# Information Technology Grade 12 P1 Supplementary 2015 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-information-technology-2015-supplementary-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/8d7201b4-92cc-4710-8c7d-2625c46bc1e0
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 Supplementary 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-information-technology-2015-supplementary-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/8d7201b4-92cc-4710-8c7d-2625c46bc1e0)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Supplementary Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                          FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Inligtingstegnologie/V1                  2                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel is in DRIE afdelings verdeel. Kandidate moet AL DRIE afdelings
       beantwoord.

2.     Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
       eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die
       eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.     Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie
       programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
       gebruik)).

4.     Maak seker dat jy die vrae volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee
       word, beantwoord. Punte sal slegs volgens die voorgeskrewe vereistes
       toegeken word.

5.     Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
       datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.     Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie
       net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die
       vraestel verskyn nie.

7.     Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet uit eerste beginsels ontwikkel
       word. Jy mag nie die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal vir enige
       van hierdie roetines gebruik nie.

8.     Alle datastrukture moet deur jou as programmeerder verklaar word. Jy mag nie
       komponente wat in die koppelvlak voorsien is, gebruik om data te stoor en later
       weer op te roep nie.

9.     Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket wat aan jou gegee is of op die
       skyfspasie wat aan jou vir hierdie eksamen toegeken is.

10.    Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
       wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.    Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die
       programme/klasse wat jy voltooi het. Jy sal 'n halfuur tyd vir drukwerk gegun
       word na die eksamensessie.

12.    Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
       geheuestokkie met al jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak
       dat jou werk op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken
       is, gestoor is. Maak seker dat alle lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Inligtingstegnologie/V1                  3                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS

13.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
       disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is in
       die vorm van 'n wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêer:

        •   Delphi-leerders moet die lêer DelphiDataAFR.exe gebruik.
        •   Java-leerders moet die lêer JavaDataAFR.exe gebruik.

       Doen die volgende:

        •   Dubbelklik op die lêer.
        •   Klik op die 'extract'-knoppie.
        •   Sleutel die volgende wagwoord in: ProperTies87&%

       Wanneer die lêer onttrek is, sal die volgende lys van lêers in die
       DelphiDataAFR/JavaDataAFR-lêergids beskikbaar wees:

       Delphi-lêers                             Java (Netbeans)-lêers

       Vraag1:                                  Vraag1:
       Vraag1_P.dpr                             meter1.png
       Vraag1_P.res                             Vraag1.form
       Vraag1_U.dfm                             Vraag1.java
       Vraag1_U.pas

       Vraag2:                                  Vraag2:
       Abdul Brouwer.txt                        Abdul Brouwer.txt
       HuisLening_U.pas                         Paula Redhat.txt
       Paula Redhat.txt                         Xavier Outland.txt
       Vraag2_P.dpr
       Vraag2_P.res                             HuisLening.java
       Vraag2_U.dfm                             Vraag2.form
       Vraag2_U.pas                             Vraag2.java
       Xavier Outland.txt

       Vraag3:                                  Vraag3:
       Vraag3_P.dpr                             Vraag3.form
       Vraag3_P.res                             Vraag3.java
       Vraag3_U.dfm                             VulSkikkings.java
       Vraag3_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Inligtingstegnologie/V1                     4                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

SCENARIO

Jy is by ʹn maatskappy wat eiendomme koop, opknap en verkoop, as ʹn sagteware-
ontwikkelaar in diens geneem.

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                          Java-programmeerders
•    Die projek Vraag1 is in die Delphi-         •   Die projek Vraag1 is in die Netbeans-
     lêergids voorsien.                              lêergids voorsien.

•    Maak die onvoltooide projeklêer             •   Maak die onvoltooide klas met die
     Vraag1_P.dpr in die Vraag1-lêergids             naam Vraag1.java in die lêergidse
     oop.                                            Source Packages (src) en
                                                     Vraag1Package oop.

•    Voeg jou eksamennommer as                   •   Voeg jou eksamennommer as
     kommentaar in die eerste reël van die           kommentaar in die eerste reël van die
     hoofvormeenheid Vraag1_U.pas by.                klas Vraag1.java by.

