# Life Sciences Grade 12 NW June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-sciences-2025-nw-june-exam-question-paper-afrikaans/9443394f-6ddb-4f0b-a7de-4312e44b04b4
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 NW June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-sciences-2025-nw-june-exam-question-paper-afrikaans/9443394f-6ddb-4f0b-a7de-4312e44b04b4)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                  GRAAD 12

                          LEWENSWETENSKAPPE
                                   JUNIE 2025

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Lewenswetenskappe                         2                                 NW/Junie 2025
                                        Graad 12

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.      Beantwoord AL die vrae.

 2.      Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.      Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

 4.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
         hierdie vraestel gebruik is.

 5.      Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.      Teken ALLE sketse in potlood en skryf die byskrifte met blou of swart
         ink.

 7.      Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
         word.

 8.      Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
         geteken NIE.

 9.      MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.     Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
         gebruik waar nodig.

 11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Lewenswetenskappe                         3                                NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
        gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1 Wat sal die persentasie van timien in 'n DNS-molekule wees,
              indien 35% van die stikstofbasisse guanien is?

               A     35%
               B     30%
               C     70%
               D     15%

        1.1.2 Watter EEN van die volgende kan tydens meiose I voorkom?

               A     Chromatiede skei om na teenoorgestelde pole te beweeg
               B     Identiese haploïede selle vorm
               C     Nie-disjunksie
               D     Allele van 'n geen versmelt saam

        1.1.3 Die diagram hieronder beeld die struktuur van die spermsel uit.

                                          Y            Z

                                                   X

               Watter EEN van die volgende kombinasies is korrek?

               A     X – Stert         Y – Mitochondria     Z – Nukleus
               B     X – Flagellum     Y – Middelstuk       Z – Akrosoom
               C     X – Stert         Y – Akrosoom         Z – Kop
               D     X – Silium        Y – Mitochondria     Z – Akrosoom

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Lewenswetenskappe                                4                                    NW/Junie 2025
                                               Graad 12

        1.1.4   Die hormoon wat verantwoordelik                   is   vir   sekondêre
                geslagseienskappe by mans is ...

                A         luteïniserende hormoon.
                B         testosteroon.
                C         progesteroon.
                D         oksitosien.

        1.1.5        In 'n dihibriede kruising is 'n dier met lang ore (L) en ‘n rooi pels
                     (R) gekruis met 'n dier met kort ore (l) en ‘n swart pels (r).

                     Watter EEN van die volgende kan die genotipes van die ouers
                     voorstel?

                     A      LLRR × llrr
                     B      LlRr × LlRr
                     C      llRR × llrr
                     D      Llrr × LLRr

        1.1.6        Die kans om 'n manlike kind by mense te hê, is ...

                     A      25%
                     B      50%
                     C      75%
                     D      100%

        1.1.7        Die wetenskaplike wat ertjieplante gekweek het om die
                     beginsels van genetika te ondersoek:

                     A      James Watson
                     B      Maurice Wilkins
                     C      Rosalind Franklin
                     D      Gregor Mendel

        1.1.8        DNS en RNS is voorbeelde van ...

                     A      aminosure.
                     B      proteïene.
                     C      nukleïensure.
                     D      ensieme.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Lewenswetenskappe                             5                              NW/Junie 2025
                                            Graad 12

        1.1.9        Wat word in die diagram hieronder geïllustreer?

                     A     tRNS-molekules wat aminosure tydens translasie oordra.
                     B     Transkripsie wat plaasvind op die DNS-templaat binne
                           die nukleus.
                     C     DNS-nukleotiede wat aan die templaatstring heg tydens
                           DNS-replisering.
                     D     Die mRNS-molekule wat die nukleus verlaat.

        1.1.10       Waar in die menslike liggaam sal jy die struktuur wat in die
                     diagram hieronder geïllustreer word, vind?

                     A     Serebellum
                     B     Rugmurg
                     C     Brein
                     D     Effektorspier                                (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Lewenswetenskappe                           6                                  NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 1.2    Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende
        beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot
        1.2.9) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1   'n Genetiese kruising wat die oorerwing van 'n enkele eienskap
                behels

        1.2.2   Die hormoon wat verantwoordelik is vir die herstel van die
                endometrium na menstruasie

        1.2.3   Die verdeling van die sitoplasma tydens die proses van meiose

        1.2.4   Die neuron wat impulse na die effektor vervoer

        1.2.5   Die verbindings wat tussen die monomere van 'n proteïen
                gevind word

        1.2.6   Strukture in die testes wat verantwoordelik is vir die voorsiening
                van die moederselle vir spermatogenese

        1.2.7   Die soort dominansie waar nie een van die allele van 'n geen
                volledig uitgedruk word nie, en die fenotipe 'n intermediêre
                toestand toon

