# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a246688d-ef9e-4556-8407-40ac0053c480
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a246688d-ef9e-4556-8407-40ac0053c480)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        LEWENSWETENSKAPPE V1

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Lewenswetenskappe/V1                        2                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.       Beantwoord AL die vrae.

 2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy.

 4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

 7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
          NIE.

 9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.      Jy moet ʹn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
          waar nodig.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Lewenswetenskappe/V1                            3                          DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 AFDELING A    2025

 VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1        Die hormoon wat die liggaam vir ʹn noodtoestand voorberei, is …

                       A   aldosteroon.
                       B   progesteroon.
                       C   adrenalien.
                       D   prolaktien.

          1.1.2        Watter EEN van die volgende is funksies van die plasenta?

                       A   Ekskresie en voeding
                       B   Gaswisseling en beskerming teen meganiese besering
                       C   Voeding en temperatuurregulering
                       D   Temperatuurregulering en ekskresie

          1.1.3        Die tabel hieronder toon die reaksietyd van vier leerders op ʹn
                       stimulus.

                                   NAAM VAN           REAKSIETYD
                                   LEERDER            (SEKONDES)
                                    Temisha               0,7
                                     Luke                 0,6
                                     Anika                0,8
                                     Jordy                0,4

                       Watter EEN van die volgende leerders toon die vinnigste reaksie op
                       die stimulus?

                       A   Temisha
                       B   Luke
                       C   Anika
                       D   Jordy

          1.1.4        ʹn Hoë vlak van tiroksien in die bloed sal die volgende stimuleer:

                       A   Die pituïtêre klier om minder TSH af te skei
                       B   Die tiroïedklier om meer TSH af te skei
                       C   Die pituïtêre klier om meer TSH af te skei
                       D   Die tiroïedklier om meer tiroksien af te skei

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Lewenswetenskappe/V1                                 4                     DBE/November 2025
                                                NSS Vertroulik

          VRAAG 1.1.5 EN 1.1.6 IS GEBASEER OP DIE DIAGRAM VAN DIE
          VROULIKE VOORTPLANTINGSTELSEL.

                                                             P

                                                S
                                                                      Q

                                                 R

          1.1.5        Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir ʹn
                       normale swangerskap?

                                    PLEK VAN                  PLEK VAN
                                   BEVRUGTING                INPLANTING
                        A              P                          S
                        B              S                          Q
                        C              P                          Q
                        D              R                          P

          1.1.6        In watter deel ontwikkel die sigoot in ʹn morula?

                       A       S
                       B       Q
                       C       R
                       D       P

          1.1.7        Die volgende is ʹn lys van dele van die manlike voortplantingstelsel:

                       (i)      Prostaatklier
                       (ii)     Semenvesikel
                       (iii)    Uretra
                       (iv)     Cowper se klier

                       Watter EEN van die volgende kombinasies is verantwoordelik vir die
                       vorming van semen?

                       A       Slegs (i) en (ii)
                       B       Slegs (i), (ii) en (iv)
                       C       Slegs (ii) en (iii)
                       D       Slegs (i) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Lewenswetenskappe/V1                                  5                      DBE/November 2025
                                                 NSS Vertroulik

          1.1.8        Die diagram hieronder verteenwoordig ʹn menslike sperm.

                       Hierdie sperm is NIE struktureel geskik vir bevrugting NIE as gevolg
                       van die …

                       A       afwesigheid van ʹn nukleus (selkern) om genetiese materiaal te
                               voorsien.
                       B       afwesigheid van ʹn akrosoom om beweeglikheid te verbeter.
                       C       teenwoordigheid van ʹn lang stert vir die beweging van die
                               sperm.
                       D       afwesigheid van mitochondria om energie te verskaf.

