# Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Life Orientation memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/3eb9235f-a07f-4bed-bb32-8316c569d9a4
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-orientation) › [Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/3eb9235f-a07f-4bed-bb32-8316c569d9a4)

## About this document

Life Orientation · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NATIONAL SENIOR
                                    CERTIFICATE

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              LEWENSORIËNTERING

                       ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

                                 SEPTEMBER 2025

                                 NASIENRIGLYNE

 PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Lewensoriëntering                              2                              DBE/September 2025
                          NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      1.1.1       D    (✓)
         1.1.2       C    (✓)
         1.1.3       B    (✓)
         1.1.4       C    (✓)
         1.1.5       A    (✓)                                                                      (5)

 1.2     1.2.1       Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) (✓)

         1.2.2       Empatie/Empatiseer (✓)

         1.2.3       Loopbaanportefeulje/portefeulje/professionele portefeulje (✓)                 (3)

 1.3     1.3.1       Definieer die term kardiovaskulêre uithouvermoë soos in
                     liggaamlike opvoeding gebruik.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Die vermoë van…
                     • die liggaam om 'n matige tot hoë vlak van fisiese aktiwiteit te
                        handhaaf vir 'n verlengde periode, (✓) sonder om kenmerkende
                        dalings in fisiese prestasie te ervaar. (✓)
                     • die hart/longe/sirkulêre-stelsel om genoegsame suurstof aan die
                        spiere te voorsien tydens uitgestrekte oefening, (✓) wat die liggaam
                        in staat stel om fisiese aktiwiteit vol te hou/sonder oormatige
                        moegheid. (✓)
                     • die liggaam om vinnig te herstel na inspanning, (✓) sodat die
                        hartklop/suurstofvlakke effektief kan herstel na oefening. (✓)
                     • Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2)                  (2)

         1.3.2       Wat word van jou verwag wanneer jy 'n 'bespreek krities'-vraag in
                     'n assesseringstaak beantwoord?

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Moontlike antwoorde kan insluit:
                     • Verskeie opinies/argumente oor die onderwerp te ondersoek, (✓)
                       deur voor-/nadele te evalueer vir 'n goed afgeronde bespreking. (✓)
                     • Relevante voorbeelde/studies/data te voorsien om jou argumente te
                       ondersteun, (✓) wat wys dat die onderwerp deeglik verstaan
                       word. (✓)
                     • Dink oor die moontlike uitwerkings/gevolge van die saak, (✓) deur
                       onmiddellike/langtermyn-impakte te oorweeg. (✓)
                     • 'n Beredeneerde beoordeling oor jou analise te bied, (✓) wat jou
                       persoonlike vooroordele eenkant hou. (✓)
                     • Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2)                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Lewensoriëntering                              3                             DBE/September 2025
                          NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         1.3.3       Bespreek die belangrikheid daarvan om tydens 'n eksamen die vrae
                     noukeurig deur te lees.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Dit kan help om …
                     • 'n oorsig te kry van die areas/inhoud wat gedek is, (✓) om te
                         identifiseer watter vrae makliker is om eerste te antwoord. (✓)
                     • aksie-werkwoorde te identifiseer/onderstreep, (✓) sodat 'n persoon
                         slegs antwoord wat van hul verwag word/nie tyd mors op verkeerde
                         antwoorde nie/nie die vraag verkeerd verstaan nie. (✓)
                     • vas te stel/te verstaan wat presies gevra word/die instruksies duidelik
                         te verwerk, (✓) en 'n persoon minder gespanne laat voel/meer
                         selfversekerd/in beheer van hul antwoorde. (✓)
                     • sleutelwoorde/hoofpunte/frases te identifiseer, (✓) wat hul kan lei in
                         hul antwoorde/kan verseker dat hul die regte onderwerp
                         beantwoord. (✓)
                     • te identifiseer of daar meer as een deel tot die vraag/sub-vraag is, (✓)
                         sodat hul nie enige vraag mis/oorslaan nie. (✓)
                     • die vraag ten volle/akkuraat/volgens die puntetoekennings te
                         beantwoord, (✓) wat akademiese prestasie sal verbeter/punte sal
                         maksimeer. (✓)
                     • vas te stel hoe lank hul antwoord moet wees/hoeveel punte hulle
                         moet gee, (✓) sodat hul tyd effektief bestuur word. (✓)
                     • Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.                (1 x 2)     (2)

 1.4     1.4.1       Gee TWEE redes waarom die nie-betaling van belasting as 'n daad
                     van bedrog beskou word.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     EEN punt (✓) vir elke antwoord.

                     Die nie-betaling van belasting …
                     • skend die wettige plig van individue/besighede om tot publieke
                        fondse by te dra. (✓)
                     • ontneem die regering van noodsaaklike inkomste wat vir nasionale
                        ontwikkeling/dienste gebruik word. (✓)
                     • skep 'n finansiële las op belastingbetalende burgers/diegene wie
                        hoër bedrae mag betaal om tekorte te dek. (✓)
                     • behels       die    opsetlike  wanvoorstelling     van     finansiële
                        besonderhede. (✓)
                     • sluit die verskuiling van inkomste/vervalsing van finansiële state/
                        gebruik van buitelandse rekeninge/opstel van dopmaatskappye in
                        om bates weg te steek/belastingverpligtinge te vermy. (✓)
                     • Enige TWEE van bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (2 x 1)                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Lewensoriëntering                              4                            DBE/September 2025
                          NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         1.4.2       Verduidelik hoe entrepreneurs die belastingpligtigheid van hulle
                     besighede doeltreffend kan bestuur.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Entrepreneurs kan …
                     • deeglike finansiële rekords hou (✓) om akkurate belastingverslae te
                        verseker/foute te voorkom. (✓)
                     • begroot vir belastingaftrekkings (✓) sodat hulle die betalings kan
                        nakom/boetes vermy. (✓)
                     • besigheid en persoonlike rekeninge apart hou (✓) wat indiening van
                        belasting vereenvoudig/finansiële deursigtigheid verbeter. (✓)
                     • inkomste apart hou/beraamde belastingbetalings maak (✓) en
                        daardeur finansiële druk voorkom. (✓)
                     • verseker dat hulle aftrekkings op besigheidsuitgawes/liefdadigheid
                        eis (✓) wat belasbare inkomste/algehele belastingverpligtinge
                        verminder. (✓)
                     • die regte besigheid-struktuur/plan kies (✓) om belastingvoordele te
                        optimaliseer/verpligtinge te minimaliseer. (✓)
                     • 'n bekostigbare belastingkenner/praktisyn/rekenmeester huur (✓)
                        wie met inhandiging/nakoming kan help/finansiële risiko's kan
                        verminder. (✓)
                     • inskryf vir ‘n besigheid kursus/opleidingsessies/kennis hê oor
                        belasting verantwoordelikhede/hulself onderrig, (✓) wat hulle kan
                        leer hoe om hulle belasting effektief te bestuur. (✓)
                     • Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.            (1 x 2)         (2)