        1.2.8   Die deel van die brein wat die asemhalingstempo beheer

        1.2.9   'n Voorstelling wat al die nukleêre chromosome in 'n sel toon
                                                                          (9 x 1)      (9)

 1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
        SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
        KOLOM II. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die
        vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                    KOLOM I                                 KOLOM II
        1.3.1 Proses(se) betrokke by           A:    DNS-replisering
              proteïensintese                  B:    Transkripsie
        1.3.2 Diploïede selle word             A:    Meiose
              vervaardig                       B:    Oögenese
        1.3.3 Deel van die sentrale            A:    Kraniale senuwees
              senuweestelsel                   B:    Rugmurg
                                                                          (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Lewenswetenskappe                          7                                NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 1.4    Die diagram hieronder verteenwoordig 'n molekule wat in 'n sel gevind
        word.

                                  Q
                                             W

                                                                      R
                                                 A
                                                                      S
                                           W

                                                 G

                                                                      V

                                                     C

                                                 A

                                                 G

                              String 1               String 2

        1.4.1 Identifiseer:

                (a)   Eenheid Q                                                      (1)

                (b)   R                                                              (1)

                (c)   S                                                              (1)

                (d)   Die volledige naam van V                                       (1)

                (e)   W                                                              (1)

        1.4.2 Identifiseer die molekule in die diagram hierbo.                       (1)

        1.4.3 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.2.                          (1)

        1.4.4 Skryf die volgorde van die stikstofbasisse vir string 1 van bo na
              onder neer.                                                            (2)

        1.4.5 Behalwe vir die nukleus, noem EEN ander plek in 'n diersel waar
              DNS gevind kan word.                                                   (1)
                                                                                     (10)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Lewenswetenskappe                            8                                   NW/Junie 2025
                                           Graad 12

 1.5    Die diagram hieronder verteenwoordig die sy-aansig van die manlike
        voortplantingstelsel.

             A                                                             D

                                                                           E

             B
                                                                           F
             C

        1.5.1 Gee die LETTER en die NAAM van die ...

                 (a)   struktuur waar spermselle tydelik gestoor word om
                       volwasse te word.                                                  (2)

                 (b)   struktuur wat spermselle van fruktosesuiker voorsien.              (2)

        1.5.2 Identifiseer deel A.                                                        (1)
                                                                                          (5)

                                                         TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Lewenswetenskappe                         9                                   NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 AFDELING B
 VRAAG 2

 2.1    Die diagram hieronder verteenwoordig 'n ontwikkelende fetus in die
        uterus.

                                            A
                                            B

                          C

                          D
                                                                  E

                                                                 F

        2.1.1   Gee die LETTER van die deel waar:

                (a)   bevrugting gewoonlik plaasvind                               (1)

                (b)   ovums geproduseer word                                       (1)

                (c)   'n slymprop vorm tydens gestasie                             (1)

        2.1.2   Gee TWEE funksies van deel C.                                      (2)

        2.1.3   Beskryf EEN strukturele aanpassing van deel E vir gestasie.        (2)

        2.1.4   Verduidelik hoe die ontwikkeling van die fetus beïnvloed sal
                word, as 'n gewas in deel D begin groei en op die bloedvate
                binne-in druk.                                                     (4)

        2.1.5   Verduidelik die kans dat bevrugting sal plaasvind in die
                diagram hierbo.                                                    (4)
                                                                                   (15)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Lewenswetenskappe                          10                                NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 2.2    Beskryf die proses van oögenese.                                             (5)

 2.3    Lees die uittreksel hieronder.

        Monotreme is 'n baie unieke groep soogdiere wat eiers lê. Die
        eendbekdier is 'n bekende voorbeeld, maar is net een van vyf spesies
        monotreme. Die ander vier spesies is almal soorte mierystervarke, ook
        bekend as mierysterdiere. Hulle lyk soos krimpvarkies, met pen-bedekte
        liggame, maar het baie langer snoete.

        Die paringsgedrag van mierystervarke is uiters ingewikkeld en
        wetenskaplikes het gesukkel om die meganisme te ontdek, aangesien
        mierystervarke min belangstelling toon om te paar in aanhouding.
        Wyfies lê een eier met 'n sagte leeragtige dop 22 dae nadat hulle met 'n
        mannetjie gepaar het. Sy het 'n buidel, soortgelyk aan 'n kangaroe s'n,
        en sal dadelik haar eier in die buidel plaas totdat dit tien dae later
        uitbroei. Sodra die jong haarlose mierystervarkie uitgebroei het, begin
        hy voed op melk wat deur die moeder geproduseer word, terwyl hy in
        die buidel bly.

