# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/29236a47-0c78-42b1-8652-f0a01897b402
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/29236a47-0c78-42b1-8652-f0a01897b402)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        LEWENSWETENSKAPPE V2

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Lewenswetenskappe/V2                         2                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.       Beantwoord AL die vrae.

 2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

 4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

 7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
          NIE.

 9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
          waar nodig.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Lewenswetenskappe/V2                          3                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING A    2025

 VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1        'n Geen is …

                       A   die volledige stel chromosome van 'n organisme.
                       B   'n gedeelte op 'n chromosoom, wat vir 'n eienskap kodeer.
                       C   die haploïede getal chromosome in 'n sel.
                       D   'n basisdrietal wat vir 'n aminosuur kodeer.

          1.1.2        Die belangrikheid van DNS/DNA-replisering is dat die selle wat aan
                       die einde van mitose gevorm het, …

                       A   geneties identies sal wees.
                       B   die helfte van die chromosoomgetal sal bevat.
                       C   geneties verskillend sal wees.
                       D   dubbel die getal chromosome sal hê.

          1.1.3        Watter EEN van die volgende stellings is 'n kenmerk van gepunte
                       ewewig?

                       A   Individuele organismes pas by veranderinge in die omgewing
                           aan.
                       B   Die oorerwing van verworwe eienskappe
                       C   Daar is lang periodes van min of geen veranderinge in 'n
                           bevolking.
                       D   Hoe meer 'n struktuur gebruik word, hoe meer ontwikkel dit.

          1.1.4        Hemofilie word …

                       A   gekenmerk deur die onvermoë om tussen rooi en groen te
                           onderskei.
                       B   deur 'n mutasie van 'n alleel op die X-chromosoom veroorsaak.
                       C   deur nie-verdeling van chromosome tydens meiose
                           veroorsaak.
                       D   deur 'n alleel wat op 'n outosoom gedra word, veroorsaak.

          1.1.5        Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n heterosigotiese
                       genotipe?

                       A   XrXr
                       B   BB
                       C   RW
                       D   aa

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Lewenswetenskappe/V2                             4                       DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

          VRAAG 1.1.6 EN 1.1.7 VERWYS NA DIE DIAGRAM HIERONDER WAT
          DNS/DNA-REPLISERING VOORSTEL.

                                                        1

                     5

                                                 G

                                                 A

                                                  T

                                                 T

          1.1.6          Watter EEN van die volgende kombinasies identifiseer molekuul 1,
                         4 en 5 KORREK?

                                Molekuul 1            Molekuul 4         Molekuul 5
                         A       Nukleotied           Deoksiribose         Fosfaat
                         B      Stikstofbasis           Fosfaat          Deoksiribose
                         C       Nukleotied             Fosfaat          Deoksiribose
                         D      Stikstofbasis         Deoksiribose         Fosfaat

          1.1.7          Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir
                         molekuul 2 en 3?

                              Molekuul 2        Molekuul 3
                         A        T                 A
                         B        A                 A
                         C        T                 G
                         D        A                 C

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Lewenswetenskappe/V2                              5                         DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

          VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS                        NA   DIE   INLIGTING   IN    DIE
          DIHIBRIEDKRUISING HIERONDER.

          By 'n sekere plantspesie beheer een geen stingelkleur en 'n ander een beheer
          planthoogte. Die kleur van die stingel kan bruin (B) of rooi (b) wees, terwyl die
          planthoogte lank (T) of kort (t) kan wees.

                                              STINGELKLEUR          PLANTHOOGTE
                                  Plant 1          Bruin                Kort
                                  Plant 2          Rooi                 Lank

          Toe plant 1 met plant 2 gekruis is, was sommige van hulle nakomelinge rooi
          en kort.

          1.1.8        Watter EEN van die volgende verteenwoordig die genotipes van
                       plant 1 en plant 2?

                                 PLANT 1            PLANT 2
                       A           bbtt               BbTt
                       B           Bbtt               bbTt
                       C           BbTt               bbtt
                       D           bbTt               Bbtt

          1.1.9        Die getal moontlike verskillende genotipes wat by die nageslag van
                       hierdie kruising verwag kan word, is …

                       A   4.
                       B   8.
                       C   9.
                       D   16.

          1.1.10       'n Rare vorm van ragitis word deur 'n dominante alleel op die
                       X-chromosoom veroorsaak.

                       Watter EEN van die volgende stellings oor die oorerwing van hierdie
                       vorm van ragitis is WAAR?