Doen die volgende:
•    Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon drie verskillende
     oortjies (ʹtabsʹ), naamlik Advertensie, Woonkamer-opknapping en Water en
     elektrisiteit.

    Voorbeeld van die oortjies (ʹtabsʹ):

•    Voltooi die kode vir elke oortjie (ʹtabʹ) soos wat dit in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.3
     beskryf word.

    LET WEL: VRAAG 1.1 verwys na die Advertensie-oortjie (ʹtabʹ).
             VRAAG 1.2 verwys na die Woonkamer-opknapping-oortjie (ʹtabʹ).
             VRAAG 1.3 verwys na die Water en elektrisiteit-oortjie (ʹtabʹ).

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Inligtingstegnologie/V1                     5                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

1.1      Koppelvlak vir die Advertensie-oortjie (ʹtabʹ)

         LET WEL:         Die markwaarde van ʹn eiendom is die munisipale waarde
                          waarvoor die eiendom gewaardeer is.

                          Die verkoopprys van ʹn eiendom is die waarde van die verkoop
                          van die eiendom.

         [Knoppie – Genereer advertensie]

         Skryf kode om die volgende te doen:

         •    Gebruik inligting uit die teksblokkies (ʹtext boxesʹ) wat voorsien is om 'n
              advertensie in die volgende formaat saam te stel:

             Huis te koop:
             <verkoopprys>#<getal slaapkamers>Bed#<getal badkamers>Bad#

              Gebruik die volgende inligting om die advertensie saam te stel:

              o    Die verkoopprys wat in die advertensie voorkom, moet met ʹn
                   geldeenheid geformateer wees. Moenie enige desimale waardes
                   vertoon nie.
              o    As die Swembad-merkblokkie (ʹcheck boxʹ) geselekteer is, moet die
                   teks ʹSwembad#ʹ by die advertensie se teks gevoeg word.
              o    As die verkoopprys van die eiendom minder as die markwaarde is,
                   moet die woord ʹWinskoopʹ by die advertensie se teks gevoeg word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Inligtingstegnologie/V1                     6                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

         •    Vertoon die inligting van die advertensie in die afvoer-area wat voorsien is.
         Voorbeelde van saamgestelde advertensies:
         Voorbeeld 1:     As die markwaarde van die eiendom R950 000 is, die
                          verkoopprys R850 000 is en die huis drie slaapkamers, twee
                          badkamers en ʹn swembad het, moet die advertensie soos volg
                          vertoon:

                                     Huis te koop:
                                     R850000#3Bed#2Bad#Swembad#Winskoop

         Voorbeeld 2:     As die markwaarde van die eiendom R750 000 is, die
                          verkoopprys R800 000 is en die huis twee slaapkamers, een
                          badkamer en geen swembad het nie, moet die advertensie
                          soos volg vertoon:

                                                                                                   (11)

1.2      Koppelvlak van die Woonkamer-opknapping-oortjie (ʹtabʹ)

         Skryf kode om die volgende te doen:

         1.2.1     [Radioknoppie – Verfwerk]
                   As die Verfwerk-radioknoppie (ʹradio buttonʹ) geselekteer is, gebruik ʹn
                   veranderlike om die tipe opknapping as die karakter V te stoor.                 (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Inligtingstegnologie/V1                       7                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

         1.2.2     [Radioknoppie – Teëlwerk]

                   As die Teëlwerk-radioknoppie (ʹradio buttonʹ) geselekteer is, gebruik ʹn
                   veranderlike om die tipe opknapping as die karakter T te stoor.                    (1)

         1.2.3     [Knoppie – Bereken en vertoon opknappingskoste]

                   Die gebruiker moet die getal vierkante meter wat opgeknap moet
                   word, as ʹn heelgetal insleutel en die tipe opknapping wat gedoen
                   moet word, kies. Die koste van elke tipe opknapping moet bereken
                   word soos hieronder verduidelik.

