# Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Question Paper

> Grade 12 Marine Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ac9000a7-1028-4670-a2f9-c65968aef9e0
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Marine Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Marine Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/marine-sciences) › [Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ac9000a7-1028-4670-a2f9-c65968aef9e0)

## About this document

Marine Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        MARIENE WETENSKAPPE V2

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Mariene Wetenskappe/V2                      2                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Beantwoord die vrae soos volg:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      VERPLIGTEND
                           Bestaan uit VRAAG 2 en 3.
                           Beantwoord BEIDE vrae in hierdie afdeling.
          AFDELING C:      Bestaan uit VRAAG 4 en 5.
                           Dit is VERPLIGTEND om SLEGS EEN van die twee vrae in
                           hierdie afdeling te beantwoord.

 2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

 4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

 7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
          NIE.

 9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en 'n passer gebruik,
          waar nodig.

 11.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot die TWEEDE desimale plek af,
          waar van toepassing.

 12.      MOENIE in die kantlyne in die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 13.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Mariene Wetenskappe/V2                        3                              DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING A    2025

 VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1       Diere wat in die laer/onderste eulittorale sone aangetref word, is nie
                      goed vir … aangepas nie.

                      A   predasie
                      B   golfaksie
                      C   uitdroging
                      D   turbulensie

          1.1.2       Die prent hieronder toon 'n spesie walvisagtige diere ('cetaceans')
                      wat langs die kus van Suid-Afrika aangetref word.

                                                [Bron: https://cetacea.fandom.com]

                      Watter EEN van die volgende opsies gee die KORREKTE algemene
                      naam vir die walvisagtige dier?

                      A    Boggelrugwalvis ('Humpback Whale')
                      B    Stompneusdolfyn ('Bottlenose Dolphin')
                      C    Bryde se Walvis ('Bryde's Whale')
                      D    Boggelrugdolfyn ('Humpback Dolphin')

          1.1.3       Watter EEN gee 'n KORREKTE sleutelbeginsel van The
                      International Ecotourism Society (TIES)?

                      A   Laat toeriste toe om met wilde diere interaksie te hê
                      B   Vermy toerisme-aktiwiteite in natuurlike gebiede
                      C   Laat toeriste toe om plaaslike tradisies te ervaar
                      D   Prioritiseer die omgewing bo die gemeenskap

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Mariene Wetenskappe/V2                      4                                DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

          1.1.4      Watter opsie sal 'n gebied daarvan uitsluit om 'n gemeenskaps-
                     bestuurde plaaslike mariene reservaat te wees?

                     A   Teenwoordigheid van skaars spesies
                     B   Ondersteun ooruitbuiting van spesies
                     C   Gebied het 'n groot ekonomiese ontwikkeling
                     D   Gebied is esteties aantreklik

          1.1.5      Die prent hieronder toon 'n Molkrap (Emerita austroafricana) wat op
                     'n sandstrand gevind word.

                                 [Bron: https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons]

                     Watter stelling oor die Molkrap is VERKEERD?

                     Die Molkrap …

                     A   kom te voorskyn om deur die stygende gety rondgerol te word.
                     B   bly in die turbulente sone om te voed.
                     C   keer saam met die gety na die laagwatermerk terug.
                     D   migreer in die sandkolom om te filtervoed.

          1.1.6      Watter EEN van die volgende vergelykings is VERKEERD met
                     betrekking tot voortplanting by amfibieë en reptiele?

                               AMFIBIEË                    REPTIELE
                     A   Ondergaan metamorfose Word identies aan die ouers gebore
                     B   Sagte, deurlaatbare dop Leeragtige, deurlaatbare dop
                     C     Eksterne bevrugting         Interne bevrugting
                     D    Eiers het water nodig  Eiers het nie water nodig nie

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Mariene Wetenskappe/V2                                 5                   DBE/November 2025
                                                  NSS Vertroulik

          1.1.7      Die strukture hieronder word by stekelhuidiges ('echinoderms')
                     aangetref:

                     (i)       Papels ('Papulae')
                     (ii)      Piloriese caecae
                     (iii)     Watervaskulêre sisteem
                     (iv)      Pedicellariae
                     (v)       Selomosiete

                     Watter kombinasie bevat slegs strukture wat met BEIDE sirkulasie
                     en uitskeiding by stekelhuidiges te doen het?