          1.1.9        Die volgende is ʹn lys van groeireaksies by plante:

                       (i)       Plante groei reguit opwaarts
                       (ii)      Geen opwaartse groei nie
                       (iii)     Verhoogde aantal sytakke
                       (iv)      Stingels buig na eensydige lig toe

                       Watter EEN van die volgende kombinasies beskryf die
                       groeireaksies wat plaasvind wanneer die eindknoppe van plante
                       verwyder word?

                       A       Slegs (i), (ii) en (iii)
                       B       Slegs (ii) en (iii)
                       C       Slegs (i) en (iv)
                       D       (i), (ii), (iii) en (iv)

          1.1.10       Watter EEN van die volgende is KORREK vir ʹn persoon wat op ʹn
                       warm dag oefen sonder om enige vloeistowwe in te neem?

                       A       Verhoogde ADH-sekresie         (afskeiding) en verhoogde
                               deurlaatbaarheid van nierbuisies
                       B       Verhoogde ADH-sekresie en die produksie van verdunde urine
                       C       Verlaagde ADH-sekresie en verhoogde deurlaatbaarheid van
                               nierbuisies
                       D       Verlaagde ADH-sekresie en die produksie van gekonsentreerde
                               urine                                               (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Lewenswetenskappe/V1                           6                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1        Die ovariale hormoon wat deur die corpus luteum gesekreteer
                       (afgeskei) word

          1.2.2        Die oogdefek wat deur ʹn dowwe lens gekenmerk word

          1.2.3        Die produksie van ovums deur meiose

          1.2.4        Die deel van die retina wat geen stafies en keëltjies bevat nie

          1.2.5        Die vrystelling van ʹn ovum deur die ovarium

          1.2.6        Die ekstraëmbrioniese membraan wat ʹn rol in die vorming van die
                       plasenta speel

          1.2.7        ʹn Planthormoon wat vir die dormansie (rustoestand) van sade
                       verantwoordelik is

          1.2.8        Die instandhouding van ʹn konstante interne omgewing binne klein
                       grense                                                   (8 x 1)            (8)

 1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
          SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
          nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
          (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                        KOLOM I                           KOLOM II
          1.3.1        Die hormoon wat gedurende puberteit vir      A: Estrogeen
                       die ontwikkeling van sekondêre               B: Testosteroon
                       geslagskenmerke verantwoordelik is
          1.3.2        Speel ʹn rol by die pupilmeganisme           A: Siliêre spiere
                                                                    B: Radiale spiere
          1.3.3        ʹn Plantverdedigingsmeganisme                A: Dorings
                                                                    B: Chemikalieë
                                                                                      (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Lewenswetenskappe/V1                            7                        DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 1.4      Die diagramme hieronder verteenwoordig verskillende plantreaksies wat deur
          hormone veroorsaak word.

                                                                    X

                                                                        Y

                              DIAGRAM A

                                                               DIAGRAM B

                                                  DIAGRAM C

          1.4.1        Gee die LETTER(S) van die diagram(me) wat ʹn reaksie
                       verteenwoordig as gevolg van:

                       (a) Absissiensuur                                                         (1)

                       (b) Ouksiene                                                              (2)

                       (c) Gibberelliene                                                         (1)

          1.4.2        Identifiseer die groeireaksie wat getoon word:

                       (a) Deur die wortels in diagram A                                         (1)

                       (b) In diagram B                                                          (1)

          1.4.3        Gebruik X en Y in diagram B en noem watter kant van die stingel het
                       die hoogste:

                       (a) Konsentrasie ouksiene                                                 (1)

                       (b) Tempo van seldeling                                                   (1)
                                                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Lewenswetenskappe/V1                             8                        DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 1.5      Die diagram hieronder toon die struktuur van ʹn neuron.

