# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2025 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 36 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-information-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/df91ae45-b622-431b-9c8d-a3c8c851a1e0
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 36

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-information-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/df91ae45-b622-431b-9c8d-a3c8c851a1e0)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 36 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                 NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye, 2 bladsye met data,
                 2 bladsye vir beplanning en ꞌn aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Inligtingstegnologie/V1                         2                            DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.         Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
            AL VIER afdelings beantwoord.

 2.         Twee leë bladsye wat vir beplanningsdoeleindes gebruik kan word, is aan die
            einde van die vraestel ingesluit.

 3.         'n Inligtingsblad is voorsien wat jy aan die einde van die eksamensessie moet
            voltooi. Maak seker dat AL die inligting wat jy verskaf het, korrek is en lewer die
            inligtingsblad in voordat jy die eksamenlokaal verlaat.

 4.         Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
            eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
            eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

 5.         Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir
            Delphi as programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik
            word om die vrae te beantwoord.

 6.         Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
            vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
            word.

 7.         Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
            nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word
            nie.

 8.         Jou programme moet op só ꞌn manier gekodeer word dat dit met enige data sal
            werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
            wat in die vraestel verskyn nie.

 9.         Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
            ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van die
            Delphi-programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

 10.        Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
            datastrukture verskaf word.

 11.        Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
            jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
            toegeken is.

 12.        Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
            wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

 13.        Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
            klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op alle drukstukke
            voorkom. Jy sal ná die eksamensessie ꞌn halfuur tyd vir drukwerk gegee word.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Inligtingstegnologie/V1                       3                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 14.        Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ꞌn disket/CD/DVD/
            geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
            dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
            jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.2025

 15.        Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ꞌn
            disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
            Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

            Doen die volgende:

            •    Dubbelklik op die volgende wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer:
                 DataNov2025.exe
            •    Klik op die ꞌExtractꞌ-knoppie.
            •    Sleutel die volgende wagwoord in: SuSTF@rm2025

            Nadat dit onttrek (ꞌextractedꞌ) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
            (ꞌfolderꞌ) DataNov2025 beskikbaar wees:

            Question 1:                         Question 3:
            Question1_P.dpr                     Beehive_U.pas
            Question1_P.dproj                   Question3_P.dpr
            Question1_P.res                     Question3_P.dproj
            Question1_U.dfm                     Question3_P.res
            Question1_U.pas                     Question3_U.dfm
                                                Question3_U.pas

            Question 2:                         Question 4:
            ConnectDB_U.pas                     Question4_P.dpr
            FarmManagementDB - Copy.mdb         Question4_P.dproj
            FarmManagementDB.mdb                Question4_P.res
            MixedFarms.txt                      Question4_U.dfm
            Question2_P.dpr                     Question4_U.pas
            Question2_P.dproj
            Question2_P.res
            Question2_U.dfm
            Question2_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Inligtingstegnologie/V1                       4                         DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

    AFDELING A

    VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

    Doen die volgende:

    • Maak die onvolledige program in die Question 1-lêergids oop.
    • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Question1_U.pas-lêer in.
    • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

       Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):

•     Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos wat in VRAAG 1.1 tot
      VRAAG 1.5 beskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Inligtingstegnologie/V1                        5                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 1.1        Knoppie [1.1 - Increase value]

            Die paneel pnlQ1_1 vertoon tans 'n heelgetalwaarde wat met die waarde
            van 1 moet toeneem wanneer die knoppie geklik word.

            Skryf kode om die volgende te doen:

            •   Onttrek ('Extract') die heelgetalwaarde wat op die paneel pnlQ1_1 vertoon
                word.
            •   Vermeerder die waarde wat onttrek is, met die waarde van 1.
            •   Vertoon die waarde wat toegeneem het op die paneel pnlQ1_1.

            Voorbeeld van afvoer nadat die knoppie geklik is en die waarde wat onttrek is,
            met die waarde van 1 toegeneem het:

            LET WEL: Elke keer wanneer die gebruiker op die knoppie 'Increase value'
                     klik, moet die waarde wat tans op die paneel vertoon word, met die
                     waarde van 1 toeneem.

            Voorbeeld van afvoer nadat die knoppie vir die tweede keer geklik is:

                                                                                                   (4)

 1.2        Knoppie [1.2 - Volume]

            Die prent hieronder toon 'n figuur van 'n driedimensionele vorm wat sye van
            gelyke lengte het. Die lengte van elke sy word deur die letter 𝒙𝒙 verteenwoordig.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Inligtingstegnologie/V1                       6                                 DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

            Die formule om die volume van die figuur te bereken, is soos volg:

                                                           𝟓𝟓(𝟑𝟑+ �𝟓𝟓)
                                          𝑉𝑉𝑉𝑉𝑉𝑉𝑉𝑉𝑉𝑉𝑉𝑉 =                 𝒙𝒙𝟑𝟑
                                                              𝟏𝟏𝟏𝟏

            waar 𝒙𝒙 die lengte van die sye van die figuur verteenwoordig.