                   (a) As die tipe opknapping Verfwerk is, gebruik die volgende inligting
                       om te bereken hoeveel verf benodig word, asook die totale koste:

                          •   Een liter verf word gebruik om ʹn oppervlakte van agt
                              vierkante meter te verf.
                          •   Die prysstruktuur van verf per drom is soos volg:

                              o   1 liter-drom R 55.50
                              o   2 liter-drom R 92.30
                              o   5 liter-drom R 199.00

                          Vertoon die berekende waardes in die afvoerarea wat voorsien is
                          en gebruik die volgende formaat:

                          Oppervlakte: <oppervlakte> vierkante meter
                          Volume verf wat benodig word: <volume> liter

                          1 liter-dromme:   <getal 1 liter-dromme>
                          2 liter-dromme:   <getal 2 liter-dromme>
                          5 liter-dromme:   <getal 5 liter-dromme>

                          Totale koste: <Totale koste van verf>

                          Die totale koste moet vertoon word, afgerond tot twee desimale
                          plekke.

                          Voorbeeld: As die oppervlakte wat ingesleutel is, 148 m2 is, sal
                                     die afvoer soos volg wees:

                                      Oppervlakte: 148 vierkante meter
                                      Volume verf wat benodig word: 18.5 liter

                                      1 liter-dromme:     0
                                      2 liter-dromme:     2
                                      5 liter-dromme:     3

                                      Totale koste: R 781.60                                          (17)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Inligtingstegnologie/V1                       8                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

                   (b) As die tipe opknapping Teëlwerk is, moet ʹn dialoogblokkie
                       (ʹdialog boxʹ) gebruik word om die gebruiker toe te laat om die
                       koste van teëlwerk per vierkante meter in te sleutel. Voeg vyf
                       vierkante meter by die vierkantemeter-waarde wat ingesleutel is
                       om vir breekskade voorsiening te maak en bereken dan die koste.
                       Vertoon die oppervlakte wat geteël moet word in vierkante meter.
                       Die totale koste moet vertoon word, afgerond tot twee desimale
                       plekke.

                           Voorbeeld: As ʹn oppervlakte van 100 m2 ingesleutel is en die
                                      koste om te teël R50,00 per vierkante meter is, sal
                                      die volgende vertoon word:

                                      Oppervlakte: 100 vierkante meter
                                      Totale koste: R 5250.00                                         (6)

1.3      Koppelvlak vir Water en elektrisiteit-oortjie (ʹtabʹ)

         Skryf kode om die volgende te doen:

         1.3.1     [Knoppie – Bereken bedrag verskuldig]

                   Die vorige lesing vir elektrisiteit wat gebruik is, is as ʹn heelgetal in ʹn
                   teksblokkie (ʹtext boxʹ) voorsien. Die gebruiker moet die huidige lesing
                   as 'n heelgetal in ʹn teksblokkie (ʹtext boxʹ) insleutel.

                   •      As die huidige lesing wat deur die gebruiker ingesleutel word,
                          minder as die vorige lesing is, vertoon ʹn geskikte boodskap en
                          maak die teksblokkie (ʹtext boxʹ) met die huidige lesing skoon.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Inligtingstegnologie/V1                         9                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

                   •      As die huidige lesing gelyk is aan of groter is as die vorige lesing,
                          gebruik die volgende tariewe om die bedrag verskuldig vir
                          elektrisiteit wat gebruik is, te bereken:

                          Eenhede          Tariewe
                          0–600            R1,00 per eenheid
                          >600             R600 + R1,50 per eenheid vir alle eenhede
                                           wat 600 oorskry

                   •      Vertoon die bedrag in die byskrif (ʹlabelʹ) wat voorsien is, in ʹn
                          formaat wat ʹn geldeenheid korrek tot twee desimale plekke insluit.

                   Voorbeeld:

                                                                                                      (11)

         1.3.2     [Knoppie – Lys geisers]

                   In ʹn poging om elektrisiteit te bespaar word songeisers as ʹn
                   moontlikheid ondersoek. Drie groottes songeisers is beskikbaar op
                   grond van hulle kapasiteit in liter. Daar word van die gebruiker verwag
                   om een van die drie groottes in te sleutel: 50 (liter), 100 (liter) of 150
                   (liter).

                   ʹn Skikking wat stringe teks bevat wat elk 'n tipe geiser beskryf, word
                   as deel van die gegewe kode voorsien.