         1.4.3       Bespreek hoe die land bevoordeel kan word deur verantwoordelike
                     belastingbetalende landsburgers te hê.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Dit kan verseker dat daar …
                     • genoeg fondse is om infrastruktuur/gesondheidsorg/onderwys/
                         vervoer/sekuriteit te ontwikkel, (✓) wat ekonomiese volhoubaarheid
                         bevorder. (✓)
                     • minder geld van ander lande geleen word, (✓) wat laer nasionale
                         skuld/finansiële stabiliteit tot gevolg kan hê. (✓)
                     • befondsing beskikbaar is vir maatskaplike programme wat armes
                         ondersteun, (✓) sodat inkomste ongelykheid kan verminder word/
                         lewenstandaarde verbeter word. (✓)
                     • finansies vir publieke dienste soos militêre-/nood-dienste/
                         wetstoepassers is, (✓) en daardeur burgers beskerm/orde
                         handhaaf. (✓)
                     • goeie infrastruktuur/ekonomiese stabiliteit in die land onderhou
                         word, (✓) wat besighede/beleggers kan lok. (✓)
                     • 'n pligsgevoel in die land is, (✓) wat toelaat dat burgers tot nasionale
                         vooruitgang/groei bydra. (✓)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Lewensoriëntering                              5                            DBE/September 2025
                          NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

                     •   'n verbetering is in die finansiële beeld van die land, (✓) wat
                         internasionale handel/beleggings/globale vennootskappe mag
                         lok. (✓)
                     •   verbeterde kredietgraderings vir die land (✓) wat toegang tot
                         lenings/beleggings teen laer rentekoerse moontlik maak. (✓)
                     •   verbeterde vermoë om op krisisse/rampe te reageer (✓) deur
                         geredelik beskikbare openbare fondse. (✓)
                     •   Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2)
                                                                                                    (2)

                                                                       TOTAAL AFDELING A:           20

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Lewensoriëntering                           6                              DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 AFDELING B (VERPLIGTEND)

 1.      In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne
         geskryf word. Vir 'n 3- of 4-punt vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte dus
         toegeken word, afhangend van die vlak van die antwoord gegee.

 2.      Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar
         onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde.

VRAAG 2

 2.1     Noem hoe blootstelling aan besmette voedselprodukte 'n persoon se reg
         op 'n gesonde lewe kan beïnvloed.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         EEN punt (✓) vir elke antwoord.

         Moontlike antwoorde kan insluit:
         • Ontneem hul reg op ‘n veilige/gesonde lewe/maak die daaglikse lewe meer
           uitdagend. (✓)
         • Vermeerder die waarskynlikheid daarvan om blootgestel te word aan
           voedselgedraagde siektes/voedselvergiftiging/infeksies. (✓)
         • Lei tot langtermyn/fisiese/ernstige gesondheidsprobleme soos kanker/skade
           aan organe/metaboliese versteurings/moontlike dood. (✓)
         • Kan beteken dat die nodige voedingstowwe wat nodig is om gesond/gevoed
           te wees ontbreek. (✓)
         • Die rede wees vir wanvoeding/ontwikkelingsprobleme by kinders. (✓)
         • Verhoog die behoefte vir mediese sorg. (✓)
         • Bejaardes/Individue met voorafbestaande mediese toestande kan meer
           kwesbaar wees/die risiko loop vir verdere gesondheidskomplikasies. (✓)
         • 'n Persoon se immuunstelsel verswak. (✓)
         • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.           (2 x 1)          (2)

 2.2     Beskryf EEN moontlike voordeel van klein besighede in gemeenskappe.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

         Moontlike antwoorde kan insluit:
         • Skep werksgeleenthede/opgeneem word in die arbeismark, (✓) aangesien
           plaaslike gemeenskapslede produkte aan hulle winkels kan voorsien/deur
           hulle indiensgeneem kan word. (✓)
         • Dien 'n diverse groep mense teen bekostigbare pryse, (✓) omdat hulle ligging
           gerieflik is binne gemeenskappe. (✓)
         • Bied geleenthede om indiensneming/entrepreneurskap te bevorder, (✓) wat
           die afhanklikheid van maatskaplike toelae/regeringsondersteuning
           verminder/armoede kan verlig/die misdaadkoers verlaag. (✓)
         • Voorsien in die gemeenskap se basiese behoeftes, (✓) wat hul meer
           toeganklik maak tot gemeenskappe/die lewenstandaard verbeter. (✓)
         • Befonds liefdadigheidsorganisasies, (✓) om sodoende die druk op
           regeringsprogramme/-fondse te verminder. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Lewensoriëntering                            7                            DBE/September 2025
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         •   Verskaf aangevraagde/populêre/alternatiewe produkte, (✓) wat 'n verhoging
             in plaaslike inkomste tot gevolg kan hê. (✓)
         •   Wisselwerking/vennootskappe met ander plaaslike besighede, (✓) wat
             besigheid geleenthede/eenheid/vaardigheidsontwikkeling in die gemeenskap
             vermeerder. (✓)
         •   Ondersteun algehele ekonomiese groei, (✓) deur belasting aan die regering
             te betaal. (✓)
         •   Bevorder kulturele diversiteit (✓) deur tradisionele/plaaslik vervaardigde
             goedere uniek aan die gemeenskap te voorsien. (✓)
         •   Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.              (1 x 2)          (2)

 2.3     Verduidelik EEN faktor wat xenofobiese gesindhede teenoor buitelandse
         besigheidseienaars in gemeenskappe kan laat toeneem.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

         Moontlike antwoorde kan insluit:
         • 'n Gebrek aan onderwys/bewustheid oor diversiteit/insluiting, (✓) wat
           onkunde oor nuwelinge in hul omgewing tot gevolg kan hê. (✓)
         • Verspreiding van fopnuus/gerugte/skinderstories oor immigrante, (✓) wat
           vrees/agterdog teenoor mense van ander lande verhoog. (✓)
         • Mense toon verbitterheid teenoor buitelanders wanneer die ekonomie sleg
           is, (✓) aangesien gemeenskapslede mag glo dat hulle werksgeleenthede van
           plaaslike inwoners/burgers steel. (✓)
         • 'n Geskiedenis van konflik waar mense vasklou aan vooroordele teenoor
           buitelanders, (✓) en dit oordra deur generasies heen. (✓)
         • Partydige mediaverslaggewing deur professionele/plaaslike media-
           kanale, (✓) wat buitelanders mag beskuldig van misdaad/werkloosheid in die
           gemeenskap/land. (✓)
         • Die kulturele/taal/godsdienstige verskille tussen plaaslike inwoners en
           buitelanders, (✓) omdat hulle mag voel dat buitelanders nie by hulle pas/hulle
           verstaan nie. (✓)
         • Maghebbendes/Mense na wie hulle opkyk/vertrou wat propaganda
           versprei, (✓) en veroorsaak dat hulle dieselfde oortuigings aanneem om in te
           pas/konflik te vermy. (✓)
         • Sensasionele nuusberigte vir meer klieks/besigtiging, (✓) wat negatiewe
           stereotipes/diskriminasie versterk. (✓)
         • Die verspreiding van mites oor buitelanders, (✓) veroorsaak dat mense dit
           glo/ondersteun sonder enige bewyse/bevestiging. (✓)
         • Buitelandse sake-eienaars wat nie aan die plaaslike voedselveiligheid
           maatreëls/vereistes voldoen nie, (✓) wat woede/aggressie in gemeenskappe
           veroorsaak. (✓)
         • Mededinging oor beperkte behuising/hulpbronne (✓) wat jaloesie teenoor
           buitelandse burgers kan aanwakker. (✓)
         • Mislukking van die regering in dienslewering (✓) wat daartoe lei dat plaaslike
           inwoners buitelanders verkeerdelik blameer vir hul stryd. (✓)
         • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.                  (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Lewensoriëntering                            8                             DBE/September 2025
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 2.4     Bespreek die moontlike impak van diskriminasie op die geestelike
         welstand van slagoffers van xenofobie.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte (✓✓) vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is.