            Die gebruiker moet die lengte van 𝒙𝒙 vanaf die spinredigeerder ('spin edit')
            spnQ1_2 selekteer.

            Skryf kode om die volgende te doen:

            •   Onttrek ('Extract') die lengte van die sy (𝒙𝒙) uit die spinredigeerder
                spnQ1_2.
            •   Bereken die volume van die figuur deur die gegewe formule en ten minste
                TWEE VERSKILLENDE voorafgedefinieerde wiskundige funksies te
                gebruik.
            •   Vertoon die volume in die redigeerblokkie ('edit box') edtQ1_2, tot TWEE
                desimale plekke geformateer.

            Voorbeeld van afvoer indien die waarde van 6 as die lengte van 𝒙𝒙 geselekteer
            is:

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Inligtingstegnologie/V1                        7                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

            Voorbeeld van afvoer indien die waarde van 10 as die lengte van 𝒙𝒙 geselekteer
            is:

                                                                                                   (6)

 1.3        Knoppie [1.3 - Shopping aisle]

            'n Plaaslike kruidenierswinkel gebruik 'n koderingstelsel om klante te help om
            gange ('aisles') met spesifieke voedselkategorieë te vind. Elke
            voedselkategorie word deur 'n enkele alfabetletter voorgestel. Die alfabetletters
            en die voedselkategorieë wat deur die letters voorgestel word, word in die tabel
            hieronder gegee.

                          ALFABETLETTER          KATEGORIEBESKRYWING
                                F                   Fruit and vegetables
                                D                           Dairy
                                B                         Butchery
                                S                          Sauces
                                P                      Pasta and rice

            Die gebruiker moet 'n kode in die redigeerblokkie ('edit box') edtQ1_3 in die
            volgende formaat insleutel:

                                <Aisle number>#<Alphabet letter>

            Voorbeeld: 12#F verwys na gang ('aisle') 12 waar die vrugte- en groente-
            voorraad gehou word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Inligtingstegnologie/V1                        8                            DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

            Skryf kode om die volgende te doen:

            •   Onttrek die kode wat ingesleutel is uit die redigeerblokkie edtQ1_3.
            •   Skei die gangnommer en die alfabetletter wat die voedselkategorie
                verteenwoordig van die kode wat ingesleutel is.
            •   Gebruik 'n gevalstelling ('case statement') en die alfabetletter van die kode
                en stoor die korrekte kategoriebeskrywing in 'n veranderlike.
            •   Vertoon 'Aisle', die nommer van die gang ('aisle'), 'n dubbelpunt-
                karakter (:), gevolg deur 'n spasie en die korrekte kategoriebeskrywing op
                byskrif ('label') lblQ1_3 in die formaat:

                Aisle <Aisle number>: <Category description>

            Voorbeeld van afvoer indien die kode 12#F ingesleutel is:

            Voorbeeld van afvoer indien die kode 3#S ingesleutel is:

            LET WEL: Jy kan aanneem dat die kode wat ingesleutel is, geldig is.                    (11)

 1.4        Knoppie [1.4 - Populate and display]

            Die verklaring van 'n skikking met die naam arrNumbers, wat uit NEGE
            elemente van tipe heelgetal bestaan, is voorsien.

            Skryf kode om die volgende te doen:

            •   Ken 'n ewekansige ('random') getal in die reeks van 1 tot 15 (ingesluit) aan
                elke element van skikking arrNumbers toe.
            •   Gebruik die memokomponent memQ1_4 om die ewekansige getalle uit
                skikking arrNumbers, deur aandagstreep(-)-karakters geskei, te vertoon.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Inligtingstegnologie/V1                   9                     DBE/November 2025
                                     NSS Vertroulik

            Voorbeeld van afvoer:

             LET WEL: Die afvoer wat deur jou program vertoon word, kan van die
                      afvoervoorbeeld verskil aangesien die getalle ewekansig
                      gegenereer is.                                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Inligtingstegnologie/V1                      10                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.5        Knoppie [1.5 - Determine HCF]

            Die vloeidiagram hieronder illustreer hoe om die grootste gemene faktor (GGF)
            ('highest common factor (HCF)') van enige TWEE positiewe heelgetalle te
            bepaal.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Inligtingstegnologie/V1                       11                             DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

            Die gebruiker moet heelgetalwaardes vir Num1 en Num2 insleutel.