                       A   Indien die pa geaffekteer word, sal al sy seuns geaffekteer
                           word.
                       B   Dit sal meer dikwels by mans as by vroue voorkom omdat mans
                           net een X-chromosoom het.
                       C   Indien die pa geaffekteer word, sal al sy dogters geaffekteer
                           word.
                       D   Dit sal slegs by vroue voorkom omdat hulle twee
                           X-chromosome het.                                    (10 x 2)            (20)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Lewenswetenskappe/V2                           6                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 1.2      Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1        Die binding wat tydens proteïensintese tussen twee aminosure
                       gevorm word

          1.2.2        'n Organel wat DNS/DNA bevat wat in die nasporing van vroue se
                       afstamming/herkoms gebruik word

          1.2.3        Ongedifferensieerde selle by diere wat die potensiaal het om enige
                       tipe weefsel te word

          1.2.4        'n Verandering in die volgorde van stikstofbasisse wat die vorming
                       van 'n verskillende/ander proteïen tot gevolg het

          1.2.5        Die natuurlike vorm van 'n DNS/DNA-molekuul

          1.2.6        Die permanente verdwyning van 'n spesie van die Aarde af

          1.2.7        'n Tipe variasie met 'n verskeidenheid/reeks intermediêre fenotipes

          1.2.8        'n Alleel wat in 'n fenotipe in die heterosigotiese toestand uitgedruk
                       word

          1.2.9        Die posisie van 'n alleel op 'n chromosoom                      (9 x 1)      (9)

 1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
          SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
          nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
          (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                              KOLOM I                               KOLOM II
          1.3.1        Die fase van meiose                A: Anafase I
                       waartydens nie-verdeling kan       B: Anafase II
                       plaasvind
          1.3.2        'n Voorstelling van die getal,     A: Filogenetiese boom
                       vorm en rangskikking van al die    B: Kariotipe
                       chromosome in die selkern
          1.3.3        Tydens meiose verdeel die          A: Wet van onafhanklike
                       allele van 'n geen in                 sortering
                       verskillende gamete                B: Wet van segregasie
                                                                                       (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Lewenswetenskappe/V2                              7                      DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 1.4      Die diagramme hieronder verteenwoordig selle van dieselfde organisme tydens
          verskillende fases van mitose en meiose.

                         V                             W                      X
                                      A
                                      B

                                      C
                         Y                             Z

          1.4.1        Identifiseer deel:

                       (a) A                                                                     (1)

                       (b) B                                                                     (1)

                       (c) C                                                                     (1)

          1.4.2        Watter diagram (V, W, X, Y of Z) verteenwoordig 'n sel tydens:

                     (a) Profase van mitose                                                      (1)

                     (b) Metafase I                                                              (1)

                     (c) Profase I                                                               (1)

          1.4.3        Hoeveel chromosome sal daar in elke sel wees aan die einde van:

                       (a) Mitose                                                                (1)

                       (b) Meiose I                                                              (1)
                                                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Lewenswetenskappe/V2                                8                         DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

 1.5      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n stadium van proteïensintese. Elke
          aminosuur (P, Q, R en S) word deur 'n verskillende kodon op hierdie
          bRNS/mRNA-molekuul gekodeer.

                                                                               1

                             2                3                4          5

                     U       A       C   G    C    A                  C   G        A

                                                       Z

          1.5.1        Identifiseer:

                       (a)       Die fase van proteïensintese wat verteenwoordig word                   (1)

                       (b)       Molekuul 1                                                             (1)

                       (c)       Organel Z                                                              (1)

          1.5.2        Noem die volgorde van stikstofbasisse op die DNS/DNA-molekuul
                       vir kodon:

                       (a)       3                                                                      (1)

                       (b)       4                                                                      (2)

          1.5.3        Vir watter aminosuur (P, Q, R of S) kodeer kodon 5?                              (1)
                                                                                                        (7)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                  50

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Lewenswetenskappe/V2                            9                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig die geslagschromosome van 'n vrou.

