# Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

> Grade 12 Marine Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3c689085-e28c-42fe-a6f6-c945279229de
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Marine Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Marine Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/marine-sciences) › [Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3c689085-e28c-42fe-a6f6-c945279229de)

## About this document

Marine Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                       MARIENE WETENSKAPPE V1

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Mariene Wetenskappe/V1                      2                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Beantwoord die vrae soos volg:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      VERPLIGTEND
                           Bestaan uit VRAAG 2 en 3.
                           Beantwoord BEIDE vrae in hierdie afdeling.
          AFDELING C:      Bestaan uit VRAAG 4 en 5.
                           Dit is VERPLIGTEND om SLEGS EEN van die twee vrae in
                           hierdie afdeling te beantwoord.

 2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

 4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

 7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
          NIE.

 9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en 'n passer gebruik,
          waar nodig.

 11.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot die TWEEDE desimale plek af,
          waar van toepassing.

 12.      MOENIE in die kantlyne in die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 13.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Mariene Wetenskappe/V1                         3                                DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING A    2025

 VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1       'n Voorbeeld van sagte ingenieurswese:

                      A   Granietuitsteeksels in die see in
                      B   Strukture wat met beton gebou word
                      C   Geotekstielbuise by kunsmatige riwwe
                      D   Klipversperrings rondom hawens

          1.1.2       Die vergelyking hieronder toon die chemiese formule vir die proses
                      van oseaanversuring.

                                                                dissosiasie

                      Die korrekte opsie vir X is ...

                      A   CO3-
                      B   HCO2-
                      C   CO-
                      D   HCO3-

          1.1.3       Die prent hieronder toon 'n tipe golftransformasie. Die pyle dui die
                      rigting van die golfbeweging aan.

                                                           Uitloper

                      [Aangepas uit https://geo.libretexts.org/Bookshelves/Oceanography]

                      Die term wat die tipe golftransformasie hierbo KORREK identifiseer:

                      A   Refraksie
                      B   Diffraksie
                      C   Refleksie
                      D   Defleksie

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Mariene Wetenskappe/V1                         4                                  DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

          1.1.4      Die prent hieronder toon eoliese prosesse tydens die vorming van
                     duine.

                                                         Proses 1

                          Wind-
                          rigting
                                                         Proses 2

                                                         Proses 3

                                                           Sleutel
                                           Windrigting                Beweging: sanddeeltjies

                                    [Aangepas uit https://www.jncpasighat.edu.in/file/ppt/geo/aeolian]

                     Watter EEN van die volgende opsies toon SLEGS KORREKTE
                     terme vir Proses 1, Proses 2 en Proses 3 in die prent hierbo?

                           PROSES 1                    PROSES 2                  PROSES 3
                     A   Oppervlakkruiping              Suspensie                  Saltasie
                     B      Suspensie                    Saltasie              Oppervlakkruiping
                     C       Saltasie                Oppervlakkruiping            Suspensie
                     D      Suspensie                Oppervlakkruiping             Saltasie

          1.1.5      Watter EEN van die volgende stellings is KORREK ten opsigte van
                     die molekulêre struktuur van seesout?

                     A   Die natriumatoom ('sodium atom') kry 'n elektron by en die
                         chlooratoom verloor 'n elektron.
                     B   Die natrium- en die chlooratome is in 'n nie-polêre, kovalente
                         binding verbind.
                     C   Natrium- en chlooratome word in 'n kristalroosterstruktuur
                         gerangskik.
                     D   Die natrium- en die chlooratome is in 'n nie-polêre, ioniese
                         binding verbind.

          1.1.6      Watter EEN van die volgende opsies is die KORREKTE beskrywing
                     van die Kӧppen-Geiger-klassifikasie van Cwb?

