# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2025 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-information-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/a9a7e3b5-4412-4f8b-ae03-0bdcea748908
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-information-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/a9a7e3b5-4412-4f8b-ae03-0bdcea748908)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Inligtingstegnologie/V2                        2                    DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.         Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

            AFDELING A:      Kortvrae                                (20)
            AFDELING B:      Stelseltegnologieë                      (25)
            AFDELING C:      Kommunikasie- en Netwerktegnologieë     (25)
            AFDELING D:      Data- en Inligtingsbestuur              (20)
            AFDELING E:      Oplossingontwikkeling                   (30)
            AFDELING F:      Geïntegreerde Scenario                  (30)

 2.         Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

 3.         Beantwoord AL die vrae.

 4.         Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal
            feite/redes wat vereis word.

 5.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

 6.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Inligtingstegnologie/V2                            3                          DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 AFDELING A: KORTVRAE              2025

 VRAAG 1

 1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
            (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

            1.1.1         … is 'n protokol wat gebruik word om e-posse van 'n e-poskliënt na 'n
                          e-posbediener te stuur.

                          A    LOP ('FTP')
                          B    EPOP ('SMTP')
                          C    HTTP
                          D    VoIP                                                                   (1)

            1.1.2         Rangskik die volgende volgens die spoed van data-toegang, van die
                          vinnigste tot die stadigste:

                          A    SVE('CPU')-kasgeheue; VETG ('VRAM'); VTA ('SSD'); ETG
                               ('RAM'); HDD
                          B    VETG ('VRAM'); SVE('CPU')-kasgeheue; ETG ('RAM'); VTA
                               ('SSD'); HDD
                          C    SVE('CPU')-kasgeheue; VETG ('VRAM'); ETG ('RAM'); VTA
                               ('SSD'); HDD
                          D    SVE('CPU')-kasgeheue; ETG ('RAM'); VETG ('VRAM'); VTA
                               ('SSD'); HDD                                                           (1)

            1.1.3         'n … is 'n privaat netwerk wat toegang aan werknemers van 'n
                          maatskappy bied.

                          A    Internet
                          B    Ekstranet ('Extranet')
                          C    OutsourceNet
                          D    Intranet                                                               (1)

            1.1.4         Die verandering van die streeks- en taalinstellings ('regional and
                          language settings') van 'n toestel is deel van …

                          A    sekuriteitsbestuur.
                          B    samepersing van lêers.
                          C    stelselkonfigurasie.
                          D    skyfskoonmaak ('disk clean-up').                                       (1)

            1.1.5         … is 'n tipe lisensie wat dikwels in oopbronsagteware gebruik word
                          om gebruikers toe te laat om die sagteware te redigeer, te kopieer en
                          te versprei.

                          A    Eindgebruiker-lisensie ('End User License')
                          B    Algemene publieke lisensie ('General Public License')
                          C    'Creative Commons'-lisensie
                          D    Voorafverpakte ('Shrink-wrap') lisensie                                (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Inligtingstegnologie/V2                            4                           DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

            1.1.6         Watter EEN van die volgende is NIE 'n kenmerk van mikroblogs
                          ('microblogs') NIE?

                          A    Vinnig om te skep en te deel
                          B    Word tipies op sosiale-netwerkplatforms aangebied ('hosted')
                          C    Sluit slegs inhoud met 'n teksformaat in
                          D    Vrystellings ('Posts') is onmiddellik en bevat 'n beperkte getal
                               karakters                                                                (1)

            1.1.7         Kwaadwillige sagteware ('Malware') wat oor 'n afstand beheer oor 'n
                          groep rekenaars neem sonder dat die gebruikers daarvan weet, staan
                          as 'n … bekend.

                          A    zombie
                          B    DDoS-aanval
                          C    botnet
                          D    sleutelvaslegger ('keylogger')                                           (1)

            1.1.8         Watter EEN van die volgende datatipes is NIE geskik om as deel van
                          'n gevalstelling ('case statement') in Delphi te gebruik NIE?

                          A    Char
                          B    Boolean
                          C    String
                          D    Integer                                                                  (1)

            1.1.9         Die volgende TWEE veranderlikes is in Delphi verklaar:

                                sString: String;
                                cChar: Char;

                          Watter EEN van die volgende stellings sal 'n fout tot gevolg hê?

