# Information Technology Grade 12 P2 Supplementary 2015 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-information-technology-2015-supplementary-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/b433eee2-59e0-4465-a37f-c4d85861fb54
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Supplementary 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-information-technology-2015-supplementary-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/b433eee2-59e0-4465-a37f-c4d85861fb54)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Supplementary Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                          FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Inligtingstegnologie/V2                       2                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A:      Meervoudigekeuse-vrae                               (10)
          AFDELING B:      Stelseltegnologieë                                  (25)
          AFDELING C:      Kommunikasie- en Netwerktegnologieë                 (27)
          AFDELING D:      Data- en Inligtingbestuur                           (26)
          AFDELING E:      Ontwikkeling van Oplossings                         (27)
          AFDELING F:      Geïntegreerde Scenario                              (35)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Die puntetoekenning gee gewoonlik 'n aanduiding van die getal feite wat in
          jou antwoord verskaf moet word.

5.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Inligtingstegnologie/V2                         3                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

VRAAG 1

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.

1.1       'n ... is 'n versameling velde oor 'n enkele entiteit.

          A      Databasis
          B      Tabel
          C      Rekord
          D      Greep                                                                          (1)

1.2       Watter ontwerphulpmiddel ('design tool') is die geskikste vir 'n sagteware-
          ontwikkelaar wat die afvoer van 'n algoritme wil bepaal?

          A      Gebruik-geval-diagram ('Use case diagram')
          B      TVA ('IPO') -diagram
          C      Naspeurtabel
          D      TOE-kaart                                                                      (1)

1.3       'n ... is 'n versameling programme wat ontwerp is om 'n rekenaar te infiltreer
          en die hoogste vlak van voorregte te bekom om beheer oor te neem van die
          geïnfekteerde rekenaar.

          A      Trojaanse perd
          B      Skimverklikker ('Rootkit')
          C      Klikprogram ('Spyware')
          D      Wurm                                                                           (1)

1.4       ... is spesifiek ontwikkel om vinnige data-oordrag vir 'n videokamera en
          eksterne databerging te voorsien.

          A      FireWire
          B      VGP ('AGP')
          C      RTK ('PCI')
          D      SATA                                                                           (1)

1.5       Watter EEN van die volgende opsies van kabellose netwerke se
          dekkingsarea is van die kleinste tot die grootste gerangskik?

          A      WiMAX, Wi-Fi, Bluetooth
          B      Wi-Fi, WiMAX, Bluetooth
          C      WiMAX, Bluetooth, Wi-Fi
          D      Bluetooth, Wi-Fi, WiMAX                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Inligtingstegnologie/V2                             4                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                   NSS

1.6       Watter tipe datavalidering kan NIE deur middel van programmeringskode
          gedoen word NIE?

          A      Teenwoordigheidstoets
          B      Korrektheidstoets
          C      Intervaltoets
          D      Formaattoets                                                                     (1)

1.7       'n ... kompileer en voer een reël programmeringskode op 'n slag uit.

          A      Kompileerder ('Compiler')
          B      Interpreteerder ('Interpreter')
          C      Vertaler ('Translator')
          D      Saamsteller ('Assembler')                                                        (1)

1.8       Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van wolkberging ('cloud
          storage')?

          A      Web 3.0
          B      Mobi
          C      Skype
          D      Google Drive                                                                     (1)

1.9       Data-ontginning verwys na die proses van die ...

          A      onderhoud van die akkuraatheid en bestendigheid van data.
          B      versekering dat data aan 'n spesifieke stel vereistes voldoen.
          C      analisering van groot versamelings data.
          D      beskerming van data teen verlies of diefstal.                                    (1)

1.10      Wat sal die afvoer wees as die volgende algoritme uitgevoer word?

          nom  5
          produk  0
          lus (herhaal) nom keer
                 produk produk * nom
          vertoon produk

          A      0
          B      25
          C      5
          D      625                                                                              (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Inligtingstegnologie/V2                             5                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                   NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

'n Plaaslike gemeenskapsentrum word met 'n moderne IKT-hulpbronsentrum toegerus.
Die hulpbronsentrum sal toegang tot digitale hulpbronne, die Internet en mobiele
tegnologieë insluit.