                     A       (v), (iv) en (i)
                     B       (iii), (ii) en (v)
                     C       (ii), (i) en (iv)
                     D       (i), (iii) en (v)

          1.1.8      Die hoë produktiwiteit wat in kelpwoud-ekosisteme voorkom, is 'n
                     gevolg van …

                     A       die afval van kelpblare ('fronds').
                     B       konstante blootstelling aan sonlig.
                     C       die gebrek aan roofdiere.
                     D       hoë soutvlakke.

          1.1.9      Die volgende stellings het betrekking op seesterre:

                     (i)       Spysverteringsensieme verteer die voedselbron gedeeltelik.
                     (ii)      Die maag word buite die seester se mond omgekeer
                               ('everted').
                     (iii)     Voedingstowwe word in die seester se liggaam ingetrek.
                     (iv)      Die onderste deel van die maag is op die voedselbron.

                     Watter kombinasie beskryf die volgorde van voeding en vertering by
                     seesterre KORREK?

                     A       (ii), (iii), (iv) en (i)
                     B       (iv), (i), (ii) en (iii)
                     C       (ii), (iv), (i) en (iii)
                     D       (iv), (iii), (i) en (ii)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Mariene Wetenskappe/V2                       6                                DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

          1.1.10     Die prent hieronder toon 'n uitgebroeide kleintjie van 'n gewerwelde
                     dier.

                                              [Bron: https://i.pinimg.com/564x/6c/26/f1/]

                     Die hoofrol wat die temperatuur van die sand in die ontwikkeling van
                     die kleintjie van die gewerwelde hierbo speel, is dat dit …

                     A   die grootte van die kleintjies bepaal.
                     B   die geslag van die kleintjies beïnvloed.
                     C   die aantal eiers wat sal uitbroei, aandui.
                     D   hulle vermoë om te swem, versnel.                                  (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Mariene Wetenskappe/V2                       7                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.2      Gee die korrekte wetenskaplike term/frase vir elk van die volgende
          beskrywings. Skryf slegs die term/frase langs die vraagnommers
          (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Hoëfrekwensie-klanke      voortgebring    deur    vlermuise    en
                     walvisagtiges ('cetaceans') om voorwerpe in donker of swak visuele
                     omgewings op te spoor

          1.2.2      'n Rugkoord ('Notochord') wat in buigsame segmente van kraakbeen
                     of been verdeel is

          1.2.3      Die dun strokies wat van die kieuboë ('gill arches') van visse
                     uitwaaier om 'n breë gaswisselingsoppervlak te bied

          1.2.4      Voordele vir 'n habitat wat deur die natuur en gesonde ekosisteme
                     verskaf word, soos die voorsiening van voedingstowwe en goeie
                     watergehalte

          1.2.5      'n Proses in baie diere wat duik, waar die bloedtoevoer na
                     nie-kritiese organe en weefsel beperk word terwyl hulle duik, wat alle
                     beskikbare suurstof in staat stel om na die brein en spiere wat vir
                     swem verantwoordelik is, te gaan

          1.2.6      Die gebied net onder die spring-laagwatermerk ('spring low-tide
                     mark')

          1.2.7      Struktuur wat in seevoëls gevind word wat olie vir die waterdigting
                     van die vere produseer

          1.2.8      Ervarings wat aan toeriste gebied word wat op wilde of natuurlike
                     omgewings fokus

          1.2.9      Veeragtige takke wat by seekomkommers gevind word, wat tot in
                     die selom vanaf die rektum strek en seewater intrek om met
                     gaswisseling te help