        2.3.1   Watter soort bevrugting vind plaas in mierystervarke?                (1)

        2.3.2   Gee TWEE voordele van die soort bevrugting wat in VRAAG
                2.3.1 genoem word.                                                   (2)

        2.3.3   Watter voortplantingstrategie word in mierystervarke aangetref?      (1)

        2.3.4   Verskaf TWEE redes vir bewyse van ouerlike sorg in
                mierystervarke.                                                      (2)

        2.3.5   Bestaan daar prekosiale, of altrisiële ontwikkeling in hierdie
                soogdiere?                                                           (1)

        2.3.6   Gee EEN eienskap van die mierystervark om jou antwoord op
                VRAAG 2.3.5 te staaf.                                                (1)
                                                                                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Lewenswetenskappe                          11                                  NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 2.4    Die twee diagramme hieronder beeld twee fases van meiose uit.

                                 A                           B

        2.4.1   Identifiseer die fases wat voorgestel word deur:

                (a)   A                                                               (1)

                (b)   B                                                               (1)

        2.4.2   Verduidelik waarom beide selle (A en B) nie-disjunksie toon.          (3)

        2.4.3   Tabuleer TWEE verskille tussen mitose en meiose.                      (5)
                                                                                      (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Lewenswetenskappe                             12                                 NW/Junie 2025
                                            Graad 12

 2.5    Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van 'n tipe
        nagblindheid in 'n familie. Hierdie afwyking is geslagsgekoppeld en
        word deur 'n resessiewe alleel (n) veroorsaak. Om normale nagvisie te
        hê, word veroorsaak deur 'n dominante alleel (N).

                            1          2

            Normale manA3                                                    4
        :                   A

                                                                  5
            Key
                                                              Ongeaffekteeerde
                     Ongeaffekteerde manA                     vrou

                     Geaffekteerde manA                       Geaffekteerde vrou

                                  Oorerwing van nagblindheidA

        2.5.1     Wat word bedoel met 'n geslagsgekoppelde afwyking?                    (1)

        2.5.2     Hoeveel van die manlike afstammelinge van ouers 1 en 2 is
                  ongeaffekteerd?                                                       (1)

        2.5.3     Gee die genotipe van:

                  (a)    Individu 2                                                     (2)

                  (b)    Individu 5                                                     (2)

        2.5.4     Indien individu 5 kinders het met 'n ongeaffekteerde man, watter
                  persentasie van haar dogters sal 'n alleel vir nagblindheid hê,
                  maar is NIE geaffekteerd nie?                                         (2)

        2.5.5     Noem TWEE genetiese afwykings, behalwe vir nagblindheid,
                  wat geslagsgekoppeld is.                                              (2)

        2.5.6     Verduidelik hoe dit moontlik was vir individue 1 en 2 om 'n
                  geaffekteerde kind te hê, terwyl albei van hulle ongeaffekteerd
                  is.                                                                   (2)
                                                                                        (12)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Lewenswetenskappe                            13                                    NW/Junie 2025
                                           Graad 12

 VRAAG 3

 3.1     Lees die uittreksel hieronder.

                       Die Ontwikkeling en Vorming van die Brein

          Die maak van die menslike brein vanaf die punt van 'n 3 millimeter
          neurale buis is 'n wonder van biologiese ingenieurswese. Om by die meer
          as 100 biljoen neurone uit te kom wat in 'n pasgebore baba gevind word,
          moet die brein teen 'n gemiddelde tempo van ongeveer 250 000
          senuweeselle per minuut groei, deur die swangerskap-tydperk. Maar dit
          is nie die volume van groei alleen wat die produksie van 'n menslike brein
          so uitsonderlik maak in vergelyking met ander organe nie. Die brein het
          baie funksies, en hoe die funksies spesifiek aan elke plek in die brein
          toegeken word, is verstommend in hul kompleksiteit; tog vind die
          merkwaardigheid om 'n menslike brein te laat groei by honderde miljoene
          individue elke jaar plaas.

          Die brein se 100 triljoen of so interkonneksies verskaf die fisiese basis vir
          sy spoed en gesofistikeerdheid. Maar hoe word so 'n ingewikkelde
          netwerk in die eerste plek saamgestel? Bevat die genetiese materiaal van
          die bevrugte eiersel reeds 'n volledige stel bouspesifikasies vir die
          menslike brein, waarin elke sel as 'n bousteen in die algehele ontwerp
          geskep word?

                                    [Vanaf https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK234146/]

        3.1.1    Die uittreksel hierbo noem interkonneksies. Wat is die
                 wetenskaplike naam vir hierdie verbindings tussen neurone?                 (1)

        3.1.2    Noem TWEE maniere hoe die produksie van die brein
                 uitsonderlik is in vergelyking met ander organe in die menslike
                 liggaam.                                                                   (2)

        3.1.3    Hoeveel breinselle sal in 'n uur in ‘n fetus groei? Toon ALLE
                 berekeninge.                                                               (3)

        3.1.4    Watter woord in die uittreksel dui daarop dat die vervaardiging
                 van breinweefsel in DNS gekodeer is?                                       (1)

        3.1.5    Watter deel van die brein sal die meeste neurone bevat?                    (1)
                                                                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Lewenswetenskappe                            14                               NW/Junie 2025
                                           Graad 12

 3.2    ’n Ondersoek is gedoen om die effek van ’n nuwe gehoorapparaat op
        die gehoorgehalte van middeljarige volwassenes te bepaal.