                          A    cChar   := UpCase(cChar);
                          B    sString := UpCase(sString);
                          C    sString := UpperCase(cChar);
                          D    sString := UpperCase(sString);                                           (1)

            1.1.10        Watter EEN van die volgende stellings sal TRUE as resultaat lewer?

                          A    NOT(TRUE) AND NOT(FALSE)
                          B    NOT(TRUE OR FALSE)
                          C    TRUE AND (FALSE OR TRUE)
                          D    FALSE AND (FALSE AND (TRUE OR FALSE))                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Inligtingstegnologie/V2                           5                          DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
            die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Rekenaar.

            1.2.1         'n Opeenvolging van stappe wat gebruik word om 'n spesifieke
                          probleem of taak op te los                                                  (1)

            1.2.2         Die beoefening van goeie maniere wanneer daar elektronies
                          gekommunikeer word                                                          (1)

            1.2.3         'n Volledige webadres vir 'n spesifieke webblad of bron                     (1)

            1.2.4         Sagteware wat kommunikasie         tussen    die   bedryfstelsel   en
                          hardewaretoestelle fasiliteer                                               (1)

            1.2.5         'n Webtuiste wat algemeen gebruik word vir samewerking, waar
                          gebruikers inhoud maklik kan skep, redigeer en verbind ('link')             (1)

 1.3        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en
            skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
            ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien dit onwaar is deur die
            woord/frase wat onderstreep is, te verander.

            LET WEL:

            •   MOENIE slegs die woord 'NIE' gebruik om die stelling te verander NIE.
            •   GEEN punte sal toegeken word indien slegs ONWAAR as antwoord gegee
                word nie.

            1.3.1         Die funksie Randomrange(10,12) in Delphi stuur 'n ewekansige
                          heelgetalwaarde tussen 10 en 12, beide ingesluit, terug.                    (1)

            1.3.2         Die Linux Ubuntu-bedryfstelsel word algemeen in slimfone gebruik.           (1)

            1.3.3         BitTorrent is 'n eweknie-lêerdeling-protokol ('peer-to-peer' file-
                          sharing' protocol).                                                         (1)

            1.3.4         Deelware('Shareware')-sagteware is gratis om te gebruik, maar kan
                          beperkte eienskappe hê of kan ná 'n proeftydperk 'n betaling vereis.        (1)

            1.3.5         Daar word na die kode van 'n program wat vir mense leesbaar is, as
                          masjien-kode verwys.                                                        (1)

                                                                      TOTAAL AFDELING A:              20

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Inligtingstegnologie/V2                           6                          DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 SCENARIO

 Daar word by een van die wildreservate in die land navorsing gedoen oor bedreigde
 spesies. Bewaarders en wetenskaplikes by die reservaat vertrou op effektiewe
 rekenaarstelsels en tegnologieë vir hulle daaglikse bedrywighede, wat intydse opspoor
 en monitering van diere, bewaringstrategieë en die voorkoming van stroping insluit.
 Sekuriteit ten opsigte van die veilige bewaring van data en gemagtigde toegangsbeheer
 is die verantwoordelikheid van die IT-span.

 2.1        Die moederbord is die 'hart' van enige rekenaar.

            2.1.1         Noem TWEE funksies van 'n moederbord.                                       (2)

            2.1.2         Verduidelik hoekom 'n bus-kommunikasiepad stadiger as 'n punt-tot-
                          punt-kommunikasiepad op 'n moederbord is.                                   (2)

            2.1.3         Verduidelik hoekom 'n GVE ('GPU') die verwerkingswerkverrigting
                          van 'n rekenaarstelsel sal verbeter.                                        (2)

            2.1.4         Vergelyk die rol van ETG ('RAM') en VETG ('VRAM') met spesifieke
                          verwysing na ELK se funksie.                                                (2)

 2.2        'n Bedryfstelsel voer veelvuldige kritieke funksies in 'n rekenaarstelsel uit.