          1.2.10     'n Benerige plaat wat die kieukamer van 'n vis bedek         (10 x 1)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Mariene Wetenskappe/V2                       8                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
          SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
          nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
          (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM I                                  KOLOM II
          1.3.1      Ekotoerisme-sakeplan          A:    die bou van infrastruktuur
                                                   B:    opvoeding van gemeenskappe
          1.3.2      Stervormige enkel-            A:    sakpyp ('ascidian')
                     inaseminghewel ('inhalant     B:    Witmossel
                     siphon')
          1.3.3      IUCN-kategorie van            A:    habitatbestuursgebied
                     Robbeneiland                  B:    beskermde landskap
          1.3.4      Middelkus                     A:    Spookkrap
                                                   B:    strandvlooi
          1.3.5      Giftig vir die meeste         A:    Chelonia mydas
                     roofdiere                     B:    Eretmochelys imbricate
                                                                                  (5 x 2)      (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Mariene Wetenskappe/V2                          9                                 DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1      Bestudeer die ondersoek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Afrika-pikkewyne (Spheniscus demersus) is kritiek bedreigde seevoëls wat vir
          oorlewing van klein pelagiese vissies soos sardientjies en ansjovis afhanklik is.
          Industriële saknetvisvang ('purse-seine fishing') teiken ook dieselfde visspesie,
          wat mededinging tussen pikkewyne en kommersiële visserye skep. Die
          pikkewyne soek kos tot op 'n diepte van 40 m. Dit is dieselfde diepte waarop
          saknetvisvang-nette gebruik word om die klein pelagiese vissies te vang.

          Om die potensiële voordele van Mariene Beskermde Gebiede (MBG's) ('Marine
          Protected Areas/MPAs') vir pikkewynbewaring te ondersoek, het navorsers
          twee Afrika-pikkewynkolonies in Nelson Mandelabaai bestudeer: St. Croix-
          eiland en Voëleiland, wat 50 km weg van mekaar geleë is. Beide gebiede
          rondom die kolonies was in 2008 oop vir saknetvisvang-aktiwiteite. As deel van
          'n groter inisiatief, van 2009 tot 2010, is 'n geen-neem-sone met 'n radius van
          20 km rondom St. Croix-eiland gevestig, terwyl Voëleiland regdeur 2009 en
          2010 vir visvang oop gebly het.

          Die wetenskaplikes het die volgende metode gebruik:

          •   Pikkewyne wat kuikens versorg het, is met GPS-duiksensors gemerk.
          •   Die merkers het die gemiddelde duikdiepte (in meter) per voedingstog
              ('feeding trip') aangeteken.
          •   Die ure wat per voedingstog in die see deurgebring is, is aangeteken.
          •   Die gemiddelde duikdiepte in die see is gebruik om die energie te bereken
              wat die pikkewyne gebruik het om kos te vind.

          Die tabel hieronder toon die data wat in hierdie studie ingesamel is.

                                            GEMIDDELDE DUIKDIEPTE (m)
                     JAAR
                                         VOËLEILAND        ST. CROIX-EILAND
                     2008                   25,0                 26,4
                     2009                   26,8                 23,0
                     2010                   28,6                 32,1
                               [Aangepas uit Pichegru et al. 2012. Journal of Applied Ecology, Nr. 56]

          2.1.1        Gee die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.                           (1)

          2.1.2        Teken 'n staafgrafiek om die data hierbo te toon.                                  (8)

          2.1.3        Verduidelik hoe 'n toename in die gemiddelde duikdiepte die
                       oorlewingsyfer van pikkewynkuikens kan beïnvloed.                                  (3)

          2.1.4        Verduidelik TWEE maniere waarop pikkewyne aangepas is om die
                       hoeveelheid energie wat gebruik word wanneer hulle vir klein
                       pelagiese visse dieper duik, te verminder.            (2 x 2)                      (4)
                                                                                                          (16)
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Mariene Wetenskappe/V2                            10                             DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 2.2      Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  VINNIGE REAKSIESPAN VIR NESTE

          Kolonies van die Kaapse Kurper ('Cape Bream') (Pachymetopon blochii) en die
          Gewone Brosster ('Common Brittlestar') (Ophiothrix fragilis) word in die
          kelpwoude gevind.

          Die Kaapse Kurper-mannetjie hou 'n nes in stand om een viswyfie te lok. Nadat
          paring plaasgevind het, bly die mannetjies by die nes om die ontwikkelende
          eiers op te pas.