                                                     C
                                                                          E
                                  B
                                                                 D

                        A
                                                             F

                                       Rigting van impuls

          1.5.1        Noem die tipe neuron wat deur die diagram verteenwoordig word.              (1)

          1.5.2        Identifiseer deel:

                       (a) B                                                                       (1)

                       (b) D                                                                       (1)

                       (c) E                                                                       (1)

          1.5.3        Gee die LETTER van die deel wat:

                       (a) Die genetiese materiaal van die neuron bevat                            (1)

                       (b) Die neuron isoleer                                                      (1)

                       (c) Sinaptiese kontak met ʹn interneuron maak                               (1)

          1.5.4        Noem die afwyking wat met die degenerasie van deel F geassosieer
                       word.                                                                       (1)
                                                                                                   (8)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Lewenswetenskappe/V1                           9                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1      Die dooier is die hoofbron van energie vir die ontwikkelende embrio by
          voëleiers.

          Die tabel hieronder verskaf inligting oor die eiers van sommige tipes voëls.

                                                      GEMIDDELDE %
                                TIPE VOËL
                                                     DOOIER IN DIE EIER
                                   Gans                    35,1
                                   Arend                   12,0
                                   Eend                    35,4
                                  Aasvoël                  14,0
                                  Hoender                  31,9
                                    Duif                   17,9

          2.1.1        Verduidelik waarom ons kan aflei dat eende prekosiale ontwikkeling
                       vertoon.                                                                 (3)

          2.1.2        Noem die DRIE tipes voëls wat ʹn hoër mate van ouersorg sal hê.          (3)

          2.1.3        Gee ʹn rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.2.                             (2)
                                                                                                (8)

 2.2      Die diagram hieronder toon ʹn gedeelte van die manlike voortplantingstelsel.

                                                           A

                                                                  B

                                   C
                                                               Skrotum

          2.2.1        Gee die LETTER en die NAAM van die:

                       (a)   Klier wat testosteroon afskei                                      (2)

                       (b)   Deel wat sperm tot rypwording stoor                                (2)

          2.2.2        Verduidelik die rol van die skrotum tydens spermproduksie.               (2)

          2.2.3        Noem en beskryf die proses van spermproduksie.                           (5)
                                                                                                (11)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Lewenswetenskappe/V1                           10                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 2.3      Die dikte van die endometrium varieer regdeur die menstruele siklus van ʹn
          vrou.

          Die tabel hieronder toon die resultate wat aangeteken is vir ʹn vrou wat die dikte
          van haar endometrium vir ʹn bepaalde menstruele siklus laat monitor het.

                              DAG VAN DIE                    DIKTE VAN DIE
                           MENSTRUELE SIKLUS               ENDOMETRIUM (mm)
                                   0                              14
                                   7                               3
                                  14                               5
                                  21                              13
                                  28                              16

          2.3.1        Deur te verwys na hormone van die ovarium, verduidelik die:

                       (a) Afname in dikte van die endometrium van dag 0 tot dag 7                  (3)

                       (b) Toename in dikte van die endometrium van dag 7 tot dag 14                (2)

          2.3.2        Beskryf veranderinge in die endometrium wat veroorsaak dat dit
                       dikker word.                                                                 (2)

          2.3.3        Noem die belangrikheid van die verandering in die dikte van die
                       endometrium, soos beskryf in VRAAG 2.3.2.                                    (1)

          2.3.4        Teken ʹn staafgrafiek om die resultate in die tabel te toon.                 (6)
                                                                                                    (14)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Lewenswetenskappe/V1                         11                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 2.4      Die diagramme hieronder verteenwoordig die verskille in die deursnee van ʹn
          arteriool (klein arterie) naby aan die oppervlak van die vel. Hierdie verskille is
          as gevolg van veranderinge wat tydens termoregulering onder verskillende
          omgewingstoestande plaasvind. Diagram Y toon die arteriool tydens normale
          toestande.