                                           X               X

                                                               A

                                                               P

          2.1.1        Identifiseer struktuur A.                                                    (1)

          2.1.2        Gee die biologiese term vir die geslagschromosome.                           (1)

          2.1.3        Beskryf hoe hierdie chromosome in die somatiese selle van 'n man
                       sal verskil.                                                                 (1)

          2.1.4        Uitruil van genetiese materiaal vind by area P plaas.

                       (a)   Noem die proses hierbo.                                                (1)

                       (b)   Identifiseer die fase waartydens die proses genoem in
                             VRAAG 2.1.4(a) plaasvind.                                              (1)

                       (c)   Gee EEN rede waarom               die   proses    genoem       in
                             VRAAG 2.1.4(a) belangrik is.                                           (1)

          2.1.5        Verduidelik hoe die struktuur van die chromosome aan die einde
                       van meiose II sal verskil.                                                   (2)

          2.1.6        Nie-verdeling van hierdie chromosome het tydens meiose
                       plaasgevind en 'n gameet met 'n ekstra chromosoom is gevorm.
                       Indien hierdie gameet deur normale gamete bevrug word, sal die
                       gevolglike sigote nie normaal wees nie.

                       Verduidelik die genetiese samestelling van hierdie sigote.                   (3)
                                                                                                    (11)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Lewenswetenskappe/V2                         10                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 2.2      Die diagram hieronder toon die DNS/DNA-analise van 'n monster wat op 'n
          misdaadtoneel gekry is, 'n monster van die slagoffer en monsters van twee
          verdagtes. Die polisie het gedurende hulle ondersoek die DNS/DNA vergelyk
          om die misdadiger te identifiseer.

                                                                        Monster van
                                                                       misdaadtoneel

                                                                        Monster van
                                                                        die slagoffer

                                                                        Monster van
                                                                         verdagte 1

                                                                        Monster van
                                                                         verdagte 2

          2.2.1        Noem die tegniek wat in hierdie kriminele ondersoek gebruik is.           (1)

          2.2.2        Watter EEN van die verdagtes (1 of 2) was op die misdaadtoneel?           (1)

          2.2.3        Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.2.                (1)

          2.2.4        Gee TWEE moontlike redes waarom die verdagte wat in
                       VRAAG 2.2.2 geïdentifiseer is, moontlik NIE skuldig bevind sal word
                       as slegs hierdie bewyse gebruik sou word NIE.                             (2)

          2.2.5        Verduidelik hoe die tegniek genoem in VRAAG 2.2.1 vir
                       vaderskaptoetse gebruik word.                                             (4)
                                                                                                 (9)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Lewenswetenskappe/V2                           11                       DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 2.3      CADASIL is 'n outosomale genetiese siekte wat deur 'n dominante alleel (D)
          veroorsaak word. Dit het die verdikking van die wande van bloedvate tot gevolg.

          Die diagram hieronder toon die oorerwing van CADASIL in 'n familie.

                                      1                 2         3                  4

                                  5          6              7               8

                  SLEUTEL:

                     Vrou met CADASIL

                     Man met CADASIL

                     Vrou sonder CADASIL                    9   10              11

                     Man sonder CADASIL

          2.3.1        Noem die soort diagram wat hierbo voorgestel word.                        (1)

          2.3.2        Hoeveel nakomelinge het ouers 3 en 4?                                     (1)

          2.3.3        Gee die:

                       (a)   Fenotipe van individu 10                                            (1)

                       (b)   Genotipe van individu 5                                             (1)

          2.3.4        Gebruik bewyse in die diagram en verduidelik waarom individue 1
                       en 2 beide heterosigoties is.                                             (4)

          2.3.5        Wat is die persentasie kans dat ouers 7 en 8 nog 'n kind met
                       CADASIL sal hê?                                                           (1)
                                                                                                 (9)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Lewenswetenskappe/V2                                          12                         DBE/November 2025
                                                         NSS Vertroulik

 2.4      Die grafiek hieronder toon die verspreiding van bloedgroepe vir twee etniese
          groepe (1 en 2) gedurende 2021 in 'n sekere land.

                                         Persentasie mense met elke bloedgroep

                              60
                                                                                                  51

          Persentasie mense
                              50                                                         45
                                       40
                              40

                              30                26
                                                                19
                              20
                                                           11
                              10                                          4   4
                              0
                                            A                 B           AB                  O
                                                             Bloedgroepe
                                                     Etniese groep 1   Etniese groep 2

          2.4.1                    Watter bloedgroep:

                                   (a) Is die algemeenste in beide etniese groepe                                  (1)

                                   (b) Het 'n hoër persentasie in etniese groep 1 as in etniese groep 2            (1)

          2.4.2                    Noem AL die moontlike genotipes van 11% van die mense in etniese
                                   groep 1.                                                                        (2)

          2.4.3                    In 2021 het etniese groep 1 'n populasie van 360 000 mense gehad.

                                   Watter bloedgroep (A, B, AB of O) het 39 600 mense gehad?                       (2)

          2.4.4                    Verduidelik die oorerwing van bloedgroep AB.                                    (3)
                                                                                                                   (9)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Lewenswetenskappe/V2                          13                         DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 2.5      Palomino-perde word deur perdetelers vir die kleur van hulle pels geteel.
          'n Palomino het 'n goudkleurige pels. Dit is die nakomeling van 'n perd met 'n
          roomkleurige pels (A) en 'n perd met 'n kastaiingbruin pelskleur (G).