            2.2.1         Die bestuur van prosesse is een van die funksies van 'n
                          bedryfstelsel.

                          Noem 'n noodsaaklike hardeware-vereiste van 'n SVE ('CPU') wat
                          multiverwerking moontlik maak.                                              (1)

            2.2.2         Virtuele geheue word deur die bedryfstelsel bestuur.

                          Verduidelik wat virtuele geheue is.                                         (2)

 2.3        Die IT-span moet die stoor van data bestuur.

            Gee 'n term vir die proses wat dokumente wat nie meer aktief gebruik word nie,
            uit die rekenaar se primêre stoorplek verwyder en die dokumente in 'n
            sekondêre stoorplek stoor.                                                                (1)

 2.4        Hommeltuie ('Drones') en mobiele tegnologie word dikwels gebruik om
            migrasiepatrone van die 'Groot 5'('Big 5')-diere waar te neem.

            2.4.1         Behalwe hommeltuie, stel EEN ander mobiele tegnologie voor wat
                          gebruik kan word om migrasiepatrone waar te neem.                           (1)

            2.4.2         Noem TWEE beperkings van die gebruik van mobiele tegnologieë.               (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Inligtingstegnologie/V2                           7                         DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 2.5        'n Databasis wat aan bewaring toegewy is, word gebruik om kritieke data oor
            bedreigde spesies te stoor, en toegang daartoe kan slegs deur gevolmagtigde
            gebruikers verkry word.

            2.5.1         Stel     TWEE       biometriese     geldigheidvasstellingsmetodes
                          ('authentication methods') voor wat gebruik kan word om toegang tot
                          die databasis te verkry.                                                  (2)

            2.5.2         Gebruik 'n voorbeeld om die effek van gemors-in-gemors-uit (GIGU)
                          ('garbage-in-garbage-out/GIGO') ten opsigte van data-insameling in
                          wild-opsporingstelsels te verduidelik.                                    (2)

            2.5.3         Om kritieke data te beskerm, noem TWEE voorsorgmaatreëls wat
                          getref kan word om die onklaarraking van hardeware te voorkom.            (2)

 2.6        Virtuele realiteit ('virtual reality/VR') is besig om 'n kragtige instrument vir
            wildbewaring en opvoeding te word.

            2.6.1         Noem TWEE beperkings van VR-tegnologie.                                   (2)

            2.6.2         Bespreek TWEE voordele van die gebruik van VR vir bewaring-
                          bewustheid.                                                               (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Inligtingstegnologie/V2                            8                             DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 VRAAG 3

 SCENARIO
 'n Luukse lodge in die wildreservaat wil hulle netwerkinfrastruktuur opgradeer. Die lodge
 bestaan uit 'n klomp chalets vir gaste, 'n hoofgebou met 'n restaurant, ontvangsarea, 'n
 administrasiekantoor en 'n navorsingsentrum. Die lodge bied toegang tot Wi-Fi aan
 gaste en het ook afstandsekuriteitskameras om wilde diere te monitor.

 3.1        Gee TWEE redes waarom 'n kliënt-bediener-netwerk 'n geskikte netwerk sal
            wees om by die lodge te gebruik.                                                               (2)

 3.2        Identifiseer die tipe area-netwerk wat in ELK van die volgende scenario's
            gebruik word:

            3.2.1         Tydens 'n safari-staptog word toegang tot dieselfde boodskappe wat
                          op die toergids se selfoon ontvang word, op die gids se slimhorlosie
                          verkry.                                                                          (1)

            3.2.2         Die lodge verbind met ('connects to') 'n internasionale wildbewaring-
                          databasis deur middel van die internet.                                          (1)

 3.3        Die lodge se navorsingsentrum deel wêreldwyd groot datalêers oor wilde diere
            met omgewingsbewaarders.

            Behalwe tydbesparing en die verbetering van effektiwiteit, gee TWEE ander
            redes waarom lêeroordragprotokol (LOP) ('file transfer protocol/FTP') gebruik
            behoort te word om groot lêers te deel.                                                        (2)

 3.4        Die prentjie hieronder toon die netwerk-omgewing in die administrasiekantoor.

                                                        Drukker

                                                                           Die internet

                                                        Bediener

            3.4.1         Identifiseer die toestel wat 3.4.1 in die prentjie hierbo gemerk is.             (1)

            3.4.2         Identifiseer die toestel wat 3.4.2 in die prentjie hierbo gemerk is.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Inligtingstegnologie/V2                           9                           DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 3.5        Daar is 'n toename in die gebruik van bandwydte by die lodge as gevolg van
            die groot aantal gaste wat die kabellose netwerk gebruik om video's te stroom.