            Kode is voorsien om:

            •   Die twee heelgetalwaardes Num1 en Num2 te onttrek en onderskeidelik in
                iNum1 en iNum2 te stoor, en
            •   iHCF na nul (0) te inisialiseer

            Skryf kode om die volgende te doen:

            •   Kodeer die stappe wat in die vloeidiagram voorsien is om die GGF ('HCF')
                van die twee getalle wat ingesleutel is, te bepaal.
            •   Vertoon die GGF ('HCF') in redigeerblokkie ('edit box') edtQ1_5.

            Voorbeeld van afvoer indien die getalle 6 en 4 ingesleutel is:

            Voorbeeld van afvoer indien die getalle 27 en 36 ingesleutel is:

                                                                                                    (11)

 •   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
     in.
 •   Stoor jou program.
 •   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Inligtingstegnologie/V1                      12                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

 'n Diensverskaffer moet 'n versameling klein plase met verskillende boerderytipes, soos
 pluimvee ('Poultry'), lewende hawe ('Livestock') en suiwel ('Dairy'), bestuur. Elke plaas
 word deur slegs een ('n enkele) eienaar besit, terwyl een plaaseienaar baie plase kan
 besit.

 'n Databasis met die naam FarmManagementDB.mdb is geskep en bevat twee tabelle
 met die name tblFarmOwners en tblFarms.

 Die bladsye met data wat aan die einde van die vraestel aangeheg is, verskaf inligting
 oor die ontwerp en die inhoud van die databasis.

 Doen die volgende:

 •   Maak die onvolledige projeklêer met die naam Question2_P.dpr in die
     Question 2-lêergids oop.
 •   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
     Question2_U.pas-lêer in.
 •   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit. Die
     inhoud van die tabelle word vertoon, soos wat hieronder op die seleksie van die
     oortjieblad (ꞌtab sheetꞌ) 2.2 - Delphi code getoon word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Inligtingstegnologie/V1                     13                       DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

Die verwantskap tussen die twee tabelle tblFarmOwners en tblFarms word hieronder
getoon.

•    Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling wat in VRAAG 2.1 en
     VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
•    Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
     VRAAG 2.2 te beantwoord.

LET WEL:

•    Die ꞌRestore databaseꞌ-knoppie word voorsien om die data wat in die databasis
     voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
•    Kode word voorsien om die GGK(ꞌGUIꞌ)-komponente met die databasis te koppel.
     MOENIE enige van die kode wat voorsien is, verander NIE.
•    TWEE veranderlikes word as globale veranderlikes verklaar, soos in die tabel
     hieronder beskryf word.

    Veranderlike           Datatipe           Beskrywing
    tblFarmOwners          TADOTable          Verwys na die tabel tblFarmOwners
    tblFarms               TADOTable          Verwys na die tabel tblFarms

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Inligtingstegnologie/V1                          14                         DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 2.1        Oortjieblad (ꞌTab sheetꞌ) [2.1 - SQL]

            Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)) vir
            VRAAG 2.1:

            LET WEL:
            •   Gebruik SLEGS SQL-stellings om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te
                beantwoord.
            •   Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te
                vertoon, is voorsien. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes sSQL1,
                sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig.

            Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5
            hieronder beskryf word, uit te voer.

            2.1.1         Knoppie [2.1.1 - Farm details]

                          Vertoon die FarmName, NearestTown en SizeInHectares van al
                          die plase, wat in dalende orde volgens SizeInHectares gesorteer is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Inligtingstegnologie/V1                               15                                             DBE/November 2025
                                                 NSS Vertroulik

                          Voorbeeld van afvoer van die eerste drie rekords:

                                                                                                                              (3)

            2.1.2         Knoppie [2.1.2 - Contact details]

                          Vertoon die FullName en ContactNumber van alle plaaseienaars
                          wie se e-posadresse nie in die tabel tblFarmOwners gestoor is nie.

                          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                                              (2)

            2.1.3         Knoppie [2.1.3 - Average farm size]

                          Die gemiddelde grootte van al die plase van die geselekteerde
                          boerderytipe ('farm type') moet bereken en in 'n nuwe veld met die
                          naam AverageSize gestoor word.

                          Kode is voorsien om die geselekteerde boerderytipe ('farm type') uit
                          die kombinasieblokkie ('combo box') cmbQ2_1_3 te onttrek en in 'n
                          veranderlike sFarmType te stoor.

                          Vertoon die FarmType en die AverageSize, tot TWEE desimale
                          plekke geformateer.