        Die ondersoek is as volg uitgevoer:

             300 deelnemers tussen die ouderdomme van 45 en 65 het vrywillig
              aan die ondersoek deelgeneem.
             Deelnemers moes ’n gehoortoets ondergaan. Tydens die toets sal
              'n klank met 'n spesifieke frekwensie gespeel word, wat op 'n sagte
              volume begin en dit dan stadig oor 'n kort tydperk harder maak.
              Deelnemers moes die oomblik aandui dat hulle die geluid vir die
              eerste keer kon hoor. Dit is vir tien verskillende klanke gedoen.
             Na hierdie aanvanklike toets is 250 deelnemers die gehoorapparate
              gegee en moes dit vir 'n week dra.
             Ná ’n week, terwyl dié met die gehoorapparate dit nog gedra het,
              moes al die deelnemers die gehoortoets herhaal.

        Die tabel hieronder toon die getal deelnemers met gehoorapparate en
        die gemiddelde aantal sekondes toe hulle die klanke in die gehoortoets
        begin hoor het.

                                            GETAL DEELNEMERS
                                      Voordat die        Terwyl die
              Gemiddelde
                                    gehoorapparaat     gehoorapparaat
            aantal sekondes
                                       gedra is           gedra is
                  0–2                     12                134
                 2.1–4                    37                 96
                 4.1–6                   112                 17
                 6.1–8                    77                 2
                8.1–10                    12                 1

        3.2.1     Gee vir hierdie ondersoek:

                  (a)    Die afhanklike veranderlike                                   (1)

                  (b)    Die doel                                                      (2)

        3.2.2     Waarom kan hierdie ondersoek as betroubaar beskou word?              (1)

        3.2.3     Stel 'n rede voor waarom deelnemers met die gehoorapparate
                  dit vir 'n week voor die opvolg-gehoortoets moes dra.                (1)

        3.2.4     Verduidelik hoekom 50 deelnemers die opvolg-gehoortoets
                  moes doen sonder dat hulle die gehoorapparate ontvang het.           (2)

        3.2.5     Noem DRIE maniere hoe die geldigheid van die ondersoek
                  verseker kan word.                                                   (3)

        3.2.6     Gee 'n geskikte gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.                (2)

        3.2.7     Teken 'n dubbele staafgrafiek om die data in die tabel voor te
                  stel.                                                                (6)
                                                                                       (18)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Lewenswetenskappe                          15                             NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 3.3    Die diagram hieronder verteenwoordig die struktuur van die menslike
        oog.

        3.3.1 Identifiseer deel:

                (a) A                                                              (1)

                (b) C                                                              (1)

        3.3.2 Michael poets sy vriend Karabo deur die flitslig op sy foon te
              gebruik en dit onverwags in sy oë te flits.

                Beskryf hoe struktuur B in Karabo se oë sal verander.              (3)

        3.3.3 Teken 'n benoemde skets van die sel in D wat impulse na die
              brein vervoer.                                                       (6)
                                                                                   (11)

 3.4    ’n Man met bloedgroep A trou met ’n vrou met bloedgroep O. Hulle het
        twee kinders met die bloedgroepe A en O.

        3.4.1 Deur gebruik te maak van 'n genetiese kruising, wys die
              genotipes en fenotipes van die ouers en kinders.                     (6)

        3.4.2 Verduidelik waarom die gebruik van bloedgroepe nie 'n akkurate
              metode vir vaderskaptoetse is nie.                                   (2)
                                                                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Lewenswetenskappe                          16                               NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 3.5    Die diagram hieronder toon die hoofstappe wat tydens kloning gebruik
        word.

                          A

                                             B

                                                                  C

                     D

        3.5.1    Skryf die LETTER wat elk van die volgende verteenwoordig,
                 neer:

                 (a)     'n Ovum se nukleus word verwyder                          (1)

                 (b)     'n Somatiese sel word uit dierweefsel verwyder van die
                         dier wat gekloon gaan word                                (1)

                 (c)     'n Nukleus van die dier wat gekloon word, word in 'n      (1)
                         ovum geplaas

        3.5.2    Noem TWEE voordele van die kloning van diere.                     (2)
                                                                                   (5)
                                                                                   [50]

                                                       TOTAAL AFDELING B:          100
                                                           GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
