# Life Sciences Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/abc23639-2c91-41dd-9beb-2577705b50b9
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/abc23639-2c91-41dd-9beb-2577705b50b9)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESERING

                                   GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE

                                    JUNIE 2024

                                                                     PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Lewenswetenskappe                            2                                NW/Junie 2024
                                         Graad 12

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord AL die vrae.

 2.    Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK neer.

 3.    Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

 4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik word.

 5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

 7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

 9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.   Jy moet 'n nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar
       nodig.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Lewenswetenskappe                                      3                        NW/Junie 2024
                                                   Graad 12

AFDELING A

VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1
     tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

      1.1.1   Watter EEN van die volgende dele beheer die hoeveelheid lig wat die oog
              binnegaan, deur om die grootte van die pupil te beïnvloed?

              A        Sklera
              B        Kornea
              C        Retina
              D        Iris

      1.1.2    Meiose word die beste verduidelik as 'n proses wat ... dogterselle
               produseer?

               A        twee haploïede
               B        twee diploïede
               C        vier diploïed
               D        vier haploïede

      1.1.3    'n Lys van funksies van die brein word hieronder verskaf:

               (i)      Interpreteer sensasie
               (ii)     Reguleer onwillekeurige aksies
               (iii)    Beheer hoër denkprosesse
               (iv)     Beheer willekeurige aksies

               Watter EEN van die volgende kombinasies is die funksies van die
               serebrum?

               A        Slegs (i) en (ii)
               B        (i), (ii), (iii) en (iv)
               C        Slegs (i), (iii) en (iv)
               D        Slegs (i) en (ii)

      1.1.4    Tydens Anafase II van meiose word die twee chromatiede van 'n
               chromosoom uitmekaar getrek, elkeen beweeg na teenoorgestelde pole
               teen 'n tempo van 1 mikrometer per sekonde.

               Die afstand in mikrometer tussen die chromatiede na 45 sekondes is

               A        15.
               B        25.
               C        45.
               D        90.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Lewenswetenskappe                              4                              NW/Junie 2024
                                           Graad 12

      1.1.5    'n Rooi blomplant word met 'n wit blomplant gekruis. Al die nakomelinge
               het pienk blomme. Wanneer die twee pienk blomplante gekruis word, sal
               die volgende generasie blomplante blomme hê wat

               A     slegs pienk.
               B     slegs rooi.
               C     slegs wit.
               D     pienk, rooi en wit.

      1.1.6    'n Monster van DNS het 60 Guanienbasisse en 30 Adenienbasisse.
               Hoeveel fosfaatmolekules sou jy in hierdie monster van DNS verwag?

               A     30
               B     90
               C     180
               D     270

      1.1.7    “Grommets” kan gebruik word in die behandeling van ...

               A     astigmatisme.
               B     katarakte.
               C     middeloorinfeksies.
               D     versiendheid.

      1.1.8    Die deel van die brein wat liggaamstemperatuur reguleer, is die ...

               A     medulla.
               B     serebrum.
               C     serebellum.
               D     hipotalamus.

      1.1.9    Dit maak voorsiening vir gaswisseling in die amniotiese eier en vorm die
               plasenta in soogdiere.

               A     Allantois
               B     Chorioniese villi
               C     Naelstring
               D     Chorion
                                                                                (9 x 2)       (18)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Lewenswetenskappe                               5                               NW/Junie 2024
                                            Graad 12

 1.2     Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1    Twee of meer alternatiewe vorme van 'n geen op dieselfde lokus

         1.2.2    'n Oorerwingsversteuring waar bloed nie behoorlik stol nie

         1.2.3    Die struktuur waarin die Graafse follikel na ovulasie ontwikkel

         1.2.4    Die struktuur in die sel wat die spoeldrade vorm

         1.2.5    'n Vertakking van die outonome senuweestelsel wat die hartklop na
                  normaal verlaag

         1.2.6    'n Senuweesel wat senuwee-impulse vanaf reseptore na die sentrale
                  senuweestelsel vervoer

         1.2.7    Die sentrum wat slaap beheer

         1.2.8    Die organel wat in groot hoeveelhede in die nek van die spermsel
                  gevind word

         1.2.9    Tipe eier waar die embrio in ‘n vloeistofsak ontwikkel wat deur 'n dop
                  omring word                                                     (9 x 1) (9)

 1.3     Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
         slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
         (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM I                               KOLOM II
          1.3.1      Tipe oorerwing waar beide allele       A:   Onvolledige dominansie
                     gelyk in die fenotipe uitgedruk word   B:   Volledige dominansie
          1.3.2      Voortplantingstrategie by voëls        A:   Prekosiële
                     waar jong voëls hulpeloos is en nie    B:   Altrisiële
                     in staat is om te beweeg en hulself
                     te voed nie
          1.3.3      Tipe voortplanting by gewerwelde       A:   Oviparie
                     diere waar die fetus aan die uterus    B:   Ovoviviparie
                     vasheg en daarbinne ontwikkel
                                                                                     (3 x 2)    (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Lewenswetenskappe                            6                                NW/Junie 2024
                                         Graad 12

 1.4 By mense is lang vinger (F) en aaneenlopende haarlyn (H) dominant oor kort
     vinger en gepunte haarlyn. 'n Man en 'n vrou, albei heterosigoties vir die twee
     eienskappe, beplan om 'n kind te hê.