         Hulle kan …
         • gevoelens van minderwaardigheid/onwaardigheid/nie goed genoeg wees nie
            ervaar, (✓) wat 'n lae selfbeeld/verminderde selfwaarde/twyfel in hulself kan
            veroorsaak. (✓)
         • konstant bekommerd wees/vrees vir onregverdige behandeling, (✓) wat
            verhoogde angs/stres kan veroorsaak. (✓)
         • hartseer wees/belangstelling verloor in aktiwiteite, (✓) wat tot 'n toestand van
            depressie/hopeloosheid lei. (✓)
         • emosionele nood/interpersoonlike konflik ervaar, (✓) wat verhoogde vlakke
            van woede/frustrasie/begeerte vir wraak kan veroorsaak. (✓)
         • eensaam voel (✓) en mag kies om hulself te isoleer/uit te sluit van sosiale
            toestande. (✓)
         • verminderde produktiwiteit/persoonlike dryf ervaar, (✓) wat veroorsaak dat
            hulle hulself losmaak van dag tot dag aktiwiteite/belangrike take/motivering
            verloor. (✓)
         • dit moeilik vind om viktimisering te hanteer, (✓) wat tot emosionele pyn/
            selfmoordgedagtes/ongesonde konflikhanteringsvaardighede/risikogedrag
            lei. (✓)
         • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.               (2 x 2)       (4)

 2.5     Assesseer die verantwoordelikheid van die media om bewustheid oor ‘n
         veilige en gesonde lewe te skep.
         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte (✓✓) vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is.

         Moontlike antwoorde kan insluit:
         • Die media moet die versuim om dienste te lewer ontbloot, (✓) om te verseker
           dat mense bewus is van kwessies wat hul reg tot veilige en gesonde leefwyse
           bedreig. (✓)
         • Media-ondersoeke moet die aandag vestig op omgewingsgevare, (✓)
           aangesien dit publieke gesondheid direk beïnvloed. (✓)
         • Verslaggewers moet hul stories baseer op geldige feite/bewyse, (✓) wat die
           worstelinge van gemeenskappe in onveilige leeftoestande beklemtoon. (✓)
         • Die media moet 'n platform voorsien/'n stem wees vir individue wat deur swak
           sanitasie/gevaarlike werkplekke geraak word, (✓) en sodoende druk plaas op
           owerhede om aksie te neem. (✓)
         • Joernaliste moet televisie/koerante/aanlynplatforms gebruik om doeltreffend
           verslag te lewer oor die impak van slegte lewenstoestande in sommige
           gemeenskappe (✓) aangesien dit 'n wydverspreide gehoor kan onderrig oor
           die kwessies wat verwant is aan menslike gesondheid. (✓)
         • Valse inligting oor skadelike chemikalieë/besoedelingstowwe ontbloot, (✓)
           om te druk vir sterker regulasies wat publieke welstand beskerm. (✓)
         • Die media moet saam met voorspraakgroepe/aktiviste werk, (✓) om aan te
           dring op skoon lug/veilige drinkwater/verbeterde sanitasie. (✓)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Lewensoriëntering                            9                            DBE/September 2025
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         •   Gee meer dekking/ruimte/tyd aan onderwerpe oor onveilige lewens-
             toestande, (✓) wat kan help om nalatigheid/korrupsie effektief te help
             ontbloot. (✓)
         •   Deur ware stories van mense wat in onveilige omgewings woon te deel, (✓)
             kan die media die regering verantwoordelik hou deur aksie-/
             beleidshervorming. (✓)
         •   Die gemeenskap te onderrig deur dokumentêre/in-diepte verslaggewing oor
             die gevare van/blootstelling aan giftige/toksiese afval/onbehandelde riool/
             bewustheid oor kwessies van aardverwarming, (✓) wat gemeenskappe
             mobiliseer om aksie te neem teen onwettige storting van toksiese afval. (✓)
         •   Die media moet regeringsbeleide oor skoon water/lug analiseer/kritiseer, (✓)
             om die belangrikheid van positiewe inisiatiewe gerig op verbetering, uit te
             lig. (✓)
         •   Suksesverhale van veilige leefstyl-inisiatiewe uit te lig (✓) om gemeenskappe
             aan te moedig om positiewe praktyke aan te neem. (✓)
         •   Voorsiening van veeltalige gesondheidsinligting (✓) om te verseker dat
             diverse gemeenskappe die risiko's en oplossings verstaan. (✓)
         •   Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2)                  (4)
 2.6     Beveel TWEE maniere aan waarop die regering huidige wette kan versterk
         wat die verkoop van besmette goedere voorkom. Dui ook by ELKE
         antwoord aan hoe dit veilige en gesonde lewe binne gemeenskappe kan
         verseker.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         DRIE punte (✓✓✓) vir elke antwoorde wat goed verduidelik is.

         Moontlike antwoorde kan insluit:
         • Implementering van swaarder strawwe, (✓) aangesien besighede gedruk
           mag word om voedselveiligheid regulasies te volg/hulle mag verhinder om
           aan hierdie praktyke deel te neem (✓) en sodoende die aantal besmette
           goedere wat in gemeenskappe verkoop word verminder. (✓)
         • Meer doeltreffende samewerking met plaaslike munisipaliteite, (✓) sodat
           voedselveiligheidskendings vinnig waargeneem/aangespreek word op
           gemeenskapsvlak, (✓) wat publieke gesondheid sal versterk deur nakoming
           van nasionale standaarde. (✓)
         • Verseker dat wetstoepassers-agentskappe/plaaslike regering/publieke
           amptenare gereelde/lukrake inspeksies by winkels uitvoer, (✓) aangesien
           hierdie onverwagte besoeke besighede meer geneig kan maak om hierdie
           regulasies na te kom, (✓) wat die berging van onveilige produkte deur
           besighede kan verminder. (✓)
         • Deur verbruikerklagtes aangaande ongesonde voedselprodukte deur
           plaaslike-/gemeenskapplatforms aan te spreek, (✓) sodat onveilige produkte
           herroep kan word, (✓) wat kan lei tot boetes vir besighede wat nie voldoen
           aan die nodige veiligheidstandaarde nie. (✓)
         • Voorsiening van meer hulpbronne aan agentskappe/departemente wat kan
           help om veiligheid te monitor, (✓) aangesien dit hulle die bystand kan bied
           wat nodig is om te verseker dat voedselvervaardigers/verkopers die wette
           nakom, (✓) en daardeur help om die verkoop van besmette voedsel aan
           klante te verminder. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Lewensoriëntering                            10                           DBE/September 2025
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         •   Seker te maak dat administratiewe agterstande, in howe, verminder word, (✓)
             sodat sake/klagtes spoedig hanteer word, (✓) om besighede betyds
             aanspreeklik te hou vir hul nadelige praktyke. (✓)
         •   Versterking van regulerende liggame wat verseker dat daar aan nasionale
             voedselveiligheidstandaarde voldoen word, (✓) deur voedselprodukte te
             sertifiseer/toets/ondersoek vir voldoening, (✓) en daardeur die risiko
             verminder dat ongesonde/skadelike produkte ingeneem word. (✓)
         •   Deur publieke bewusmakingsveldtogte/opvoedkundige programme te
             loods, (✓) om individue voor te sê/aan te moedig om onveilige besighede aan
             te gee, (✓) aangesien dit hulle kan bemagtig om meer verantwoordelikheid
             te neem vir hul eie voedselveiligheid. (✓)
         •   Hulle platforms op te dateer/meer gebruikersvriendelik te maak om
             verbruikersklagtes te rapporteer, (✓) wat dit makliker vir hulle maak om
             skendings aan te meld, (✓) en daardeur verseker dat besighede
             kwaliteit/veilige produkte voorsien. (✓)
         •   Hersiening van wette om hulle meer spesifiek te maak, (✓) voorkom dat
             verbruikers mislei word om goedere van swak gehalte te koop, (✓) en
             sodoende kan die verkoop van hierdie onveilige produkte uitfaseer word. (✓)
         •   Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk.          (2 x 3)         (6)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Lewensoriëntering                          11                           DBE/September 2025
                      NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
VRAAG 3