          Wanneer die water van die kelpwoud af wegvloei, word die reuk van die eiers
          van die neste af weggevoer. Die Brossterre bespeur dan hierdie reuk en
          beweeg in 'n swerm na die Kaapse Kurper-neste om die eiers te eet.

          Om die eiers te verdedig, tel die Kaapse Kurper-mannetjies die Brossterre met
          hulle monde op en dra hulle van die neste af weg. Kurper-mannetjies aan die
          binnekant van die kolonie help dié op die rand van die kelpwoud om te keer dat
          die Brossterre by hulle neste kom.

                                      [Bron: https://www.theguardian.com en https://www.youtube.com]

                      Kaapse Kurper                                Gewone Brosster
                  (Pachymetopon blochii)                          (Ophiothrix fragilis)

                  [Bron: https://www.pngplay.com/image/]      [Bron: https://www.marlin.ac.uk/species]

          2.2.1        Bespreek waarom Kaapse Kurpers hulle neste in kelpwoude bou.                      (2)

          2.2.2        Noem die verhouding wat tussen die Gewone Brosster en die
                       Kaapse Kurper-eiers plaasvind.                                                    (1)

          2.2.3        (a)     Noem die voortplantingstrategie wat by die Kaapse Kurper
                               voorkom.                                                                  (1)

                       (b)     Evalueer of die voortplantingstrategie wat in VRAAG 2.2.3(a)
                               genoem is, vir die Kaapse Kurper voordelig is.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Mariene Wetenskappe/V2                      11                                DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

          2.2.4      (a)   Bespreek hoe die Gewone Brossterre die reuk van die
                           Kaapse Kurper-eiers kan bespeur.                                             (3)

                     (b)   Beskryf hoe die Gewone Brossterre hulleself vorentoe na die
                           Kaapse Kurper-neste toe sal beweeg.                                          (2)

                     (c)   Na jou mening, sou 'n toename in golfaktiwiteit langs die
                           Weskus van Suid-Afrika die Gewone Brosster se vermoë om
                           Kaapse Kurper-eiers op te spoor, negatief of positief
                           beïnvloed? Motiveer jou antwoord.                                            (2)
                                                                                                        (13)

 2.3      Bestudeer die teks en die prent hieronder oor die Swart Tobie ('African Black
          Oystercatcher') en beantwoord die vrae wat volg.

                                 TOBIE-FYNPROEWERSKOS

          Die byna bedreigde Swart Tobie (Haematopus moquini) wat hieronder getoon
          word, is inheems aan die rotsagtige strande van Suider-Afrika. Die Swart Tobie
          se dieet bestaan hoofsaaklik uit weekdiere, swartmossels ingesluit.

                                                        [Aangepas uit https://www.tandfonline.com]
                                        SWART TOBIE
                                    (Haematopus moquini)

                                                                           [Bron: https://thebdi.org]

          2.3.1      Gee die naam van die rotsagtige strandsone waar die Swart Tobie
                     aangetref word wanneer dit op swartmossels voed.                                   (1)

          2.3.2      Bespreek EEN voordeel van predasie op die bevolkings van
                     prooispesies wat in rotsagtige strand-ekosisteme leef. (1 x 2)                     (2)

          2.3.3      Beskryf EEN biotiese faktor waarmee swartmossels te doen het,
                     BEHALWE predasie.                                      (1 x 2)                     (2)

          2.3.4      Bespreek die impak wat die toenemende stroping van swartmossels
                     op die getalle van Swart Tobies sou hê.                                            (2)
                                                                                                        (7)
                                                                                                        [36]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Mariene Wetenskappe/V2                       12                              DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 3

 3.1      Lees die infografika oor die Knysna-riviermonding ('Knysna Estuary') hieronder
          en die data in die tabel. Beantwoord die vrae wat volg.