          Gamete             FH                Fh             fH               fh

             FH             FFHH              FFHh           FfHH             FfHh

             Fh             FFHh              FFhh           FfHh             Ffhh

              fH            FfHH              FfHh           ffHH             ffHh

              fh            FfHh               Z             FfHh             ffhh

      1.4.1 Noem die genotipe by Z.                                                           (1)

      1.4.2 Gee die:

              (a)    Genotipe van die ouers                                                   (2)

              (b)    Aantal genotipes wat kan lei tot nakomelinge met lang vingers en 'n
                     aaneenlopende haarlyn                                                    (1)

              (c)    Allele vir aaneenlopende haarlyn                                         (1)

              (d)    Fenotipe van 'n kind wat homosigoties resessief is vir
                     beide eienskappe                                                         (2)
                                                                                              (7)

 1.5 Menslike bloedgroepe word deur verskeie allele beheer.

      1.5.1 Hoeveel allele beheer bloedgroepe?                                                (1)

      1.5.2 Watter TWEE allele is kodominant in die oorerwing van bloedgroepe?                (2)

      1.5.3 'n Man is heterosigoties vir bloedgroep A en trou met 'n vrou wat
            bloedgroep O het.

              Gebruik 'n genetiese kruising om die fenotipiese verhouding van hul
              nageslag te toon.                                                               (7)
                                                                                              (10)
                                                                   TOTAAL AFDELING A: 50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Lewenswetenskappe                             7                                 NW/Junie 2024
                                          Graad 12

AFDELING B
VRAAG 2

 2.1 'n Mutasie het plaasgevind op die laaste kodon van 'n mRNS-molekule soos
      hieronder getoon.

       Oorspronklike          AUG       GAA      AUA      CCG      CCA      GGA
       volgorde
       Gemuteerde             AUG       GAA      AUA      CCG      CCA      GGC
       volgorde

      2.1.1    Noem die tipe mutasie wat plaasgevind het.                                (1)

      2.1.2    Gee 'n rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1                               (2)

      2.1.3    Die tabel hieronder toon sommige mRNS-kodons en aminosure
               waarvoor hulle kodeer

                           mRNS-kodons                       Aminosuur
                              AUA                            Isoleusien
                              AUG                             Metionien
                              CCA                              Prolien
                              CCG                              Prolien
                              CUG                              Leusien
                              GAC                           Glutamiensuur
                              GGA                              Glysien

               (a)   Noem die aantal verskillende aminosure waarvoor gekodeer
                     is deur die oorspronklike volgorde van die mRNS-molekule
                     wat hierbo gegee is.                                                (1)

               (b)   Gee die antikodon op oRNS/tRNA-molekule wat die
                     aminosure Metionien en Leusien dra.                                 (2)

               (c)   Gebruik die inligting in die tabel om die effek van die mutasie
                     op gevormde proteïen te beskryf.                                    (4)

      2.1.4    Beskryf die proses van transkripsie in proteïensintese.                   (5)
                                                                                         (15)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Lewenswetenskappe                            8                               NW/Junie 2024
                                         Graad 12

 2.2 Lees die uittreksel hieronder oor 'n mediese toestand by manlike babas wat
     kriptorgidisme genoem word.

          Kriptorgidisme kom by pasgebore babas voor, wanneer een of beide van
          die testes nie tydens geboorte in die skrotumsak afsak nie, maar binne
          die buikholte bly.

          Kriptorgidisme kom voor by ongeveer 3 tot 5% van voltermyn
          babaseuntjies voor, terwyl ongeveer een derde van vroeggebore
          babaseuntjies met hierdie toestand gebore word.

          Indien die testes nie teen die ouderdom van een jaar natuurlik afgesak
          het nie, is behandeling nodig. Behandeling kan die toediening van
          testosteroon behels, maar die mees algemene behandeling is chirurgie.

          As kriptorgidisme nie opgelos word nie, kan dit lei tot onvrugbaarheid
          wanneer beide testes nie afsak nie en ‘n verhoogde risiko van testikulêre
          kanker teen die ouderdom van 30 tot 40 jaar tot gevolg hê.