            3.5.1         Onderskei tussen trefwydte ('range') en bandwydte in kabellose
                          netwerke.                                                                    (2)

            3.5.2         Gee TWEE moontlike redes waarom daar dalk stromingvertragings
                          en meer uitdagings met buffering by die chalets as by die hoofgebou
                          is, waar 'n gekabelde netwerk gebruik word.                                  (2)

 3.6        Die lodge is in die proses om hulle webtuiste van 'n statiese webtuiste na 'n
            dinamiese webtuiste op te gradeer.

            3.6.1         Bespreek TWEE voordele van 'n dinamiese webtuiste vir die lodge
                          se klante.                                                                   (2)

            3.6.2         Die webontwerper het versoek dat 'n web-outeur ('web author') by
                          die lodge aangestel moet word.

                          Noem TWEE take wat tipies aan die web-outeur toegeken sal word.              (2)

 3.7        Onsigbare data-insameling verwys na die outomatiese insameling van
            gebruikersinligting aanlyn, sonder dat die gebruiker aktief daarvan bewus is.

            3.7.1         Noem en verduidelik 'n tegniek wat tydens onsigbare data-
                          insameling gebruik word.                                                     (2)

            3.7.2         Hoe sal plekgebaseerde data, wat saam met onsigbare data-
                          insameling gebruik word, tot die veiligheid van gaste by die reservaat
                          bydra?                                                                       (2)

 3.8        Die IT-span by die lodge wil sekuriteit verbeter wanneer personeel oor 'n
            afstand by die lodge se besprekingstelsel inteken.

            3.8.1         Verduidelik kortliks die konsep multifaktor-geldigheidsvasstelling
                          (MFG) ('multi-factor authentication/MFA').                                   (1)

            3.8.2         Motiveer waarom 'n eenmalige pin ('OTP') 'n effektiewe meganisme
                          is om personeel-aantekening ('logins') te verifieer.                         (1)

 3.9        Die wildreservaat is besig om 'n netwerk van kameras, wat deur beweging
            geaktiveer word, op te stel om snags skaars diere te monitor. Die
            beeldmateriaal van die kameras moet na die navorsingsentrum, wat etlike
            kilometer daarvandaan is, teruggestuur word.

            3.9.1         Watter oordragmedium sal die geskikste wees om beeldmateriaal
                          van die kameras na die navorsingsentrum oor te dra?                          (1)

            3.9.2         Gee TWEE redes om jou antwoord op VRAAG 3.9.1 te regverdig.                  (2)

                                                                      TOTAAL AFDELING C:               25

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Inligtingstegnologie/V2                           10                           DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 'n Databasis is deur die bestuurspan van die wildreservaat opgestel om die
 besonderhede van diere, wildbewaarders ('rangers') en waarnemings ('sightings') te
 stoor.

 4.1        'n Tabel met die naam tblAnimalSightings is deur die bestuurspan ontwerp.

            Bestudeer die velde en inhoud van die tblAnimalSightings-tabel hieronder en
            beantwoord die vrae wat volg.

            4.1.1         Die Experience-veld is tans 'n teks-datatipe.

                          Gee 'n rede waarom die data en die datatipe van hierdie veld na
                          heelgetal ('integer') verander behoort te word.                              (1)

            4.1.2         Noem en verduidelik die onreëlmatigheid ('anomaly') wat sal
                          voorkom deur die RangerContact- en Experience-veld in die
                          tblAnimalSightings-tabel te hê.                                              (2)

            4.1.3         Die tblAnimalSightings-tabel is in drie aparte tabelle verdeel om
                          die reëls van normalisering te ondersteun.

                          Die twee tabelle op die volgende bladsy, tblAnimals en tblRangers,
                          is met velde uit die oorspronklike tblAnimalSightings-tabel gevul,
                          wat relevante primêre sleutels insluit.

                          Teken die tabelle op die volgende bladsy in jou ANTWOORDEBOEK
                          oor, wat die velde insluit wat voorsien is, en voltooi die diagram soos
                          volg:

                          •   Vul AL die ontbrekende velde in die tblSightings-tabel in, die
                              vreemde sleutel(s) ('foreign key(s)') ingesluit.
                          •   Toon die verwantskap(pe) tussen die tabelle.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Inligtingstegnologie/V2                          11                        DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

                                                                                                   (6)

 4.2        Die wildbewaarders maak staat op databasisse om groot hoeveelhede data,
            gemik op die monitering van die bewegings van die 'Groot 5'-diere, te stoor.