                   Die beskrywing van elke tipe geiser begin met die kapasiteit van die
                   geiser in liter, gevolg deur ʹn aandagstreep en die handelsnaam van
                   die geiser.

                   Voorbeeld: Die geiser wat as ʹ50-Small Wonderʹ beskryf word, kan
                              50 liter water hou en die handelsnaam van die geiser is
                              ʹSmall Wonderʹ.
                   Skryf kode om die tipes geisers te vertoon in die skikking wat
                   ooreenstem met die kapasiteit wat deur die gebruiker ingesleutel is
                   wanneer die Lys geisers-knoppie (ʹbuttonʹ) geklik word. Geen
                   validering van die invoerwaarde word vereis nie.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Inligtingstegnologie/V1                    10                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

                   Voorbeeld: Lys van geisers as die waarde 50 ingesleutel word:

                                                                                                (6)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
•   Stoor jou program.
•   'n Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING A:              53

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Inligtingstegnologie/V1                     11                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Kliënte wat eiendomme wil koop, doen gewoonlik aansoek vir huislenings. Die
volgende inligting oor aansoeke wat ingedien is, word gewoonlik vereis:

•   Kwalifiseer die aansoeker vir 'n huislening?
•   Wat is die status van die aansoek, gebaseer op die duur van die lening in jaar en
    die rentekoers?
•   Wat is die bedrag van die paaiement wat elke maand terugbetaalbaar moet word?

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                       Java-programmeerders
•    Die projek Vraag2 is in die Delphi-     •   Die projek Vraag2 is in die Netbeans-
     lêergids voorsien en bevat:                 lêergids voorsien en bevat:
    o    'n Hoofvormlêer met die naam            o   'n GGK ('GUI') -klaslêer met die
         Vraag2_U.pas                                naam Vraag2.java
    o    'n Onvoltooide eenheidlêer met          o   'n Onvoltooide objekklas met die
         die naam HuisLening_U.pas                   naam HuisLening.java
    o    'n Tekslêer vir elke aansoeker          o   'n Tekslêer vir elke aansoeker

•    Maak die onvoltooide projeklêer met     •   Maak die onvoltooide lêer met die
     die naam Vraag2_P.dpr in die                naam Vraag2.java en
     Vraag2-lêergids oop.                        Huislening.java in die lêergidse
                                                 Source Packages (src) en
                                                 Vraag2Package oop.

•    Besigtig ('View') (Ctrl+F12) die        •   Voeg jou eksamennommer as
     eenheidlêer HuisLening_U.pas en             kommentaar in die eerste reël van die
     voeg jou eksamennommer as                   klasse Vraag2.java en
     kommentaar in die eerste reël van           HuisLening.java by.
     beide eenheidlêers Vraag2_U.pas en
     HuisLening_U.pas by.

Doen die volgende:
•    Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

     Voorbeeld van die koppelvlak (sien volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Inligtingstegnologie/V1                      12                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

•     Voltooi die kode soos wat dit in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word om
      funksionaliteit aan die program te gee.

2.1      Voltooi die kode in die huisleningklas THuisLening/HuisLening soos hieronder
         beskryf:

         2.1.1     Skryf kode om die volgende vyf attribute by die klas te voeg:

                                                          Name van attribute
         Beskrywing
                                                     Delphi                Java
         Naam van aansoeker                   fAansoekerNaam       aansoekerNaam
         Besteebare inkomste                  fBesteebareInkomste besteebareInkomste
         Huisleningbedrag waarvoor
                                              fLeningBedrag             leningBedrag
         aansoek gedoen is
         Getal jaar om huislening terug
                                              fJare                     jare
         te betaal
         Rentekoers                           fRentekoers               rentekoers                   (4)

         2.1.2     Skryf kode om ʹn konstruktor             te   skep   wat    die    volgende
                   parameterwaardes ontvang:

                             naam van aansoeker
                             besteebare inkomste
                             leningbedrag waarvoor aansoek gedoen is

                   Inisialiseer die relevante attribute deur die parameterwaardes te gebruik.
                   Inisialiseer die attribute vir die getal jaar en die rentekoers na 0.             (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Inligtingstegnologie/V1                      13                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