      2.2.1    Noem EEN funksie van testosteroon wat nie in die uittreksel hierbo
               genoem word nie.                                                       (1)

      2.2.2    Volgens die uittreksel, noem TWEE maniere waarop kriptorgidisme
               behandel kan word.                                                     (2)

      2.2.3    Watter persentasie van vroeggebore babaseuntjies word met
               kriptorgidisme gebore?                                                 (1)

      2.2.4.   Gee, uit die uittreksel, EEN rede anders as onvrugbaarheid, waarom
               kriptorgidisme behandel moet word as die toestand nie natuurlik
               opgelos word nie.                                                  (1)

      2.2.5    Verduidelik hoekom onafgesakte testes tot onvrugbaarheid by jong
               mans kan lei.                                                    (2)
                                                                                (7)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Lewenswetenskappe                              9                                 NW/Junie 2024
                                           Graad 12

 2.3 Een tipe doofheid by mense word op 'n enkele alleel gedra. Die diagram
     hieronder toon die oorerwing van doofheid in 'n gesin.

           Sleutel
                     Horende man                           Horende vrou

                     Dowe man                             Dowe vrou

      2.3.1    Hoeveel:

               (a)    generasies word in hierdie stamboomdiagram voorgestel?              (1)

               (b)    kinders van Tom en Pearl kan hoor?                                  (1)

      2.3.2    Watter genotipe is dominant?                                               (1)

      2.3.3    Gebruik die nageslag van Neo en Jane om jou antwoord op VRAAG
               2.3.2 te verduidelik.                                         (4)

      2.3.4    Gebruik die letter 'A' om die dominante alleel voor te stel en die letter
               'a' vir die resessiewe alleel om AL die moontlike genotipes vir 'n
               horende individu te gee.                                                  (2)
                                                                                         (9)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Lewenswetenskappe                            10                                    NW/Junie 2024
                                          Graad 12

 2.4 Sommige mynwerkers word voortdurend vir lang tye aan harde geraas
     blootgestel. Dit kan die haarselle in die Corti-orgaan vernietig en die
     gehoorsenuwee beskadig, wat gehoorverlies tot gevolg het.
      ’n Opname is van 2010 tot 2015 in Marikana-myne gedoen om die aantal
      mynwerkers wat aan gehoorverlies gely het, vas te stel.
      Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                          JARE                   AANTAL MYNWERKERS MET
                                                     GEHOORVERLIES
                          2010                            1500
                          2011                            5000
                          2012                            8000
                          2013                           10 000
                          2014                           11 000

      2.4.1    Noem die ligging van die Orgaan van Corti.                                   (1)

      2.4.2    Bereken die persentasie toename in die aantal mynwerkers met
               gehoorverlies tussen 2010 en 2014.                           (3)

      2.4.3    Stel EEN rede voor vir die toename in die aantal mynwerkers met
               gehoorverlies wat veroorsaak word deur blootstelling aan harde
               geraas in hierdie myn.                                          (1)

      2.4.4    Teken 'n staafgrafiek om die data in die tabel voor te stel.                 (6)
                                                                                            (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Lewenswetenskappe                           11                                  NW/Junie 2024
                                         Graad 12

 2.5 Die diagram hieronder toon 'n fase tydens meiose in ‘n diersel.

      2.5.1    Identifiseer deel C.                                                    (1)

      2.5.2    Deel B verteenwoordig homoloë chromosome.

               Wat is homoloë chromosome?                                              (1)

      2.5.3    Noem en beskryf die fase voor die fase wat hierbo geïllustreer
               word.                                                                   (3)

      2.5.4    Beskryf die resultate aan die einde van meiose, indien die
               chromosoom by deel B nie geskei het nie.                                (3)
                                                                                       (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Lewenswetenskappe                          12                               NW/Junie 2024
                                        Graad 12

 VRAAG 3

 3.1 Joel en Monique het drie kinders. Een van die drie kinders is aangeneem. ’n
     DNS-profiel vir elke lid van die gesin is voorberei om te bepaal of Joel die pa
     van al drie kinders (Junia, Cynthia en Cyril) is.

      Die DNS-profiele word hieronder gegee.