 3.1     Definieer die term menslike faktore wat slegte gesondheid veroorsaak.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

         Definisie:
         • Gedrag/besluite wat deur individue/groepe gemaak is, (✓) wat hul
            fisiese/geestelike gesondheid negatief kan beïnvloed. (✓)
         • Sosiale invloede (✓) wat lei tot ongesonde keuses, en siektes/swak
            gesondheidsuitkomstes tot gevolg kan hê. (✓)
         • Leefstylkeuses/Gemeenskapsdruk (✓) wat bydra tot die agteruitgang van 'n
            persoon se welstand. (✓)
         • Persoonlike aksies/gewoontes (✓) wat die kwesbaarheid vir siekte/
            gesondheidsprobleme vergroot. (✓)
         • Kulturele praktyke van individue/gemeenskappe (✓) wat die ontwikkeling van
            siektes/swak gesondheidstoestande tot gevolg kan hê. (✓)
         • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.              (1 x 2)       (2)

 3.2     Beskryf EEN moontlike langtermyngesondheidsrisiko vir jong rokers.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

         Moontlike antwoorde kan insluit:
         • Ontwikkeling van verskeie soorte kanker, (✓) wat kan lei tot die dood van
           individue as gevolg van die ernstigheid van die siekte. (✓)
         • Skade aan die kardiovaskulêre stelsel, (✓) verhoog die risiko van
           hartsiektes/-aanvalle/beroertes. (✓)
         • Verminderde minerale-/vitamienabsorpsie in die liggaam, (✓) wat swakker
           bene/frakture/verswakte immuunstelsel kan veroorsaak. (✓)
         • Swak geestelike gesondheid/kognitiewe agteruitgang/demensie/chroniese
           lugwegsiektes (brongitis/asma/TB/longontsteking), (✓) wat 'n swak
           lewenskwaliteit tot gevolg het. (✓)
         • Oogprobleme/Verlies van sig (✓) wat hul daaglikse lewe negatief kan
           beïnvloed. (✓)
         • Swak voortplantingsgesondheid in beide mans en vroue, (✓) wat kan lei tot
           onvrugbaarheid/miskrame/stilgeboorte/wiegiedood. (✓)
         • Skade aan die tande/tandvleis/ondersteunende weefsels rondom die
           tande, (✓) veroorsaak chroniese tandvleissiekte/verloor permanente
           tande. (✓)
         • Kan die groeiproses belemmer (✓) en moontlik lei tot vertraagde groei in
           lengte/algehele ontwikkeling. (✓)
         • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.              (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou

### Page 12

Lewensoriëntering                           12                           DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 3.3    Verduidelik hoekom leerders wat rook meer geneig is om met ander middels
        te eksperimenteer.

        Punte moet soos volg toegeken word:
        TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

        Hulle kan …
        • rook gebruik om stres/spanning te verlig, (✓) wat hul meer geneig maak om
           sterker middels te gebruik vir meer/beter verligting. (✓)
        • verslaaf wees aan nikotien/nie die verlangde effekte van rook kry nie, (✓) en na
           sterker ervarings verlang en sodoende ander middels te probeer. (✓)
        • minder bekommerd/angstig wees om ander middels te probeer, (✓) omdat hulle
           alreeds een risiko geneem het/norms uitdaag/rebelleer teen reëls/outoriteit. (✓)
        • met mense uithang wat ander middels gebruik/toegee tot groepsdruk, (✓) wat
           hul kanse verhoog/dit makliker vir hulle maak/druk op hulle plaas om
           ander/nuwe middels te probeer. (✓)
        • nuuskierig raak oor ander middels/dwelms wat gewild is op sosiale media, (✓)
           en dit wil probeer uit belangstelling/die begeerte om nuwe ervarings te
           verken. (✓)
        • meer volwasse/onafhanklik voel, (✓) wat hulle kan aanmoedig/dryf om ander
           volwasse gedrag soos drink/dwelms gebruik te probeer. (✓)
        • sukkel met geestesgesondheidkwessies, (✓) wat hulle lei om ander middels te
           probeer omdat hulle op soek is na 'n meer effektiewe manier om hul emosies te
           hanteer. (✓)
        • die finansies ontbreek om hul verslawing vol te hou, (✓) en mag hul daarom
           wend tot alternatiewe om hul gewoontes te ondersteun. (✓)
        • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.                    (1 x 2)      (2)

 3.4    Bespreek TWEE maniere waarop blootstelling aan sosiale media die gebruik
        van middels onder die jeug kan aanmoedig.

        Punte moet soos volg toegeken word:
        TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

        Sosiale media kan …
        • "gebruik" as betowerend/begeerlik/normaal uitbeeld, (✓) wat dit aanloklik maak
           vir die jeug. (✓)
        • "gebruik" as 'n normale deel van sosiale lewe uitbeeld, (✓) en lei daartoe dat
           die jeug dit waarneem/sien as aanvaarbare gedrag. (✓)
        • die risiko's wat met middelgebruik assosieer word versag, (✓) en veroorsaak
           dat die jeug onbewus is van die moontlike gevolge. (✓)
        • 'n impak/invloed op tieners se geloofsoortuigings hê, (✓) wat wys dat dit nodig
           is vir sosiale aanvaarding/om stres/die lewe te hanteer. (✓)
        • sensasiesoekende gedrag aanmoedig, (✓) wat daartoe kan lei dat hulle
           betrokke raak by riskante gedrag. (✓)
        • 'n platform skep vir sosiale leer (TikTok/Instagram/Snapchat), (✓) waar die jeug
           hierdie gedrag kan aanleer/naboots. (✓)
        • die jeug ongevoelig maak vir die gevolge wat met middelgebruik gepaard
           gaan, (✓) en hul meer geneig maak om betrokke te raak by risikogedrag. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Lewensoriëntering                           13                           DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

        •   kwesbare jeug teiken wie meer ontvanklik kan wees vir die inhoud/
            mediadekking, (✓) wat hulle meer broos maak tot portuurgroepdruk. (✓)
        •   die gebruik van middels in films/TV-programme/musiek video's uitlig, (✓) wat
            die gebruik van middels normaliseer. (✓)
        •   smaakmakers ('influencers')/bekendes/rolmodelle hê wat middelgebruik/
            ongesonde leefstylkeuses aanmoedig, (✓) en deur jong volgelinge nageboots
            kan word. (✓)
        •   Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.         (2 x 2)          (4)
 3.5    Beveel TWEE maatreëls aan wat skole geïmplementeer kan word om leerders
        te ontmoedig om te rook. Motiveer ELKE antwoord.