2.1       Mobiele toestelle sal by die sentrum beskikbaar gestel word om toegang tot
          die Internet te verkry. Hierdie mobiele toestelle het 'n voorafgelaaide
          bedryfstelsel.

          2.1.1           Definieer 'n bedryfstelsel.                                                (2)

          2.1.2           Watter mobiele bedryfstelsel word met die terme Ice Cream
                          Sandwich en Jelly Bean geassosieer?                                        (1)

          2.1.3           Noem EEN probleem wat kan voorkom as die bedryfstelsel op 'n
                          mobiele toestel opgegradeer word.                                          (1)

          2.1.4           Verbeterings in tegnologie het dit vir mobiele bedryfstelsels
                          moontlik gemaak om multitaakverwerking ('multitasking') te
                          ondersteun.
                          Verduidelik die konsep multitaakverwerking.                                (2)

2.2       Die mobiele toestelle wat die lede van die gemeenskap in die
          hulpbronsentrum sal gebruik, gebruik soliede-staat-aandrywers ('solid-state
          drives').

          Gee TWEE redes waarom soliede-staat-aandrywers ('solid-state drives') in
          plaas van hardeskyfaandrywers ('hard disk drives') vir berging op mobiele
          toestelle gebruik word.                                                                    (2)

2.3       Ou tafelrekenaars is aan die sentrum geskenk. Hierdie rekenaars raak baie
          stadig as 'n aantal toepassings gelyktydig oop is. Nadere inspeksie toon dat
          daar 'n hoë vlak van aaneenlopende hardeskyf-aktiwiteit is.

          2.3.1           Watter term word gebruik vir die probleem wat hierbo beskryf
                          word?                                                                      (1)

          2.3.2           Beskryf hoe 'n rekenaar steeds in staat is om 'n aantal toepassings
                          oop te maak ten spyte daarvan dat dit beperkte ETG ('RAM') het.            (2)

          2.3.3           Watter moontlike probleem (probleme) sal ervaar word as die
                          sentrum sou probeer om die ETG ('RAM') van hierdie rekenaars op
                          te gradeer?                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Inligtingstegnologie/V2                            6                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

2.4       'n Kwotasie met die spesifikasies vir nuwe rekenaars vir die IKT-
          hulpbronsentrum hieronder is ontvang.

          Intel Core i5 2.6 GHz SVE ('CPU')
          2 GG ('GB') LAG ('RAM')
          3 TB HDD

          2.4.1           Die Intel Core i5 SVE ('CPU') bevat veelvuldige kerne ('cores').

                          Verduidelik kortliks hoekom hierdie eienskap die werkverrigting van
                          die SVE ('CPU') verbeter.                                                     (2)

          2.4.2           Die kwotasie is nie aanvaar nie omdat dit te duur was.

                          Identifiseer die enkele komponent in die kwotasie wat duidelik
                          geïdentifiseer kan word as die een met 'n onnodige hoë
                          spesifikasie-vlak.                                                            (1)

          2.4.3           Die verwerkingspoed van die SVE ('CPU') word direk bepaal deur
                          die klokspoed waarteen dit loop. Die klokspoed van die SVE
                          ('CPU') is normaalweg baie hoër as die spoed van die stelselklok.

                          (a)   Beskryf hoe die klokspoed die verwerkingspoed van die SVE
                                ('CPU') beïnvloed.                                                      (2)

                          (b)   Verduidelik hoe dit moontlik is dat die SVE ('CPU') teen 'n
                                baie hoër spoed as die spoed van die stelselklok werk.                  (2)

          2.4.4           Die rekenaar se moederbord gebruik beide busse en punt-tot-punt-
                          konneksies ('point-to-point connections') om data oor te dra.

                          (a)   Wat is die doel van die interne bus op 'n moederbord?                   (1)

                          (b)   Verduidelik die verskil tussen 'n punt-tot-punt-konneksie en 'n
                                bus.                                                                    (2)

2.5       Die hulpbronsentrumbestuurder sal 'n nuwe skootrekenaar vir kantoorgebruik
          kry. Die skootrekenaar is met 'n vingerafdruksensor toegerus.