                          Voorbeeld van afvoer indien Livestock as die boerderytipe ('farm
                          type') geselekteer is:

                                                                                                                              (6)

            2.1.4         Knoppie [2.1.4 - Young farm owners]

                          Vertoon die FullName, DateOfBirth en Age (berekende veld) van
                          alle plaaseienaars wat 25 jaar of jonger is. Die huidige stelseldatum
                          ('current system date') moet gebruik word om die ouderdom as 'n
                          heelgetalwaarde te bereken.

                          Gebruik die formule hieronder om die ouderdom van die
                          plaaseienaars te bereken:
                                                 𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶𝐶 𝑠𝑠𝑠𝑠𝑠𝑠𝑠𝑠𝑠𝑠𝑠𝑠 𝑑𝑑𝑑𝑑𝑑𝑑𝑑𝑑 − 𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷𝐷ℎ
                                      𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴 =
                                                                             365

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Inligtingstegnologie/V1                          16                           DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

                          Voorbeeld van afvoer:

                          LET WEL: Die formaat van die geboortedatum mag van hierdie
                                   voorbeeld verskil as gevolg van jou rekenaar se
                                   instellings.                                                      (7)

            2.1.5         Knoppie [2.1.5 - Multiple farms in KZN]

                          Vertoon die FullName en die totale getal plase van elke
                          plaaseienaar wat meer as een plaas in die Durban- of
                          Pietermaritzburg-gebied besit. Die totale getal plase moet in 'n nuwe
                          veld met die naam TotalFarms gestoor word.

                          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                     (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Inligtingstegnologie/V1                       17                        DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 2.2        Oortjieblad (ꞌTab sheetꞌ) [2.2 - Delphi code]
            Voorbeeld van     die   grafiese   gebruikerskoppelvlak   (GGK     (ꞌGUIꞌ))   vir
            VRAAG 2.2:

            LET WEL:
            •   Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2                       te
                beantwoord.
            •   GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word NIE.

            Knoppie [2.2 – Mixed-farm type]
            'n Gemengdeboerdery-tipe verwys na 'n plaas met 'n kombinasie van
            verskillende tipes boerdery-aktiwiteite, soos pluimvee en suiwel. Boere moet
            versoek om na 'n gemengde boerdery te verander, indien hulle daarvoor
            kwalifiseer. Slegs plase groter as 100 hektaar kwalifiseer om 'n
            gemengdeboerdery-tipe te wees.
            'n Tekslêer met die naam MixedFarms.txt, wat 'n lys bevat van FarmID's van
            die plase wat moontlik as 'n gemengdeboerdery-tipe kan kwalifiseer, is
            voorsien.
            Die eerste DRIE reëls met teks in die MixedFarms.txt-tekslêer word hieronder
            getoon.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Inligtingstegnologie/V1                       18                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

            Die program moet die boerderytipe ('farm type') na 'Mixed' opdateer indien die
            plaas kwalifiseer om 'n gemengde boerdery te wees. Indien die plaas NIE
            kwalifiseer NIE, vertoon die FarmID, FarmName en SizeInHectares van die
            plaas in die 'rich edit' redQ2_2-komponent.

            Kode is voorsien om die 'rich edit' redQ2_2-komponent skoon te maak en 'n
            geskikte opskrif te vertoon.

            Skryf kode om die volgende te doen:

            •   Toets of die tekslêer MixedFarms.txt bestaan en vertoon 'n geskikte
                boodskap deur 'n 'ShowMessage'-dialoogblokkie ('dialog box') te gebruik
                indien die tekslêer nie bestaan nie.
            •   Indien die tekslêer bestaan, lees elke FarmID vanaf die tekslêer.
                 o Identifiseer die plaas in die tblFarms-tabel.
                 o Toets of die plaas groter as 100 hektaar is:
                     -   Indien waar, dateer die FarmType-veld van die plaas na 'Mixed'
                         op.
                     -   Andersins, vertoon die FarmID, FarmName en SizeInHectares
                         van die plaas in die 'rich edit' redQ2_2-komponent, in die formaat
                         wat in die voorbeeld op die volgende bladsy getoon word.

            Voorbeeld van rekords in die tblFarms-tabel voordat die FarmType verander
            is:

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Inligtingstegnologie/V1                      19                        DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

            Voorbeeld van rekords in die tblFarms-tabel nadat die FarmType verander is:

            Voorbeeld van afvoer van plase wat in die tekslêer gelys is en nie as 'n
            gemengdeboerdery-tipe ('mixed-farm type') kwalifiseer nie:

                                                                                              (15)

 •   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
     in.
 •   Stoor jou program.
 •   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING B:             40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Inligtingstegnologie/V1                      20                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

    Heuning word gedurende warm seisoene gereeld uit 'n byekorf geoes. 'n Byekorf-
    oesopspoorder word gebruik om die gesondheidstatus van 'n byekorf-kolonie te monitor
    en na te gaan.