                            X                    Y                       Z
                                       (Normale toestande)

          2.4.1        Noem die deel van die brein wat termoregulering beheer.                    (1)

          2.4.2        Gee die LETTER van die diagram wat die arteriool op ʹn koue dag
                       verteenwoordig.                                                            (1)

          2.4.3        Verduidelik die belangrikheid van die verandering in die deursnee
                       van die arteriool, vanaf normale toestande tot die toestand in
                       diagram Z.                                                                 (4)
                                                                                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Lewenswetenskappe/V1                         12                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 2.5      Idiopatiese Kort Statuur (IKS) beskryf ʹn toestand waar kinders ʹn normale
          lengte by geboorte het, maar stadig groei en nie die verwagte lengte vir hulle
          ouderdomsgroep bereik nie. Hierdie toestand is NIE as gevolg van
          wanvoeding of verskillende leefstyle NIE.

          Wetenskaplikes het die invloed van bygevoegde groeihormoon op die lengte
          van kinders met IKS ondersoek.

          Die prosedure was soos volg:

           •   Toestemming is verkry van die ouers van ʹn groep tweejarige seuns met
               IKS.
           •   Die seuns is in twee groepe ingedeel.
           •   Die deelnemers in Groep A het menslike groeihormoon teen ʹn daaglikse
               dosis van 0,028 mg per kg liggaamsmassa ontvang.
           •   Die deelnemers in Groep B het nie die hormoonbehandeling ontvang nie.
           •   Die lengte van die deelnemers is gemeet en maandeliks aangeteken totdat
               elke deelnemer die ouderdom van 18 jaar bereik het.

          Teen die ouderdom van 18 jaar was die gemiddelde lengte in Groep A 8 cm
          meer as in Groep B.

          2.5.1      Noem die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.                   (1)

          2.5.2      Maak 'n lys van DRIE veranderlikes wat konstant gehou is en tot die
                     geldigheid van die ondersoek bygedra het.                                 (3)

          2.5.3      Verduidelik die doel van Groep B in hierdie ondersoek.                    (2)

          2.5.4      Bereken die daaglikse hoeveelheid bygevoegde menslike
                     groeihormoon wat aan ʹn seun met ʹn massa van 25 kg gegee is.
                     Toon AL jou berekeninge, ASOOK die korrekte eenheid.                      (3)

          2.5.5      Gee ʹn gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.                              (2)
                                                                                               (11)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Lewenswetenskappe/V1                            13                         DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 3

 3.1      Die diagramme hieronder verteenwoordig die struktuur van ʹn normale oog en
          dié van ʹn oog met astigmatisme.

                     A

                        B

                       C

                                   Normale oog              Oog met astigmatisme

          3.1.1        Identifiseer:

                       (a)   Vloeistof A                                                          (1)

                       (b)   Deel B                                                               (1)

                       (c)   Deel C                                                               (1)

          3.1.2        Beskryf die voorkoms van die kornea van ʹn oog met astigmatisme.           (1)

          3.1.3        Verduidelik hoe astigmatisme visie beïnvloed.                              (3)

          3.1.4        Gee EEN behandeling vir astigmatisme.                                      (1)
                                                                                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Lewenswetenskappe/V1                            14                        DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 3.2      Die diagramme hieronder toon dele van die menslike senuweestelsel.

                                                             A

                                                            B

                                                                                       D

                     C

                                    Rugmurg

                                                                                       E

          3.2.1          Noem die vertakking (afdeling) van die senuweestelsel wat
                         verteenwoordig word deur die dele wat getoon word.                       (1)

          3.2.2          Gee die LETTER en NAAM van die deel wat verantwoordelik is vir:

                         (a)   Balans en koördinasie                                              (2)

                         (b)   Beheer van asemhaling                                              (2)

                         (c)   Beheer van skeletspiere                                            (2)

          3.2.3          Beskryf die pad van ʹn impuls vanaf deel D deur die rugmurg tot by
                         deel E, om ʹn refleksaksie teweeg te bring.                              (6)
                                                                                                  (13)

 3.3      Beskryf hoe die menslike oog vir ver visie AKKOMMODEER.                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Lewenswetenskappe/V1                             15                        DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 3.4      Die diagram hieronder toon die struktuur van die menslike oor.