          2.5.1           Noem die voordeel          van    die   vingerafdruksensor      in    'n
                          skootrekenaar?                                                                (2)

          2.5.2           Gee 'n ander voorbeeld van 'n biometriese toestel/stelsel wat
                          gebruik kan word om individue op 'n unieke manier te identifiseer.            (1)

                                                                      TOTAAL AFDELING B:                25

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Inligtingstegnologie/V2                            7                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

Die rekenaars by die nuwe hulpbronsentrum moet 'n Internetverbinding deel; daarom
sal die rekenaars in 'n netwerk verbind wees.

3.1       Verskillende topologieë kan gebruik word om 'n gekabelde Ethernet LAN in
          die hulpbronsentrum op te stel.

          3.1.1           Teken 'n skets met byskrifte om die uitleg van toestelle in 'n ster-
                          topologie te illustreer.

                          LET WEL: Sluit byskrifte vir die toestelle by jou skets in.                  (3)

          3.1.2           Gee TWEE redes waarom 'n stertopologie in die meeste moderne
                          LAN's gebruik word.                                                          (2)

          3.1.3           Noem EEN ander tipe topologie wat in 'n LAN gebruik kan word.                (1)

3.2       'n Toegangspunt sal ook in die hulpbronsentrum geïnstalleer word om 'n
          kabellose netwerk (WLAN) te skep.

          3.2.1           Wat is die grootste voordeel van die gebruik van 'n WLAN eerder
                          as 'n kabelgebaseerde LAN?                                                   (1)

          3.2.2           Een toegangspunt is nie voldoende vir die hulpbronsentrum nie.

                          Gee TWEE redes waarom meer as een toegangspunt nodig mag
                          wees.                                                                        (2)

          3.2.3           'n Wagwoord is nodig om toegang tot die WLAN te kry.

                          Waarom waarborg die gebruik van 'n wagwoord nie die veiligheid
                          van die WLAN nie?                                                            (1)

3.3       Wanneer lede van die gemeenskap toegang kry tot die Internet, word hulle
          aan aanlynrisiko's, soos spoef ('spoofing') en kwaadwillige sagteware
          ('malware'), blootgestel.

          3.3.1           Verduidelik die konsep van spoef kortliks.                                   (2)

          3.3.2           Noem TWEE maatreëls wat getref kan word om te voorkom dat die
                          rekenaars met kwaadwillige sagteware geïnfekteer word.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Inligtingstegnologie/V2                           8                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

3.4       Gemeenskapslede gebruik soms mobiele toestelle om met die Internet te
          koppel.

          3.4.1           Gee TWEE redes waarom sommige webtuistes nie reg vertoon
                          wanneer daarna op mobiele toestelle gekyk word nie.                        (2)

          3.4.2           Waarom is dit moontlik vir mobiele toestelle, soos tablette, om
                          kabelloos met 'n toestel soos 'n sleutelbord te koppel, terwyl dit
                          terselfdertyd 'n kabellose konneksie met die Internet op 'n WLAN
                          gebruik?                                                                   (2)

3.5       Die personeellede by die hulpbronsentrum word aangemoedig om met ander
          gemeenskapshulpbronsentrums via videokonferensies en kitsboodskappe
          ('instant messaging') te netwerk.

          3.5.1           Noem die protokol wat vir videokonferensies gebruik word.                  (1)

          3.5.2           Beskryf kortliks TWEE uitdagings van videokonferensies in Suid-
                          Afrika.                                                                    (2)

          3.5.3           Die meeste kitsboodskapprogramme is oor-platform ('cross-
                          platform').

                          Wat beteken oor-platform?                                                  (1)

3.6       Die hulpbronsentrumbestuurder moet in staat wees om oor 'n afstand met die
          sentrum te kan koppel wanneer hy/sy nie by die sentrum is nie. Die
          bestuurder het 'n keuse van 'n afstand-tafelrekenaarkonneksie of VPN.

          3.6.1           Beskryf hoe die bestuurder in staat sal wees om oor 'n afstand te
                          konnekteer deur 'n VPN te gebruik.                                         (3)

          3.6.2           Verduidelik kortliks hoe die gebruiker van 'n afstand-tafelrekenaar-
                          konneksie die konneksie aan sy/haar kant (die gebruiker se kant)
                          sien en wat dit bied.                                                      (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING C:              27

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Inligtingstegnologie/V2                           9                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

Die nuwe hulpbronsentrum benodig 'n databasis om hulpbronne, soos boeke, DVD's,
iPad's, te bestuur.