                                    KNYSNA-RIVIERMONDING

          Die Knysna-riviermonding is in die Wes-Kaap aan die suidkus van Suid-Afrika
          geleë. Die riviermonding is 'n gewilde toeristebestemming, aangesien 'n
          verskeidenheid unieke ontspanningservarings aangebied word. Hierdie
          kommersiële aktiwiteite maak gebruik van verskillende tipes vaartuie. Hierdie
          vaartuie kan moontlik 'n bedreiging vir die ekologiese toestand van hierdie
          riviermonding-omgewing inhou. Dus moet daar jaarliks om permitte aansoek
          gedoen word.

          Die moddervlaktes in die Knysna-riviermonding is hoofsaaklik 'n habitat vir
          grawende ongewerweldes, soos die Moddergarnaal ('Mud Prawn') (Upogebia
          africana), Bloedwurm (Arenicola loveni) en weekdierspesies ('mollusc species')
          wat as aas deur ontspannings- en bestaansvissers ('subsistence fishers')
          gebruik word. Hierdie riviermonding word tans deur Suid-Afrikaanse Nasionale
          Parke (SANParke) bestuur.
                              [Aangepas uit https://www.sanparks.org/wp-content/uploads/2024/01]
             Getal jaarlikse permitte wat vir vaartuie gedurende die veroorloofde
                        tydperk/permittydperk van 2018 tot 2019 vir die
                              Knysna-riviermonding uitgereik is

               TIPE VAARTUIG             JAARLIKSE GETAL PERMITTE UITGEREIK
           Opblaaskano                                  210
           Snelboot ('Speedboat')                       687
           Roeiboot                                      51
           Huisboot                                      12
           Kajak                                        176
           Waterponie ('Jet ski')                        4

          Opblaaskano's, roeibote en kajaks word aangedryf deur mense wat roeispane
          gebruik.

          Snelbote, huisbote en waterponies word deur enjins aangedryf.
                              [Aangepas uit https://www.sanparks.org/wp-content/uploads/2024/01]

          3.1.1      Verduidelik EEN potensiële impak wat snelbote op die diere wat in
                     die Knysna-riviermonding woon, kan hê.                                          (3)

          3.1.2      Vergelyk die omgewingsimpak van die roeiboot EN die waterponie.
                     Stel 'n maatreël voor wat SANParke kan implementeer om hierdie
                     omgewingsimpak vir die Knysna-riviermonding te verklein.                        (3)

          3.1.3      Bestudeer die data in die tabel. Dink jy dat die uitreik van permitte
                     genoeg is om die gevolge van oortoerisme te verminder? Regverdig
                     jou antwoord.                                                                   (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Mariene Wetenskappe/V2                        13                             DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

          Bestudeer die kaart van die Knysna-riviermonding, waar X die ligging van
          Bloedwurms in die riviermonding aandui.

                           KAART VAN KNYSNA-RIVIERMONDING

          Die X dui die ligging van Bloedwurms in die riviermonding aan.

                                                              Suid-Afrika

                                        Fyner
                                       sediment

                                     X

                                   Knysna-
                                riviermonding
                                                     X

                                                          Knysna-
                                                           koppe
                            Indiese Oseaan

                              [Aangepas uit https://www.sanparks.org/wp-content/uploads/2024/01]

          3.1.4      Die Knysna-gebied het 'n toename in reënval oor 'n kort tydperk
                     ondervind. Hierdie reënval het veroorsaak dat die fyner sediment op
                     die rivieroewers in die Knysna-riviermonding ingevloei het. Hierdie
                     verskynsel het gelei tot die afsetting van hierdie fyner sediment by
                     die plekke wat X gemerk is.

                     (a)   Verduidelik hoe die invloei van hierdie fyner sediment die
                           visbedryf sal beïnvloed.                                                  (3)

                     (b)   Teken 'n geannoteerde diagram wat 'n Bloedwurm in 'n gat
                           toon. Gebruik pyle om die rigting van watervloei aan te dui.              (4)
                                                                                                     (15)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Mariene Wetenskappe/V2                         14                              DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 3.2      Lees die uittreksel oor robbe se snorbaarde ('whiskers') hieronder en
          beantwoord die vrae wat volg.