Doen die volgende:
•     Maak die onvolledige program in die Question 3-lêergids oop.
•     Maak die onvolledige objekklas Beehive_U.pas oop.
•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
      Question3_U.pas-lêer en die Beehive_U.pas-lêer in.
•     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):

•     Voltooi die kode soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Inligtingstegnologie/V1                          21                                                 DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

3.1       Die onvoltooide objekklas (TBeehive) wat voorsien is, bevat die verklaring van
          ses attribute wat ꞌn Beehive-objek beskryf.

          Die attribute van ꞌn Beehive-objek is soos volg verklaar:

              Attribuut                 Tipe           Beskrywing
              fBeehiveID                String         'n ID wat gebruik word om die byekorf
                                                       te identifiseer
              fBeeCount                 Integer        Die geskatte aantal bye in die byekorf
              fPests                    Boolean        Dui aan of plae tydens die laaste oes in
                                                       die byekorf gevind is
              fNoOfHarvests             Integer        Aantal voltooide oeste in die byekorf
              fTotalHoneyHarvested      Real           Die totale hoeveelheid heuning, in
                                                       kilogram, wat van die byekorf geoes is
              fHarvestDates             String         'n Aaneengeskakelde string wat al die
                                                       datums aandui waarop die byekorf tot
                                                       dusver geoes is, elke datum op 'n nuwe
                                                       reël

          Die volgende metodes is voorsien:

          •     'n Voltooide metode setPests wat die huidige status van die fPests-attribuut
                sal verander
          •     'n Voltooide toString-metode

          Voltooi die kode in die objekklas soos wat in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5
          beskryf word.

          3.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktor-metode om DRIE parameters vir die
                      fBeehiveID-, fBeeCount- en fPests-attribute te ontvang.

                      Ken die parameterwaardes aan die onderskeie attribute toe en stel die
                      oorblywende attribute op die volgende waardes:

                          fNoOfHarvests              =2
                          fTotalHoneyHarvested       = 80
                          fHarvestDates              = '2025/01/05' + #13 + '2025/06/23'                                   (4)

          3.1.2       Skryf kode vir 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
                      getNoOfHarvests om die fNoOfHarvests-attribuut terug te stuur.                                       (2)

          3.1.3       Skryf kode vir 'n metode met die naam calcAverage, om die
                      gemiddelde hoeveelheid heuning wat in die korf geoes is, te bereken
                      en terug te stuur, deur die formule hieronder te gebruik.

                                                           𝑇𝑇𝑇𝑇𝑇𝑇𝑇𝑇𝑇𝑇 ℎ𝑜𝑜𝑜𝑜𝑜𝑜𝑜𝑜 ℎ𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎
                                        𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴𝐴 =
                                                             𝑁𝑁𝑁𝑁𝑁𝑁𝑁𝑁𝑁𝑁𝑁𝑁 𝑜𝑜𝑜𝑜 ℎ𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎𝑎                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 22

Inligtingstegnologie/V1                          22                           DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

            3.1.4         Skryf kode vir 'n metode met die naam updateBeehiveDetails wat
                          'n parameterwaarde vir die hoeveelheid heuning geoes as 'n reële
                          waarde ontvang.

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Tel die parameterwaarde by die fTotalHoneyHarvested-
                              attribuut.
                          •   Inkrementeer ('increment') die fNoOfHarvests-attribuut met
                              een.
                          •   Voeg ('Join') die kode vir 'n nuwe reël (#13) en die stelseldatum
                              ('system date') by die inhoud van die fHarvestDates-attribuut.         (6)

            3.1.5         Skryf kode vir 'n metode met die naam checkHealthStatus om 'n
                          Boolese ('Boolean') waarde TRUE terug te stuur wat aandui dat die
                          byekorf gesond ('healthy') is, of FALSE indien die byekorf nie
                          gesond is nie.

                          Daar moet aan die volgende kriteria voldoen word vir die status van
                          die byekorf om gesond te wees:

                          •   Die aantal bye moet meer as 7 000 wees OF die aantal oeste
                              moet gelyk aan of minder as 3 wees.
                          •   Daar moet geen plae in die byekorf wees nie.                           (6)

 3.2        ꞌn Onvolledige program is in die Question 3-lêergids voorsien. Die program
            bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar ꞌn
            objekveranderlike met die naam objBeehive.