4.1       'n Bediener-databasis eerder as 'n tafelrekenaar-databasis sal gebruik word.
          Onderskei tussen 'n tafelrekenaar-databasis en 'n bediener-databasis.                    (2)

4.2       Die hulpbronsentrum het mobiele toestelle wat deur gemeenskapslede
          uitgeneem kan word. Inligting oor die uitneem van hulpbronne word in 'n
          databasis met die naam Hulpbronne gestoor.

          Die tabel met die naam ToestelleTb stoor inligting oor die mobiele toestelle
          en die tabel met die naam UitgeneemTb stoor inligting oor wanneer 'n toestel
          uitgeneem is.

          Die tabelstrukture is soos volg:

                                               ToestelleTb
           Sleutel Veldnaam                 Datatipe Beskrywing
                   ToestelID                Text       Unieke toestel-ID
                   Maak                     Text       Die vervaardiger van die toestel
                   Tipe                     Text       F-Foon/T-Tablet/S-Skootrekenaar
                   Waarde                   Currency Waarde van die toestel

                                    UitgeneemTb
           Sleutel Veldnaam       Datatipe  Beskrywing
                   UitneemID      Number    Unieke kode vir elke
                                            uitneemgebeurtenis
                   DatumUitgeneem Date      Datum waarop toestel uitgeneem is
                   DatumTerug     Date      Datum waarop toestel teruggebring
                                            is – by verstek oopgelaat
                   LidID          Text      ID van die persoon wat die toestel
                                            uitneem
                   ToestelID      Text      ID van toestel wat uitgeneem is

          4.2.1           Skryf die verwantskap tussen ToestelleTb en UitgeneemTb neer
                          en dui die volgende duidelik aan:

                          (a)   Tipe verwantskap gevorm – soos vanaf die ToestelleTb se
                                kant                                                               (1)

                          (b)   Die velde wat in die verwantskap gebruik is en van watter
                                tabelle                                                            (2)

                          (c)   Die sleuteltipe van beide sleutels in die verwantskap – dui
                                ook die tabelname en veldname van die sleutels aan                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Inligtingstegnologie/V2                             10                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                   NSS

          4.2.2           Gebruik die tabelstrukture in VRAAG 4.2.1 om SQL-stellings vir elk
                          van die volgende navrae te skryf:

                          (a)   Vertoon die maak, tipe en waarde van al die tablette in
                                dalende volgorde volgens waarde.                                        (4)

                          (b)   Vee die rekords van die toestelle wat telefone is, uit.                 (3)

                          (c)   Verminder die waarde van elke toestel met 10%.                          (3)

                          (d)   Vertoon die volgende inligting oor al die toestelle wat nog nie
                                teruggebring is nie:
                                • ID van die persoon wat die toestel uitgeneem het
                                • Die tipe toestel wat uitgeneem is
                                • Die datum waarop die toestel uitgeneem is                             (5)

4.3       Die tabel hieronder, met die naam LedeTb, is geskep en by die Hulpbronne-
          databasis gevoeg. Die tabel hou tred met boeke wat uitgeneem word, maar
          dit is nie goed ontwerp nie.

                                        LedeTb
            Sleutel Veldnaam      Datatipe Beskrywing
                    LidID         Text      Lid se ID
                    Voornaam      Text      Lid se voornaam
                    Van           Text      Lid se van
                    Adres         Text      Lid se adres
                    Boete         Text      Boete wat betaal moet word vir
                                            uitgeneemde boeke wat uitstaande is
                    GeboorteDatum Text      Lid se geboortedatum
                    BoekTitel     Text      Titel van die eerste boek wat
                                            uitgeneem is
                    BoekSkrywer   Text      Skrywer van die eerste boek wat
                                            uitgeneem is
                    BoekTitel     Text      Titel van die tweede boek wat
                                            uitgeneem is
                    BoekSkrywer   Text      Skrywer van die tweede boek wat
                                            uitgeneem is

          4.3.1           Sommige velde in die tabel hierbo se datatipes is nie geskik nie.

                          Kies TWEE velde en beveel meer geskikte datatipes aan.                        (2)

          4.3.2           Gee TWEE redes as motivering hoekom die deel van die databasis
                          wat die LedeTb-tabel bevat, nie genormaliseer word nie.                       (2)

                                                                       TOTAAL AFDELING D:               26

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Inligtingstegnologie/V2                            11                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

AFDELING E: ONTWIKKELING VAN OPLOSSINGS

VRAAG 5

'n Administratiewe program is vir die hulpbronsentrum ontwikkel.