            Onderskei tussen aktualiteit ('currency') en toepaslikheid ('relevance') as
            eienskappe van data.                                                                   (2)

 4.3        Verskeie natuurreservate dwarsoor die land gebruik 'n gemeenskaplike
            besprekingstelsel. Besoekers wat vir lojaliteitskaarte gekwalifiseer het, sal by
            sekere lodges en nasionale parke afslag kry.

            4.3.1         Gee TWEE potensiële voordele vir 'n lodge wanneer 'n gaste-
                          lojaliteitskaartprogram geïmplementeer word.                             (2)

            4.3.2         Die lodge het nie die kapasiteit om 'n nuwe kommersiële DBBS
                          ('proprietary DBMS') te befonds nie.

                          Identifiseer TWEE oopbron-DBBS-sagtewaretoepassings in die lys
                          hieronder.

                                      Microsoft SQL Server; MySQL; Oracle;
                                           Microsoft Access; PostgreSQL                            (2)

 4.4        Die IT-span het opdrag gekry om data-ontginningstegnieke ('data mining
            techniques') op 'n nasionale datapakhuis ('data warehouse') vir die doel van
            natuurbewaring toe te pas.

            4.4.1         Definieer die volgende konsepte:

                          (a) Datapakhuis                                                          (2)

                          (b) Data-ontginning                                                      (2)

            4.4.2         Gee EEN spesifieke voorbeeld van data-ontginning wat met
                          natuurbewaring verband hou.                                              (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING D:               20
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Inligtingstegnologie/V2                      12                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING E: OPLOSSINGONTWIKKELING

 VRAAG 5

 5.1        Gee die waarde van iResult in die volgende Delphi-stellings:

            5.1.1         iResult := CEIL (-2.3)                                                  (1)

            5.1.2         iResult := TRUNC (-2.3)                                                 (1)

 5.2        Die volgende kode-segment is voorsien:

            Reël 1         var
            Reël 2            iNum, iAnsw : Integer;
            Reël 3            rNum, rAnsw : Real;
            Reël 4         begin
            Reël 5            iNum := 25;
            Reël 6            rNum := 15;
            Reël 7            iAnsw := iNum/5;
            Reël 8            rAnsw := 15 MOD 3;
            Reël 9            iAnsw := rNum MOD 3;
            Reël 10        end;

            Dui aan of ELK van die volgende reëls met kode in die segment wat voorsien
            is, KORREK of VERKEERD is. Kies die antwoord en skryf 'korrek' of 'verkeerd'
            langs die vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee
            'n rede vir jou antwoord in elke geval.

            LET WEL: GEEN punte sal toegeken word indien slegs KORREK of
                     VERKEERD as die antwoord gegee word NIE.

            5.2.1         Reël 7                                                                  (2)

            5.2.2         Reël 8                                                                  (2)

            5.2.3         Reël 9                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Inligtingstegnologie/V2                         13                          DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 5.3        Die besoekers by die wildreservaat het 'n toep ('app') op hulle mobiele toestelle
            om die waarnemings ('sightings') van 'Groot 5'-diere ('Big 5') aan te teken.

            Die skermskoot hieronder is 'n voorbeeld van 'n onvolledige toepassings-
            koppelvlak om data van 'n enkele waarneming vas te lê.

            5.3.1         'n DateTimePicker-komponent is gebruik om die datum van die
                          waarneming in die korrekte formaat te selekteer.

                          (a)   Noem EEN ander vorm van verifikasie wat toegepas kan
                                word op die datum van die waarneming wat geselekteer is.            (1)

                          (b)   Gebruik die voorbeeld van die datum van die waarneming wat
                                geselekteer is om die verskil tussen geldige en korrekte data
                                in hierdie scenario te illustreer.                                  (2)

            5.3.2         Die moontlike plekke in die reservaat waar 'n waarneming
                          geregistreer kan word, is:

                            Tshokwane, Flamingo Dam, Mopani Camp en Elephant Valley

                          Gee die naam van 'n geskikte komponent wat by die koppelvlak
                          gevoeg kan word om seker te maak dat 'n geldige plek deur die
                          gebruiker geselekteer word.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Inligtingstegnologie/V2                            14                        DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

            5.3.3         Ontwerp 'n UML-diagram vir 'n Sighting-objek deur die inligting wat
                          op die 'Big 5 - Animal sighting'-koppelvlak voorsien is, te gebruik
                          (sien vorige bladsy).

