# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mathematical-literacy-2018-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/aacd3795-c12b-4fbf-8b53-2728ddc1528c
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mathematical-literacy-2018-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/aacd3795-c12b-4fbf-8b53-2728ddc1528c)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2018

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum met 1 bylae.

### Page 2

2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.    2.1   Gebruik die ADDENDUM met BYLAE A vir VRAE 1.6.1 tot 1.6.3.

       2.2   Skryf jou NAAM en GRAAD in die spasies verskaf op die ANTWOORDBLAD
             vir VRAAG 4.6.
             Handig die ANTWOORDBLAD met jou ANTWOORDEBOEK in.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
       word.

 4.    Diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders aangedui.

 5.    Rond ALLE finale antwoorde af volgens die konteks wat gebruik word, tensy anders
       aangedui.

 6.    Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

 7.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.    Toon ALLE berekeninge duidelik.

 9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2018)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        3

 VRAAG 1

 1.1   Die kosprys van ŉ hemp wat vanaf China ingevoer is, was R120 in Junie 2016 en R125
       in Junie 2017.

       1.1.1 Definieer die term inflasie gebaseer op die bostaande konteks.                           (2)

       1.1.2 Skryf die verskil tussen die pryse in sent neer.                                         (2)

       1.1.3 Bereken die verkoopsprys van die hemp in 2017 met ŉ winsopslag van 12,5%.                (2)

 1.2   John koop ŉ bakkie van 60 eiers teen ŉ koste van R90. Hy verkoop die helfte van die eiers
       teen ŉ prys van R60 en die res van die eiers teen ŉ prys van R75.

       1.2.1 Bereken die koste van ŉ dosyn eiers.                                                     (2)

       1.2.2 Bereken die totale persentasie wins wat gemaak word uit die verkoop van
             90 eiers.                                                                                (3)

 1.3   ŉ Bus verlaat Pretoria en vertrek na Queenstown op Donderdag, 04/01/2018 teen 4:25
       nm. Die bus kom in Queenstown aan op Vrydag 05/01/2018 teen 3:30 vm.

       Bereken die tyd vir die rit vanaf Pretoria na Queenstown.                                      (3)

 1.4   Bepaal die aantal 275 mℓ plastiekkoppies wat gevul kan word met Coca-Cola wat vanuit
       ŉ 2-liter Coca-Cola bottel bedien word.                                                        (2)

 1.5   ŉ Skaal word gewys as 100 cm : 75 m.

       1.5.1 Bereken die werklike lengte van ŉ prent waar die lengte 2 cm op die diagram is.          (3)

       1.5.2 Skryf die bogenoemde skaal as eenheidsverhouding.                                        (3)

 1.6   Die kaart in BYLAE A toon die skooluitslae per distrik in die Oos-Kaap vir die 2017
       Nasionale Senior Sertifikaat.

       Gebruik BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord.

       1.6.1 Identifiseer die distrik wat die beste gevaar het.                                       (2)

       1.6.2 Lys die distrikte wat swakker as Alfred Nzo-Oos gevaar het.                              (2)

       1.6.3 Bepaal die distrik in die middelposisie vanuit die sewe distrikte wat die beste
             gevaar het volgens die distrikuitslae.                                                   (2)

       1.6.4 Die 2017 Nasionale Senior Sertifikaat uitslae vir Wiskundige Geletterdheid toon
             dat 73,9% uit 313 030 geslaag het. Bepaal die aantal kandidate wat gedruip het.         (2)
                                                                                                    [30]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

4                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 2

 2.1   TABEL 1 hieronder toon die inkomste- en uitgawestaat van John se Groentestal in
       ŉ klein dorpie in die Oos-Kaap aan. Die staat toon ŉ vergelyking van begrote en
       werklike waardes vir die jaar 2017.