                              STREEK                     DROË SEISOEN            TEMPERATUUR
                     A         Tropies                      Winter                   Warm
                     B   Gematig ('Temperate')               Geen                  Baie koud
                     C         Tropies                      Somer                  Baie warm
                     D   Gematig ('Temperate')              Winter                   Warm

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Mariene Wetenskappe/V1                              5                               DBE/November 2025
                                               NSS Vertroulik

          1.1.7      Die lys met frases hieronder verwys na klip-visvalle ('stone fish
                     traps').

                     (i)   Sagte ('Gentle') seebodemhelling stel visse in staat om maklik
                           in die val in te swem
                     (ii) Gapings tussen die klippe is nie groot genoeg vir visse om in te
                           pas nie
                     (iii) Visse swem oor die muur tydens springhooggety
                     (iv) Water dreineer tussen die klippe soos die gety sak
                     (v) Visse word tydens laagwater vasgevang en deur vissers
                           gevang

                     Watter EEN van die volgende kombinasies gee die KORREKTE
                     volgorde vir hoe die klip-visval werk?

                     A      (i), (ii), (iii) en (iv)
                     B      (iii), (i), (iv) en (v)
                     C      (i), (v), (ii) en (iv)
                     D      (iii), (v), (ii) en (iv)

          1.1.8      Die sirkelgrafiek hieronder                toon   die    hoofbestanddele       van
                     soutgehalte in seewater (%).

                                    Hoofbestanddele van soutgehalte in seewater (%)
                                                          Kalium 1%
                                             Kalsium 1%                      Ander 1%
                           Magnesium 4%

                           Sulfaat 8%

                                                                                            Chloried 55%
                         Natrium 30%

                            [Aangepas uit https://player.slideplayer.com/25/7637748/data/images/img9.jpg]

                     Die totale soutgehalte in 1 000 g seewater is 34,8 g. Bereken die
                     massa van chloriedione in die seewater:

                     A      19,14 g
                     B      2,78 g
                     C      10,62 g
                     D      1,94 g

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Mariene Wetenskappe/V1                               6                            DBE/November 2025
                                                NSS Vertroulik

          1.1.9      Hieronder is stellings met betrekking tot die wetgewing wat die
                     produksie van voedsel met behulp van akwakultuur beheer.

                     (i)   Permitte word nie vir die vrylating van endemiese spesies
                           vereis nie.
                     (ii) Akwakultuur moet aan die hoogste standaard van higiëne
                           voldoen.
                     (iii) Dit bied beskerming vir voedselverbruikers en die omgewing.
                     (iv) Etikette op produkte moet wetenskaplike name insluit.
                     (v) Besonderhede oor die oorsprong van produkte moet op etikette
                           wees.

                     Watter EEN van die                  volgende   kombinasies     toon    SLEGS
                     KORREKTE opsies?

                     A     (ii), (iv) en (v)
                     B     (i), (ii) en (iv)
                     C     (ii), (iii) en (v)
                     D     (i), (iii) en (iv)

          1.1.10     Die spesie seewier wat kommersieel in Simonstad, Suid-Afrika,
                     geoes word:

                     A     Seebamboes
                     B     Pers wier ('Purple laver')
                     C     Seeslaai
                     D     Gesplete waaierkelp                                             (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Mariene Wetenskappe/V1                       7                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.2      Gee die korrekte wetenskaplike term/frase vir elk van die volgende
          beskrywings. Skryf slegs die term/frase langs die vraagnommers
          (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Strukture wat reghoekig met die strand in die see in uitgebou is om
                     die vervoer van sediment langs die kus ('longshore transport') te
                     vertraag en vas te vang

          1.2.2      Klein golfies op die wateroppervlak wat veroorsaak word deur die
                     wind of deur iets wat in of op die water beweeg

          1.2.3      Plat gebied langs die kus aan die bokant van 'n rotshang ('cliff face')

          1.2.4      'n Sandbank met oseaansediment wat 'n eiland met die kus verbind

          1.2.5      Geologiese intervalle van warmer globale gemiddelde temperatuur
                     wat duisende jare duur

          1.2.6      Die lewende, oesbare gedeelte van 'n bevolking waaruit vangste in
                     'n vissery geneem word

          1.2.7      Produksie van plante vir voedsel met behulp van nutriëntryke water
                     in plaas van grond

          1.2.8      Die korttermyntoestande van die atmosfeer in die troposfeer

          1.2.9      Herhaalde beweging weg van 'n ewewigstoestand en terug na die
                     ewewigstoestand, soos die swaai van 'n pendulum