                          Die volgende moet by die UML-diagram ingesluit word:

                          •     Vyf attribute van die Sighting-objek
                          •     'n Konstruktor-metode sonder parameters
                          •     Twee toegangsmetodes ('accessor methods')
                          •     Een wysigingsmetode ('mutator method') wat 'n parameter
                                ontvang
                          •     Privaat/Publieke ('Private/Public') toeganklikheid van al die
                                attribute en metodes
                          •     Datatipes waar nodig                                                 (7)

 5.4        'n Tekslêer met die naam BirdSpeciesSpotted.txt bevat die getal voëlspesies
            wat deur 'n onbekende aantal voëlkykers oor 'n tydperk van vier dae raakgesien
            ('spotted') is. Daar sal na die getal spesies wat vir die vier dae raakgesien is,
            verwys word as GesienDag1, GesienDag2, en so aan.

            Die formaat van elke reël teks in die tekslêer is soos volg:
             <Naam van voëlkyker>;<GesienDag1>#<GesienDag2>#<GesienDag3>#<GesienDag4>

            Die eerste DRIE teksreëls in die tekslêer word hieronder getoon:

                    Jenny Brits;19#8#27#16
                    Mpho Julies;25#33#24#28
                    Vidhi Tyson;16#29#27#38

            5.4.1         Gee EEN rede waarom 'n voorwaardelike lus ('conditional loop') 'n
                          geskikte lus sal wees om die data uit die tekslêer te lees.                (1)

            5.4.2         Die AssignFile()- en die Reset()-prosedures word gebruik om 'n
                          tekslêer oop te maak met die doel om daaruit te lees.

                          Watter prosedure, wat op die AssignFile()-prosedure volg, word
                          gebruik om 'n nuwe tekslêer te skep?                                       (1)

            5.4.3         Die data uit die tekslêer BirdSpeciesSpotted.txt moet in
                          skikkings ('arrays') gestoor word. 'n Eendimensionele skikking,
                          arrBirdWatcherNames, sal die name van die voëlkykers stoor en 'n
                          parallelle tweedimensionele skikking, arr2DSpotted, sal die getal
                          voëlspesies wat per dag deur elke voëlkyker raakgesien is, stoor.
                          Die skikking arr2DSpotted sal verklaar word met 'n addisionele
                          kolom wat nie tans gevul is nie.

                          (a)      Gee EEN rede waarom die name van die voëlkykers NIE by
                                   die tweedimensionele skikking arr2DSpotted ingesluit moet
                                   word NIE.                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Inligtingstegnologie/V2                        15                          DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

                          (b)   Die tabel hieronder toon die inhoud van die eerste drie rye
                                data in die tweedimensionele skikking arr2DSpotted.

                                              19      8     27     16
                                              25      33    24     28
                                              16      29    27     38
                                              …       …     …      …

                                'n Globale veranderlike met die naam iNumBirdWatchers
                                sal die aantal reëls wat uit die tekslêer gelees is, stoor.

                                Skryf 'n algoritme wat gebruik kan word om die hoogste getal
                                voëlspesies wat deur elke voëlkyker oor 'n tydperk van vier
                                dae gesien is, te bepaal, en vul kolom 5 van die
                                tweedimensionele skikking arr2DSpotted met hierdie
                                waardes.                                                           (8)

                                                                    TOTAAL AFDELING E:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Inligtingstegnologie/V2                           16                           DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 SCENARIO

 Plaaslike en internasionale wildnavorsers bly dikwels by een van die lodges in die
 reservaat, waar konferensies oor wildbewaring gehou word en strategieë om wild te
 bewaar en te beskerm, beplan word. Die lodge het 'n aanlyn besprekingstelsel en 'n
 webtuiste met inligting oor navorsingsprojekte, begeleide safari's en ander aktiwiteite
 wat hulle aanbied.

 Die IT-span is daarvoor verantwoordelik om navorsingsdata en alle kommunikasie veilig
 te bewaar en te verseker dat die navorsers, wildbewaarders en gaste die nodige
 tegnologieë tot hulle beskikking het om hulle aktiwiteite te ondersteun.