5.1       Die GGK ('GUI') hieronder word gebruik om lede se besonderhede in te lees.

          5.1.1           Gee 'n moontlike motivering waarom elk van die volgende
                          komponente gekies is:

                          (a)   Kombinasielys ('combo box') vir die kies van die ouderdom             (1)

                          (b)   Radioknoppies ('radio buttons') vir die kies van geslag               (1)

                          LET WEL:      Dieselfde motivering sal NIE vir beide antwoorde
                                        aanvaar word NIE.

          5.1.2           Waarom sal 'n waarde wat in die Van-veld ingesleutel word, selde
                          tot 'n looptydfout lei?                                                     (1)

          5.1.3           Die komponente wat vir datum-seleksie gebruik word, sal nie
                          voorkom dat 'n ongeldige datum gekies word nie.

                          Motiveer hierdie stelling en gebruik 'n voorbeeld om jou antwoord
                          te illustreer.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Inligtingstegnologie/V2                            12                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

          5.1.4           Wanneer die Stoor Besonderhede-knoppie geklik word sonder
                          dat die naam- of van-velde voltooi is, word die dialoogblokkie
                          hieronder vertoon.

                          Lewer kritiek op die ontwerp van die dialoogblokkie.                         (2)

5.2       Die administrasieprogram gebruik 'n objekklas met die naam Lid om die lid se
          besonderhede te stoor.

          Die Lid-klas is met die volgende attribute en metodes verklaar:

                                                     Lid
                                       - naam: String
                                       - adres: String
                                       - ouderdom: integer
                                       - geldigeLidmaatskap: boolean

                                       + getNaam(): String
                                       + setAdres(nuweAdres)
                                       + magUitneem(): boolean
                                       + toString(): String

          5.2.1           Wat is die doel van 'n konstruktor in objek-georiënteerde
                          programmering?                                                               (1)

          5.2.2           Waarom word metodes gebruik om die waardes van die attribute
                          van 'n Lid-objek te verander?                                                (1)

          5.2.3           Die magUitneem()-metode dui aan of 'n lid toegelaat kan word om
                          toestelle by die sentrum uit te neem, of nie.

                          (a)   Klassifiseer die magUitneem()-metode as 'n wysigings-,
                                toegangs- of hulp ('auxiliary') -metode.                               (1)

                          (b)   'n Lid mag toestelle uitneem as enige EEN van die volgende
                                voorwaardes nagekom word:
                                • Die lid is 21 jaar of ouer en het 'n bekende adres
                                • Die lid is ouer as 16 jaar en lidmaatskap is getoets vir
                                     geldigheid

                                Skryf pseudokode vir die magUitneem()-metode om te
                                bepaal of 'n lid toestelle mag uitneem, of nie.                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Inligtingstegnologie/V2                            13                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

5.3       Die administrasieprogram bied die fasiliteit om 'n opname te doen wat die
          getal dae vasstel waarop lede items laat terugbring. Vir die opname word
          items slegs in ag geneem as dit van 1 tot op 'n maksimum van 100 dae laat
          teruggebring is.

          Die pseudokode hieronder is ontwerp om die gemiddelde getal dae waarop
          items laat teruggebring is, te bereken deur die dae laat vir 'n ewekansige
          steekproef van ses items wat laat is, aan te teken. Die kode bevat enkele
          foute wat reggemaak moet word.

            Reël      Pseudokode
            1         Tel  1
            2         Totaal  0
            3         Terwyl Tel < 6
            4              Lees Dae
            5              Herhaal
            6                  As Dae < 0 of Dae > 100 Dan
            7                        Vertoon “Ongeldige dae ingelees”
            8                        ... ontbrekende kode ...
            9              Totdat ... ontbrekende kode ...
            10             Totaal  Totaal + Dae
            11             Tel  Tel + 1
            12        End Terwyl
            13        GemDae  Totaal / Tel

          5.3.1           Die doel van die geneste Herhaal-Totdat-gedeelte is om seker te
                          maak dat slegs dae binne die gespesifiseerde interval ingelees sal
                          word.