        Punte moet soos volg toegeken word:
        TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

        Moontlike antwoorde kan insluit:
        • Vertoon opvoedkundige plakkate/kennisgewings rondom die skoolterrein (✓)
          wat anti-rookboodskappe versterk, wat as ‘n konstante herinneringe kan dien
          om rook te vermy. (✓)
        • Nooi gassprekers/gesondheidswerkers uit om oor die gevare van rook/hul eie
          ervarings te praat, (✓) aangesien eerstehandse ervarings 'n blywende indruk
          op leerders kan laat. (✓)
        • Implementeer rookvoorkomingsprogramme/werkswinkels, (✓) aangesien
          hierdie programme hulle kan onderrig oor die gevare van rook/wettige regte van
          nie-rokers. (✓)
        • Moedig gemeenskapsdiens inisiatiewe aan wat verwant is aan
          nierookveldtogte/gesondheidsbevorderings inisiatiewe, (✓) omdat dit hulle kan
          help om die impak van rook op hul gesondheid te verstaan. (✓)
        • Maak dit verpligtend vir leerders, wie gevang is wat rook, om korrektiewe
          programme by te woon as deel van die skool se gedragskode/reëls, (✓) wat
          hulle kan isoleer/verwyder van hulle portuurgroep/invloede van buite. (✓)
        • Loods/Bied gesondheidsprojekte/-kompetisies aan wat fokus op gesonde
          lewe (✓) wat bewustheid oor die voordele daarvan om 'n gesonde leefstyl te
          handhaaf mag skep. (✓)
        • Wysig die skool se gedragskode/reëls deur boetes/strafpunte/skorsing van
          leerders in te stel wie by die skool betrap word, terwyl hulle rook, (✓) om
          sodoende hulle te ontmoedig om te rook aangesien hulle nie hierdie onnodige
          kostes wil aangaan nie. (✓)
        • Ontneem leerders van voorregte by die skool, (✓) wat hulle sal bang maak om
          uit te mis op geleenthede. (✓)
        • Verplig diegene wie by die skool rook om beradingsessies by te woon/
          kommunikeer hersiene reëls in die gedragskode van die skool by ouer
          vergaderings/saal byeenkomste, (✓) om hulle te help om aan die regte kant van
          die gereg te wees. (✓)
        • Bevorder ontspannings-/sportaktiwiteite om te ontspan (✓) sodat hulle nie rook
          as 'n hanteringsmeganisme gebruik nie. (✓)
        • Doen lukrake soektogte by die skool om te verhoed dat hulle onwettige middels
          skool toe bring/ander leerders aan middels blootstel. (✓)
        • Patrollering van rookplekke/installeer rookverklikkers in badkamers, (✓) sodat
          rokers gevang kan word/dissiplinêre stappe geneem kan word. (✓)
        • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.             (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Lewensoriëntering                           14                           DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 3.6    Assesseer die belangrikheid van 'n persoonlike leefstylplan om jongmense te help
        om middelmisbruik te vermy. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe hierdie plan hulle
        kan help om beter leefstylkeuses te maak.
        Punte moet soos volg toegeken word:
        DRIE punte elk (✓✓✓) vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is.
        Moontlike antwoorde kan insluit:
        • Dit kan hulle in staat stel om 'n gevoel van rigting te ontwikkel oor aktiwiteite
          waaraan hulle kan deelneem, (✓) gelei word deur hul lewensdoelwitte/
          aspirasies in die lewe (✓) en dit kan daartoe lei dat hulle wyser leefstylkeuses
          maak/verhoed dat hulle aan slegte tipiese tieneraktiwiteite deelneem. (✓)
        • Dit mag jongmense aanmoedig om gesonde gewoontes soos gereelde
          oefening/gebalanseerde dieet te ontwikkel, (✓) wat hul fisiese/geestelike
          welstand verbeter, (✓) en hul daardeur minder geneig te maak om hul tot
          middels te wend omdat hulle goed mag voel oor hul liggame/gemoed. (✓)
        • Bemagtig      individue    met     hulpmiddels    soos     bewustheid/effektiewe
          tydsbestuur, (✓) om stres/angs te hanteer, (✓) wat hulle in staat stel om hulle
          emosies/gedrag te bestuur sonder die gebruik van middels. (✓)
        • Stel/Bereik van doelwitte verwant aan hul leefstylplanne wat sal help dat hul
          selfbeeld/selfvertroue groei, (✓) en veroorsaak dat hulle minder geneig is om
          middels te soek as 'n manier om hul onsekerhede te hanteer, (✓) wat gesonder
          leefstylkeuses aanmoedig/geestelike/fisiese gesondheid prioritiseer bo tydelike
          plesier. (✓)
        • Duidelik gestelde hanteringsvaardighede mag jongmense leer hoe om moeilike
          emosies/situasies te hanteer, (✓) deur meditasie te beoefen/ ondersteuning te
          soek van 'n mentor, (✓) wat hulle help om emosionele weerstandigheid te
          bou/uitdagings op gesonder maniere te hanteer. (✓)
        • Identifiseer positiewe/ondersteunende individue, (✓) wat kan help om 'n sterker
          sosiale ondersteuningstelsel te ontwikkel om die druk van middelgebruik te
          verlig, (✓) en hulle aanmoedig om weg te bly van skadelike gedrag. (✓)
        • Die skep van gevestigde roetines verbeter jongmense se fokus/ dissipline, (✓)
          wat hulle help om op koers te bly met hulle studies/ stokperdjies/
          belangstellings, (✓) en 'n gedissiplineerde gesindheid kweek wat help om
          versoeking te weerstaan. (✓)
        • Om 'n joernaal/dagboek te hê/by kreatiewe aktiwiteite betrokke te wees, (✓)
          mag jongmense van alternatiewe maniere voorsien om uitdagings, sonder die
          hulp van middels, te hanteer, (✓) wat hanteringsmetodes bekragtig en hul beter
          toegerus maak om die druk van die lewe te hanteer. (✓)
        • Dit mag meganismes voorsien om jongmense te help om ingeligte/deurdagte
          keuses te maak (✓) wat hulle leer om die positiewe en negatiewe van hulle
          aksies op te weeg, (✓) en hul toelaat om die gevolge van hul keuses te
          oorweeg. (✓)
        • Fasiliteer die monitering van vordering/prestasies (✓) wat 'n gevoel van
          vervulling bied, (✓) wat selfdoeltreffendheid/die motivering om 'n gesonde
          leefstyl te handhaaf versterk. (✓)
        • Bevorder betrokkenheid by gemeenskap/diensaktiwiteite (✓) wat aan
          jongmense 'n gevoel gee van doelgerigtheid/behoort, (✓) wat die
          aantreklikheid van dwelmgebruik kan verminder. (✓)
        • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk.              (2 x 3)
                                                                                                 (6)
                                                                                                 [20]
                                                                    TOTAAL AFDELING B:           40
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Lewensoriëntering                           15                           DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

AFDELING C

 1.       Kandidate moet enige TWEE vrae in hierdie afdeling beantwoord. Indien die
          kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE vrae
          nagesien word. Die oorblywende antwoord moet deurgehaal word en die
          volgende afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry Getal
          Vrae wat Vereis word).