            Kode is in die FormCreate-metode voorsien om knoppie btnQ3_2_3 te
            deaktiveer ('disable') en die 'rich edit' redQ3_2-komponent te formateer.

            Skryf kode om die take wat in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.5 beskryf word, uit
            te voer.

            3.2.1         Knoppie [3.2.1 - Instantiate beehive object]

                          Voordat heuning uit 'n byekorf geoes word, moet die gebruiker die
                          besonderhede van die byekorf insleutel.

                          Kode is voorsien om die volgende te doen:

                          •   Maak die 'rich edit' redQ3_2-komponent skoon.
                          •   Onttrek die 'beehive ID' uit kombinasieblokkie ('combo box')
                              cmbQ3.
                          •   Onttrek die aantal bye uit spinredigeerder ('spin edit') spnQ3.
                          •   Onttrek die plaagstatus uit kontroleblokkie ('check box') chbQ3.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 23

Inligtingstegnologie/V1                          23                           DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Gebruik die inligting wat onttrek ('extracted') is om die
                              objBeehive-objek te instansieer.
                          •   Vertoon die besonderhede van die objek in die 'rich edit'
                              redQ3_2 deur die gegewe toString-metode te gebruik.

                          Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                     (5)

            3.2.2         Knoppie [3.2.2 - Ready to harvest?]

                          Die gesondheidstatus van 'n byekorf moet nagegaan word voordat
                          'n nuwe oes plaasvind.

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Roep die checkHealthStatus-metode en vertoon 'n geskikte
                              boodskap in die byskrif ('label') lblQ3_2_2 om aan te dui of die
                              byekorf gesond is ('ready to harvest') of nie gesond is nie ('not
                              ready to harvest').
                          •   Indien die byekorf gereed is om geoes te word, aktiveer
                              ('enable') knoppie btnQ3_2_3.
                          •   Indien die byekorf NIE gereed is om geoes te word NIE,
                              deaktiveer ('disable') knoppie btnQ3_2_3.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Inligtingstegnologie/V1                          24                         DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

                          Voorbeeld van afvoer indien die byekorf gereed is om geoes te word:

                          Voorbeeld van afvoer indien die byekorf NIE gereed is om geoes te
                          word NIE:

                                                                                                    (4)

            3.2.3         Knoppie [3.2.3 - Honey harvested]

                          Die hoeveelheid heuning wat tydens 'n nuwe oes geoes is, moet by
                          die totale hoeveelheid heuning wat uit die byekorf geoes is, getel
                          word.

                          Kode is voorsien om die 'rich edit' redQ3_2-komponent skoon te
                          maak.

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Onttrek die hoeveelheid heuning wat geoes is uit die
                              redigeerblokkie ('edit box') edtQ3_2_3.
                          •   Roep die updateBeehiveDetails-metode deur die hoeveelheid
                              heuning as 'n argument te gebruik.
                          •   Vertoon die volgende in die redQ3_2-komponent:

                              o   Die getal oeste in die formaat:
                                    'Harvest number: ' <Number of harvests>
                              o   Die opgedateerde besonderhede van die byekorf deur die
                                  die toString-metode te gebruik

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Inligtingstegnologie/V1                          25                           DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

                          Voorbeeld van afvoer indien die heuning wat tydens die nuwe oes
                          ingesamel is 67,1 kg was en die getal voltooide oeste is drie:

                                                                                                     (4)

            3.2.4         Knoppie [3.2.4 - Average honey harvested]

                          Skryf kode om die relevante metode te roep om die gemiddelde
                          hoeveelheid heuning wat uit die byekorf geoes is, in 'n
                          ShowMessage-dialoogblokkie ('dialog box') te vertoon, tot TWEE
                          desimale plekke geformateer.

                          Voorbeeld van afvoer indien die totale hoeveelheid heuning ná drie
                          oeste 147,1 kg was:

                                                                                                     (3)

            3.2.5         Knoppie [3.2.5 - Change status of pests]

                          Die status van plae in die byekorf moet verander word, afhangende
                          daarvan of plae opgespoor is of nie.

                          'n Metode met die naam setPests, wat die huidige status van plae
                          in die byekorf sal verander, is in die objekklas voorsien.

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Roep die setPests-metode.
                          •   Deaktiveer ('Disable') die btnQ3_2_3-knoppie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 26

Inligtingstegnologie/V1                         26                       DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

                          Voorbeeld van die 'Honey harvested'-knoppie wat gedeaktiveer is
                          wanneer die gebruiker een keer op die 'Change status of pests'-
                          knoppie geklik het:

                                                                                                (2)

 •   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
     die vormklas in.
 •   Stoor jou program.
 •   Druk die kode in die objekklas en die vormklas indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:            40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 27

Inligtingstegnologie/V1                    27                         DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 AFDELING D

 VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

 SustainaFarm Collective is 'n maatskappy wat navorsing doen oor volhoubare
 boerderypraktyke in gebiede waar verskillende tipes gewasse geplant word.