          2.5.1        Noem die soort dominansie wat by die oorerwing van pelskleur in
                       palomino-perde vertoon word.                                              (1)

          2.5.2        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.5.1.                                  (2)

          2.5.3        Die teel van perde vir gewenste kenmerke is 'n soort biotegnologie.

                       (a) Noem hierdie soort biotegnologie.                                     (1)

                       (b) Noem die TWEE fenotipes van die perde wat gekruisteel moet
                           word vir 'n 100%-kans vir palomino-nakomelinge.                       (2)

          2.5.4        'n Perd met 'n roomkleurige pels is met 'n palomino-perd gekruis.

                       Gebruik 'n genetiese kruising om die verwagte fenotipiese
                       verhouding van die nakomelinge te toon.                                   (6)
                                                                                                 (12)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Lewenswetenskappe/V2                          14                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 3

 3.1      Teorieë van menslike evolusie word op die ooreenkomste tussen mense en
          Afrika-ape asook die anatomiese verskille tussen hulle gebaseer.

          3.1.1        Noem TWEE eienskappe in verband met sig wat mense en
                       Afrika-ape deel/in gemeen het.                                            (2)

          3.1.2        Beskryf TWEE verskille tussen die kakebene van mense en
                       Afrika-ape.                                                               (4)

          3.1.3        Verduidelik die belangrikheid van die posisie van die foramen
                       magnum, die vorm van die ruggraat en die grootte van die pelvis by
                       bipedalisme.                                                              (6)
                                                                                                 (12)

 3.2      Die tabel hieronder toon die gemiddelde breinvolume van verskillende
          hominiedspesies.

                                SPESIE               GEMIDDELDE BREINVOLUME
                                                               (mℓ)
                     Ardipithecus ramidus                      350
                     Australopithecus africanus                461
                     Homo habilis                              609
                     Homo erectus                              959
                     Homo sapiens                             1 330

          3.2.1        Hoeveel genera word in die tabel verteenwoordig?                          (1)

          3.2.2        Gee TWEE voorbeelde van fossiele van Australopithecus africanus
                       wat in Suid-Afrika gevind is.                                             (2)

          3.2.3        Gee die gemiddelde breinvolume (mℓ) van die spesie wat eerste was
                       om gereedskap te gebruik.                                                 (1)

          3.2.4        Bereken die persentasie toename in die gemiddelde breinvolume
                       tussen Homo habilis en Homo sapiens. Toon ALLE berekeninge en
                       rond die antwoord tot TWEE desimale plekke af.                            (3)

          3.2.5        Die brein ontbind nadat die organisme sterf.

                       Verduidelik hoe wetenskaplikes in staat is om die breinvolume van
                       fossiele te bepaal.                                                       (3)

          3.2.6        Verduidelik die verwantskap tussen gemiddelde breinvolume en
                       kulturele bewyse vir menslike evolusie.                                   (3)
                                                                                                 (13)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Lewenswetenskappe/V2                           15                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 3.3      Die uittreksel en diagram hieronder is op loopvoëls gebaseer.

                                 BROEI-MAANDE BY LOOPVOËLS

          Loopvoëls is voëls wat eiers lê en nie kan vlieg nie. Die maande wanneer eiers
          gelê word, word deur baie faktore soos die temperatuur, daglengte en
          beskikbaarheid van voedsel beïnvloed. Volstruise lê normaalweg hulle eiers in
          September, rheas/nandoes tussen Oktober en Maart, terwyl emoes hulle eiers
          van November tot April lê.

                                               Volstruis

                                         Rhea/Nandoe
                                                                        Emoe

                                  Die huidige verspreiding van loopvoëls

          3.3.1        Die loopvoëls wat op die kaart getoon word, word as verskillende
                       biologiese spesies geklassifiseer.