 2.       Kandidate se antwoorde moet in die vorm van PARAGRAWE wees.
          Punte sal slegs toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is.

VRAAG 4

*NOTA AAN ONDERWYSER:
In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in volsinne geskryf word. Dus, vir 'n
3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word,
afhangende wat die vlak van die antwoorde is.

•     Noem kortliks VIER maniere waarop werkgewers kan verseker dat arbeidswette
      suksesvol in hulle organisasies geïmplementeer word.

Punte moet soos volg toegeken word:
EEN punt (✓) vir elke antwoord.

Moontlike antwoorde kan insluit:
• Voorsiening van duidelike/wetlike werkskontrakte. (✓)
• Die afdwing van streng gesondheid-/veiligheidsregulasies. (✓)
• Implementering van toepaslike klagte prosesse/prosedures/fluitjieblaserbeleid wat
  toelaat dat werkers skendings kan rapporteer. (✓)
• Voldoening aan wetlike beperkings op werksure/verlof/regverdige vergoeding/
  indiensnemingspraktyke/werkstoestande/vergoeding/oortyd betaling. (✓)
• Koester 'n wedersydse respekvolle/inklusiewe werksomgewing waar teistering/
  diskriminasie/afknouery voorkom word. (✓)
• Gereelde opleidingsessies/werkswinkels/oudits uit te voer oor werksplekregte/
  diskriminasie beleide/regverdige indiensnemingspraktyke. (✓)
• Voorsien werkers van toeganklike bronne/menslike hulpbron ondersteuning wat help
  om die wette te verstaan. (✓)
• Nakoming van deursigtigheid/onpartydigheid/gelyke werwing-/arbeidsprosesse. (✓)
• Ondersteun werknemers wat by vakbonde aansluit. (✓)
• Moedig werknemers aan om terugvoer oor werkplekpraktyke te gee. (✓)
• Raadpleeg regskundiges/menslikehulpbron spesialis vir opdatering oor
  veranderinge in arbeidswetgewing/verseker dat beleide aan die vereistes
  voldoen. (✓)
• Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.                  (4 x 1)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Lewensoriëntering                           16                           DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

•   Analiseer hoe onvanpaste gedrag deur sommige lede van vakbonde 'n
    negatiewe invloed op die werksomgewing kan hê.

Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte (✓✓✓✓) vir elke vraag wat goed verduidelik is.

*NOTA AAN ONDERWYSER:
Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die
stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓)

Moontlike antwoorde kan insluit:
• Deur deel te neem aan ongemagtigde/onwettige stakings, (✓) wat
  besigheidsprosesse kan ontwrig/arbeidsooreenkomste kan skend, (✓) veroorsaak
  finansiële verliese vir die maatskappy, (✓) en daardeur die spanning tussen werkers
  en bestuur verhoog. (✓)
• Om oor te gaan tot teistering/intimidasie, (✓) deur druk te plaas op werkers wie nie
  aan die unie behoort nie om aan te sluit, (✓) kan 'n vyandige werksomgewing
  skep, (✓) en daardeur verwyte onder kollegas koester/hulle onveilig laat
  voel/veroorsaak dat hulle alternatiewe werk soek. (✓)
• Deur buitensporig baie tyd te spandeer om vergaderings te reël/uniemateriale uit te
  deel, (✓) in plaas daarvan om op hul werksverantwoordelikhede te fokus, (✓) kan hul
  produktiwiteit verminder, (✓) wat die maatskappy se algehele doeltreffendheid/
  reputasie beïnvloed. (✓)
• Die verspreiding van valse/misleidende inligting oor maatskappybeleide/
  werkstoestande, (✓) kan ontevredenheid onder werkers veroorsaak, (✓) wat
  onnodige konflik skep, (✓) en op hierdie manier die vertroue tussen werkers en
  bestuur beskadig/vernietig. (✓)
• Om nie-unielede te weerhou van voorregte tot sekere maatskappyvoordele, (✓) en
  hul oningelig te hou/hulle te isoleer van toegang tot dit waartoe hulle geregtig is, (✓)
  deur slegs voorkeur aan lede van die unie te gee, (✓) mag lei tot diskriminasie/
  verdeling. (✓)
• Te weier om werkplek reëls te volg/hoë vlakke van afwesigheid, (✓) deur te
  argumenteer dat hulle deur hul unie beskerm word, (✓) mag dit moeilik maak vir die
  toesighouers/bestuurder om orde in die uitvoer van werksplekreëls af te dwing, (✓)
  en lei tot 'n ongedissiplineerde/ongeorganiseerde werksomgewing. (✓)
• Die beskerming van unielede wat onderpresteer/hulle wangedra/veroorsaak dat
  meer werknemers wangedra, (✓) ten spyte van hul onregmatige optrede/wat meer
  geskille/ontwrigtings skep, (✓) maak dit moeilik vir bestuur om die reëls/wette af te
  dwing (✓) en dit kan die dissiplinêre prosesse in die werkplek in die gedrang bring/lei
  tot 'n disfunksionele werkplek/swak werksverhoudinge. (✓)
• Skep verdeeldheid onder personeel (✓) waar vakbondlede mekaar bo nie-lede
  bevoordeel, (✓) wat moontlik wrok en lae moraal bevorder, (✓) wat samewerking en
  spanwerk kan verminder en produktiwiteit negatief kan beïnvloed. (✓)
• Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.                      (2 x 4)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Lewensoriëntering                           17                            DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

•   Evalueer die impak op 'n jong werker wie arbeidswet-oortredings in die
    werkplek rapporteer

Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte (✓✓✓✓) vir elke vraag wat goed verduidelik is.

*NOTA AAN ONDERWYSER:
Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n POSITIEWE stelling gee, (✓) dit
motiveer (✓) 'n tweede NEGATIEWE stelling (✓) en dit motiveer (✓)