                                 DIE SNORBAARDE VAN 'N ROB

          Soos wat diere in water beweeg, word warrelings in die water geskep. Die rob
          se snorbaarde is ontwerp om op en af, oor en onder hierdie warrelings te
          vibreer. Deur hierdie warrelings met hulle snorbaarde waar te neem, kan robbe
          die grootte, spoed en rigting van ander swemmende diere presies identifiseer.
          Hulle kan dan hulle stroomaf-roete volg, selfs nadat die diere verbygegaan het.

                           [Aangepas uit https://www.whoi.edu/oceanus and https://www.freepik.com]

          3.2.1      Beskryf hoe die posisie van die rob se snorbaarde vir die funksie
                     daarvan geskik is.                                                                (2)

          3.2.2      Verduidelik hoe die robbe se vermoë om ander swemmende diere
                     waar te neem, vir die rob voordelig is.                                           (2)

          3.2.3      Ingenieurs is besig om die ontwerp van 'n rob se snorbaarde
                     noukeurig te ondersoek in 'n poging om onderwatersensors te
                     ontwerp.

                     (a)   Bespreek hoe 'n onderwatersensor wat deur die ontwerp van
                           'n rob se snorbaarde geïnspireer is, vir 'n mariene
                           reddingsoperasie voordelig kan wees.                                        (2)
                     (b)   Beskryf die dieper riglyn ('guiding principle') wat ingenieurs in
                           ag sal moet neem wanneer hulle die onderwatersensors
                           ontwerp om oseaan-toestande te weerstaan.                                   (2)
                     (c)   Brei uit op TWEE moontlike uitdagings vir die ontwerp en
                           ontwikkeling van onderwatersensors wat deur die snorbaarde
                           van robbe geïnspireer word.                          (2 x 2)                (4)
                     (d)   Kan oseaanbewaringsinisiatiewe, na jou mening, baat vind by
                           die ontwikkeling van meer gevorderde sensoriese tegnologieë
                           wat deur die snorbaarde van robbe geïnspireer is? Motiveer
                           jou antwoord.                                                               (2)
                                                                                                       (14)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Mariene Wetenskappe/V2                         15                              DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 3.3      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               NAMAKWA NASIONALE PARK MARIENE BESKERMDE GEBIED
          Die Namakwa Nasionale Park Mariene Beskermde Gebied (MBG) ('Marine
          Protected Areas/MPA') is die enigste MBG langs die Noord-Kaapse kuslyn.
          Hierdie gebied bied beskerming vir habitatte van visspesies wat in visserye
          waardevol is. Die gebied is 'n kweekplek vir die Kaapse Stokvis ('Cape Hake')
          (Merluccius capensis) en ondersteun die herstel van die Weskus-rotskreef
          ('West Coast Rock Lobster') (Jasus lalandii). Verder dien hierdie MBG as 'n
          voedingsarea ('feeding ground') en teelgebied vir baie dolfynspesies, soos die
          endemiese Heaviside-dolfyn (Cephalorhynchus heavisidii).
                                                            [Aangepas uit https://www.sanparks.org]
                         KAART VAN NAMAKWA NASIONALE PARK MBG

             Namakwa Nasionale            Noord-
                    Park MBG               Kaap

             [Aangepas uit https://southafricanmap360.com/img/1200/blank-map-of-south%20africa.jpg]

          3.3.1      Gee EEN voorbeeld van 'n potensiële belanghebbende
                     ('stakeholder') wat by die stigting van die MBG betrokke kon gewees
                     het EN gee 'n rede waarom hierdie belanghebbende betrokke kon
                     gewees het.                                                   (1 x 2)              (2)

          3.3.2      Noem TWEE voordele van hierdie gebied as 'n Nasionale Park.                        (2)

          3.3.3      Bespreek hoe die beskerming van die Kaapse Stokvis-kweekplek
                     ('nursery') die plaaslike gemeenskap rondom hierdie MBG
                     ekonomies kan bevoordeel.                                                          (4)

          3.3.4      Jy is gevra om die gesondheid van die Heaviside-dolfynbevolking vir
                     hierdie MBG te monitor.