                          (a)   Voltooi die ontbrekende kode in reël 8.                             (1)

                          (b)   Skryf neer die ontbrekende voorwaarde in reël 9 wat nodig is
                                om die Herhaal-Totdat-lus te voltooi.                               (2)

          5.3.2           Met die geneste Herhaal-Totdat-gedeelte wat nou funksioneer
                          soos vereis, stel ontfouting vas dat die program slegs toelaat dat
                          vyf waardes ingelees word in plaas van die vereiste ses waardes.

                          (a)   Gebruik die volgende opskrifte en teken en voltooi jou eie
                                naspeurtabel met twee kolomme in jou ANTWOORDEBOEK:

                                Tel en Tel < 6 (WHILE-voorwaarde)

                                Gebruik die naspeurtabel om aan te dui waarom die fout
                                voorkom.                                                            (3)

                          (b)   'n Voorstel is gemaak dat die voorwaarde van die WHILE-lus
                                verander moet word sodat die fout reggestel word.

                                Toon aan hoe die voorwaardes van die WHILE-lus verander
                                kan word om te verseker dat ses waardes ingelees kan word.          (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Inligtingstegnologie/V2                             14                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                   NSS

                          (c)    Hoekom sal die verandering van die voorwaarde van die
                                 WHILE-lus nie die regte oplossing vir die probleem wees nie?          (1)

                          (d)    Gee die reëlnommer en die korrekte instruksie vir die reël wat
                                 verander moes word om die probleem op te los, eerder as om
                                 die voorwaarde van die WHILE-lus te verander.                         (1)

5.4       •     Die administrasieprogram hou rekord van die getal boeke wat daagliks
                deur die lede uitgeneem word.
          •     'n Skikking met die naam GetalBoeke stoor die getal boeke wat per dag
                van Maandag tot Vrydag uitgeneem word.

          Voorbeeld van moontlike data: GetalBoeke (16, 19, 21, 13, 17)

          •     'n Skikking met die naam Weeksdae stoor die name van die dae van die
                week.

          Voorbeeld:            Weeksdae(Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag,
                                Vrydag)                                                                (4)

          Gebruik pseudokode en skryf 'n algoritme om die dag van die week waarop
          die meeste boeke uitgeneem word, te bepaal.

                                                                      TOTAAL AFDELING E:               27

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Inligtingstegnologie/V2                       15                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

SCENARIO

Die IKT ('ICT') -hulpbronsentrum het nuwe geleenthede en uitdagings na vore gebring.
'n Hulpbronsentrum-administrateur is aangestel om die hulpbronsentrum te bestuur.

6.1       'n Voorlopige Aanvaarbare Gebruiksbeleid (AGB) ('Acceptable Use Policy'
          (AUP)) -dokument wat vir die hulpbronsentrum saamgestel is, sluit 'n afdeling
          oor groenrekenarisering ('green computing') in.

          6.1.1       Die AGB stel dit dat elektroniese dokumente, waar moontlik, in
                      plaas van gedrukte dokumente gebruik moet word.

                      Noem TWEE voordele van die gebruik van elektroniese dokumente.            (2)

          6.1.2       Die AGB stel dit dat die simbool hieronder op al die rekenaars wat
                      vir die hulpbronsentrum aangekoop word, moet verskyn.

                      Wat dui hierdie simbool aan?                                              (1)

          6.1.3       Die AGB gee nie daaraan aandag om van ou rekenaars ontslae te
                      raak nie.

                      Stel TWEE maatreëls voor wat by die beleid ingesluit kan word om
                      daaraan aandag te gee om van ou rekenaars ontslae te raak.                (2)

6.2       4G-tegnologie is 'n moontlike alternatiewe opsie vir Internet-konneksie vir die
          hulpbronsentrum wat tans WiMAX gebruik.

          6.2.1       In watter opsig verskil 4G-tegnologie van WiMAX?                          (2)

          6.2.2       Gee 'n belangrike rede waarom 4G nie die geskikste opsie vir
                      Internet-konneksie vir die hulpbronsentrum mag wees nie.                  (1)

          6.2.3       Watter ooreenkoms is daar tussen die tegnologie wat vir 4G- en
                      WiMAX-konneksies gebruik word?                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Inligtingstegnologie/V2                            16                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

6.3       Twee van die uitdagings van die hulpbronsentrum is om te voorkom dat data
          verlore gaan en dat ongemagtigde toegang tot data verkry word.