 Doen die volgende:

 •   Maak die onvolledige program in die Question 4-lêergids oop.
 •   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
     Question4_U.pas-lêer in.
 •   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.

 Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):

 •   Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos wat in VRAAG 4.1 en
     VRAAG 4.2 beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 28

Inligtingstegnologie/V1                          28                         DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 4.1        Die SustainaFarm Collective monitor die samestelling van grond in tien hektaar
            boerderygrond deur die persentasiewaardes per hektaar vir klei ('Clay'), sand
            ('Sand') en slik ('Silt') in die grond te meet.

            Jy is van die volgende voorsien:

            •   'n Voltooide Display-prosedure
            •   Verklarings vir die volgende skikkings:

                o 'n Gevulde eendimensionele skikking van tipe string waar elke element
                  van die skikking die hoeveelheid klei, sand en slik in die grond
                  verteenwoordig:
                     arrSoil: array[1..10] of String =
                     ('20:50:10', '40:30:30', '30:28:30', '60:20:20',
                     '25:30:45', '50:40:10', '30:55:15', '45:35:20',
                     '35:0:55', '55:25:20');
                o 'n Tweedimensionele skikking van reële tipe ('type real'):
                     arr2DSoil: array[1..10, 1..3] of Real;

            4.1.1         Knoppie [4.1.1 - Extract]

                          Skryf kode om die Clay-, Sand- en Silt-waardes vir elke hektaar uit
                          die arrSoil-skikking te onttrek en dit in die gegewe
                          tweedimensionele skikking arr2DSoil te stoor.

                          Kode is voorsien om die volgende te doen:

                          •   Maak die 'rich edit'-komponent redQ4_1 skoon.
                          •   Roep die Display-metode om die data in die arr2DSoil
                              tweedimensionele skikking in die 'rich edit'-komponent redQ4_1
                              af te voer.

                          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 29

Inligtingstegnologie/V1                          29                          DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

            4.1.2         Knoppie [4.1.2 - Validate]

                          Dit is vir die SustainaFarm Collective belangrik dat die som van die
                          Clay-, Sand- en Silt-waardes vir elke hektaar aan die waarde van
                          100 gelyk is.

                          Kode is voorsien om die redQ4_1-komponent skoon te maak en die
                          opskrif 'Hectares adjusted' te vertoon.

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Bereken die som van die Clay-, Sand- en Silt-waardes vir elke
                              hektaar.
                          •   Indien die som van enige hektaar nie die waarde van 100 het as
                              dit opgetel word nie, doen die volgende:

                              o   Pas die Clay-, Sand- en Silt-waardes vir daardie hektaar in
                                  dieselfde verhouding aan om seker te maak dat die som van
                                  die drie waardes, as dit opgetel word, 100 is.
                              o   Vertoon die hektaarnommer in die redQ4_1-komponent in
                                  die formaat:

                                       Hectare: <hectare number>

                          LET WEL:     Neem aan dat die totaal vir elke hektaar nie meer as
                                       100 sal wees nie.

                          Kode is voorsien om die volgende te doen:

                          •   Vertoon die opskrif 'Updated data:'.
                          •   Roep die Display-metode om die data van die arr2DSoil
                              tweedimensionele skikking in die 'rich edit'-komponent redQ4_1
                              af te voer.

                          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (9)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 30

Inligtingstegnologie/V1                        30                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 4.2        Knoppie [4.2 - Nutrient markers]

            Die SustainaFarm Collective doen navorsing oor die groeipotensiaal van
            gewasse deur unieke voedingstofmerkers ('nutrient markers') te gebruik.
            Voedingstofmerkers is spesiale getalle waar die som van die fakulteite
            ('factorials') van hulle syfers aan die getal self gelyk is.

            Voorbeeld 1:

            Die getal 145 is 'n voedingstofmerker ('nutrient marker') aangesien die som van
            die fakulteite ('factorials') van die syfers aan die oorspronklike getal 145 gelyk
            is.

                1! = 1 x 1 = 1
                4! = 4 × 3 × 2 × 1 = 24
                5! = 5 × 4 × 3 × 2 × 1 = 120

                1 + 24 + 120 = 145

            Voorbeeld 2:

            Die getal 32 is NIE 'n voedingstofmerker ('nutrient marker') NIE.

