplossing is om 'n
           verskeidenheid plantgebaseerde produkte soos grane, neute, sade en droë
           peulgroente by hulle diëte in te sluit.

           3.4.1     Stel TWEE peulgroentes voor wat by 'n veganistiese dieet ingesluit
                     kan word.                                                                 (2)

           3.4.2     Motiveer waarom die gewildheid van veganisme in baie lande
                     toeneem.                                                                  (4)

           3.4.3     Regverdig waarom die insluiting van neute en sade by die
                     veganistiese dieet voedingsvoordele inhou.                                (4)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Gasvryheidstudies                            12                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 4

 4.1       Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           HERTZOGGIES
            'n Sjef berei Suid-Afrikaanse konfytgevulde tertjies met 'n klapper-meringue-
                                               bolaag.

           4.1.1     Identifiseer die soort pasteideeg wat in die bereiding van die
                     Hertzoggies gebruik is.                                                     (1)

           4.1.2     Noem die meel-tot-botter-verhouding vir die pasteideeg wat in
                     VRAAG 4.1.1 geïdentifiseer is.                                              (1)

           4.1.3     Motiveer waarom die toepassing van die volgende tegnieke 'n
                     suksesvolle produk sal verseker:

                     (a) Sny botter met 'n deegsnyer in                                          (2)

                     (b) Laat deeg in yskas rus voordat dit uitgerol word                        (2)

                     (c) Prik deeg voordat dit gebak word                                        (1)

 4.2       Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                     Aarbeijellie

                                                                     Crème Pâtissière

                                                                      Vanieljesponskoek

                             KOEKSTRUIFLAE MET STYL ('TRIFLE')

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Gasvryheidstudies                            13                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

           4.2.1     Klassifiseer die nagereg.                                                    (1)
           4.2.2     Bespreek TWEE korrekte metodes om die gelatien te dispergeer wat
                     in die bereiding van die aarbeijellie gebruik is.                            (2)
           4.2.3     Regverdig waarom die sjef die aarbeijellie moet los om tot die
                     konsistensie van eierwit te verdik voordat die aarbeie bygevoeg
                     word.                                                                        (1)
           4.2.4     Beveel bergingsriglyne vir die koekstruif aan indien dit nie op die dag
                     wat dit berei word, bedien word nie.                                         (4)
           4.2.5     Motiveer waarom die crème pâtissière toegelaat moet word om te
                     kook tydens gaarmaak.                                                        (2)
           4.2.6     Redeneer of melksjokolade 'n goeie keuse vir die maak van
                     sjokoladeversierings vir die koekstruif is.                                  (3)
 4.3       Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
           FRANSE KRULLERS
           Lewer: 15

           Bestanddele
           250 mℓ warm water
           115 g botter
           24 g suiker
           250 mℓ meel
           1 mℓ sout
           4 eiers

          Metode
          1. Voeg die botter en suiker by die warm water en verhit totdat die botter
             gesmelt het.
          2. Sodra die water begin kook, voeg dadelik die meel en sout by.
          3. Roer met 'n houtlepel totdat die mengsel 'n pasta vorm en wegtrek van die
             kante van die kastrol.
          4. Laat die mengsel afkoel. Voeg eiers een vir een by, klop goed ná elke
             byvoeging.
          5. Spuit sirkels op individuele stukkies waspapier.
          6. Verhit olie in 'n kastrol en laat die krullers in die olie ingly.
          7. Braai tot goudbruin en dreineer op absorbeerpapier.
           4.3.1     Voorspel die uitkoms van die Franse krullers indien die water
                     gedurende Stap 2 vir 5 minute kook.                                          (2)
           4.3.2     Verduidelik waarom ekstra meel NIE by die pasta in Stap 3 gevoeg
                     moet word NIE.                                                               (2)
           4.3.3     Lewer kommentaar op die voordele daarvan om die aksies in Stap 4
                     te volg.                                                                     (2)

           4.3.4     Motiveer waarom die rou Franse kruller-sirkels NIE tydens die
                     braaiproses in koue olie geplaas moet word NIE.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Gasvryheidstudies                           14                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 4.4       Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     T-BEENBIEFSTUK                           KOEDOEFILET
                       (AAA-rolmerk)                        (Geen rolmerk nie)

           4.4.1      Noem die vleissnit waaruit die T-beenbiefstuk verkry word.                (1)

           4.4.2      Onderskei tussen 'n T-beenbiefstuk en 'n Porterhouse-biefstuk.            (2)

           4.4.3      Beveel die geskikste gaarmaakmetode vir die T-beenbiefstuk aan.
                      Motiveer jou antwoord.                                                    (2)

           4.4.4      Vergelyk die eienskappe van die koedoefilet met dié van die
                      T-beenbiefstuk onder die volgende opskrifte. Tabuleer jou antwoord
                      soos volg:

                                      T-BEENBIEFSTUK                KOEDOEFILET
                      Marmering
                      Vet
                      Been                                                                      (6)

           4.4.5     Stel TWEE bereidingstegnieke voor wat op die koedoefilet toegepas
                     kan word om te verseker dat dit sappig en geurig is.                       (2)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Gasvryheidstudies                           15                        DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
             VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

 VRAAG 5

 5.1       Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   MANDY EN PHUMI SE SOET- EN SOUTPEUSELGENOTJIES
           Mandy en Phumi het hulle klein
           besigheid met 'n voedselstalletjie
           by     'n   kosmark       begin,    met
           300 peuselkoppies wat elke Saterdag
           uitverkoop. Hulle het tans drie
           personeellede in diens wat uit twee
           sjefs en een kassier bestaan. Die
           aanvraag na soet- en southappies
           neem toe. Die dames beplan om in
           2026 hulle besigheid uit te brei deur na
           hulle eie perseel te verhuis en meer
           personeel in diens te neem.