                     (a)     Gebruik jou kennis van mariene soogdiere om EEN
                             veranderlike waarvoor data ingesamel sal word, te
                             identifiseer.                                                              (1)

                     (b)     Hoe sal jy die data vir die veranderlike wat jy in
                             VRAAG 3.3.4(a) geïdentifiseer het, insamel?                                (1)
                                                                                                        (10)
                                                                                                        [39]

                                                                      TOTAAL AFDELING B:                75
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Mariene Wetenskappe/V2                           16                               DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 AFDELING C
 Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
 Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
 LET WEL:     Jou antwoord moet in die vorm van 'n opstel wees. GEEN punte sal vir
              antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagram of diagram toegeken word
              NIE.
 VRAAG 4
 Lees die teks oor die hengelaarsvis ('anglerfish') en Kabouterhaai ('Goblin Shark')
 hieronder.
 Duikbote maak reise na dieper, voorheen onbekende gebiede van die oseaan meer
 toeganklik vir beide wetenskaplikes en toeriste wat sulke reise kan bekostig. Deur
 hierdie duikbote en nuwe tegnologie te gebruik, is wetenskaplikes in staat om die
 interaksie tussen unieke diepseediere te bestudeer.
 Hengelaarsvisse is aangepas om in die koue, diep water van die oseaan te leef waar dit
 moeilik is om voedsel te vind. Hengelaarsviswyfies het lokaas wat lig maak en wat voor
 hulle monde gehang word om prooi te lok. Hulle het ook groot monde en buigsame
 liggame, wat hulle in staat stel om prooi in te sluk wat tot twee keer hulle grootte kan
 wees.
 Kabouterhaaie (Mitsukurina owstoni) eet hengelaarsvisse. Die Kabouterhaai is
 aangepas om prooi baie diep te vind en te vang. Kabouterhaaie swem stadig of dryf
 saam met 'n stroom totdat hulle hul prooi met hulle lang, plat bekke aanvoel. Die
 Kabouterhaaie sal dan hulle kake vorentoe uitsteek om hulle prooi te vang.
       [Aangepas uit https://www.afar.com, https://www.nationalgeographic.com en https://creatures-of-
                                                                              the-world.fandom.com]
      Hengelaarsvis ('Anglerfish')                   Kabouterhaai (Mitsukurina owstoni)

            [Bron: https://customstoday.media/]                            [Bron: https://ocean.si.edu]
 Skryf in 'n opstel oor hoe beide die Kabouterhaai en die hengelaarsvis aangepas het om
 in hulle diepseehabitat te jag en te floreer. Maak seker dat jy ELKE kolpunt hieronder
 bespreek.
 •   Bespreek hoe visspesies, soos die hengelaarsvis, in staat is om hulle eie lig te
     produseer.
 •   Beskryf hoe die aanpassing van Kabouterhaaie se lang, plat bekke hulle help om
     hulle prooi in die donker te vind.
 •   Bespreek die ventilasiemeganismes wat deur sommige visspesies gebruik word wat
     hulle in staat stel om op een plek te bly en vir hulle prooi te wag EN waarom baie
     haaispesies voortdurend moet swem om aan die lewe te bly.
 •   Verduidelik hoe Kabouterhaaie in kouer, dieper water termoreguleer.
 •   Duikbote is meer geredelik beskikbaar vir persoonlike gebruik vir mense wat dit kan
     bekostig. Moet verkenning van die diepsee, na jou mening, oop wees vir alle lede
     van die publiek? Motiveer jou antwoord.                                    Inhoud:                   (25)
                                                                               Sintese:                   (10)
                                                                                                          [35]
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Mariene Wetenskappe/V2                                  17                                   DBE/November 2025
                                                   NSS Vertroulik

 VRAAG 5

 Lees die teks hieronder oor die Kloddervis ('Blobfish') en slymprik ('hagfish').