          1.2.10     Die eerste rif wat gevorm word as 'n hindernis vir die beweging van
                     sediment in sandduinvorming                                (10 x 1)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Mariene Wetenskappe/V1                      8                            DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
          SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
          nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
          (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM I                                     KOLOM II
          1.3.1      OTEC                               A:   osmotiese drukgradiënt
                                                        B:   temperatuurgradiënt
          1.3.2      Metaan en koolstofdioksied         A:   kovalente bindings
                                                             teenwoordig
                                                        B:   nie-polêre molekule
          1.3.3      Argeologiese bewyse wat aan        A:   Smitswinkelbaai-grot
                     die suidweskus gevind is           B:   Melkhoutboom-grot
          1.3.4      Duikwetenskappe-gaswet             A:   Charles se wet
                     waar temperatuur konstant bly      B:   Gay-Lussac se wet
          1.3.5      Voor die industriële rewolusie     A:   meer aragoniet
                                                        B:   hoër pH
                                                                                  (5 x 2)       (10)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Mariene Wetenskappe/V1                         9                                DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1      Lees die inligting hieronder.

          Water dien as 'n universele oplosmiddel vir die vernaamste ione (Na⁺, Cl⁻, Ca²⁺,
          Mg²⁺). Vars water vervoer hierdie vername ioonkonsentrasies vanaf
          landhabitatte na die oseaan, wat 'n toename in soutgehalte veroorsaak, wat tot
          'n toename in die digtheid van seewater lei.

          Die kus van Chennai (in Indië) is daarvoor bekend dat dit groot hoeveelhede
          reënval gedurende die Noordoos-Moesson-periode ontvang. Reënvaldata
          word deur die Indiese Meteorologiese Departement (IMD) ingesamel.
          Wetenskaplikes het die gemiddelde reënval en seewaterdigtheid in die water
          langs die kus van Chennai gemonitor. Wetenskaplikes wou die verband tussen
          die gemiddelde reënval en die gemiddelde digtheid van seewater bepaal.
                                              [Aangepas uit Sharma et al., 2022, mausam.imd.gov.in]

          Die volgende metode is gebruik om die ondersoek uit te voer:

          •     Die studie-area is naby aan 'n riviermonding ('estuary') gekies.
          •     Steriele 500 mℓ-monsternemingsbottels is gebruik om drie seewater-
                monsters op 'n diepte van 1 m in te samel.
          •     Monsters is in die somer, winter en herfs ingesamel.
          •     Die monsters is toe na laboratoriums gestuur om die digtheid te meet.
          •     Data oor die gemiddelde reënval per seisoen is van die IMD verkry.

          Die data is in die tabel hieronder aangeteken.

                                                              Gemiddelde digtheid (kg/m3)
               Seisoene      Gemiddelde reënval (mm)
                                                                    van seewater
              Somer                      60                              979
              Herfs                     750                             1 025
              Winter                    120                              856
                                              [Aangepas uit Sharma et al., 2022, mausam.imd.gov.in]

          2.1.1        Vir hierdie ondersoek, gee:

                       (a)   EEN konstante veranderlike genoem                                          (1)

                       (b)   EEN afhanklike veranderlike                                                (1)

          2.1.2        Teken 'n saamgestelde grafiek wat die reënval as stawe/kolomme
                       en die digtheid as 'n lyn voorstel.                                              (11)

          2.1.3        Noem TWEE maniere waarop soute en ione natuurlik uit die
                       seewater in hierdie gebied verwyder kan word.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Mariene Wetenskappe/V1                       10                              DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

          2.1.4      (a)   Uit die grafiek wat in VRAAG 2.1.2 geteken is, identifiseer in
                           watter seisoen die moesonperiode plaasgevind het.                        (1)

                     (b)   Deur na beide die reënval en die digtheid van seewater te
                           verwys, motiveer jou antwoord op VRAAG 2.1.4(a).                         (3)

          2.1.5      Beskryf hoe klimaatsverandering die seisoenale verskille in
                     seewaterdigtheid langs die kus van Chennai kan beïnvloed.                      (2)
                                                                                                    (21)