           Hulle projekteer dat hulle minstens
           1 100 peuselkoppies per maand moet
           verkoop om hulle besigheid uit te brei.

           Tans is die inkomste R90 000 per
           maand waarvan R60 000 vir die
           uitgawes van die besigheid toegeken
           word.

           Help Mandy en Phumi om die inligting wat in 'n basiese besigheidsplan vereis
           word, te voltooi. Skryf slegs die antwoorde langs die vraagnommers
           (5.1.1 tot 5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           Naam van besigheid:      5.1.1                                           (1)
           Besigheidskorttermyndoelwitte:
           5.1.2                                                                    (2)
           Posbeskrywings:
           5.1.3                                                                    (2)
           Kontantvloei-analise:
           5.1.4                                                                    (2)
                                                                                              (7)

           5.1.5     Gebaseer op die gelykbreek-analise, voorspel of Mandy en Phumi
                     se besigheid genoeg wins sal maak om hulle besigheid uit te brei.        (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Gasvryheidstudies                                16                          DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 5.2      Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    BREW AND LIVE CAFÉ
                    Spesiale aanbieding: Koop 1 cappuccino, kry 1 GRATIS.
                         Beskikbaar elke Maandag en Woensdag van
                                        08:00 tot 11:00.
                              Elfin Glen-weg 2, Nahoonvalleipark
                          Volg ons op Instagram @Brew & Live Cafe

          5.2.1        Bepaal die teikenmark van die Brew and Live Café.                             (1)

          5.2.2        Identifiseer en beskryf die 4 P's van die bemarkingsmengsel wat
                       deur Brew and Live Café toegepas word.                   (4 x 2)              (8)

          5.2.3        Bespreek hoe Brew and Live Café, as 'n klein besigheid, tot die
                       ekonomie van die land sal bydra.                                              (4)

 5.3      Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                            WERKSGELEENTHEID

                             DOEN NOU
                          AANSOEK!! SLUIT
                         BY ONS DINAMIESE               AYA
                             SPAN AAN                  HOTEL

                                                                           SLUITINGS-
                                                                             DATUM
                                                                           25/11/2025

                       Aya Hotel is op soek na 'n rekenmeester om dadelik te begin.

                       Stuur 'n 2 bladsy-CV na Ayahotel@123456.com
                       Kontakbesonderhede: 077 246 8101
                       Onderhoudstipe: Virtueel

          5.3.1        Noem die afdeling by die Aya Hotel waarvoor die vakante pos
                       geadverteer word.                                                             (1)

          5.3.2        Maak 'n lys van DRIE pligte wat die suksesvolle kandidaat sal
                       uitvoer.                                                                      (3)

          5.3.3        Bespreek die onderlinge verhouding tussen die menslike-
                       hulpbronafdeling en die afdeling wat in VRAAG 5.3.1 genoem is.                (4)
                                                                                                     [30]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Gasvryheidstudies                             17                              DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 6

 6.1      Bestudeer die wynetikette hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                           BHUBHU WYN
               Sedert                       2019

                                                                     PREMIUM WINE

                   MIA'S PEAK                                       SHIRAZ

                             2022                                    1998
                                                                   ROBERTSON
                        CHENIN BLANC                      BESTANDDELE PLAASLIK VERKRY

                         SWARTLAND
                         SUID-AFRIKA

                            WYN A                                    WYN B

           6.1.1        Onderskei tussen die twee soorte wyn. Tabuleer jou antwoord soos
                        volg:

                                                          WYN A                      WYN B
                        Oesjaar
                        Kultivar
                        Bedieningstemperatuur                                                            (6)

           6.1.2        Bespreek die prosedure wat die kelner moet volg nadat Wyn A in die
                        gaste se glase geskink is.                                                       (1)

 6.2      Beskryf die stappe wat gevolg moet                word    wanneer          eetgerei    vir
          restaurantbediening skoongemaak word.                                                          (3)

 6.3      Verduidelik die prosedure wat die kelner moet volg wanneer daar tydens 'n
          formele viergang-ete afgekrummel moet word.                                                    (4)

 6.4      Bespreek die KORREKTE manier waarop 'n kelner 'n gas moet hanteer wat
          flirterende opmerkings maak.                                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Gasvryheidstudies                            18                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 6.5      Bespreek die funksie van die diendoek in die prentjie hieronder.

                                                                                                  (2)

 6.6      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           6.6.1     Identifiseer die toerusting.                                                 (1)

           6.6.2     Beoordeel of die toerusting in die geval van 'n kragonderbreking
                     geskik sal wees om crêpes Suzette te maak.                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Gasvryheidstudies                           19                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 6.7       Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               'ELDERFLOWER'-KOGGELKELKIE
                                       ('MOCKTAIL')

           6.7.1     Identifiseer die tegniek wat gebruik is om die 'Elderflower'-
                     koggelkelkie ('mocktail') voor te berei.                               (1)

           6.7.2     Beskryf die algemene reëls vir die bereiding van die koggelkelkie.     (4)

           6.7.3     Evalueer die geskiktheid van die bediening van die 'Elderflower'-
                     koggelkelkie by 'n 'Sweet 16'-verjaarsdagpartytjie.                    (2)
                                                                                            [30]

                                                                TOTAAL AFDELING D:          60
                                                                    GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2022-afr/eae87682-66dc-4167-91a7-73f764436aee) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2022-eng/3a744da2-71a9-4dc3-91e2-402735b96a82) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2021-eng/6903e692-7d42-4fe0-91c1-b1a8137ab3ef) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2021-afr/669c2f5b-dea9-4012-9786-da8605e45702) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-english/cf2432c3-f006-477b-9a08-87efec8d6320) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