          6.3.1       Gee EEN voorbeeld van menslike aksies wat kan veroorsaak dat
                      data verlore gaan.                                                             (1)

          6.3.2       Noem en verduidelik kortliks enige TWEE tegnieke wat gebruik kan
                      word om die hulpbronsentrum se data te beskerm.                                (4)

6.4       Die administrateur wil gemeenskapslede bewus maak van hul digitale
          voetspoor en privaatheid wanneer hulle op die Internet rondblaai.

          6.4.1       Wanneer iemand op die Internet rondblaai, stoor die webblaaier
                      koekies ('cookies').

                      Wat is 'n koekie?                                                              (2)

          6.4.2       Moderne webblaaiers bied 'n privaatheidmodus aan gebruikers
                      wanneer hulle op die Internet rondblaai.

                      Noem TWEE redes waarom 'n gebruiker die privaatheidmodus sal
                      wil gebruik.                                                                   (2)

6.5       Die administrateur het 'n wiki vir die hulpbronsentrum opgestel. Die
          bestuurder is bekommerd oor die kwaliteit van inligting wat op die wiki
          bygevoeg word.

          6.5.1           Hoe verskil 'n wiki van ander verwysingsbronne?                            (2)

          6.5.2           Beskryf TWEE maniere waarop die administrateur kan seker maak
                          dat die inligting wat op die wiki geplaas word, van 'n toepaslike
                          standaard is.                                                              (2)

6.6       Die hulpbronsentrum bied ook ekstra klasse vir leerders aan. Video's word vir
          hierdie klasse vervaardig en deur middel van BitTorrent op die Internet
          gedeel.

          6.6.1       Verduidelik hoe die BitTorrent-protokol werk.                                  (2)

          6.6.2       Noem 'n alternatiewe manier waarop die video's gedeel kan word.                (1)

6.7       Die hulpbronsentrum het die opsie om hulpbronne aanlyn van ontwikkelaars
          en mediawinkels aan te koop.

          6.7.1           Die ontwikkelaars gebruik 'n enkripsie-sleutel om hul inligting wat
                          oor die Internet oorgedra word, te beveilig.

                          Verduidelik hoe sleutel-enkripsie werk.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Inligtingstegnologie/V2                            17                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

          6.7.2           Sommige aanlyn-mediawinkels verskaf 'n fasiliteit waar media
                          bewaar word ('media repository').

                          (a)   Wat is 'n mediabewaarplek ('media repository')?                    (1)

                          (b)   Identifiseer TWEE maniere waarop die hulpbronsentrum
                                voordeel kan trek uit die gebruik van 'n mediabewaarplek-
                                diens.                                                             (2)

6.8       Die hulpbronsentrum is 'n ontwikkeling wat tot die gebruik van tegnologie
          bygedra het ten opsigte van baie aspekte van die gemeenskapslewe. In
          hierdie era van globalisering probeer die hulpbronsentrum om die digitale
          kloof wat steeds in baie gemeenskappe voorkom, op te los.

          6.8.1           Wat beteken die term globalisering?                                      (2)

          6.8.2           Die gebruik van tegnologie deur groot organisasies, soos die
                          regering, banke en hospitale, vereis dat almal in staat moet wees
                          om 'n verskeidenheid nuwe digitale toestelle te kan gebruik.
                          Daarom het die aanmoediging van globalisering by die sentrum 'n
                          positiewe impak op die alledaagse lewens van gemeenskapslede
                          gehad.

                          Gee DRIE voorbeelde om hierdie stelling te ondersteun.                   (3)

                                                                     TOTAAL AFDELING F:            35
                                                                         GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [Computer Studies P2 (HG) (English and Afrikaans) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/computer-studies-p2-hg-english-and-afrikaans-june-2012-qp/48082933-856d-4044-a34d-c3c2952614eb) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2015-eng-1/053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [INFO TECH P2 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/134bed6e-9b93-42cb-bc7b-bdb89503c63d) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