       TABEL 1

                                     John se Groentestal
             Begrote en Werklike waardes vir die jaar 2017 (Waardes in Rand)
                     ITEM                  INKOMSTE BEGROTING VERSKIL
       Groente (Tipe S) verkope               3 250          2 750         500
       Groente (Tipe T) verkope               4 500          4 200         300
       Addisionele inkomste van lugtyd-
       verkope                                1 200          1 000         200
       Totale Inkomste                          A            7 950        1000
                                           UITGAWES BEGROTING VERSKIL
       Groente (Tipe S) koste                 1 440          1 500          B
       Groente (Tipe T) koste                 2 600            C           200
       Lugtyd                                 1 000          1000            0
       Aflewering                              800            880          (80)
       Totale Uitgawes                        5 840          5 780          60
       Netto Wins (Verlies)                   3 110          2 170         940

       2.1.1    Bereken die waarde van A.                                                    (2)

       2.1.2    Bepaal die waarde van B.                                                     (2)

       2.1.3    Bereken die begrote waarde, C, vir Groentetipe T.                            (2)

       2.1.4    Identifiseer die item onder ‘Uitgawes’ wat moontlik die hoofoorsaak kan
                wees dat die besigheid ŉ verlies gely het.                                   (2)

 2.2   Mev. John, 68 jaar oud, is ŉ konsultant by ABC-maatskappy en verdien ŉ
       maandelikse bruto salaris van R65 000. In Desember verdien sy ŉ prestasiebonus wat
       75% van haar maandelikse salaris is. Haar pensioenfondsbydrae is 7,5% van haar
       maandelikse bruto salaris en sy betaal R1 050 per maand aan ŉ mediese fonds.

       2.2.1    Bereken mev. John se jaarlikse bruto salaris.                                (2)

       2.2.2    Bereken mev. John se jaarlikse pensioenfondsbydrae.                          (2)

       2.2.3    Bereken mev. John se jaarlikse mediese fonds bydrae.                         (2)

       2.2.4    Toon dat mev. John se prestasiebonus R48 750 is.                             (2)

       2.2.5    Bepaal mev. John se jaarlikse belasbare inkomste.                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2018)             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                       5

 2.3   TABEL 2 hieronder toon die inkomstebelastingkategorieë vir die 2016/2017
       finansiële jaar.

               INKOMSTEBELASTING VIR 2016/2017 FINANSIËLE JAAR
         Belasbare Inkomste                    Belastingkoers
                (Rand)                             (Rand)
             R0–R188 000    18% vir elke R1
       R188 001–R293 600    R33 840 + 26% van die bedrag bo R188 000
       R293 601–R406 400    R61 296 + 31% van die bedrag bo R293 600
       R406 401–R550 100    R96 264 +36% van die bedrag bo R406 400
       R550 101– R701 300   R147 996+ 39% van die bedrag bo R550 100
       R701 301 en bo       R206 964 +41% van die bedrag bo R701 300

       KORTINGS                                 BELASTINGDREMPEL
       Primêr: R13 500                          Jonger as 65 jaar:  R75 000
       Sekondêr: R7 407                         Ouderdom 65 tot 74: R116 150
       Tersiêr: R2 466                          Ouderdom 75 en ouer: R129 850

       Gebruik TABEL 2 en die inligting in VRAAG 2.2 om die volgende vrae te
       beantwoord.

       2.3.1 Identifiseer die belasbare inkomstegroep waarin mev. John se inkomste val.          (2)
       2.3.2 Bereken die korting wat mev. John sal ontvang.                                      (2)

       2.3.3 Bereken die werklike belasting wat mev. John vir die 2016/2017 finansiële
             jaar sal betaal tot die naaste rand.
             Jy mag die volgende formule gebruik:
             Werklike belasting = Inkomstebelasting bereken op belasbare inkomste –
             Korting                                                                             (4)

       2.3.4 Vervolgens, bereken mev. John se netto jaarlikse salaris.
             Jy mag die volgende formule gebruik:
             Netto jaarlikse salaris = Jaarlikse belasbare inkomste – Werklike belasting         (3)
 2.4   Mnr. Mana leen R400 000 van DFK-bank om sy foonbesigheid te finansier. Die lening
       was toegestaan teen ŉ rentekoers van 15,5% per jaar wat jaarliks saamgestel word.
       2.4.1 Bereken, sonder die gebruik van ŉ formule, die rente wat mnr. Mana sal betaal
             vir twee jaar.                                                                      (4)