 2.2      Lees die teks oor skubaduikers wat droëpakke ('drysuits') gebruik en
          beantwoord die vrae wat volg.

                                  DIE DRUK VAN 'N DROËPAK

          Droëpakke verskil van natpakke/duikpakke ('wetsuits') deurdat hulle
          lospassend en heeltemal waterdig is, wat duikers in koue omgewings warm
          hou. Indien duikers egter nie behoorlik in die gebruik van droëpakke opgelei is
          nie, kan die pakke 'pakdruk' ('suit squeeze') veroorsaak, 'n tipe barotrauma.
                                            [Aangepas uit https://www.dansa.org/blog/2018/09/07]

          2.2.1      Noem EEN effek van barotrauma op die menslike liggaam.                         (1)

          2.2.2      'n Duiker wat 'n droëpak dra, duik op 'n diepte van 30 meter waar die
                     temperatuur 7 °C is. Die duiker begin na die oppervlak styg, waar
                     die temperatuur 27 °C is.

                     Indien die volume lug binne-in die pak op 30 meter, 1 liter is, wat sal
                     die volume lug binne-in die pak by die oppervlak wees?                         (5)
                                                                                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Mariene Wetenskappe/V1                        11                                DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 2.3      Verwys na die inligting hieronder oor die effek van klimaatsverandering op
          vloedbranders ('tidal bores') en beantwoord die vrae wat volg.

                           VLOEDBRANDERS NIE VERVELIGE NUUS NIE

          Klimaatsverandering veroorsaak 'n styging in seevlak. Navorsing toon dat dit
          tot 'n toename in getygolfhoogte van ongeveer een meter lei, sowel as 'n
          toename in waterturbulensie en -snelheid binne vloedbranders. Gebiede waar
          hierdie vloedbranders voorkom, ervaar 'n toename in die frekwensie van
          oorstromings (sien prent hieronder) en kuslyn-erosie.

                                                 [Aangepas uit https://www.tandfonline.com/doi/full]
                           VLOEDBRANDEROORSTROMINGS OP KUS

                                [Bron: https://www.theatlantic.com/photo/2013/08/]

          2.3.1      Bespreek hoe die kweekhuiseffek tot stygende seevlakke bydra.                        (3)

          2.3.2      (a)    Noem TWEE voorwaardes ('conditions') wat tot die vorming
                            van vloedbranders lei.                                                        (2)

                     (b)    Beskryf die beweging van water binne-in 'n vloedbrander sodra
                            die voorwaardes wat in VRAAG 2.3.2(a) genoem is, nagekom
                            is.                                                    (1 x 2)                (2)

          2.3.3      Beskryf EEN voordeel van vloedbranders vir die gemeenskappe wat
                     in hierdie gebiede woon.                                                             (2)

          2.3.4      Bespreek EEN potensiële voorkomende maatreël wat hierdie
                     gemeenskappe kan implementeer om skade deur oorstromings te
                     verhoed, soos in die prent hierbo gesien.                                            (2)

          2.3.5      Gee jou mening daaroor of vloedbranders vir hierdie gemeenskappe
                     meer skadelik of meer voordelig is. Motiveer jou antwoord.
                                                                                                          (2)
                                                                                                          (13)
                                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Mariene Wetenskappe/V1                                 12                            DBE/November 2025
                                                  NSS Vertroulik

 VRAAG 3

 3.1      Verwys na die inligting hieronder oor maalkolke ('eddies') van die
          Agulhasstroom en beantwoord die vrae wat volg.

                                           AGULHAS-MAALKOLKE

          Maalkolke word in die Agulhasstroom gevorm wanneer die stroom die
          suidelikste punt van Afrika nader. Daar begin water in 'n kronkelende patroon
          beweeg en ontsnap uit die hoofstroom as maalkolke.