Moontlike antwoorde kan insluit:
• Verwerping van kollegas/bestuur/om as 'n moeilikheidmaker geëtiketteer te word, (✓)
  en mag oorgesien word vir bevordering/selfs hul werk verloor/’n verlies van salaris
  veroorsaak; (✓) maar, hulle mag ook trots/bemagtig voel (✓) deur te weet dat hulle
  opstaan vir hulle en hul medekollega se regte. (✓)
• Verhoogde stres/angs vir die jong werker, (✓) aangesien hulle die gevolge mag
  vrees; (✓) alhoewel, dit hulle ook kan voorsien met 'n gevoel van verligting, (✓) deur
  te weet dat hulle die nodige stappe geneem het om ongeregtighede aan te
  spreek. (✓)
• Gespanne/Beskadigde verhoudings met kollegas (✓) wat hulle kan sien as 'n
  informant; (✓) maar, hulle kan ook respek verdien van ander (✓) wie hulle
  braafheid/verpligting vir die regte dinge te doen sal waardeer. (✓)
• Kan regsbeskerming ontvang, (✓) wat hulle veiligheid teen viktimisering/leed kan
  verseker; (✓) maar in ander gevalle, mag die werker steeds uitdagings soos verlies
  van ondersteuning vanaf die unie/intimidasie van die werkgewer/kollegas in die gesig
  staar, (✓) en hul magteloos laat voel en die situasie moontlik vererger/hulle
  ontmoedig om aan te hou om insidente van skendings te rapporteer. (✓)
• Dit mag positiewe veranderinge vir die werker teweeg bring in die werkplek, (✓)
  aangesien daar beter uitvoering van die arbeidswette mag wees; (✓) maar, die
  proses kan tydsaam wees (✓) en die jong werker mag teleurgesteld voel indien die
  kwessie nie vinnig aangespreek word nie. (✓)
• Ontvang erkenning vir hulle integriteit/professionaliteit, (✓) wat moontlike bevordering
  op die langtermyn in hul loopbaan kan beteken; (✓) alhoewel, hulle 'n tydelike
  terugslag/vertraging in loopbaanvordering/bevordering kan ondervind, (✓) aangesien
  hulle as 'n moeilikheidmaker deur sommiges in die organisasie gesien kan word. (✓)
• Hulle mag kwesbaar voel vir voortdurende ondersoek deur bestuur/ander
  werknemers, (✓) wat dalk nie met hul optrede saamstem nie; (✓) hulle kan egter ook
  bewustheid verhoog oor werkersregte, (✓) wat moontlik ander werknemers bemagtig
  om hul stem te laat hoor. (✓)
• Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.                       (2 x 4)       (8)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Lewensoriëntering                           18                            DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

VRAAG 5

*NOTA AAN ONDERWYSER:
In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n
3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word,
afhangende wat die vlak van die antwoorde is.

•   Noem kortliks VIER maniere om kuberveiligheid te handhaaf terwyl aanlyn
    vaardighede ontwikkel word om werkloosheid teen te werk.

Punte moet soos volg toegeken word:
EEN punt (✓) vir elke antwoord.
Moontlike antwoorde kan insluit:
• Wees versigtig met skakels/aanhegsels van onbekende bronne. (✓)
• Hou persoonlike inligting privaat/veilig. (✓)
• Wees bewus van aanlyn bedrog/uitvissing ('phishing')/kuberkrakery/aanlyn
  dreigemente. (✓)
• Beskerm jou aanlynreputasie. (✓)
• Vermy om by aanlynplatforms aan te sluit wat in kwaadwillige sagteware
  ('malware')/virusinfeksies kan ontaard. (✓)
• Nie te val vir aandrang om betalings te maak vir werksaanbiedings nie. (✓)
• Dateer sagteware/bedryfstelsel op om veiligheidsrisiko's te hanteer/maak gebruik
  van erkende anti-virussagteware. (✓)
• Moniteer aanlynrekeninge/kredietverslae vir verdagte aktiwiteit. (✓)
• Verseker dat die privaatheidinstellings op sosialemedia-platforms gereeld nagegaan
  word. (✓)
• Wees versigtig wanneer publieke rekenaars/Wi-Fi gebruik word. (✓)
• Maak gebruik van enkripsie wanneer persoonlike inligting gestuur word. (✓)
• Beveilig sensitiewe inligting soos wagwoorde/bankkaartnommers/adresse. (✓)
• Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.                    (4 x 1)            (4)

•   Analiseer hoe kubervaardigheid jongmense kan help om werkloosheid teen te
    werk.

Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte (✓✓✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

*NOTA AAN ONDERWYSER:
Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die
stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓)

Moontlike antwoorde kan insluit:
• In beheer te wees van hul digitale voetspoor, (✓) aangesien hulle kan verseker dat
  hulle kuberveilig is/dat hul aanlyn aktiwiteite nie hul beeld negatief beïnvloed nie, (✓)
  omdat werkgewers dikwels potensiële kandidate ondersoek (✓) en meer geneig is
  om mense met 'n skoon digitale rekord in diens te neem. (✓)
• Aanlynwerkplatforms soos LinkedIn/werksblaai kan effektief gebruik word (✓) vir 'n
  kompeterende/globale arbeidsmark, (✓) terwyl dit hulle ook toelaat om hul aansoeke
  aan te pas, (✓) wat hul daardeur help om geleenthede vinniger op te spoor. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Lewensoriëntering                           19                           DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

•   Brei hul sosiale netwerke/professionele werwe uit, (✓) om hulle te help om
    verbintenisse met industriekenners te vestig, (✓) en toegang verkry tot
    werkbegeleiding, (✓) wat hul kanse om werk te kry in vandag se digitale wêreld kan
    vergroot. (✓)
•   Verstaan die dinamiese verhouding tussen handelsmerke/smaakmakers
    ('influencers')/verbruikers, (✓) deur in staat te wees om inhoud op sosiale-/
    mediaplatforms soos TikTok/YouTube/Instagram te skep, (✓) wat wys dat hulle hul
    eie invloed/gehoor kan groei, (✓) en die moontlikheid vir inkomste van maatskappye
    daarstel wat op soek is na kundige/invloedryke mense wie die maatskappy se
    handelsmerk kan groei/bevorder/uitbrei. (✓)
•   Verkryging van digitale vaardighede vir opkomende rolle, (✓) deur by te hou met die
    nuutste tegnologiese gereedskap/digitale tendense, (✓) en vaardighede in
    veeleisende sektore soos tegnologie/digitale bemarking/e-handel kan opdoen, (✓) en
    dus nuwe loopbaanroetes oopmaak wat nie voorheen beskikbaar was nie. (✓)
•   Gebruik aanlyn leerplatforms, (✓) deur voordeel te trek van beide gratis/betaalde
    kursusse wat hul vaardighede in verskeie velde kan verbreed, (✓) terwyl hulle aanpas
    by nuwe tegnologieë, (✓) en verseker dat hulle kompeterend bly in 'n altyd-
    veranderende arbeidsmark. (✓)
•   Skep 'n aanlynportefeulje/vestig ‘n e-besigheid/aanlynopleiding van ander jeug, (✓)
    as gevolg van hulle kennis van die bou van webtuistes/inhoudbestuur/komplekse
    probleemoplossing, (✓) wat hulle help om hul vermoëns/prestasies/
    werksgeskiedenis ten toon kan stel, (✓) wat daardeur 'n effektiewe manier voorsien
    om moontlike werkgewers aan te trek. (✓)
•   Verken vryskutwerkopsies, (✓) waar hulle korttermyn/projekgebaseerde
    indiensneming mag vind, (✓) deur vir afstandswerkrolle aansoek te doen, (✓) en
    daardeur hulle soeke na werk globaal uitbrei. (✓)
•   Aanwending van aanlynsaamwerkinggereedskap, (✓) deur aanlyn werkspasies te
    gebruik, (✓) mag toelaat dat hulle effektief in virtuele spanne werk, (✓) en 'n
    waardevolle vaardigheid aan werkgewers voorstel wie spangeoriënteerde individue
    mag soek vir afstand/hibriede werk. (✓)
•   Deelname aan virtuele werk loopbaanskoue/loopbaanuitstallings, (✓) wat hulle direk
    betrokke maak by werwers, (✓) en daardeur werksopeninge/internskappe/
    professionele ontwikkelingsgeleenthede verken (✓) wat nie voorheen deur
    tradisionele metodes om werk te soek beskikbaar was nie. (✓)
•   Bemeestering van kommunikasie vir virtuele onderhoude, (✓) aangesien hulle
    bekwaam/gemaklik kan wees met digitale kommunikasiegereedskap (Zoom/MS
    Teams/Skype/Google), (✓) wat hulle toelaat om uit te blink in aanlyn onderhoude, (✓)
    en daardeur verseker dat hulle hulself professioneel/effektief aan werkgewers in 'n
    digitale arbeidsmark voorstel. (✓)
•   Volging van industrieblogs/nuus webwerwe/aanlynforums wat verwant is aan hulle
    veld, (✓) mag help dat hulle op datum bly/bewus is van industrieontwikkelings, (✓)
    en verseker dat hulle oor nuwe tendense ingelig bly, (✓) wat hulle bewus maak van
    die nuutste indiensnemingsgeleenthede. (✓)
•   Verkenning van tegnologieë/velde van werk soos kunsmatige intelligensie (AI)/ data
    wetenskap/kubersekuriteit, (✓) aangesien dit populêre 21ste eeu loopbane geword
    het, (✓) en dus die deure oopmaak na nuwer/innoverende loopbaans-geleenthede,
    (✓) wat die jeug se werkmoontlikhede verbeter. (✓)
•   Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.                    (2 x 4)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Lewensoriëntering                           20                           DBE/September 2025
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