       2.4.2 Mnr. Mana spesialiseer in twee tipes fone: Foon D en Foon E wat vanaf
             China ingevoer word teen ŉ kosprys van R1 750 en R2 000 onderskeidelik.
             Die pryse sluit BTW van 15% in (Belasting op Toegevoegde Waarde).
             Bereken die waarde van BTW vir Foon D.                                              (3)

       2.4.3 Hy koop die fone in ŉ verhouding Foon D : Foon E = 3 : 2.
             Bepaal hoeveel van Foon E hy gekoop het, indien hy 60 van Foon D bestel
             het.                                                                                (2)

       2.4.4 Bereken die totale koste van Foon D en Foon E wat hy gekoop het.                    (3)

       2.4.5 Herlei die totale koste van die foon na Chinese Yuan.
             Gebruik die wisselkoers: R1 = 0,52709 Chinese Yuan (CNY)                           (3)
                                                                                               [46]
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

6                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3

 3.1   Die diagram hieronder toon die minimum openinggrootte van ŉ dubbeldeur-motorhuis
       wat omring is deur ŉ muur wat met ŉ enkellaag stene gebou is.
       Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                      [Bron: www.diedeur.co.za]

       3.1.1 Identifiseer die lengte van die minimum dubbeldeuropening. Gee jou antwoord
             in meter.                                                                               (2)

       3.1.2 A is drie keer die afstand gemerk B. Skryf die afstand gemerk A neer.                   (2)

       3.1.3 Skryf die hoogte van die muur in meter.                                                 (3)

       3.1.4 Bepaal die oppervlakte van ŉ enkelmotorhuis se deuropening indien die lengte
             die helfte van die dubbeldeur-motorhuisopening is en die hoogte dieselfde bly.
             Jy mag die volgende formule gebruik:
             𝑶𝒑𝒑𝒆𝒓𝒗𝒍𝒂𝒌𝒕𝒆 = 𝑳𝒆𝒏𝒈𝒕𝒆 × 𝑩𝒓𝒆𝒆𝒅𝒕𝒆                                                          (4)

       3.1.5 Bereken die oppervlakte wat deur stene gedek word in m2.
             Jy mag die volgende formule gebruik:
              𝑶𝒑𝒑𝒆𝒓𝒗𝒍𝒂𝒌𝒕𝒆 = 𝑳𝒆𝒏𝒈𝒕𝒆 × 𝑩𝒓𝒆𝒆𝒅𝒕𝒆                                                         (5)

 3.2   Asange beplan om die muur agter haar huis 2,5 m hoër te laat bou as gevolg van
       huisinbrake. Die standaardgrootte van die steen wat gebruik word, is 230 mm by 110
       mm by 76 mm.

       3.2.1 Bereken die breedte van die steen en sement, indien die sementlaag 12 mm is
             wanneer die stene gelê word.                                                            (2)

       3.2.2 Bepaal die aantal rye van stene wat benodig word om die muur hoër te bou,
             indien die stene oor die lengte van die muur gelê gaan word.                            (3)

       3.2.3 Bereken die volume van die standaardgrootte steen in cm3.
             Jy mag die volgende formule gebruik:
             Volume = 𝑳𝒆𝒏𝒈𝒕𝒆 × 𝑩𝒓𝒆𝒆𝒅𝒕𝒆 × 𝐇𝐨𝐨𝐠𝐭𝐞                                                      (4)
                                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2018)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                             7

 VRAAG 4

 Needo Hengelklub het twee klubkompetisies, ŉ oornag- by ‘Bridal Driftdam’ in Augustus en
 ŉ dagkompetisie by Nahoondam in September 2017 gehou.