                3! = 3 x 2 x 1 = 6
                2! = 2 × 1 = 2

                6 + 2 = 8 ≠ 32

            Kode is voorsien om die volgende te doen:

            •   Maak die memokomponent memQ4_2 skoon.
            •   Vertoon die onderstreepte opskrif 'Nutrient markers:'.

            Skryf kode om die volgende te doen:

            •   Bepaal al die voedingstofmerkers ('nutrient markers') in die reeks van 1 tot
                50 000 (ingesluit).
            •   Vertoon elke voedingstofmerker ('nutrient marker') in die memokomponent
                memQ4_2.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 31

Inligtingstegnologie/V1                   31                        DBE/November 2025
                                     NSS Vertroulik

            Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (13)

 •   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
     in.
 •   Stoor jou program.
 •   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                           TOTAAL AFDELING D:           30
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

### Page 32

Inligtingstegnologie/V1                       1                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DATABASIS-INLIGTING VIR VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblFarmOwners

Hierdie tabel bevat die besonderhede van plaaseienaars.

 Veldnaam                 Datatipe     Beskrywing
 OwnerID (PK)             Number       Unieke identifiseerder vir die plaaseienaar
 FullName                 Text (20)    Volle naam van die plaaseienaar
 ContactNumber            Text (12)    Kontaknommer van die plaaseienaar
 Email                    Text (25)    E-posadres van die plaaseienaar
 DateOfBirth              Date/Time    Geboortedatum van die plaaseienaar

Voorbeeld van die eerste nege rekords van die tblFarmOwners-tabel:

Tabel: tblFarms

Hierdie tabel bevat die besonderhede van elke plaas.

 Veldnaam                 Datatipe     Beskrywing
 FarmID (PK)              Number       Unieke identifiseerder vir elke plaas
 FarmName                 Text (20)    Naam van die plaas
 NearestTown              Text (20)    Die dorp naaste aan die plaas
 SizeInHectares           Number       Grootte van die plaas in hektaar
 FarmType                 Text (10)    Tipe plaas (bv. Dairy, Poultry, Mixed)
 OwnerID (FK)             Number       Die eienaar-ID ('owner ID') van die plaaseienaar

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 33

Inligtingstegnologie/V1                      2                             DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

Voorbeeld van die eerste elf rekords van die tblFarms-tabel:

LET WEL:

•   Konneksiekode is voorsien.
•   Die databasis word met ꞌn wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot die
    databasis kan verkry nie.

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit (ꞌreferential integrityꞌ)
bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:

Kopiereg voorbehou

### Page 34

Inligtingstegnologie/V1                         DBE/November 2025
                               NSS Vertroulik

                          BEPLANNINGSBLADSY 1

Kopiereg voorbehou

### Page 35

Inligtingstegnologie/V1                         DBE/November 2025
                               NSS Vertroulik

                          BEPLANNINGSBLADSY 2

Kopiereg voorbehou

### Page 36

Inligtingstegnologie/V1                                                   DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

                                        Eksamenplakker

                                                                                     _______
                                                                                      150

              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2025
INLIGTINGSBLAD (moet NA AFLOOP VAN die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)

SENTRUMNOMMER: _____________________________________________________

EKSAMENNOMMER: _____________________________________________________

WERKSTASIENOMMER: __________________________________________________

Weergawe van Delphi wat tydens die INLIGTINGSTEGNOLOGIE NSS NOV. 2025-eksamen gebruik is:

 Maak ꞌn kruisie                                                                         Ander:
                      Delphi   Delphi    Delphi       Delphi     Delphi     Delphi    (Spesifiseer)
 in die toepaslike
                      2010      XE        10.3      Community     11         12        ________
 blokkie (X)

NAAM VAN LÊERGIDS (ꞌFOLDERꞌ): _________________________________________

Kandidaat moet afmerk as die lêernaam (lêername) wat vir elke antwoord gebruik is, gestoor is
en/of 'n poging aangewend is.
   Vraag-                         Gestoor         Gepoog    Maksimum         Punt        Nasiener
                   Lêernaam
  nommer                            ()             ()       Punt         Toegeken      se Kode
                Question1_P.
       1        dproj                                            40

                Question2_P.
       2        dproj                                            40

                Beehive_U.                                       22
                pas
       3
                Question3_P.                                     18
                dproj
                Question4_P.
       4        dproj                                            30

                           TOTAAL                                150

Kommentaar: (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
 ______________________________________________________________________
 ______________________________________________________________________

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [IT P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr/379269e7-3731-4176-9d26-e4f9cf72c167) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2019-afr/0d13fffc-578b-4fce-954d-57bc720bc513) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-afr/d88a56a4-b5e1-412d-9208-031db1d085df) — Information Technology · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