         2.1.3       Skryf ʹn toegangsmetode (ʹaccessor methodʹ) vir die naam van die
                     aansoeker.                                                                    (2)

         2.1.4       Skryf wysigingsmetodes (ʹmutator methodsʹ) vir die attribute Jare en
                     Rentekoers.                                                                   (4)

         2.1.5       ʹn Metode met die naam berekenPaaiement is voorsien.
                     Dekommenteer ('Uncomment') die kode wat die maandelikse
                     paaiemente bereken sodat die metode funksioneel gemaak word.                  (1)

         2.1.6       Skryf kode vir ʹn metode met die naam isGoedgekeur wat ʹn Boolese
                     waarde, wat aandui of die huislening goedgekeur is of nie, sal
                     terugstuur.
                     ʹn Huislening sal slegs goedgekeur word as daar aan die volgende
                     kriteria voldoen word:
                     •    Lenings van meer as R800 000 moet oor ʹn tydperk van meer as
                          20 jaar (25 of 30 jaar) terugbetaal word.
                     •    Die maandelikse besteebare inkomste van ʹn aansoeker wat vir ʹn
                          lening van tot R600 000 aansoek doen, moet ten minste 130%
                          van die maandelikse paaiemente wees.                                     (9)

         2.1.7       Skryf kode om ʹn toString-metode te skep om ʹn string terug te stuur
                     wat soos volg geformateer is:

                     Naam van aansoeker: <aansoeker se naam>
                     Besteebare inkomste: <besteebare inkomste>
                     Leningbedrag: <leningbedrag>
                     Getal jaar: <getal jaar>
                     Rentekoers: <rentekoers> %                                                    (5)

2.2      Jy is voorsien van drie tekslêers wat elk inligting oor 'n ander
         huisleningaansoek bevat. Die naam van elke tekslêer is die naam van die
         aansoeker.

         Voorbeeld: As die aansoeker se naam ʹAbdul Brouwerʹ is, is die naam van die
                    tekslêer Abdul Brouwer.txt.
         Elke tekslêer bevat vier reëls met inligting oor 'n aansoeker vir ʹn huislening in
         die volgende formaat:
         <naam en van van aansoeker>
         <maandelikse inkomste>
         <maandelikse uitgawes>
         <huisleningbedrag waarvoor aansoek gedoen is>
         Inhoud van die drie tekslêers vir elk van die volgende aansoekers:
         Abdul Brouwer, Paula Redhat en Xavier Outland
         Abdul Brouwer               Paula Redhat              Xavier Outland
         28000                       25785                     44741
         12500                       11190                     20384
         750000                      888000                    978000

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Inligtingstegnologie/V1                        14                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

         Die GGK ('GUI') is voorsien van die name van die verskillende aansoekers wat
         gestoor is in die kombinasielys (ʹcombo boxʹ) wat voorsien is. ʹn Objek van die
         THuisLening/HuisLening-klas is globaal verklaar.

         2.2.1       [Knoppie – Vind aansoeker]

                     Die gebruiker moet die naam van ʹn aansoeker uit die kombinasielys
                     (ʹcombo boxʹ) kies.

                     Skryf kode om die volgende te doen:

                     •    Toets of ʹn aansoeker gekies is of nie en vertoon ʹn geskikte
                          boodskap.

                     •    Toets of ʹn tekslêer met die aansoeker se naam bestaan of nie, en
                          vertoon ʹn geskikte boodskap wat die naam van die aansoeker
                          insluit, en of ʹn aansoek ingedien is of nie.

                          o   As ʹn tekslêer nie gevind word vir die aansoeker wat in die
                              kombinasielys (ʹcombo boxʹ) gekies is nie, is geen aansoek
                              vir ʹn huislening ingedien nie.

                              Voorbeeld van afvoer van ʹn huisleningaansoek deur John
                              Smith wat nie ingedien is nie:

                           Geen huisleningaansoek is deur John Smith
                           ingedien nie.

                              As ʹn huisleningaansoek nie ingedien is nie, maak die
                              ʹEvalueer aansoekʹ-knoppie (ʹbuttonʹ) onaktief.