   AUGUSTUS KOMPETISIE                       Ure             SEPTEMBER KOMPETISIE
    ‘BRIDAL DRIFTDAM’                     gewerk vir                NAHOONDAM
  Gewig in kg  Aantal visse                 beide           Gewig in kg  Aantal visse
                                          kompetisies
         1,26               2                1ste               0,182                  3
        1,371               9                2de                0,309                  1
        1,668               8                3de                0,729                  3
        1,746               4                4de                0,856                  4
        1,849               8                5de                0,936                  1
        2,163               1                6de                2,448                  2
        2,333               1                7de                2,449                  1
        3,128               2                8ste               3,038                  1
                                             9de                3,316                  6
                                                             [Aangepas uit Fishing EC, Oktober 2017]

 4.1     Bepaal die omvang (‘range’) van die gewigte vir die September-kompetisie.                         (3)

 4.2     Skryf die mediaangewig vir die Augustus-kompetisie neer.                                          (2)

 4.3     Bereken die gemiddelde gewig vir al die visse wat gevang is gedurende die Augustus-
         kompetisie. Gee jou antwoord tot die naaste kilogram.                                             (3)

 4.4     Bereken die totale aantal visse wat tydens die dagkompetisie gevang is.                           (2)

 4.5     Druk uit, as ŉ persentasie, die waarskynlikheid om willekeurig ŉ vis te kies wat
         1,849 kg weeg tydens die Augustus-kompetisie.                                                     (3)

 4.6     Gebruik die inligting vir die Augustus-kompetisie om ŉ kolomgrafiek op die
         ANTWOORDBLAD te teken.                                                                            (6)

 4.7     Bepaal die derde (boonste) kwartiel vir die September-kompetisie.                                 (3)

 4.8     Bepaal die modale gewig vir die September-kompetisie.                                             (2)

 4.9     Druk die getal visse met ŉ gewig van 1,668 kg uit as ŉ persentasie van die aantal
         visse gevang tydens die kompetisies.                                                              (3)

 4.10    Identifiseer die uur waartydens die grootste aantal visse gevang is.                              (2)

 4.11    Rangskik die September-kompetisie se aantal visse wat gevang is, in stygende orde.                (2)
                                                                                                          [31]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 5

 Bestudeer die teatersitplekplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 5.1   Lundi het ŉ kaartjie, genommer K4, en betree die teater deur gebruik te maak van
       Ingang 2. Help Lundi om sy sitplek te vind.                                                 (2)

 5.2   In watter algemene rigting wys sitplek J5?                                                  (2)

 5.3   Gee sitpleknommers vir die sitplekke wat nie beskikbaar is nie in die eerste ry in die
       middel van die teater.                                                                      (3)

 5.4   Skryf die aantal beskikbare sitplekke aan die noordoostelike kant van die skerm neer.       (2)

 5.5   Asi kom die teater binne deur Ingang 1. Sy loop in die gang af tot by die tweede
       voorste ry aan haar linkerkant en gaan sit dan in die tweedelaaste sitplek.
       Skryf Asi se sitpleknommer neer.                                                            (2)

 5.6   Identifiseer die ry wat die verste van die skerm is.                                        (2)

 5.7   Skryf die kant met die minste beskikbare sitplekke neer.                                    (2)

 5.8   Bepaal die waarskynlikheid om ŉ sitplek met die letter G willekeurig uit al die
       sitplekke te kies. Gee jou antwoord as ŉ desimale breuk.                                   (3)
                                                                                                 [18]

                                                                                  TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2018)                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                   9

 ANTWOORDBLAD

 NAAM:

 GRAAD 12:

 GRAFIEK VIR VRAAG 4.6

                                       Ure gespandeer en visse gevang tydens Augustus
                           10

                           9

                           8

                           7

                           6

     Aantal visse gevang
                           5

                           4

                           3

                           2

                           1

                           0
                                1ste      2de     3de      4de         5de    6de       7de          8ste
                                                                 Ure

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum X5 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-x5-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/425d97d9-9130-46cd-b01a-5c5a5983d22d) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