 6.1        IPTV word as 'n diens vir gaste by die lodge voorsien.

            6.1.1         Brei die afkorting IPTV uit.                                                  (1)

            6.1.2         Noem TWEE uitdagings wat IPTV-verskaffers oor die algemeen
                          ondervind.                                                                    (2)

            6.1.3         Samepersingstegnologieë speel        'n   noodsaaklike     rol   in   die
                          versending van multimedia-data.

                          Verduidelik die verwantskap tussen die gehalte van die video en die
                          afleweringspoed van saamgeperste video-data.                                  (2)

 6.2        Die e-posstelsel by die lodge is onlangs deur kuberbendes geteiken.
            Gebruikers van die stelsel moet oor aspekte van kuberkrakery ('hacking') en
            verwante kwesbaarhede opgelei word.

            6.2.1         Verduidelik wat sosiale manipulasie ('social engineering') is.                (2)

            6.2.2         Noem TWEE maniere waarop gebruikers strikroof-('phishing')-
                          e-posse kan identifiseer.                                                     (2)

            6.2.3         Die IT-span by die lodge het versoek dat 'n digitale forensiese
                          ondersoeker aangestel word.

                          Verduidelik die taak van 'n digitale forensiese ondersoeker.                  (2)

 6.3        Navorsers sal van 'n sekuriteitsbewys ('security token') voorsien word wanneer
            hulle die aanlyn besprekingstelsel gebruik om hulle akkommodasie te bestuur.

            6.3.1         Beskryf hoe 'n sekuriteitsbewys ('security token') werk.                      (3)

            6.3.2         Verduidelik hoe die gebruik van BSL ('SSL') die veiligheid van die
                          webtuiste sal verbeter.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Inligtingstegnologie/V2                         17                          DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 6.4        Die lodge wil hê hulle webtuiste, met die titel 'Big 5 Safaris in South Africa',
            moet boaan soekenjinresultate verskyn om die gebruik van die vermoëns van
            Web 3.0 te maksimaliseer.

            6.4.1         Stel TWEE tegnieke voor wat gebruik kan word om soekenjin-
                          optimalisering te verhoog om die sigbaarheid van die webtuiste te
                          verbeter.                                                             (2)

            6.4.2         Is die URL hieronder 'n voorbeeld van Web 1.0 of Web 3.0?

                          https://example.com/services?category=big5&sessionid=221              (1)

            6.4.3         Bespreek hoe 'n semantiese soektog die akkuraatheid van
                          soekresultate kan verbeter.                                           (2)

            6.4.4         Verduidelik kortliks wat die kenmerk van 'n bemiddelde ('mediated')
                          soektogmetode is.                                                     (1)

 6.5        Navorsers gebruik 'n mobiele toep ('app') wat hulle toelaat om addisionele
            inligting oor diere wat waargeneem is, te sien, terwyl hulle deur hulle mobiele
            toestelle se kameras kyk.

            Identifiseer die tipe tegnologie wat deur hierdie toep gebruik word.                (1)

 6.6        Die geval waar die vergiftiging van 'n olifant deur stropers tot die vergiftiging
            van baie aasvoëls gelei het, is bespreek by 'n strategiese beplanningsessie om
            wild te bewaar. Baie van die vergiftigde aasvoëls het aktiewe RFID-etikette
            ('tags') gehad en kon betyds deur wildbewaarders opgespoor word.

            6.6.1         Onderskei tussen 'n passiewe en 'n aktiewe RFID-etiket deur na die
                          kragbron van elk van hierdie tipes etikette te verwys.                (2)

            6.6.2         Verduidelik hoe RFID werk en hoe bewaarders in staat was om die
                          vergiftigde voëls betyds op te spoor.                                 (3)

 6.7        Die IT-span het voorgestel dat verspreide rekenaarverwerking ('distributed
            computing') by die navorsingsentrum geïmplementeer word.

            Motiveer hierdie voorstel deur TWEE redes te gee waarom verspreide
            rekenaarverwerking navorsingsprojekte by die sentrum sal bevoordeel.                (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING F:         30
                                                                         GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2015-eng-1/053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2014-eng/80407ff2-f160-4e19-adb7-a3c5ee95fcea) — Information Technology · QP · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