                          o   As ʹn tekslêer met die aansoeker se naam bestaan (ingedien
                              is), doen die volgende:

                              -   Lees die inkomste, uitgawes en leningbedrag uit die
                                  tekslêer.
                              -   Bereken die besteebare inkomste deur die uitgawes van
                                  die inkomste af te trek.
                              -   Instansieer ʹn THuisLening/HuisLening-objek vir die
                                  aansoeker.
                              -   Maak die ʹEvalueer aansoekʹ-knoppie (ʹbuttonʹ) aktief.              (18)

         2.2.2       [Knoppie – Evalueer aansoek]

                     Die gebruiker moet die getal jaar vir die lening om terugbetaal te
                     word, kies uit die kombinasielys (ʹcombo boxʹ) wat voorsien is en die
                     rentekoers in die teksblokkie wat vir hierdie doel voorsien is, insleutel.

                     Skryf kode om die volgende te doen:

                     •    Gebruik die wysigingsmetodes en die inligting wat deur die
                          gebruiker voorsien is om die toepaslike attribute van die
                          huisleningsobjek van die aansoeker op te dateer.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Inligtingstegnologie/V1                       15                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

                     •    Toets of die lening goedgekeur is (aan die vereistes voldoen het)
                          of nie.

                          o   As die lening goedgekeur is, vertoon die besonderhede van
                              die leningaansoek in die afvoerarea deur die toString-
                              metode te gebruik. Vertoon ʹn boodskap met die volgende
                              formaat:

                              Lening GOEDGEKEUR met ʹn maandelikse paaiement van
                              <maandelikse paaiement>

                              Voorbeeld       van    afvoer    vir die  goedgekeurde
                              huisleningaansoek deur Abdul Brouwer vir R750 000 oor
                              20 jaar teen ʹn rentekoers van 9%:

                              Naam van aansoeker: Abdul Brouwer
                              Besteebare inkomste: R 15500.00
                              Leningbedrag: R 750000.00
                              Getal jaar: 20
                              Rentekoers: 9.0%

                              Lening GOEDGEKEUR met ʹn maandelikse paaiement
                              van R 6847.00

                          o   As die huislening nie goedgekeur is nie, vertoon die
                              aansoeker se naam en van en ʹn boodskap wat aandui dat
                              die lening nie goedgekeur is nie.

                              Voorbeeld van afvoer vir ʹn huisleningaansoek deur Xavier
                              Outland vir R870 000 oor 20 jaar teen 'n rentekoers van 9%
                              wat nie goedgekeur is nie:

                              Naam van aansoeker: Xavier Outland
                              Lening NIE GOEDGEKEUR NIE                                            (12)

•    Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas
     en die vorm verskyn.
•    Stoor al die lêers.
•    'n Drukstuk van die kode vir beide klasse/eenhede mag vereis word.

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              60

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Inligtingstegnologie/V1                     16                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

Ses eiendomsagente is deur 'n plaaslike eiendomsagentskap in diens geneem. Die
bestuurder van die agentskap wil sagteware hê wat in staat is om die profiele van hulle
verkoopsagente jaarliks te evalueer.

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                       Java-programmeerders
•    Die projek Vraag3 is in die Delphi-     •   Die projek Vraag3 is in die Netbeans-
     lêergids voorsien.                          lêergids voorsien.

•    Maak die onvoltooide projeklêer         •   Maak die onvoltooide klasse met die
     Vraag3_P.dpr in die Vraag3-lêergids         name Vraag3.java en
     oop.                                        VulSkikkings.java in die lêergidse
                                                 Source Packages (src) en
                                                 Vraag3Package oop.

•    Voeg jou eksamennommer as               •   Voeg jou eksamennommer as
     kommentaar in die eerste reël van die       kommentaar in die eerste reël van die
     hoofvormeenheid-lêer Vraag3_U.pas           klaslêer Vraag3.java by.
     by.

Doen die volgende:

•    Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

    Voorbeeld van koppelvlak:

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Inligtingstegnologie/V1                       17                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

      Twee skikkings met die name arrAgente en arrVerkope is voorsien. Jy mag
      addisionele skikkings as deel van jou oplossing skep en gebruik.