                       (a)   Noem wat met 'n biologiese spesie bedoel word.                         (2)

                       (b)   Gebruik die inligting in die uittreksel en verduidelik waarom die
                             volstruis en emoe as verskillende spesies beskou word.                 (2)

                       (c)   Noem TWEE ander voortplantingsisolasiemeganismes wat
                             sou voorkom het dat die rhea en die volstruis kruisteel indien
                             hulle in dieselfde habitat was.                                        (2)

          3.3.2      Identifiseer die bewys vir evolusie wat in die diagram voorgestel
                     word.                                                                          (1)

          3.3.3      Beskryf hoe die bewys wat in VRAAG 3.3.2 geïdentifiseer is, die
                     evolusieteorie ondersteun.                                                     (5)
                                                                                                    (12)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Lewenswetenskappe/V2                           16                            DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 3.4      Weerstand teen hongersnood/hongersnoodweerstand verwys na die periode
          waartydens 'n organisme sonder voedsel kan gaan voordat dit vrek.

          'n Ondersoek is uitgevoer om die invloed van die beskikbaarheid van voedsel
          op die hongersnoodweerstand by vrugtevlieë te bepaal.

          Die prosedure was soos volg:

          •       5 000 vrugtevlieë van dieselfde ouderdom is gebruik.
          •       Hulle is almal in 'n houer, geskik vir die groei van die vrugtevlieë, geplaas
                  en 'n maltose-gebaseerde voedselbron gegee.
          •       Die voedselbron is na 'n uur verwyder.
          •       Die tyd wat dit geneem het vir 80% van die vrugtevlieë om van
                  hongersnood te vrek, is aangeteken.
          •       Die dooie vlieë is uit die houer verwyder.
          •       Die voedselbron is toe in die houer teruggeplaas.
          •       Die oorblywende vrugtevlieë is toegelaat om te kruisteel.
          •       Hulle eiers is versamel en na 'n nuwe houer met 'n voedselbron oorgedra
                  waar hulle toegelaat is om uit te broei.
          •       Hierdie vrugtevlieë is toegelaat om tot dieselfde ouderdom as die
                  1ste generasie te groei.
          •       Die voedselbron is toe weer verwyder.
          •       Die tyd wat dit geneem het vir 80% van die vrugtevlieë om van
                  hongersnood te vrek, is weer aangeteken.
          •       Hierdie prosedure is herhaal totdat die 60ste generasie vrugtevlieë bereik
                  is.

         Voedsel verwyder
                                                   Voedsel teruggeplaas
                                                                                Nuwe generasie

          3.4.1        Noem die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.                     (1)

          3.4.2        Beskryf hoe die afhanklike veranderlike gemeet is.                            (1)

          3.4.3        Noem EEN gekontroleerde veranderlike wat in ag geneem is toe die
                       vrugtevlieë aan die begin van die ondersoek uitgesoek is.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Lewenswetenskappe/V2                                        17                                            DBE/November 2025
                                                       NSS Vertroulik

          3.4.4                 Verduidelik waarom die navorser die vrugtevlieë dieselfde soort
                                voedsel tydens die hele ondersoek gegee het.                                                      (2)

          Die grafieke hieronder toon die resultate wat vir die 1ste generasie en die
          60ste generasie verkry is.

            300                                                         300
                                      ChartGENERASIE
                                            Title    1
                                                                                               Chagert Title
                                                                                               GENERASIE 60
                                        OORSPRONKLIKE
            200

             Getal vlieë                                                 Getal vlieë
                                          POPULASIE                     200

            100                                                         100

                 0                                                           0
                           0     40      80    120   160    200                        0      40     80    120    160       200
                               Ure tot vrek weens hongersnood                              Ure tot vrek weens hongersnood

          3.4.5                 Beskryf die resultate wat in hierdie ondersoek verkry is.                                         (2)

          3.4.6                 Gebruik Darwin se teorie van natuurlike seleksie en verduidelik die
                                toename in weerstand teen hongersnood by vrugtevlieë.                                             (6)
                                                                                                                                  (13)
                                                                                                                                  [50]

                                                                                               TOTAAL AFDELING B:                 100
                                                                                                   GROOTTOTAAL:                   150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-eng/ad42999d-6e30-4bbc-9860-4febb47c7166) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-afr/3a3f6e0d-1732-4f2c-aba0-9b2bf232ef02) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2014-eng/aa52a105-471a-45ee-bc58-879c58456d93) — Life Sciences · QP · 2014 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Life Sciences · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/17b4cc42-641c-4d7d-9c53-6bac113ce83c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