          Hierdie maalkolke dra die fisiese eienskappe van die Agulhasstroom oor die
          Atlantiese Oseaan na die Noordelike Halfrond. Studies het voorgestel dat
          mesoskaal-maalkolke van die Agulhasstroom 'n belangrike rol in die globale
          klimaatstelsel speel. Veranderinge in die aantal maalkolke wat vrygestel word,
          kan omkering ('overturn') in die Noordelike Halfrond drasties beïnvloed.
              KAART VAN DIE VERNAAMSTE SIRKULASIESTELSELS VAN DIE
                                     SUIDELIKE HALFROND

                                                             Sleutel
                         Rigting van oppervlak-           Ligging van Weste-      Suidwaartse beweging
                         watervloei                       like Windgordel (W)     van windgordel
                                       [Aangepas uit Beal, LM et al., 2011. Nature. Vol. 472, p. 429–436]

          3.1.1      Beskryf die eienskappe van 'n mesoskaal-maalkolk indien dit in die
                     Agulhasstroom by Ligging 1 ontstaan het.                                                (3)

          3.1.2      Verduidelik hoe die mesoskaal-maalkolk in VRAAG 3.1.1 moontlik
                     omwenteling/omkering kan beïnvloed wanneer dit die Noordelike
                     Halfrond by Ligging 2 bereik.                                                           (2)

          3.1.3      Die Westelike Windgordel ('Westerly Wind Belt') (W) beïnvloed die
                     suidelike limiet van die oppervlakstrome. Klimaatsveranderingdata
                     toon dat hierdie gordel suidwaarts skuif, soos op die kaart hierbo
                     aangedui.

                     Verduidelik EEN effek wat hierdie verskuiwing op die oseaan-
                     sirkulasie rondom Suider-Afrika kan hê.                                                 (2)
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Mariene Wetenskappe/V1                              13                                       DBE/November 2025
                                               NSS Vertroulik

          3.1.4         Gee jou mening daaroor of die internasionale navorsing-
                        gemeenskap Suid-Afrika moet ondersteun om meer navorsing oor
                        hierdie maalkolke in die Agulhasstroom te doen. Motiveer jou
                        antwoord.                                                                                     (2)
                                                                                                                      (9)

 3.2      Bestudeer die infografika hieronder oor die Benguela-opwellingstelsel om die
          vrae wat volg, te beantwoord.

                                    BENGUELA-OPWELLINGSTELSEL

          Wetenskaplikes neem langtermyn-tendense ('trends') in die Benguela-
          opwellingstelsel waar. Bevindinge van hierdie waarnemings toon variasie in die
          sterkte van die opwelling, wat aan variasie in ENSO-gebeurtenisse gekoppel
          kan word. 'n Steekproef van hierdie data word in die tabel hieronder getoon.
                       GEMIDDELDE SUIDOOSTELIKE WINDSPOED EN
                       ENSO-GEBEURTENISSE VANAF 2018 TOT 2023

                     JAAR                SO WINDSPOED (m/s)                      ENSO-GEBEURTENIS
                     2018                       4,2                                    El Niño
                     2019                       4,3                                    El Niño
                     2020                       4,4                                   Normaal
                     2021                       4,7                                   La Niña
                     2022                       4,7                                   La Niña
                     2023                       4,6                                   La Niña
                     [Aangepas uit https://data.ocean.gov.za/mims/catalog en earthobservatory.nasa.gov]

                         OPWELLING AAN DIE WESKUS VAN SUID-AFRIKA

               See-oppervlak

                                                                                                           Kus

                                                 Resulterende
                                                waterbeweging

                                                                 Sleutel
                                     Rigting van waterbeweging             Rigting van heersende wind

                                                                                             [Bron: Eksaminator]

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Mariene Wetenskappe/V1                      14                        DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

          3.2.1      Verwys na die diagram oor opwelling aan die weskus van
                     Suid-Afrika.

                     (a)   Gee die KORREKTE wetenskaplike term om die resulterende
                           waterbeweging by R te beskryf.                                     (1)

                     (b)   Verduidelik waarom die water by M in die teenoorgestelde
                           rigting van die heersende wind beweeg.                             (4)

          3.2.2      Gee die verwantskap tussen windspoed en die ENSO-gebeurtenis.            (2)

          3.2.3      (a)   Volgens die gegewe data, was opwelling tussen 2018 en 2019
                           sterker of swakker?                                                (1)

                     (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.3(a).                           (3)

          3.2.4      Beskryf hoe periodes van sterker opwelling die volgende sou
                     beïnvloed:

                     (a)   Klimaat van die weskus                                             (2)

                     (b)   Gemeenskappe wat aan die weskus woon                               (2)

          3.2.5      Gee jou mening daaroor of die data wat hierbo getoon word, gebruik
                     kan word om die ENSO-gebeurtenisse van toekomstige jare te
                     voorspel. Motiveer jou antwoord.                                         (2)
                                                                                              (17)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Mariene Wetenskappe/V1                       15                               DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 3.3      Verwys na die teks hieronder oor die Wildekus en beantwoord die vrae wat
          volg.