 Die Ugly Animal Preservation Society (UAPS) het in 2013 'n kompetisie gehou om die
 'lelikste' dier ter wêreld te kies. Die doel was om groter bewustheid te skep oor die diere
 wat bewaring nodig het, wat nie oor die algemeen as so 'oulik' soos ander, soos otters
 of dolfyne, beskou word nie. In hierdie kompetisie het die Kloddervis (Psychrolutes
 microporos) die titel van die 'lelikste' dier gekry, en die slymprik (Eptatretus stoutii) was
 'n sterk mededinger vir die prys. Beide hierdie diere leef in koue, diep water waar daar
 min of geen lig is nie, asook hoë druk. Kloddervisse en slymprikke word deur visvang
 bedreig en bewaringspogings word benodig. In 2025 is die Kloddervis ook as
 Nieu-Seeland se vis van die jaar aangewys.
 Kloddervisse verskil van 'normale' visse. Kloddervisse het nie swemblase nie, het
 minder en swakker grate ('bones'), sagte weefsel wat met water en vet gevul is, en hulle
 het los velle wat hulle buigsame, skublose liggame bedek. Hierdie eienskappe maak dat
 Kloddervisse perfek vir die druk van die diepsee aangepas is, maar hulle
 liggaamstruktuur sal nie hulle liggaamsvorm op die oppervlak behou nie (sien Prent 1).
 Slymprikke lyk soos palings (sien Prent 2), maar het skelette van kraakbeen, met geen
 skubbe of kake nie. Alhoewel slymprikke hoofsaaklik aasvreters is, is hulle ook
 opportunistiese vreters en sal sterwende diere eet as die geleentheid hom voordoen.
         [Aangepas uit https://theecologist.org, https://norwegianscitechnews.com, https://www.bbc.com,
                                https://www.smithsonianmag.com en https://www.aquaticcommunity.com]
                  PRENT 1: KLODDERVIS                                            PRENT 2: SLYMPRIK
                (Psychrolutes microporos)                                         (Eptatretus stoutii)
         In die diepsee           Op die oppervlak

 [Bron: https://westcoastescape.co.za]                                 [Bron:
                                         https://blueridgechristiannews.com]    [Bron: https://www.joelsartore.com]

 Verduidelik in 'n opstel hoe beide die Kloddervis en die slymprik by hulle omgewing
 aangepas is. Maak seker dat jy ELKE kolpunt hieronder bespreek.
 •   Bespreek die voordele daarvan dat die Kloddervis grate en die slymprik 'n
     kraakbeenskelet het EN hoe ELK vir beweging gebruik word.
 •   Waarom het die Kloddervis minder en swakker grate EN waarom het dit nie 'n
     swemblaas nie?
 •   Hoe het slymprikke aangepas om kos in die donker te vind en te eet?
 •   Hoe is slym vir slymprikke voordelig, maar kan 'n oorlas vir vissers wees?
 •   Na jou mening, moet ons kompetisies vir 'lelikste diere' hou om bewustheid oor
     hierdie diere te skep? Motiveer jou antwoord.
                                                                                Inhoud:                               (25)
                                                                                Sintese:                              (10)
                                                                                                                      [35]
                                                                                  TOTAAL AFDELING C:                  35
                                                                                      GROOTTOTAAL:                    150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Marine Sciences P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/34d94adf-f883-4225-8dcc-7ddcd550b9a3) — Marine Sciences · Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-afr/b6ccaccb-0a2d-45e1-8079-6e14fa74957b) — Marine Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-afr/4a7801f7-9abd-46c9-816a-efe2647e7398) — Marine Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-eng/c13bf2d4-5c29-46d1-9647-b6b8bf8adce3) — Marine Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-eng/95a13cd8-06d9-4c7b-8515-d008f70a20a7) — Marine Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2022-eng/4a68f103-523b-4935-91f8-1bd4e8ebf8fb) — Marine Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Marine Sciences

- [Marine Sciences P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/df6b7ebc-99d9-4a00-92ac-c1976a83955a) — Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2024 MG Eng.doc](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2024-mg-eng-doc/af4e4a64-33d5-423e-8529-d51dbdc473d4) — QP · 2024 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-eng/36316a24-8403-4b72-a805-bbe954512f79) — QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-eng/5afb7988-3799-48d8-aafc-dd8ce2b1c27e) — QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-afr/8abdf02c-4055-4ac7-bf0f-c9933e399773) — QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-afr/ff3904c9-7753-42c8-a9b8-66a0fe894794) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