      3.1.1 Watter EEN van die kinders is aangeneem?                                        (1)

      3.1.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.1.1.                                        (2)
                                                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Lewenswetenskappe                          13                               NW/Junie 2024
                                        Graad 12

 3.2 Die diagram hieronder         verteenwoordig   'n   deel   van   die   vroulike
     voortplantingstelsel.

                                                                               B

                     A                                                         C

                                                                               D

      3.2.1 Identifiseer deel C.                                                            (1)

      3.2.2 Noem TWEE funksies van deel D.                                                  (2)

      3.2.3 Noem die hormoon wat deur deel A afgeskei word wat puberteit stimuleer. (1)

      3.2.4 Noem hoe die hormoon genoem in VRAAG 3.2.3 die endometrium
            beïnvloed.                                                                      (2)

      3.2.5 Verduidelik hoe voortplanting beïnvloed sal word indien deel B 'n
            blokkasie het aan albei kante.                                                  (3)

      3.2.6 Verduidelik EEN manier hoe deel C struktureel geskik is vir swangerskap. (2)

      3.2.7 Beskryf die proses van oogenese in deel A.                                      (5)
                                                                                            (16)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Lewenswetenskappe                             14                            NW/Junie 2024
                                           Graad 12

 3.3 Lees die uittreksel hieronder.

                           ALZHEIMER SE SIEKTE EN OEFENING
         Ouderdom en familiegeskiedenis is die bekende risikofaktore vir Alzheimer-
         siekte. Die mees algemene simptoom van Alzheimer-siekte is 'n
         verslegtende vermoë om nuwe inligting te onthou.
         Gereelde oefening kan help om die risiko om Alzheimer-siekte te ontwikkel,
         te verminder omdat dit bloedvloei na die brein kan verbeter en help om die
         volume van die hippokampus te behou. Die hippokampus is diep binne die
         serebrum geleë en speel 'n groot rol in leervermoë en oriëntasie.
         Wetenskaplikes het 'n ondersoek gedoen om vas te stel of gereelde
         oefening die risiko van Alzheimer-siekte by mense verminder.
         Hulle het:
                   37 vroulike deelnemers tussen die ouderdomme van 65 en 75 in
                    'n oefenprogram gebruik
                   deelnemers gebruik wat nie simptome van Alzheimer-siekte
                    getoon het, aan die begin van die ondersoek nie
                   het die ondersoek drie keer per week vir drie maande gedoen.
         Die resultate het 'n verbetering in hoër-orde denkvermoëns en 'n verhoogde
         bloedvloei na die serebrum getoon.

      3.3.1 Noem uit die uittreksel die:

              (a)      Ouderdomsgroep van vroulike deelnemers                               (1)

              (b)      EEN funksie van die hippokampus                                      (1)

      3.3.2 Noem die doel van hierdie ondersoek.                                            (2)

      3.3.3 Verduidelik waarom hierdie ondersoek nie gebruik kan word om tot die
            gevolgtrekking te kom dat oefening die risiko verminder om Alzheimer-
            siekte te kry nie.                                                    (3)
                                                                                  (7)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Lewenswetenskappe                          15                              NW/Junie 2024
                                        Graad 12

 3.4 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n deel van die menslike oor met
     middeloor-infeksie.

                            Gevul met
                            vloeistof

      3.4.1 Identifiseer deel:

              (a)    A                                                                     (1)

              (b)    D                                                                     (1)

      3.4.2 Noem die funksie van die ronde venster.                                        (1)

      3.4.3 Verduidelik hoe middeloorinfeksie gehoor kan beïnvloed.                        (2)

      3.4.4 Beskryf die rol van die gehoorsenuwee.                                         (2)

      3.4.5 Watter gehoorversteuring word veroorsaak deur verharding van weefsels
            van deel B?                                                           (1)

      3.4.6 Noem die behandeling vir die gehoorversteuring wat in VRAAG 3.4.5
            genoem is.                                                                     (1)

      3.4.7 Beskryf hoe deel C betrokke is by die handhawing van balans wanneer
            daar verandering in die spoed en rigting van beweging van die kop is. (4)
                                                                                  (13)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Lewenswetenskappe                         16                              NW/Junie 2024
                                       Graad 12

 3.5 Die diagram hieronder verteenwoordig ‘n tipe visuele versteuring.

      3.5.1 Identifiseer deel B.                                                      (1)

      3.5.2 Noem die visuele versteuring wat in die diagram hierbo getoon word.       (1)

      3.5.3 Noem en beskryf die visuele versteuring wat plaasvind as deel G
            oneweredig is.                                                            (3)

      3.5.4 Noem die TWEE spiere wat gevind word in deel A.                           (2)

      3.5.5 Beskryf hoe die spiere wat in VRAAG 3.5.4 genoem is, lig sal reguleer
            wanneer jy in die somer om 19h30 van die stadion af terugry.              (4)
                                                                                      (11)
                                                                                      [50]

                                                             TOTAAL AFDELING B: 100
                                                                 GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-memo-sept2023-afrikaans/4a6384bb-d099-47ae-9fde-15f096079e67) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