                                                WONDERS VAN DIE WILDEKUS

                                        Waterfall Bluff is die eindbestemming op een van
                                        Suid-Afrika se beste staproetes wat aan die
                                        Wildekus geleë is. Die waterval is een van die
                                        enigste watervalle ter wêreld wat direk in die see
                                        in val. Die rotsagtige kranse rondom die waterval
                                        is ongeveer 100 meter hoog en vorm 'n groot
                                        oorhangende grot, met die naam Grotto-grot,
                                        agter die waterval. Grotto-grot is 'n geliefde plek
                                        vir stappers wat wil rus en die skaduwee in die
                                        grot wil geniet.

                                                   [Bronne: https://www.wildcoastholiday.co.za en
                                                                       https://tracks4africa.co.za]

          3.3.1      (a)   Noem die kusstreek waar Waterfall Bluff geleë is.                          (1)

                     (b)   Gee EEN voorbeeld van plantegroei wat stappers aan die
                           Wildekus kan waarneem.                                                     (1)

          3.3.2      Beskryf kortliks die geologiese prosesse wat by die vorming van
                     Grotto-grot betrokke was.                                                        (2)

          3.3.3      Teken 'n volledig benoemde diagram om die potensiële vorming van
                     Grotto-grot te toon.                                                             (5)
                                                                                                      (9)
                                                                                                      [35]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:               75

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Mariene Wetenskappe/V1                        16                               DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.

 Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.

 LET WEL:     Jou antwoord moet in die vorm van 'n opstel wees. GEEN punte sal vir
              antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagram of diagram toegeken word
              NIE.

 VRAAG 4

 Hierdie vraag is uit 'n artikel in die Business Live-tydskrif aangepas.

                 NAMIBIË GAAN VIR SALMGOUD ('SALMON GOLD')

 Namibië se heel eerste salmboerderyprojek, Afrika-akwakultuurmaatskappy ('African
 Aquaculture Company') (AAC), het N$41 miljoen (Namibiese dollar), gelykstaande aan
 ongeveer R41 miljoen, in internasionale befondsing ontvang. Die projek word naby
 Lüderitz, 'n dorp aan die Namibiese kus, geïmplementeer.

 Salmboerdery behels verskeie stadiums, beide aanlandig ('onshore') en aflandig
 ('offshore'). Die uitbroei ('hatching') vind in varswaterdamme op land plaas, waar die
 salm veilig kan groei. Op 'n sekere grootte (150 g) word die visse aflandig na seehokke
 oorgeplaas. Sodra die salm groot genoeg is (4,5 kg), word hulle na 'n
 verwerkingsfasiliteit aan land vervoer, waar hulle skoongemaak en vir uitvoer op ys
 geplaas word.

 Die Wêreldnatuurfonds (WWF) waarsku dat salmboerdery 'n negatiewe impak op die
 omgewing kan hê. Hierdie bekommernisse sal deur die AAC verlig moet word en 'n
 omgewingsbestuursplan moet gevolg word. Die plan sal aan streng internasionale
 kodes voldoen, in ooreenstemming met Namibië se Ministerie van Landbou, Visserye,
 Water en Grondhervorming.
                                      [Bron: https://www.businesslive.co.za/fm/features/2025-04-24]