                                                             B
                  A                   Gehoorgang

                                                                                     C

                                                   E

                                                                                         D

          3.4.1        Identifiseer deel:

                       (a)   A                                                                    (1)

                       (b)   B                                                                    (1)

          3.4.2        Gee die LETTERS van TWEE dele wat normaalweg met vloeistof
                       gevul is.                                                                  (2)

          3.4.3        Beskryf hoe balans herstel word wanneer daar ʹn verandering in die
                       spoed en rigting van die beweging van die kop is.                          (5)

          3.4.4        Wanneer ʹn persoon oor ʹn lang tydperk aan harde geraas
                       blootgestel word, kan dit tot geraas-geïnduseerde gehoorverlies
                       (GGGV) lei, wat deur skade aan die haarselle in die orgaan van Corti
                       veroorsaak word. Hierdie selle word nie herstel wanneer hulle
                       beskadig is nie. Skade aan die haarselle kan voorkom word deur
                       oorpluisies in die gehoorgang te plaas.

                       Verduidelik hoe:

                       (a)   Skade aan die haarselle in die orgaan van Corti tot
                             gehoorverlies kan lei                                                (2)

                       (b)   Oorpluisies skade aan die haarselle in die orgaan van Corti kan
                             voorkom                                                              (3)
                                                                                                  (14)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Lewenswetenskappe/V1                                           16                           DBE/November 2025
                                                          NSS Vertroulik

 3.5      Die grafiek hieronder toon die insulienvlakke van drie mense oor ʹn 23-uur-
          tydperk, wat soos volg behandel is:

           Persoon A:                        ʹn Gesonde persoon wat geen behandeling ontvang het nie
           Persoon B:                        ʹn Persoon met diabetes mellitus wat ʹn vinnigwerkende
                                             insulieninspuiting voor elke maaltyd ontvang het
           Persoon C:                        'n Persoon met diabetes mellitus wat teen 23:00 daagliks 'n
                                             inspuiting, wat langwerkende insulien bevat, ontvang het

          Al drie persone het dieselfde maaltye op dieselfde tyd van die dag ontvang.

                                          Insulienkonsentrasie van die bloed oor ʹn 23-uur-tydperk

               Insulienkonsentrasie
                                                                                  Persoon A

                                                                                           Persoon B

             (Internasionale eenhede)
                                                                                               Persoon C

                                         4:00
                                         5:00
                                         6:00
                                         7:00
                                         8:00
                                         9:00
                                        10:00
                                        11:00
                                        12:00
                                        13:00
                                        14:00
                                        15:00
                                        16:00
                                        17:00
                                        18:00
                                        19:00
                                        20:00
                                        21:00
                                        22:00
                                        23:00
                                         0:00
                                         1:00
                                         2:00
                                         3:00
                                                               Tyd van die dag

          3.5.1                         Noem die orgaan wat insulien sekreteer (afskei).                        (1)

          3.5.2                         Noem die getal maaltye wat in die 23-uur-tydperk geëet is.              (1)

          3.5.3                         Tabuleer TWEE verskille tussen langwerkende insulien-
                                        behandeling en vinnigwerkende insulienbehandeling oor die tydperk
                                        van 23 uur.                                                             (5)

          3.5.4                         Noem die tipe insulienbehandeling wat soortgelyk aan die
                                        insulienafskeiding by ʹn gesonde persoon is.                            (1)

          3.5.5                         Verduidelik waarom persoon B ʹn tekort aan energie kan ervaar ná
                                        ʹn vinnigwerkende insulieninspuiting ontvang is, indien GEEN
                                        maaltyd geëet word NIE.                                                 (2)
                                                                                                                (10)
                                                                                                                [50]

                                                                                  TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                                      GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-eng/f9972eee-7003-48cf-abd1-093a89c505c4) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