      Die skikking arrAgente stoor die kodes en name van ʹn aantal verkoopsagente in
      die volgende formaat:
                          <Agent se kode>:<Agent se naam>
      Voorbeeld:
                          A120:Wes Seelig
      LET WEL:       Die inligting van verkoopsagente met agentkodes A120–A125 is
                     voorsien.

      Die skikking arrVerkope stoor inligting oor eiendomme wat verkoop is in die
      volgende formaat:
                          <maand>#<tipe>#<agent se kode>;<prys>

      Beskrywing van inligting wat in een teksreël voorsien word:
o       maand:               Die nommer van die maand van die jaar waarin die
                             verkooptransaksie gedoen is
o       tipe:                Die tipe eiendom wat verkoop is:

-                  K:        Kommersieel
-                  R:        Residensieel
-                  L:        Landbou

o       agent se kode: Die kode van die agent wat die eiendom verkoop het
o       prys:          Die prys waarteen die eiendom verkoop is

    Voorbeeld:
                          02#K#A123;650000

•     Voltooi die kode vir VRAAG 3 soos wat dit hieronder in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2
      beskryf is.

3.1      [Knoppie – Vind agent se naam]

         Die gebruiker moet die kode van ʹn agent in die teksblokkie (ʹtext boxʹ) wat
         voorsien is, insleutel.

         Skryf kode wat die kode van die agent wat deur die gebruiker ingesleutel is, in
         die arrAgente-skikking sal soek. Die soekproses moet op so ʹn manier
         saamgestel word dat die soekproses sal staak wanneer die agent se kode
         gevind word.

         As die agent se kode gevind word, vertoon die agent se naam in die byskrif
         (ʹlabelʹ) wat vir die naam van die agent voorsien is.

         As die agent se kode nie gevind word nie, vertoon die boodskap ʹOngeldige
         agentkodeʹ in die byskrif (ʹlabelʹ) wat vir die naam van die agent voorsien is en
         maak die teksblokkie (ʹtext boxʹ) wat vir die insleutel van die agentkode
         voorsien is, skoon.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Inligtingstegnologie/V1                      18                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

         Voorbeeld van afvoer as die agentkode wat ingesleutel is, A123 is:

         Voorbeeld van afvoer as die agentkode wat ingesleutel is, B123 is:

                                                                                                  (11)

3.2      [Knoppie – Agent se verkope]                                                             (2)

         3.2.1       Voeg ʹn geskikte afvoerkomponent by in die Vertoon-area op die
                     GGK ('GUI') om voorsiening te maak vir die afvoer vir VRAAG 3.2.2.
                     Hernoem die komponent met 'n geskikte naam.

         3.2.2       ʹn Opsomming van die verkope wat gedoen is deur die agent wat in
                     VRAAG 3.1 geïdentifiseer is, moet in die komponent wat in die GGK
                     ('GUI') van VRAAG 3.2.1 bygevoeg is, vertoon word. Gebruik die
                     inligting in die arrVerkope-skikking en som die verkope van die agent
                     op soos hieronder aangetoon.

                     Voorbeeld van afvoer as die agent se kode A123 is:

         LET WEL: Die waardes wat in die laaste kolom vertoon word, dui die totale
                  getal van die verskillende tipes eiendomme wat deur hierdie agent
                  verkoop is, aan

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Inligtingstegnologie/V1                       19                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

                          Die totale waarde van die verkope wat onderkant die opsomming
                          vertoon word, dui die totale waarde aan van al die eiendomme wat
                          deur hierdie agent verkoop is.

                          Enige ander geskikte afvoerkomponent kan gebruik word behalwe
                          die een wat in die gegewe voorbeeld gebruik is.                        (24)

•    Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
     programlêer ingesleutel is.
•    Stoor jou program.
•    'n Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             37
                                                                      GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Computer Studies P1 (HG) (English and Afrikaans) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/computer-studies-p1-hg-english-and-afrikaans-june-2012-qp/ed98e0ed-0f4f-4b6d-b186-8bf5442faa15) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [IT P1 QP GR12 SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-eng/aa653eab-47a5-41ab-9ad0-d4627c152fdf) — Information Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