 Skryf 'n opstel oor hierdie projek wat in 'n akwakultuurtydskrif gepubliseer sal word.
 Maak seker dat jy ELKE kolpunt hieronder bespreek.
 •   Verduidelik in breë trekke die finansiële oorwegings waarvoor hierdie salmprojek
     vóór implementering sou moet beplan.
 •   Bespreek, in besonderhede, belangrike faktore wat die maatskappy tydens
     AANLANDIGE bedrywighede van hierdie salmplaas in gedagte moet hou.
 •   Bespreek die potensiële impakte van hierdie AFLANDIGE houerstelsel ('holding
     system') op die omgewing waaroor die WWF bekommerd is.
 •   Evalueer die potensiële sosio-ekonomiese voordele wat die projek vir hierdie
     gemeenskap sal inhou.
 •   Gee jou mening daaroor of meer van hierdie salmplase in Suider-Afrika
     geïmplementeer moet word. Motiveer jou antwoord.
                                                                              Inhoud:                  (25)
                                                                              Sintese:                 (10)
                                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Mariene Wetenskappe/V1                       17                               DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 5

 Hierdie vraag is op die hipotetiese scenario hieronder gebaseer.

 Landgebaseerde windplase wat vir energie-opwekking gebruik word, is baie suksesvol
 aan die kus in die Oos-Kaap van Suid-Afrika. Dit het buitelandse beleggers gelok wat in
 groter ontwikkeling van hierdie projekte belangstel.

 Suid-Afrika het, tot op hede, geen aflandige ('offshore') windplase gehad nie, en die
 beleggers het beplan om die eerste amptelike aflandige windplaas vir die land te skep.
 Een moontlike ligging vir hierdie windplaas was naby 'n nuut ontwikkelde
 kusvissersdorpie. Hierdie dorpie is naby Gqeberha (wat dikwels die Winderige Stad
 genoem word) geleë. Die dorpie het beperkte toegang tot elektrisiteit, daarom sal die
 windplaas vir nuut ontwikkelde visfabrieke en vir plaaslike huishoudings en nywerhede
 voordelig wees.
                               [Aangepas uit Tshimbiluni, HC en Tabakou, PY, 2019. Vol. 342, p. 5]

 Skryf 'n opstel oor hierdie nuwe voorgestelde projek wat in die plaaslike koerant
 gepubliseer sal word om hierdie ontwikkeling te verduidelik. Maak seker dat jy ELKE
 kolpunt hieronder bespreek.

 •   Beskryf, in besonderhede, hoe windturbines energie oes.
 •   Bespreek hoe hierdie gemeenskap voordeel sal trek uit die aflandige
     windturbineprojek wat naby hulle dorpie geïmplementeer word.
 •   Evalueer die faktore wat in ag geneem moet word om uitdagings wat met die
     implementering van hierdie aflandige windturbines ervaar word, te verminder.
 •   Bespreek die ooreenkomste en verskille van die impakte tussen landgebaseerde
     windplase EN aflandige windplase.
 •   Gee jou mening daaroor of hierdie dorpie groter voordeel sal trek uit landgebaseerde
     windplase OF uit aflandige windplase. Motiveer jou antwoord.
                                                                                  Inhoud:            (25)
                                                                                  Sintese:           (10)
                                                                                                     [35]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:              35
                                                                         GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Marine Sciences P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/df6b7ebc-99d9-4a00-92ac-c1976a83955a) — Marine Sciences · Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-eng/36316a24-8403-4b72-a805-bbe954512f79) — Marine Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-eng/5afb7988-3799-48d8-aafc-dd8ce2b1c27e) — Marine Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-afr/8abdf02c-4055-4ac7-bf0f-c9933e399773) — Marine Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-afr/ff3904c9-7753-42c8-a9b8-66a0fe894794) — Marine Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P1 Nov 2022 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2022-mg-eng/50f401eb-6d1a-4955-9641-0c604f2e8b49) — Marine Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Marine Sciences

- [Marine Sciences P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/34d94adf-f883-4225-8dcc-7ddcd550b9a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2024 MG Eng.doc](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2024-mg-eng-doc/af4e4a64-33d5-423e-8529-d51dbdc473d4) — QP · 2024 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-afr/b6ccaccb-0a2d-45e1-8079-6e14fa74957b) — QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-afr/4a7801f7-9abd-46c9-816a-efe2647e7398) — QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-eng/c13bf2d4-5c29-46d1-9647-b6b8bf8adce3) — QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-eng/95a13cd8-06d9-4c7b-8515-d008f70a20a7) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