•   Evalueer die betekenis van gedrukte media in 'n ontwikkelende digitale wêreld.

Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte (✓✓✓✓) vir elke vraag wat goed verduidelik is.

*NOTA AAN ONDERWYSER:
Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n POSITIEWE stelling gee, (✓) dit
motiveer (✓) 'n tweede NEGATIEWE stelling (✓) en dit motiveer. (✓)

Moontlike antwoorde kan insluit:
• Gedrukte materiaal mag dalk toeganklik/versprei word in gebiede met geen
  elektrisiteit/toegang tot elektroniese media, (✓) wat 'n wyer geografiese verspreiding
  van gedrukte media na landelike gemeenskappe bevorder; (✓) maar as gevolg van
  die beperkte fisiese verspreiding daarvan maak dit moeilik vir 'n wyer/groter gehoor
  om toegang te verkry, (✓) anders as digitale formate wat onmiddellik van enige plek
  af verkry kan word. (✓)
• Gedrukte media word as betroubaar/geloofwaardig beskou, (✓) as gevolg van die
  redigerings-/feitekontroleprosesse wat dit meer betroubaar maak; (✓) die behoefte/
  gebruik van aanlyn-/digitale hulpbronne word egter meer bevoordeel/ verkies (✓) as
  gevolg van die vinnige/gerieflike/opgedateerde inligting. (✓)
• Die lees van gedrukte bronne help om fokus/verstaan/geheue-vaslegging te
  verbeter, (✓) veral vir in-diepte verstaan van intensiewe/akademiese materiaal; (✓)
  alhoewel, die produksie van gedrukte media skade aan die omgewing doen deur
  natuurlik hulpbronne te gebruik, (✓) en digitale platforms 'n meer geskikte opsie
  maak. (✓)
• Gedrukte media bly waardevol vir adverteerders/maatskappy wat spesifieke gehore
  teiken, (✓) omdat dit 'n langer/blywende dekking/blootstelling mag hê; (✓) maar, dit
  mag duur wees om te druk/versprei, (✓) wat dit 'n minder geskikte/praktiese opsie
  maak. (✓)
• Sekere gedrukte formate (bv. joernale/tydskrifte) lok steeds 'n lojale gehoor, (✓) as
  gevolg van hul spesifieke inhoudsdekking; (✓) teenoor, jonger lesers wat hul wend
  na digitale media, (✓) omdat dit meer verskeidenheid/aantreklik is wat hul gejaagde
  lewenstyle beter pas. (✓)
• Gedrukte materiale voorsien 'n weergawe wat sonder digitale onderbrekings is, (✓)
  soos advertensies/kennisgewings/sosiale media onderbrekings wat dit ideaal maak
  vir diep lees/refleksie; (✓) tog, kan hulle nie kompeteer met die veelvoudige digitale
  platforms van vandag se digitale samelewing nie, (✓) wat korrekte nuus/konstante
  inhoud opdaterings voorsien. (✓)
• Boeke/koerante/tydskrifte wat gedruk is, kan oor generasies heen duur, (✓) wat
  inligting in 'n onveranderde/toeganklike formaat behou; (✓) tog, ten spyte hiervan is
  digitale kopieë meer gerieflik/beheerbaar om te berg weens hul duursaamheid, (✓)
  veral in huise/biblioteke/instansies met beperkte kapasiteit. (✓)
• Om fisiese boeke te hê kan 'n persoonlike ervaring bied (✓) aangesien jy eienaarskap
  het oor die boeke; (✓) alhoewel, die koste van gedrukte materiaal duur kan wees vir
  sekere gesinne (✓) teenoor die digitale boeke/bronne wat baie keer as meer
  bekostigbaar/maklik verkrygbaar/vrylik deelbaar met ander gesien word. (✓)
• Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.                     (2 x 4)        (8)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Life Orientation September 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-question-paper/544fdf9e-62c9-4c27-864b-7074e1f20561) — Life Orientation · QP · 2025 · Eng
- [Life Orientation September 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-question-paper/abe2aa0a-60a9-4cc2-ac95-868fd62f2f43) — Life Orientation · QP · 2025 · Afr
- [Life Orientation September 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2022-mg-afr/f917ccfc-0196-4ceb-b8da-caca74aa7227) — Life Orientation · Memo · 2022 · Afr
- [Life Orientation September 2022 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2022-mg-eng/d071d640-5b0c-44bb-9c33-3baf520349c2) — Life Orientation · Memo · 2022 · Eng
- [Life Orientation September 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-mg-afr/c9ceba79-b8bc-4af8-996f-76fd0be52456) — Life Orientation · Memo · 2021 · Afr
- [Life Orientation September 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-mg-eng/a34d56d1-636e-402c-9901-8895032d660a) — Life Orientation · Memo · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Life Orientation

- [Gr 12 Teacher s Guide (moderated)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-teacher-s-guide-moderated/edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861) — Guide
- [Gr 12 LO ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-lo-atp-2023-24/589ac481-b8bd-47bf-8f5f-622e6c43559a) — ATP
- [LIFE ORIENTATION GRADE 12 GUIDE FOR LEARNERS IN PREPARATION](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-grade-12-guide-for-learners-in-preparation/4cbe4f78-ed37-4854-b10a-324af4cbb09a) — QP
- [LIFE ORIENTATION GRADE 12 NOTES](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-grade-12-notes/61b25c4c-69f0-4ecc-8253-a481c31acdb1) — QP
- [Grade 12 Life Orientation Summaries](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-summaries/96777165-0e60-4c42-a65d-6bacf5fc3919) — QP
- [Life Orientation Survival Kit](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-survival-kit/2cf9dd76-141c-4e1c-839c-600c620b0477) — QP

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
